05.05.2013 Views

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GEDRAGSKODE

VIR LEERDERS

1. ALGEMEEN

1.1 In hierdie skoolgemeenskap is ‘n gedragskode noodsaaklik om die opvoedkundige doelstellings van die skool te

bereik;

1.2 Orde, dissipline en respektering van elke individu vorm die grondslag vir sukses en ‘n gelukkige skoolgemeenskap;

1.3 Christelike beginsels en waardes dien as grondslag vir die gedragskode;

1.4 Respek vir eiendomsreg word in die gedragskode verseker en die beskadiging van enige fasiliteit sal in ‘n ernstige lig

gesien word.

2. DOELSTELLING

2.1 Om aan elke leerder die volle geleentheid te bied vir optimale verwesenliking van vermoëns en talente op al die

terreine waarop die skool hom begeef;

2.2 Om aan elke leerder die beste geleenthied te gee om hom/haar maksimaal voor te berei vir die volwasse lewe;

2.3 Om aan elke leerder sekuriteit en geborgenheid te bied in die skoolgemeenskap en om die leerder te beskerm;

2.4 Om aan die leerders die beginsel van omgee te leer sodat hulle na mekaar se belange omsien in ‘n gees van

samewerking en ondersteuning;

2.5 Om die leerders wat hulle aan saakbeskadiging of boewery skuldig maak te identifiseer en te isoleer volgens die

voorskrifte van die wet;

2.6 Om as skool en ouers saam te werk in vennootskap en die beste aan die kind te bied deur effektiewe kommunikasie.

3. VOOGSTELSEL

Om bogenoemde doelstellings te kan bereik is ‘n effektiewe voogstelsel noodsaaklik wat

bestaan uit die volgende fasette:

3.1 Registerklasse met ‘n voogopvoeder;

3.2 Graadvoogde;

3.3 Departementshoofde;

3.4 Adjunkhoofde;

3.5 Skoolhoof;

3.6 Afrigters by buitemuurse aktiwiteite;

3.7 Klas/ vakopvoeders;

3.8 Ouers;

3.9 Aktiewe deelname in die leergebeure binne die klas;

3.10 Pligsgetroue skoolbesoek;

3.11 Deelname aan die kurrikulêre en buite-kurrikulêre program;

3.12 Gebruik van die skoolgeriewe met sorg;

3.13 Om die voorgeskrewe skooldrag te dra en ‘n netjiese voorkoms

te vertoon;

3.14 Om nie met oortreders saam te werk nie;

3.15 Om ordereëls vir die handhawing van goeie dissipline en orde en om die skool se totale werking en funksionering te

rig, te gehoorsaam.

3.16 Om die skool se etos uit te leef.

4. DISSIPLINêRE STELSEL

4.1 Hierdie stelsel is die uitvloeisel van werksessies en samesprekings tussen personeel, ouers en bestuursraadslede;

4.2 Die Bestuursraad van die skool het die dissiplinêre stelsel goedgekeur en aanvaar as ‘n beleidsdokument van die

skool;

4.3 Elke situasie moet op meriete hanteer word;

4.4 Hulpgewing aan en rehabilitering van leerders word vooropgestel;

4.5 Toepassing van tug geskied nadat skuld bo alle twyfel vasgestel is;

4.6 Tydelike uitsluiting is dadelik van krag vir alle fasette van skoolaktiwiteite;

4.7 Alle tugstappe sal op die leerder se rekord aangeteken word;

4.8 Waarsku leerder en ouer altyd ten opsigte van die tug wat sal volg met die volgende oortreding;

4.9 ‘n Leerder sal skuldig wees aan wangedrag indien hy of sy, opsetlik en sonder regverdige verskoning;

a. die onderrig-of-leerproses in ‘n klas ernstig bedreig, ontwrig of frustreer;

b. aan ‘n sameswering deelneem om die behoorlike funksionering van die skool deur middel van kollektiewe optrede

te ontwrig;

c. die menswaardigheid van ‘n personeellid aantas, beledig of ‘n personeellid belaster;

d. enige toets-of eksamenmateriaal versprei wat enige ander persoon in staat mag stel om ‘n onregverdige voordeel in

‘n toets of eksamen te verkry;

e. in ‘n toets of eksamen bedrieglik optree;

f. op enige wyse onwelvoeglik in die openbaar optree;

g. enige ander persoon seksueel lastig val of teister;

h. in besit van enige pornografiese materiaal gevind word, of sodanige materiaal versprei;

i. onder die invloed van dwelms of alkohol verkeer;

j. enige van die neergelegde skoolreëls oortree.

