05.05.2013 Views

Slingervel Augustus 2012.indd - CJBF

Slingervel Augustus 2012.indd - CJBF

Slingervel Augustus 2012.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Slingervel, Jaargang 54

Nommer 936, Augustus 2012

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Verjaardaghoekie

6 Spreuke vir die tiener

verklaar

7 Bybelleesrooster vir

September

8 Oordenkings vir

laerskoolkinders

10 Stompstert

11 Blokkiesraaisel 439

12 Kalbas en Snoet se

avonture (5)

14 Die plek wat diere in die

ruimteprogram van die

mens ingeneem het

15 Het jy geweet?

16 Brief van die

katkisasieklas van

Elsiesrivier

17 Ons eie Slingervel-

Digtershoekie

Waarom lyk stokinsekte

soos takkies?

18 Kan 'n boom dink?

20 Boekeblad

22 Oordenkings vir tieners

24 Ons Pretblad

Die redakteur skryf

Ek is te

skaam om

mense van God te vertel

Die woord skaam beteken verleë, bedees, beskeie.

Skaamwees kan ook beteken bang wees om uitgelag of gespot te

word.

Skaam kan verder beteken om huiwerig te wees om op te tree omdat

jy nie seker is wat om te doen nie.

Tieners is skaam om voor mense ’n standpunt in te neem. Maar

dan is dit ’n baie geselekteerde skaamte. Dit raak net een aspek

van jou lewe. Tieners het nie probleme om sterk standpunt in te

neem as hulle eie saak benadeel word nie. Vir jou eie goeie naam en dié

van jou ouers sal jy selfs in ’n leeukuil spring om dit te verdedig. Om jou

huis en jou goed en jou veiligheid te beskerm, bestee mense baie maklik

duisende rande en niks is inderwaarheid vir jou te veel nie.

Dan kom die geweldige kontras! Jy beskerm en verdedig nie naastenby

met dieselfde passie die Naam van God en die bestaan van God se

koninkryk en sy kerk nie. As dit by die beskerming van jou geestelike

goed kom, is jy maar baie traag.

Hoeveel keer word God se Naam in jou teenwoordigheid gelaster of

misbruik, sonder dat jy ’n oog daaroor knip? Luister net oor die radio

en op TV!

Wat word nie alles bedink om die koninkryk van God skade aan te

doen nie, en jy swyg in duisend stiltes sonder om aksie te neem.

Watter Christentiener span sy geloofspiere in om ’n stem te laat hoor

teen lotery, dobbelary, pornografi e, Sondagontheiliging, miskenning

van God se wet, vloektaal, swetstaal, ens., ens., ens.

Wat is jou reaksie as van jou maats of skoolvriende grappies maak

oor God of die kerk?

Dit is alles dinge wat God se eer aantas en sy koninkryk skade

aandoen, middele in die hande van Satan om God se koninkryk tot ’n val

te probeer bring. En uit skaamte, onbeholpenheid, ongeërgdheid doen jy

absoluut niks daaraan nie, want jy wil nie die publieke opinie uitdaag nie!

Na Jesus se opstanding uit die dood het die dissipels in angs vir

hulle veiligheid gaan wegkruip agter slot en grendel (Joh. 20:19). Toe

die Heilige Gees egter in hulle harte uitgestort is, het hulle met vrymoedigheid

die boodskap van Christus verkondig (Hand. 4:3). Skiet jy in

alles dalk tekort aan gehoorsaamheid aan die Heilige Gees? Elke gelo

wige moet opnuut sy lewensprioriteite vasstel in die lig van sy Christelike

roeping! As die Here en die saak van die Here en sy Woord vir

jou belangrik is, sal dit nie ’n probleem of ’n las wees om dié saak met

al jou lewensenergie te verdedig nie. Die aanslag van Satan op die Koninkryk

van God kan op geen manier afgeweer word nie as net die verantwoordelike

optrede van God se kinders. SV

2 slingervel augustus 2012

Liewe Maats,

Augustusmaand is vir die Slingervel sy verjaardagmaand.

’n Mens kan dit amper nie glo nie, maar die Slingervel is

vanjaar 54 jaar oud. Dit laat ons terugdink aan Augustus

1958 toe die Slingervel vir die heel eerste keer uitgekom het. In

Augustus 1958 het nommer 1 verskyn en in Augustus 2012 is dit

nommer 936.

Die Slingervel het nie spontaan ontstaan soos julle die

tydskrif vandag ken nie. Die Slingervel is eintlik uit ’n ander

publikasie gebore. In die vyftigerjare het die katkisasiekinders

nie handleidings gehad om hulle voor te lig soos julle vandag

het nie. Elke kwartaal het daar ’n “tydskrif” verskyn met al die

lesse en die verduideliking van die lesse. Die publikasie se

naam was DIE GEREFORMEERDE KATKISANT. In 1958 is

besluit dat daar vir die kinders handboeke gedruk gaan word

en toe is die Gereformeerde Katkisant so verander dat dit ’n

volwaardige tydskrif geword het met die naam Slingervel. Van

Augustus 1958 tot Augustus 2011 het Slingervel sonder enige

onderbreking 925 keer verskyn. Jy kan vir jouself indink hoeveel

kinders die Slingervel in hierdie 53 jare ontvang en gelees

het. Die wonderlike is dat die Slingervel ná 53 jaar steeds

maandeliks verskyn. As ons deur die jare se Slingervelle blaai,

merk ons op hoe die inhoud telkens verander het namate die

jeug ’n nuwe leefwyse het.

Die eerste redakteur van die Slingervel was dr. Klaas

van Wyk de Vries, waarna dr. Sarel du Plessis die stoel van

redakteur gevul het. Toe het prof. Pieter Buys redakteur geword

en hy was redakteur vir 33 jaar tot in 1999. Vanaf 2000 tot

vandag is dr. Nico van der Merwe (Oom Nico) die redakteur.

Met ons verjaardagmaand is dit die gebruik dat ons dankie

sê. Veral sê ons vir die Here dankie dat Hy deur die jare

heen die nodige middels en gawes gegee het, mense met

ywer en toewyding sodat die Slingervel gereeld elke maand

kon verskyn. God gee gawes aan die mense wat vir die

Slingervel skryf en dit gereed maak om gedruk te word.

Die een persoon vir wie al die Vellies spesiaal moet dankie

sê, is tannie Joey Fourie. Sy werk al vir baie jare by die

Slingervel. Tannie Joey is die redaksielid wat

maandeliks die verskillende artikels, berigte

en speletjies moet inpas en ook besluit watter

prentjies, tekeninge en foto’s gebruik moet word.

Sy werk baie hard om die Slingervel vir julle so

pragtig en kleurvol te maak. Aan haar ’n ekstra dankie vir die

werk. Ek vra vir tannie Joey om ’n foto van haar hier te plaas

Oom

Nico se Possak

dat al die maatjies kan sien hoe sy lyk. Baie, baie dankie,

tannie Joey.

Derdens pas dit ons om vir al die redaksielede van

slingervel augustus 2012 3

die Slingervel dankie te sê vir die groot werk wat hulle

maandeliks doen om ’n aantreklike en betekenisvolle

Slingervel vir julle te voorsien. Hulle is: Marina Kotze,

Riana Jonker, Susan Lourens, Tersia van der Merwe, Rina

Myburgh, Attie Venter, Rika du Plessis, Sophia van der

Walt. Maats, julle het seker nie gedink dat so baie mense

by die Slingervel werk nie. Namens julle sê ek dankie vir al

die redaksielede. Elkeen van julle dra by tot die Slingervel

wat maandeliks uit die pers kom. Sonder julle ywer en

entoesiasme sou dit nie moontlik gewees het nie. Baie

dankie.

Ons wil ook vir al die mammas en pappas en al die kerkrade

wat sorg dat julle op die Slingervel ingeskryf is en dit gereeld

ontvang, dankie sê.

Die laaste groep vir wie die redaksie wil dankie sê, is julle

jongklomp, van die kleuters, deur die laerskolers tot by

die tieners, wat die Slingervel lees en deelneem aan die

speletjies wat geplaas word. Ons hele lewe by die Slingervel

is een groot dankie aan die Here vir al sy liefde en genade.

Maats, julle kan nou die Slingervel met ander oë bekyk en

besef wat die tydskrif vir julle beteken. Julle kan gerus ’n bietjie

moeite doen en vir ons skryf wat die Slingervel vir julle beteken

en watter van die Slingervel se inhoud vir julle die lekkerste is.

Ons sien daarna uit om van julle te hoor.

Hartlike groete en die mooiste wense ook vir julle ouers.

- Oom Nico

Slingervel se adresse

slingervel@telkomsa.net

Posbus 6433, Flamwood

2572

Tel/faks 018 468 1782

verjaardag verjaardaghoekie hoekie

Die volgende Vellies verjaar gedurende AUGUSTUS 2012 (saam met die Slingervel!) Baie geluk aan

elkeen van julle. Mag julle 'n mooi jaar beleef! Skryf aan my, my adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614,

Paardekraal 1752; of e-pos jonkerp@mweb.co.za, as julle nog nie deelneem nie. Groete, Tannie Riana

1

Antoné Naude (Vereeniging-Oos), Cailynn Gaba

nella (Boksburg), FC Buys (Alberton-Wes),

Fran cois Brown (Randburg), Gertie van Jaarsveld

(Laeveld), Ludolf du Plooy (Potch-Die Bult), Mita Qamane

(Randburg), Ruvan Bovill (Laeveld).

2

Alwyn du Plessis (Magol), Andy Katz (Benoni),

Ha rald Fiedler (Kathu), Ian Terblanche (Boksburg),

Karien Botha (Bergbron), Liaan Bothma (Krugersdorp),

Minka Olivier (De Aar).

3

Chantelle van den Berg (Vanderbijlpark-Trinitas),

Dumont du Plessis (Randburg), Hendrik Badenhorst

(Zeerust), Michael Smith (Vanderbijlpark-Trinitas),

Morné Smith (Vanderbijlpark-Trinitas).

4

Adriaan van Staden (Middelburg Mpumalanga),

Brynn-Leo van Vuuren (Kaapstad), Francois le

Roux (Akasia), Ivette Dreyer (Randburg), Lana van

der Vegt (Vereeniging-Oos), Lize Dreyer (Randburg),

Marli Venter (Randburg).

5

Ivan Lombaard (Randburg), Josiphine Motswiri

(Randburg), Marizaan Botes (Bethal), Marni

Bak ker (Benoni), Thinus van Reenen (Vanderbijlpark-

Trinitas).

6

Anika Grobler (Randburg), Armand Koekemoer

(Waterkloofrand), Fanus Janeke (Vanderbijlpark-

Trinitas), Jan-Harm Burger (Potchefstroom-Oos),

Kathryn Louw (Waterkloofrand), Pieter Grobler (Laeveld),

Vanessa van der Merwe (Boksburg), Wayne

Ferreira (Vaalpark).

7

Aiden Gabanella (Boksburg), Carla Pelser (Secunda),

Charlene Grove (Vaalpark), Lea ne

Ter blanche (Boksburg), Liya Hiestermann (Rand-

burg), Lize van der Schyff (Vanderbijlpark-Trinitas),

Marjolette Grové (Vaalpark), Marlize le Roux (Potch-

Die Bult), Michelle de Nysschen (Laeveld), Tiaan van

der Westhuizen (Suidkus).

4 slingervel augustus 2012

8

Dominique du Plessis (Brackenhof), Elrie van

Heerden (Burgersdorp), Jacques Kruger (Nylstroom),

Magdaleen Jooste (Heilbron), Petrus Claasen

(Reitz), Thomas van Vuuren (Heilbron).

9

10

Kathleen Payne (Duineveld), Ruan Erasmus

(Berg bron), Ryan Grobler (Nylstroom).

Noelene Fourie (Oudtshoorn), Shané Hattingh

(Buffeldoorns), Sulize Kruger (Randburg),

Va nessa van Rooyen (Potchefstroom-Oos).

