Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
DUIWEL

’n novelle deur

TERTIUS FOURIE

ALLE KARAKTERS EN GEBEURE IS DENKBEELDIG

© KOPIEREG VOORBEHOU
1

HOOFSTUK 1

Justin sal nooit die dag vergeet toe hy klaargemaak het met

matriek nie. Toe hy daardie pen neersit. Toe hy die

laaste vraestel klaar geskryf het. Hy onthou nog goed, dit

was Biologie wat hy geskryf het en dit was moeilik soos

altyd. Toe hy by die eksamenlokaal uitstap, was hy ontslae

van daardie skool, daardie hel. Hy was verlos van sy

vyande, want vir baie lank moes hy elke dag onder hulle

deurloop. Elke dag was hel en hy was die slagoffer van

spottery, slanery en allerhande ander klomp goed waaraan hy

nie nou lus is om te dink nie.

Hy sal ook nooit sy eerste dag by daardie skool vergeet

nie, toe hy daar gekom het die eerste dag in Graad 8.

Almal het hom deurgekyk en sommige het stilletjies

aanmerkings gemaak en gegiggel. Vir die eerste ruk was dit

asof almal hom net eers wou uitkyk, net soos wat ’n dief sy

slagoffer se huis uitkyk vir moontlike swak plekke – “vital

spots” soos wat die Engelse sal sê. Die eerste twee jaar

was darem nie vir hom so sleg nie en hy kon dit verdra,

want dit was maar die gewone kinderagtige nonsens waarmee

kinders hulle gewoonlik in die Graad 8 en 9 jare besig hou,

maar nadat sy oom Lukas hom in Graad 10 in die koshuis

gesit het, het die groot moeilikheid begin, want tóé was hy

soos ’n wilde dier was vasgekeer was in ’n hoek en die

kinders het net mooi sy sagte plekke geken – amper soos ’n

leeu ook die sagte plekke van ’n bok se liggaam ken en weet

waar om te byt om dood te byt.

Justin het nooit vriende gehad nie, almal by die skool het

hulle afstand gehou en hy het pouses alleen eenkant gesit

en gekyk hoe die ander seuns rondhardloop en rugby speel op

die een veld en hoe ander seuns en meisies weer in groepies

op die ander veld sit en gesels. As Justin net opgestaan

het en badkamer toe geloop het of iets, dan het dit vir hom

gevoel asof almal hom dophou en agter sy rug beskinder.

Hy verstaan dit nie, want wat is dan fout met hom? Wat is

hulle probleem?

Hulle beledigende kyke en woorde was soos sweephoue op sy

lyf en nou, sewe jaar daarna, sit hy nog met die letsels en

die letsels is seer en wil nie gesond raak nie, want alles

wat op skool gebeur het spook by hom en die wraakgedagtes

vreet hom op. Na skool het hy gelukkig ’n goeie werk gekry

by ’n hardeware winkel en hy is tevrede met sy werk. Die

mense by sy werk pla hom darem nie, hulle het vrede met hom

en hy het vrede met hulle en elkeen bepaal homself by sy
2

eie sake. Justin weet dat baie mense neersien op sy werk

en hy weet ook dat sy salaris nou nie juis iets is om oor

huis toe te skryf nie, maar hy is gelukkig in sy werk en

wat het dit in elk geval met ander mense te doen?

Ten minste het hy darem sy eie geld, dan hoef hy mos nie

van oom Lukas afhanklik te wees nie, want oom Lukas dink

net aan homself en dit is vir Justin nogal verbasend dat sy

oom sy skoolgelde betaal het. Oom Lukas is baie selfsugtig

en hy is lief vir die bottel en rook sy longe stukkend –

nogal verbasend dat hy nog nie dood is aan emfiseem nie.

Justin rook self, maar sy oom vat die koek. Hy en oom

Lukas het, toe Justin Graad 9 klaargemaak het, ’n vreeslike

uitval gehad en toe het oom Lukas hom uitgeskel en gesê dat

hy hom nooit weer in sy huis soek nie en toe is Justin in

die koshuis gesit. Justin dink baie terug aan daardie

uitval – oom Lukas was weer dronk en het moeilikheid gesoek

en Justin was nie lus vir hom nie. Hy het vir oom Lukas

gesê hy moet voertsek en toe sê oom Lukas dat Justin nie

met hom moet praat asof hy ’n straatbrak is nie en hy het

aan Justin begin stamp-stamp en toe verloor hy sy humeur en

slaan vir oom Lukas deur die gesig met die vuis dat hy plat

op sy agterent gaan sit. Hy weet sommer dat oom Lukas dit

glad nie verwag het nie en hy het ook vir ’n ruk lank

lekker sterretjies gesien. Daarna was die hel los – Justin

moes sy goed pak en net na die Desember-vakansie is hy in

die koshuis gesit.

Na matriek het hy maar weer teruggetrek na oom Lukas toe en

oom Lukas het dit nogal maklik aanvaar.

“Jy moet net vinnig vir jou ’n werk kry sodat jy vir

jouself kan sorg, want ek gaan nie dat jy die heeldag op

jou gat sit en dan moet ek jou onderhou nie!” was oom Lukas

se woorde en sy asem het soos gewoonlik gestink na rum.

Justin het toe vir hom ’n werk gekry en hy is net bly dat

hy ’n dak oor sy kop het, want waar sal hy nou anders bly?

Sy ouers is dood in ’n motorongeluk toe hy maar twee jaar

oud was en hy kan hulle nie eers onthou nie. Iets wat hy

wel baie goed onthou was toe die hof besluit het dat hy by

oom Lukas moet gaan bly. Die hof het duidelik nie geweet

van oom Lukas se drankprobleem nie. Justin was in sy kamer

en toe het oom Lukas by die deur ingekom en die trane uit

sy oë gevee en vir hom gesê dat hy sy goed moet pak. Dit

was die enigste keer wat hy vir oom Lukas gesien huil het.

Verder is oom Lukas maar ’n nors vent wat nie baie omgee

oor die mense rondom hom nie. Solank hy net ’n bottel rum

en ’n pakkie Gunston Filter by hom het, dan is die Kaap

Hollands. Sy televisie is natuurlik ook vir hom
3

baie belangrik. Hy sit altyd so lekker agteroor in die

leunstoel in die TV-kamer en dan sien jy net kort-kort hoe

hy vir hom ’n dop skink en die een sigaret na die ander

opsteek en dan ruik jy naderhand net sigaretrook en as hy

met jou praat, dan slaan sy stink alkoholasem jou van jou

voete af. As Justin daar by hom gaan sit en saam TV kyk,

praat niemand ’n woord nie - hulle sit net in stilte en

staar na die skerm van die TV en elkeen sit met sy eie

gedagtes. Hulle elkeen is in sy eie klein wêreldtjie en

hulle lewe by mekaar verby. Oom Lukas is ’n loodgieter en

hy het maar sy eie vervelige roetine – deur die dag is dit

werk en in die aande lê hy voor die TV. Soms lui sy

selfoon terwyl hy TV kyk en dan is dit baie keer een van sy

klante wat skakel oor ’n noodgeval, maar dan skel hy hulle

behoorlik uit en sê dat hulle een van die ander loodgieters

moet kry. Daarna is hy vir ’n paar minute lank kwaad en

brom hy oor hoe onregverdig die mense by sy werk is, maar

nadat hy so ’n paar glase rum in het en ’n paar sigarette

gerook het, kalmeer hy weer en staar in stilte voort na die

TV.

Justin onthou nog toe hy baie jonger was, net na sy ouers

se dood, het oom Lukas altyd vir hom snaakse stories

vertel, want Justin was baie nuuskierig toe hy klein was en

het baie vrae gevra. Toe hy in die laerskool was, het die

ander kinders gepraat oor toe hulle ouers vir hulle vertel

het waar babas vandaan kom. Toe Justin vir oom Lukas vra,

toe vertel oom Lukas vir hom dat hy wat Justin is, nie op

’n normale manier gebore was nie – dan het hy vertel dat

Justin ’n snaakse klein bondeltjie boosheid was wat deur ’n

ooievaar afgelewer is. Justin onthou nog goed toe oom

Lukas dit vir hom vertel het, hy was omtrent so ses of sewe

jaar oud – so Graad 1 se kant. Toe oom Lukas sien dat hy

nie verstaan nie, toe sê oom Lukas vir hom dat die ooievaar

eintlik vir hom wat Justin is, na ’n vuurwarm put toe wou

vat wat vol kokende, borrelende lawa was, maar dat oom

Lukas vir Justin, die “klein bondeltjie boosheid”, te

jammer gekry het en dat hy toe maar die ooievaar omgekoop

het met ’n paar rand. Nou, jare daarna, weet Justin dat

oom Lukas vir hom gelieg het. Oom Lukas het altyd as hy

hierdie goed vertel, iets gerook wat amper soos ’n sigaret

lyk, maar dit was nie ’n sigaret nie. Hy het sulke snaakse

tabak in ’n papiertjie toegerol en dan het hy dit

aangesteek en dan het hy die eienaardigste goed kwytgeraak.

Justin het toe hy ouer was, uitgevind wat daardie goed was

wat oom Lukas gerook het – dagga. Hy het egter nog nooit

weer gesien dat
4

oom Lukas dit rook nie. Diep binne, haat hy eintlik vir

oom Lukas, want hy is ’n liegbek.
5

HOOFSTUK 2

Justin staan by sy werk in die stoorkamer en pak ’n paar

bokse op die rak. Hy kyk na die horlosie teen die muur –

dit is half vyf en amper tyd om huis toe te gaan. Hy pak

die twee laaste bokse op die rak en dan loop hy by die

agterdeur uit na die klein vierkant aan die agterkant van

die winkel – die rookplek. Hy gaan sit op ’n krat en steek

’n sigaret op. Terwyl hy rook, staar hy ingedagte voor hom

en die woord “duiwel” vorm op sy lippe.

“Duiwel”, sê hy hard.

Dit is wat die kinders op skool hom altyd genoem het.

Hulle het hom “duiwel” genoem en hy kon nie verstaan hoekom

hulle hom so noem nie. Hy het later agter gekom dat dit

blykbaar iets met sy oë te doen het, want die kyk in sy oë

het baie van die kinders, veral die meisies, op hulle

senuwees gemaak. Sy swart hare het blykbaar ook iets

daarmee te doen gehad, want hy het swart hare en donker oë

en dan het hy soms ’n diep kyk in sy oë gekry wat die

kinders baie bang gemaak het. Soos in enige skool, het

daar baie onware stories oor hom rondgeloop – dat hy een

aand van die skool se dak af gevlieg het met volmaan en dat

hy in ’n weerwolf verander en dat hy katte se lewer eet.

Justin was verbaas toe hy al daardie nonsens gehoor het,

maar toe hy die aand by die huis is en sy huiswerk doen,

het hy skielik hardop begin lag toe hy daaraan dink. Hy

kan nie glo dat mense so belaglik kan wees nie. Hy het

kliphard gelag en oom Lukas, wat op daardie oomblik besig

was om brood te smeer in die kombuis, het hom verbaas

aangekyk en kortaf gevra wat so snaaks is.

“Niks”, het hy geantwoord en toe maar verder stil gebly.

Justin rook die sigaret klaar en skiet die stompie weg. Hy

dink weer aan sy bynaam…“duiwel”. Hy weet nie hoekom die

naam nou juis in sy kop vashaak nie.

Teen vyfuur, teken Justin uit in die register. Daarna klim

hy op sy trapfiets en ry rustig huis toe. By die huis

gekom, bêre hy sy fiets in die garage en dan gaan hy by die

agterdeur in. Hy loer by die TV-kamer in na oom Lukas wat

voor die TV sit en ’n glas rum drink.

“Middag, Oom”, groet Justin.

“Middag”, brom oom Lukas terug.

Justin is nogal honger en nadat hy sy rugsak in sy kamer

neergesit het, gaan hy kombuis toe en smeer vir hom brood.

Hy is bly om te sien dat daar darem vars witbrood is. Oom
6

Lukas het natuurlik gekoop toe hy van die werk af gekom

het. Hulle eet nooit regtig duur kosse nie, dit is maar

gewoonlik Weet-Bix in die oggend en in die middag eet hulle

natuurlik elkeen by sy werk en dan in die aande is dit maar

brood en ham en somtyds eet hulle iets anders, soos

broodrolle met rooiworsies in.

Justin smeer vir hom botter op sy brood en dan sit hy ham

op. In die yskas ontdek hy kaas en hy rasper vir hom ’n

bietjie kaas op sy brood. Hy verkas na sy kamer toe, gaan

sit op die vloer en eet rustig en ingedagte sy

toebroodjies. Toe hy klaar geëet het, sit hy sy bord

eenkant neer en stoot sy kamerdeur toe. Hy haal sy dagboek

onder sy kussing uit. Elke aand sit hy op sy bed en dan

draai allerhande wraakgedagtes en ander dinge in sy kop

rond en skryf hy dit neer.

Hy sit lank en staar voor hom uit en dan skryf hy:

WAPENS

’n Wapen is ’n mens se beste vriend. Hy beskerm jou en hy

is stom – hy kan nie terugpraat nie en hy redeneer nie en

soek nie moeilikheid nie. Ek hou van my wapen – dit is ’n

mes. My mes is my beste vriend, want ek kan hom altyd

vertrou en hom enige tyd gebruik. Daar is baie dinge

waarvoor ek hom kan gebruik – potlode skerp maak, toue sny,

om myself te beskerm as iemand my wil aanval ensovoorts.

My mes is altyd by my, ek dra hom aan my belt. Die mense

by my werk kyk my baie keer verskrik aan as hulle hom sien

en dan laat ek my hemp ’n bietjie uithang, sodat die mes

bedek is. My baas sê niks, want hy weet wat goed is vir

hom.

Almal by my werk los my uit en niemand karring aan my nie,

maar al die dinge wat destyds op skool gebeur het, pla my

en ek wil dit regmaak. Die enigste manier om dit reg te

maak, is deur my beste vriend te vra vir hulp…my mes. Hy

sal nooit “nee” sê nie.

Duiwel gaan wraak neem. Ek moet net uitvind of al daai

mense nog bly waar hulle gebly het.

Revenge will be mine…

Duiwel
7

Diep binne, hou Justin eintlik van dié bynaam…Duiwel – dit

maak mense bang, dit skep vrees en hy hou daarvan. Hy wíl

hê mense moet bang wees vir hom, want op skool het die

boelies hom net afgeknou en hom soos ’n brandsiek hond

behandel. Hy onthou nog die boelies – hulle name en veral

hulle gesigte, ja, hulle gesigte sal hy nooit vergeet nie.

Hy wil mos wraak neem op hulle, so hy kan nie waag om hulle

gesigte te vergeet nie. Hy beplan nag na nag sy wraak en

hy uiter soms ’n bose laggie by homself daar in sy kamer

agter sy toe deur as hy dink aan al die martelingsmetodes

wat hy wil toepas, maar hy besef dat wanneer dit by die

daad kom, hy dit so vinnig as moontlik sal wil afhandel,

want netnou kry die Polisie hom beet. Eintlik wil hy so

stil moontlik op die slagoffer afsluip, hom gryp en hom

laat kennis maak met die gladde, blink, skerp lem van sy

beste vriend. Waar hy nou op sy bed sit, tel Justin weer

sy mes op wat op sy bedkassie lê en hy betrag die pragtige

lem. Hy slyp gereeld die mes en wanneer hy hom goed

gesluip het, skeur hy ’n bladsy uit ’n boek uit en laat die

lem flink deur die bladsy sny. Die mes is so mooi skerp,

dat dit nie veel moeite verg om die vlymskerp lem deur die

papier te laat sny nie en soos wat die lem dan deur die

papier sny, verbeel hy homself dat die papier een van die

boelies op skool se liggame is en dat die lem reg deur die

boelie se liggaam sny.

Justin het ’n lys gemaak in sy dagboek waarin hy al die

boelies se name neergeskryf het. Hy sit sy mes neer en

blaai weer na daardie bladsy toe. Hy betrag die name een

vir een – Deon, Pieter, Neels en Gerrie. Dit was die vier

boelies wat hom op skool al sy dae gegee het. Hy moet net

uitvind of hulle nog bly waar hulle gebly het en dan gaan

hy hulle een vir een dophou en dan moet hy toeslaan, maar

dit sal eers oor ’n paar dae wees.

Terwyl Justin so ingedagte na die name van die boelies kyk,

kry hy skielik ’n idee. Hy gaan in die skool se fotoblad

die foto’s van al die boelies kry en dan die foto’s uitsny

en elkeen se foto langs sy naam plak. Dit is mos nou ’n

plan. Hy staan vinnig van sy bed af op en maak sy kas oop.

Sy kas is nogal deurmekaar en hy nies van die stof. Onder

in sy kas tussen ’n klomp ou skoolboeke, kry hy die

fotoblad wat uitgekom het in sy matriekjaar – daarin sal hy

goeie foto’s van elkeen kry. Hy blaai rond en elke foto

sny hy versigtig met sy mes uit.

“Ek sny julle gevrete uit met die wapen wat dalk julle

lewens tot ’n einde gaan bring”, prewel Justin saggies
8

terwyl hy baie hard konsentreer om die foto’s elkeen

netjies uit te sny.

Uiteindelik het hy elke foto netjies uitgesny en nou soek

hy gom om dit mee te plak. Hy pluk sy bedkassie se laai

oop en daar kry hy ’n buisie Pritt.

“Hoop nie die goed is al te oud nie”, sê hy vir homself en

hy haal die buisie se doppie af.

Hy smeer elke foto aan die agterkant en plak dit dan langs

elkeen se naam in die dagboek. Nee wat, díe Pritt werk nog

goed en Justin sit rustig terug met sy rug teen die muur en

steek ’n sigaret op en betrag die aaklige gevrete van die

boelies.

“Hulle tyd sal kom, sometime gaan ek hulle een vir een

afmaai…”, fluister hy saggies en blaas ingedagte ’n

rookwalm uit.

Lukas se oë wil-wil toeval waar hy voor die TV sit. Hy

konsentreer nie eintlik op wat op die kassie aangaan nie en

hy gee ’n groot gaap en strek homself uit. Die leunstoel

kraak onder sy sitvlak. Hy kyk weer na die TV – daar wys

een of ander fliek van Sylvester Stallone wat die rol

vertolk van ’n speurder wat teen ’n bende baklei. Lukas

kyk gewoonlik enige iets, maar vir skop-en-skiet is hy nou

moeg en hy soek verward rond na die afstandbeheerder om die

TV af te sit.

“Verdomde remote!” sê hy hard en dan staan hy maar op en

loop na die TV toe om dit af te sit.

Toe die TV afgaan, is die hele huis skielik doodstil. Die

horlosie wys tienuur en Lukas staan vir ’n ruk stil en

luister na die stilte in die huis. Iewers in die verte

verbreek die sirene van ’n ambulans die stilte en buite in

die tuin tjirp ’n kriek saggies, maar tog hoorbaar.

Lukas loop sleepvoet in die gang af en by Justin se toe

kamerdeur staan hy vir ’n oomblik stil.

“Nag!” skree hy vir Justin.

