05.05.2013 Views

wat bied - Potchefstroom Gimnasium

wat bied - Potchefstroom Gimnasium

wat bied - Potchefstroom Gimnasium

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

www.gimmies.co.za

PROGRAM

16:15 – 17:00 Ontvangs

17:00 Saalprogram

17:30 Besoekpunte

19:00 Verdaging

Koshuisbesoeke

Navrae:

Akademie: K de Wet, P Lessing en

J Lombard

Rugby: R. Marx

Sport: A. vd Merwe

Kultuur: L. du Toit

Musieksentrum: A. Viljoen

STAP GERUS SAAM MET

ONS DEUR GIMMIES…

STAP SAAM MET ONS DEUR ONS

SKOOL…

Skoolvierkant (sport)

Kultuursentrum

Voorportaal (akademie)

Personeelkamer

Wetenskappe

Kuns

Rekenaarokaal

KONTAKBESONDERHEDE

Administratiewe navraag:

potchgimmies@gimmies.co.za

Kontak ook gerus die hoof (mnr. Roelof

Oosthuizen) direk by rao@gimmies.co.za

OF

Enige van die vier adjunkhoofde by:

kdewet@gimmies.co.za (Kobus de Wet)

jlombard@gimmies.co.za (Jaco Lombard)

plessing@gimmies.co.za (Pieter Lessing)

jcpienaar@gimmies.co.za (Christine Pienaar)

Landlynnommer: (018) 2930267/9

Fakslyn: (018) 2930268

In Transvaal se oue Hoofstad

Aan die soom van Mooirivier

Waar die groene wilgerbome

aan die landskap gee hul sier.

Dis die plek waar ons gestreef het

met die vuur van onse jeug

waar ons harte bly geklop het

van oorwinning skone vreug.

Gimnasium Hoër,

Gimnasium Hoër,

Ons sal jou steeds eer

• kindgesentreerd

IS

• ʼn skool waar leerders se volle

potensiaal ontwikkel word

• ʼn skool wat balans bied

• Bybel-gefundeerd

• Afrikaansmedium

• sinoniem met kwaliteit

ONS FOKUS GRAAG OP

• gelukkige, gemotiveerde leerders én

opvoeders

• leierskap en

ondernemingsingesteldheid

• toekomsgerigte denke

• sinvolle dissipline

• uitnemende finansiële bestuur

…..WAT BIED

……U KIND OP AKADEMIESE

…………….GEBIED?

Graad 8 en 9 NKV-leerareas

Afrikaans Huistaal

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Engels Eerste Addisionele Taal

Kuns en Kultuur (Kuns)

Kuns en Kultuur (Musiek)

Lewensoriëntering

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Tegnologie

*Tswana spreektaal

Wiskunde

Graad 10-leerareakeuses:

Afrikaans Huistaal

Addisionele Wiskunde (na-uurs)

Besigheidstudies

*Dramatiese Kuns (na-uurs)

*Duits (na-uurs)

Ekonomie

*Engels Eerste Addisionele Taal

Taal

Engels Huistaal

Fisiese Wetenskappe

*Frans (na-uurs)

Geografie

*Ingenieursgrafika en -ontwerp

Inligtingstegnologie

Lewensoriëntering

Lewenswetenskappe

Musiek (UNISA en RBSM)

*Ontwerpkuns

Rekeningkunde

*Siviele Tegnologie

Rekenaartoepassingstegnologie

Verbruikerstudies

Visuele Kuns

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Geen Gimmie word die geleentheid ontneen

om aan akademiese olimpiades en/of ekspo’s

deel te neem nie. Onderwysers gee graag

leiding in hierdie verband.

Wat kan uitnemende onderrig u kind in

2015 bied?

