05.05.2013 Views

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

LAERSKOOL STELLENBOSCH OMSENDBRIEF 2 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LAERSKOOL STELLENBOSCH

OMSENDBRIEF 2/2010 4 Februarie 2010

Geagte Ouers

Ek bring graag die volgende onder u aandag:

Pa-en-Seun-naweek

Vanjaar se Pa-en-Seun-naweek vind plaas vanaf Vrydag, 5 Maart tot Sondag, 7 Maart op Tietiesbaai. Ons staanplek is

reeds bespreek, maar u word versoek om onverwyld u naam by die sekretaresse, mev. Sunette Marais, in te gee. ‘n

Inligtingstuk word ook vandag aan al die seuns gegee. Almal is baie welkom.

Ma-en-Dogter-ontbyt

Die Ma-en-Dogter-naweek gaan hierdie jaar in die vorm van ’n piekniek wees. Dit vind op Saterdag, 6 Maart by

Middelvlei plaas. Kom ontspan ’n paar uur saam met u dogter en ander mammas onder die heerlike koeltebome vanaf

ongeveer 10:00. Elkeen voorsien eie piekniek-versnapperinge en iets om op te sit.

Kultuurweek

‘n Kultuurweek word vanaf 1 Maart tot 5 Maart by die skool aangebied. Daar is ‘n wye verskeidenheid van programme

vir die graad 1 – 7-leerders en dit beloof om in elke leerder se smaak te val. Ons wil graag hê al die leerders moet deel

wees van hierdie heerlike opvoedkundige week teen ‘n koste van R10 per leerder. ‘n Volledige program sal nog

uitgestuur word.

Buitemuurse aktiwiteite

Moedig assseblief u kind(ers) aan om by die skool se buitemuurse program betrokke te raak. Raadpleeg die

huiswerkboekie en hou asseblief stiptelik by die tye. Die betrokkenheid van ouers by wedstryde en byeenkomste word

hoog op prys gestel.

Swem

Ons herinner u aan die Interkleure swemgala wat op Vrydag, 12 Februarie, by Hoërskool Rhenish se swembad plaasvind.

Die gala begin om 09:00 en sal teen 13:00 afgehandel wees. Inskrywings vind reeds plaas vanaf Maandag, 1 Februarie

en leerders het nog geleentheid om in te skryf tot Vrydag, 5 Februarie. Inskrywingsvorms is aan alle leerders uitgedeel.

Indien u nog ‘n inskrywingsvorm benodig, kan dit by mev. Carolien Heenop verkry word.

Onthou ook om die vorm, wat aandui of u kind die gala gaan bywoon of nie, by mev. Heenop in te lewer.

Boschpraatjies

Die Redaksie van die Boschpraatjies 2010 is vuur en vlam vir die jaar wat voorlê. Ons span ywerige joernaliste en

verslaggewers is volstoom aan die gang om dié jaar nog meer leesstof aan ons leerders te verskaf. Indien u ