Laai Af - Gkkandelaar.co.za
Laai Af - Gkkandelaar.co.za
Laai Af - Gkkandelaar.co.za
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
IN DIE WANDELGANG

OGGENDDIENS (Dr Gerard Meijer)

Gereformeerde Kerk

Die Kandelaar

Sondag, 7 April 2013

Eredienste: 09:30 en 18:30

AANDDIENS (Dr Gerard Meijer)

Lees: Jes 42: 18 - 25; 49: 8 - 19 Lees: Joh 5: 24 - 29; 11: 1 - 27

Teks: Jes 49: 14, 15b, 16a Teks: Joh 11: 25 - 27

Sing: Ps 107: 1, 4, 9 Sing: Ps 18: 1, 2, 3

25: 2, 6 Geloofsbelydenis

22: 6, 7 Ps 139: 2, 6, 9

73: 11, 12 36: 3

43: 1, 2, 3, 4, 5 103: 8, 9, 10, 11

KOLLEKTES 7 APRIL 14 APRIL

1ste kollekte: Diakonie Diakonie

2de kollekte: Bybelverspreiding Sending

LIEF EN LEED

Verjaarsdae (afgelope week)

Ma 01 Sophie Badenhorst, Yolanda Botha, Ina Drijfhout

Di 02 Marianne Wilcocks

Wo 03 Rien van der Meer

Do 04 Morné Bakker, Arno Hooghiemstra, David Wilcocks

Vr 05 Rochelle Bakker

Sa 06 Leendert van de Erve

So 07 Annelie van de Wetering, Leandri Wilcocks

Ma 08 Lisa Griffioen

Di 09 Petra van der Veen

Wo 10 Hetty van Straten

Do 11 Marinda Boersema
Meelewing

Ons wil net baie dankie sê vir die pastorie wat so pragtig lyk. Ons waardeer al die tyd,

harde werk en moeite wat daar ingesit word. Ons is bevoorreg om in so ‘n pragtige huis

te kom woon. Julle moeite gaan nie ongesiens verby nie , nogmaals dankie.

Ds Jacques en Ina Howell

Br Piet Salomons (broer van br Henk Salomons) en sy vrou, Jetty,was ‘n aantal jare

lidmate van ons gemeente. Br Piet het weer ‘n beroerte gehad, maar dit gaan alweer ‘n

bietjie beter met hom. Ook was hulle seun en kleinseun in ‘n ongeluk betrokke, maar die

Here het hul lewens gespaar. Ons vertrou hul aan die Here toe, wat die troos sal gee

soos Hy beloof het. Veral vir sr Jetty hoop en vertrou ons dat God wat sy hand oor haar

en haar familie hou, haar sal help om deur hierdie moeilike tyd sterk te kan bly en ons

bid dat die Here uitkoms sal gee.

Deur God se genade is sr Annemarie van de Wetering en haar dogter Tineke gespaar

gebly. Hulle het met hul motor bo-oor ‘n vlakvark gery; die remme het gefaal en hulle het

deur drade geploeg en eindelik tot stilstand gekom. Behalwe blou plekke en groot skrik

het hulle geen beserings opgedoen nie en daarvoor is ons die Here baie dankbaar.

Sr Clarinda van de Wetering en br Marnix Boersema het ook benoude oomblikke

beleef, toe ‘n bakkie deur ’n rooi lig gery en hul motor getref het. Die motor is afgeskryf

maar die Here het hulle wonderlik bewaar. Ons dank Hom daarvoor.

Br Klaas van de Wetering word DV 22 April aan sy prostaat geopereer. Mag die Here

die hande van die dokters lei sodat die operasie goed sal verloop. Ons wens hom en sr

Rietje baie sterkte toe. En ons wens br Klaas ‘n spoedige herstel toe.

Op Vrydag 29 Maart het ons die sterwe van Christus herdenk, en Sondag het ons met

blydskap in ons harte die Sy opstanding herdenk. Hy het ons sondes op Hom geneem

en in ons plek die toorn van God gedra. Laat ons dankbaar wees en met gelowige harte

met groot dankbaarheid ons blydskap bely.

1 Kor 15:55-57 – Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel

van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank,

wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

BYBELSTUDIE

Mannevereniging ‘Calvyn’

Vergader DV weer op WOENSDAGAAND, 10 April 2013, om 19:30 in die biblioteek.

Die onderwerp is Génesis 50. Dit word ingelei deur br Rien van der Meer. Nuwe lede

hartlik welkom. Kontakpersoon br. Rien van der Meer. Tel. 012 332 1290
Bybelstudiegroep ‘In U Lig’

Vergader DV Wo, 10 April, om 19:30 by br Eduard en sr Sarina van Renssen; 2 Kon 7.

Bybelstudiegroep ‘Jona’

Vergader DV Wo, 10 April, by br Klaas en sr Rietjie van de Wetering; Ef 2: 11 – 22.

Bybelstudiegroep ‘Manna’

Vergader DV Wo, 10 April, by br Frank en sr Rina van der Kooy; Mal 2.

Bybelstudiegroep ‘Onésimus’

Vergader DV Wo, 10 April, by br Dave en sr Tiny Wilcocks; Rigt 14 en 15.

