05.05.2013 Views

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

Die Watervoortjie - Vol 3 - Worcester | Vallei

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NG KERK WORCESTER-

VALLEI

GEMEENTE

TULBAGHSTRAAT 150

WORCESTER

TEL: 023-3470387

FAKS: 0862108337

REDAKSIE

ngvalleikerk@telkomsa.net

valleikb@telkomsa.net

KERKKANTOOR

ngvalleikerk@telkomsa.net

In hierdie uitgawe:

God belowe

Jesus é Bom

Sareltjie

40 DAE:

Danie Luckhoffers

Vlaggies

Koshuis—kleingroepe

Die Olifantbergers

Kinderhuis safari

Genadebediening

Jeugweek

Rolstoel projek

Sop, Soete en

Saligheid

Wandel in die Woord

Kabbelklippie “hoor”

Briewe

Vir die jongspan

Die Watervoortjie

Volume 1, Uitgawe 3

God belowe

Abraham kry die belofte

dat sy nageslag `n

groot nasie sal wees,

en dat hy wat `n swerwer

is, se nageslag die

land in besit sal neem.

Vir Moses word die

bevryding uit Egipte en

die in besit neem van

die land beloof. Dawid

ontvang die belofte dat

daar altyd iemand uit sy

nageslag koning oor

Israel sal wees. God

beloof: "Ek sal julle

God wees, en julle sal

My volk wees" (Deut

6:6). God is die God

wat sy beloftes vervul.

Dit is juis dit wat God

uniek maak.

In Handelinge leer ons

God ook ken as die

God wat beloof. Lukas

vertel dat Jesus na sy

opstanding by verskeie

geleenthede aan sy dissipels

verskyn het. Op

`n keer beveel Hy

hulle: '...bly wag op die

gawe wat die Vader

belowe het, soos julle

van My gehoor

het.' (Handelinge 1:4)

Beloftes, profesië en

voorspellings gaan oor

die toekoms, dit gaan

oor dit wat nog gaan

gebeur. `n Belofte is

egter anders as `n

voorspelling en selfs `n

profesie. Iemand wat

`n voorspelling of profesie

maak, is nie deel

van die uitkoms van dit

wat voorspel word nie.

Dink maar aan die

v o o r s p e l l i n g s e n

sogenaamde profesië

van Siener van Rensburg.

Aan die uitkoms

daarvan het hy geen

aandeel nie. So kan ek

voorspel dat die plantjies

gaan vrek as dit nie

water kry nie, maar aan

die uitkoms van die

voorspelling het ek

geen aandeel nie.

Terwyl as ek beloof

om te help met die natlei

van die plante het

ek deel aan die uitkoms.

Wanneer ek

beloof, word ekself

deel van dit wat gaan

gebeur.

Dit is wat God so an-

SEPTEMBER 2010

ders maak as enige ander

god, God is die

God wat beloof, Hy

maak Homself deel van

die toekoms en dit wat

gaan gebeur.

Die Heilige Gees is dié

belofte van God, Godself

is deur die Heilige

Gees by ons, ons word

deurdrenk met sy teenwoordigheid

en word

so aan God gebind.

Daardeur kry ons nou

alreeds deel aan God

se toekoms, die ewige

lewe. Handelinge vertel

van hoe die ewige

lewe aan die deurbreek

is, dit is sigbaar in die

kerk waarin die Heilige

Gees teenwoordig is,

sigbaar in volgelinge

van Jesus wat glo in

God wat Jesus uit die

dood opgewek het, en

diensbaar na ander leef.

Mag ons so 'wandel

met die Heilige Gees'

dat ander die God wat

beloof in ons lewens

kan leer ken.

Job het nie antwoorde op al sy vrae gekry nie. Hy moes eenvoudig leer om die regverdigheid en

goedheid van God agter alles wat gebeur, te vertrou. Hy moes aanvaar dat ‘n verhouding met die

Een wat die antwoorde ken, beter is as die antwoorde self. David W Dyke

Bladsy 2 Die Watervoortjie

Jesus Jesus é é é Bom

Bom

You lead us with your protecting hand,

On all the roads your word will span.