“Nag” antwoord Justin terug.

Lukas loop weer sleepvoet voort na sy kamer toe en hy klim

in sy bed.

Intussen sit Justin nog op sy bed en betrag sy dagboek en

daar draai allerhande gedagtes in sy kop rond. Hy druk die

stompie van sy sigaret in die asbakkie dood en strek

homself op die bed uit. Soms sukkel hy om te slaap, want

hy hou sy brein so besig met al die gedagtes en dan raak

dit eintlik hel in sy kamer, want dit voel vir hom hy is

nie alleen nie en dan wens hy partymaal selfs vir oom Lukas

se geselskap. As hy so begin voel, sit hy maar regop
9

in sy bed met sy rug teen die muur en klou hy sy dagboek in

sy arms vas en staar verward om hom rond. Hy staar

gewoonlik skrikkerig in die donker na sy kas en dan voel

dit asof die kasdeure enige tyd gaan oopgaan en daar een of

ander bose gedierte gaan uitkom – ’n ding met lang

slagtande…’n dier wat amper soos ’n tipe van ’n hond lyk,

maar met ’n aaklige vel en uitpeul oë.

Wanneer hy uiteindelik aan die slaap raak, droom hy

gewoonlik van reuse spinnekoppe wat teen sy plafon loop en

wat op hom val en hom toespin in ’n reuse web en hoe hy

woel om uit die web te kom en hoe hy benoud raak van die

reuk, want daar hang ’n dooie, vrot reuk in die lug en

terwyl hy so worstel, kom daar ’n man met ’n lang toga en

’n swart jas met ’n kappie wat sy gesig bedek en in sy een

hand het hy dan ’n mes. Die mes lyk baie soos Justin s’n,

maar hy is net groter. Sodra die man hom met die mes wil

steek, skrik hy wakker. Hy ruk sommer so in sy bed en dan

is hy gewoonlik natgesweet. Justin haat dit as hy daardie

nagmerrie kry, maar dit het so deel van hom geword, dat hy

daarmee saam leef – net soos wat ’n asmalyer maar saam met

sy asma leef. Enigste verskil is dat Justin nie regtig

weet hoe hy sý kwaal kan genees nie. Wat kan hy doen sodat

hierdie nagmerrie verdwyn? Het sy wraakgedagtes dalk

daarmee te doen? Hy weet nie, maar wraak neem, gáán hy

wraak neem. Dit is tyd dat sy vyande moet boet!

Nadat hy vir lank so gesit het en aan die nagmerries gedink

het, besluit hy maar om te slaap. Hy sit die lig af en

klim onder sy komberse in. Buite waai daar ’n effense wind

en die takke van die een boom wat langs die huis staan,

skuur-skuur teen die dak. Justin lê lank in die donker en

luister na die geluid en dan kyk hy weer vir sy kas. In

die donker lyk sy kas regtig skrikwekkend en iets laat hom

ongemaklik voel. Hy draai op sy een sy, sodat sy rug na

die kas toe is.

“Hoooooeeeee”, waai die wind buitekant en dit word al

sterker. Behalwe vir die wind, is dit stil buite en Justin

lê doodstil.

Toe hy uiteindelik aan die slaap raak, droom hy van ’n

motor. Dit is ’n blou Opel Kadett en dit behoort aan Deon

Lombard – een van die boelies wat die lewe vir hom so

moeilik gemaak het. Justin droom hy loop na Deon se blou

Opel toe en sit ’n bom binne die motor. Toe Deon ’n paar

minute later in die motor klim, ontplof die bom met ’n

vreeslike slag en Deon Lombard en sy motor is geskiedenis.
10

Justin skrik wakker. Hy sit regop en dink aan die droom

wat hy so pas gehad het. Hy wens net hy kan bomme in die

hande kry, want dit sal die perfekte manier wees om van sy

slagoffers ontslae te raak. Hy dink weer aan die blou Opel

Kadett en dan onthou hy skielik dat Deon se pa vir hom aan

die einde van matriek so ’n blou Opel gekoop het. Hoe kan

hy dit vergeet? – Deon het nog so kom spog by die skool met

sy motor en gemaak asof hy die kat se snor is.

Justin dink weer aan sy lysie wat hy in sy dagboek gemaak

het van die boelies. Hy klim uit sy bed uit en sit die lig

aan. Dan haal hy sy dagboek onder sy kussing uit en maak

dit by die lys oop wat hy gemaak het. Bo-aan die lys skryf

hy “MY WRAAKNEEM LYSIE” en by Deon Lombard te naam skryf hy

groot “VICTIM NUMBER 1”.

Deon Lombard is sy eerste slagoffer. Hy moet net uitvind

of Deon nog steeds bly waar hy gebly het en dan sal hy Deon

se bewegings dophou, alles neerskryf en hy kyk op watter

manier hy gaan toeslaan. Solank dit net vinnig en

effektief is…vinnig in, doen die job, vinnig uit.

Justin uiter ’n bose laggie en buite huil die wind.

Die volgende oggend is Justin half agt uit die bed. Hy

begin nege uur te werk en word altyd half agt deur sy

wekker wakker geskree. Hy gaan kombuis toe en eet ontbyt –

twee Weet-Bix blokkies met melk. Na ontbyt drink hy ’n

beker koffie. Oom Lukas kom sleepvoet in die gang af

geloop.

“Goeiemore”, brom hy toe hy die kombuis binnekom.

“More”, groet Justin terug en drink die laaste bietjie

koffie in sy beker.

Oom Lukas begin ook nege uur te werk en partymaal verslaap

hy.

“Ek droom gisteraand weer van die ooievaar”, sê oom Lukas

skielik en hy kyk na Justin met oë wat vonkel van sarkasme

en dan vra hy, “Onthou jy nog die ooievaar?”

Justin kyk vir oom Lukas half verbaas aan en hy sê niks.

Oom Lukas steek ’n sigaret op en blaas die rook stadig uit.

“Verstik aan jou sigaret, man!”, sê Justin kwaai en sit sy

koffiebeker hard in die wasbak neer.

“Nee regtig, ek hét van die ooievaar gedrooi…hy het by jou

kamervenster ingevdieg gekom en toe pik hy jou oê uit!” sê

oom Lukas en hy lag uittartend.

“Het jy weer gisteraand te veel gesuip, of wat is jou

probleem?”, sê-vra Justin en hy loop by di% kombuisdeur uit

na buite toe.
11

“Pasop dat ek nie nog jou bek vir jou toe skop nhe, hoor!”,

skree oom Lukas agterna en Justil ignoreer hom.

Hy weet nie wat is dit nou weer vanmord met die vejt nie,

want hy en oom Lukas praat skaars met mekaar, maar dit

gebeur tog partymaal dat oom Lukas sulke buie kry waar hy

net ’n klomp nonsens praat en vir Justin probeer kwaad

iaak. Justin het ’n paar maande gelede oom Lukas 3e kamer

deursoek toe oom Lukas nie daar was nie om te kyk of hy nie

êrens dagga kry nie, want dan weet hy mos definitief of oom

Lukas nog die goed rook of nie, maar hy het niks gekry nie.

Hy klim op sy trapfiets en ry werk toe.

“Hopelik is oom Lukas weer vanaand sy ou, stil gesuipde

self en los hy my uit”, mompel Justin terwyl hy werk toe

ry.

Die res van die dag is alles redelik rustig en Justin dwaal

doelloos op en af tussen die rakke en hy kyk maar waar hy

dalk bietjie kan regpak, want vandag is hier amper niks

klante nie. Hy gaan sit buite en steek ’n sigaret op.

Terwyl hy rook, dink hy weer aan vanoggend daar in die

kombuis. Hy was regtig verbaas toe oom Lukas weer met sy

nonsens begin.

“Oom…”, fluister Justin saggies vir homself “Hoekom noem ek

nog die vent ‘oom’?”.

Op skool het een van die onderwysers vir hulle vertel dat

jy iemand wat ouer as jy is “oom” of “tannie” noem om te

wys dat jy respek vir hulle het. Hy het in elk geval nie

respek vir oom Lukas nie, so van nou af is dit net “Lukas”

en nie meer “oom Lukas” nie. Toe hy klaar gerook het, gaan

sit hy in die stoorkamer en haal sy dagboek uit sy rugsak

uit. Partymaal bring hy sy dagboek saam werk toe. Hy is

regtig bly dat hy dit vandag saamgebring het, want hy is

dood verveeld met die stilte en die min klante. Hy blaai

sy dagboek deur en staar na die foto van Deon Lombard – die

ou met die kort, swart poenskop hare en die groen oë. Hy

dink terug aan die een dag toe Deon, Pieter, Neels en

Gerrie sy bed met stroop besmeer het. Justin het alleen in

’n kamer gebly in die koshuis, want niemand wou ’n kamer

met hom deel nie. Dit was in die eerste kwartaal in Graad

10. Justin het die middag vergeet om sy kamerdeur te sluit

toe hy uit sy kamer gegaan het om bietjie vars lug te gaan

kry. Deon-hulle het toe in sy kamer ingesluip en sy

komberse afgeruk. Toe smeer hulle stroop op sy laken en

gooi weer die komberse netjies oor. Toe Justin ’n paar

minute later in sy kamer kom, kon hy nie agterkom dat hulle
12

daar was nie, want hulle het gesorg dat die bed weer

netjies lyk. Daardie aand toe hy in sy bed klim, kry hy

die verrassing van sy lewe. Hy het so vinnig in sy bed

geklim, dat hy nie agtergekom het daar is iets aan sy laken

wat taai is nie en net toe hy lekker inkruip, kom hy dit

agter. Hy het vinnig uit sy bed uit opgespring en die res

van die nag het hy maar op die vloer geslaap. Die volgende

dag moes hy sy beddegoed laat was en toe hy daardie oggend

in die Aardrykskunde-klas sit, skiet een van die vier

boelies hom in sy nek met ’n rekkie. Toe hy omkyk om te

sien wie dit is, kyk hy vas in die gesig van Deon Lombard.

“Het jy ’n lekker, taai nagrus gehad?”, het Deon sarkasties

gevra en al sy trawante het hardop gelag.

Justin was nie verbaas nie, want hy het sommer van die

begin af geweet dat dit hulle was.

Waar Justin nou sit en aan hierdie petalje terugdink, kook

die wraakgevoelens weer binne hom. Hy gaan ’n paar dae

verlof neem en in daardie paar dae gaan hy vir Deon

dophou…hy hoop net Deon bly nog waar hy altyd gebly het,

maar hy sal uitvind. Deon en sy trawante was oor dieselfde

rede as Justin in die koshuis - hulle al vier se ouers kon

dit nie meer uithou met hulle nie, want hulle is bedorwe

brokkies wat net alles wil hê. Deon was die een wat sy

ouers baie gedomineer het, want ten spyte van al die

moeiliheid wat hy gemaak het, het sy pa nog steeds vir hom

in matriek ’n motor gekoop. Maar sy pa het die motor by

die huis gehou en dan het Deon en sy maats oor naweke met

die motor rondgejaag en die wêreld vir ander mense hel

gemaak. Deon kan bly wees hy het ’n lisensie gehad, want

anders sou Justin sommer uit blote wraak vir die

Departement van Verkeer laat weet het dat Deon sonder ’n

lisensie ry.
13

HOOFSTUK 3

Justin se baas het darem maklik ingestem toe hy hom verlof

vra. Hy is nou amptelik vyf dae met verlof. Sy baas het

juis vir hom gesê dat hy ’n hele paar dae verlof oor het en

dat hy dit moet gebruik. Dit pas vir Justin perfek, want

dan het hy heelwat verlof om rond te hang en sy slagoffers

dop te hou. Een vir een gaan hy hulle afmaai.

Toe Justin daardie aand by die huis kom, lê Lukas

smoordronk op die TV-kamer se vloer. Daar is braaksel op

die mat en die hele TV-kamer stink. Justin gee die hele

spul net een kyk en gaan sit in sy kamer. As Lukas homself

oor ’n mik wil drink, dan is dit nie Justin se probleem

nie. Later die aand hoor Justin ’n lawaai in die TV-kamer

en hy loop soontoe om te kyk wat aangaan. Daar gekom, sien

hy dat Lukas bygekom het en dat hy teen die tafeltjie in

die middel van die TV-kamer vasgeloop het en die vaas wat

op die tafeltjie gestaan het, lê in stukke op die mat. Dit

maak nie regtig saak nie, daardie vaas was in elk geval

goedkoop gemors. Lukas staan en wieg terwyl hy vir Justin

kyk.

“Waar ko’ jy nou vandaan?”, vra hy.

“Ek is al ’n hele ruk hierso, Lukas. Jy moenie verwag dat

ek hierdie gemors wat jy gemaak het gaan skoonmaak nie, dis

nie my skuld as jy jouself versuip aan die drank nie!”

Justin se stem is ferm. Hy is glad nie bang vir Lukas nie

en die laaste bietjie respek wat hy vir hom gehad het, is

nou weg…down the drain.

“Wat het geword van ‘oom’?”, vra Lukas en hy tel ’n leë rum

bottel op wat op die mat lê.

“Hoekom moet ek vir jou ‘oom’ sê?”.

“Jy moet respek vir my hê boetie…ek sal jou bykom, hoor jy

vir my!”

In sy woede slinger Lukas die leë rum bottel na Justin wat

by die TV-kamer se ingang staan. Justin hoef nie te koes

nie, want Lukas is so dronk dat hy skeef gooi en die bottel

tref die muur langs die ingang se kosyn en bars in stukke.

Justin kyk ewe koel en kalm na die stukke van die bottel

wat op die mat lê.

“As jy gooi, gooi raak!” sê Justin kalm en hy draai om en

loop na sy kamer toe.

Lukas kom nie agter hom aan nie, hy staan net daar in die

TV-kamer en skree allerhande vreeslike vloekwoorde. Justin
14

is lus om te lag, want hy weet dat Lukas glad nie verwag

het dat hy só gaan optree nie. Maar dis reg – Justin het

gevoel dat dit tyd is dat hy vir Lukas bietjie ’n les leer,

iemand moet hom tog regruk.

Justin sukkel daardie aand om aan die slaap te raak, want

hy dink die heeltyd aan die volgende dag – die eerste dag

van sy verlof, die dag wat Operasie Victim Number 1 gaan

begin.

Die volgende oggend staan hy vroeër as gewoonlik op, want

hy wil vir Lukas oor die kole haal. Hy tref vir Lukas in

sy kamer aan. Hy het die vorige aand sommer net so op die

bed aan die slaap geraak. Justin skud hom wakker.

“Komaan, opstaan!”, skree Justin hard en Lukas ruk soos hy

skrik.

“Wat de hel…”, Lukas is heeltemal uit die veld geslaan.

“Staan op…gaan maak skoon daardie gemors wat jy in die TVkamer

gemaak het!”

Gelukkig was daar in die een kombuiskas nog matsjampoe en

Justin het dit in ’n emmer warm water aangemaak. Lukas

staan nou op sy knieë in die TV-kamer en vryf die mat

skoon. Justin hou toesig en hy dreun vir Lukas behoorlik

op. Lukas bly net stil, want sy kop is te seer van die

babbelas en hy is nie lus om terug te baklei nie.

Teen agtuur die oggend val Justin in die pad. Hy ry op sy

trapfiets na Deon se huis. Lukas is te siek van al die

vorige aand se rum en hy het sy werk laat weet dat hy nie

vandag gaan kom werk nie en toe Justin daar weg is, het

Lukas vas aan die slaap op die een bank in die TV-kamer

gelê. Justin het sy rugsak by hom en hy het sy dagboek in

sy rugsak, want hy gaan aantekeninge maak oor die opset by

Deon se huis, maar eers wil hy darem uitvind of Deon nog

daar bly. Hy kry die straat redelik maklik en hy soek na

die huis – nommer vier, die een met die swart duiwelsvurkheining.

Justin kry die huis en hy kyk rondom hom. Hy wonder wat hy

nou moet doen. Moet hy die klokkie druk en as iemand

oopmaak, vra of bly die Lombard-gesin hier, of hoe?

Netnou maak Deon die voordeur oop en dan herken hy vir

Justin en wat dan?

Die huis lyk in elk geval stil, want dit is tog logies dat

die mense seker by die werk is. Van ’n huishulp of

tuinhulp is daar ook geen teken nie. Terwyl Justin nog so

op sy fiets sit en die huis bekyk, gaan die bure langsaan
15

se hek oop en Justin sien ’n man wat besig is om in ’n

motor te klim en uit te trek. Die man trek die motor uit

en dan klim hy weer uit om die hek toe te maak. Justin ry

na die man toe met sy fiets.

“Ekskuus tog, meneer”, sê hy en die man skrik effens en kyk

verbaas na hom.

“Ja, kan ek help?”, vra die man.

“Ek wil net weet, bly die Lombard-gesin nog hier langsaan?”

“Ja, nog al die jare”, sê die man en hy kyk vraend na

Justin “hoekom wil jy weet?”.

“Nee, ek vra sommer”, sê Justin en hy voel skielik baie

simpel.

“Is jy vriende van hulle?” vra die man.

Nou moet Justin mooi dink, want as hy nou vir die man sê

dat sy naam Justin is, dan noem die man dalk net vir Deon

dat hier ’n persoon met die naam Justin na hom gesoek het

en dan gaan Deon mos dadelik onraad vermoed.

“Ja, ek…my naam is Jannie”, sê Justin en hy kry eintlik

skaam omdat hy so lieg “ek het lanklaas die mense gesien en

ek wou sommer net hoor of hulle nog hier bly”.

Justin sê totsiens en ry haastig weg. Hy hoop nie die man

het deur sy leuens gesien nie, maar hy glo darem nie so

nie, want die ou het gelyk asof hy alles vir soetkoek

opvreet.

By die huis gekom, eet Justin eers iets, want hy het ’n hol

kol op sy maag. Hy maak stadig maar seker vordering, want

hy weet nou ten minste dat Deon nog daar bly.

Skielik voel Justin baie dom – hoekom het hy nie aan die

telefoongids gedink nie? Hy kon mos in die telefoongids

gekyk het of daar Lombards is wat by daardie adres bly.

Nadat hy vir hom toebroodjies gemaak het en geëet het, gaan

kyk hy eers wat Lukas aanvang. Lukas lê nog al die pad op

die bank in die TV-kamer en hy is vas aan die slaap.

Justin kyk na die mat wat Lukas vanoggend skoongemaak het –

Lukas het darem ’n goeie job gedoen en dit lyk en ruik baie

beter.

Teen die middag het Justin ’n hele volledige benadering

uitgewerk en hy het ’n hele strategie wat hy gaan volg,

want hy glo dat ’n mens se beplanning goed moet wees en dat

jy nie sommer blindelings ’n ding moet aanpak nie. Hy

besluit om Deon se bewegings dop te hou om te sien hoe laat

hy van die werk af kom in die aande en hoe laat hy weer in

die oggende werk toe gaan. Die groot ding wat Justin wil

uitvind is wanneer Deon in die aande van die werk af kom,

want hy dink dat dit die beste tyd sal wees om toe te

slaan. Skielik kry hy ’n blink gedagte – navorsing. Daar
16

het al mense na hulle huis toe gebel wat sê dat hulle ’n

paar vrae wil vra, want hulle doen ’n navorsingsprojek en

dan vra hulle gewoonlik ’n paar vrae oor watter tipe werk

Justin doen en watter tipe werk Lukas doen en allerhande

sulke dinge. Vir Justin is hierdie mense nogal irriterend,

maar hy antwoord maar gewoonlik hulle vrae geduldig. As

Lukas egter die slag die foon antwoord, dan skel hy hulle

uit en sê dat hulle nie sy tyd moet mors nie.

