05.05.2013 Views

LEWENSWETENSKAP - sacai

LEWENSWETENSKAP - sacai

LEWENSWETENSKAP - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SACAI

LEWENSWETENSKAP

VRAESTEL 2

GRAAD 12

SEPTEMBER 2012

TYD: 2 ½ UUR

TOTAAL: 150

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 20 BLADSYE

BLADSY 1

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word:

Beantwoord Al die vrae.

Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK.

Begin elke vraag se antwoord bo-aan ‘n NUWE bladsy.

Nommer die antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

Beantwoord die vrae volgens die instruksies by elke vraag.

Alle tekeninge moet met ‘n potlood gemaak word en die byskrifte met blou

ink.

Gebruik diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit versoek word.

Die diagramme in die vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken

nie.

Grafiekpapier mag nie gebruik word nie.

Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers moet gebruik

word waar nodig.

Skryf netjies en leesbaar.

BLADSY 2

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraag-

nommer (1.1.1 - 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

1.1.1 In watter EEN van die volgende dele van ‘n blomplant vind meiose plaas?

A saadlobbe

B stuifmeelkorrel

C helmknop

D stuifmeelbuis

Tydens swangerskap word die ontwikkelende embrio deur middel van die

plasenta aan die moeder se liggaam verbind.

Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord vrae 1.1.2 en 1.1.3.

1.1.2 Die naelstring A bevat:

A Twee fetale slagare wat afvalstowwe en koolstofdioksied vanaf die embrio

na die moeder vervoer.

B Twee are wat voedingstowwe en suurstof na die fetus vervoer.

C Twee slagare wat voedingstowwe en suurstof na die fetus vervoer.

D Een aar wat afvalstowwe en koolstofdioksied vanaf die embrio na die

moeder vervoer.

BLADSY 3

1.1.3 Die prosedure wat by B plaasvind, waar amnionvloeistof getrek word vir

verdere toetse, staan bekend as …

A in vitro-bevrugting

B sterilisasie

C amniosentese

D vasektomie

1.1.4 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte volgorde van die

dele waardeur spermatosoë beweeg?

A epididimis → vas deferens → prostaat → uretra

B testis → epididimis → vas deferens → uretra

C vas deferens → semenvesikels → ureter → uretra

D testis → vas deferens → epididimis → uretra

1.1.5 Watter van die volgende strukture handhaaf die posisies soos aangetoon in

die onderstaande diagram?

(i) ampulla

(ii) koglea

(iii) serebrum

(iv) serebellum

A (i) en (iii)

B (i) en (iv)

C (ii) en (iii)

D (ii) en (iv)

1.1.6 ‘n Gevolg van ‘n toenemende menslike populasie is dat ...

A natuurlike gasbronne sal toeneem.

B rou materiale bewaar sal word.

C meer afval geproduseer gaan word.

D meer hulpbronne gespaar gaan word.

BLADSY 4

Vrae 1.1.7 en 1.1.8 is op die diagram van ‘n refleksboog hieronder gebaseer.

1.1.7 Deel B dui die ... aan

A dendriet van die motoriese neuron

B akson van die motoriese neuron

C dendriet van ‘n sensoriese neuron

D akson van die sensoriese neuron

1.1.8 Die korrekte volgorde waarin die impulse vanaf die reseptor na die effektor in die

refleksboog hierbo beweeg, is …

A A → B → C → D → E

B C → A → B → E → D

C C → B → E → D → A

D A → D → E → B → C

Vrae 1.1.9 en 1.1.10 is op die grafiek hieronder gebaseer. Bestudeer die grafiek en

beantwoord die vrae.

BLADSY 5

1.1.9 Watter tipe wisselwerking in ‘n gemeenskap word deur die grafiek geïllustreer?

A kommensalisme

B predasie

C parasitisme

D mutualisme

1.1.10 Watter uitwerking het ‘n afname in die getal wildekatte op die haasbevolking?

A Die getalle van die haasbevolking neem toe.