From Worcester to Tete,

Your formidable hand has led.

From sunrise to sunset,

Compassion and pain have bled.

Were the Zambezi flows we make our home,

Here to give our minds and harts on loan.

Day by day we go out to give

And (in stead) are overwhelmed by the gratitude we receive.

As time goes by we pack to go,

All the wile praying for the seeds we’ve sown.

We come back home to readily find

That a part of our hearts, have been left behind. Nicola van Zyl

Sareltjie skryf . . . . . .

Ma sê jy skryf so opstelle

Skryf vir die kantoorvoorkie

Watervoorkie sê ek Ma

Die wint waai waar Hý wil

40 dae in die Vallei

Waai ons amal op die bus

party het patkos

met anner deel ons die kos

Die op die pat praat waar

Maar elke dag se kruispat is swaar

Die wind waai waar Hý wil

Waai ons oor die pat

teen straatvroue en –kinners vas

Ons waai styf teen mekaar

Daar is nog plek - die bus laai op

stukkene mense, gemeente mense

siggestremde mense

Is ons wiele aan die rol

of staan ons net en tol

Ja die wint waai ons teen vreemde mense vas

Waai ons teen die Here van die

mense vas bid ma

Sareltjie

NG KERK WORCESTER-

23 Oktober 2010

vanaf 09:00 , Kerkgronde

Valleifees Basaar

Heerlike basaar-produkte,

saam kuier en vele meer.

Kom deel in die pret!!!

Volume 1, Uitgawe 3

40 Dae: Die Danie Luckhoffers!

Bladsy 3

Schalk en Cathy Hugo se selgroep kom Woensdagaande om 5h30 in die Danie Luckhofsaal in Tulbaghstraat

bymekaar. Hierdie groepie bars uit hul nate (daarom die saal) want enige een tussen 25 – 30 lede woon die

byeenkomste gereeld by.

Oud en jonk kuier gesellig saam en daar is geen tekort aan stories, grappies en die deel van lief en leed nie.

Ons het van die lede gevra wat die 40 dae van Wandel in Handelinge saam met medegelowiges in die selgroep

vir hulle beteken het:

“Ons het daarna uitgesien en geleer om die Woord beter te verstaan” – Peet en Corlien

“ Om saam met ander gelowiges te deel wat die Here vir ons beteken en te sien hoe die Here teenwoordig

is, dit is wonderlik!” - Kobus

“Net om dankie te sê – vergifnis te vra” – Tannie Issie

“Wonderlik om die Here beter te leer ken. Groot sprong in heiligmaking” - Nicky

“Lekker om vir mekaar om te gee in ‘n tyd waar elkeen net vir homself leef. Versorging in groep – ons het

mekaar nodig!” – Johan

“Tyd maak rondom die Woord en saam te bid is ‘n wonderlike geestelike reis” - Ronel

Marie-Louise du Preez

40 dae vlaggies . . . . .

was ‘n wapperende getuienis van gesinne se oppad met die Heilige Gees.

Waarom het ons van regs na links geskryf?

God begin met ons reis. En ons is saam met Hom oppad. Maar al hoe verder weg van onsself –

na ander mense toe. En soms is dit “ongemaklik” soos om van regs na links te skryf of te lees.

Maar die tou waaraan die vlaggies verbind is, herinner ons daaraan dat God deur die Heilige Gees

altyd by ons. En daarom kan ons gehoorsaam wees wanneer Hy ons stuur om die evangelie met

ander mense te deel.

Op Sondag, 5 September, het almal hul vlaggies saamgebring kerk toe. As gemeente het ons die

vlaggies gebind om die kerkterrein. Dit simboliseer hoe God saam met elkeen van ons in die

gemeente is. Hoe die Heilige Gees met elkeen van ons oppad is, maar ook met ons gemeente

oppad is.

Verbylopers kan lees wat op die vlaggies staan en op so ‘n manier kan ander ook nadergenooi

word om deel te wees van ‘n gemeente wat saam met die Heilige Gees oppad is.