4.10 ‘n Leerder sal aan wangedrag skuldig bevind word indien hy of sy:

a. skuldig bevind word aan wangedrag soos bedoel in punt 4.9, nadat hy of sy by twee vorige geleenthede aan

dieselfde of soortgelyke wangedrag skuldig bevind is;

b. versuim om aan ‘n bestraffing of opskorting as korrektiewe maatreël te doen;

c. enige dokument of handtekening vervals tot werklike of potensiële nadeel van die skool;

d. handel dryf met enige toets-of eksamenvraestel of

enige toets- of eksamenmateriaal;

e. enige persoon omkoop of probeer omkoop ten opsigte van enige toets of eksamen, om homself of haarself of ‘n

ander persoon in staat te stel om ‘n onregverdige voordeel daardeur te verkry;

f. hom of haar aan bedrog skuldig maak;

g. hom of haar aan diefstal skuldig maak, of andersins tot nadeel van ‘n ander persoon oneerlik optree;

h. in besit gevind word van enige onwettige middel, of dit gebruik of daarmee handeldryf;

i. in besit van enige gevaarlike wapen gevind word;

j. enige ander persoon aanrand of dreig om iemand aan te rand of in ‘n geveg betrokke raak;

k. enige persoon as gyselaar aanhou;

l. enige persoon vermoor;

m. enige persoon verkrag;

n. enige ander persoon se eiendom kwaadwillig beskadig;

o. enige persoon of sy menswaardigheid aantas.

5. DIE SKOOLHOOF SE BESLUIT

Die Skoolhoof mag slegs dissiplinêre stappe teen ‘n leerder ten opsigte van ernstige wangedrag instel indien:

a. daar genoegsame bewyse is om sodanige stappe in te stel; en

b. die skoolhoof dit ag in die beste belange van die skool en sy gemeenskap te wees om sodanige dissiplinêre stappe

in te stel.

c. die skoolhoof die voorsitter van die Bestuursraad in kennis stel van sy besluit.

6. DISSIPLINêRE KOMITEE VIR ERNSTIGE WANGEDRAG

6.1 By kennisgewing van die skoolhoof dat hy of sy dissiplinêre stappe teen ‘n leerder ingevolge provinsiale regulasie

6(2) ingestel het, moet die Bestuursraad van die skool ‘n Dissiplinêre Komitee aanwys om die bewering van ernstige

wangedrag aan te hoor.

6.2 Onderworpe aan subregulasie (3) moet die Dissiplinêre Komitee, wat al dus deur die Bestuursraad aangewys word,

uit drie persone bestaan, wat of lede van die Bestuursraad is of persone wat kwalifiseer om as lede van die

Bestuursraad verkies word.

6.3 Die aanstellings van persone op ‘n Dissiplinêre Komitee is onderhewig aan die volgende voorwaardes:

a. die Voorsitter van die Dissiplinêre Komitee moet ‘n ouerlid of gemeenskapslid van die

Bestuursraad wees;

b. die twee oorblywende lede van die Dissiplinêre Komitee mag nie die Skoolhoof of ‘n leerder van

die skool wees nie; en

c. geen persoon mag op die Dissiplinêre Komitee

aangestel word indien hulle enige persoonlike

kennis dra van enige saak wat by die verhoor

betwis word nie.

GEDRAG EN OPTREDE

VAN LEERDERS

1. Alle leerders bly stil as daar oor die interkom gepraat word.

2. Leerders stap links in gange. Geen hardlopery nie.

3. Elke graad se leerders moet tydens pouses op eie speelplekke wees.

4. Daar mag nie in die gange geëet word nie, tensy dit reën.

5. Alle leerders moet die saal ordelik binnegaan en verlaat en nie gesels nie.

6. Geen rommelstrooiery op die speelgronde nie. Gooi papiere in ‘n vullisblik!

7. Leerders staan op indien ‘n leerkrag vir die eerste keer ‘n klas binnekom. Daarna kan hulle gaan sit.

8. Die gebruik van vloek-en skeltaal is nie toelaatbaar nie.

9. Leerders moet onmiddellik aantree as die klok gelui het en stilbly in die rye.

10. Geen leerders mag tydens pouses in die klaskamers speel of daar tyd spandeer tensy dit reën of verlof

daarvoor toegestaan is nie.