B Die getalle van die haasbevolking neem af.

C Haasbevolking word na ‘n lang tyd uit die habitat geëlimineer.

D Beide die haasbevolking en wildekatbevolking word uit die habitat

geëlimineer.

(10 x 2 = 20)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.

Skryf slegs die term langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK neer.

1.2.1 Die gebruik van hulpbronne op so ‘n manier dat dit steeds vir toekomstige

generasies beskikbaar sal wees.

1.2.2 Die sosiale gedrag waar ‘n gebied deur ‘n manlike individu uitgesoek, beskerm

en verdedig word teen ander manlike individue van dieselfde spesie.

1.2.3 ‘n Simbiotiese verwantskap tussen twee organismes van verskillende spesies

waar albei organismes bevoordeel word.

1.2.4 Die maksimum aantal individue wat per oppervlakeenheid deur ‘n bepaalde

habitat onderhou kan word.

1.2.5 Die groeibeweging van plante in reaksie op ‘n uitwendige, eensydige ligprikkel.

1.2.6 Die bloedvatryke breinvlies wat styf teen die brein voorkom.

1.2.7 Verandering in die spesiesamestelling oor ‘n tydperk, in ‘n habitat wat nog nie

voorheen deur organismes bewoon is nie.

1.2.8 Die verskynsel waar ouers hul eie lewe opoffer om hulle nakomelinge te beskerm.

BLADSY 6

(8)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,

SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM II.

Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer

(1.3.1 – 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II

1.3.1 Het ‘n positiewe bevolkingsgroei

tot gevolg.

1.3.2 Digtheidsonafhanklike faktore wat

die omgewingsweerstand

verhoog.

1.3.3 Al die lewende organismes wat in

‘n bepaalde gebied voorkom.

1.3.4 Sosiale organisasie om oorlewing

te verseker.

1.3.5 Gebeur in die vel by hoë

omgewingstemperature.

BLADSY 7

A

B

A

B

A

B

A

B

A

B

nataliteit

emigrasie

kompetisie

predasie

gemeenskap

populasie

termietkolonie

trop wildehonde

vasodilasie van bloedvate

haarerektorspiere trek saam

(5 x 2 = 10)

1.4 Bestudeer die onderstaande diagram wat die lewenssiklus van ‘n plant,

waar die gametofietgenerasie dominant is, voorstel.

gametofiet

manlike vroulike spore (n)

geslagsorgaan (n) geslagsorgaan (n)

seldeling A seldeling C

manlike gameet (n) vroulike gameet (n) sporofiet

proses B sigoot

1.4.1 Is die bostaande lewensiklus dié van die mosplant of van ‘n blomplant? (1)

1.4.2 Watter tipe seldeling word voorgestel deur:

(a) A (1)

(b) C (1)

1.4.3 Watter proses vind by B plaas? (1)

1.4.4 Is die volgende strukture haploïed of diploïed?

(a) sigoot (1)

(b) gametofiet (1)

[6]

BLADSY 8

1.5 ‘n Leerder het die volgende ondersoek gedoen om uit te vind wat die rol

van kroonblare by blomme, tydens insekbestuiwing, is. Indien self-

bestuiwing by hierdie blomme voorkom, wat normaalweg deur insekte

bestuif word, groei die stuifmeelbuisies net ‘n entjie in die styl af en

geen bevrugting vind plaas nie.

In die ondersoek is 20 blomme met kroonblare en 20 blomme

sonder kroonblare gebruik.

Twee dae na die aanvang van die ondersoek is elke blom bedek

met ‘n plastiese sakkie om verdere bestuiwing te verhoed.

Na sewe dae is die blomme ondersoek om te kyk of bestuiwing

en bevrugting wel plaasgevind het.

Die resultate is in die tabel hieronder aangeteken.