Bladsy 4 Die Watervoortjie

40 Dae: Koshuis—kleingroepe

Die 40-dae wat die gemeente hierdie kwartaal

meegemaak het, is nie beperk tot net die

dorpsbewoners nie. Ook die koshuise by

Drostdy het daarby ingeskakel.

In al vier koshuise is die jongmense in groepe

opgedeel, elk met ‘n eie groepleier. Daar is ook

in elke koshuis ‘n leier wat verantwoordelik is

vir die administrasie van die groepe in die

koshuis en met my moet skakel sodat inligting

deurgegee kan word en beplanning gedoen kan

word.

Woensdagaande is kleingroep aand en dan kom

al die groepe bymekaar om die week se

fokusteks te bespreek. Hoewel die jongmense

aangemoedig is om elke dag die fokusteks te

lees, is daar ook ‘n leesrooster aan hulle

Rib Rib-ete Rib Rib ete ete ete

5 November 2010

om 18:00

Kerkgronde

Skaap- of Varkrib

“chips”, pampoentert,

slaai. roomys &

sjokoladesous

Volw. @ R75.00 en

Kds. o/10 R45.00

Sap, rooi– en witwyn van

Badsberg & Botha

Kelders te koop

Gaskunstenaar

Suzaan de Lange

uitgedeel wat hulle sou help om Handelinge

gedurende hierdie 40-dae deur te lees.

Tot dusver is die terugvoering oor die hele reis

baie positief en dit is lekker om te sien hoe

neem die jongmense eienaarskap van die hele

proses. In een koshuis word daar byvoorbeeld

elke oggend afgekondig wat vandag se

leesrooster-gedeelte is sodat die jongmense dit

in die oggend kan deurlees en dan weer tydens

die aand-stiltetyd die fokusteks kan deurlees.

Ons begin nou reeds dink wat ons volgende

kwartaal gaan doen, aangesien meeste van die

jongmense graag sal wil voortgaan om in

kleingroepe in die koshuise te vergader.

Wouter van Velden

Wanneer Christus ‘ n mens roep, roep Hy jou om te kom sterf.—

Dietrich Dietrich Bonhoeffer Bonhoeffer ( ( 1906 1906-1945 1906 1945 )

Eers wannneer ek geleer het om die wil van my Vader in die hemel

te doen, het ek my roeping op aarde ten volle uitgeleef – Carlo Carlo

Foto’s:

Bo: Besoek aan Pionierskool se

kinderkrans

Regs bo: Ons deel komberse uit

in Avianpark

Regs: Besoek aan die Robertson

Kinderhuis

Volume 1, Uitgawe 3

Bladsy 5

40 Dae: Padkos vir die siel Die Olifantsbergers

Ja dit is waar, die 40 dae stap saam met die

Heilige Gees was voorwaar padkos vir die siel.

Dit was die ondervinding van ons kleingroep

hier in Olifantsberg. Ons strek van Apiesklip

teen die hoogte waar jy baie trappies klim,

maar ‘n pragtige uitsig het, tot onder in die vlak

waar baksteenstof trek – so wissel ons Woensdagaande

van huis tot huis.

Ons groepie is so middeljarig en plus, maar

nietemin is ons jonk van hart – vonkel in die

oog en baie ontvanklik vir die leiding van die

Heilige Gees.

Oubaas van Sewendelaan se “broer”, Giel

Agenbag, nie van Rondomskrik nie, maar wel

van die plaas Hillside, is die ringkop met

wyshede, grappe en interessante insetsels en

sienings. Oom Gert van Wyk, die witkop

boeregeneraal – man van vele ambagte, is

gereeld op sy pos.

Die SUSTERS van dIé groepie het die

boodskap van gesamentlike maaltyd goed

onder die knie …

Maar nou gaan ons terug na die Groenboekie.

Dié boekie het ons gelei na selfondersoek en ‘n

spesiale tyd met ons Hemelse Vader, asook na

nuwe insigte oor ons hele menswees.

Kinderhuis hou safari-ete in Worcester

Die geloof van Paulus en Petrus het ons intens

geprikkel – en die resultate van hul geloof het

ons verstom – soveel mense na oorgawe

gebring!

