05.05.2013 Views

8 November 2009 Lees: Johannes 6:47-69 Teks ... - gkbenoni.co.za

8 November 2009 Lees: Johannes 6:47-69 Teks ... - gkbenoni.co.za

8 November 2009 Lees: Johannes 6:47-69 Teks ... - gkbenoni.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

8 Augustus 2010

Teks: Maleagi 1:1-14.

Tema: Waar is die eer wat God toekom?

Lees:

8 November

Johannes 6:47-69

2009

Teks: Johannes 6:67-69

Tema: Ek glo! Waarheen nou?

Psalm 31:1

Net soos 'n rots, gesterk, gestewig

teen storm en ongety,

is U, o HEER, vir my.

Maak my tog nie beskaamd vir ewig.

Bevry my, hoor my bede

na u geregtighede.

Psalm 31:3

U is my eewge rots, o HERE!

Diep in u veil'ge sy

sal ek genestel bly.

U sal my lei, u Naam ter ere,

tot ek die net verby is

wat voor my voet gesprei is.

Psalm 31:12

HEER, in u hande is my tye;

ek steun in al my leed

op U alleen wat weet

die maat en einde van my lye.

Red my, o sielsverblyder,

van vyand en bestryder.

Lied 464: 1

O Heer my God,

as ek in eerbied wonder -

en al u werke elke dag aanskou:

die son en maan,

die aarde, sterre, wolke,

hoe U dit elke dag so onderhou...

Lied 464:1 (vervolg)

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit

saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

Lied 464:2

Ek sien die veld -

die bosse, berge, vlaktes.

Ek hoor hoe fluister

grasse, stroom en wind.

O Heer, U sorg

vir klein, vir groot, vir alles

en U sorg dag na dag vir my, u kind.

Lied 464:2 (vervolg)

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit

saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

Lied 464:4

U maak ons deel van al u grootse werke.

U laat ons bid, Heer, dat u ryk mag kom.

En kom U weer, in heerlikheid op wolke,

maak U volkome nuut u eiendom.

Lied 464:4 (vervolg)

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit

saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

8 Augustus 2010

Teks: Maleagi 1:1-14.

Tema: Waar is die eer wat God toekom?

Lees:

8 November

Johannes 6:47-69

2009

Teks: Johannes 6:67-69

Tema: Ek glo! Waarheen nou?

Ps 20 : 2

Mag Hy sy heil en bystand stuur

uit hoë heiligdom,

en u uit Sion ondersteun,

van waar u hulp sal kom.

Ps 20 : 4

Mag Hy, die ryke God, u gee

al wat u hart verlang!

Vervulling van wat u beraam -

mag u dié guns ontvang!

Ps 134 : 4

Laat, HEER, u seën op hul* daal,

u guns uit Sion hul* bestraal!

U wat beveel en - dit geskied,

wil, HEER, u seen oor hul* gebied!

Votum: Psalm 33:11 (Sit)

In God, dié God wat ons beveilig,

voel nou ons hart opnuut verblyd;

en op sy Naam, ontsaglik heilig,

vertrou ons tot in ewigheid.

Goedertieren Vader,

hoor ons as ons nader

met 'n diep ontsag;

slaan ons gunstig gade,

skenk ons u genade

as ons op U wag!

Groetseën

Wegstuurseën

Amen Amen

Amen

Psalm 29:1 (Staan)

Prys die Here, hemelinge.

Hy verskyn in al sy mag.

Prys die Heer van alle dinge,

buig jul neer voor sy gesag.

Psalm 29:2

Hy, bewerker van die donder,

praat deur onweer hard en luid,

en tot op die waters onder

klink sy stem vol majesteit.

Psalm 29:3

God se stem laat blitse lewe;

daarmee kloof Hy seders oop.

Hy laat die woestyne bewe,

berge gaan voor Hom op loop.

Psalm 29:4

Wilde bokke laat Hy opruk,

Hy jaag hulle uitmekaar;

God se stem kan bosse kaal pluk,

kaal gestroop van bas en blaar.

Psalm 29:5

Bo die waters is sy woning.

Almal eer Hom met ontsag.

