05.05.2013 Views

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Atletiek

Atletiek 2010 het afgeskop met ons Interkleure atletiekbyeenkoms wat op Vrydag, 22 Januarie plaasgevind het. Van die

velditems is reeds die Woensdag afgehandel. Die Wit Span het koning gekraai, met die Rooi en Groen Spanne wat gevolg

het. Die Groen Span het ‘n welverdiende poging aangewend en die Geesbeker ontvang.

Die ander trofee-wenners vir die dag was:

Beste enkele prestasie op die baan – seun: Johann v.d Watt

Beste enkele prestasie op die baan – dogter: Deidré Snyders

Beste enkele prestasie in ‘n velditem – seun: Le Roux Kloppers

Beste enkele prestasie in ‘n velditem – dogter: Emma Wood

Beste algehele prestasie/rekord: Le Roux Kloppers

Junior Victrix Ludorum: Lynn Rossouw

Junior Victor Ludorum: Wynand Neethling

Senior Victrix Ludorum: Daniëlle Theron

Senior Victor Ludorum: Joshua Prins

Tydens die Stellenbosch se Seksie 1 byeenkoms waaraan 9 plaaslike skole deelgeneem het, het ons atlete uitstekende

prestasies gelewer. Daar het 67 atlete aan 102 items deelgeneem en 54 atlete kwalifiseer om aan die Stellenbosch

Kampioenskappe deel te neem. Dinsdagaand, 2 Februarie, het ‘n groepie atlete by Worcester-Noord aan ‘n byeenkoms

deelgeneem. Daar was 30 items en ons atlete verower 11 eerste-, 10 tweede- en 5 derde plekke. In slegs 5 items was

daar nie ‘n Stellie op die podium nie.

Volgende byeenkomste:

6 Februarie Stellenbosch Kampioenskappe: Coetzenburg

10 Februarie Beaumont Grondslagfase

16 Februarie Neelsie Prestige : Laerskool Stellenbosch

20 Februarie Sentraal Boland : Dal Josafat

27 Februarie Boland Kampioenskappe: Dal Josafat

6 Maart Wes-Kaap Kampioenskappe: Dal Josafat

18 – 20 Maart Nasionale Kampioenskappe : Oos-Londen

Ons wil alle deelnemers, ouers en ondersteuners bedank vir hulle volgehoue deelname en ondersteuning

Atletiekfoto’s

Daar is pragtige foto’s tydens die Interkleure-atletiekbyeenkoms geneem. Die foto-albums sal vanaf vandag in die

voorportaal beskikbaar wees. U kan tot Vrydag, 26 Februarie 2010 bestellings plaas.

MySchool-projek

'n Projek wat deur die Ouervereniging geïdentifiseer is waaruit ons vanjaar ten volle voordeel wil trek is die MySchool-

projek. Dit is Suid Afrika se nommer 1 gemeenskapsondersteunings program en vorder meer as R1.2miljoen per maand

in. Hierdie geld word dan aan skole en gemeenskapsorganisasies verdeel. Ons skool is al vir 'n geruime tyd geregistreer

maar daar is nie genoeg ouers wat kaarte besit of hul kaarte gebruik nie. Daarom wil ons hê dat elke ouer die

aangehegte vorm moet invul en voor 11 Februarie terugstuur aan die betrokke klasonderwysers. Daar kan tot 2 kaarte

per gesin registreer word. Dus kan pa en ma elk 'n kaart in hul beursie hê.

Winkels in Stellenbosch wat die projek ondersteun is Woolworths, Club Travel, Overseas Visitors Club en Waltons.

Verder ondersteun Quiksilver, ToysRus, Reggies, Kalahari.net en Supa Quick Tyre Experts ook die projek.

Gesondheidsweek

‘n Program vir die Gesondheidsweek is hierby aangeheg.

Vriendelike groete

HAWKIE DE VILLIERS

SKOOLHOOF

Die oorwinning behoort aan dié

wat die langste kan volhard.

Napoleon Bonaparte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!