2009 Gr.12-Vakgemiddeldes & -prestasies

80 + %: 3 vakke

70 - 79%: 9 vakke

60 – 69%: 6 vakke

Universiteits-

vrystelling

Matriek-

onderskei-

dings

Slaag

2002 80% 445 100

2003 82% 422 100

2004 86% 422 100

2005 84% 404 100

2006 79% 369 100

2007 85% 382 100

2008 92% 534 100

HOE LYK DIE GIMMIE

ONDERWYSERSPROFIEL?

Gemiddelde ouderdom: 42,3 jaar

(Die Suid-Afrikaanse

Onderwysersunie beraam die

nasionale gemiddeld as 47 jaar.)

M-graad: 5

Honns / 2e Graad / Diploma: 22

Graad & Diploma: 21

WAT IS DIE ONDERWYSER : KIND-

.........VERHOUDING BY GIMMIES?

Departementele poste 1:27

Met beheerliggaamposte 1:20

Graad 8 en 9-klasse: 27 – 32 leerders

HET GIMMIES ENIGE SPESIALISLOKALE

......WAARUIT U KIND VOORDEEL KAN

.............................TREK?

3 Rekenaarsentrums (RTT;IT;IGO)

Gimmieraadkamer

Multimediasentrum

Kultuursentrum

Kunssentrum & Galery

Musieksentrum

Internettoegang in alle lokale

WAT BIED

U KIND OP DIE SPORTVELD?

Vir meer gedetaillerde inligting, besoek gerus

Gimmies se webblad www.gimmies.co.za

Atletiek

Atletiek is al vir jare die vlagskip van Gimmies

se sport en talle uitdrukkings is al gebruik om

Potchefstroom Gimnasium se spogsport in ʼn

neutedop saam te vat. Gimmies is die

kweekskool van kampioene, medaljefabriek

en die mekka van atletiek in die provinsie.

Vra maar die kenners - Gimmies is wenners!

Dié bewys die rekordboeke deurdat on 19 uit

20 jaar die Interhoër gewen het.

Rugby

Oor die jare heen is ʼn trotse en tradisievaste

rugbykultuur gekweek. Onderwysers, die

PUK-Rugbyinstituut en professionele

hulpafrigters van buite verseker dat Gimmies

op hoogte van die nuutste rugbytegnieke bly.

Gimmies spog tans met tien rugbyspanne. In

2009 en 2010 is 3 van ons spanne NWwenners.

Netbal

Gimmies se netbalspanne het vanjaar, soos

vorige jare, puik prestasies op die netbalbane

behaal en weereens bewys dat hulle 'n krag in

SA-skolenetbal is. Gimmies se netbalspanne

is vir die sewende agtereenvolgende jaar as

die netbal-kampioene van die PUK-

Prestigereeks gekroon. Drie van ons spanne

in vanjaar NW-wenners.

Krieket

Potchefstroom Gimnasium is een van die top

krieketskole in Noordwes. In Potchefstroom is

daar die afgelope paar jaar nie ʼn skool wat

Gimmies se gelyke is met prestasies,

deelname en fasiliteite nie.Ons skool spog

met twee volgrootte krieketvelde wat met die

beste in Noordwes vergelyk kan word. Vir

elke span word ʼn voog (onderwyser) en ʼn

buite-afrigteraangestel. Ons eerstespan speel

in 2009 in die Beeldtrofee finaal. Ons het

jaarliks sewe seuns- en twee dogters

krieketspanne.

Hokkie

As jy mal is oor hokkie, sal jy mal wees oor

Gimmies. Ons het nege dogterspanne en

vier seunspanne wat jaarliks uitstekend op

nasionale vlak presteer. Gimmies se

hokkiespelers het die voorreg om op die

Noordwes-Universiteit se astrobane te oefen

en ook hulle wedstryde daar te speel,

aangesien hierdie fasiliteite net oorkant die

skool is. Vyf seuns- en nege dogterspanne

neem jaarliks aan die liga deel. Vier van

Gimmies se spanne is vanjaar NW-wenners

Skyfskiet

Skoleskyfskiet met luggewere (windbukse

wat met gassilinders toegerus is) is ʼn

gewilde sport in Suid-Afrika. Daar is

verskeie skole en honderde leerders wat

daaraan deelneem. In Noordwes is Gimmies

een van sewe skole wat voluit daaraan

deelneem en boonop jaarliks nasionale

presteerders oplewer.