Ewig heers Hy as die Koning.

Vrede vind sy volk, en krag

GELOOFSBELYDENIS

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die

Skepper van hemel en aarde;

en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons

Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit

die maagd, Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,

gesterf het en begrawe is

en die lyding van die hel ondergaan het;

wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;

opgevaar het na die hemel

en sit aan die regterhand van God, die almagtige

Vader,

waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die

dooies te oordeel.

Ek glo in die Heilige Gees;

Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die liggaam en ‘n ewige lewe.

Amen, Amen, Amen.

Die wet van die Here

Verootmoedigingsdiens

I

II

III

IV

V

VI

VII

VIII

IX

X

Exo 20:1 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:

2 "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van

slawerny, bevry het.

3 Jy mag naas My geen ander gode hê nie.

4 "Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van

wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die

water onder die aarde is nie.

5 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou

God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die

sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde

geslag van dié wat My haat,

6 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag

van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.

7 "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie,

want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie

ongestraf laat bly nie.

8 "Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.

9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,

10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan

mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die

man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling

by jou nie.

11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die

aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag

het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag

geheilig.

12 "Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land

wat die Here jou God vir jou gee.

13 "Jy mag nie moord pleeg nie.

14 "Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

15 "Jy mag nie steel nie.

16 "Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie.

17 "Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy

vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of

enigiets anders wat aan hom behoort nie."

Psalm 89:6 (Staan)

Hoe salig is die volk wat luister na u

woord,

hul wandel in die lig wat van U

afstraal, voort.

Hul sal hul in u diens, waaraan hul

toegewy is,

die ganse dag verheug, omdat hul in U

bly is;

hul prys u grote krag wat alle krag

oortref het,

en u geregtigheid wat hul weer

opgehef het.

Gebed

(sit)

Woord- en gebedsdiens

Maleagi 1:1-14 (teks: Mal 1:6a)

1 ’n Uitspraak van die Here. ’n Woord van die Here

aan Israel deur Maleagi. 2Ek het julle lief, sê die

Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Esau was

tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir

Jakob liefgehad 3en vir Esau gehaat. Ek het sy

bergland ’n verlate plek gemaak, sy woongebied vir

die woestynjakkalse gegee. 4As Edom sou sê: “Ons

is verpletter maar ons sal die puinhope weer

opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle

maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend

staan as die goddelose land, die volk op wie die Here

se toorn vir altyd rus. 5Julle sal dit met julle eie oë

sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die

grense van Israel.”

6’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan

vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here

is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here

die Almagtige, vir júlle vra, priesters, júlle wat My met

minagting behandel. Maar julle vra: “Hoe het ons U met

minagting behandel?” 7Julle bring onrein voedsel op my

altaar, en dan vra julle: “Hoe het ons U te na gekom?”

Julle doen dit wanneer julle dink: “Die altaar van die

Here kan maar met minagting behandel word.”

8Wanneer julle ’n blinde ding bring om te offer, is dit dan

nie verkeerd nie? En wanneer julle ’n siek of ’n lam ding

bring, is dit nie verkeerd nie? Bring bietjie so iets vir jou

goewerneur! Sal hy ingenome met jou wees of jou

vriendelik ontvang? Dit is wat die Here die Almagtige sê.

9En dan sê julle: “Maak God dan tog nou goedgesind dat

Hy ons genadig kan wees!” As julle só optree, sal Hy een

van julle se versoek toestaan? Dit is wat die Here die

Almagtige sê.

10Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se

deure wou toesluit, sodat julle nie my altaar tevergeefs aan

die brand hou nie! Ek hou nie van julle nie, sê die Here die

Almagtige, en Ek wil nie ’n offer van julle hê nie. 11Van waar

die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die

nasies geëer. Oral word daar vir My offers gebring, rein

offers. Ek word deur die ander nasies geëer, sê die Here die

Almagtige, 12maar julle doen my Naam oneer aan. Julle dink

die altaar van die Here kan maar ontwy word en die offers

daarop met minagting behandel word. 13En dan sê julle nog

dis ’n klomp moeite en julle trek die neus daarvoor op. Dit is

wat die Here die almagtige sê. Julle bring gesteelde, lam,

siek diere, julle bing dit as offers! Moet Ek ingenome wees

daarmee dat julle vir My sulke goed bring? vra die Here.