Ons het al meer begin met selfondersoek.

Watter rol speel God in my lewe? Wat beteken

ek vir ander mense? Gaan ek alleen verder

met die bus, sonder om iemand saam te nooi?

Gaan ek alleen my padkos eet en dit met

niemand deel nie? Of gaan ek die geloofswiele

laat rol …

Ons is dankbaar vir ons leraarspan (die outeurs

van die Groenboekie) wat met hul liefde en

entoesiasme vir ons die boodskap so duidelik

en prakties aangebied het. Sulke toewyding is

sekerlik gemotiveer deur hul liefde vir ons

Skepper.

Die “Lied van die Gees” geskryf en getoonset

deur Stefaans is sielsverrykend en treffend –

mooi so Stefaans! Gaan so voort! Ons

Olifantsbergers is nie sulke begaafde sangers

nie, anders sou ons beslis die “Lied van die

Gees” ons Aandgesang gemaak het, maar tog

weet ons – Jesus lééf, Hy hét opgestaan, en ís

die Hoop vir elke dag.

Groete van jul medereisigers.

Sondag, 15 Augustus, was daar ’n Spesiale kollekte vir die Herberg Kinderhuis op Robertson.

Daar is van die geleentheid gebruik gemaak om Huis E se dogters en huisma uit te nooi om die dag

vir die gemeente te kom kuier.

Hul bemarker, Petro Uren, het in die Kerk ’n bietjie kom vertel van die finansies en die gemeente

bedank vir hul betrokkenheid.

Om die gemeente verder te betrek is daar vir hulle ’n Safari-ete gereël. Mari-Louise en haar selgroep

het die kinders verwelkom met voorgereg. Louis en Maryka en hul selgroep het die hoofgereg

gegee, waarna Ansie en Lina hul bederf het met heerlike nagereg. Die kinders het die dag

baie geniet en almal bedank wat betrokke was om hulle in hul huise te verwelkom.

Ook die bydraes van die LP3 wat die oggend uitgedeel is, word opreg waardeer.

Bladsy 6 Die Watervoortjie

MOSAMBIEK UITREIK

2010

Volume 1, Uitgawe 3

Genadebediening

Hoe lyk ‘n Geesvervulde verslag oor die

straatvrouprojek? ‘n Effense teenstelling, as jy

my vra… en eintlik onmoontlik om iets so

omvattend in een enkele verslag saam te vat, al is

dit Geesvervuld.

Dit is ‘n gedagte wat deur die Gees op iemand se

hart geplaas is om by ‘n kerkraadsvergadering te

noem as ‘n moontlike bediening waarby ons

betrokke kan raak… die straatvroue… ‘n ongemaklike

onderwerp vir enigiemand wat al ooit (of

nog nooit) op een of ander manier met hierdie

sogenaamde ‘dames van die nag’ te doen gehad

het.

‘n Voormalige prostituut kom spreek ons toe.

Elkeen van ons is met die Hand uitgekies deur

Iemand wat ‘n Hart het vir die verontregdes.

Elkeen van ons is reeds iewers in die verlede op ‘n

manier voorberei om met ons verskillende gawes

by hierdie unieke bedieningsveld betrokke te

raak. Ons hemelse Vader wil ons met ons

verskillende gawes gebruik om as ‘n eenheid

saam te werk tot eer en verheerliking van Sy

heilige Naam. Net soos wat Hy almal in ons

groepie as ‘n eenheid wil laat saamwerk, wil Hy

almal in ons gemeente as ‘n eenheid laat

saamwerk en wil Hy al die kerke in ons

gemeenskap in ‘n eenheid laat saamwerk.

Santa het ‘n duidelike boodskap by die Here

gekry om ‘n wit geskenksakkie te neem, ‘n KitKat

in te sit met ‘n briefie met Geesgeinspireerde

woorde:

Brief van God aan jou:

Weet jy hoe lief Jesus jou het? Weet jy Hy het vir

jou aan die kruis gesterf? Weet jy Hy tree vir jou

in by die Vader? Want Hy leef! Weet Hy weet

van jou seer. Hy wil hê jy moet na Hom kom.