OPPASDIENS

7 APRIL 14 APRIL

Ma's: Cora le Roux Bob Niehof

Adri van de Wetering Tina Wibbelink

Dogters: Lize-Marie van de Wetering Marnette du Plessis

Anika van Renssen Melinda van de Erve

Alieske van ‘t Foort Chrisna-Marié van Lochem

VANAF DIE KERKRAAD

Weens die vier ampte van ouderlinge wat vakant is, het die kerkraad op sy vergadering

van 11 Maart 2013 die volgende broeders as dubbeltal gestel vir ouderlinge: Henk

Jonkers, Jaco Boersema, Rob van der Kooy, Chris van Renssen, Dries Yssel, Maurits

van de Wetering, Hillegert Wilcocks en Willem Pretorius.

Die verkiesing sal DV Sondag 21 April 2013 voor die oggend-erediens plaasvind.

SSK

Koffieskinkrooster: Sondag 7 April 2013

Sameroepster: Maritza Wilcocks (Wyk G)

Fransie Drijfhout, Alieske Drijfhout, Marié Hamelink, Marleen Heus, Cora le Roux, Elna

Momberg, Johanita Momberg, Ria Niehof, Marissa van de Wetering jnr, Sarina van

Renssen, Ada van Renssen, Carla van ‘t Foort, Lienkie Vermeulen.

Dié wyk sal ook op Sondag 14 April koffieskink.

Verwelkomingsfunksie van ds Howell en sy gesin – 13 April 2013

Die ete vir die funksie word aangebied in die vorm van ‘n vingerete. VANDAG, 7 April, is die

laaste dag om u naam op te skryf op die lys wat aangebring is op die kennisgewingbord.

Gemeentegeselligheid – Sondag 14 April 2013

Ons herinner u graag aan die gemeentegeselligheid vir ds Howell en sy gesin se

verwelkoming. Elke gesin/belydende suster word gevra om asseblief ‘n bordjie eetgoed

(dosyn vingerhappies) te bring. Plaas asseblief die bordjie voor die diens in die kombuis.
Wyk A, C, E, G, I – sout Wyk B, D, H, J – soet

Sustersoggend – Saterdag 20 April 2013

Ons vra dat indien u graag die sustersoggend wil bywoon om u naam op die lys op die

kennisgewingbord te skryf voor of op Sondag 14 April 2013. Hierdie jaar gaan ons groen en

maak ‘n mini-kruietuin. Voorbeelde hiervan is te sien in die binnehof. Ons gaan ook ‘n lekker

slaaisous maak.

VGK VROUESAAMTREK UITNODIGING

Die Vrouesaamtrekdagbestuur van die VGK gemeentes in Gauteng nooi alle susters

vriendelik uit na hul Vrouesaamtrekdag op DV Saterdag, 11 Mei 2013.

Plek: VGK Pretoria, 28ste laan 798, Rietfontein

Tyd: 09:00

Koste: R50 per person

Spreker: Marietjie Breytenbach

Kinderoppas vir 2 – 10 jariges beskikbaar teen R25 per kind (sluit eet-en drinkgoed in)

RSVP (vir self en kinders) voor 3 Mei 2013 by Harriët Hofsink: 012 332 1188/083 979 6822/

whof@telkomsa.net.

AU PAIR GESOEK

Ons benodig ‘n au pair vir ons drie kinders vanaf 19 April – 19 Augustus (naweke en

vakansies uitgesluit). Werksure is vanaf 7:00 vm tot 14:30nm. R150 per dag. Indien u

belangstel, kontak Wilma Drijfhout by 083 543 2195 of henk.drijfhout@absamail.co.za.

EEUFEESVIERING TE ZAMBIë

Dit is honderd jaar gelede dat die eerste Gereformeerde erediens in Zambië gehou is.

Die gemeentelede in Zambië, wat lidmate is van die Gereformeerde Kerk Thabazimbi, het

aangedui dat hulle die begeerte het om ‘n eeufeesviering te hou vir die 100-jarige bestaan

van die Gereformeerde Kerk in Zambië. Hierdie geleentheid sal plaasvind vanaf 5 tot 7 Julie

te Zambië. Indien daar enige lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika is wat

hierdie geleentheid wil bywoon word julle deur hierdie kennisgewing hartlik uitgenooi om die

geleentheid by te woon. Die komitee van Thabazimbi wat die aangeleentheid reël is Ds.

Neville Boy, oudle. Jan du Toit en Koos Venter. Indien daar enigiemand in die Kerkverband

is wat hierdie geleentheid wil bywoon kan julle net die kerkkantoor op Thabazimbi skakel

sodat ons die getalle kan bepaal. Daar is verblyf gereël teen koste. Elkeen sal sy eie

verblyfkoste moet betaal. Reisreëlings is ook elkeen se eie verantwoordelikheid. Indien u

wil vlieg kan daar reëlings getref word om u op Lusaka lughawe op te laai. Ons sal egter net

moet weet wie dit is wat kom en wanneer die vlug verwag word.

Enige navrae kan gedoen word by Ds. Neville Boy of enige een van die ander komiteelede

van Thabazimbi.