Blom met kroonblare

BLADSY 9

Blom sonder kroonblare

Blomme met

AANTAL

Blomme sonder

kroonblare

kroonblare

Stuifmeel op stempel 249 23

Stuifmeelbuise in die styl 117 9

Bevrugte saadknoppe 58 4

1.5.1 Verduidelik hoekom daar meer stuifmeel op die stempels van die

blomme met kroonblare aanwesig is, as by die blomme sonder kroon-

blare. (2)

1.5.2 Verduidelik hoekom daar by beide soorte blomme meer stuifmeelbuise

in die style aanwesig is as die hoeveelheid saadknoppe wat bevrug is. (2)

1.5.3 Noem TWEE maniere waarop die geldigheid van hierdie ondersoek

verbeter kan word. (2)

[6]

TOTAAL AFDELING A: 50

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 ‘n Wildbewaarder was bekommerd oor die invloed wat besoedeling op die

geelvisse in ‘n groot seekoeigat in ‘n reservaat het. Hy gebruik die merken-hervangmetode

om die bevolkingsgrootte van geelvisse in die

seekoeigat te bepaal.

Die resultate is in die volgende tabel aangeteken:

Aantal

geelvisse

Januarie 2012 Februarie 2012

Aantal gemerk en

vrygelaat in eerste

steekproef

Aantal in tweede

vangs/tweede

steekproef

BLADSY 10

Aantal gemerk in

tweede vangs/

tweede steekproef

45 450 30

2.1.1 Noem VIER voorsorgmaatreëls wat geneem moet word om die geldigheid

van die resultate te verseker. (4)

2.1.2 Gebruik die formule hieronder om die bevolkingsgrootte van die geelvisse

in die seekoeigat te beraam:

P = F x S

M

F = aantal gevang in eerste steekproef

S = aantal gevang in tweede steekproef

M = aantal gemerk in tweede steekproef

Toon alle bewerkings. (3)

2.1.3 Noem nog drie ander metodes wat gebruik kan word om die grootte van

‘n bevolking te bepaal. (3)

[10]

2.2 Bestudeer die grafiek hieronder van die bevolkingsgroei van rooibokke oor

‘n tydperk.

2.2.1 Identifiseer die groeivorm wat deur die grafiek hierbo aangedui word. (1)

2.2.2 Identifiseer die fases gemerk A, B, C en D. (4)

2.2.3 Gee TWEE redes waarom die bevolkingsgroei by A stadig is. (2)

2.2.4 Verduidelik hoekom die bevolkingsgrootte by D stabiliseer. (3)

BLADSY 11

[10]

2.3 Die bevolkingspiramide toon die hoeveelheid mans en vrouens van

verskillende ouderdomme in ‘n land in 2000 en die geskatte getalle soos

dit behoort te lyk in 2050. Bestudeer die bevolkingspiramides en

beantwoord die vrae.

2.3.1 Watter ouderdomsgroep, beide manlik en vroulik, maak die grootste deel

van die bevolking uit in

(a) 2000? (1)

(b) 2050? (1)

2.3.2 Vergelyk die groottes van die bevolking van 61 - 90 jariges van 2000 met

die geskatte getalle van 2050. (2)

2.3.3 Noem TWEE moontlike redes wat die verskynsel in VRAAG 2.3.2. kan

verklaar. (2)

BLADSY 12

[6]

2.4 Lees die onderstaande gedeelte deur en beantwoord die vrae:

Te honger, te vernietigend, te veel:

Suid-Afrika moet begin om olifante uit te dun

‘n Olifanttrop in die Kruger Nasionale Park bestaan uit 20 000 olifante, 5 000

meer as wat volhoubaar is. Ekoloë sê dat die diere se groot eetlus en liefde

vir ‘habitat her-ingenieurswerke’ – om woude tot vlakte te reduseer deur

bome om te stoot en die plantegroei te vertrap – die groot probleem is.