Tennis

As tennis jou passie is, is daar nie ʼn beter

skool as Gimmies nie. Ons het 6 seun- en 6

dogterspanne wat aan ʼn verskeidenheid

ligas deelneem. Daar is ʼn legio geleenthede

en kompetisies waaraan ons tennisspanne

deelneem en die jaarlikse informele tennisjol

is ʼn hoogtepunt op ons kalender. Gimmies

wen vanjaar ʼn nasionale toernooi te Sun City

Swem

Die aanbied van die eerste Interskole

swemgala in 2007 was ʼn Gimmie-inisiatief en

dié geleentheid groei elke jaar. Sedert die

ontstaan van die gala het Gimmies die

byeenkoms elke jaar gewen en verskeie

rekords opgestel. Gimmies is jaarliks deel

van ʼn naionale gala te Menlopark, Pretoria.

Landloop

Die landloopatlete oefen vier maal per week.

Wedlope word op Saterdae gehardloop. Die

juniors hardloop 4 km en seniors 6 km.

Gholf

Die afgelope dertien jaar kan ons met reg

aanspraak maak op die titel van top gholfskool

in Noordwes. Ons het vier gholfspanne wat

jaarliks met groot welslae aan die liga

deelneem. Ons tweede-, derde- en vierdespanne

was in 2009 NW-wenners.

Hengel

Gimmies het in 2005 met ʼn hengelklub begin.

Die hengelaars presteer so goed dat ons

reeds verskeie provinsiale hengelaars

opgelewer het. Ons is ook bevoorreg om

vanjaar twee Springbok-hengelaars by

Gimmies te hê en die huidige Suid-Afrikaanse

Paalhengel-kampioen is ʼn Gimmie. Wessel

Mienie verteenwoordig Gimmies in 2010 by

die Wêreld hengelkampioenskappe in Italië. ..

Skaak

Gimmie-skaak het dertig gereelde deelnemers

wat oefen om hulle breinkrag teen mekaar te

meet. Ons spelers neem jaarliks aan

nasionale en internasionale toernooie deel en

vaar uitstekend.

242 Gimmies ontvang in 2008 erekleure

vir hulle provinsiale deelname aan

verskeie sportsoorte. [Buitesportsoorte, bv.

judo, perdry, uitvoerende kunste ens.

ontvang gelyke erkenning by

Gimmies............................]

WAT BIED U

.. KIND OP DIE KULTUURFRONT?

Gimmies se kultuurdepartement is

alombekend vir die skep van geleenthede

volgens leerders se behoeftes! ʼn Voorbeeld

hiervan is die talle ensembles in die skool.

Orkeste, kore en musiek

Leerders van Potchefstroom Gimnasium is

lede van ʼn wye verskeidenheid orkeste en

kore in die land wat onder meer die volgende

insluit:

* Noordwes-Kinderkoor

* Nasionale Koorakademie

* Noordwesorkes

* Simfonia Juventi (TOD-Jeugorkes)

* Zephyros-orkes

Dit is met trots dat ons ook talle oud-

Gimmielede van die Noordwes

Universiteitskoor se musiekloopbane

dophou. Vanjaar het daar ook ʼn groot aantal

aan die finaal van die NWU-talentkompetisie

deelgeneem...

Musiekproduksies

Elke tweede jaar nooi ons enige Gimmie uit

om aan hierdie lekker geleentheid deel te

neem! Geen oudisies vind plaas nie,

aangesien daar telkens ʼn produksie om elke

stukkie Gimmie-talent gebou word.

Volgepakte sale bevestig ook hier die

Gimmie-sukses.

