05.05.2013 Views

Les 3 - SA Medical Research Council

Les 3 - SA Medical Research Council

Les 3 - SA Medical Research Council

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

RESPECT 4 U

L e s 3

L A A T G E L D J O U S E L F I N K O M M U N I K A S I E

RESPEK TyD viR JOUSELF

Eerlikheid en Kommunikasie

Om eerlik te wees help om misverstande te vermy en te verhoed om later in

moeiliker situasies te beland. Om eerlik te wees is RESPEKvol teenoor jouself

en die persoon met wie jy kommunikeer. Om eerlik te wees help om vertroue

in ʼn verhouding te bou.

• Om een ding te sê wanneer jy ʼn ander bedoel is oneerlik en onbehulpsaam in

kommunikasie.

• Om te sê wat jy nie regtig bedoel nie, sodat jy kry wat jy wil hê is manipulerend

en nie aanvaarbaar nie.

• Om beloftes of ooreenkomste te maak wat jy nie voorneem om na te kom nie is

manipulerend en oneerlik.

• Om oneerlik te wees oor wie jy is of wat jy gedoen het is nie RESPEKvol nie.

• Om eerlik te kommunikeer oor jou gevoelens en wanneer jy ongemaklik voel, of

om te laat weet wanneer jy jou mening oor iets verander het, is deel van selfgeldende

kommunikasie.

• Om feite te verdraai is oneerlik en kan probleme veroorsaak.

• Om gerugte of skinderstories te begin of rond te stuur is nie RESPEKvol nie

• Wanneer jy met iemand kommunikeer, gee aandag aan jou instinkiewe gevoelens

oor hoe eerlik jy dink die persoon is.

• Gee aandag aan onreëlmatighede in wat vir jou gesê word (of wat voorheen

vir jou gesê was). Indien jy onseker is, neem tyd om dit na te dink voor jy ʼn besluit

neem.

• Dink aan hoe eerlik jy met jouself is.

• Watter rol speel eerlikheid in jou persoonlike padkaart en die tipe persoon wat jy

wil wees?

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!