Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
2010

MIDSTREAM MIDSTREAM COLLEGE

COLLEGE

℡012 661 0590 012 661 2340 college@midstreamcollege.co.za

Ashfordstraat 1 Ashford Street, Midstream Estate, 1692 PO Box 8, Posbus 8, Midstream Estate, 1692

OMSENDSKRYWE MSENDSKRYWE 3/20 20 2010 20 10 12 Februarie Februarie 2010

1. AKADEMIE

1.1 Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaateksamen

Alle graad 12-leerders sal gedurende Oktober/November die IEB se eksamen skryf. Die koste van die eksamen beloop

R3 300-00 per kandidaat. Die graad 12-leerders het vandag ‘n brief in die verband ontvang wat u verskeie

betalingsopsies bied.

1.2 Akademiese Top 3

Na aanleiding van verlede jaar se promosiepunt is die Top 3 leerders per graad soos volg:

GRAAD 8

1 Annerine Niemand 90.1%

2 Christine Verhoef 89.1%

3 Nadia Bischoff 86.5%

GRAAD 9

1 Anna-Marie Verhoef 86.8%

2 Kobie van Schalkwyk 85.5%

3 George Barnard 82.4%

GRAAD 10

1 Ruco Pretorius 89.7%

2 Danica Yssel 86.3%

3 Ané Horn 85.9%

GRAAD 11

1 Martin du Plessis 88.1%

2 Gustav Pretorius 85.6%

3 Tshepo Makale 80.3%

1.3 Graad 12 Winterskool

Neem kennis dat die tradisionele Winterskool voortaan gedurende die eerste week van die Septembervakansie gehou

sal word. Voortaan sal dit as die Lenteskool bekend staan. Ons glo dat leerders meer baat daarby sal vind as dit dan

aangebied word, aangesien die sillabusse in alle vakke dan afgehandel is en die leerders reeds die Rekordeksamen

geskryf het.

2. SPORT

3.1 Atletiek

Die atletiek is volstoom aan die gang en ons kon tussen die reën reeds aan twee byeenkomste deelneem. Ons

tuisbyeenkoms teen Woodhill College en Heuwelkruin Kollege was baie suksesvol. Die reën het egter die laaste sê

gehad met die aflosse en 1500m-items wat nie kon plaasvind nie.

1/ Bladsy
Die atletiekaflosspan het ook met groot sukses aan Hoërskool Uitsig se aflosbyeenkoms op Pilditch Stadion

deelgeneem en sewe spanmedaljes ingepalm. Baie geluk ook aan al dié atlete.

Die byeenkoms by Hoërskool Hartbeespoort het die atlete aan strawwe kompetisie blootgestel en Midstream College

het vierde van ses skole geëindig. Hartbeespoort, Gerrit Maritz en Grenswag het ons met hul spanne die loef afgesteek.

Die kompeterende gees van ons atlete bly verstommend en ons wil graag almal wat deelgeneem het, bedank vir hul

deursettingsvermoë en entoesiasme. Die uitslae en presteerders tydens die twee byeenkomste is op die webblad

beskikbaar.

Ons sien daarna uit om Vrydag ons vermoëns op die tartanbaan van Boksburg Stadion ten toon te stel teen skole soos

Stoffberg, Vereeniging en Jan Viljoen.

3.2 Swem

Die gala by CBC is gekanselleer weens die swaar reën. Die gala by Hartbeespoort en by Midstream College was baie

suksesvol. Baie geluk aan Chantal Addinall wat aan die Gauteng Skole swemproewe gaan deelneem het en in sewe

items gewen het.

3.3 Tennis

Die senior dogterspan is besig om pragtige momentum in hul liga op te bou. Die span wat uit Leandri Viljoen, Lenke

Schmutz, Jeannie Jordaan, Chantal Oesch en Meagan Bekker bestaan, het hul afgelope twee ligawedstryde oortuigend

gewen. Die span het eers Willowridge High se eerste span met 40-27 geklop en het die afgelope Maandag ’n senior

span van Affies meisies met 42-25 geklop. Sterkte aan hierdie dogters met hul oorblywende wedstryde.

3.4 Krieket

Die krieketspanne het reeds ‘n klompie wedstryde gespeel en gemengde welslae behaal. Sommige wedstryde het ‘n

naelbyt einde gehad. Die uitslae is as volg:

Krieketuitslae

Span Opponent Uitslag (Midstream College) Kommentaar

o/14A Waterkloof B 86 lopies almal uit

Waterkloof 89 lopies vir 1 paaltjie

Waterkloof wen met 9 paaltjies

2010

Affies C Affies 189 lopies vir 8 paaltjies

Midstream 190 lopies vir 7 paaltjies

Midstream wen met 3 paaltjies

Eldoraigne Eldoraigne 158 lopies vir 2 paaltjies

Midstream 78 lopies almal uit

Eldoraigne wen met 90 lopies

o/14B Waterkloof C Midstream 85 lopies vir 8 paaltjies

Waterkloof 32 lopies almal uit

Midstream wen met 53 lopies

Hannes de Beer – 11 lopies lopies in 5 beurte

Andries Duvenhage 1 paaltjie vir 28 lopies in 4 beurte

Mauritz Blignaut 42 lopies

Conrad de Beer 48 lopies

Renier Bouwer 28 lopies

Andries Duvenhage 3 paaltjies vir 43 lopies in 9 beurte

Hannes de Beer 2 paaltjies vir 29 lopies in 8 beurte

Hannes de Beer 1 paaltjie vir 35 lopies in 5 beurte

Conrad de Beer 1 paaltjies vir 19 lopies in 5 beurte

Mauritz Blignaut 29 lopies

Brendan Coleske 9 lopies en 3 paaltjies vir vir 5 lopies

in 2 beurte

Bevan Williams 2 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte

Hano Conradie 2 paaltjies vir 6 lopies in 2 beurte

Menlopark Menlopark wen Bernhardt Gericke 4 paaltjies vir 55 lopies in 6 beurte

o/15A Uitsig A Uitsig 50 lopies almal uit

Midstream College 53 lopies sonder

verlies

Midstream wen met 10 paaltjies

CJ Muir 2 paaltjies vir 9 lopies in 6 beurte

Walner Hill 2 paaltjies vir 12 lopies in 6 beurte

JP du Toit 4 paaltjies vir 15 lopies in 6 beurte

Bradley Segal 18 lopies n.u.n

2/ Bladsy
2010

Diamantveld Diamantveld 116 lopies vir 4 paaltjies

Midstream 89 lopies vir 9 paaltjies

Diamantveld wen met 27 lopies

Affies C Midstream 87 lopies almal uit

Affies 88 lopies vir 5 paaltjies

Affies wen met 5 paaltjies

o/15B Affies C Affies 207 lopies vir 3 paaltjies

Midstream College 100 lopies vir 7

paaltjies

Affies wen met 107 lopies

MCII Affies lV Affies 85 lopies almal uit

Midstream College 81 lopies almal uit

Affies wen met 4 lopies

Centurion ll Midstream College 28 lopies almal uit

Centurion 29 lopies vir 1 paaltjie

Centurion wen met 9 paaltjies

MC I CBC l CBC 55 lopies almal uit

Midstream College 56 lopies vir 2

paaltjies

Midstream wen met 8 paaltjies

3. KULTUUR

Hatfield

Christian

School

3.1 INTERNE REDENAARS

Midstream College 70 lopies almal uit

Hatfield 71 lopies vir 6 paaltjies

Hatfield wen met 4 paaltjies

Henco Kriel 31 lopies n.u.n

JP du Toit 1 paaltjie vir 19 lopies in 4 beurte

Tiaan Ellis 1 paaltjie vir 5 lopies in 2 beurte

CJ Muir 41 lopies

CJ Muir 16 lopies en 2 paaltjies vir 30 lopies in 10

beurte

Rynhard Krynauw 20 lopies

Walner Hill 3 paaltjies vir 12 lopies in 10 beurte

Spencer Leith 35 lopies

Hernu Swanepoel 1 paaltjie vir 33 lopies in 4 beurte

Mashalin Aurakeasamy 1 paaltjie vir 17 lopies in 2

beurte

Preslin Naidoo 4 paaltjies vir 12 lopies in 5 beurte

LG du Plooy 19 lopies

Justin Sewpaul 14 lopies

Ruan van der Westhuizen 4 paaltjies vir 8 lopies in 5

beurte

Jason Liebenberg 35 lopies

Jason Liebenberg 20 lopies

Hanlo Nel 2 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte

Michael Heinsen 2 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte

Dit was vanjaar die 4e keer dat Midstream College hierdie kompetsie aangebied het en ons kan met trots sê

dat hierdie kompetsie van krag tot krag gaan. Baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk wat deelgeneem het. Julle

het alle rede om voorwaar trots op julself te wees.

Die uitslag van die interne redenaarskompetisie is as volg:

ENGLISH – JUNIORS

3 de plek Jonty Matthys & Christine Verhoef

2 de plek Annerine Niemand

Wenner Marinette Pretorius

ENGLISH – SENIORS

3 de plek Kheil Thorne

2 de plek Hannah du Toit & Janet Ramakoka

Wenner Ruco Pretorius

3/ Bladsy
AFRIKAANS - JUNIORS

3 de plek Dewald Uys & Gisela Conradie

2 de plek Annerine Niemand

Wenner Esmarie von Benecke

AFRIKAANS - SENIORS

3 de plek Danielle Minnie

2 de plek Ané Horn

Wenner Ruco Pretorius

4. GRAADKAMPE

Die verskillende graadgroepe vertrek vanaf 2-6 Maart op die verskillende graadkampe. Hierdie kampe is verpligtend en

die doel van die kampe is nie net om te sosialiseer en mekaar beter te leer ken nie, maar is propvol avontuur en pret.