Mnr. en Mej. Gimmie

Dis nou ʼn lekker sosiale geleentheid! Ons

het al celebs soos Diaan Lawrenson (Paula

van 7de Laan), Arno Jordaan (sanger), Flip a

coin en Therese Benadé (Song vir Katryn)

hier by ons jaarlikse kroningsgeleentheid

ontvang. Twee senior (seun en meisie) en

twee juniorwenners word aangewys. Hulle

pak gedurende hulle termyn ʼn

liefdadigheidsprojek aan.

ATKVonk

Ons ywerige ATKV-tak sorg vir heerlike

kultuur-kuieraande.

Redenaars / Public Speaking

Gimmie-redenaars kry die geleentheid om

hulle standpunt oor aktuele kwessies te kom

stel. Die skool neem aan die interskole

redenaarskompetisie, asook die ATKVredenaarskompetisie

deel wat jaarliks

nasionale deelnemers oplewer.

Debat

Gimmie-debatteerders bepaal hulle by

opvoedkundige debat en presteer jaarliks

uitsonderlik in die nasionale ATKV-kompetisie.

Ons bevorder gesproke Afrikaans. Gimmies

neem reeds die afgelope drie jaar aan die

nasionale finaal deel.

Vlekvry

Vlekvry bestaan uit ʼn groot groep

entoesiastiese Gimmies wat God voluit wil

dien. By Gimmies weet ons dat dit belangrik

is om eerste die koninkryk van God te soek.

Hulle kom elke Woensdag tydens pouse

bymekaar.

Fotografie

“Foto's is die enigste manier om iets van die

verlede mee vas te vang.” Gimmies spog met

ʼn uitstekende fotografieklub wat uit 20 lede

bestaan wat kwartaalliks aan verskillende

temas werk om nuwe vaardighede te

bemeester.

Landsdiens: Gimmieklub

Is jy lief vir die buitelewe? Kamp? Gesellig

saam verkeer? Wil jy jou kreatiewe vermoëns

uitleef? Georganiseerde streeks- en

nasionale kampe word gedurende

skoolvakansies aangebied. Klubkampe word

self gereël en vind gewoonlik in die vierde

kwartaal plaas. Die Landsdiensklub bestaan

uit 45 lede wat tans onder andere hard werk

om die Wasgoedspruit in sy volle glorie te

herstel.

Sasima

Die Sasima is Potchefstroom Gimnasium se

amptelike skoolkoerant wat drie keer per jaar

uitgegee word. Die afgelope aantal jare het

die Sasima baie goed in nasionale

kompetisies presteer en dit is ook verskeie

kere as die beste skoolkoerant in Suid-Afrika

aangewys.

Voortrekkers

Die Totius-Voortrekkerkommando is aan die

brand met ʼn ledetal van meer as 193. Om

Verkenner te wees (gr. 8 - 12) beteken om

deel van ʼn span te wees wat saam werk en

lag en speel en KAMP! Gimmies spog tans

met een Presidentsverkenner, asook ʼn

trotse Jeugraadslid van die Voortrekkers.

Toneel

Gimmies bring jaarliks twee toneelstukke op

die planke. Albei hierdie stukke neem

gedurende Augustus aan die jaarlikse ATKVtienertoneelkompetisie

deel.

Sosiaal en Gees

Dis ʼn fees om ʼn Gimmie te wees! Dié leuse

sê dit alles. Gimmies bied jou meer as

genoeg geleenthede om sosiaal te verkeer

en jouself te geniet. Ons sokkie, sing, fliek,

hou piekniek en kuier ʼn hond uit ʼn bos! Ons

aksies wissel van informeel tot formeel en jy

kan deel in elke stukkie lekkerte!

242 Gimmies ontvang in 2008 erekleure

vir hulle uitstekende prestasie op die

provinsiale kultuurfront.

U word vriendelik na vanjaar se

musiekproduksie, Memoirs,

uitgenooi .