Uitdunning van die oormaat olifante word as ’n voordeel gesien, omdat ‘n

inkomste vir gemeenskappe gegenereer word uit die verkoop van ivoor en

ander olifantprodukte. Dit sal ook vleis aan plaaslike gemeenskappe

voorsien. ‘n Alternatief vir uitdunning behels voorbehoeding en die verskuiwing

van hele olifantfamilies. Die verwydering van heinings tussen die

Kruger Nasionale Park en parke in die aanliggende Mosambiek sal uiteindelik

help met migrasie na minder dig bewoonde gebiede.

Die 1998-syfer van 8 000 olifante het na 20 000 in 2008 vermeerder en daar

word verwag dat dit 34 000 teen 2020 sal bereik.

Verwerk uit The Guardian, 26 Februarie 2008

2.4.1 Gee die hoofrede wat hierbo genoem word, wat die uitdunning van

olifante steun. (1)

2.4.2 Noem twee alternatiewe wat vir uitdunning voorgestel word. (2)

2.4.3 Met hoeveel het die olifante van 1998 tot 2008 toegeneem? (1)

BLADSY 13

[4]

[30]

VRAAG 3

3.1 Die onderstaande diagramme, is ‘n snit deur ‘n gedeelte van ‘n persoon se oog.

Dit toon hoe die lens sy vorm verander wanneer die oog op ‘n voorwerp fokus.

3.1.1 Watter proses is verantwoordelik vir die verandering van Diagram I

na Diagram II? (1)

3.1.2 Deur gebruik te maak van die letters en name van die dele genommer

A tot E, beskryf DRIE veranderinge wat gedurende die proses,

genoem in VRAAG 3.1.1, plaasvind. (9)

3.1.3 Watter diagram verteenwoordig die toestand van die oog wanneer ‘n

persoon na ‘n vliegtuig in die lug kyk? (1)

3.1.4 ‘n Leerder word deur ‘n oogarts gediagnoseer dat hy aan bysiendheid

(miopie) ly.

(a) Verduidelik wat met sy oë verkeerd is. (3)

(b) Watter tipe brillense sal deur die oogarts aanbeveel word? (1)

[15]

BLADSY 14

3.2 ‘n Saad is toegelaat om te ontkiem en daarna het die saad vir ‘n aantal dae

normaal gegroei. Na ‘n paar dae is die saad uit sy groeimedium verwyder

en horisontaal vasgesit op ‘n stilstaande kurksirkel. Die saad is nat gehou

deur watte wat in ‘n voedingsoplossing gedruk is. Die saad is toegelaat om

verder in hierdie horisontale posisie te groei.

3.2.1 Formuleer ‘n hipotese vir bostaande eksperiment. (2)

3.2.2 Watter stof stimuleer die groei van die primêre wortel en stingel? (1)

3.2.3 Maak ‘n skets om die presiese groei aan te dui hoe die saad se

primêre wortel en stingel na ‘n paar dae sal lyk. (2)

3.2.4 Wat word die waargenome verskynsel by stingels genoem? (1)

BLADSY 15

[6]

3.3 Bestudeer die diagram wat ‘n deel van die menslike oor toon en

beantwoord die vrae:

Bou van die middeloor

3.3.1 Benoem dele B, C en D. (3)

3.3.2 Gee EEN funksie van deel F. (1)

3.3.3 ‘n Valskermspringentoesias het ‘n hewige verkoue gehad wat sy

buise van Eustachius met slym geblokkeer het. Terwyl hy nog ver-

koue onder lede het, besluit hy om tog te gaan spring. Met die op-

styg in die vliegtuig, het hy ‘n hewige pyn in sy ore ontwikkel. Toe

hy op 3 000 m uitgespring het, het sy trommelvliese na buite gebars.

Verduidelik die rede hiervoor. (5)

BLADSY 16

[9]

[30]

TOTAAL AFDELING B: 60

AFDELING C

VRAAG 4

Bestudeer die onderstaande diagramme en grafieke wat verskillende

gemeenskapsinteraksies verteenwoordig.

