Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
19

kan niks uitmaak wat hulle sê nie, maar net so nou en dan

hoor hy iets. Hy staan stilletjies op en loop stadig weg.

Elke nou en dan kyk hy om. Hulle sien hom nie, want hulle

is te besig met gesels.

Justin loop voort huis toe en hy steek sy hand onder sy

sweetpak in en klem sy mes vas wat hy aan sy belt het.

“Die tyd is naby, my vriend…die tyd is naby. Ons moet net

geduld gebruik…”, praat Justin met sy mes terwyl hy

aanstap.

Later die aand, voor hy gaan slaap, maak Justin weer ’n

inskrywing in sy dagboek.

WRAAK

Wraak is ’n emosie wat my heeltemal oorheers. Dit is elke

dag binne my en om my en ek dra dit saam met my in my hart.

Dit klop soos ’n kwaadaardige pyn hier in my hart en dit is

soos ’n sweer wat wil oopbars.

Een van die dae gáán dit oopbars en dan gaan Deon en sy

trawante een vir een na hulle grafte toe gestuur word. I

just can’t wait…

Deon, oftewel Victim Number 1, se tyd is besig om stadig

maar seker uit te loop…die strop om sy nek raak al hoe

nouer. Baie van my vordering is te danke aan sy

vriendelike, maar klipdom ma, wat ’n deel van Deon se

roetine aan my uitgelap het. It suits me, dis nie my skuld

as sy dom is nie. As sy maar net weet dat sy bydra tot

haar seun se dood.

Ek wil so gou as moontlik toeslaan.

Revenge will be mine…

Duiwel

Hy maak die boek toe. Hy kyk weer na sy kas. Vanaand lyk

die ding weer spookagtig.

Nadat hy ’n sigaret gerook het, sit hy sy lig af en klim in

die bed. Toe hy aan die slaap raak, droom hy van ’n graf.

Dit is Deon se graf. By die graf staan sy ma en pa en

hulle huil. Een van die dae gaan hulle regtig by Deon se

graf staan en tjank - die arme skepsels!