Net soos jy is. Weet Hy wil vir jou ‘n doel in die

lewe gee.

Daardie aand is ons groepie die enigste wat met

‘n sogenaamde straatvrou kontak maak. Ons was

so onkundig en onseker in onsself, maar duidelik

doelgerig in die Gees. ‘n Entjie verder het ons

eers weer gebid en gewag. Toe ons by haar kom,

het ons net normaalweg met haar gepraat en

gevra of ons vir haar kan bid. Tot ons verbasing

het sy ja gesê. Dit was waarskynlik ‘n vreemde

gesig so laat op ‘n Donderdagaand: Vier vroue

omarm in ‘n sirkel wat saambid onder ‘n rooi

‘bloed’kombersie op die hoek van Tulbaghstraat

en Porterstraat. Sy het ook die betekenisvolle

Bladsy 7

geskenkie by ons geneem. Sedertdien het ons

haar nie weer op straat raakgeloop nie. Ons loof

en prys ons hemelse Vader daarvoor.

Die meisies op die hoeke van die strate het almal

name gekry. Hulle was nie meer net gesigte wat

ons probeer vermy het nie. Ons noem hulle nou

dogters van Sion

Die eerste Donderdagaand na die vakansie is

daar ‘n nuwe dimensie tot die uitreik: die

voormalige Pardonkafee, wat intussen sy deure

as kafee gesluit het, is oop as koffiekroeg.

Daar is koffie en tee en iets te ete vir enigiemand

wat wil kom. Die koor van die VGK van langsaan

kom sing vir ons ‘n lied na hul kooroefening.

Een van die mans wat op straat gebly het, gaan

staan tussen hulle en sing saam. Hy ‘dirigeer’

selfs saam met die dirigent. Aan die einde van

die lied lig hy albei sy hande na bo, asof in

aanbidding. Die res van die aand werk hy baie

hard, vee tafels af en maak skoon, en eet asof hy

net nie genoeg kan kry nie. Hy praat nie. ‘n Paar

dae later sterf hy op Absa se stoep, klaarblyklik

van die koue. Dit gryp my aan die hart. Was hy

gered? Ek weet nie of iemand ooit vir hom die

storie van Jesus vertel het nie. Ek onthou net

hoe hy saam met die koor gesing het en hoe hy

gedirigeer het. Ek onthou hoe lekker hy geëet het

en hoe hy die aand geniet het. Ek onthou hoe hy

aan die einde van die lied sy hande na bo gelig

het, ek glo in aanbidding… Daardie aand was hy

spreekwoordelik in die hemel. Ek glo ons hemelse

Vader se genade is vir hom genoeg en dat

hy by Hom is…

Ja, dit is nie meer net ‘n bediening onder die

dogters van Sion nie. Mans word ook bedien en

begelei. Nie omdat ons daarvoor gevra het nie,

maar omdat die Here hulle op ons pad stuur.

Meeste van die mans is bendelede, elkeen met ‘n

storie. Meeste van die meisies is straatvroue,

elkeen met ‘n storie. Almal van hulle het baie

seer wat nog nie verwerk is nie. Almal van hulle

is op een of ander manier en een of ander tyd

verwerp. Almal van hulle is mense, net soos ek

en jy.

Ja, die meeste van hulle het name en wil ook net

op ‘n menslike manier behandel word.

As ons net die grense van ons eie onsekerheid en

ongemak kan oorkom, mag ons net dalk verras

word…

Lina Stevens

Page 8 Die Watervoortjie

Jeugweek: Tentdienste 2010

Die beriggie van onlangs in die Worcester

Standard, tesame met die inligting wat deur

die gemeente begin loop het, dat die

Jeugweek nie vanjaar in ‘n tent aangebied

gaan word nie, het behoorlik reaksie

uitgelok. Dit was baie gou duidelik dat

hierdie besluit nie baie positief deur die jeug

ontvang word nie. Selfs ouers het hul

teleurstelling gou-gou uitgespreek. Hierdie

besluit, wat om finansiële redes geneem was,

moes dringend hersien word.