11

Anneri van der Walt (Middelburg Kaap), Arno

Farrel (Magol), Clauddine Booysen (Magol),

Hendri van Vuuren (Kathu), Juhné van der Heever

(Randburg), Martin Viljoen (Wolmaransstad),

Rudi Hartzer (Randburg), Rudie van Aarde (Randburg),

Tania Krüger (Benoni), Wynand Lubbe (Potchefstroom-Oos),

Zandri van der Linde (Zeerust),

Zel da Botes (Nylstroom).

12

Charles Moss (Krugersdorp), Dudley Thompson

(Vanderbijlpark-Trinitas), Marissa Clements

(Potchefstroom-Oos), Michael Hechter (Vaalpark),

Mieke Venter (Randburg).

13

Corné Botha (Secunda), Gustav Prinsloo

(Alberton-Wes), Jana Schutte (Potchefstroom-

Oos), Keatlegile Mogwane (Randburg), Lambert van

der Wath (Middelburg Mpumalanga), Ryno Erasmus

(Bergbron), Van Zyl Erasmus (Kathu), Wessel Pieters

(Vanderbijlpark-Trinitas).

14

Drikus Buys (Naboomspruit), Jaco Olivier

(Se cunda), Juan-dré de Vos (Kathu), Louwtjie

J van Rensburg (Krugersdorp).

15

Allison Wilson (Kaapstad), Charle Kriel (Wolma

ransstad), Corlia Nel (Waterkloofrand),

Erica Marais (Kaapstad), Esmé Kruger (Randburg),

Juan Human (Middelburg Mpumalanga), Zard Aucamp

(Potchefstroom-Oos).

16

Daniel Buys (Naboomspruit), Dawie Coetzee

(Bergbron), Elizna Reyneke (Kathu),

Lian van Rooyen (Welkom-Noord), Roné Josling

(Waterkloofrand), Stephanie van der Merwe (Vanderbijl

park-Trinitas), Tehan Ehlers (Zeerust).

17

Ettienne van Heerden (Lydenburg), Ka giso

Lefoka (Randburg), Kruger Price (Burgersdorp),

Lené Schlebusch (Brackenhof), Lizka

Bo sua (Barberton), Lullu de Bruyn (Vanderbijlpark-

Tri nitas), Menique Steenekamp (Oudtshoorn).

18

Dihan Ferreira (Secunda), Duane Mynhardt

(Bethal), Einar du Plessis (Nylstroom), Hannes

du Plessis (Krugersdorp), Harm Marx (Burgersdorp),

Herman van Heerden (Burgersdorp),

Jan rich Schoeman (Kathu), Mariné Bosch (Kaapstad),

Nico-Niel Raath (Barberton), Retha Janeke

(Vanderbijlpark-Trinitas), Ryan Jansen (Elsiesrivier),

Ryan Kemm (Buffeldoorns), Stefan Erwee (Messina).

19

Annelize Havenga (Brackenhof), Chris

van der Walt (Stilbaai), Cimonéy Snyman

(Sino ville), Jean-Pierre Labuschagne (Welkom-

Noord), Reinhardt Jansen van Rensburg (Secunda),

Rynhardt Blignaut (Brackenhof), Sakkie Coetzee

(Brackenhof), Simon Smit (Vanderbijlpark-Trinitas),

Sulette Viljoen (Zeerust).

20

21

Daniel van den Berg (Randburg), Gary Marx

(Burgersdorp).

Benjamin Schraader (Randburg), Danelle

Ver ster (Potch-Die Bult), Divan Hyman (Boksburg),

Elné Jacobs (Middelburg Mpumalanga), Monray

van der Walt (Vanderbijlpark-Trinitas), Pierre du

Plessis (Bergbron), Rochelle Ehlers (Vander bijlpark-

Trinitas), Suné van Rooyen (Vereeniging-Oos).

22

Hanru du Plessis (Magol), Hantie Kruger

(Mid delburg Mpumalanga), Janine Vorster

(Van de rbijlpark-Trinitas), Morné van Niekerk (Potch-

Oos), Stefan van Emmenis (Magol), Umari Reitsma

(Potchefstroom-Oos), Wynand Dreyer (Se cunda).

23

Chante Grobler (Randburg), Dionné Viviers

(Ma gol), Johan Coetzee (Brackenhof), Keila

Minnie (Boksburg-Suid).

24

Hanke Opperman (Hermanus), Philip Papa

chrisoforou (Kuruman), Welme Booysen

(Boks burg), Zandré van der Walt (Vanderbijlpark-

Trinitas).

25

Jariska Ströh (Benoni), Jason Geere (Vanderbijlpark-Trinitas),

Louise Gaertz (Randburg),

Mariska Swanepoel (Wolmaransstad), Marne Janse

van Vuure (Boksburg-Suid), Shaun Labuschagne

(Klein mond), Xander van Wyk (Boksburg).

26

Alexander Venter (Randburg), Arina Rautenbach

(Vaalpark), Christiaan du Plessis (Gobabis),

Eben Pouwels (Krugersdorp), Imke Neethling

(Secunda), Jaco de Bruyn (Vanderbijlpark-Trinitas),

Lize-Marié Fick (Vereeniging-Oos), Masego Morake

(Randburg), Megan Buys (Randburg).

27

Amy Kruger (Randburg), Celia Coetzee (jr.)

(Wa terkloofrand), George Ferreira (Bellville-

Oos), Hendrico van Rooyen (Potchefstroom-Oos),

Nico Janse van Rensburg (Boksburg-Suid), Stefanie

Heystek (Magol), Willem Ferreira (Bellville-Oos).

28

Anika van der Walt (Randburg), Anja van der

Walt (Nylstroom), Annieka Billing (Benoni),

Elzette Engelbrecht (Zeerust), Shane Prinsloo (Lyttelton),

Tamlyn van den Berg (Benoni).

29

George Price (Burgersdorp), Marelize van

Jaars veld (Brackenhof), Mathapelo Kobedi

(Rand burg), Mia Erasmus (Magol), Neo Kobedi

(Rand burg), Nicole Gertzen (Secunda), Pieter La buschagne

(Vanderbijlpark-Trinitas), Theunis van Wyk

(Middelburg Mpumalanga), Trudie Tromp (Veree niging-Oos).

30

Elma van der Schyff (Potchefstroom-Oos),

Jay den Scholtemeyer (Benoni), Lourens

Ven ter (Potchefstroom-Oos), Nadia Kruger (Kathu),

Ve ronica Buchling (Secunda).

31

Andrio Visser (Randburg), Caleigh v H (Secunda),

Gideon Fourie (Boksburg), Henro

Verhoef (Vereeniging-Oos), Jo-Marie Coetsee

(Bloemfontein-Suid), Leandra Beukes (Buffeldoorns),

Nina Louw (Secunda), Pieter Cordier (Kuruman), Pieter

Smith (Welkom-Noord), Roelof Buys (Naboomspruit).

slingervel augustus 2012 5

Spreuke vir die tiener verklaar

Dr. Nico van der Merwe

Die boek Spreuke gaan oor

Ons moet nou begin om te

lees wat God in Spreuke 9

vir die tiener sê. Ons gaan

Spreuke 9 met julle jongklomp

saam lees en die inhoud van

Spreu ke in die lewe van elke

Chris tentiener toepas.

Spreuke moet egter op ’n beson

dere en verantwoordelike wyse

ge lees en oordink word. Met

el ke gedeelte in die Bybel het die

Here ’n sekere doel. Daar is nie

gedeeltes in die Bybel wat sinloos

of betekenisloos is nie. As jy die

boodskap van die Bybel wil hoor,

moet jy alles in werking stel om

die doel van God in die gedeelte

wat jy lees, raak te sien.

Jy moet jou ook ten doel stel

om die hele Bybel te lees en nie

net ’n paar troetelhoofstukke nie.

Die boodskap van God word nie

net in ’n sekere klomp hoofstukke

of boeke gevind nie, maar in al

die hoofstukke van die Bybel.

verskillende temas

God het die Woord om drie redes gegee. 1. God vertel in die

Bybel wie Hy as God is. Die Bybel is God se openbaring (openbaring

beteken bekendstelling). 2. God het verder die Bybel aan die mens

gegee om ons van sy wonderdade te vertel. Hy vertel ons wat Hy

doen. 3. God het in die derde plek die Bybel vir ons gegee sodat ons

kan weet wat God wil hê ons moet doen. Hierdie drie redes is baie

belangrik om die Bybel te kan verstaan (daarom herhaal ons dit):

God sê vir ons wie is Hy.

God sê vir ons wat doen Hy.

God sê vir ons wat wil Hy hê ons moet doen.

As jy uit die boek Spreuke lees, moet jy in die eerste plek gaan

soek na hierdie drie dinge in verband met God – dit moet eers

vasgestel word.

Spreuke is nie ’n boek met ’n klomp onsamehangende gesegdes

en spreekwoorde nie. In Spreuke sit daar orde en indeling. Daar is

vyf groot gedeeltes wat jy in gedagte moet hou by die verstaan van

Spreuke. Die hoofi ndeling van Spreuke is:

Spreuke 1:1 – 9:18: Dit gaan oor die voordele om wys en

verstandig te lewe.

Spreuke 10:1 – 22:16: ’n Klomp kernagtige spreekwoorde met

waarheid vir die lewe.

Spreuke 22:17 – 24:34: Die woorde van die wyse manne

saamgevat.

Spreuke 25:1 – 29:27: Los spreuke oor die politiek, natuur en

landbou.

Spreuke 30:1 – 31:31: Die mens is klein en God is groot.

- In Spreuke 3 leer God die lesers wat die waarde en betekenis

van sy wysheid is.

- Spreuke 4 se tema is: Wat Salomo self as kind van sy vader

Dawid geleer het.

- In Spreuke 5 leer God die gelowige dat jy nie betyds kan

voorsien wat met jou gaan gebeur nie.

- In Spreuke 6 is vier vermanings van God uit die sondige lewe.

- Spreuke 7 is God se fi nale waarskuwing teen ontug.

- In Spreuke 8 gaan dit om wysheid en dwaasheid.

- Spreuke 9 is die praktiese toepassing van wysheid en

dwaasheid. SV

6 slingervel augustus 2012

Bybelleesrooster vir September Dr. Nico van der Merwe

Loof en prys God op elke gebied

van jou lewe

Saterdag 1 September – Lees: Prediker 12:1-14

Jy moet in alles God dien en sy gebooie gehoorsaam.

Sondag 2 September – Lees: Miga 6:1-9 (vs. 8)

Jy moet elke dag jou sonde in toom hou (vs. 23).

Maandag 3 September – Lees: Kolossense 3:1-4

Onthou God in die hemel in alles waaraan jy dink (vs. 2).

Dinsdag 4 September – Lees: Kolossense 2:20-23

’n Gelowige moet elke dag sy sonde vasvat en weggooi.

Woensdag 5 September – Lees: Spreuke 6:6-11

Miere se fl uksheid is vir jou ‘n goeie voorbeeld, sê God

(vs. 6).

Donderdag 6 September – Lees: 2 Tessalonisense 3:10

Hoe oud of jonk jy ook al is, jy het elke dag pligte om te

doen!

Vrydag 7 September – Lees: 1 Tessalonisense 5:14

Moenie ’n leeglêer wees nie, maar tree elke dag vlytig op.

Saterdag 8 September – Lees: Handelinge 20:33-38

God se doel met jou is onder andere om ander te help.

Sondag 9 September – Lees: Handelinge 20:7-12

God gee Eutiges se lewe terug om vir Hom te lewe.

Maandag 10 September – Lees: Genesis 1:26-31

Jou week moet ook ’n rusdag hê om jou krag nuut te

maak.

Dinsdag 11 September – Lees: Psalm 8

Tussen werk en rus moet in jou lewe balans wees.

Woensdag 12 September – Lees: Spreuke 8:22-31

Jy het vreugde en geluk as deel van God se skepping.

Donderdag 13 September – Lees: Psalm 46

God is altyd daar vir jou, hoe dit ook al met jou gaan.

Vrydag 14 September – Lees: Jesaja 58:11-14

In alles wat jy nodig het, voorsien die Here (vs. 11).

Saterdag 15 September – Lees: Jesaja 58:1-5

Elke dag van die lewe het jy ’n opdrag om God te dien.

Sondag 16 September – Lees: Jesaja 48:17-19

God seën elkeen wat daagliks volgens sy gebooie lewe.

Maandag 17 September – Lees: Jesaja 58:1-12

Die Bybel gee geloofsinsig om God elke dag te dien.

Dinsdag 18 September – Lees: Numeri 11:4-9

Jou sondige drange en drifte laat jou ongehoorsaam wees.

Woensdag 19 September – Lees: Deuteronomium 8:2-5

In swaarkry leer jy eers werklik wat God vir jou beteken.

Donderdag 20 September – Lees: Numeri 11:18-23, 31-35

Jou dieet het alles met God te doen, Hy gee jou gesondheid.

Vrydag 21 September – Lees: Spreuke 23:29-35

Oordadigheid het baie slegte gevolge in jou lewe.

Saterdag 22 September – Lees: Filippense 4:2-9

Dit is hoe jy as Christen elke dag moet lewe.

Sondag 23 September – Lees: Filippense 4:10-20

Wat God vir jou gee, is meer as genoeg; besef dit!

Maandag 24 September – Lees: Filippense 1:27-30

Jy moet lewe soos God in die Bybel vir jou sê.

Dinsdag 25 September – Lees: Spreuke 15:13-17

In jou lewe moet jy goeie balans hê, leer God in vers 16.

Woensdag 26 September – Lees: Matteus 6:25-27, 34

Jy moet vir vandag en môre net op God vertrou.

Donderdag 27 September – Lees: Lukas 12:22-31

Keer dat aardse dinge jou nie verhoed om God voluit te

dien nie.

Vrydag 28 September – Lees: Galasiërs 5:16-24

Jou lewensdoel is: Om die Here in alles te dien (vs. 24).

Saterdag 29 September – Lees: Prediker 7:23-29

Die kwaad in jou hart laat jou sonde doen. Stry daarteen!

Sondag 30 September – Lees: Matteus 7:21-23

Wat God in die Bybel vir jou sê, moet jy doen.

slingervel augustus 2012 7

dr. nico van der merwe

85. Afskeid neem in God

Lees in jou Bybel Handelinge 20:15-38 (vs. 32)

Net soos ons gereeld van mense moet afskeid neem, is

Paulus besig om afskeid te neem van die gemeentes

in Klein-Asië. Hy weet dit is ’n afskeid vir goed, hy gaan

hulle nie weer ’n keer sien nie. Maar die afskeid is nie ’n

tra nerige gehuilery en snikke nie, want dit is ’n afskeid in

God. Paulus vertrou die gelowiges toe aan God. Al sou hy,

Paulus, verdwyn, sal God die koninkrykswerk in die gemeentes

laat voortgaan.

Ons lewe is vol momente van afskeid neem. Dikwels

gaan dit gepaard met trane en emosionele gevoelens. ’n

Ware gelowige neem op ’n ander wyse afskeid in God. Dan

word die afskeid ’n oomblik van krag en sekerheid, want

jy kan God vertrou wat al sy beloftes waar maak en in die

toekoms dit steeds sal doen. Hy sal met jou en die mense

wees van wie jy afskeid neem.

87. Bekering en dankbaarheid

Lees in jou Bybel Handelinge 16:19-40 (vs. 33)

Bekering is om van die sonde weg te gaan en na God

toe terug te keer.

Egte bekering kan in ’n lewe van dankbaarheid gesien

word. Lees mooi wat het met die tronkbewaarder van Filippi

gebeur. Tot voor sy bekering was hy ’n hardvogtige en gevoel

lose mens wat gevangenes in boeie geslaan en in houtblokke

vasgeklem het. Sonder genade het hy opgetree.

Maar toe hy tot geloof kom, word sy hardvogtigheid opregte

ontferming – hy was Paulus en Silas se wonde. Sy selfsug

word hartlike liefde – hy sit aan hulle ’n ete voor. Sy

on geërgdheid word opregte belangstelling – hy wil meer

oor die Woord hoor.

Dit is die optrede van dankbaarheid vir bekering! Dit

moe dig jou aan om jou in diens van die Here te verdiep en

belangstelling te toon vir die Woord van God en sy eer.

89. ’n Bybel in elke huis

Lees in jou Bybel Matteus 19:1-12 (vs. 4-6)

As kind is jy deel van ’n huisgesin. In jou huisgesin word

na jou gekyk en voel jy veilig. Satan weet dat as hy

die gesonde gesinslewe opbreek, kry hy ’n houvas op God

se kinders. Daarom probeer hy huisgesinne wat Christelik

leef, te vernietig. Satan se eerste plan is om mense te laat

ophou Bybellees. Sodra mense nie meer in die Bybel lees

nie, word hulle verhouding met die Here al hoe swakker.

Toe die Fariseërs by Jesus kom en probeer om Hom met

al lerhande strikvrae te verwar, sê Hy vir hulle: “Het julle nie

gelees ...” (vs. 4).

Daarmee sê Christus dat jou lewe as kind van God begin

by Bybellees, erediensbywoning en katkisasie waar

die inhoud van die Bybel verklaar en toegepas word. Julle

moet as huisgesin gereeld Bybel lees, dan sal die Heilige

Gees julle help om gehoorsaam te lewe.

86. Afskeiding

Lees in jou Bybel Handelinge 18:1-23 (vs. 6a)

Daar is verskil tussen afskeid en afskeiding. Afskeid is

’n groet om weg te gaan, om later weer bymekaar te

kom. Afskeiding is die weggaan van mekaar sonder om

weer by mekaar te kom. Toe die Jode hulle verset teen die

prediking van Paulus, het hy nie van hulle afskeid geneem

nie, hy het hom van hulle afgeskei. Hy het hulle permanent

verlaat.

Hoekom is jong gelowige kinders so huiwerig om hulle

te onttrek van plekke en mense waar die Naam van God

gevloek word en die koninkryk van God skade aan gedoen

word? Jesus verwag van jou om soms die stof van jou

voete af te skud en af te skei (Matt. 10:14). Ter wille van

God se eer is dit nodig! Jy kan nie op ’n plek of in ’n kring

van mense bly waar daar gruwelik gesondig word nie. Daar

waar die sonde mense beheers, moet jy padgee!

88. Bekering en gehoorsaamheid

Lees in jou Bybel Handelinge 16:1-15 (vs. 14a)

Dit is so dat bekering nie mensewerk is nie. Dit is God

wat die verandering in jou hart en jou lewe bring. Maar

jy as gelowige kind word nie eenkant geskuif nie. Kyk wat

doen God. Gód beskik dit dat Lidia, op die moment toe

Paulus in Filippi preek, teenwoordig is. Gód maak haar hart

vir die Bybel oop en die Bybel vir haar hart. Van Lidia word

verwag dat sy gehoorsaam sal wees aan God. God gee die

bekering en verlossing vir Lidia deur haar gehoorsaamheid.

So is dit vandag ook. ’n Mens kan hom nie vanself van die

sonde verlos nie. Jesus Christus moet dit doen en Hy het

dit ook gedoen.

As jy voel dat jy ver weg van die Here af is, moet jy

ge trou jou Bybel lees, gereeld na die eredienste en die katkisasie

gaan en ook elke dag bid. Vra die Here om jou hart

te verander sodat jy jou tot Hom kan bekeer.

90. Die dag deur God bepaal

Lees in jou Bybel Handelinge 17:16-34 (vs. 31a)

God het nie alles wat in die toekoms gaan gebeur, bekend

gemaak nie. Eén waarheid is bekend, die geskie

denis sal uitloop op een dag waarop God se oordeel

sal kom. Mense lewe asof die tyd op aarde net sal aanhou

en aanhou … so asof daar nie ’n einde sal kom aan die

aard se lewe nie. God het egter die dag van sy oordeel

reeds vasgestel. God het reeds die dag bepaal waarop die

wêreldgeskiedenis tot ’n einde sal kom. Dit sal ook die dag

wees waarop al die mense wat in God glo, in Jesus Christus

die ewige lewe kry.

Vir die ongelowiges is die koms van die Here se oordeels

dag verskriklik. Maar vir die gelowige sal dit ’n hoogtepunt

wees, omdat hulle in Christus die ewige lewe kry. As

kind van God hoef jy ook nie bang te wees vir God se straf

nie, want Jesus het jou straf vir jou gedra.

8 slingervel augustus 2012

91. Wat moet ek doen? Glo!

Lees in jou Bybel Johannes 6:22-29 (vs. 29)

As ’n kind van God vra jy ook seker die vraag wat jy

moet doen as dit by jou godsdiens kom. Dit was ook

die dringende vraag van die skare mense rondom Jesus

waarvan Johannes 6 skrywe. Jesus het hulle verwyt. Hulle

volg Hom net uit nuuskierigheid oor die wonders wat Hy

doen. Hulle stel nie werklik in Hom belang nie, maar wil net

die wonders sien gebeur.

Ons moet ook die vraag vra: “Wat moet ons doen om

te doen wat God van ons vra?” Die antwoord is: Glo! Dit is

wat jy moet doen. Glo in Jesus Christus. Ons is altyd bang

dat ons nie genoeg vir die Here doen nie. Christus sê jy

hoef niks meer te doen as net om te glo nie. As jy in Jesus

Christus glo, sal jy lewe soos iemand wat aan die Here

behoort. Jy hoef nie iets te doen om verlos te word nie. Jy

moet net aan God dankie sê vir die verlossing in Christus.

93. Met God se hulp

Lees in jou Bybel 2 Samuel 22:18-34 (vs. 30)

Wanneer ’n kind van God in Hom glo, is God met jou

en jy met God! God wat almagtig is, is dan in jou

lewe teenwoordig en by Hom is niks onmoontlik nie. God

is sterker as die hel en die dood. Elkeen wat opreg in God

glo, ontvang van Hom die nodige krag om ook sterker te

wees as Satan en die sonde. As jy in God glo, sal jy sterk

kan staan as daar swaar tye in jou lewe kom.

Om met God te wees en te weet God is met jou, beteken

om die sekerheid te hê dat God jou sal vashou as daar ’n

krisis in jou lewe kom. Jy moet elke dag onthou dat God

jou hemelse Vader is en dat Hy baie lief is vir jou. Daarom

sal Hy, as iets sleg en pynlik oor jou kom, jou vashou soos

’n pa en ma hulle kinders vashou in tye van swaarkry. Jy

moet in jou gebede vir die Here vra om by jou te staan en

jou te beskerm en sterk te maak.

95. Dood in die familie

Lees in jou Bybel Genesis 35:9-20 (vs. 18)

Genesis 35 vertel van die tragiese dood van Ragel

in die omgewing van Betlehem by die geboorte van

haar tweede seun. Terwyl sy sterwe, noem sy die seuntjie

Benoni. Benoni beteken kind van my smart. In die naam

van haar kind druk Ragel haar smart uit. Dit is asof Benoni

vir haar die eindpunt is van alles. Jakob noem die seuntjie

egter Benjamin. Benjamin beteken kind van my regterhand,

my gelukskind, seun van my hoop. Jakob se hoop was nie

tevergeefs nie.

Naby die sterfplek van Ragel is eeue daarna Jesus gebore.

Hy het al die smart, hartseer en swaarkry van die gelowiges

om Hom geneem. Hy wéét wat dit is om te ly. Maar

deur sy soendood aan die kruis het Hy vir jou die ewige

lewe verwerf. In Jesus is jy Benjamin, gelukskind! en nie

Ben-oni, ongelukskind nie.

92. Die voortreflikheid van God se Gees

Lees in jou Bybel 2 Samuel 1:11-27 (vs. 24a)

Saul het Dawid se lewe vir hom baie sleg gemaak. Jare

lank het Saul vir Dawid soos ’n dier gejag om hom dood

te maak. Toe Saul sterf en Dawid weer kan asemhaal, vier

hy nie fees van blydskap nie. Dawid rou oor die dood van

Saul! Dawid tree nie op soos ’n mens wat baie bly is dat die

gevaar oor is nie.

