05.05.2013 Views

Só kan universiteite onregte help omkeer

Só kan universiteite onregte help omkeer

Só kan universiteite onregte help omkeer

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Só kan universiteite onregte help omkeer

MAX PRICE: KAAPSTAD, SUID AFRIKA - Sep 17 2010 22:10

In sy artikel “Rassevoorskrifte laat apartheid voortleef” (D B, 07.09) het prof. Jonathan

Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, verlede week ’n paar goeie punte gestel.

Hy het dit reg dat ons almal – veral universiteite – ’n verantwoordelikheid het om die onregte

van die verlede wat tot sulke dramatiese ongelykhede gelei het, te probeer omkeer.

Ek stem ook saam dat ras-etikettering ongewens is. Al lank voer ek aan dat “ras” uit ’n

biologiese oogpunt nie bestaan nie, maar dat rassisme “ras” geskep het as ’n sosiale

konstruksie wat aaklige gevolge vir ons samelewing gehad het en nog het. Die Universiteit

van Kaapstad (UK) se toelatingsbeleid stem verder saam dat klas – nie ras nie – die groot

verdeler is. As ’n universiteit streef ons ook die ideaal na dat studente ’n plek akademies

moet verdien.

Die UK-beleid herken egter tegelykertyd dat die ongelykhede wat deur apartheid geskep is ’n

verlammende uitwerking op leerders, veral swart leerders, gehad het en steeds het. Gekoppel

met ’n gebroke skoolsisteem wat ons geerf het, seëvier ongelykheid in geleenthede om

toegang tot goeie onderwys te bekom. Dit beroof mense van hul toekoms. Ons besef dat

leerders wat om toelating tot die UK aansoek doen, nie almal van dieselfde agtergrond kom

nie. Ons toelatingsbeleid maak toegewings vir dié historiese onregverdigheid en het

transformasie as ’n mikpunt.

Die UK-beleid erken – en ons het dit al talle kere gesê – dat dit nie ideaal is om ras te gebruik

nie.

Die vraag is: Hoe dan gemaak? Hoe keur ons op ’n regverdige manier? Hoe neem ons die

ongelykhede van die verlede in ag, en hoe verseker ons dat ons klasse ons samelewing

weerspieël?

Geen ander keuringsmetode tans beskikbaar gee ons dit wat die gebruik van “ras” ons gee

nie. Natuurlik is daar baie ander moontlike alternatiewe wat ondersoek moet word, en ons is

hard besig met die werk.

Baie stel voor dat ons die tipe skool, of ouers se opvoedingspeil, of toegang tot

opvoedingsgeriewe eerder as ras gebruik, dat ons meer universiteite bou. Ja, daarmee stem

ons saam. Maar dit is teoretiese oplossings op die oomblik, wat nie dadelik beskikbaar is of

toegepas kan word nie.

Ons navorsing sal nuwe aanwysers verfyn wat ons in die toekoms sal gebruik. “Ras” is die

beste wat ons nou het om te bereik waarna ons streef: diverse, verteenwoordigende klasse en

regverdigheid in keuring tesame met erkenning van historiese benadeling.

Jansen skryf die UK se mediese fakulteit “stel differensiële slaagsyfers vas vir Indiese

studente teenoor gekleurde studente teenoor swart studente”.

Dit is feitelik verkeerd. Hoewel ons ras in toelating gebruik – om die redes hierbo uiteengesit

– slaag alle student op meriete alleen. Hulle ding op die hoogste akademiese vlak mee. Daar

word geen toegewings gemaak nie.

Ek stem nie saam met Jansen se argument dat ’n swart middelklasstudent in ’n private skool

outomaties nie meer benadeel is nie.

Ons navorsing toon dat die meerderheid van hierdie studente steeds benadeel is.

Die UK wil in elk geval soveel moontlik goed voorbereide swart studente op ons kampus hê.

Dié studente vaar akademies goed, het nie bykomende hulp nodig nie en is om dié rede

uitstekende rolmodelle wat die stereotipiese opvatting teenwerk dat alle swart studente

sukkel.

Ek wil ook daarop wys dat UK-studente nie, soos deur Jansen aangevoer, meestal van private

skole in die nabyheid van die UK kom nie. Baie van ons studente kom uit baie arm

omstandighede en van buite Kaapstad.

Jansen noem die debat ’n storm wat losgebars het. Ek wil dit in konteks plaas. Debat voer is

deel van die UK. Oor die toelatingsbeleid word al lank gedebatteer en sal nog lank

gedebatteer word. Ons leer hieruit. Ons verskil, deel ons menings, kom tot nuwe insigte en

debatteer dan verder. Dit is deel daarvan om universiteit te wees.

Die UK se toelatingsbeleid is nie ideaal nie, maar dit maak ’n verskil. Leerders wat uit die

mees uiteenlopende omstandighede kom, verlaat die universiteit – nadat hulle op verdienste

met mekaar meegeding het – as gegradueerdes met gelyke vooruitsigte in die toekoms.

Dr. Price is die rektor van die UK. Dawie, die gereelde skrywer in dié ruimte, is volgende

Saterdag weer op sy pos.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!