Nadat die gereelde tent van die afgelope

jare nou nie meer geskik was nie, is daar

oral na alternatiewe gesoek. Die

goedkoopste wat ‘n geskikte tent egter vir

ons sou kos, was ‘n skrikwekkende

R59,000.00. Hierop is toe besluit om vir die

eerste keer in dertien jaar, die gewilde reeks

binnemuurs aan te bied. Danksy die reaksie

op ons aankondiging, moes ons dringend

verder na ‘n tent soek.

Getrou soos ons Hemelse Vader is, het Hy

baie gou iemand op ons pad geplaas om

presies dieselfde soort en grootte tent as

wat ons tot dusver gebruik het, teen ‘n baie

spesiale huur aan ons beskikbaar te stel.

Teen R34,000.00 is dit steeds ‘n bietjie

duurder as verlede jaar, maar veel

goedkoper as R59,000.00. Met die hulp van

een van ons pa’s uit die gemeente, is daar

Rolstoel projek:

nou naarstiglik aan die werk gespring om

alles in die stryd te werp om die nodige

fondse in te samel. Met ‘n totale begroting

van R98,000.00, is almal ‘n bietjie senuagtig,

maar vol geloof dat ons, soos in die verlede,

weer daarin sal slaag. Die Here het ons nog

elke jaar geseën en ons vertrou Hom om

ons in ons poging te help.

Danksy die wonderlike sukses van die

Jeugweek en die baie positiewe getuienisse

wat jaarliks daaruit voortvloei, glo ons dat

die gemeente die Jeugweek ondersteun en

wil ons tog weer vra dat mense ons ook

finansiëel sal help. Hoe meer mense ons met

bydraes kan help, hoe minder hoef elkeen

by te dra. Ons wil dit ook weer baie duidelik

stel dat elke bydrae, hoe gering ookal, baie

welkom is. Indien ons byvoorbeeld net

R50.00 van elke ouer uit ons gemeente kry,

is ‘n baie groot deel van kostes reeds gedek.

Mense wat graag ‘n bydrae wil maak, kan

met die Kerkkantoor skakel.

Meer inligting betreffende vanjaar se reeks

sal binnekort beskibaar gestel word.

Intussen vra ons dat u asseblief ook die

organiseerders en die werk aan die

Jeugweek, in u gebede aan ons Hemelse

Vader sal opdra en Sy seën daarop sal vra.

Dennis Kirchner

Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n rolstoel geskenk word vir elke 50kg plastiek seëltjies

(die wat gebruik word om die brood sakkies mee toe te maak). Elkeen van ons kan ‘n verskil in

iemand se lewe maak as ons net begin om hierdie seëltjies bymekaar te maak. Dit kan by die

kerkkantoor ingehandig word, ons sal sorg dat dit by die betrokke instansie afgegee word. Die

plastiek word gesmelt en weer verwerk in ander produkte.

Baie dankie dat julle gaan deel in hierdie projek.

Jou Jou Jou betrokkenheid betrokkenheid betrokkenheid kan kan kan ‘n ‘n ‘n verskil verskil

verskil

in in iemand iemand se se lewe lewe lewe maak!!

maak!!

Volume 1, Uitgawe 3

Sop, Soetes en Saligheid…. “bus uitstapppie”

Toe ek nog boervrou was,

het my man gereeld die

plaaswerkers per vragmotor

dorp toe geneem op ’n

Saterdagoggend. By die

geleentheid het die sirkus

Robertson besoek en het hy

die spannetjie, groot en

klein, soontoe geneem.

Uitgevat in hul Sondagklere,

wag hul by die plaashek om

op te klim, toe iemand van ’n

buurplaas verbystap: “En wa’

gat djille dan, soe uidie kyste

gedres?”

Waarop Betjie antwoord:

“Onse baas vat ons sirkus

toe!”

“Oema dis lekke! As djille

moete lorrie gan, gat ek ok

sam!”