Hy tree op soos iemand wat in God glo en in wie die

Hei lige Gees bly. Daarom soek hy nie wraak op Saul nie en

is hy nie bly oor Saul se dood nie.

As jy nie ’n wedergebore kind van God is nie, is dit nie

moontlik om soos Dawid te maak nie. ’n Wedergebore kind

is nie bly oor die dood van ’n vyand of ’n teenstander nie.

Dan huil jy oor die verlorenheid van iemand wat nie in die

liefde van God geleef het nie. Dit het die Here Jesus Christus

ons aan die kruis geleer.

94. God se plan met ons

Lees in jou Bybel Jeremia 31:1-14 (vs. 10)

God kan alles doen, omdat Hy alles weet en ook oral

teenwoordig is. Wat ook al gebeur, gebeur omdat God

so besluit het. God het met alles ’n doel. Daar sit plan in

alles wat God laat gebeur.

Deur die mond van die profeet Jeremia maak die Here

bekend dat Hy ’n plan het met sy volk Israel. “Hy wat Israel

verstrooi het, sal hom bymekaar maak” (Jer. 31:10). God se

volk is nie in hulle eie land nie, maar is ballinge in Babilonië.

Tog hoor hulle van hulle verlossing (Ps. 47:2; 68:33). Daar

sit ’n plan in God se optrede.

Elkeen wat die Bybel lees met oop oë, soekende hart

en luisterende aandag, vind daarin God se plan vir sy eie

lewe. Al voel jou lewensloop dikwels doelloos en leeg, God

bepaal die mikpunt. Al lyk alles planloos en bleek, God het

’n plan met alles.

96. Drumpelspringers

Lees in jou Bybel 1 Samuel 5:1-12 (vs. 5)

G od se oordeel tref die afgodsbeeld van Dagon. God

laat die afgod omval sodat hy plat op die grond lê,

sonder kop en hande, want hulle het afgebreek met die val

(1 Sam. 5:4). ’n God sonder kop en hande is magteloos.

Van toe af was die drumpel van die Dagontempel God

se preekstoel en die afgebreekte hande sy teks. Elke

keer as die Dagonpriesters uit bygeloof oor die drumpel

spring, herinner dit hulle daaraan dat hulle Dagondiens

niks beteken nie. In plaas daarvan dat hulle deur God se

preek tot insig kom, spring hulle telkens oor die drumpel

van die Dagontempel. Hulle maak van hulle sonde ’n nuwe

erediens.

Wees versigtig in jou reaksie op God se prediking. God

laat deur sy Woord jou afgode stukkend val. Moet hulle nie

bly koester nie, kniel op die drumpel van Gods Woord.

slingervel augustus 2012 9

Tannie Rika du Plessis

Stompstert

Stompstert is ’n baie ou eekhoring wat

in die hol boomstam reg onderkant die

posbus in die tuin woon. Toe hy jonk

was, het ’n hond sy stert afgebyt en nou sit

daar net ’n klossie wol waar die stert moes

wees. Hy word gesien as die oupa-eekhoring

in die tuin, maar hy hou nie van kinders nie,

want kinders spot hom oor sy stomp stert. Hy

kan mos nie help dat hy ’n stomp stert het nie,

so vir wat moet hulle hom so spot daaroor?

Oupa Eekhoring staan steunend op toe daar aan sy huis se deur geklop

word. Hy wonder wie dit kan wees, want niemand kom eintlik vir hom

kuier nie. As dit weer kinders is wat hom gaan spot, gaan hy hulle sowaar

natgooi, besluit hy en tel ’n waterkan op toe hy die deur gaan oopmaak.

Verbaas kyk hy na die twee muise met hulle twee kinders wat voor hom

staan.

“Dag, oupa Eekhoring. Ons is jammer om te kom pla, maar ons het groot

probleme. Oupa weet mos ons het in daai droë miershoop daar agter die

rotstuin gewoon. Wel, die tuinman het die miershoop nou platgeslaan en

nou het ons nie ’n woonplek nie,” vertel Pa Muis.

“Nou hoekom kom vertel jy dit vir my, Muis?” vra Stompstert en sit die

waterkan neer.

“Ons het gewonder of ons twee kindertjies ’n rukkie by Oupa kan woon

solank ons vir ons ’n nuwe huis soek. Hulle is nog klein en kan nie so

baie en so ver en vinnig loop soos ons nie,” las Ma Muis ook nou by.

“Julle weet ek hou niks van kinders nie. Kinders is naar met my en spot

my gedurig. Hoekom sal ek nou toelaat dat hulle by my woon?” vra

Stompstert nors.

“Ogie en Voetjie het jou nog nooit gespot of geterg nie, Oupa, en hulle

sal ook nie, want net soos jy, is hulle lyfi es ook nie meer heel nie. Ogie

is met net een ogie gebore, en Voetjie se een voetjie is net ’n ronde

bolletjie vleis,” vertel Pa Muis en beduie na die twee klein muisies wat

nou styf teen hulle ma staan.

Stompstert kyk na die twee kinders. Skielik is hy jammer vir hulle, maar

dit laat hom nog steeds nie van kinders hou nie. “Nou dan kan hulle maar

inkom, maar ek voel nie lekker nie, en ek gaan nou lê, so hulle moenie

kom kwaad doen nie,” brom Oupa, draai om en stap in.

“Toe, julle moet ingaan en baie soet wees. Moenie vir Oupa pla nie en

moenie kwaad doen nie,” sê Ma Muis, druk die kleingoed by die deur in

en maak weer die deur toe.

“Ogie, ek sien Oupa het al gaan lê. Hy voel seker regtig nie lekker nie,”

sê Voetjie toe hulle op ’n bankie gaan sit.

“Hoor die snaakse geluide wat hy maak. Kom ons gaan kyk,” sê Voetjie

en hulle stap nader na waar Oupa op sy bed lê.

“Kyk, Voetjie, hy slaap, maar hy bewe. Ek dink hy kry koud omdat hy siek

is. Kom ons gooi hom met die kombers toe,” sê Ogie.

“Ja, en dan gaan lê ons styf teenaan hom om hom te help warm maak,”

sê Voetjie. Hulle maak so en na ’n rukkie hou Oupa op om geluide te

maak en om te bewe, en die tweetjies raak langs hom aan die slaap.

Eindelik word die twee muisies

weer wakker, en sien hulle lê alleen

onder die kombers. Hulle

ruik kos en spring altwee op. Daar

staan Oupa en hy het stukkies

kaas en brood en grondbone op

die tafel. Hy sit en eet te lekker. Hy

sien hulle.

“Wil julle kom saam eet?” vra Oupa

nou vriendeliker.

“O ja, Oupa, ons is baie honger,”

sê albei gelyk. “Maar Oupa hou

nie van kinders nie, so hoekom

gee Oupa nou vir ons kos?”

“Julle het my warm gemaak toe ek

koud gekry en siek gevoel het. Ek

kan sien julle is goeie kinders. Julle

mag maar saam met my eet.”

Die twee muisies hardloop nader

en sommer gou sit en smul elkeen

aan iets van alles op die tafel totdat

hulle pensies propvol is. Net toe

klop iemand weer aan die deur, en

Oupa maak oop.

“Baie dankie dat Ogie en Voetjie

by jou kon gebly het, Oupa. Ons

het nou ’n nuwe woonplek gekry

in die hoek van die tuinhuisie waar

al die tuingereedskap gehou word.

In die hoek staan ’n kas met laaie

waarin die tuinskêre, sade en allerhande

goed gehou word, en onder

die kas lê ’n opgefrommelde sak.

Dis lekker warm daar en die kas

word nooit geskuif nie. Ons het net

ons kindertjies kom haal, en kom

dankie sê,” sê Pa Muis.

“Kom eet eers saam met ons. Ek

en die kinders het klaar geëet en

daar is nog genoeg vir julle ook

oor,” nooi Stompstert nou vriendelik.

So het dit gekom dat Stompstert

en die vier muise goeie vriende

ge word het, en vir lank saamsaam

kos gesoek en sommer net

rondgestap het. Oupa het ook

dikwels na die twee klein muisies

gekyk wanneer hulle ouers iets

anders gehad het om te doen.

Ogie en Voetjie het vir Oupa gesê

hulle dink sy klossie-stertjie is vir

hulle tog alte mooi en dit het Oupa

sommer nog meer van hulle laat

hou. SV

10 slingervel augustus 2012

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel,

Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS

1. Debora het Barak uit hierdie plek laat roep (Rigt. 4:6).

3. Sem se vierde seun (Gen. 10:22).

5. Geen mens kan dit tem nie (meerv.) (Jak 3:8).

7. Die naam van 'n groot man onder die Enakiete (Jos. 14:15).

8. Die paradys word ook die Tuin van .......... genoem (Gen. 2:8).

10. Die mense van hierdie plek wou die ark van God nie by hulle hê nie (1 Sam.

5:7).

12. Julle .......... en verskeur mekaar (Gal. 5:15).

13. Hy was die agent vir saalkleedjies (Eseg. 27:20).

AF

1. Die Arameërs sal hierheen weggevoer word (Amos 1:5).

2. Doen dit tot eer van die Here (Jer. 20:13).

4. Us en Aran se pa (Gen. 36:28).

5. Naam van die tweede laaste Leviet (sonder die “j”) (2 Kron. 17:8).

6. Een van die twee profete in die laer van die Israeliete (Num. 11:27).

7. Peka het hierdie man doodgemaak (2 Kon. 15:25).

9. Asarja se pa (2 Kron. 15:1).

11. Een van die twee stede van Hadad-Eser (1 Kron. 18:8).

REDAKTEUR

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Tellie Skoop

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54

Nommer 936, Augustus 2012

ISSN 0037 685 X

slingervel augustus 2012 11

Tannie Rika du Plessis

Kalbas en Snoet

se avonture (5)

Kalbas en Snoet het besluit

dat dit tyd geword het vir

hulle om ’n plek te kry waar

hulle vir altyd kan woon. Hulle is

moeg daarvan om elke aand op

’n ander plek te gaan slaap. Hulle

voel nie snags veilig nie, omdat

hulle nie die plek waar hulle slaap,

ken nie.

“Snoet, hier waar ons nou loop,

is baie vrugtebome. Ek dink ons is

iewers op ’n boer se plaas.”

“Ja, Kalbas. Kyk, daar is appelbome,

peerbome, lemoen bome

en piesangbome. O, hoe lus kry

ek nou vir ’n piesang.” Snoet lek

sy lippe af so lus is hy nou vir ’n

pie sang.

“Dink net, ons sal altyd elke

dag kos hê as ons hier naby vir

ons ’n woonplek kan kry.” Kalbas

is nou skoon opgewonde.

“En wat gaan gebeur as die

boer ons vang wanneer ons vir

ons gaan vrugte pluk?” vra Snoet

nou tog effens huiwerig.

“Ons moet net nie die boer se

vrugtebome verniel en die vrugte

mors nie. Ons moet net elke dag

vir genoeg pluk om vir daardie

dag te eet. Ons pluk nie elke dag

op dieselfde plek nie.”

“Jy laat dit alles baie mooi

klink, Kalbas, maar eintlik is dit

steel. Ons steel die boer se vrugte.”

Snoet klink nou nie meer so

seker of hy van die vrugte wil

gaan pluk nie.

“Ja, jy is reg. Kom ons stap net

nader om te gaan kyk hoe dit

op die plaas lyk. Ons moet net

versigtig wees dat niemand ons

sien nie,” sê Kalbas.

Hulle stap tussen die klomp

vrug tebome deur en skielik hoor

hulle die geluide van ’n paar

beeste. Hulle stap nader aan

die geluide. Op die rand van die

vrugteboord steek hulle vas en

klouter in die naaste appelbome.

Daar voor hulle in ’n draadkamp

staan twee koeie, en teen die

draad staan ’n man en vrou en

gesels.

“Karel, die vrugte met die

slegte plekkies aan wat ons pluk

en vir die koeie gee, is te veel vir

hulle. Hulle kry dit nie meer elke

dag opgevreet nie. Nou begin die

goggas in die vrot stukke op die

grond hulle eiers lê, en een van

die dae gaan dit baie hier stink,”

hoor hulle die vrou sê.

