05.05.2013 Views

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Page 10 Die Watervoortjie

WANDEL IN U WOORD: Lukas 10: 1-12

1. Daarna het die Here lidmate van Worcester

-Vallei gemeente aangewys en twee-twee

gestuur na die koshuise van Drostdy, die

Blindes, Avianpark se kleuters, die VGK

gemeente in die plaaswyke, sommer oral,

tot selfs in Mosambiek.

2. God het vir ons gesê: “Die behoefte is

groot, maar dit is ‘n wonderlike

geleentheid om by mense te gaan kuier en

saam nuut oor My en die lewe na te dink.

3. Gaan biddend in afhanklikheid van My en

glo dat oud en jonk in Vallei gemeente

betrokke sal raak by die uitreike.

4. Moenie talm nie, los julle horlosies en

selfone by die huis. Wees verseker die

uitreike gaan nie maklik of gemaklik wees

nie.

5/6 Onthou moenie te “grand” vir jul dorp

se mense raak nie. Moenie mense

omkrap nie, gaan verkondig net My

vrede, want My vrede en liefde is vir

almal, nie net vir die Kerkraad of die

aktiewe lidmate van jul gemeente nie.

7. Wees haastig om daar te kom, maar

spandeer dan genoeg tyd saam met hulle.

8. Geniet wat hulle julle aanbied, eet wat

hulle eet.

9. Luister en hoor, maar gaan verkondig

veral My liefde en genesende krag.

10. Gaan verder as niemand jul wil ontvang

nie, daar is nog baie plekke wat besoek

moet word.

11. Leer almal om in diepe afhanklikheid van

My te leef, om die dringendheid van julle

besoek te besef, want My terugkeer na

julle is baie naby.”

in die watervoor dat Blok C se manne en vroue “verskuilde” talente het:

• Iemand het glo , gedurende die lang Junievakansie, ‘n rydingetjie aangeskaf om te gaan “dwaal” in

Transkei. Het hulle nie gedwaal nie! Tweehonderd kilometer te ver gery agter ‘n verjaarsdagkoek

aan … die verskoning was “ons het die afdraai gemis!”

• ‘n Ander een het weer vir vroulief probeer beïndruk, maar ai, toe misgis hy hom met die elektriese

saag en sny sy duim amper morsaf …

• Dan praat ons nie eens van die Blokvergadering met die ouderlinge en dienswerkers wat laatnag

geeindig het in “rivierklippe rol” dat die waartlemoene spat nie! Hulle noem dit glo “ ’n Boererol.”

• Een van die ander dwalers moes in die donker nag die verkeersdepartement oortuig, “meneer hier

ís petrol in die voertuig ….”

• O ja, amper vergeet ek moderne Huisbesoek sluit nou Tuindienste in!

NS. Kabelklippie wonder of Blok C se manne en vroue nie eintlik “verdagte” talente het nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!