Justin besluit dat hy gaan maak asof hy een van daardie

mense is wat navorsing doen, hy gaan dan na Deon se huis

toe bel en sê dat hy een-of-ander navorsingsprojek doen en

dat hy vir hulle ’n paar vrae wil vra. Hopelik gooi hulle

nie die foon in sy oor neer nie. Justin is regtig in sy

noppies met sy blink idee. Hoe sal hy anders uitvind van

Deon se bewegings – dit is moeilik om daar oop en bloot

voor die huis te staan en hulle dop te hou, die mense sal

mos verdag raak en dalk die polisie bêl.

Justin soek die telefoongids. Hy kry dit in die TV-kamer

agter die een bank en hy wonder wat die ding nou juis

dáárso maak. Lukas lê nog al die pad op die bank en slaap

en net so nou en dan draai hy om en dan kyk hy met skrefies

oë rond en steek ’n sigaret op en dan slaap hy maar weer

verder. Ja-nee, so ’n bottel rum werk met ’n man se kop.

Justin soek in die telefoongids – Lombard. Hy kry Deon

hulle se nommer redelik vinnig, want hy ken hulle

straatadres en hy soek net na die Lombard-gesin wat by

daardie adres bly.

Hy skryf die nommer neer en kry eers sy hele beplanning

weer mooi agter mekaar – wat hy alles gaan sê en wat sy

“firma” se naam is. Hy stap na Lukas se kamer toe, want

dit is waar die telefoon is. Hy skakel die nommer en

terwyl die foon aan die ander kant lui, hou hy sy pen en

papier gereed. Hy is nogal op sy senuwees.

“Hallo”, dit is ’n vrou wat antwoord.

“Goeiedag…met wie praat ek nou?”

“Dit is mevrou Lombard”, die vrou klink nogal vriendelik.

“Ag mevrou, ek is jammer om te pla. Ek is mnr. Pelser en

ek werk vir FreakyTech. Ons is besig met ’n sosioekonomiese

opname vir ’n navorsingsprojek. Gee u om as ek

vir u ’n paar vrae vra?”.

“Nee, glad nie”, Justin is verlig toe hy hierdie woorde

hoor, want hy was bang die vrou raak vies en gooi die foon

neer.

“Hoeveel mense is julle in die huis?”.

“Drie…ek, my man en my seun”.

“In watter ouderdomsgroepe val julle?”.
17

“Ek is sewe en veertig, my man is vyftig en ons seun is vyf

en twingtig”.

“Watter tipe werk doen u?”.

“Ek is ’n arbeidsterapeut, my man is ’n dokter en ons seun

is ’n rep by ’n hospitaal”.

“Werk u maar gewone ure?”.

“Ja, gewoonlik is dit maar gewone kantoorure, maar my man

is soms op roep. Ons seun werk maar ook gewone ure…agt tot

vier”.

So, Deon is ’n mediese verteenwoordiger. Sy ouers het

darem maar baie geld. Hulle het lekker fancy jobs…bleddie

rykgatte! – al hierdie gedagtes draai in Justin se kop

rond.

“Ons navorsingsprojek is veral gerig op die jonger

landsburger…sê vir my – is u seun gelukkig in sy beroep?”

“Ja…hy is hier, wil jy dalk self met hom gesels?”.

Justin se hart gee ’n paar ekstra bokspringe.

“Nee…dit sal nie nodig wees nie. Ek wil sommer u opinie

hoor”.

“Ja, ag hy is maar baie onseker oor wat sy belangstelling

eintlik is. Hy doen maar die werk tydelik en hy wil

miskien volgende jaar gaan swot”.

“U sê hy werk tot vier uur in die middae…”.

“Dis korrek, ja. Woensdae gaan hy altyd so vyf uur se kant

tennis speel by die tennisklub hier naby ons. Hy stap

sommer soontoe”.

“Baie dankie vir u geduld, mevrou. Dit sal al wees. Alle

inligting word vertroulik hanteer”.

“Plesier, lekker dag!”.

“Totsiens!”.

Justin sit die telefoon neer. Hy kyk na die notas wat hy

gemaak het. Hy is tevrede met sy vordering. Hy bêre sy

notas in sy kamer, loop TV-kamer toe en gaan sit op die

leunstoel waarop Lukas gewoonlik sit. Hy gooi vir Lukas,

wat nog half deur die slaap op die bank lê, met sy

vuurhoutjies en skree “wakker word bul!”.

Justin is in ’n goeie bui, want hy is trots op sy

vordering. Hy kry sy vuurhoutjies terug en steek ’n

sigaret op en skakel die TV aan met die afstandbeheerder.

“I use Lux…”, kom die stem van die vrou op die advertensie.

Lukas kom stadig orent en sit regop. Hy vryf oor sy gesig

met sy hande.

“Ek gaan stort”, is al wat hy sê en dan staan hy stadig op

en loop sleepvoets in die gang af na die badkamer toe.

“Enjoy!” skree Justin en hy blaas rookkringetjies in die

lug in.
18

“Victim number one’s time is running out!” sê Justin hardop

vir homself terwyl hy na die TV staar.

Dit is agtuur die aand en dit is al lekker donker. Justin

sit oorkant Deon se huis op die sypaadjie en hou die huis

dop. Hy het ’n sweetpak-bostuk aan met ’n kappie. Hy het

die kappie oor sy kop getrek en sit nou en staar onderlangs

na die huis terwyl hy ’n sigaret rook. Daar gebeur nie

veel nie. In die Lombards se TV-kamer kan hy die lig van

’n TV teen die gordyne sien beweeg en in ’n ander deel van

die huis brand ’n lig. In die erf, voor die garage, staan

Deon se blou Opel.

Die straat is stil. Justin kyk op sy horlosie. Dit lyk

nie vir hom asof sy spioenasie op die Lombard-huis enige

vrug gaan afwerp nie en hy maak gereed om te loop. Net toe

hy wil opstaan, word die stilte van die straat verbreek

deur ’n motor wat vinnig van die bokant van die straat af

aangejaag kom.

“Doef-doef-doef…”, klink die musiek wat in die motor speel.

Die motor ry stadiger en draai by Deon se huis in en

sbostuk voor die hek. Justin sit stadig en loer onderlangs

na die motor. Daar is twee mense in. Die passasierskant

se deur gaan oop en ’n ou klim uit. Die musiek word sagter

en die persoon wat uitgeklim het, loop na die hek toe en

druk die klokkie. Justin kyk mooi, dis Pieter en die ander

een in die motor is seker een van die ander – Neels of

Gerrie.

Pieter lyk nog dieselfde as op skool, behalwe vir sy hare

wat nou pikswart gekleur is en oor sy ore hang.

Hulle sien glad nie vir Justin raak wat op die sypaadjie

sit nie. Die voordeur gaan oop en in die lig wat vanuit

die huis kom, kan Justin duidelik sien dat dit Deon is.

Die vent lyk maar nog dieselfde – poenskop soos altyd.

“Yes, Yes!”, gil Deon vrolik vir sy twee makkers.

“Ja, ou ballie…hoe lyk dinge?” skree Pieter hard.

Die motor se ander deur gaan ook oop en daar klim Gerrie

nou uit. So, Neels is nie daar nie. Van hulle almal sal

Justin sê hy hou die meeste van Neels, want Neels is darem

nie so ’n grootbek en moeilikheidmaker soos die ander nie.

Nogtans het Neels ook maar moeilikheid gemaak met Justin en

hy sal ook op die ou end moet boet, maar eers is dit

hierdie drie – Deon, Pieter en Gerrie, wat moet boet.

Hulle is die grootste dorings in Justin se vlees. Die drie

staan en gesels by die motor waarmee Pieter en Gerrie gekom

het – seker maar Gerrie se motor, want hý bestuur. Justin
19

kan niks uitmaak wat hulle sê nie, maar net so nou en dan

hoor hy iets. Hy staan stilletjies op en loop stadig weg.

Elke nou en dan kyk hy om. Hulle sien hom nie, want hulle

is te besig met gesels.

Justin loop voort huis toe en hy steek sy hand onder sy

sweetpak in en klem sy mes vas wat hy aan sy belt het.

“Die tyd is naby, my vriend…die tyd is naby. Ons moet net

geduld gebruik…”, praat Justin met sy mes terwyl hy

aanstap.

Later die aand, voor hy gaan slaap, maak Justin weer ’n

inskrywing in sy dagboek.

WRAAK

Wraak is ’n emosie wat my heeltemal oorheers. Dit is elke

dag binne my en om my en ek dra dit saam met my in my hart.

Dit klop soos ’n kwaadaardige pyn hier in my hart en dit is

soos ’n sweer wat wil oopbars.

Een van die dae gáán dit oopbars en dan gaan Deon en sy

trawante een vir een na hulle grafte toe gestuur word. I

just can’t wait…

Deon, oftewel Victim Number 1, se tyd is besig om stadig

maar seker uit te loop…die strop om sy nek raak al hoe

nouer. Baie van my vordering is te danke aan sy

vriendelike, maar klipdom ma, wat ’n deel van Deon se

roetine aan my uitgelap het. It suits me, dis nie my skuld

as sy dom is nie. As sy maar net weet dat sy bydra tot

haar seun se dood.

Ek wil so gou as moontlik toeslaan.

Revenge will be mine…

Duiwel

Hy maak die boek toe. Hy kyk weer na sy kas. Vanaand lyk

die ding weer spookagtig.

Nadat hy ’n sigaret gerook het, sit hy sy lig af en klim in

die bed. Toe hy aan die slaap raak, droom hy van ’n graf.

Dit is Deon se graf. By die graf staan sy ma en pa en

hulle huil. Een van die dae gaan hulle regtig by Deon se

graf staan en tjank - die arme skepsels!
20

HOOSTUK 4

Die volgende oggend is Lukas vroeg aan die gang en hy raas

vir Justin wakker. Hy bad en in die bad gaan hy tekere

soos ’n walvis.

“Gaan jy werk toe vandag?”, skree Justin by die toe

badkamerdeur vir Lukas.

“Ja, natuurlik!” skree Lukas terug.

Justin gee ’n sug van verligting. Hy is bly hý hoef nie

werk toe te gaan nie. Dit is vandag die tweede dag van sy

verlof. Hy gee nie regtig om dat Lukas hom wakker geraas

het nie, want hy is in elk geval van vroeg af weer besig

met sy beplanning vir Operasie Victim Number 1.

Na ontbyt gaan sit hy weer op sy bed en betrag sy planne

wat hy in sy dagboek uiteengesit het. Hy staar weer na die

foto van Deon. Behalwe vir die stroop-smeerdery aan sy

bed, is daar nóg iets wat hy nooit sal vergeet nie. Dit

was by die matriekafskeid. Hy wat Justin is, het daar

opgedaag sonder ’n meisie. Nie een van die meisies in sy

klas wou saam met hom gaan nie en hy was in elk geval

bietjie te skaam gewees. Toe ontmoet hy hierdie oulike

meisie daar by die matriekafskeid. Haar naam was Sonja.

Sy was nogal regtig aantreklik – blonde hare met blou oë.

Sy het saam met een van die ander matriekseuns gekom, maar

hy het haar in die middel van die aand net so in die steek

gelaat. Sy en Justin het land en sand gesels en hy het

regtig gedink dat hy die perfekte meisie ontmoet het. Deon

en sy trawante het egter gesien hoe lekker die twee gesels

en soos gewoonlik, móés hulle toe mos eers weer moeilikheid

maak. Terwyl Justin opgestaan het om toilet toe te gaan,

het Deon-hulle na Sonja toe gegaan en allerhande nonsens in

haar kop in gepraat – onder andere vir haar vertel dat

Justin “die Duiwel se kind is en dat hy klein kindertjies

molesteer” en allerhande ander liegstories. Toe arme

Justin weer by haar kom, het sy verskrik na hom gekyk en hy

het vir haar gevra wat fout is. Sy het hom uitegeskel en

gesê dat hy ’n pedofiel is en dat hy moet wegbly van haar

af. Sy het uitgehardloop en almal in die saal het na

Justin gekyk. Hy kon duidelik hoor hoe Deon en sy trawante

hardop lag. Dit was seker een van sy grootste

vernederings. Hy het met oë wat vlam van haat na Deon

gekyk en sy vuiste gebal. Deon het met ’n uittartende blik

in sy oë na Justin gekyk.
21

“Wat’s fout Justin?”, het Deon skertsend gevra “wil jy

fight, moet ek jou weer opneuk soos daai dag in die saal?”

Dit is ook nog iets wat Justin nooit sal vergeet nie – die

dag toe Deon hom met die saalperiode so hard geklap het dat

hy skoon duiselig was. Hulle het daardie Vrydagoggend soos

oudergewoonte saalperiode gehad. Justin het die oggend toe

hy opstaan bietjie naar gevoel, maar hy het nogtans klas

toe gegaan, want hy het gedink dat dit seker maar sal

oorwaai. Toe hy egter in die saal sit, het hy skielik baie

benoud gevoel. Dit was een of ander kwaal in sy maag

gewees. Toe die saalperiode verby is, het die kinders by

die deure saamgebondel om uit te kom. Justin het by almal

verbygeskuur, want hy wou so gou as moontlik by die

badkamer uitkom, want hy het gevoel dat hy gaan braak. Toe

hy egter deur die bondel kinders worstel, stamp hy per

ongeluk aan Deon. Deon het omgeswaai en vir Justin so hard

deur sy gesig geklap dat hy heeltemal duiselig geword het.

Justin het op die grond geval en toe kon hy dit nie meer

hou nie – hy skiet toe sommer net daar ’n kat, op die

vloer. Die hele skool het vir hom gelag en hom vreeslik

gespot daaroor. Dit alles net oor Deon Lombard wat te

trots is om iemand wat per ongeluk teen hom gestamp het, se

verskoning te aanvaar.

Waar hy op sy bed sit en terugdink aan hierdie voorvalle op

skool, kook die haat weer binne in Justin en hy kyk met ’n

vreeslike haat in sy oë na Deon se foto. Hy steek ’n

sigaret op en trek die rook ekstra diep in sy longe in van

frustrasie.

Vandag is die dag. Vanaand gaan Duiwel toeslaan op Victim

Number 1. Sy beplanning is mooi uiteengesit in sy dagboek

en vir die res van die dag kyk hy na sy planne en gaan hy

dit oor en oor in sy kop. Dit is vandag Woensdag. Deon se

ma het mos gesê dat Deon altyd Woensdae na werk gaan tennis

speel. Die tennisklub is naby hulle huis en Deon stap

soontoe. Justin sal hom fyn dophou en op die regte tyd

toeslaan…

Dit is vieruur die middag en Justin staan op die een hoek

van die straat waarin Deon hulle se huis is. Hy het weer

sy sweetpak-bostuk aan en die kappie is oor sy kop getrek.

Dit is darem nie baie warm nie, so hy sweet darem nie té

veel met die warm klere aan nie. Hy staan en trippel

senuweeagtig rond op die sypaadjie en hy klem met sy

regterhand sy mes se hef vas onder sy sweetpak-bostuk.
22

Bo in die straat kom ’n motor aangejaag teen ’n vinnige

spoed. Dit is Deon se blou Opel.

Justin draai sy rug na die huis toe en hy loer net kortkort

vinnig oor sy skouer na die huis. Deon sbostuk by die

hek, klim uit en maak die hek oop. Dan trek hy vinnig sy

motor in en hardloop in huis toe. Justin staan so dat hy

effens agter die een boom op die hoek verskuil is, want dan

staan hy mos nie so oop en bloot nie. Deon het hom glad

nie raakgesien nie. Tien minute later, gaan die voordeur

oop en Deon kom uitgeloop met ’n tennisraket. Hy het ook

gemakliker klere aan – ’n swart kortbroek en ’n T-hemp.

Hy loop en speel-speel met die raket in sy hande. Hy kom

by die hek uit en loop op die oorkantste sypaadjie voort na

die tennisklub toe. Die tennisklub is ongeveer ’n

kilometer van Deon se huis af. Justin kyk af en loer

onderlangs na Deon wat aan die oorkantste deel van die

straat loop. Deon het hom gelukkig nog nie raakgesien nie.

As Deon hom wel raaksien, sal hy hom nie dadelik herken

nie, want die kappie bedek darem sy gesig redelik goed.

Justin volg vir Deon op ’n afstand. Ongeveer seshonderd

meter verder is daar ’n stuk oop veld en Deon moet daardeur

loop om by die tennisklub uit te kom. Justin volg hom nog

al die pad op ’n afstand. Hy staan stil en kyk vir Deon

agterna. Deon loop deur die veld, oor die straat tot by

die tennisklub. Justin bly staan in die veld en kyk rondom

hom.

“Die perfekte plek vir die moord”, sê hy saggies vir

homself.

Hy kyk op sy horlosie – twintig oor vier. Hy wonder hoe

lank gaan Deon tennis speel. Dit word gelukkig nou winter

en die son gaan vinniger onder. Justin gaan sit onder ’n

boom in die veld. Hy sit so dat hy die tennisklub mooi kan

sien. Hy steek ’n sigaret op. Hoe meer hy dink aan die

moord, hoe erger bons sy hart in sy borskas. Alles móét

net regloop…

Deon loop van die tennisbaan af. Hy is lekker natgesweet

en hy kan voel dat hy vanaand weer lekker geoefen het. Hy

loop na die kleedkamers toe en sluit sy kassie oop. Hy

haal sy horlosie uit en kyk daarop – dis half sewe.

“Sjoe, maar die tyd vlieg!”, sê hy hardop vir homself.

Hy is effens vies vir homself dat hy nie sy handdoek en

skoon klere gebring het nie, want dan kon hy vinnig

gestort het, maar hy sal maar by die huis gaan stort.

Hy loop by die kleedkamers uit en groet die mense wat nog

daar is. Hy loop oor die grasperk en by die hekkie uit.
23

Die tennisklub se omheining is regtig swak – dit is sommer

so ou draadheining en die ding is al lelik verniel deur

vandaliste.

Dit is al redelik donker en daar is ’n koue bries in die

lug. Deon is vies vir homself dat hy nie ’n baadjie

saamgebring het nie, want nou kry hy koud en dalk lê hy

weer more in die bed met verkoue. Hy loop oor die straat

en kom in die veldjie. Hy loop redelik vinnig want dit

raak darem nou wragtig koud. So ingedagte is hy, dat hy

nie die skim met die swart Red sweetpak-bostuk raaksien wat

in die middel van die veldtjie staan en hom dophou nie.

Deon loop aan en hy sing ingedagte ’n liedjie wat in sy kop

vashaak. Toe hy weer voor hom kyk, staan daar ’n man voor

hom. Hy skrik homself boeglam en laat val sy raket. Hy

kan nie die man se gesig sien nie, want daar is ’n kappie

oor sy gesig. Deon kyk vinnig rondom hom. Hy bewe van

vrees. Hoekom lyk die veldtjie skielik nou so mistig en

spookagtig? Die man kom nader. Deon kan nie beweeg nie,

want hy is lam van die skrik.

Die man haal ’n groot mes met ’n swart steel onder sy

bostuk uit en hou die mes dreigend na Deon.

Deon kan nog steeds nie beweeg nie. Hy bewe en die sweet

tap teen sy voorkop af.

“Hoekom skielik so bang, Lombard?”, vra die man.

Daardie stem…Deon onthou daardie stem van iewers af…van die

skool af. Wie de hel is hierdie vent wat hom so laat skrik

het en wat wil hy hê?

“Jy was nooit bang vir my op skool nie…inteendeel, jy het

my altyd verneder, onthou jy nog?”.

Deon probeer iets sê, maar hy kry nie ’n woord uit nie.

Die man kom vinnig vorentoe en gryp vir Deon voor die bors.

Net toe Deon daaraan dink om die man met die vuis by te

dam, voel hy ’n vreeslike steekpyn in sy maag. Hy kyk af

en sien die mes wat halfpad in sy maag in gesteek is. Die

man ruk die mes uit en steek nog ’n keer vir Deon in sy

maag. Deon se sig verdof. Hy voel hoe sy laaste bietjie

krag verdwyn. Hy kyk na die man. Die man haal sy kappie

af. Toe sien Deon wie dit is…dit is Justin. Deon val op

die grond neer en bedek die steekwonde in sy maag met sy

een hand en hy hou sy ander hand na Justin toe uit asof hy

hom wil keer om weer te steek. Justin steek nie weer nie,

hy staan net en kyk na Deon wat hulpeloos op die grond lê

en besig is om dood te bloei.

“Onthou jy my nóú, Lombard?”, vra Justin en hy uiter ’n

bose laggie. “Jy moes geweet het dat ek jou een of ander

tyd sou terugkry!”
24

Deon lê op sy rug en ruk stuiptrekkend rond. Justin draai

om en loop rustig weg.

Deon se lyf verslap waar hy in die plas bloed lê. ’n Paar

minute later is hy dood.

Justin kom by die huis aan. Hy gaan by die agterdeur in en

loop vinnig na sy kamer toe. Lukas sit in die TV-kamer en

kyk na een of ander storie op TV.

“Justin, is dit jy?”, skree Lukas vanuit die TV-kamer.

Justin antwoord nie. Hy gaan vinnig in sy kamer in, maak

die deur toe en sluit hom, sodat Lukas nie kan inkom nie.

Justin kyk na sy hande. Daar is bloed op sy hande. Hy

haal sy mes uit. Die lem is vol bloed. Sy bostuk het ook

klein bloedspatseltjies op. Hy vou sy mes in ’n stuk

koerant toe en bêre dit onder sy bed. Gelukkig het hy

voorsiening gemaak. Hy sluit die deur oop en glip vinnig

uit en loop badkamer toe. Lukas sit gelukkig nog al die

pad voor die TV. In die badkamer gekom, maak hy die deur

toe en tap water in die wasbak. Hy maak sy hande nat en

vryf hulle goed met seep. Hy was sy hande behoorlik en toe

hy klaar is, is die water in die wasbak rooi van die bloed.

Hy trek die prop uit en kyk na sy hande. Al die bloed is

nou af. Hy spoel die wasbak uit en maak seker dat daar

geen teken van bloed is nie. In die gang loop hy in Lukas

vas. Lukas kyk hom verbaas aan.

“Waar de hel was jy?”, Lukas verbaas.

“Ag, ek het sommer ’n baie ver ent gaan stap en toe het ek

tred verloor met die tyd”, antwoord Justin vinnig.

Lukas skud net sy kop en loop terug TV-kamer toe. Justin

gaan terug na sy kamer toe. Hy is net bly dat Lukas nie

die bloedspatseltjies op sy bostuk raakgesien het nie. Hy

trek vinnig sy bostuk uit, haal ’n plastieksak onder sy bed

uit en sit sy bostuk daarin. Die sak met die bostuk in,

kom ook onder sy bed. Hy sal more dit bostuk was. Hy het

die plastieksak spesiaal onder sy bed gesit om sy bostuk in

te sit wanneer hy terugkom.

Toe hy klaar is en seker gemaak het dat alles olraait is,

gaan lê hy op sy bed. Hy kyk weer na sy hande. Sy hande

bewe erg. Hy staar na die plafon. Hy kan nie ophou om aan

die moord te dink nie. Die eerste steek…die lem het nogal

diep in Deon se ingewande ingeboor. Die tweede steek was

bietjie vlakker. Hy dink weer aan Deon se gesig. Hy sien

die gesig die heeltyd voor hom. Justin het gedink dat hy

soos ’n hero gaan voel wanneer hy klaar vir Deon vermoor

het, maar hy voel eintlik glad nie soos ’n hero nie.
25

Inteendeel, hy voel asof hy vir homself net meer probleme

gemaak het. Hy kan net nie Deon se gesig uit sy gedagtes

kry nie. Toe Deon daar op die grond gelê het – aan die

uitdrukking op sy gesig het dit gelyk asof hy wou sê

“asseblief, moenie my weer steek nie…ek het reeds genoeg

pyn”. Die trane loop oor Justin se wange en hy begin

saggies te huil. Skielik hou hy op huil.

“Moenie so ’n softy wees nie!” sê hy hardop vir homself.

“Jy is net uitgefreak omdat dit jou eerste moord was…jy sal

nog gewoond raak daaraan. Die volgende moord sal jy

makliker hanteer”. Skielik voel Justin nie meer so

hartseer nie. Nadat hy met homself gepraat het, voel dit

asof hy weer krag het en hy kry skielik skaam dat hy so aan

die huil gegaan het. Wat gedoen is, is gedoen – hy het die

moord op Deon gepleeg. Dit is gedane sake en hy kan nou

niks daaraan doen nie.

“Jy gaan nie kop uittrek nie…jy gáán al die moorde pleeg!”

sê hy vir homself.

Justin is honger, maar hy wil liewer nie eet nie. Hy is

effens naar, want hy dink weer aan al die bloed. Hy haal

sy dagboek uit en blaai na sy wraakneem-lysie. Hy trek

Deon Lombard se naam dood en betrag die ander name. Pieter

Strauss is Victim Number 2.

Daardie nag sukkel hy om aan die slaap te raak en toe hy

uiteindelik aan die slaap raak, droom hy van Deon wat daar

in die veld lê.
26

HOOFSTUK 5

Die volgende oggend slaap Justin tot tienuur. Toe hy

wakker word is die huis doodstil. Lukas is al lankal werk

toe. Justin staan op, klim onder die stort en dan gaan eet

hy ontbyt. Na ontbyt maak hy eers sy mes se lem skoon en

hy was sy sweetpak-bostuk. Die wasmasjien doen darem ’n

deeglike job en die bloedspatseltjies was mooi uit.

Teen half een die middag, hoor Justin ’n lawaai voor in die

straat. Hy kyk by die TV-kamervenster uit en sien dat daar

’n groot trok in die straat by die huis langsaan staan.

Die huis langsaan is al vir die afgelope ses maande leeg.

Dit lyk asof hier nou nuwe mense kom intrek. Justin wonder

nogal hoe gaan hierdie nuwe mense wees.

Na middagete, gaan sit Justin op sy bed. Hy dink aan die

veldtjie waar hy gisteraand die moord gepleeg het. Nadat

hy vir ’n paar minute so gesit het en voor hom uitgestaar

het, staan hy op en loop na buite. Hy sluit die agterdeur

en loop in die straat af in die rigting van die veldtjie.

Na ’n lang ent se stap, kom hy by die veldtjie waar hy vir

Deon doodgesteek het.

“The criminal always returns to the scene of the crime”, sê

Justin saggies vir homself.

Hy gaan staan stil by die plek waar hy vir Deon aangeval

het. Die Polisie was natuurlik al reeds hier. Op die

grond is daar heelwat voetspore – seker van die

Polisiemanne. Justin kan duidelik sien waar Deon gelê het.

Die grond is nog donker van die bloed. Justin staan vir ’n

ruk lank daar en dan draai hy om en loop vinnig weg. Hy

kyk rondom hom, daar is gelukkig niemand wat hom gesien het

nie. Hy weet dat niemand hom verdink nie, maar hy voel nog

steeds asof iemand hom enige tyd aan sy arm gaan gryp en

gaan sê “Aha, ek het die moordenaar!”. Justin ril as hy

daaraan dink.

Hy loop terug huis toe. Toe hy by die huis kom, staan en

kyk hy eers na die intrek-sessie wat langsaan plaasvind.

Die trok staan nog steeds daar en voor in die erf staan ’n

man wat besig is om met die bestuurder van die trok te

redeneer terwyl ’n klomp swart mans die goed wat agter in

die trok is, aflaai en in die huis indra. Justin kan nie

hoor wat hulle sê nie, maar dit pla hom in elk geval nie.

Hoekom wil hy nou weet waaroor hulle praat?

Hy gaan in die huis in en loop na sy kamer toe. Hy gaan

sit op sy bed en skryf in sy dagboek.
27

BLOED OP MY HANDE EN VERVLOEKTE GROND

Ek was by die plek waar ek moord gepleeg het. Dit het

vreemd gevoel. Die bloed van my slagoffer is opgeslurp

deur die aarde en sy siel is weggevoer na wie-weet-waar.

Sy tyd op aarde is kortgeknip deur die vlymskerp lem van ’n

mes wat diep in sy ingewande ingeboor het.

Die grond waar sy bloed geloop het, is nou vervloekte

grond, net soos in die Bybel toe Kain sy broer Abel

doodgeslaan het.

Die wiel het gedraai en sy uurglas het uitgeloop.

Die wraak het binne my gekook en is nou tydelik gestil.

Maar ek het nog werk wat voorlê…nog baie werk, want daar is

nog drie ander slagoffers op my lys.

Ek voel hoe die gevoel van liefde en al die ander mooi

dinge my stadigaan verlaat. Dag na dag word ek net al hoe

meer gehard en gevoelens van boosheid kry die oorhand.

Revenge will be mine…

Duiwel

Toe hy klaar geskryf het, sit hy rustig agteroor en steek

’n sigaret op. Na vandag het hy nog twee dae verlof oor.

Hy sal stadig maar seker inligting kry oor Pieter Strauss

se doen en late, maar vir eers wil hy ’n lae profiel hou,

want more sal die hele storie van Deon se lyk wat in die

veld gekry is seker op die voorblad van die koerant wees en

dan sal almal weet. Hy wonder nogal wie dit is wat op Deon

se lyk afgekom het. Was dit dalk ’n boemelaar wat deur die

veldjie geloop het en toe op die lyk afgekom het, hom self

eers boeglam geskrik het en toe by ’n huis gaan aanklop het

om die polisie in kennis te stel?

Of is dit dalk Deon se ouers wat bekommerd geraak het omdat

hy nie huis toe kom nie en toe begin rondbel het om te

probeer uitvind waar hy is en toe ’n soektog aan die gang

gesit het, sy lyk daar gevind het en die polisie gebel het?

Daar is baie moontlikhede. Justin wonder wat was Deon se

ouers se reaksie toe hulle hoor hulle kind se lyk is gekry

in ’n veldjie, ’n halwe kilometer van hulle huis af en hy

is doodgesteek met ’n mes.

Hy suig genotvol aan sy sigaret terwyl hy by sy venster

uitstaar. In die een perskeboom buite in die erf, sien hy
28

twee mossies wat op ’n tak sit en dit lyk asof hulle ’n

lang debat met mekaar voer. Dalk was dit twee mense wat op

Deon se lyk afgekom het – dalk ’n verliefde paartjie wat in

die aand vir ’n romantiese wandeling gegaan het en toe op

die lyk afgekom het en toe net soos die twee mossies daar

in die boom geredeneer het oor wat om te doen.

“Kom ons bel die polisie, liefie!”, Justin maak die toneel

na van twee verliefdes wat op die lyk afkom.

“Ja, wat is hulle nommer nou weer?”, sê Justin in ’n diep

stem en hy maak sy gesig soos die van ’n ou wat deur die

slaap is. Dan begin hy skielik hardop te lag en hy druk sy

stompie in die asbakkie langs sy bed dood.

“Jy’s lekker mal in jou kop, Justin!”, skree hy hardop vir

homself “mal en gek en dwaas en allerhande lelike en slegte

en bose dinge!”.

Hy staan van sy bed af op en slaan met sy een vuis teen sy

kas. Hy gaan sit op die vloer en dink aan die storie van

die ooievaar. Hy wonder baie keer of Lukas nie reg was nie

– of hy wat Justin is, nie dalk regtig ’n bondel boosheid

is wat met sy geboorte deur ’n ooievaar hier aangebring is

nie. Met watter doel? Seker om verwoesting te saai!

Hy steek nog ’n sigaret op. Dan staan hy op en loop TVkamer

toe. Hy kyk rond. Hy soek drank, want hy het dit

nou nodig. Dit is eintlik gevaarlik as hy so alleen in die

huis is, want dan raak hy allerhande snaakse dinge kwyt.

Partymaal wonder hy of hy nie dalk heeltemal ’n psigopaat

is nie. Waar de hel bêre Lukas tog die rum?

Justin soek rond. Hy kyk in die kombuis. Hy grou in al

wat ’n kas is en kom op ’n halwe bottel rum af. Hy draai

die prop af en gooi vir hom ’n vol glas. Met ’n paar

slukke drink hy die glas leeg en dan skink hy nog ene.

Weer drink hy die glas binne sekondes leeg. Daarsy, nóú

voel hy beter. Sy kop sing nou lekker. Hy bêre die bottel

weer in die kas en dan loop hy TV-kamer toe. Hy gaan sit

in Lukas se leunstoel en sit die TV aan met die

afstandbeheerder. SABC 1 kom op. Wat op aarde het Lukas

nou weer op SABC 1 gekyk? Hy skakel oor na SABC 2 toe.

“We fought very hard against Apartheid…”, kom die stem van

’n swart man in een of ander politieke dokumentêr.

“Ag sies tog!”, gil Justin sarkasties en dan skakel hy oor

na SABC 3 toe.

Daar is net ’n klomp advertensies.

“I use Lux…”

Hoekom kom daai verdomde advertensie altyd op as hy TV kyk?

Hy skakel oor E-TV toe.

“Tonight on E!”, kom die stem van die aanbieder.
29

Justin sit die TV af en gooi die afstandbeheerder vies op

die grond neer.

“Is dít nou waarvoor ons TV license betaal?!”, skree hy

hardop en iewers in die buurt begin ’n hond te blaf.

“Ja, blaf jong…blaf jou longe uit!”, skree Justin kliphard.

Hy wonder wat dink die mense in die buurt as hulle hom so

hoor skree. Hy gee in elk geval nie ’n flenter om wat

hulle dink nie. Glad nie!

Hy steek ’n sigaret op.

“Vandag gaan ek vinniger deur hierdie pakkie sigarette as

wat ek en Lukas saam deur toiletpapier gaan!”, sê hy

saggies vir homself.

Vir lank sit hy so in die leunstoel en rook die een sigaret

na die ander totdat sy pakkie heeltemal leeg is.

Teen vieruur se kant kom Lukas van die werk af. Hy kom by

die agterdeur ingestap.

“Hallo, Justin!” skree hy hard.

Geen antwoord.

“Jy hoef nie te groet nie hoor!”, skree Lukas.

Justin word wakker. Hy het in die leunstoel aan die slaap

geraak. Hy kyk verward om hom rond. Hy is nou lus vir nog

’n sigaret, maar sy sigarette is op.

“Lukas, is dit jy?” skree Justin.

Lukas kom in die TV-kamer ingeloop.

“Hoekom lyk jy so oes?” vra Lukas en hy kyk verbaas na

Justin.

“Ons moet cigarettes gaan koop” Justin staan uit die

leunstoel uit op “Komaan Lukas ou maat, ons gaan shop

toe!”.

“Het jy gesuip?”, vra Lukas en hy ruik-ruik so in die lug

rond. Hy ruik die rum.

“Ja, ek’t so bietjie van jou rum gesteel…hoop nie jy gee om

nie!”.

Lukas gryp vir Justin voor die bors.

“Daai rum is myne, boet…jy vat nie sommer net nie, jy vra

eers, okay?”, sis Lukas.

“Relax, man!”, Justin ruk los uit Lukas se greep.

Lukas is nogal verbaas. Hy het nooit gedink dat Justin

regtig rum sal drink nie. Justin drink min en as hy die

slag lus is vir drank, gaan hy drankwinkel toe en koop sy

eie drank – gewoonlik bier.

“Kom, ons gaan kafee toe. Ek kort cigarettes!” sê Justin

en hy klop vir Lukas op die skouer.
30

’n Paar minute later sbostuk hulle by die kafee. Hulle

klim uit en loop in. Daar staan twee swart mans by die

toonbank wat brood en melk koop.

“Good day, my brothers!”, skree Justin vir die twee swart

mans en hulle kyk verbaas om.

Lukas pomp vir Justin in die ribbes.

“Moenie moeilikheid maak nie man!”, sê hy vir Justin.

Justin is regtig in ’n eienaardige bui as hy rum in het.

Seker omdat hy dit nog nooit gedrink het nie. Hy is glad

nie daaraan gewoond nie.

Die twee swart mans skud net hulle koppe en die een brom

iets in Sotho.

“Totsiens en good luck with your struggle against

apartheid!”, skree Justin vir hulle toe hulle by die kafee

se deur uitloop.

“Sorry sir, but if you don’t behave yourself, I’m afraid

I’ll have to ask you to leave the shop!” sê die man agter

die toonbank kwaai en hy gluur vir Justin aan.

“Olraait man, relax…kan ’n man nie eers meer cigarettes

koop sonder om uitgetrap te word nie. Watse tipe democracy

is dit?” sê-vra Justin en hy haal ’n R20-noot uit sy

beursie uit.

Lukas skud sy kop. Die Justin tog – netnou was hy by

apartheid en nou trek hy weer by die demokrasie. Die arme

ding is beslis gekoring!

“Peter Stuyvesant Filter, asseblief!”, sê Justin vir die

kassiere en hy hik.

Die kassiere kry ’n pakkie Stuyvesant en lui dit op en gee

Justin se kleingeld vir hom.

“Thank you, dankie, merci!” sê Justin vir die kassiere en

Lukas trek hom aan sy arm om hom by die kafee uit te kry.

Toe hulle in die motor klim, sê Justin dat hulle by KFC

moet sbostuk, dan koop hy vir hulle iets vir aandete.

Hulle sbostuk by KFC en koop heerlike hoender.

Lukas is net verlig toe hulle uiteindelik by die huis kom,

want Justin kan darem maar sy naam weggooi in die publiek

as hy dronk is. Die res van die aand praat hulle nie veel

nie. Hulle sit saam in die TV-kamer en kyk TV en smul aan

KFC se hoender.