“Jy is reg, Martie. Ons sal minder

vrugte vir hulle moet gee.

Miskien kan ons die ander vrugte

wat nie goed genoeg is om te

verkoop nie, vir die diere in die

veld, ver van die huis af, gooi.”

“Dit is nou ’n slim plan. Dan

sal die bobbejane en ape nie ons

vrugtebome so verniel wanneer

hulle self kom pluk nie. Ons gaan

gooi dit op daai plat rots naby die

berg.”

“Ek gaan sommer nou vir Janhulle

sê om elke tweede dag deur

die boorde te stap en die vrugte

met slegte plekke aan te pluk en

daar te gaan gooi.”

“Het jy gehoor, Kalbas? Ons

hoef nie te steel nie. Hulle gaan

dit vir ons gee. Nou moet ons net

vir ons ’n woonplek gaan soek

iewers naby die berg waar hulle

die vrugte gaan gooi.” Snoet klink

nou sommer weer opgewonde.

Die twee hardloop vinnig terug

deur die bome na die bosse toe.

Hulle kry die plat rots waarvan die

boer gepraat het en soek al in die

rondte na ’n goeie skuilplek waar

hulle kan woon.

“Daar lê ’n ou stuk kar wat iemand

weggegooi het. Dalk kan

ons in hom woon,” sê Kalbas.

Hulle stap nader, maar toe

hulle by die ou stuk kar kom,

praat ’n diep stem vanuit die kar

met hulle.

“Skoert, julle kan nie hier kom

bly nie. Dit is my huis. As julle hier

inklim, vreet ek julle op.”

Snoet-hulle staan terug en

hulle ogies rek toe hulle die groot

luislang sien wat by die stukkende

venster uitkyk. Die slang blaas

kwaai en die twee bobbejaantjies

hardloop so vinnig hulle kan

weg.

“Daar is ’n groot opening in die

berg. Dit is seker ’n grot. Kom ons

gaan kyk of ons daar kan woon,”

sê Snoet.

Hulle het net ’n klein entjie in

12 slingervel augustus 2012

die grot ingeloop, toe kom daar twee yslike groot

tiere uit die dieper deel van die grot.

“Wat soek julle hier? Dis ons woonplek en niemand

anders mag hier woon nie,” sê die een tier kwaai.

“Ons is maar net twee klein bobbejaantjies wat

blyplek soek. Ons het nie meer ouers nie, en is baie

alleen,” vertel Kalbas. Hy hoop die twee groot tiere

sal toelaat dat hulle ook daar woon. Die grot is tog

baie groot.

“Is julle nie bang ons vreet julle op nie?” vra die

ander tier nou sagter.

“Gaan julle ons opvreet?” vra Snoet nou effens

benoud.

“Nee, ons twee is nie juis lief vir bobbejaanvleis

nie, maar ons laat niemand toe om by ons te woon

nie. Hierdie is net ons twee se huis. Stap uit en loop

na regs. So ’n ent aan sal julle ’n groot bos sien wat

teen ’n krans afhang. As julle agter die bos inkruip,

sal julle sien dit is ’n klein grotjie. Dit sal net groot

genoeg vir julle twee wees. Gaan woon daar,” sê die

een tier met die sagter stem weer.

“Baie dankie dat julle vir ons daarvan vertel het. Ons

loop nou,” sê Kalbas vinnig en die twee hardloop uit.

Netnou kry die tiere dalk tog lus vir bobbejaanvleis,

veral vir sulke jong bobbejaantjies soos hulle.

Hulle kry sommer gou die klein grotjie.

“Haai, Snoet, dit is so lekker weggesteek dat

iemand ons nie van buite af kansien nie. Ons sal

lekker hier kan woon. Ons kan nie natreën hier nie en

in die winter sal dit ook nie so koud wees nie, want

die bos keer die koue.”

“Uiteindelik het ons woonplek gekry en ons gaan

boonop elke dag weet waar om vir ons kos te gaan

haal ook.” Snoet gaan lê teen die een muur van die

grot en sug lekker.

“Nee, ons kan nie nou rus nie. Kom ons gaan pluk

vir ons van die sagte toppe van die bossies hier buite

en maak vir ons ’n sagte slaapplek hierbinne. Dan

moet ons ook nog gaan soek waar gaan ons elke dag

water kry,” sê Kalbas.

“Ek het netnou daar by die plat rots gesien daar

loop ’n stroom water uit die rotskrake uit in die rigting

van daardie rivier doer ver onder. Ons kan daar water

drink,” sê Snoet terwyl hulle vir hulle sagte bossies

pluk.

Daardie nag slaap Snoet en Kalbas heerlik en rustig

in hulle eie woonplekkie. Elke dag het hulle gaan

vrugte haal op die plat rots, water gedrink en tussen

die bosse rond gespeel. Hulle het maats gemaak

met ’n paar meerkatte, jakkalse, eekhorinkies en selfs

skilpaaie. Hulle het daar gewoon totdat hulle groot

was en elkeen vir hulle ’n wyfi ebobbejaan gaan soek

het. Hulle het die grond teen die kante van die grot

net effens weggegrawe sodat daar vir al vier van hulle

plek was en het lekker saam gewoon. SV

slingervel augustus 2012 13

Tellie Skoop

Die plek wat diere in die ruimteprogram

van die mens ingeneem het

Met die moderne ruimteskepe van die

Amerikaners en Russe hoor ons kort-kort

van mense wat in ’n wentelbaan om die

aarde geplaas word, waar hulle ’n aantal dae in die

ruimtelaboratorium wat om die aarde sirkel, gaan

werk. In tydskrifte en koerante en oor die TV word

gewys hoe die mense in hulle ruimtepakke aan

byvoorbeeld die ruimteteleskoop werk. Andersins

hoor ons ook van ruimtetuie wat gestuur word

om ondersoeke te doen van die planete van ons

sterrestelsel, onder andere Mars, Saturnus en

Venus. Dit het egter ’n lang tyd van navorsing

geneem om tot op hierdie punt van ruimteontdekking

te kom.

Wat belangrik is om te weet, is dat die heel eerste

ruimtereisigers diere was. Van hierdie diere wil ek

julle hierdie keer iets vertel.

1950 tot 1960

Dis al 61 jaar sedert ’n apie, Yorick, en 11 muise,

op 20 September 1951 72 km in ’n vuurpyl in die

lug op gelanseer is. ’n Paar maande later, op 22

Mei 1952, is twee muise, Mildred en Albert, saam

met twee apies, Patricia en Mike, in die ruimte

opgeskiet. Hierdie diere is veilig teruggebring

aarde toe en die mens kon vasstel hoe ’n lewende

organisme in die ruimte reageer.

Rusland het op 4 Oktober 1957 ’n satelliet,

Sputnik, in ’n wentelbaan om die aarde geplaas en ’n

maand later, op 3 November 1957, is Sput nik II ook

in ’n wentelbaan 1 671 km bokant die aarde geplaas,

met die eerste ruimtereisiger binne, naam lik Laika, ’n

husky-hond. Laika kon ongelukkig nie teruggebring

word aarde toe nie en is in die ruimtekapsule dood.

Op 13 Desember 1958 het die Amerikaners

’n apie, Gordo, in ’n wentelbaan om die aarde

gelanseer. Die apie het die lansering en die reis

baie goed deurstaan, maar is dood toe die terugtog

na die aarde misluk het.

Omtrent ses maande daarna stuur die Amerikaners

twee apies, Able en Baker, met ’n Jupitervuurpyl

480 km hoog in die lug in. Able en Baker het

allerlei instrumente aan hulle lyfi es gehad en kon

die wetenskaplikes veel meer leer oor hulle reaksie

tydens die ruimtereis. Hulle is veilig teruggebring

aarde toe.

In afsonderlike ritte in Desember 1959 en

Januarie 1960 is die apies, Sam en Miss Sam, in

die ruimte gelanseer vir proefneminge en weer

veilig teruggebring.

Op 28 Julie 1960 poog Rusland om twee honde,

Bars en Lisichka, met ’n Vostok-ruimtevuurpyl

te lanseer, maar die ruimtetuig het tydens die

lansering ont plof.

Op 19 Augustus 1960 lanseer Rusland twee

hon de, Belka en Strelka, saam met 40 muise, twee

rotte en 15 houers met vrugtevlieë in Sputnik 5 in ’n

wentelbaan en hulle word veilig teruggebring aarde toe.

14 slingervel augustus 2012

1960 en daarna

Amerika het vier sjimpansees

voorberei vir ruimtereise. Hulle

is geleer om sekere hefbome te

trek en skakelaars aan en af te

skakel. Die sjimpansee, Sam, is

gelanseer en ten spyte van baie

probleme tydens die rit, is hy

veilig teruggebring aarde toe. Die

sukses met Sam se vlug het die

Amerikaners daartoe gebring om

die eerste mens met ’n vuurpyl

die ruimte in te skiet. Dit was op

5 Mei 1961 toe Alan Shepard

’n ruimtereis onderneem het

en weer veilig na die aarde

teruggebring is.

In Rusland is die hond,

Cher nuska, op 9 Maart 1961 in

Sputnik 9 gelanseer en op 25

Maart 1961 was dit die hond,

Zvesdocha, se beurt. Hulle het

die pad voorberei vir die eerste

mens wat in ’n wentelbaan om

die aarde geplaas is. Dit was

die Rus Yuri Gagarin. Hy is op

12 April 1961 in Vostok I in ’n

wentelbaan geplaas en het na

108 minute veilig geland.

Amerika plaas op 29

November 1961 die sjimpansee

Enos in ’n wentelbaan om die

aarde. Enos het al sy opdragte

suk ses vol uitgevoer en is na

twee omwentelinge om die aarde

Het jy geweet ...

veilig teruggebring. Dié sukses

het Amerika die moed gegee

om John Glenn op 20 Februarie

1962 in ’n wentelbaan om die

aarde te plaas.

Van toe af is gereeld mense

in ruimtetuie gelanseer en is

daar nie meer van diere gebruik

gemaak nie. Ons moet egter in

dankbaarheid dink aan al die

diere wat die ruimteweg vir die

mens voorberei het. Hulle het

bewys dat ruimtereise vir die

mens moontlik is en het so ’n

onmisbare plek ingeneem in die

ruimtevaartgeskiedenis. SV

Vanjaar gaan daar ’n groot klomp sportspanne van Suid-Afrika in ander

dele van die wêreld deelneem. Daar is ons Olimpiese span wat aan die Olimpiese Spele in

Londen gaan deelneem. Verder toer die rugbyspan na Engeland vir ’n paar toetswedstryde. Die

sokkerspan gaan iewers in Afrika deelneem en ons gholfspelers neem in Amerika deel.

Dit is deur jare die gebruik om vir mense byname te gee. As een bietjie oorgewig is, word hy Spekkies

genoem en as hy baie kort is, noem die kinders hom Shorty. ’n Meisie wat baie praat, word gou-gou

Kaaitjie Kekkelbek genoem, en as ’n meisie rooi hare het, noem almal haar Vlam.

Het jy geweet ... dat van ons nasionale sportspanne ook byname het???

Die nasionale rugbyspan word Springbokke genoem.

Die nasionale Wêreldbekerspan staan bekend as AmaBokoboko.

Die nasionale mans-sokkerspan word Bafana Bafana genoem.

Die nasionale vroue-sokkerspan staan bekend as die Banyana Banyana.

Die nasionale onder 23-sokkerspan is AmaGlug-Glug.

Die nasionale onder 20-sokkerspan is genaamd die Amajitas.

Die nasionale onder 19-vrouesokkerspan het die naam Basetsane gekry.

Die nasionale onder 17-sokkerspan staan bekend as die Tornado’s.

Die nasionale krieketspan en die nasionale netbalspan word die Proteas genoem.

Die nasionale paralimpiese span staan bekend as die AmaKrokokroko.

Die nasionale vroue-hokkiespan se bynaam is die Easi Ntombi’s.