Plek: Ouditorium (PUK)

Datum: 26 - 28 Augustus

Koste: R50 per kaartjie

Kaartjies is by Gimmies beskikbaar!

ANDER FEITE OOR

INTERNASIONALE GELEENTHEDE

Talle Gimmies toer jaarliks na die buiteland

om hul vaardighede in te oefen of hulle

verwysingsraamwerk te verbreed. Voorbeelde

hiervan is:.........................................................

Die jaarlikse internasionale kunstoer.

(Dubai, Egipte, Londen, België, Holland,

Reinvallei, Duitsland, Oostenryk, Italië,

Switzerland en Frankryk is reeds

besoek.)

Die jaarlikse Geografie toer na die

Amazone.

Sporttoere na bv. Maleisië, Argentinië,

Engeland en Nieu-Zeeland.

Verskeie onderwysers het ook reeds

studietoere na Engeland, Skotland,

Australië, Swede, België en Amerika

onderneem.

Agt graad 10-leerders neem jaarliks aan

ʼn Sweedse uitruilprojek deel.

LEWERANSIERS

Ons skool se voorgeskrewe kleredrag is te

koop by AK Sports and Leisure, James

Morokalaan en SS-Skooldrag, H/v Piet Uys-

en Shortstraat, Potchefstroom. ......................

Ons het ook ʼn goedtoegeruste klerebank op

die skoolterrein wat elke Maandag vanaf

13:00 – 14:00 oop is. Alle items is vanjaar

gratis.

IS GIMMIES BETROKKE BY DIE

GEMEENSKAP?

Gimmies het gedurende die afgelope jaar

uitgereik na:

* Amelia Nasorgsentrum vir volwasse

gestremdes

* E.S. le Grange skool vir gestremde

leerders

* Abraham Kriel-Kinderhuis

* Simonsoord

* Ikageng

* Ons Hulde Aftree-Oord

HOE BIED GIMMIES AAN LEERDERS

PERSOONLIKE EN GEESTELIKE

LEIDING?

• Daaglikse opening & afsluiting met

gebed

• VCSV-byeenkomste

• Graad- en klasvoogleiding

• Lewensoriëntering

• Gebedsgroepe vir ouers en leerders

HOE ONTWIKKEL GIMMIES

LEIERSKAP?

Graad 11-Jeugberaad

Gimmieraadopleiding aan graad 8 tot

11-leerders

Partnership Foundation Trust-kampe

vir graad 9 tot 11-leerders

Ses graad 8- en ses graad 9-leerders

verteenwoordig hulle graadgroep op

die Gimmieraad.

HOE GESKIED OUERKONTAK BY

GIMMIES?

Drie afspraak-oueraande per jaar.

Ouers ontvang elke Vrydag die

Gimmiegriffie wat oor die afgelope

week verslag doen en die volgende

week se program deurgee.

Ouerkomitees dien as skakel tussen

die beheerliggaam en die

skoolbestuur.

Persoonlike onderhoude.

E-posgeriewe word ruim vir hierdie doel

gebruik.

KOSHUISE

Gimmies beskik oor twee koshuise wat

onderskeidelik 150 seuns en 160 dogters

kan huisves. Die koshuise voorsien blyplek

en drie volle maaltye per dag aan alle

inwoners. Die koshuise is toegerus met die

nodige studeergeriewe, asook fasiliteite

soos rekenaarlokale, TV-kamers,

wasmasjiene en tuimeldroërs. Die

koshuise beskik oor 'n lieflike, groot terrein

met meer as genoeg plek vir ontspan, kuier

en speel.

ANKERGASTEHUIS

Daar is agt gerieflike, stylvolle, ensuite

kamers, toegerus met ʼn sentrale kombuis.

Veilige parkering vir u motor agter ʼn

palissade..............................................

Die gastehuis is geleë op die hoek van Meyer-

en Molenstraat op die skoolterrein.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!