Lukas drink rum en hy maak seker dat die rum ver buite

Justin se bereik is, want netnou praat Justin weer oor

apartheid en demokrasie en sê hy dankie in Engels en Frans!

Een voordeel van Justin se dronk bui, is dat hulle darem

wegneem-etes gekry het vir aandete. Dit is lanklaas dat

hulle so lekker geëet het!
31

Die volgende oggend slaap Justin weer laat. Hy het nooit

geweet dat rum ’n mens so kan peper nie! Seker maar omdat

hy net gewoond is aan bier. Half elf staan hy op en gaan

stort. Die water is yskoud. Justin vloek vir Lukas, want

Lukas het natuurlik nou weer vanoggend voordat hy werk toe

is, gestort en al die warm water opgebruik. Idioot!

Justin en Lukas kom die afgelope een of twee dae effens

beter oor die weg. Kyk nou maar gister byvoorbeeld, toe

hulle gaan wegneem-etes koop het. Dit was die eerste ruk

in ’n lang tyd wat hulle iets saam gedoen het. Justin dink

aan al hierdie dinge terwyl hy vinnig klaar stort. ’n Koue

stort is darem wragtig nie lekker nie!

Nadat hy gestort het, gaan eet hy ontbyt. Dit is Weet-Bix,

soos gewoonlik. Weet-Bix en melk. Justin sit in die TVkamer

en hy kyk ingedagte hoe die twee Weet-Bix blokkies

die melk opsuig. Hy gooi nog ’n klein bietjie melk in en

kyk hoe die blokkies dit weer opsuig. Hy druk-druk met sy

lepel op die Weet-Bix blokkies, totdat dit plat is en dan

maal hy dit deurmekaar met sy lepel. Die Weet-Bix wat die

melk so vinnig opsuig, laat hom dink aan Deon se bloed wat

oor die aarde gevloei het en opgesuig is deur die grond.

Hy dink ook weer aan daardie een deel in die Bybel van Kain

en Abel. Abel se bloed wat vloei en die grond waarop dit

gevloei het, het vervloek geraak…

Justin is skielik nie meer honger nie, maar hy eet maar

langtand aan sy ontbyt.

Na ontbyt, vat hy die telefoongids en kyk onder “S”, vir

Strauss. Hy wil kyk of Pieter Strauss, oftewel Victim

number 2, in die telefoongids is. Terwyl hy so in die

telefoongids rondblaai, kry hy skielik ’n gedagte – die

koerant. Daar sal seker nou al ’n berig oor Deon se dood

wees.

’n Paar minute later is Justin op sy fiets op pad na die

kafee toe, waar hy en Lukas gister was. Hy ry fiets, want

hy is nie lus vir loop nie. Hy loop eintlik net as hy op

sy slagoffers spioeneer en op hulle toeslaan. By die kafee

gekom, sluit hy eers sy fiets vas met ’n ketting en stap

in. Vandag is dit ’n ander persoon wat by die geldlaai

werk en nie die een wat gister vir Justin so oor die

vingers getik het oor sy lawaaimakery nie. Justin loop na

waar die koerante is. Hy tel die koerant op en sy oë word

groot toe hy na die hoofopskrif kyk:

Jongman se lyk in veld gekry
32

Daar is ’n foto van Deon. Dit is dieselfde foto as die een

in die fotoblad van die skool.

Justin lees die eerste paragraaf van die berig:

’n Jongman, Deon Lombard, se lyk is gister sesuur die

oggend in ’n veld in Raccoon Straat gekry, ongeveer ’n

kilometer van sy ouerhuis. Sy lyk is gevind deur ’n jong

dame (wat nie haar naam genoem wil hê nie) wat sesuur die

oggend daar verby gedraf het.

“Ek het verby gedraf en toevallig gesien daar lê iemand in

die veldtjie. Ek het nader gegaan en gekyk en toe kry ek

die lyk daar. Daar was baie bloed!”

Die jong dame het dadelik die blitspatrollie en ambulans in

kennis gestel op haar selfoon…

Die res wil Justin nie nou lees nie. Hy weet nie wat om te

dink nie. Hy stap na die kassiere toe en betaal vir die

koerant en dan ry hy terug huis toe.

By die huis gekom, lees hy die volledige berig. Dit sê dat

die polisie nog niemand in hegtenis geneem het nie en dat

hulle ook geen leidrade op die moordtoneel kon vind nie.

“As hulle iemand in hegtenis geneem het, is dit beslis die

verkeerde ou!” sê Justin saggies vir homself.

Hy is bly dat die polisie nie iemand anders verdink nie,

want dan gaan hy wat Justin is, regtig soos ’n hond voel.

Hy wil natuurlik nie hê dat hulle hom moet vang nie, maar

hy wil regtig nie hê dat die polisie die blaam op iemand

anders moet plaas nie. Dit is in tye soos die wat Justin

verlig is dat hy darem nog ’n bietjie saggeaardheid in hom

het, want partymaal voel dit regtig vir hom of hy besig is

om heeltemal in ’n psigopaat te ontaard.

Die storie van Deon pla hom regtig nie meer nie. Hy het

gedink dat hy baie geskok sou wees as hy die koerantberig

lees, maar dit het hom nie regtig bang gemaak of laat skrik

nie.

Justin voel dat hy reg is vir sy tweede slagoffer – Pieter

Strauss. Hy moet net uitvind van Pieter se doen en late.

Hy volg dus dieselfde prosedure as by Deon se moord – hy

vind eers iets oor die slagoffer uit, dan beplan hy en dan

slaan hy toe.

Iets wat Pieter op skool gedoen het wat Justin nooit sal

vergeet nie, is die slag toe hy daardie vieslike

aanmerkings oor Justin se opstel gemaak het. Hulle moes in
33

Afrikaans ’n beskrywende opstel skryf oor ’n meisie van wie

hulle hou. Daar was op daardie oomblik nie ’n meisie van

wie Justin regtig gehou het nie. Daar was baie mooi

meisies in hulle skool, maar niemand wat regtig besonders

was nie. Hy het toe maar oor ’n denkbeeldige meisie

geskryf. Hy het vertel oor hoe mooi sy is en hoe sy hart

bokspring elke keer as sy verby hom loop en hoe pragtige

lyfie sy het en allerhande soetsappige dingetjies. Die

onderwyser was egter op daardie oomblik vir ’n rukkie uit

die klas uit en Deon en sy trawante het toe die klas, soos

gewoonlik, oorgeneem. Justin het hom nie aan hulle gesteur

nie. Hy het heel voor in die klas gesit en hulle was agter

in die klas besig om snaakse aanmerkings te maak oor die

portrette van letterkundiges wat teen die mure van die

klaskamer is. Pieter het egter moeg geraak vir die

gekskeerdery en toe het hy voorentoe geloop na die bord toe

om prentjies te teken. Toe hy verby Justin se tafel loop,

het sy oog Justin se opstel gevang en hy het dit gegryp.

Justin wou hom nog keer, maar diep binne het iets hom

teruggehou. Dit het gevoel asof ’n stem in sy kop vir hom

sê: “Wag, nie nou nie…jou beurt om wraak te neem sal nog

kom!”.

Pieter het die opstel kliphard voor die hele klas begin

lees en hy het kort-kort vieslike aanmerkings gemaak terwyl

hy lees. Die res van die klas het dit egter geniet en

geskater van die lag. Justin was lus om te huil. Terwyl

hy so sit en voor hom uit staar terwyl almal hom spot, het

Pieter sy opstel voor hom neergegooi en na Justin gekyk.

“Waar kom jy aan al die gemors wat jy skryf, Justin?” het

Pieter gevra “Jy rook seker baie dagga, of hoe?”.

Justin sal daardie gebeurtenis nooit vergeet nie.

Dit is vandag die vierde dag van sy verlof. More is die

laaste dag. Hy besluit om vandag en more bietjie uit te

vind van Pieter se doen en late en dan sal hy later

toeslaan. Hy kry ’n hele paar adresse onder die van

Strauss in die telefoongids. Hy bel elke een en gebruik

weer die taktiek wat hy die vorige keer met Deon se ma

gebruik het – hy sê hy is besig met navorsing vir ’n

maatskappy met die naam FreakyTech. Die vyfde nommer wat

hy skakel, is Pieter Strauss se huis. Dit is sy ouer broer

wat antwoord.

“Daar bly mos iemand met die naam Pieter Strauss daar?” –

dit was een van die vrae wat Justin gevra het.
34

Toe Pieter se broer wou weet hoe Justin dít weet, sê Justin

dat hy by iemand verneem het dat Pieter daar bly en dat die

persoon vir hom vertel het dat Pieter so goed was

in rugby op skool. Pieter se broer geniet dit baie toe

Justin sy jonger boetie so prys. Arme vent, as hy maar net

weet wie dit is wat regtig praat en dat sy broer se lewe op

die oomblik in gevaar is.

Na die oproep kyk Justin na sy inligting. Hy het vir

Pieter se broer gesê dat hierdie ’n opname is om uit te

vind hoe aktief elke lid van die gesin is wat sport betref.

Hy het dit gesê, omdat hy weet dat Pieter gaande is oor

sport. Miskien kan hy ook vir Pieter agtervolg, net soos

wat hy vir Deon agtervolg het en dan op Pieter toeslaan en

hom ook met die mes bykom.

Justin besef dat hy gelukkig is dat in beide Deon en Pieter

se gevalle het die mense na sy “navorsingsvrae” geluister.

In baie gevalle sal die mense brom dat hulle nie belangstel

nie en dat jy nie hulle tyd moet mors nie en dan die foon

in jou oor neersmyt.

Pieter speel nie meer rugby nie, want volgens sy broer, het

hy wat Pieter is, nou ’n meisie gekry en sy is nou eerste

prioriteit en hy het besluit om die rugby vir eers te los.

Sy meisie hou blykbaar nie daarvan dat hy rugby speel nie.

“Pieter Strauss het ’n meisie…arme meisie!” sê Justin

hardop vir homself en hy steek ’n sigaret op. “Die meisie

moet maar baie tyd saam met haar ou liefie spandeer, want

binnekort gaan hy doodgaan en dan gaan hy nie meer daar

wees om haar vas te hou en allerhande leuens in haar

oortjies te fluister nie…foeitog!”.
35

HOOFSTUK 6

Daardie aand kyk Justin en Lukas maar weer TV. Die verskil

is egter dat hulle nie wegneem-etes gekry het nie. Vanaand

is dit vars witbrood, salami en kaas wat hulle by die kafee

gekoop het. Toe hulle dit gekoop het, het Lukas gesê dat

hulle ongelukkig nou nie elke dag só ’n ete kan voorsit

nie, want salami is duur. In hierdie geval het hulle maar

’n uitsondering gemaak.

Hulle sit doodstil voor die TV en peusel aan hulle kaas-ensalami

toebroodjies. Hulle kyk soos gewoonlik nie na iets

spesifieks nie – Lukas sit ’n sekere kanaal op en dan kyk

hulle na wat ook al daar is, totdat dit hulle verveel en

dan gaan hulle weer na ’n ander kanaal toe en dan weer na

’n ander en ’n ander…

Hulle kyk darem op SABC2 na ou Riaan Cruywagen wat die nuus

lees.

“Goeie ou, die Riaan…lees al baie lank die nuus!” sê Lukas

elke aand as hulle die nuus kyk.

So werk hulle maar die een kanaal na die ander deur. Net

so nou en dan word daar miskien iets gesê soos “gee gou die

botter aan”, of “waar’s die remote nou weer?”.

Ja-nee, Justin kan voel dat dinge nie meer so vreemd is

tussen hom en Lukas nie. Hulle baklei nie meer so baie nie

en hulle praat darem bietjie meer met mekaar, selfs al is

dit net ’n páár woorde meer!

Hy wonder hoe het hulle dit reggekry het om beter oor die

weg met mekaar te kom. Daar was maar altyd so effense

snaakse gevoel tussen hulle, ’n effense krapperigheid.

Vandat hulle beter oor die weg kom, is dit amper soos twee

tieners wat die tiener “hang-up’s” opsy geskuif het en

besluit het om mekaar maar te aanvaar en saam te leef.

Lukas drink ook glad nie meer so baie rum nie. Hy rook

maar nog steeds net so baie, maar hy is beslis beter. Sy

buie is beter – nie meer so beneuk en suur soos altyd nie.

Justin wonder regtig hoe het dit gebeur. Het Lukas nou

maar net besluit om vir hom wat Justin is, te aanvaar?

Nadat hulle geëet het, kyk hulle vir ’n ruk lank nog TV en

dan skakel Lukas die TV af en hulle sit in stilte en rook

elkeen ’n sigaret. Justin hoes skielik. Hy ruk soos hy

hoes.

“Ja, boetie – ek het al baie vir jou gesê dat jy daai

Stuyvesant moet los en eerder Gunston moet probeer!” spot

Lukas.
36

“Nee hel, Gunston laat my éérs hoes!” kap Justin terug en

hulle albei lag.

Vir ’n ruk lank is dit weer doodstil en hulle rook in

stilte hulle sigarette. Justin druk sy stompie in die

asbak dood en dan staar hy voor hom uit. Lukas vat ’n paar

laaste trekke en druk sy stompie ook dood.

“Lukas, ek gaan nou baie reguit wees. Het jy agtergekom

dat ek en jy beter oor die weg kom deesdae?” vra Justin en

hy kyk vir Lukas.

“Ja, dis alles te danke aan jou”, sê Lukas en hy kyk na

Justin.

“Aan my?” vra Justin verbaas “Hoe bedoel jy nou?”.

“Daardie aand toe ek so gekoring was en jy vir my gesê het

dat jy nie meer vir my ‘oom’ gaan sê nie…ek het daardie

aand respek vir jou gekry dat jy so opstaan vir jouself.

Ek het toe besef dat ek nie altyd so bright is soos wat ek

dink ek is nie…dat ek maar eintlik ’n vuilgoed is wat dink

die wêreld skuld my iets en wat wil hê dat almal bang moet

wees vir my”, Lukas staar voor hom uit terwyl hy dit sê.

“Niemand is perfek nie, Lukas…niemand”, sê Justin en hy kyk

na Lukas.

Lukas sê niks nie. Hy staan op en strek homself uit.

“Nag, Justin”.

“Nag, Lukas”.

Justin sit nog ’n rukkie en gaan dan na sy kamer toe. Hy

sit die lig aan en maak die deur agter hom toe. Hy gaan

sit op sy bed.

Hy luister – alles is doodstil. Buite tjirp ’n verlate

kriek. Dis nogal vreemd, want dit is winter en gewoonlik

hoor ’n mens nie dan sommer krieke en ander naggeluide nie.

Justin sit so en dan voel hy skielik baie alleen en bang.

Hy kyk na sy kas en kry weer rillings. Wat gaan tog met

hom aan? Hy staan skielik op en pluk sy kasdeure een vir

een oop.

“Kyk nou, idioot!” raas hy met homself “Daar is niks in die

kas nie…daar is niks snaaks aan die kas nie!”.

Hy skrik effens vir sy eie stem en dan gaan sit hy weer op

sy bed. Hy begin nou agterkom dat wanneer hy om mense is,

is dit asof hy heeltemal normaal is. Hy het nie regtig

vriende nie – hy gesels maar net so bietjie met Lukas en

kyk maar altyd saam met hom TV. As hy by Lukas is, is dit

asof hy heeltemal normaal optree…asof alles reg is. As hy

alleen is, as hy sy kamerdeur agter hom toemaak, is dit

asof die bose oor heers en dan kry hy al hierdie
37

wraakgedagtes en dink hy dadelik aan sy wraak, die moord,

Deon se bloed wat oor die grond vloei…Kain en Abel…

“Wat gaan aan?” vra Justin vir homself en hy hou sy kop vas

en wieg stadig heen en weer op sy bed. Hy kners op sy

tande. Waar is sy sigarette? Dit voel altyd vir hom dat

’n sigaret die enigste ding is wat help as sy kop so seer

raak en hy so bang en alleen raak.

Hy rook ’n sigaret klaar en skryf dan is sy dagboek:

STEMME IN MY KOP EN ‘N DUIWEL IN MY KAS

Daar is stemme in my kop

ek koester ’n wrok

ek is soos ’n dier in ’n hok

en my siel brand met ’n vuur van ewige haat

Justin kyk na die strofe wat hy geskryf het. Dit klink vir

hom lomp. Hy krap dit dood en dan skryf hy groot: VANDAG

HET EK NIE WOORDE NIE, NIE LETTERS NIE. EK IS SPRAKELOOS.

Hy gooi sy dagboek op die vloer neer en tel sy mes op. Hy

betrag sy mes en sit dit ook neer. Wat gaan in sy kop aan?

Dit voel parymaal vir hom asof hy homself glad nie meer ken

nie. Daar is ook die stem in sy kop en dinge wat hy self

sê en wat die stem vir hom sê, maak net nie sin nie.

“Dit is Deon en sy trawante se skuld…as gevolg van hulle

het ek so mal en siek in my kop geraak, want hulle het my

net altyd verneder en nou sit ek met die letsels!” sis

Justin en hy bal sy vuiste en dit voel asof ’n aar is sy

kop wil bars. Hy kry skielik ’n vreeslike hoofpyn.

Vars lug – dit is wat hy nou nodig het. Hy vat sy mes en

stap na buite. Sy bostuk wat hy gewas het, hang nog al die

pad buite op die draad. Hy stap na buite, haal die bostuk

af en trek dit aan. Hy steek sy mes onder sy bostuk in.

Hy besluit om ’n entjie te gaan stap. Hy kyk op sy

horlosie – kwart voor elf.

Die strate is stil en die weer is lekker – nie koud nie,

nie warm nie, net reg. Justin loop en hy is diep

ingedagte. Hy weet nie waarnatoe hy wil loop nie, hy loop

net in ’n rigting. Hy kom in ’n lang straat en dan draai

hy skielik links in ’n ander straat in.

Hy staan stil. Doer anderkant in die straat loop twee

mense. Justin aarsel vir ’n oomblik en dan stap hy na

hulle toe. Hy hou hulle fyn dop. Toe hy omtrent twintig

meter van hulle af is, staan hy weer stil en kyk na hulle.
38

Dit is ’n ou en ’n meisie. Hy dra ’n blou denimbroek met

’n wit Quiksilver sweetpak-bostuk en die meisie dra net

wit. Hulle loop in die teenoorgestelde rigting en hulle is

glad nie bewus van Justin wat hulle fyn dophou nie.

Hulle stap voort en Justin kan sien dat hulle heeltemal

verlief en verlore is. Hy volg hulle op ’n afstand.

“Die ou met die blou en wit…die ou met die blou en wit…die

ou met die blou en wit…”, sê die stem in Justin se kop.

Justin steek sy hand onder sy bostuk in en klem die mes se

hef styf vas. Die ou en die meisie draai regs in ’n ander

straat af en by die vierdie huis aan die regterkant, gaan

staan hulle stil. Hulle staan reg onder een van die

straatligte en Justin maak seker dat hy op ’n veilige

afstand bly, agter ’n boom op die sypaadjie. Hulle sien

hom glad nie. Justin loer effens agter die boom uit. Hy

sien nou wie die ou is – dis Pieter Strauss!

“What a nice surprise”, fluister Justin saggies vir

homself.

Dit is natuurlik Pieter en sy meisie. Dit is die meisie se

huis hierdie en Pieter het haar kom afsien. Justin kyk om

hom – perfek, dis ’n stil straat en daar is geen motors of

mense naby wat sal sien as hy toeslaan nie, want hy gaan

nóú toeslaan. Hy sal nie weer só ’n geleentheid kry nie!

Pieter soen sy meisie totsiens en Justin ril. Die meisie

stap na die voordeur toe en Pieter kyk haar agterna. Sy

sluit oop en gaan binne. Pieter blaas vir haar ’n soentjie

en sy giggel.

Toe die voordeur toegaan, begin Pieter rustig aan te stap

en hy skop na ’n leë koeldrankblikkie wat op die sypaadjie

lê.

Justin tree op die ingewing van die oomblik op – toe Pieter

naby die boom kom waar Justin staan, spring Justin soos ’n

blits agter die boom uit en gryp vir Pieter aan sy keel.

Pieter skrik homself boeglam en hy snak na sy asem. Justin

se greep om sy keel verslap, maar hy hou die mes teen

Pieter se keel en wys met sy ander hand se wysvinger vir

Pieter om doodstil te wees.

“Jy wil seker tog nie die rustige buurt se nagrus versteur

deur te gil soos ’n maer vark nie, of hoe?” vra Justin en

verbasend is hy heel kalm.

“Justin”, prewel Pieter en sy oë is groot en hy haal benoud

asem “dis jy, jy…Justin!”

“Dis ek ja. As jy gewonder het oor jou vriend Deon, dit

was ek gewees. Jy sien – daar kom ’n tyd wanneer ’n mens
39

díe mense wat jou verneder het in die verlede, moet

terugbetaal. Dit is wat ek nou doen, maar voor ek jou van

kant maak, moet jy eers mooi vir my vertel – waar kan ek

jou ander twee vriende, Neels en Gerrie, in die hande kry?”

vra Justin kalm en hy kyk na die verskrikte Pieter wat so

bleek soos ’n spook is.

“Jy’s mal, ek…” – Pieter kry nie kans om sy sin te voltooi

nie, want een van die mense wat oorkant die pad bly, kom by

sy voordeur uitgestap en sien die hele petalje – die een ou

wat die ander ou met ’n mes aanhou.

“Haai, wat gaan daar aan!” skree die ou en ’n entjie verder

in die straat begin ’n hond te blaf.

Justin tree impulsief op en hy deurboor Pieter se keel met

sy mes. Hy pluk die mes uit en hardloop asof sewe duiwels

agter hom aan is. Pieter gryp sy keel vas en dan val hy

reg agteroor op sy rug.

Die ou wat by sy voordeur uitgekom het, kom oor die straat

aangedraf en buk by Pieter wat op sy rug lê en besig is om

dood te bloei. Sy vrou kom by die voordeur uitgeloop.

“Zak, wat maak jy?” vra sy “Het jy so geskree?”.

“Vinnig Gerda, bêl die ambulans. Hier is ’n ou wat met ’n

mes gesteek is en hy bloei verskriklik!” skree Zak.

Justin hardloop nog al die pad. Hy het heeltemal rigting

verloor. Hy het verdwaal in sy eie buurt, maar hy hou net

aan hardloop en hy draai in die een straat na die ander af

en hy hardloop en hardloop en hardloop. Sy longe brand en

hy voel asof sy bors gaan toetrek. Toe hy weer sien, staan

hy voor sy huis.

“Hoe gebeur dit?” vra hy vir homself en sy asem jaag.

Alles het so vinnig gebeur, dat dit vir hom heeltemal

onwerklik voel. Hy kyk vinnig om hom en stap dan na die

agterdeur toe. Hy sluit die deur oop. Die huis is

pikdonker. In die gang, staan hy eers stil by sy kamerdeur

en luister hoe Lukas snork. Justin maak sy deur oop en

volg weer die ou prosedure – bostuk uit, in ’n sak, onder

sy bed in…mes in ’n sak, onder sy bed in. Sy asem jaag

steeds en hy is heeltemal deurmekaar. Hy loop saggies in

die gang na die badkamer toe en was sy hande. Daar is nie

veel bloed op sy hande nie, nie so baie soos die aand van

Deon se moord nie. Nadat hy sy hande goed gewas het, staan

hy stil en luister. In die verte skree die sirenes van

nooddienste. Is dit dalk die ambulans en polisie wat nou

daar by die moordtoneel aangekom het of op pad is soontoe?
40

Die moord waar Pieter Strauss voor sy eie meisie se huis

vermoor is. Justin sak inmekaar op die badkamer vloer en

hy is heeltemal verward. Sy longe brand nog van die

hardloop, maar hy grou nogtans in sy broeksak rond vir sy

sigarette. Hy steek ’n sigaret op en terwyl hy daar op die

vloer lê en bewe en duisende gedagtes deur sy brein flits,

rook hy rustig, tog angstig sy sigaret. Hy kan net dink

hoe dit nou daar lyk – Pieter wat in ’n plas bloed lê, die

personeel van die nooddienste wat tevergeefs sy lewe

probeer red, die polisie wat die ou oorkant die straat

uitvra en verklarings afneem…en Pieter se meisie wat daar

staan en huil…sy sal verseker daar wees, want dit het

omtrent voor haar huis gebeur en sy moes seker iets gehoor

het.

Justin kap sy kop teen die vloer. Hy kap weer sy kop en

weer en weer. Dan huil hy saggies en brand homself met sy

sigaret. Hy weet nie meer wie hy is nie. Hy ken homself

nie meer nie. Al wat hy weet is dat hy heeltemal mal is en

dat hy ’n tipe van ’n psigopaat of ’n skisofreen is. Hy

dink terug aan die moord van vanaand en hy raak naar.

Sy wandeling in die aandlug, het ontaard in ’n moord.

Eintlik in ’n nagmerrie. Nee, in ’n moord én ’n nagmerrie.

“Jy’s siek in jou kop!” gil Justin vir homself waar hy op

die vloer lê. Hy kap weer sy kop teen die vloer. Lukas

skrik wakker. Justin kruip op die vloer rond en kap sy kop

teen die muur. Waar is sy mes? Hy soek sy mes. Lukas

storm die badkamer binne.

“Wat de hel gaan met jou aan?” skree Lukas en hy is

heeltemal verskrik.

“Ek is mal en ek wil vrek…dan is ek nie meer in iemand se

pad nie!” gil Justin.

Die bloed stroom oor Justin se voorkop soos wat hy sy kop

stukkend gekap het teen die vloer en die muur.

Lukas hardloop terug na sy kamer toe en gryp sy selfoon.

Hy skakel die nooddienste. Gelukkig onthou hy die nommer,

dis 112.

’n Operateur antwoord en Lukas verduidelik vir haar wat aan

die gang is en dat sy onmiddellik ’n ambulans moet stuur…

Ivan Jantjies, ’n paramedikus, klim in sy reaksievoertuig.

Hy was nou net by ’n toneel waar ’n jong man,

geïdentifiseer as Pieter Strauss, met ’n mes gesteek is.

Hy moes vinnig met Pieter na die noodgevalle eenheid toe

jaag. Pieter se toestand is kritiek en hy het baie bloed

verloor. Ivan dink nie dat Pieter dit gaan maak nie. By
41

noodgevalle het die een dokter wat aan diens was, ook gesê

dat die kanse skraal is dat Pieter gaan oorleef. Ivan is

net verlig dat daardie drama verby is. Toe hy egter in sy

reaksievoertuig klim, word hy geroep oor die radio. Die

operateur verduidelik dat hy onmiddellik moet uitgaan na ’n

toneel waar ’n ander jongman ’n besering aan sy kop

opgedoen het in ’n badkamer.

Ivan sug. Hy is so moeg vir jongmense wie se lewens

weggegooi word en wat vermoor word en allerhande sulke

aaklige dinge. Hy laat weet die operateur dat hy

onmiddellik op pad is soontoe. Hy kyk na die adres wat sy

vir hom gegee het, skakel die voertuig se sirene aan en

jaag vinnig weg.

Lukas staan gebukkend by Justin en hou hom stewig vas,

sodat hy nie dalk losruk en weer sy kop teen die muur kap

nie. Justin se een linkerarm hang langs sy sy en met sy

regterhand hou hy ’n handdoek teen die wond op sy voorkop.

Die een kant van sy gesig is vol bloed. Dit is ’n lelike

wond. Gelukkig is Justin half bewusteloos en sy oë gaan so

nou en dan bietjie toe en dan ruk sy kop skielik en dan is

sy oë weer wawyd oop. Lukas hou vir Justin styf vas. Hy

is verdomp sterk, díe Justin.

Die wit handdoek wat Justin teen die wond hou, is die

enigste ding wat Lukas in die hande kon kry, want toe hy in

die badkamer instorm, het die bloed oor Justin se gesig

gestroom. Hy wonder hoekom bloei ’n besering aan ’n mens

se kop en gesig altyd so vreeslik. Lukas dink terug aan

toe hy baie klein was, toe hy van ’n klimmeraam afgeval het

by die parkie naby hulle huis. Sy pa het hom toe afgemaak

as “’n klein idioot wat lomp en onnosel is”. Hy het ’n

snyplek aan sy kop gehad en dit het nét so erg gebloei.

Terwyl Lukas so sit en dink en vir Justin vashou, loei ’n

sirene voor die huis. Lukas se greep om Justin se lyf

verslap en hy laat die half-bewustelose Justin op die vloer

lê. Vinnig hardloop hy na buite en is dankbaar toe hy die

paramedikus sien. Die paramedikus groet vriendelik en dan

draf hy saam met Lukas na binne. Lukas is baie verlig toe

hy sien dat Justin nog net so lê en dat hy nie weer sy kop

teen die muur of vloer gekap het nie. Die paramedikus

praat saggies met Justin terwyl hy in sy massiewe noodhulp

tas grou.

“Dis ’n lelike snyplek hierdie, meneer”, sê die paramedikus

vir Lukas, “ek sal hom moet steke gee en dan wil ek hom net

graag invat na noodgevalle toe, sodat ons behoorlik kan kyk

of hy nie enige ernstige beserings opgedoen het nie”.
42

“Maak soos jy goedink, ek is net bly jy het betyds

opgedaag!” sê Lukas en hy gee ’n sug van verligting. Hy is

regtig verlig, want Justin se kop kan lelik uithaak.

Hy het nooit geweet dat hy só lief is vir Justin nie. Die

afgelope paar dae het jy nogal lief geraak vir die kind en

hy het baie sleg begin voel oor al die kere in die verlede

wat hy vir Justin afgekraak het.

Toe die paramedikus wegjaag met Justin agterin die

reaksievoertuig, gaan Lukas in huis toe en gaan sit op sy

bed en huil. Hy dink terug aan toe hy en sy broer (Justin

se pa) nog kinders was. Lukas was altyd jaloers op sy

broer, want dit het altyd vir hom gevoel asof sy broer net

sukses het in sy lewe en asof hy wat Lukas is net altyd

misluk. Hulle ouers het altyd sy broer geprys vir alles

wat hy behaal – onderskeidings op skool, toe hy die eerste

rugbyspan haal en oor sy keuse van meisies. Oor Lukas se

prestasies het hulle nooit veel gesê nie. Lukas het eendag

sy humeur verloor en sy pa gestamp en geskree “As julle my

nie wil hê nie, sê dan so, dan loop en sommer nou weg en

gaan soek ander blyplek!”. Sy pa het hom die grootste pak

slae van sy lewe gegee – een wat hy nooit sal vergeet nie!

Van daardie dag af, het hy en sy pa nóg minder oor die weg

gekom. Hy het later vir sy pa om verskoning gevra, maar

dit het nie gelyk asof sy pa hom regtig vergewe het nie.

Sy ma was maar net altyd stil en het niks gesê nie.

Toe sy broer trou, was hy wat Lukas is, baie jaloers, want

sy broer het altyd die mooiste meisies gehad. Justin se ma

was regtig mooi – sekerlik die aantreklikste vrou wat Lukas

nog gesien het. Justin is toe gebore en Lukas het vir

homself gesê dat hy daardie gebroedsel haat, want hy gaan

seker net soos sy pa wees. Dit was toe eintlik net mooi

die teenoorgestelde, want Justin aard eintlik glad nie na

sy pa nie. Lukas het dit moeilik gevind om aan homself te

erken dat hy vir Justin verkeerd geoordeel het en daarom

het hy hierdie koue gevoel teenoor Justin gehad – ingestem

het om vir hom te sorg nadat sy ouers dood is, maar nooit

regtig in hom as mens belanggestel nie.

Die afgelope tyd, weet Lukas nie hoekom nie, maar dit is

asof hy net al hoe meer lief geraak het vir Justin en net

al hoe meer respek vir hom begin kry het. Lukas besluit

dat hy van nou af net vir Justin goed wil behandel, want hy

wil nie soos sy oorlede pa wees nie, hy wil wys dat hy

beter is as sy sarkastiese pa wat net altyd gekyk het na

prestasie op skool en sport.

Lukas vee sy trane af en hy steek ’n sigaret op. Hy kyk op

sy horlosie. Die paramedikus het gesê dat hulle sal bel
43

indien hulle ’n uitslag het van Justin se toestand. Lukas

wens nou hulle wil bel – hy is so bang dat Justin iets

ernstigs oorgekom het. Die paar minute wat die hospitaal

vat om te bel, voel vir hom soos ure.

Uiteindelik lui die telefoon. Lukas antwoord en daar praat

’n baie vriendelike dokter met hom en verduidelik dat

Justin steke gekry het – tien in totaal - en dat hy effense

harsingskudding opgedoen het. Sy verduidelik ook dat hulle

wil hê dat Justin vir die aand in die hospitaal moet oorbly

en dat hy more huis toe kan gaan.

“Kan ek nie dalk nou by hom ’n draai kom maak

nie…asseblief, dokter?” smeek Lukas, maar die dokter

verduidelik dat hulle vir Justin ’n slaappil ingegee het,

sodat hy kan kalmeer en rustig kan slaap.

Lukas sit die foon neer en staar voor hom uit. Die huis is

doodstil.

Hy loop na Justin se kamer toe en maak die deur oop. Hy

skakel die lig aan en staar in die kamer rond. Gelukkig

vir hom, kyk hy nie onder die bed waar die moordwapen en

die bebloede sweetpak-bostuk lê nie. Hy kyk ook nie onder

die kussing na die dagboek waarin Justin se wraakgedagtes

neergeskryf is nie. Hy staan maar net daar en kyk in die

kamer rond. Die kamer is oor die algemeen altyd donker –

geen wonder Justin raak partymaal so depressief en vol

snaakse streke nie…dit is omdat hy nie vriende het nie,

omdat hy en Lukas nie kwaliteit tyd saam spandeer nie,

omdat daar nooit regtig sonlig in sy kamer inkom wat hom

vriendelik groet in die oggende nie.

Lukas kyk na die kas en glimlag. Hy onthou nog hoe Justin

altyd toe hy klein was in die nagte gekla het oor daardie

kas, want hy het altyd gesê dat daar iets boos aan daardie

kas is en dat dit hom vir hom voel asof daar ’n duiweltjie

uit daardie kas gaan uitkom.

Lukas sit weer die lig af, maak die deur saggies toe en

loop kombuis toe. Hy haal die bottel rum uit die kas uit

en loop daarmee na buite. Hy staan vir ’n ruk lank daar en

betrag die erf om die huis. Hy het nog nooit eers daarop

gelet dat die erf in so ’n toestand is nie.

“Wat moet die mense dink?” vra Lukas saggies vir homself.

Die tuin lyk omtrent soos ’n oerwoud. Daar staan in die

agterkant van die huis so ’n paar perskebome wat nie eers

meer perskes dra nie en die gras lyk regtig woes.

Lukas besluit sommer daar en dan dat hy een of ander tyd

die tuin gaan opknap, maar eers wil hy ontslae raak van die

gif…die “gif” is die rum – hy het besluit dat hy glad nie
44

meer die goed wil drink nie, want hy drink hopeloos te

veel. Hy wil sy lewe begin regruk en so ook sy tuin en sy

verhouding met Justin. Lukas trek los en gooi die bottel

rum teen die betonheining vas. Die bottel spat in stukke

en die reuk van rum versprei in die aandlig…
45

HOOFSTUK 7

’n Slaappil is ’n lelike ding. Hy gly in jou esofagus af

en bereik jou maag en jy dink “Ag wat, maar net nog ’n tipe

pil wat nie werk nie”…maar dan tref die lomerigheid jou

skielik soos ’n hamerhou tussen die oë en jy sluimer stadig

maar seker in. Altans, dis hoe Justin dit ervaar het toe

die verpleegster vir hom die slaappil ingegee het.

Hy het net skielik ingesluimer en omtrent die heeltyd

gedroom van ’n trop skape. Daar was in sy droom ’n trop

van twintig skape en hy wat Justin is, was die wolf – die

wrede, honger wolf wat die skape dophou en wag vir een van

hulle om af te dwaal sodat hy hom kan verslind.

Hy het twee skape verslind en hulle albei het name gehad

wat op hulle voorkoppe opgeplak was – Deon en Pieter.

Dit was egter nie ’n nagmerrie nie, eerder ’n baie, baie

vreemde droom…maar dit was nie skrikwekkend nie.

Dit is nege uur die oggend en Lukas kom ingeloop en kyk

glimlaggend na Justin wat regop sit in die hospitaalbed.

“Goeiemore…hoe voel jy?” vra Lukas en hy skud blad met

Justin.

“Reg om huistoe te gaan, dis verseker!” lag Justin terwyl

hy Lukas se hand skud.

“Het hulle darem vir jou ’n ordentlike ontbyt gegee?” spot

Lukas.

“Nee wat, hierdie hospitaalkos maak my glad nie vol nie”,

sê Justin en hy vryf oor sy maag, “Kan ons op pad huis toe

iets kry?”

“Dit klink na ’n goeie plan!” sê Lukas.

Terwyl hulle nog so staan en gesels, kom die dokter die

saal binnegestap. Hy beduie vir Lukas dat hy buite in die

gang met hom wil praat. Lukas beduie vir Justin dat hy nou

weer by hom sal wees en hy stap agter die dokter aan en

hulle gaan staan in die gang.

“Justin is olraait. Hy kan maar huis toe gaan en hy moet

maar die res van die dag rus. Die slaappil sal nog ’n

effek op hom hê en hy moet dit maar uitslaap”, verduidelik

die dokter en dan frons hy “Justin se emosionele toestand

bekommer my…ek het met hom gesels voor ons die steke ingesit

het en dit wil vir my voorkom asof hy aan ’n tipe van

’n angs of depressie ly, maar ek sal dit eerder beskryf as

angs”, Lukas luister aandagtig terwyl die dokter praat.

“Ja, partymaal worry dit my, want dit is defintief nie nét

angs nie. Daar is iets anders, ’n dieper emosionele iets
46

wat aan Justin knaag…amper soos ’n bose mag”, sê Lukas en

die dokter kyk verskrik na hom.

“E…ja…ek dink ook so!” antwoord die dokter en hy lyk

verskrik.

“Is daar iets wat jy wil vertel dokter, weet jy dalk van

iets wat vir Justin emosioneel beïnvloed?” vra Lukas en hy

kyk met ’n frons na die dokter wat ongemaklik staan en

rondtrippel op sy tone.

“Asseblief, ek wil graag die kind help!” sê Lukas.

“Ek weet nie…gaan praat maar met ’n sielkundige of iemand”,

sê die dokter vinnig in een asem en dan draai hy om en loop

vinnig weg.

“Idioot!” sê Lukas saggies en dan loop hy terug na Justin

toe en terwyl hy loop wonder hy waar die vriendelike dokter

is wat hom daardie aand gebel het.

Lukas wil nie hê dat Justin na ’n sielkundige toe moet gaan

nie, want hy glo nie in sielkundiges nie. Hy glo dat hulle

geldwolwe is wat alles wat jy sê op papier neerpen en net

die horlosie dophou en nie regtig ’n oplossing kan gee vir

jou probleme nie.

’n Paar minute later is Lukas en Justin in Lukas se motor

en hulle ry KFC toe. Miskien kan hulle een of ander

“breakfast special” daar opraap.

Hulle kry iets en dan gaan hulle na ’n parkie daar naby en

sit en eet hulle ontbyt onder die bome.

Die parkie se gras is redelik lank en die plek is oor die

algemeen maar bemors met papiere en blikke, maar hulle

probeer maar om verby dit te kyk en smul aan hulle ontbyt.

“Justin, ons móét praat”, sê Lukas en hy vee sy mond met ’n

servet af.

“Waaroor?”, vra Justin en hy kyk nuuskurig na Lukas.

Justin voel effens moeg. Die slaappil het nog ’n effek op

hom.

“Ek het in die laaste tyd besef dat ek jou in die verlede

vreeslik verneder het en dat ek maar ’n slegte voog was vir

jou…ek wil net sê dat ek jammer is en dat ek wil hê ons

moet van voor af begin. Ek het verlof ingesit vir vandag

en more. Jy kan vandag uitrus en dan kan jy vir more

verlof insit en ons kan dan iets gaan doen…mini-golf gaan

speel of iets”, sê Lukas en hy kyk na Justin en hy betrag

die steke teen Justin se voorkop. Dit is darem netjies

gedoen.

“Dit sal nie vir my nodig wees om verlof in te sit vir more

nie”, sê Justin en hy staar voor hom uit.

“Hoe bedoel jy?”
47

“Ek gaan nie terug werk toe nie. Ek gaan bedank, want daar

gaan ’n verandering plaasvind in my lewe”, sê Justin en hy

steek ’n sigaret op.

Lukas is heeltemal verbaas en hy verstaan glad nie wat

Justin bedoel nie.

“Ek verstaan nie…”

“Moenie nou daaroor worry nie. Ons kan more onsself

geniet. Volgende Saterdag werk jy in elk geval nie…ons kan

dan ook iets gaan doen, in die tuin werk of iets”, sê

Justin en hy teug aan sy sigaret.

Lukas is bly en hartseer…en deurmekaar – hy is bly oor die

feit dat Justin ook dinge wil regmaak tussen hulle twee, hy

is hartseer dat Justin sy werk bedank en hy is ook

terselfdertyd deurmekaar, want hy verstaan nie wat Justin

bedoel met “dinge wat gaan verander in sy lewe nie”.

Het hy miskien ’n ander werk ingedagte?

“Maar jy moet mos dertig dae kennis gee, of hoe?” vra

Lukas.

“Ja, maar ek gaan maar net my baas bel en vir hom sê hy

moet maar iemand anders kry, want ek gaan waai”.

Lukas kyk vir Justin fronsend aan. Dit is in sulke tye wat

hy vir Justin glad nie verstaan nie. Maar nou ja, die kind

is al oud genoeg om vir homself te besluit.

By die huis gekom, gaan Justin dadelik kamer toe en klim in

die bed. Lukas gaan sit voor die TV en worstel deur die

kanale op soek na iets nuttigs om na te kyk.

Justin lê en dink aan sy verandering. Hy haal sy dagboek

onder sy kussing uit en hy smyt dit eenkant op die vloer

neer.

Dit is regtig tyd vir ’n verandering…

Die volgende oggend is Justin vroeg op. Lukas slaap nog en

Justin is bly daaroor. Hy vat sy dagboek en sy sweetpakbostuk

wat hy altyd aan gehad het wanneer hy toegeslaan het

op sy slagoffers. Die berig oor Pieter was toe ook in die

koerant en die polisie sê dat hulle vermoed dat dit

dieselfde persoon is wat die moord op Deon gepleeg het.

Justin gaan staan in die agterplaas en kyk eers in die tuin

rond. Dit is ’n koelerige oggend en daar waai ’n koue

briesie. Justin soek ’n plek uit waar daar geen gras of

enige iets anders wat maklik brand in die omgewing is nie.

Die plek wat hy uitkies, is ’n stukkie kaal grond in die

hoek van die tuin. Hy gaan staan en betrag sy dagboek. Sy

oë dwaal vinnig oor ’n paar van sy inskrywings, asook oor

die foto’s van sy slagoffers.
48

Skielik trek hy los en skeur die boek uitmekaar. Emosie

gaan gepaard daarmee en dit is asof Justin ’n deel van

homself saam met die blaai afskeur.

Hy maak die geskeurde boek se dele netjies bymekaar op ’n

hopie en steek dit aan die brand.

Hy kyk na die vlamme wat die papier tot as verbrand en dit

is asof ’n stuk van sy wraak en bitterheid saam met die

vlamme verbrand en asof hy verlos raak van iets.

Die verbranding van sy “boek van boosheid” is een van die

hoogtepunte in sy lewe en skielik besef hy watter bose

invloed die boek op sy lewe gehad het – die wraak, die

bitterheid…dit was soos boosheid wat in die boek saamgevat

was en wie se kloue uit die boek gekom het en hom vasgehou

het in ’n greep…en daardie stem in sy kop…daardie stem

verdof en verdof soos wat die blaaie van die boek verbrand.

Sy sweetpak-bostuk word sommer in een van die groot

asblikke aan die buitekant van die huis gegooi. Justin wil

nie meer daardie bostuk hê nie, want die bloed van sy

slagoffers het daarop gespat soos wat hy hulle deurboor het

met die mes.

Aan sy mes doen hy niks, want hy glo dat dit nie die mes se

skuld is dat die moorde gepleeg is nie, nee – dit is die

persoon wat die mes gebruik se skuld.

“Duiwel gaan ’n engel word…”, sê Justin hardop vir homself

en hy draai om en loop.

Die koue oggendbries ontaard in ’n sterker wind en die as

van die verbrande “boek van boosheid” waai rond en versprei

deur die lug.

Later die oggend is Lukas uiteindelik uit die vere en hulle

eet ontbyt en gesels vrolik. Dit is vir Lukas die beste

dag van sy lewe, want hy en Justin het albei energie en

hulle voel sommer perdfris en gesond.

’n Paar minute later, dreun die grassnyer en daar word

gespit en geskoffel oral in die tuin. Die twee manne werk

soos professionele tuindienste en hulle geniet dit. Hulle

gesels skertsend en maak baie grappies.

Justin gooi ’n groot kluit na twee duiwe wat op die muur

sit. Die kluit bars in stukkies en die duiwe vlieg verward

in verskeie rigtings.

Hulle sbostuk vir ’n paar minute om middagete te eet en

daarna sit hulle weer hulle tuinwerk voort.

Later die middag is hulle behoorlik moeg en beskou hulle

hulle handewerk.

“Netjies”, sê Lukas.
49

“Netjies”, sê Justin.

“Ons moet nou net ordentlike, mooi blomme in die akkertjies

plant”, sê Lukas en hy staar ingedagte in die tuin rond.

“Volgende Saterdag gaan ons kwekery toe en dan kyk ons wat

ons kan doen”, sê Justin.

“Goeie plan”, sê Lukas en hulle gaan in die huis in om te

stort en ’n ordentlike aandete voor te berei.

“As jy klaar gestort het, hou tog net vir my ook bietjie

warm water, asseblief!” spot Justin.

“Ha, jy mag nie stort nie, want jou steke mag nie nat word

nie. Jy sal moet bad”, lag Lukas en hy gee vir Justin ’n

ligte stampie.

Dit was ’n lekker dag, maar die aand toe hulle gaan slaap,

het Justin egter nie baie lekker drome nie, inteendeel – hy

kry ’n vreeslike nagmerrie en hy droom dat sy hande vol

bloed is. Hy kry nie die bloed afgewas nie, dit bly net

daar en hoe hy ook al skrop, dit wil nie af nie.

Jy het bloed op jou hande, Justin…jy moet bieg oor die

moorde wat jy gepleeg het, anders sal jy nie genade ontvang

nie! – hierdie stem praat met Justin in sy droom.

Hy skrik wakker en is papnat gesweet. Hy sit sy lig aan en

vryf oor sy gesig. Sy asem jaag. Dit voel asof hy nou net

die 1200 meter gehardloop het. Hy kyk na sy hande,

gelukkig is daar nie regtig bloed nie, maar sy hande bewe

verskriklik.

Hy verstaan alles wat in die droom aangaan en hy besef dat

hy wel een of ander tyd sal moet vorentoe kom en moet erken

dat dit hy was wat die moorde gepleeg het. Dit is die

finale deel van sy verandering wat hy wil doen, want hy wil

’n nuwe blaadjie omslaan. Hy het genoeg gehad van wraak,

haat en bitterheid.
50

HOOFSTUK 8

’n Baas wat kwaad is, is soos ’n lokomotief wat stoom in

jou gesig afblaas. Dit is die eerste keer wat Justin en sy

baas baklei en dit is die dag wat Justin hom bel om te sê

hy bedank.

Na ’n lang redenasie word die foon in Justin se oor

neergesit. Justin weet sy baas is meer teleurgesteld as

kwaad, want Justin was die enigste een wie se werk altyd

perfek was. Sy baas het altyd oor die ander se werk gekla

en nou en dan het hy iemand na sy kantoor toe geroep, maar

nooit vir Justin nie. Almal by sy werk het vir Justin in

vrede gelos en dit was nooit soos op skool toe almal hom

net altyd veroordeel het en verneder het nie.

Justin hou nie daarvan om te bedank nie, maar met hierdie

nuwe blaadjie wat hy gaan omslaan, gaan dit nie help hy

werk verder nie. Hy weet dat wanneer hy gaan erken dat dit

hy was wat die moorde gepleeg het, gaan hy verhoor word en

tronk toe gestuur word. Hy is natuurlik baie spyt dat hy

die moorde gepleeg het, maar wat kan hy doen – die koeël is

immers deur die kerk.

Later die dag sit Justin in sy kamer. Dit is ’n rustige en

stil middag en hy staar by sy venster uit. Hy kyk weer na

die perskeboom buite in die tuin. Daar sit altyd een of

twee mossies daar. Hy dink aan laas keer toe hy na die

mossies gestaar het – toe het hy nog allerhande morbiede

wraak gedagtes gehad. Min het hy geweet dat wanneer hy

weer na hulle kyk, hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het.

Die mossies sit rustig. Dit is so asof hulle saam met

Justin sit en dink.

’n Blink gedagte kom skielik by Justin op – Deon en Pieter

se ouers…

’n Paar minute later is Justin op sy fiets en hy ry na Deon

se huis toe. Terwyl hy op sy fiets ry, dink hy daaraan dat

Lukas nog vir hom gesê het dat hy meer met sy motor moet

ry. Justin weet natuurlik dat Lukas skuldig voel omdat hy

nooit vir Justin met sy motor vertrou het nie. Lukas is in

elk geval die grootste deel van die dag by die werk met die

motor en Justin het diep in sy hart ’n sagte plekkie vir sy

trapfiets.
51

’n Paar minute later staan hy voor Deon se huis en hy kyk

na die voordeur. Daar kom ’n knop in sy keel en vir ’n

oomblik twyfel hy.

“Doen ek nou die regte ding?” wonder hy.

Hy sluk hard, loop na die hek toe en druk die klokkie. ’n

Paar sekondes later kom Deon se ma by die voordeur uit.

“Kan ek help?” roep sy vir Justin.

“E…ekskuus mevrou…jammer om te pla. My naam is Justin, ek

was saam met Deon op skool en ek wil net sê dat ek jammer

is om te hoor van sy dood”, Justin rammel die woorde af en

maak reg om te ry. Dit voel vir hom hy was nou regtig dom

om hiernatoe te kom.

“Nee wag…kom in, kom drink iets”, sê Deon se ma toe Justin

net wil wegry.

Justin twyfel vir ’n oomblik.

“Dis reg, ek sal”, sê hy en klim van sy fiets af.

Deon se ma maak die hek oop. Min weet die arme vrou dat sy

nou met haar kind se moordenaar praat. Justin stap saam

met haar die huis binne. Die huis is nogal mooi en Deon se

ma nooi hom om te sit. Hy gaan sit op een van die

sitkamerbanke en sy kyk hom ingedagte aan. Justin voel

ongemaklik as sy so na hom kyk. Sy is ’n liewe vrou, maar

dit voel vir hom asof haar kyk soos ’n lem deur hom sny.

“Wat wil jy hê…koffie, tee, lemoensap?”

“Lemoensap, asseblief”, antwoord hy vinnig.

Sy verdwyn na die kombuis en ’n rukkie later kom sy die

sitkamer binnegestap met twee glase lemoensap.

“Dankie, mevrou”, sê Justin en hy vat die glas.

Die lemoensap is lekker, maar Justin voel hy kry weer

daardie knop in sy keel.

Deon se ma val weg en begin te praat oor Deon se dood.

“Vertel vir my…was jy en Deon in dieselfde klas?” vra sy.

Justin skuif ongemaklik rond en dan vertel hy vir haar dat

hulle in dieselfde klas was, maar hy vertel nie vir haar

oor al die kere wat hy en Deon vasgesit het nie.

“Ons het nooit regtig gepraat nie”, lieg hy.

Deon se ma se oë skiet skielik vol trane en sy vertel van

daardie oggend toe die polisie gekom het en vir haar en

haar man vertel het van Deon se bebloede lyk wat in die

veld gekry is.

Justin sit doodstil en sê niks. Wat kan hy sê? Dit is hý

wat vir hierdie mense se pyn en verdriet verantwoordelik

is.

Hy is net bly dat Deon se ma nie sy stem herken van daardie

dag toe hy gebel het oor die “navorsing” nie.
52

Justin drink sy sap vinnig klaar en maak dan verskoning en

sê dat hy weer moet gaan.

“Wou jy nie nog bietjie sap gehad het nie?” vra Deon se ma

en Justin vind dit moeilik om ‘nee’ te sê, want hy kan sien

dat Deon se ma geselskap soek. Haar man is by die werk en

sy het vir hom vertel dat sy ’n paar dae verlof gevat het,

want sy voel effens siek.

Justin voel baie jammer vir haar en hy moet keer om nie

hardop te begin huil toe hy saam met haar na buite toe stap

nie.

“Totsiens mevrou…en sterkte”, sê Justin saggies.

“Totsien en baie dankie dat jy kom inloer het, ek waardeer

dit!” sê sy.

Justin wou nog na Pieter se ouers ook gaan, maar hy het nie

nou die krag daarvoor nie. Hy verwyt homself die heel pad

huistoe. Hy moet net keer om nie te huil nie.

“Sien jy nou hoeveel verwoesting jy gesaai het…jou idioot!”

sê hy vir homself in sy gedagtes.

Justin sbostuk by die huis en hy val op sy bed neer en

begin hardop te huil. Hy huil en huil en huil en dit voel

asof hy nooit gaan ophou nie.

“Wat het my besiel om daardie moorde te pleeg?” vra hy

saggies vir homself.

Hy besef dat dit hom eintlik niks gehelp het om moord te

pleeg nie. Hy voel regtig soos ’n vark. Dit voel vir hom

asof sy wraak en haat nou maar net omgesit is in verwyte en

hartseer. Dit hét hom dus niks gehelp nie…sweet blow all.

Skielik gaan sy kamerdeur oop en Lukas kom die kamer binne.

Justin skrik en hy vee vinnig sy trane af en sit regop op

sy bed.

“En nou, hoekom huil jy?” vra Lukas en hy lyk bekommerd.

Hy gaan sit by Justin op die bed.

“Jy wil nie weet nie”, sê Justin en hy snik hard.

“Vertel vir my, Justin”, sê Lukas en hy sit sy arm om

Justin.

Justin wil sê dat dit niks is nie, maar hy begin weer

rukkend te huil en hy kry nie ’n woord uit nie.

“Wat is so erg dat jy nie met my daaroor wil praat nie?”

vra Lukas, “Asseblief, Justin…praat!”

“Ek het baie erg aangejaag…as ek jou gaan vertel, dan gaan

jy my sekerlik uit die huis uit skop”, sê Justin en hy vee

sy neus aan sy hempsmou af.

Lukas begin baie bekommerd te lyk. Hy kan nie verstaan wat

vir Justin so ontstel het nie.

Vir ’n lang ruk is dit stil en niemand sê iets nie.
53

Justin haal diep asem en hy bewe.

“Lukas, jy weet mos daardie twee moorde wat onlangs gepleeg

is…dit was in die koerant”.

“Ja…”, sê Lukas en hy kyk met ’n frons na Justin.

“Dit was ek wat daardie moorde gepleeg het”, sê Justin. Hy

voel trots op homself dat hy dit so reguit en eerlik vir

Lukas kon sê.

Lukas sê niks nie. Hy staar voor hom uit. Hy staan stadig

op, kyk vinnig na Justin en loop by die deur uit.

Justin bly op sy bed sit en staar voor hom uit. Alles voel

vir hom soos ’n groot nagmerrie.

Hy staan op en loop by die deur uit en gaan staan stil in

die gang. Hy hoor nie die TV nie.

“Lukas”, roep hy saggies.

Geen antwoord.

“Lukas”, roep hy harder.

Hy loop na die kombuis toe. Die buitelig brand. Hy stap

by die agterdeur uit en kry vir Lukas waar hy buite op die

gras sit en rook. Justin loop soontoe en gaan sit by Lukas

op die gras. Niemand sê iets nie.

“Wat het gebeur, Justin”, Justin skrik toe Lukas skielik

praat.

Justin vertel vir hom die hele storie. Hy vertel van alles

wat op skool gebeur het en hoe hy baie jare lank hierdie

wraakaanvalle beplan het en toe op die ou end toegeslaan

het.

“Ek weet ek het drooggemaak, Lukas, maar ek is bereid om te

erken dat dit ek was. Ek weet ek gaan toegesluit word,

maar ek wil ’n nuwe blaadjie omslaan en ek is moeg daarvoor

om opgevreet te word deur emosies van wraak en haat”,

Justin se oë skiet vol trane toe hy dit sê.

Lukas luister aandagtig en skiet sy sigaret stompie weg.