Maats, die provinsiale rugbyspanne het ook byname: Vrystaat/Cheetahs, Transvaal/Leeus, Natal/

Sharks, ensovoorts. Laat weet asseblief of daar sportspanne in julle skool is wat ook byname het. Kom

ons kyk wie se skool het die snaakste byname vir hulle sportspanne!!

slingervel augustus 2012 15

Baie dankie, Jo-Deé

en die katkisasieklas

van Elsiesrivier!

- Oom Nico

16 slingervel augustus 2012

ONS EIE SLINGERVEL-DIGTERSHOEKIE

Die SLINGERVEL-DIGTERSHOEKIE is 'n rubriek waarin ons aan julle die geleentheid bied

om van julle eie gedigte in te stuur vir plasing. Maats, maar dit moet julle eie poging wees

en nie iewers afgeskryf nie. Ons kyk uit na die koms van julle gedigte. Moenie te min dink van

jou pogings nie. Stuur vir ons die gediggies en dan deel al die maats in jou probeerslag.

Ons plaas hierdie maand 'n gedig van Jaco van der Merwe (Graad 11).

ANGSGEBED

Angs bedek

haar wolhaarskil

soos mis wat

die Hoëveld op 'n

koel wintersoggend toevou –

onpersoonlik grou.

Die vrugtevlieg sweef nader

(Sy trek haar

asem in).

Hy gaan sit op die tak en staar

met bewondering.

'n Gebed kom by haar

op;

die woorde vergader

en styg na bo, na God:

“Hoekom, Heer,

moet my tyd nou al aanbreek;

het so pas die stadium van

algehele volwassenheid bereik

- is al mooi

oranje-rooi –

my lewe lê voor

my

wyd

en lank soos 'n pasgeteerde pad.

Wat het ek gesondig, Heer, in my

nietigheid?

Laat ek leef sodat ek my doel –

om 'n kind gelukkig te maak – kan

bereik.

Beskerm my van

die vrot wat loer

en

lyding wat breek

ek smeek.”

Waarom lyk stokinsekte soos takkies?

marina

... om hulle teen hulle vyande te kamoefl eer.

Die meeste stokinsete het nie vlerke nie, en

dié wat wel vlerke het, vlieg lomp en stadig.

Daarom kruip hulle weg op die stokkies en

takkies waarop hulle leef. So word hulle nie

maklik raakgesien nie. Slim, nè!

slingervel augustus 2012 17

Foto: mieliestronk.com

Oom Attie Venter

Kan ’n boom dink?

Ons het al gesien dat ’n blom kan tel en bakterieë kan

praat. Nie tel of praat soos óns dit doen nie, maar elkeen

op sy eie manier. Vandag gaan ons vasstel of ’n boom kan

dink, natuurlik ook op sy eie manier.

Enige plant of dier (en ook die mens) moet op prikkels

wat van sy omgewing kom, kan reager – al is dit meestal

outomati es – anders sal hy gou-gou beserings opdoen,

honger ly, doodbrand, verkluim, en baie ander teëspoede

optel? Daar is natuurlik nog baie van die “tel-, praat- en

dinkwerk” wat wetenskaplikes nie verstaan nie, maar

dit wat ons wél verstaan, is genoeg om ’n mens te laat

wonder hoe dit moontlik is dat baie van die slim mense

nie die hand van ’n Skepper in die natuur kan sien nie

(lees Rom. 1:19-20)!

Neem nou maar die avokadopeer-boom as

voorbeeld. Ons ken almal die mooi, groen

vrug wat mense onder andere op hulle

brood smeer. Baie gesond, sê die kenners. Dit

bevat al die belangrikste vitamines, minerale en

vette van die “goeie” soort.

Besonderse blomme

Die vrug ontstaan natuurlik uit die vrugbeginsel

van ’n blom wat op ’n boom groei. Elke avokadopeer-blom

besit beide manlike en vroulike organe,

naamlik meeldrade en ’n stamper. Dus sê ons

die blom is tweeslagtig. Die kroon- en kelkblare

laat ons vir hierdie bespreking buite rekening.

Die twee stelle geslagsorgane sit naby mekaar,

met die vrugbeginsel in die middel (onthou: die

vrugbeginsel, styl en stempel vorm saam die

stamper.) Die vrugbeginsel word later die vrug en

die meeldrade produseer stuifmeel.

Jy sal nou dalk dink dat, omdat die manlike en

vroulike organe so naby mekaar

sit, selfbestuiwing sal plaasvind.

Baie soorte blomme kán hulleself

bestuif; dan sê ons so ’n blom

is selfverenigbaar. Dan hoef

daar nie nog ’n ander boom van

dieselfde soort in die omgewing

te wees nie. By die avokado is

selfbestuiwing feitlik onmoontlik,

alhoewel hy selfverenigbaar is.

Die rede is dat die gedrag van

die blom dit verhoed. Kyk nou

mooi watter wonderlike planne

die boom (of blom) “uitdink”:

Planmaker duisend

As ’n betrokke blom op

18 slingervel augustus 2012

’n sekere dag in die oggend

oopgaan (kom ons sê op dag

1), is dit vroulik, met ander

woorde die vrugbeginsel en

die stempel is ontvanklik. As

daar ’n stuifmeelkorrel op die

stempel val, sal dit daaraan

vassit en selfs ontkiem, maar

as is verbrande hout, soos die

spreekwoord lui. Daar word

geen stuifmeel op daardie

stadium deur die betrokke blom

geproduseer nie (maar wel van

’n ander blom).

Ons sê die blom is struktureel

tweeslagtig, maar funksioneel is

dit vroulik. (Die stelsel is soms

só goed gesinkroniseerd dat al

die blomme veronderstel is om

onder ideale omstandighede

terselfdertyd oop te gaan.) Al die

blomme is dus vroulik vir so drie

tot vier ure. Dan gaan die blom

toe, kompleet soos ’n blomknop.

Kyk nou wat gebeur op dag

2: Teen die middag se kant gaan

die blom weer oop. Maar nou is

die oorblyfsel van die stamper

bruin, half verskrompeld en glad

nie vir stuifmeel ontvanklik nie.

Die meeldrade staan nou mooi

regop – die manlike fase – en die

helmknoppe stel stuifmeel vry

met behulp van kleppe. Dan, aan

die einde van daardie tweede

dag gaan die blom weer toe,

maar hierdie keer vir altyd!

DUS: Die blom het twee

fases:

Op DAG 1 in die oggend is dit

vroulik.

Op DAG 2 in die middag is dit

manlik.

Dit is die meganisme om te

verhoed dat die blomme hulleself

bestuif. (Ander soorte blomme maak ander planne. Dit kan ’n oulike

onderwerp vir ’n tema uitmaak.)

Eintlik het jy nog ’n ander boom in die omgewing nodig wat

tydens die vroulike fase van die een boom stuifmeel daarnatoe kan

afgee. Gelukkig is die klimaat in Suid-Afrika sodanig dat daar altyd

blomme is wat in die vroulike fase verkeer terwyl ander weer manlik

is. Die perfekte sinkronisasie kry jy in die tropiese gebiede. Daar is

dit absoluut noodsaaklik dat jy oor twee kultivars van die plant moet

beskik – hulle word die A-tipe en die B-tipe avokado’s genoem:

Die A-tipe is in die oggend vroulik en die volgende middag manlik

(soos in die geval hierbo).

Die B-tipe is in die middag vroulik en die volgende dag in die

oggend manlik.

As jy ’n boord het met dié twee soorte, het jy ’n beter kans dat

kruisbestuiwing kan plaasvind.

Bestuiwers

Omdat die stuifmeel van so ’n aard is dat windbestuiwing nie kan

plaasvind nie, word dié takie deur insekte, veral heuningbye, verrig.

Daarby sit die manlike en vroulike blomme op verskillende bome.

Dus: stuifmeel moet vervoer word vanaf ’n blom in die manlike

stadium na ’n blom wat op daardie stadium in die vroulike fase verkeer.

As daar dus nie byekorwe in jou omgewing is nie, gaan jy ’n swak oes

kry – miskien drie of vier vruggies per boom, terwyl, as daar genoeg

bye is, kan jy 100 tot 150 vruggies verwag.

Beheer

Daar is nog ’n ander faktor wat ’n skrale oes kan veroorsaak. Die

plant het beheer oor die hoeveelheid vrugte wat hy “toelaat” om te

vorm, as gevolg van verskillende oorsake:

Om vrugte te vorm, moet die boom baie olies, minerale, stysel

en ander voedingstowwe inpomp. Dit dreiner sy energie en

hulpbronne. Dus moet die boom kan “bepaal” of hy oor voldoende

voorrade beskik om, sê, 20% of 60% of 100% van sy kapasiteit

te produseer. Die boom moet dus “tevrede” wees dat hy goeie

behandeling van die boer kry!

Ook kan ’n boom nie “toelaat” dat al die blomme aan ’n tak vrugte

voortbring nie – die tak sal eenvoudig te swaar word en breek.

Slot

Die terme “toelaat”, “dink”, “bepaal”, “tevrede wees” is hierbo

gebruik. Onthou net: dit is nie soos wat ’n mens of selfs ’n dier dink,

bepaal of tevrede is nie. Mense en diere het ’n senuweestelsel met ’n

brein en plante het dit nie. Hormone en ensieme doen by plante die

“dink”-werk. Daarom plaas ek van dié woorde in aanhalingstekens. SV

slingervel augustus 2012 19

tannie susan

Wat kan ek lees?

Frith, Alex. 2011. Die groot boek van groot dinosourusse.

Geïllustreer deur Fabiano Fiorin. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys:

R125,00. ISBN: 978-1-86919-494-9.

Die groot boek van groot dinosourusse is ’n pragtig geïllustreerde

prenteboek met uitvoublaaie van dik karton. Enigiemand (oud

of jonk, groot of klein) wat meer wil weet van di nosourusse,

sal hierdie boek baie interessant vind. Hierin word vertel en pragtig

geïllustreer hoe die verskillende dinosourusse ge lyk het, hoe groot,

swaar, ver skriklik of vredeliewend hulle was, wat elkeen se voorkeurkos

was en in watter tydperke hulle geleef het.

Kinders hou baie daarvan om van monsteragtige groot diere te leer.

Hierdie boek sal gou ’n guns teling op hulle boekrakke wees.

Kulot, Daniela. 2011. Neuskrap is lekker. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-514-4.

Olifant en Muis krap graag in hulle neuse, maar Pad da mag nie

– sy ma het dit verbied. Die drie maats het gewonder of dit

dan enigsins toelaatbaar was of nie en het hulle ouers daaroor

gekonfronteer. Tot hulle verbasing was al die ouers eenstemmig daaroor

dat dit taboe is. Indien hulle tog wel in hulle neuse sou krap, sal daar

vreeslike gevolge wees soos vingers wat vas sit, slurpe wat afbreek en

neus puntwortelontsteking wat kan ontstaan. Olifant, Muis en Padda het

groot geskrik en besluit om nooit weer in hulle neuse te krap nie. Toe

hulle egter hulle oumas en oupas gaan besoek, het ’n groot verrassing

op hulle gewag!

Neuskrap is lekker is ’n kos telike prenteboek vol humor. Die

kleurillustrasies (ook deur die ou teur van die boek) is vet pret en

ondersteun die eenvoudige ver haaltjie pragtig. Kinders sal heerlik

skaterlag wanneer hierdie storie (wat eintlik oor ’n taboe in die samelewing

handel) aan hulle voorgelees word of wanneer hulle dit self lees of die

boek deurblaai. Die vertaling uit Duits is gedoen deur Nicol Stassen.

Nordqvist, Sven. 2011.

Die jakkalsjag. Vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-86919-405-5.

Pettson en sy kat, Fielies, het rustig en doodtevrede met hulle

hoenders op hulle plasie gebly en niemand ge pla nie. Op ’n

dag het buurman Gustavsson en sy hond met ’n geweer daar

aangekom. Hy het die jakkals gesoek wat die vorige nag een van sy

henne gevang het en wou hom doodskiet.

