05.05.2013 Views

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Meelewing

Ons wil net baie dankie sê vir die pastorie wat so pragtig lyk. Ons waardeer al die tyd,

harde werk en moeite wat daar ingesit word. Ons is bevoorreg om in so ‘n pragtige huis

te kom woon. Julle moeite gaan nie ongesiens verby nie , nogmaals dankie.

Ds Jacques en Ina Howell

Br Piet Salomons (broer van br Henk Salomons) en sy vrou, Jetty,was ‘n aantal jare

lidmate van ons gemeente. Br Piet het weer ‘n beroerte gehad, maar dit gaan alweer ‘n

bietjie beter met hom. Ook was hulle seun en kleinseun in ‘n ongeluk betrokke, maar die

Here het hul lewens gespaar. Ons vertrou hul aan die Here toe, wat die troos sal gee

soos Hy beloof het. Veral vir sr Jetty hoop en vertrou ons dat God wat sy hand oor haar

en haar familie hou, haar sal help om deur hierdie moeilike tyd sterk te kan bly en ons

bid dat die Here uitkoms sal gee.

Deur God se genade is sr Annemarie van de Wetering en haar dogter Tineke gespaar

gebly. Hulle het met hul motor bo-oor ‘n vlakvark gery; die remme het gefaal en hulle het

deur drade geploeg en eindelik tot stilstand gekom. Behalwe blou plekke en groot skrik

het hulle geen beserings opgedoen nie en daarvoor is ons die Here baie dankbaar.

Sr Clarinda van de Wetering en br Marnix Boersema het ook benoude oomblikke

beleef, toe ‘n bakkie deur ’n rooi lig gery en hul motor getref het. Die motor is afgeskryf

maar die Here het hulle wonderlik bewaar. Ons dank Hom daarvoor.

Br Klaas van de Wetering word DV 22 April aan sy prostaat geopereer. Mag die Here

die hande van die dokters lei sodat die operasie goed sal verloop. Ons wens hom en sr

Rietje baie sterkte toe. En ons wens br Klaas ‘n spoedige herstel toe.

Op Vrydag 29 Maart het ons die sterwe van Christus herdenk, en Sondag het ons met

blydskap in ons harte die Sy opstanding herdenk. Hy het ons sondes op Hom geneem

en in ons plek die toorn van God gedra. Laat ons dankbaar wees en met gelowige harte

met groot dankbaarheid ons blydskap bely.

1 Kor 15:55-57 – Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel

van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank,

wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

BYBELSTUDIE

Mannevereniging ‘Calvyn’

Vergader DV weer op WOENSDAGAAND, 10 April 2013, om 19:30 in die biblioteek.

Die onderwerp is Génesis 50. Dit word ingelei deur br Rien van der Meer. Nuwe lede

hartlik welkom. Kontakpersoon br. Rien van der Meer. Tel. 012 332 1290

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!