“Ek weet nie wat om vir jou te sê nie. Ek het nie verwag

dat jy so iets sal aanvang nie. Ek is egter bly dat jy

erken het dat dit jy was…dit wys darem jy is ’n man en nie

’n muis nie”, sê Lukas.

“Ek sal verstaan as jy my uit die huis uit skop. Jy soek

seker nie ’n moordenaar onder jou dak nie”, sê Justin.

“Jy kan bly, totdat jy jouself oorgegee het en as jy dalk

met die hofsaak op borgtog vrygelaat word, sal ek jou borg

betaal en dan kan jy ook hier kom bly”, sê Lukas en hy vee

die trane uit sy oë.

“Dankie, Lukas”, sê Justin en hy begin saggies te huil.

“Ek het ook iets waaroor ek moet bieg, Justin”.

“Wat is dit?”
54

“Dit is my skuld dat Deon en sy trawante jou so ’n harde

tyd gegee het”.

Justin vee die trane behoorlik uit sy oë en kyk verbasend

na Lukas.

“Ek is nou glad nie by nie…hoe bedoel jy?”

“Ek was destyds so jaloers op jou en ek het jou so verpes,

dat ek vir Deon en sy trawante betaal het om jou ’n harde

tyd te gee. Dit is alles my skuld”, Lukas kyk vir Justin

reguit in sy oë terwyl hy dit sê.

Justin kan nie glo wat hy hoor nie. Hy het geweet dat

Lukas hom gehaat het, maar hy het nie gedink dat Lukas só

laag sou daal nie – om skoolkinders te betaal om vir hom

wat Justin is, ’n harde tyd te gee, net om genot daaruit te

put.

Justin weet nie wat om te sê nie. Hy grou verward in sy

broeksakke rond vir sy sigarette. Hy steek ’n sigaret op

en blaas die rook hard uit.

“Ek sal verstaan as jy geskok is. Ek erken dat ek

kinderagtig was, maar ek sê nou vir jou dat ek jammer is.

Ek weet dat hierdie hele gemors eintlik my skuld is. As ek

nie vir Deon-hulle opgesteek het om jou lewe hel te maak

nie, dan sou jy nie met hierdie emosionele probleme gesit

het nie en sou jy ook nie daardie twee moorde gepleeg het

nie”, sê Lukas met ’n huilerige stem.

“Ek is nie kwaad vir jou nie…ten minste daal jy nie so laag

soos ek wat mense vermoor nie”, sê Justin en hy teug diep

aan sy sigaret.

“Ek het ook ’n moord gepleeg – nie fisies nie, maar

geestelik, want ek het veroorsaak dat jy emosioneel geknak

is”, sê Lukas en hy begin hardop te huil.

Die volgende oggend is Justin vroeg op en hy eet saam met

Lukas ontbyt.

“Ek dink jy moet dalk met die dominee gaan praat. Moenie

dadelik jouself oorgee nie”, sê Lukas.

“Ek sal so maak…dinge gaan reg kom, jy sal sien”, sê Justin

en hy glimlag vir Lukas.

Later die middag ry Justin na die pastorie toe. Dit is

gelukkig nie te ver nie. Hy is bly dat die dominee

ingestem het om hom te sien. Hy is egter bevrees dat die

dominee hom oor die vingers gaan tik omdat hy en Lukas so

lanklaas in die kerk was.

By die pastorie gekom, staan die dominee op die voorstoep

en wag. Hy glimlag vriendelik vir Justin.
55

“Hallo, Justin. Bring sommer jou fiets, dan sit jy hom

hier in die voorportaal”, sê die dominee.

“Dankie, dominee”, sê Justin.

Hulle gaan sit in die dominee se studeerkamer. Justin kyk

rond – oral op die boekrak is daar boeke en Justin kan

sommer sien dat die dominee ’n baie belese persoon is.

“Waarmee help ek jou, Justin?”, vra die dominee vriendelik.

“Dominee, ek gaan dadelik tot die punt kom”, sê Justin en

hy begin te vertel van die probleme wat hy op skool gehad

het met Deon en sy trawante.

Die dominee wys vir hom om te sbostuk.

“Neels en Gerrie het met my kom praat”, sê die dominee “ek

het vir hulle ’n bietjie berading gegee na Deon en Pieter

se dood en toe het hulle vir my gesê dat hulle vreeslik

skuldig voel oor al die dinge wat hulle op skool aan jou

gedoen het”.

Justin is verbaas. Hy het nie gedink dat Neels en Gerrie

ooit so iets sal doen nie. Hy vertel egter nie vir die

dominee van Lukas wat vir Deon en sy trawante betaal het om

hom ’n slegte tyd te gee nie.

“Dominee, dit was ek wat die moorde gepleeg het”, sê Justin

en hy kyk die dominee reguit in die oë.

Die dominee se gesigsuitdrukking verander van ’n glimlag na

’n groot frons en Justin kan duidelik sien dat hy geskok

is.

Die dominee staan op en kry sy Bybel wat op die boekerak

staan. Hy blaai rond en kyk dan na Justin.

“Spreuke 20:22 sê: Moenie sê: “ek wil my wreek oor die

kwaad wat my aangedoen is” nie; vertrou op die Here en Hy

sal jou help”.

Justin sluk hard aan die knop in sy keel.

“Dominee, ek gaan myself oorgee aan die polisie”.

“Dis reg so, Justin…jy doen die regte ding”.

Die dominee doen ’n lang gebed en daarna stap hy saam met

Justin na buite.

“Sterkte, Justin. Vertrou net altyd op God”.

“Dankie, dominee”.

Justin ry in die straat af. Hy gaan huis toe en dan gaan

hy homself more oorgee aan die polisie.

Hy moet op een plek ’n besige straat oorsteek om by die

huis te kom. Terwyl hy wag vir ’n kans om die pad oor te

steek, hoor hy ’n vreeslike slag. Hy kyk in die dubbellaan

en sien dat daar in die oorkantste laan ’n motor gerol het

en nou op sy dak lê.
56

“Nou is jou kans om vir ’n slag iets goed te doen, Justin”,

sê hy hardop vir homself.

Hy los sy fiets net daar en hardloop vinnig na die

ongelukstoneel toe. Hy is verbaas dat nie een van die

ander motors wat in die spitsverkeer ry, sbostuk om te help

nie.

“Wat gaan aan…kan julle nie sien hier is ’n verdomde

ongeluk nie!” skree Justin hard vir die verbygaande motors.

Hy buk op sy knieë en kyk na die twee passasiers wat

binnekant die motor is. Hulle gesigte is vol skrape en

hulle kreun van die pyn.

“Het julle erg seergekry?” vra Justin.

“Help, asseblief, help ons!” is al wat hulle sê.

Justin pluk sy selfoon uit sy broek se sak uit en gelukkig

kan hy die 112 noodnommer onthou. Hy skakel en verduidelik

wat gebeur het. Die operateur sê dat hy dadelik iemand

stuur.

Ongeveer vyf minute later, sbostuk daar ’n ambulans en ’n

blitspatrollie motor. Justin wil help, maar een van die

ambulansmanne beveel hom om terug te staan.

Later word die brandweer ook ingeroep om die twee

passasiers uit die wrak uit te sny. Toe hulle uit is, sien

Justin wie dit is…dit is Neels en Gerrie. Hy kon nie

vroeër sien dat dit hulle is nie, want dit was moeilik om

hulle gesigte uit te maak toe hulle daar vasgekeer was in

die motor wat onderstebo gelê het.

Hulle albei se gesigte is vol skraapmerke en Gerrie kla dat

hy nie sy een arm kan beweeg nie.

“It’s broken!”, sê een van die ambulansmanne.

Neels kla dat sy nek styf is en hy het ’n lelike snyplek

opgedoen aan een van sy hande.

Die een polisieman kyk na een van die bande.

“Dit lyk my een van die bande het gebars en daarom het die

motor omgeslaan”, sê die polisieman en hy skryf iets neer.

Neels kyk na Justin terwyl die een ambulansman sy hand

verbind.

“Dankie vir jou hulp…Justin”, sê Neels en hy steek sy ander

hand uit na Justin.

Justin skud blad met Neels.

“Dis als reg, ek is bly ek kon help”, sê Justin en hy

glimlag.

Die een polisieman neem ’n verklaring af by Justin. Justin

is sommer lus en sê vir die polisieman dat hy hom moet

arressteer vir die moorde, maar hy besluit daarteen.
57

Die Polisieman vra baie vrae en Justin moet baie dinge

herhaal.

Toe Justin later by die plek kom waar hy sy fiets gelos

het, is sy fiets weg. Een of ander verbyganger het

natuurlik die fiets gesteel. Justin was so gretig om te

help, dat hy sy fiets net daar gelos het. Hy besef egter

dat ’n gesteelde fiets nou die minste van sy bekommernisse

is.

Later die middag toe Justin by die huis kom, is Lukas reeds

daar. Justin vertel vir Lukas van alles wat gebeur het en

ook hoe hy vir Neels en Gerrie gehelp het.

Hy is bly hy kon darem ’n goeie daad verrig. More gaan hy

homself oorgee en dit lê vir hom soos ’n berg voor, want hy

besef dat dit wat daarna gaan gebeur, sy hele lewe gaan

verander.
58

HOOFSTUK 9

Die volgende oggend is Justin vroeg op. Lukas het hom kom

wakker maak.

“Ek sal saam met jou polisiestasie toe gaan”, het Lukas

gesê toe hy vir Justin wakker maak met ’n koppie koffie.

“Nee, jy moet by die werk wees”, het Justin beskeie

geantwoord.

“Ek het reeds vir die mense by my werk laat weet dat ek

vanoggend laat gaan inkom”, het Lukas gesê.

Justin voel baie skuldig, want hy kan nie verstaan dat

Lukas so baie moeite doen nie. Hy bied tot aan om die borg

te betaal, dit is nou te sê as die hof ooit so iets sal

gee.

Justin drink stadig aan sy koffie. Hy sit die beker op sy

bedkassie neer en skuif sy gordyne oop. Dit is ’n baie

snaakse dag – dit is toegetrek en die lug is grys. Dit is

so half ’n depressiewe atmosfeer wat geskep word deur die

weer. Justin kyk na die perskeboom, die twee mossies sit

weer daar, maar vanoggend sing hulle nie vrolik nie en

hulle sit ook nie weer en “dink” saam met hom nie…nee,

vanoggend lyk hulle heeltemal bedruk. So asof hulle weet

dat daar vir Justin ’n swaar tyd voorlê.

’n Traan loop oor Justin se wange en hy vee dit af. Hy

gaan sit op sy bed en drink sy koffie verder. Hy kyk na sy

kas. Hy glimlag, want hy kan nie glo dat hy op ’n tyd

gedink het dat daardie kas “boos” is en dat daar een of

ander duiweltjie daar binne bly wat hom in die nagte afloer

nie. Hy kyk na sy kamer se mure. Sy mure is kaal en op

sommige plekke dop die verf af. Daar is geen plakkate teen

sy mure van sangers of sportmanne of enige iets nie.

Hy en Lukas sou nog die huis oorgeverf het, binne en buite.

Arme Lukas was so opgewonde daaroor. Hy kyk na sy plafon –

dit is plek-plek vol kolle as gevolg van reënwater wat deur

die sink drup wanneer dit reën. Justin sien nou eers hoe

baie aandag hulle huis eintlik kort.

“Jammer ek het dit nie vroeër agtergekom nie”, sê hy

saggies vir homself.

Hy kyk na sy mat – die mat lyk olraait, maar is eintlik

baie oud en hier en daar is daar brandmerke van sigaretstompies.

Terwyl Justin sy kamer se toestand so betrag, wonder hy hoe

dit in die tronk gaan wees. Hoe gaan die selle lyk. In

die flieks wys hulle altyd dat daar twee ouens saam is in
59

’n sel en die bewaarders is altyd sulke “macho” ouens met

knuppels, maar dit is in die Amerikaanse tronke. Sover as

wat Justin weet, is Suid-Afrika se tronke baie, baie erger.

Hy raak effens benoud toe hy daaraan dink, maar hy besef

dat dit sy eie skuld is – hy het vir homself hierdie gat

gegrawe en daarin getrap.

Justin sit weer die beker op die bedkassie neer en loop na

sy kas toe. Hy maak sy kas oop. Binne in die kas, onder

’n klomp ou boeke, ontdek hy ’n Bybel. Hy het nie eers

geweet dat daar ’n Bybel in sy kas rondlê nie.

Hy blaas die stof van die Bybel af en kyk na die swart boek

waarop daar staan “Die Bybel – Nuwe Vertaling”.

Hy maak die Bybel oop en tot sy verbasing val dit oop by

Psalm 91. Hy het al so baie van daardie Psalm gehoor.

Hy tel die Bybel op, gaan sit op sy bed en lees Psalm 91.

Hy lees die Psalm een keer deur en dit is vir hom so mooi,

dat hy die Psalm ’n tweede keer lees…en ’n derde keer en ’n

vierde keer en dan sommer ’n vyfde keer ook.

Justin besef skielik: hy het ’n behoefte aan geloof. Hy

het nooit regtig met God gepraat nie, maar nou het hy ’n

behoefte. Hy weet dat hy tronk toe sal gaan, maar tog is

daar ’n rustigheid binne in hom.

Hy sit die Bybel neer en bid. Hy bid baie lank. Dit is

vir hom eienaardig dat hy nie hierdie groot behoefte gekry

het toe hy gister by die dominee was nie. Die besoek by

die dominee het hom wel gehelp, maar nou dat hy alleen in

sy kamer sit en met die Here praat, voel dit vir hom asof

daar ’n groot rustigheid oor hom gekom het.

Net toe Justin klaar gebid het, is daar ’n saggiese klop

aan sy deur.

“Justin”, dit is Lukas se stem.

“Ja?”

“Hier is iemand wat jou wil sien”.

Justin wonder wie dit is. Hy staan op en maak die deur oop

en daar staan Neels en Gerrie. Gerrie lyk skoon koddig met

die een arm wat in gips is. Eintlik lyk hulle albei koddig

met hulle gesigte wat so vol skraapmerke is. Neels se hand

wat die massiewe snyplek gehad het, is verbind met ’n

spierwit verband.

“Hi, ouens”.

“Hallo, Justin”, groet hulle albei gelyk.

“Ons het net weer kom dankie sê dat jy ons gister gehelp

het”, sê Neels en hy steek sy een hand na Justin toe uit om

met hom blad te skud.
60

“Ja, ek het nooit eers gister vir jou dankie gesê nie,

Justin…baie dankie!” sê Gerrie en hy glimlag vriendelik en

skud ook blad met Justin.

“Ag, dit was sommer niks nie. Ek is bly ek kon help”, sê

Justin en hy voel skuldig.

“Ja, en dan wil ons ook jammer sê oor alles wat ons destyds

teen jou gedoen het op skool. Ons erken dat ons regtig

kinderagtig was en ons hoop jy kan ons vergewe”, sê Neels.

“Ag, dit is verby. Ek vergewe julle, moenie meer daaroor

worry nie”, sê Justin.

’n Paar minute later groet Neels en Gerrie en Justin gaan

sit by Lukas in die TV-kamer.

“Hoe voel jy?” vra Lukas.

“Ek weet nie…bang, maar tog kalm”, antwoord Justin en hy

staar voor hom uit.

“Alles sal olraait wees, jy sal sien. Jy het kop verloor

en dit kan met enige iemand gebeur. Onthou jy nog – jy het

een aand vir my gesê dat niemand volmaak is nie…almal maak

foute”, troos Lukas en hy glimlag vir Justin.

“Dink jy Neels en Gerrie weet?” vra Justin.

“Ja, hulle weet. Ek het hulle gesê”, antwoord Lukas.

Justin word bleek. Hy het dít glad nie verwag nie.

“Toemaar, hulle het dit rustig gevat. Ek dink hulle

verstaan tog op ’n manier”, sê Lukas en hy steek ’n sigaret

op.

“Sigaret?” vra Lukas en hy hou sy pakkie Gunston uit na

Justin toe.

“Wel, aangesien dit miskien die laaste keer in ’n baie,

baie lang ruk sal wees wat ek saam met jou sal rook, sal ek

tog saam met jou ’n Gunston rook, al laat die verdomde goed

my so hoes”, sê Justin en hulle albei lag.

Vir ’n lang ruk sit hulle en rook in stilte.

Vyf minute later staan Justin op. Hy gaan na sy kamer toe

en kry sy mes. Hy gaan sommer sy mes aan die polisie

oorhandig, want dit is mos die moordwapen.

Hy kom terug na die TV-kamer toe en kyk na Lukas wat kop

onderstebo in die leunstoel sit.

“Dit is tyd”, sê Justin.

Dit is nege uur die oggend en Lukas en Justin ry met Lukas

se motor na die polisiestasie toe. Dit is doodstil in die

motor. Elkeen sit met sy eie gedagtes.

By die Polisiestasie gekom, parkeer Lukas sy motor onder ’n

koelteboom en dan kyk hy en Justin na mekaar.
61

“As jy my nodig het, sal ek daar wees. Alles sal regkom,

jy sal sien”, sê Lukas en hy gee vir Justin ’n stewige

handdruk en klop hom op die skouer.

“Dankie, Lukas”, sê Justin met trane in sy oë en dan klim

hy uit die motor uit.

Justin haal eers diep asem en dan stap hy na die

polisiestasie se ingang toe. Met elke tree klop sy hart al

hoe vinniger. Hy voel sommer hoe verander sy lewe. Van

vryheid na ’n lewe agter tralies. Hy dink daaraan dat hy

nooit eintlik vry was nie, want hy was al die jare ’n

gevangene van wraak en haat. Hy is nou egter verlos van

daardie geestelike gevangenis en nou gaan hy na ’n

heeltemal ander gevangenis.

Hy sê saggies ’n deel van Psalm 91 op. Hy kom die

polisiestasie binne en kyk na die borde teen die muur wat

aantoon waar wat is.

AANKLAGKANTOOR lees een van die aanwysings. Justin neem

aan dat dit maar die plek is waarnatoe hy moet gaan.

Die aanklagkantoor is nie te besig nie en Justin staan

eenkant en kyk rond.

“Volgende!” roep een van die polisiemanne agter die

toonbank.

Justin haal diep asem en dan stap hy na die polisieman toe.

“Wil u ’n klag indien?” vra die polisieman.

“Nee…ek wil myself oorgee”, antwoord Justin kalm.

“Hoe nou?” vra die polisieman en hy kyk verbaas na Justin.

“Daardie twee moorde wat onlangs gepleeg is op Deon Lombard

en Pieter Strauss…ék is die skuldige en ek kom gee myself

oor”, antwoord Justin en hy voel hoe sy hande bewe.

’n Paar minute later sit Justin op die koue vloer van ’n

sel. Hy maak sy oë toe en in sy gedagtes sien hy die

perskeboom in die tuin en die twee mossies wat op die een

tak sit.

Die mossies treur nie, hulle sing ook nie van blydskap nie.

Hulle sit doodstil op die tak, net soos wat Justin ook

doodstil op die sel se koue vloer sit.

03 MEI 2007 © KOPIEREG VOORBEHOU (T. FOURIE)