Fielies het aan Pettson voorge stel dat hulle die jakkals eerder moes

fl ous as doodskiet. Hulle het toe ’n baie slim plan beraam om dit te kan

doen en terselfdertyd die hoenders te beveilig. Pettson het die jakkals

in die nag gesien en hom jammer gekry en wou hom nie meer laat skrik

nie, maar sake het toe heeltemal

anders ver loop as wat beplan is!

Hierdie humoristiese prenteboek

sal jong lesers se tone

laat omkrul van pure lekkerte en

pret. Dit is ’n kostelike storie met

treffende illustrasies ter ondersteuning

van die verhaaltjie. Die

besondere taalgebruik prikkel ook

die lagspiere en sorg vir heerlike

binnepret.

Jacobs, Jaco. 2012. Professor

Fungus en die ongeloofl ike

miniatuur-avontuur.

Illustrasies deur Johann

Strauss. Pretoria: LAPA

Uitgewers. 40 p. Prys: R60,00.

ISBN: 978 0 7993 5263 4.

Bennie en Jenny is ’n

tweeling en kuier graag

by professor Fungus,

’n neef van hullle ma. Hy is ’n

we tenskaplike wat allerhande

eksperimente in sy laboratorium

doen en allerhande uitvindsels

maak. Saam met Argon, die

blaf fende konyn, en Edison, die

robot, help hulle hom graag met

sy eksperimente wat dikwels in

skreeusnaakse avonture uitloop.

Prof. Fungus was baie opgewonde

en wou vir hulle sy nuutste

uitvinding demonstreer – die

K.R.I.M.P. 3000. Dit is ’n masjien

wat goed piepklein kan maak om

’n mens se pakplekprobleme op

te los. Ongelukkig gebeur daar

’n ongeluk en Bennie en Jen ny

word gekrimp totdat hulle piepklein

is. Gou ontdek die twee

hoe moeilik en gevaarlik dit is om

tussen goggas en spinnekoppe te

oorleef wat groter as hulleself is.

20 slingervel augustus 2012

Hulle beleef allerhande

span nende avonture en

hoop dat prof. Fungus

se masjien hulle darem

weer groot sal kan

maak.

Die taalgebruik

sluit uitstekend aan by

moderne jong kinders

se taalidioom. Die tipografi

e en hu mo ris tiese

kleurillustrasies dra

by tot die genot van

die boek. Hierdie boek

vorm deel van ’n nu we

lekker leesreeks vir jong le sers.

Aan die einde van die boek word een van prof. Fungus se eks perimente verduidelik,

sodat waag halsige lesers dit tuis kan probeer doen.

Dirks, Cor. 2011. Die Uile in die wildtuin. Pretoria: Protea Boekhuis. 154 p.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-459-8. (Die Uile-reeks, 4.)

Terwyl die vyf Uile ’n opwindende wintervakansie op Vaatjie-hulle se

Bosveldplaas deurbring, kry hulle ook die geleentheid om vir ’n paar dae in

die Wildtuin te gaan kamp – en watter spannende avontuur het hulle nie daar

beleef nie! Hulle paaie het onwetend dié van gewetenlose smokkelaars gekruis.

Ook het hulle amper noodlottig in die pad van ’n woedende olifant beland.

Tienerlesers sal maklik met die bekende karakters in hierdie spannende avontuurverhaal

identifi seer. Die taalgebruik is modern en in lekkerlees Afrikaans.

Lesers sal gretig uitsien na ’n volgende avontuur in hierdie gewilde tieneravontuurreeks.

SV

slingervel augustus 2012 21

dr. nico van der merwe

113. Eerder gebroke as dood

Lees: 1 Sam. 24:10-23 Teks: 1 Sam. 24:17(b)-18

Saul het alles probeer om vir Dawid dood te maak (1 Sam. 19:1).

Nou kry Dawid die geleentheid om vir Saul, die vyand wat hom

om die lewe wil bring, baie maklik in die grot dood te maak. Maar

hy het nie! Hy sny nie Saul se lewe af nie, maar nét die punt van

sy mantel. Dit kan slegs gebeur as die liefde van God in jou hart

is. Die klipharde Saul is gebroke na hierdie optrede van Dawid. ’n

Gebroke Saul is beter as ’n gestorwe Saul. Teenoor Saul het die

Da wid die weg van die kruis gestap. Dit is die weg van versoening

en vergewing. Alleen in die weg van die kruis is lewe moontlik. God

leer ons om die kwaad met die goeie te oorwin (Rom. 12:21). Dit is

die pad van Christus en daarom moet dit die pad van elke gelowige

wees. ’n Gelowige tiener kan nie anders as om te doen wat God van

hom vra nie, naamlik liefde.

115. Gebed in eensaamheid

Lees: Psalm 42:1-12 Teks: Psalm 42:2 & 10

Eensaamheid is ’n wrede vyand. Die digter van Psalm 42 was

’n vlugteling buite die grense van Kanaän in die omgewing van

Hermonberg, in die noorde van die land. In daardie onherbergsame

landsdeel ervaar hy bittere eensaamheid. Die psalmdigter mis die

teen woordigheid van God (vs. 10). In sy eensaamheid tussen die

ber ge verlang sy hart na die tempel in Jerusalem. Die tempel was

die simbool van God se teenwoordigheid. Daar is die offers tot God

gebring en gebid. Hy voel dat dáár die teenwoordigheid van God

werk lik ervaar word. En dit moet hy nou mis. Om die nabyheid van

God bid hy.

Dit kan wees dat jy tussen al jou vriende eensaam voel omdat jy

God mis. Bid God inniglik en opreg dat jy sy teenwoordigheid deur

die Gees kan ontvang.

117. Gebed om genesing

Lees: Jeremia 17:5-18 Teks: Jeremia 17:14

Op ’n dag toe Jeremia siek is, soek hy sy hulp by God. In sy

gebed vra hy vir God: “Maak Ú my gesond, Here.” Op dieselfde

wyse smeek Dawid tot God om hom gesond te maak (Ps. 41:5).

Wanneer die gelowige by God pleit om hom gesond te maak,

weet jy dat God ook medisyne en instrumente gebruik om dit te doen.

Die briljantste dokter en die beste medisyne kan net genesing bring

as God dit seën. Tog moet die gelowige tot God bid om genesing.

Jy moet ook jou eie verantwoordelikheid ken om siekte te verhoed

deur ’n gesonde en gebalanseerde lewenswyse. Jesus het talle siek

mense gesond gemaak as teken dat God almagtig is en die gang

van siektes kan beheer.

Omdat jy as kind van God in alles van Hom afhanklik is, moet jy

en kan jy in tye van siekte by God pleit om genesing.

119. Gebedsroep om hulp

Lees: Markus 4:35-41 Teks: Markus 4:48

Jesus en sy dissipels is plotseling deur ’n storm oorval op die Galilea

See. Jesus het egter op die bank in die agterstewe gelê en

slaap. In hulle benoudheid maak die dissipels vir Jesus wakker. Dan

hoor Hy hulle noodroep: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan

nie?” Nadat Jesus die storm laat bedaar het, vra Hy vir die

dis sipels: “Het julle dan nie geloof nie?” Tog was die noodroep van

die dissipels opreg! Hulle soek by Christus hulp en uitkoms. Daarom

rea geer Jesus op hulle noodroep. Jesus toon dat Hy oor die mag

be skik om die storm stil te maak.

Daaruit kom die verkondiging tot elke gelowige dat Christus enige

storm kan laat bedaar. Nie net die letterlike storm op die see nie,

maar ook die lewensstorms wat soms oor jou losbreek. Jy kan ten

vol le op Hom vertrou! Hy ís ’n toevlug in die nood (Ps. 46).

114. Eiewillige godsdiens

Lees: 1 Samuel 15:10-25 Teks: 1 Samuel 15:22(b)

God het aan Saul die opdrag gegee om die Amalekiete heeltemal

uit te wis. Daar mag niks oorbly nie (vs. 2-3). Maar Saul wou

slimmer as God wees en het dit nie gedoen nie (vs. 8-9). Sy verskoning

is dat hy die mooiste vee saamgebring het om aan die Here te

offer (vs. 15).

Jy moet onthou: Godsdiens is gehoorsaamheid. Ongehoorsaam

heid kan jy nie met skynbare goeie dade goed maak nie. Jy kan

jou oneerlikheid in die eksamen nie regmaak deur Sondag na die

ere diens te gaan nie. Jy kan jou liefdeloosheid teenoor medemense

nie goed maak met ’n lang gebed nie. Jesus het in gehoorsaamheid

aan die Vader Homself geoffer om jou van jou sonde te red. Daarom

word van jou ook algehele gehoor saamheid aan God gevra. Dit is ’n

opdrag van die Here wat jy móét nakom.

116. Gebed om buigsaamheid

Lees: Johannes 17:1-19 Teks: Johannes 17:15

Jy het dalk gehoor van kinders met ’n afwyking in hulle bloed, wat

veroorsaak dat die liggaam nie kieme en virusse kan bestry nie.

Van hierdie kinders moet in ’n plastiese “kamer” bly wat afgeseël is

van die aansteeklike lug daarbuite. Herstel van die bloed is nodig om

weer normaal te kan lewe.

So iets is op geestelike vlak ook waar. Jy kan jouself nie isoleer

van die sonde in die wêreld nie. Sonde ontstaan nie buite jou nie,

maar in jou (Matt. 15:11, 18-20). Wat jy as gelowige tiener nodig

het, is ’n innerlike verdedigingsisteem teen die sonde! Dít kry jy as jy

deur die geloof aan Christus gebind is. Hy bid tot sy Vader dat Hy die

gelowiges in hierdie wêreld van sonde moet bewaar. As verloste kind

van God word jy in die sondebesmette wêreld ingestuur, onder God

se beskermde genade. God se krag hou jou staande.

118. Gebed om groter seën

Lees: 1 Kronieke 4:1-10 Teks: 1 Kronieke 4:10

Jabes beteken: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” Hy

het die negatiewe in sy naam te bowe gekom. Hy het na meer

ge streef as die smart wat in sy naam afgedruk is. Hy het sy lewe

in die hand van God geplaas. Hy vertel God van sy begeertes (Fil.

4:6-7). Hy vra dat God die inhoud van sy naam uit sy lewe sal weer.

Stort u seën oor my uit. Vergroot my grondgebied. Neem my onder

u beskerming. Weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.

Dan kom die antwoord: “God het laat gebeur wat hy gevra het.”

Ons moet daarop let dat Jabes uit die Judastam gekom het,

waar uit Christus gebore sou word. Daar sit dus iets Messiaans in die

gebed van Jabes. In Christus kan elke gelowige tot God bid en God

se seën en voorspoed vra. Omdat God jou Vader is, kán jy dié dinge

van Hom met groot vrymoedigheid vra.

120. Die geheim van jou krag

Lees: Rigters 16:5-21 Teks: Rigters 16:17

S imson verraai die geheim van sy krag aan Delila. Die krag het

egter nie in sy hare gelê nie, maar in sy gehoorsaamheid aan

God. Sy hare was net ’n teken van sy krag wat hy van God ontvang

het. Eers wil Simson sy geheim nie bekendmaak nie. Hy het God

meer lief as Delila. Maar dán swig hy voor die heidense vrou. Toe

hy die teken van sy krag vertrap, skend hy die verbond van God

met hom.

In die swakheid van Simson is daar die roep na die ware Verlosser,

Jesus Christus. Christus het tot die uiterste einde toe in die

liefde van sy Vader gehoorsaam gebly. In Christus is jou krag geleë.

God het dit aan jou met die teken van die doop bevestig. Pas op dat

jy nie die krag van God se verlossing in jou lewe vergeet nie. Moet

dit nie verruil vir die begeerlikhede van die wêreld nie.

22 slingervel augustus 2012

121. Geloof hoor alles

Lees: 1 Samuel 10:17-27 Teks: 1 Samuel 10:27

Toe God Saul as koning laat salf, was daar twee menings oor

hom. Die een groep sê: “Lank lewe die koning.” Die ander groep

ver werp hom. Op hierdie stadium het Saul geweet dat sy roeping

van God nie afhanklik is van die goedkeuring van mense nie. As God

roep, kan mense maar verag, dit speel geen rol nie.