11. Bakleiery, stampery en afknouery is ontoelaatbaar.

12. Beskadiging van die skool se eiendom is ‘n ernstige oortreding en die ouer/s van die betrokke leerder sal

verantwoordelik gehou word vir skadevergoeding.

13. Mede-leerders se eiendom en klere moet gerespekteer word.

14. Diefstal is ‘n baie ernstige oortreding en kan lei tot skorsing of uitsetting.

15. Korrekte skooldrag moet te alle tye gedra word – ook in die teenwoordigheid van die publiek, d.w.s.

buite die skoolterrein.

16. Geen sweetpakke word toegelaat tydens skoolure nie, tensy vooraf so gereël.

17. Geen uitspattige haarstyle of haarstyle wat die skool se beeld sal skade aandoen nie.

18. Rook en die gebruik van alkohol of dwelms is vanselfsprekend ontoelaatbaar.

19. Geen leerder word na 14:30 op die skoolterrein toegelaat tensy hy/sy besig met buitemuurse – of

skoolaktiwiteit of by nasorg is nie.

20. ‘n Ware Jan van Riebeecker is ‘n goeie voorbeeld vir almal.

KLASKAMER

EN LOKALE

1. Onder alle omstandighede moet leerders mekaar in ag neem sodat daar ‘n leerkultuur heers.

2. Alle leerders moet hulle ordelik gedra in die biblioteek. Stilte en netheid van die lokaal moet die

wagwoord wees.

3. Van alle leerders word verwag om hulle klaskamers netjies en skoon te hou. Geen papiere en

ander materiaal mag onder banke geplaas word nie.

4. Enige leerder wat op banke of ander geriewe skryf of teken, sal versoek word om die meubelstuk

of artikel self skoon te maak sodat dit in die oorspronklike toestand is.

5. Op reëndae, wanneer leerders soms genoodsaak is om pouses en voor skool in die klaskamers deur

te bring, moet hulle rustig en ordelik daar bly.

6. Apparaat mag slegs met die toestemming en onder toesig van die verantwoordelike leerkrag gebruik

word.

1. Kleredrag:

Somer:

• wit, kortmou hemp met skoolwapen op hempsak

• kortbroek (grys)

• grys sokkies (met skoolkleure strepies)

• swart skoolskoene (geen Doc Maartens)

• skooltrui indien nodig en nie oorgroot of uitgerek

Winter:

• wit langmouhemp

• langbroek (grys)

• skooldas

• grys sokkies (met skoolkleure strepies)

• swart skoolskoene (gereeld gepolitoer)

• skooltrui (nie oorgroot en uitgerek)

• skoolbaadjie (opsioneel)

• reënbaadjie (slegs op reëndae)

2. Hare:

• hare moet kort en netjies wees

• kuif mag nie in die oë hang nie

• geen uitspattige haarstyle nie

KLEREDRAG

EN NETHEID

SEUNS

3. Naels:

• naels moet skoon en netjies gehou word

4. Juweliersware:

• polshorlosie

• geen kettings of bandjies mag gedra word nie

• geen ringe

MEISIES

1. Kleredrag:

Somer:

• wit kortmou hemp met ‘n skoolwapen op hempsak

• donkerblou romp met ‘n behoorlike lengte

• kort, wit sokkies

• swart skoolskoene (geen Doc Maartens)

• skooltrui indien nodig en nie oorgroot of uitgerek

Winter:

• wit langmou hemp

• donkerblou rompie (behoorlike lengte)

• skooldas

• lang, grys skoolsokkies of swart “opaque tights”

• (nie “barley black” of “blackmail” nie en koop aan die begin van die winterseisoen voldoende voorraad)

• swart skoolskoene (geen Doc Maartens)

• skooltrui (nie oorgroot en uitgerek)

• skoolbaadjie (opsioneel)

• reënbaadjie (slegs op reëndae)

2. Hare:

• hare wat aan die kraag van die hemp raak, moet netjies vasgemaak word

• hare wat in ‘n kort “bob” styl gesny is, moet met ‘n “aliceband” gedra word

• alle haarbykomstighede is donkerblou

• geen uitspattige haarstyle

3. Naels:

• netjies kort gesny en skoon

• geen naellak mag gedra word nie

• naels mag nie aan agterkant van vingers uisteek as na die palm gekyk word nie

4. Juweliersware:

• polshorlosie

• goud of silwer oorringe of krabbetjies

• geen enkelkettings of bandjies

• geen kettings en bandjies om nek of polse

• geen ringe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!