A

C

4.1 Noem die verskillende vorme van kompetisie wat deur hierdie gemeenskaps-

interaksies geïllustreer word by

(a) A (2)

(b) B (2)

(c) C . (2)

BLADSY 17

B

[6]

4.2 Bestudeer die grafiek van ‘n menstruale siklus en die invloed van die verskillende

hormone daarop.

4.2.1 Op watter dag vind ovulasie plaas? (1)

4.2.2 Tussen watter dae vind menstruasie plaas? (1)

4.2.3 Gee een funksie van LH tydens die menstruale siklus. (1)

4.2.4 Gee een funksie van estrogeen tydens die menstruale

siklus. (1)

4.2.5 Beskryf die funksionele verhouding tussen progesteroon en FSH. (2)

4.2.6 Het bevrugting binne die 28-dag siklus, soos geïllustreer in die

grafiek, plaasgevind? (1)

4.2.7 Gee ‘n rede vir jou antwoord in VRAAG 4.2.6. (1)

[8]

BLADSY 18

4.3 Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg:

Oorgewig meisies menstrueer vroeër, wys VSA-studie

Oorgewig meisies bereik nie net vroeër puberteit nie, maar is ook meer geneig

as ander kinders om as volwassenes oorgewig te wees.

Navorsers het gesê dié studie het die teorie verkeerd bewys dat vroeë puber-

teit die skuld moet kry vir oorgewig en vetsug by vroue. Dit is eerder die ekstra

gewig in die jare vóór hul eerste menstruasie wat vroue byna agt keer meer

geneig maak om later vet te wees.

Volgens professor Aviva Must van Tufts Universiteit in Boston, weet pediaters

lankal van die verband tussen vet en vroeë eerste menstruasie by meisies.

Die een teorie is dat die ekstra vet in die liggaam 'n soort "reproduktiewe sein"

is dat die meisie gesond genoeg is om 'n swangerskap deur te voer. Die

onlangse ontdekking van 'n vetselhormoon genaamd leptien dui glo

op 'n meganisme waardeur dit kan gebeur, het Must gesê.

Nog 'n teorie berus op die volwassenheid van die meisie se skelet. "Ons

weet oorgewig kinders het gevorderde beenontwikkeling. Hulle groei vinniger

en is dikwels langer as hul maerder maats. Dié vinniger groei kan dalk verbind

word met die vroeë aanvang van volwassewording."

Volgens Must kry Amerikaanse meisies hul eerste menstruasie gemiddeld

2,5 maande vroeër as 25 tot 30 jaar gelede. "Ons dink dit het te doen met die

bestaande oorgewig epidemie onder kinders."

Sy meen soortgelyke neigings kom onder seuns voor, maar dit is moeiliker

om dit by hulle te meet omdat daar nie 'n spesifieke gebeurtenis is wat

op volwassewording dui nie.

Beeld, 2005-08-15

4.3.1 Wat is, volgens die artikel, die oorsaak van oorgewig en vetsug

by vroue? (1)

4.3.2 Noem twee teorieë volgens die leesstuk wat vroeë puberteit by

meisies veroorsaak. (2)

4.3.3 Watter rede word aangevoer dat Amerikaanse meisies se eerste

menstruasie gemiddeld 2,5 maande vroeër as 25 tot 30 jaar

gelede, is? (1)

4.3.4 Bereik seuns ook vroeër puberteit? Motiveer jou antwoord. (2)

(6)

BLADSY 19

[20]

4.4 Diabetes mellitus (suikersiekte) kom hoofsaaklik by volwasse persone

ouer as 40 voor.

Bepreek die oorsake, simptome en behandeling van hierdie siekte .

Beskryf ook hoe negatiewe terugvoer die beheer van glukose

in ‘n normale gesonde persoon handhaaf.

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm

van vloeidiagramme of diagramme nie.

BLADSY 20

Inhoud (17)

Sintese (3)

[20]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 150

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!