14Daar rus ’n vloek op elke skelm wat ’n bul of ’n ram in sy

kudde het en ’n gelofte doen en dan ’n verminkte ding aan

die Here offer! Ek is die Grootkoning, sê die Here die

Almagtige, vir My het die nasies ontsag.

Psalm 2:1 (Sit)

Wat dring en dryf die wilde

heidendom,

dat volke raas in opgewondenheid?

Gedugte konings staan gereed alom,

en wêreldgrotes raadslaag vir die

stryd,

om God almagtig na die kroon te steek

en saam teen sy Gesalfde op te staan.

Hul sê: "Kom nou, laat ons hul bande

breek

en van hul juk vir altyd ons ontslaan!"

Psalm 2:6

Kom, dien die HEER en wees in Hom

verblyd

met blydskap wat Hom huldig as die

HEER,

en kus die Seun in onderworpenheid,

buig jul voor Hom met vrees en

bewing neer.

Want ligt'lik kan Gods gramskap jul

verteer

net soos 'n vuur, eers alte klein geag.

Welsalig wie Hom huldig as hul HEER,

wie by Hom skuil en op sy bystand

wag.

Prediking

Sb 10-1:1 (Staan)

O Vader, in die hemel hoog,

tot wie ons ophef hart en oog,

ons bid in stille eerbiedenis:

Gee dat u Naam, wat heilig is,

deur ons geken, geëer, gevrees,

in alles mag geheilig wees.

Sb 10-1:2

Gee dat u koninkryk mag kom,

in Christenland en heidendom,

in sy triomfe eindeloos!

En laat ons op die aarde, soos

die eng'le wat u troon omring,

gewillig, Heer, u wil volbring.

Sb 10-1:3

Gee ons - want ons gebrek is groot -

vandag ons daelikse brood.

Bewys ons tog barmhartigheid

en skeld ons, Heer, ons skulde kwyt,

soos ons, in skuldvergiffenis,

vir hul wat aan ons skuldig is.

Sb 10-1:4

Lei ons nie in die donker land,

die wêreld van versoeking, want

ons is so swak. Verlos ons van

die Bose as hy sy vangnet span.

Want U kom toe die majesteit

en krag en eer in ewigheid.

Kollekte

Diens van

Barmhartigheid

Psalm 145:1 (Staan)

U Naam, o HEER, so hoog in

heerlikheid,

wil ek verhef vir ewig en altyd;

u Konings-eer wat alle krone oorstraal,

wil ek verhoog in onvermoeide taal.

Psalm 145:2

Die HEER is groot, daar is geen

sanggeluid

wat ooit sy lof in volle waarde uit!

Dit is 'n see waar niemand in kan meet,

dit is 'n vloed waar ons geen grond

van weet.

Psalm 145:3

Omdat, o God, in die geheimenis

vir ons vernuf geen grond of einde is,

daarom prys ons u werk, u daad van

krag,

van kind tot kind, tot in die nageslag.

Psalm 145:6

Al wat deur Hom die aansyn mag

geniet,

is met 'n stroom van goedheid mild

oorgiet.

Daarbuite juig, gehoor en ongehoor,

sy kreatuur - 'n ganse skeppingskoor!

Psalm 145:10

Die Heer is reg in al sy weg en werk,

sy goedheid ken, die wêreld deur,

geen perk.

Hy is naby die siel wat tot Hom sug,

Hy troos die hart wat skreiend tot Hom

vlug.

Psalm 145:11

Hy gee die wens van almal wat Hom

vrees;

op hul geroep wil Hy 'n redder wees.

Sy hand verdelg die goddelose, maar

die wat Hom liefhet, sal die HEER

bewaar.

Psalm 145:12

Maar nou, my siel, waar eindig ooit

Gods eer?...

Nog sal ek uitroep: Lof! Lof aan die

HEER!

Laat alle vlees vir ewig en altyd

sy Naam verhef so hoog in

heerlikheid!

Wegstuurseën

Amen Amen Amen

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!