Daar word by die onderskeie kampterreine voorsiening gemaak vir leerders met spesifieke maaltydvereistes. Ek wil

weereens ons onderneming om te alle tye u kind se veiligheid voorop te stel, bevestig. Al ons personeel wat die leerders

vergesel, sal voor die kampe ‘n noodhulpkursus voltooi en ons het reeds met al die kampterreine bevestig dat elke

fasiliteerder wat met ons leerders gaan werk, in besit is van ‘n noodhulpsertifikaat. U sal voor die vertrek van die

leerders ‘n kontaknommer van ‘n personeellid wat die leerders vergesel ontvang met wie u kan skakel indien nodig.

Die graadgroepe gaan die volgende kampe bywoon:

Graad 8: Hartbeeshoek (Magaliesbergarea: Vertrek om 07:00 op Woensdag, 3 Maart en sal terug wees by die

College op Vrydag, 5 Maart om 13:30.)

Graad 9: Camp Discovery (Pienaarsrivierarea: Vertrek om 07:00 op Woensdag, 3 Maart en sal weer terug wees by

die College op Vrydag, 5 Maart om 13:30.)

Graad 10: Elandskloof (Dullstroomarea – Mpumalanga: Vertrek om 13:00 op Dinsdag, 2 Maart en sal weer terug

wees by die College op Vrydag, 5 Maart om 15:00.)

Graad 11: Drakensville (Drakensbergarea: Vertrek om 13:00 op Dinsdag, 2 Maart en sal weer terug wees by die

College op Vrydag, 5 Maart om 15:00.)

Graad 12: Camp Nelu (Magaliesburgarea: Vertrek om 07:00 op Vrydag, 5 Maart en sal weer terug wees by die

College op Saterdag, 6 Maart om 13:00.)

Ons moet reeds voor 12 Februarie 2010 die onderskeie kampterreine en vervoermaatskappye betaal terwyl die gelde

eers teen einde Ferbuarie op u rekening gereflekteer word. U word derhalwe versoek om voor 12 Februarie 2010 met

mnr. Ferdi Niemand kontak te maak indien u kind nie die kamp kan bywoon nie. Indien u versuim om met ons kontak te

maak, sal u na 12 Februarie 2010 ten volle aanspreeklik gehou word vir die volle koste van die kamp. Ons wys u weer

daarop dat die kampe ‘n verpligte deel van ons kurrikulum vorm en dat leerders verplig word om die kampe by te woon.

Leerders wat sonder goeie rede, nie die kamp bywoon nie, sal benadeel word en hulle sal gedurende die tydperk die

skool moet bywoon.

Die koste verbonde aan die kampe is soos volg:

Gr 8 R 800

Gr 9 R 800

Gr 10 R1 250

Gr 11 R1 250

Gr 12 R 600

Indien u enige navrae met betrekking tot die kampe het, kan u gerus met mnr Niemand kontak maak by

feniemand@midstreamcollege.co.za.

5. THE UNIFORM SHOP

Die nuwe besigheidsure van die klerewinkel vanaf 1 Februarie 2010 is:

Maandag-Vrydag 07:00-12:00 en 14:00-17:15

2010

4/ Bladsy
6. VALENTYNSBAL

‘n Fotograaf is Saterdagaand, 13 Februarie 2010, tydens die Valentynsbal beskikbaar. Kostes vir die foto’s beloop R40

per paar, R20 vir individuele fotos en R10 vir groepfotos. Fotos is betaalbaar op die aand.

7. FOTODAG

Alle klas en individuele foto’s word op Woensdag, 17 Februarie geneem. Die volle pakket, wat ‘n klasfoto insluit, kos

R70-00. Leerders moet die korrekte kontant skool toe bring en die fotograaf direk betaal. Leerders moet ook hulle

skoolbaadjies skool toe bring vir die neem van die foto’s.

8. SKOOLREËLS

Graag wil ons die aandag van ouers en leerders op die volgende twee sake vestig: Die dra van geloofsbandjies word nie

toegelaat nie. Die Midstreamskooltas is die enigste skooltas wat toegelaat word. Daar is verskeie leerders wat graffiti

op hulle skooltasse het en ons versoek dat die graffiti verwyder word.

9. E-POS & WEBBLAD

U is welkom om die skool se webblad by www.midstreamcollege.co.za te besoek. Alle omsendskrywes en ander

inligting is daar beskikbaar

10. VOLGENDE NUUSBRIEF

Die volgende nuusbrief verskyn op 26 Februarie 2010. Nuusbriewe sal sover moontlik elke tweede Vrydag per e-pos aan

u gestuur word.

2010

5/ Bladsy