So breek Sondag 30 Mei

aan, en ons almal daag op in

“onse beste outfits, “want

onse doeminies Hans vat

ons op ’n trippie van “sop,

soetes en saligheid” Groot

en klein wag op die

kerkterrein en vanaf die

hoogste bult kom ’n hele

paar motors om ook aan te

meld vir saamry, een bring

selfs ’n eie trappie saam om

te kan inklim in die bus. ’n

Ieder en ’n elk neem padkos

s a a m ; v i r m e n i g e

spysverteringstelsel ’n

nagmerrie, want ons kou:

M a r i e - k o e k i e s ,

Marshmallows, Niknaks,

biltong, Smarties, Simba,

sjokolade en pepermente,

alles deurmekaar. Ons

proviand was heeltemal

voldoende, en soos in

Handelinge se eerste

gemeente, deel ons ALLES

met mekaar. Voordat ons

rêrig kon siek raak van

deurmekaar eet, kom ons by

die eerste wynkelder aan. Ek

dink dit was Daschbosh!

Dis ’n windstil, pragtige

wintersdag, en op die ruim

grasperke word gerus voor

die volgende skof. Vir klein

mensies is dit ’n avontuur:

Jannie Vlok inspekteer die

omgweing; slote, walle,

damme, paadjies. Ma

Andrea kry somaar haar

daaglikse litte-losmaak soos

sy keer by teerpad en water,

bosse en voertuie. Kort voor

lank bak die son so warm

dat die bus se skaduwee

opgesoek word, en toe die

laaste krieseltjie snoepgoed

verdwyn, trek die bus weg. ’n

Paar gesinsmotors en –

bussies dek die agterhoede,

en spoedig kom die konvooi

by Badsberg-kelder aan.

Daar staan die hoofdis

gereed; heerlike sop en

broodjies. Ek moet julle nog

die geheim ook vertel: in

baie mandjies was daar,

benewens glase en bekers,

Page 9

ook borde, messe, vurke en

lepels vir die boerekos en

nagereg, net om vir alle

gebeurlikhede gereed te

wees. Nie dat daar, saam

met die sap en ander

derglike dinge, vir nog plek

was nie.

Botha-kelder was die laaste

stasie. Moet die soetes

wees, reken ek. Melktert uit

die boonste gestoeltes,

koesisters, handtertjies en

koffie saam met die soet en

droog van alle variëteite. Die

keldermeester en sy vroulike

ondersteuningsgroep laat

ons baie tuis voel en ons

kuier heerlik.

Sondae is mos darem eintlik

ook bedoel vir rustydjies, en

dit is presies wat meeste

reisigers die res van die

middag gedoen het. Met:

“Ons sê baie, baie dankie!”

groet ons die vaardige

busbestuurder wat sy

Sondag ter wille van ons

plesier prysgegee het.

Van ons almal wat die dag

geniet het, aan ds Hans en

al die vriendelike, vlytige

vroutjies: “Oe, dit was baje

lekke!! As da wie ’n bus loep,

gat ons ammal wie saam!”

Maretha Hofmeyr

Gebedsgeleentheid: elke Sondagaand om 18:30 in ons kerk. Ons

wil graag ‘n verteenwoordiger van ELKE bediening in ons gemeente

daar hê. Lidmate wat wil saam bid is hartlik welkom.

Page 10 Die Watervoortjie

WANDEL IN U WOORD: Lukas 10: 1-12

1. Daarna het die Here lidmate van Worcester

-Vallei gemeente aangewys en twee-twee

gestuur na die koshuise van Drostdy, die

Blindes, Avianpark se kleuters, die VGK

gemeente in die plaaswyke, sommer oral,

tot selfs in Mosambiek.

2. God het vir ons gesê: “Die behoefte is

groot, maar dit is ‘n wonderlike

geleentheid om by mense te gaan kuier en

saam nuut oor My en die lewe na te dink.

3. Gaan biddend in afhanklikheid van My en

glo dat oud en jonk in Vallei gemeente

betrokke sal raak by die uitreike.

4. Moenie talm nie, los julle horlosies en

selfone by die huis. Wees verseker die

uitreike gaan nie maklik of gemaklik wees

nie.