God se kinders moet hoor wat God sê en hulle doof hou vir die

stem van die wêreld. Geloof let net op God en nie op mense nie.

Daarom word die geloof nooit oorhaastig en senuagtig in reaksie op

die kritiek of kwaadwillige praatjies van mense nie.

Al hoor die gelowige alles, moet hy soms optree asof hy doof

is. Jy kan nie jou koninkryksroeping vervul as jy jou ore aan die wêreld

uitleen nie. Jou ore moet die ewigheidsklanke van die Woord

op vang.

123. Geloofsopvoeding

Lees: Deuteronomium 6:1-9 Teks: Deut. 6:7

Die gesinslewe in die tyd van die Bybel was heeltemal anders as

vandag. Die gesinslewe verskil van land tot land, van volk tot

volk en van kultuur tot kultuur. Maar die volheid van God se Woord,

gerig op die huisgesin, bly altyd dieselfde. Dit geld vir alle tye. Elke

faset van die moderne lewe moet nog steeds volgens die riglyne van

God gelewe word. Die opdrag van Deuteronomium 6:7, om kin ders

op te voed om in hulle hele lewe soos kinders van God te leef, bly

steeds staan. Dit is jou ouers se taak om toe te sien dat hulle verbondskinders

in staat is om die Bybel te kan hanteer en toepas in

elke faset van hulle kinderlewe.

Opvoeding is in alles gerig op diens aan God, nakoming van

die Wet van God en tot eer van God se Naam (Pred. 12:13; 1 Kor.

10:31; Kol. 3:17; 1 Pet. 4:11). Sê vir God dankie vir jou ouers!

125. Genade en kinderopvoeding

Lees: Genesis 39:1-6 Teks: Genesis 39:2

As kinders het ons geleer om ’n hoë dunk van Josef, die seun van

Jakob, te hê. Die Bybel lê egter nie klem op Josef se goedheid

of briljantheid nie. Wat is die geheim van Josef se sukses? “Die Here

was by Josef” (vs. 2). (Lees ook vers 21 & 23).

Hierdie waarheid wat driemaal herhaal word, is van groot betekenis

vir elke tiener. Jy moenie dink dat jy as tiener in staat is om

self die goeie te bereik nie. Jy kan nie dinge wat skadelik is, in eie

krag vermy nie. Soms klop ouers hulle kinders op die skouer vir wat

bereik is en roem self in hulle kinders se prestasies. God leer ons

dat dit alles uit genade is. Jy mag nooit God se genade in jou lewe

as jong kind vergeet nie.

Ouers en kinders moet nie in hulleself roem nie, maar altyd in

God! Dit maak jou nederig en dankbaar voor die Here.

127. Geseënd voor Kersfees

Lees: Matteus 1:18-25 Teks: Matteus 1:21

Elke Sondag in die erediens bely jy saam met die gemeente dat jy

glo in Jesus Christus wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore

uit die maagd Maria. Hierdie waarheid in ons geloofsbelydenis is ’n

werklikheid. Die wondergeboorte van Jesus is nie ’n mite, ’n sage of

’n storie nie. Jesus is in die moederskoot van Maria gewek deur die

krag van die Heilige Gees en Hy is gewoonweg gebore soos elke

an der kindjie (Heb. 2:14).

Daardie lewe wat God in Maria gewek het, is vir jou die weg, die

waarheid en die lewe (Joh. 14:6). Hy is die weg vir jou na die ewigheid.

As jy deur die geloof met Christus een is, is jy reeds geseënd

nog voor dit Kersfees is. Jy kan reeds in vreugde en vrede leef, want

dit is reeds vir jou ’n werklikheid in Jesus Christus. Jy hoef nie vir

Kers fees te wag vir hierdie blye boodskap nie.

122. Geloofsafsydigheid

Lees: Rigters 5:17-31 Teks: Rigters 5:23

Gelowiges is medearbeiders van God in sy koninkryk op aarde.

Ge lowiges deel God se oorwinning oor die kwaad in Jesus

Chris tus aan die kruis. Gelowiges loop ook in God se oorwinningstoet

deur die lewe omdat hulle deur God se genade ’n plek gegee is. Toe

God deur Debora en Barak die oorwinning oor die vyand gee, het

die inwoners van Meros hulle afsydig gehou. Die saak van God se

volk het hulle nie geraak nie. Meros verval in die sonde van geloofsafsydigheid

as dit by die saak van God se koninkryk kom. Daarom is

Meros deur God vervloek. So ook elkeen wat hom afsydig hou van

God se koninkryk.

Jy het ’n groot taak om in die daaglikse lewe die oorwining van

Christus toe te pas. Jy moet lewe soos ’n mens wat die sonde oorwin

het.

124. Veels geluk met jou verjaardag

Lees: Psalm 139:1-24 Teks: Psalm 139:16

As daar vir jou gevra word hoe oud is jy, tel jy jou lewensjare terug

tot by jou geboorte en sê dan hoe oud jy is. In Psalm 139 gaan

Dawid veel verder terug: “U het my al gesien toe ek nog ongebore

was, al my lewensdae was in u boek opgeskryf nog voor ek gebore

was” (vs. 16). Daarom wil hy God loof (vs. 14).

Die beginpunt van die gelowige se lewe lê veel verder terug as

die dag van jou geboorte. God het oor jou lewe besluit lank voordat

jy in jou ma se skoot ontvang is en uit haar gebore is. Daardie fa set

van jou lewe was aan God bekend toe jy in jou moederskoot aanme

kaar geweef is (vs. 15). Dít is eintlik jou verjaardag, die begin

van jou lewe. Die lewe wat God so aan jou gegee het, sal nie ophou

nie, in Christus duur dit vir ewig. Daarvoor moet jy die Here gedurig

dankie sê.

126. Genade is al wat sterk maak

Lees: Genesis 39:7-12 Teks: Genesis 39:8-9

Soms is ouers bekommerd of hulle kinders, as hulle uit die huis

uit gaan, sal voortgaan om te lewe soos kinders van God. Sal die

kinders die opvoeding wat hulle van hulle ma en pa ontvang, onthou?

Ons het in die vorige oordenking geleer dat Josef sterk staan omdat

hy geweet het God is naby hom. Met Josef het dit nie goed gegaan

omdat hy so uitsonderlik goed was nie, maar omdat Gód met hom

was (vs. 2). Toe die oomblik kom dat Josef baie diep kon val (vs. 7),

doen hy dit nie, want: “Ek sal mos teen God sondig!” sê Josef (vs. 9).

Die wil van God het so baie vir Josef beteken omdat God so baie vir

hom beteken het. As jy in die opvoedingsjare saam met jou ouers en

onder hulle leiding God se pad gestap het, soos in die Woord gegee,

sal jy as kind, as jy uit die huis gaan, deur die genade op die regte

pad bly voortstap.

128. Heilige bloed

Lees: Levitikus 17:1-15 Teks: Levitikus 17:11

B loedoortappings is medies noodsaaklik. God vertel hoe belangrik

’n geestelike bloedoortapping is. In bloed sit lewenskrag. Daarom

het heidene bloed gedrink. God het Israel die heidense gebruike

verbied, want: “Die lewe van ’n dier is in sy bloed” (vs. 11). God gee

lewe. Dit behoort aan Hom. Daarom mag bloed nie verspil word nie

(Gen. 4:10; Lev. 17:13). God bepaal waarvoor bloed gebruik mag

word. “Ek (het) die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening

te doen vir julle lewens” (vs. 11). Dit is nie die bloed van sondige

men se nie. Dit is die bloed van ’n onskuldige dier wat in die plek van

die sondige mens geoffer word as ’n teken van skuldbelydenis en

skuld vergiffenis. Dis ’n geestelike bloedoortapping.

Die bloed wat die sonde van die wêreld wegneem, is die bloed

van die ware Paaslam, Jesus Christus.

slingervel augustus 2012 23

Hoor net die volgende oulike uitvindsels:

Tandlose kamme vir pan-koppe.

Plastiek-bladmusiek vir ouens wat onder die stort wil sing.

’n Onderstebo vuurtoring vir diepsee-duikers.

’n Wekker sonder klokke vir laatslapers.

’n Opblaas pyltjiebord vir ouens wat sleg speel.

Koppies met die oor aan die ander kant vir linkshandiges.

’n Kruiwa sonder ’n wiel vir luiaards.

“Hoekom het jou hond so ’n plat neus?”

“Omdat hy altyd geparkeerde motors jaag!”

Seun: “Pa, ek hou nie van die kaas met gaatjies in nie.”

Pa: “Wel, eet dan maar net die kaas en los die gaatjies aan die

kant van jou bord!”

Onderwyser: “Wat is fortifi kasie?”

Ben: “Meneer, dis twee twintigfi kasies.”

Johan kan dit nie verdra om meisies in die skoolbus te sien

staan nie. Daarom sit hy met toe oë!

Onderwyser: “Hoe oud is jy?”

Marius: “Ek weet nie, meneer.”

Onderwyser: “Wanneer is jy gebore?”

Marius: “Ek is nie gebore nie, meneer, ek het ’n stiefma.”

Raai … raai ... raai ...

Raai, raai, hoekom skiet Koos gaatjies deur sy ore? Om

mansjetknopies by sy safaripakke te dra.

Raai, raai, hoeveel kante het ’n sirkel? Twee kante – ’n

binnekant en ’n buitekant!

Raai, raai, wanneer het al wat mens is dieselfde

hoenderhaan hoor kraai? ... In Noag se ark!

Raai, raai, wat word meer as jy dit omdraai? Die syfer 6.

Raai, raai, hoe laat is dit as ’n olifant op jou heining sit? Tyd

om ’n nuwe heining te bou.

Raai, raai, wat is ’n padprop? Iemand wat teen 50 km/u op

’n snelweg ry.

Raai, raai, wat waggel soos ’n eend, swem soos ’n eend en

kwaak soos ’n eend? ’n Eend!

Raai, raai, hoekom blink ’n haas se neus altyd? Omdat sy

poeierkwas aan die verkeerde kant sit.

ons pretblad

Raai, raai, hoekom maak ’n hoenderhaan sy oë toe as hy

kraai? Hy ken die wysie uit sy kop.

Raai, raai, hoeveel snye brood kan jy van een heel brood

afsny? Net een, want daarna is die brood nie meer heel nie.

Raai, raai, waar is die meeste visse in die wêreld? In die

water.

Raai, raai, wat het die meeste tyd en geduld? ’n Horlosie.

24 slingervel augustus 2012

Waarom het die kat elke woord in die boek oorgeskryf?”

Antwoord: Dit is ’n “copycat”.

Wie red spoke wat in die see wil verdrink?”

Antwoord: Die “ghostguard”!

Wat kry jy as jy ’n kat met sjokolade-geld kruis?”

Antwoord: ’n Kitkat!

Waar is dit die beste om ’n geskenk vir ’n kat te soek?”

Antwoord: In ’n kat-alogus!

Wat kry jy as jy ’n duisendpoot met ’n papegaai kruis?”

Antwoord: ’n “Walkie-talkie”!

Wat sing ’n mens vir ’n trein wat verjaar?”

Antwoord: “Happy Birthday, choo-choo!”

Wat gooi ’n dinosourus oor sy aartappelskyfi es?

Antwoord: Tamatiesourus.

Wat het die een M vir die ander M gesê toe die E by hulle

verbystap? “Hy trek ook alewig dwars!”

Wat het die een P vir die ander P gesê toe die b verbykom?

“Hy was altyd so rondborstig, maar nou sit alles in sy

maag!”

Wat het die een B vir die ander B gesê toe die b by hulle

verbystap? “Lyk my hy’t kop verloor!”

Dieretuinwerker: “Haai daar, seunie, staan weg van daardie

leeu af.”

Seun: “Hoekom? Ek gaan hom mos nie seermaak nie.”

Onderwyser aan seun wat aan die voet van die trappe op die

grond lê: “Koos, het jy ’n trappie gemis?”

Koos: “Meneer kan so sê. Ek het die boonste trappie gemis en

al die ander getref.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!