05.05.2013 Views

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Wyk A, C, E, G, I – sout Wyk B, D, H, J – soet

Sustersoggend – Saterdag 20 April 2013

Ons vra dat indien u graag die sustersoggend wil bywoon om u naam op die lys op die

kennisgewingbord te skryf voor of op Sondag 14 April 2013. Hierdie jaar gaan ons groen en

maak ‘n mini-kruietuin. Voorbeelde hiervan is te sien in die binnehof. Ons gaan ook ‘n lekker

slaaisous maak.

VGK VROUESAAMTREK UITNODIGING

Die Vrouesaamtrekdagbestuur van die VGK gemeentes in Gauteng nooi alle susters

vriendelik uit na hul Vrouesaamtrekdag op DV Saterdag, 11 Mei 2013.

Plek: VGK Pretoria, 28ste laan 798, Rietfontein

Tyd: 09:00

Koste: R50 per person

Spreker: Marietjie Breytenbach

Kinderoppas vir 2 – 10 jariges beskikbaar teen R25 per kind (sluit eet-en drinkgoed in)

RSVP (vir self en kinders) voor 3 Mei 2013 by Harriët Hofsink: 012 332 1188/083 979 6822/

whof@telkomsa.net.

AU PAIR GESOEK

Ons benodig ‘n au pair vir ons drie kinders vanaf 19 April – 19 Augustus (naweke en

vakansies uitgesluit). Werksure is vanaf 7:00 vm tot 14:30nm. R150 per dag. Indien u

belangstel, kontak Wilma Drijfhout by 083 543 2195 of henk.drijfhout@absamail.co.za.

EEUFEESVIERING TE ZAMBIë

Dit is honderd jaar gelede dat die eerste Gereformeerde erediens in Zambië gehou is.

Die gemeentelede in Zambië, wat lidmate is van die Gereformeerde Kerk Thabazimbi, het

aangedui dat hulle die begeerte het om ‘n eeufeesviering te hou vir die 100-jarige bestaan

van die Gereformeerde Kerk in Zambië. Hierdie geleentheid sal plaasvind vanaf 5 tot 7 Julie

te Zambië. Indien daar enige lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika is wat

hierdie geleentheid wil bywoon word julle deur hierdie kennisgewing hartlik uitgenooi om die

geleentheid by te woon. Die komitee van Thabazimbi wat die aangeleentheid reël is Ds.

Neville Boy, oudle. Jan du Toit en Koos Venter. Indien daar enigiemand in die Kerkverband

is wat hierdie geleentheid wil bywoon kan julle net die kerkkantoor op Thabazimbi skakel

sodat ons die getalle kan bepaal. Daar is verblyf gereël teen koste. Elkeen sal sy eie

verblyfkoste moet betaal. Reisreëlings is ook elkeen se eie verantwoordelikheid. Indien u

wil vlieg kan daar reëlings getref word om u op Lusaka lughawe op te laai. Ons sal egter net

moet weet wie dit is wat kom en wanneer die vlug verwag word.

Enige navrae kan gedoen word by Ds. Neville Boy of enige een van die ander komiteelede

van Thabazimbi.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!