5/6 Onthou moenie te “grand” vir jul dorp

se mense raak nie. Moenie mense

omkrap nie, gaan verkondig net My

vrede, want My vrede en liefde is vir

almal, nie net vir die Kerkraad of die

aktiewe lidmate van jul gemeente nie.

7. Wees haastig om daar te kom, maar

spandeer dan genoeg tyd saam met hulle.

8. Geniet wat hulle julle aanbied, eet wat

hulle eet.

9. Luister en hoor, maar gaan verkondig

veral My liefde en genesende krag.

10. Gaan verder as niemand jul wil ontvang

nie, daar is nog baie plekke wat besoek

moet word.

11. Leer almal om in diepe afhanklikheid van

My te leef, om die dringendheid van julle

besoek te besef, want My terugkeer na

julle is baie naby.”

in die watervoor dat Blok C se manne en vroue “verskuilde” talente het:

• Iemand het glo , gedurende die lang Junievakansie, ‘n rydingetjie aangeskaf om te gaan “dwaal” in

Transkei. Het hulle nie gedwaal nie! Tweehonderd kilometer te ver gery agter ‘n verjaarsdagkoek

aan … die verskoning was “ons het die afdraai gemis!”

• ‘n Ander een het weer vir vroulief probeer beïndruk, maar ai, toe misgis hy hom met die elektriese

saag en sny sy duim amper morsaf …

• Dan praat ons nie eens van die Blokvergadering met die ouderlinge en dienswerkers wat laatnag

geeindig het in “rivierklippe rol” dat die waartlemoene spat nie! Hulle noem dit glo “ ’n Boererol.”

• Een van die ander dwalers moes in die donker nag die verkeersdepartement oortuig, “meneer hier

ís petrol in die voertuig ….”

• O ja, amper vergeet ek moderne Huisbesoek sluit nou Tuindienste in!

NS. Kabelklippie wonder of Blok C se manne en vroue nie eintlik “verdagte” talente het nie.

Volume 1, Uitgawe 3

Briewe:

Worcester-Vallei Gemeente vriende

Ons wil vir elke vriend en vriendin dankie sê wat vir ons gebid het, hetsy sag

of hard, voor en na Marnia se hartoperasie.

`n Mens dink soms `n mens is gelowig en raak dalk gemaklik met hoe jy jou geloof toepas. Dan

kom daar toetse. Natuurlik is die slegste toetse die wat nie net vir jou raak nie, maar jou toets deur

ander mense naby aan jou vir wie jy lief is. Maar dis hierdie toetse/beproewings wat jou temper en

die verskil is tussen wêreldse geloof en persoonlike, diepe geloof. Dit het ons krag gegee om vo-

rentoe te kyk.

Marnia se operasie is seker nie die verskriklikste van sy soort nie, maar dit is die `baby` in die huis

en daar was komplikasies.

Soos altyd,het ons weer iets geleer hieruit.

* Daar is baie goeie mense daarbuite wat `n mens nie ken nie. Dankie vir almal wat die tyd

met ons gedeel het en vir ons probleme tyd gemaak het.

* God is goed! Marnia is volkome herstel.

* Bid werk!! Ons onderskat die mees direkte

kommunikasie met God te maklik omdat ons te

ongeduldig is.

* Ons kan niks doen sonder God nie.

* God is liefde.

Groete, André en Marina van Schoor

Briefie van Helene namens haar susters

Aan die kerk

Ons hele familie het deur `n moeilike tyd gegaan met Marnia se operasie.Ons was bekommerd en

ons het gedink wat sou gebeur as Marnia nie weer terug sou kom nie.Maar ons het net ons hoop in

God gestel en geweet dat sy weer met meer lewe sou terugkom. En sy het!

Ons wil net vir almal, en vir my juffrouens by die skool, baie dankie sê dat hulle daar was, asook al

ons maats.Sonder julle sou ons dit nie gemaak het nie.Ons hoop dit gaan met julle ook net die beste.

`n Klomp liefde

Helene

Die Waterfiskaal

Die waterfiskaal behou hom die reg

voor om briewe en artikels te redigeer

en verkort—en artikels na

goeddunke in die kwartaalblad en

elders te gebruik.

Page 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!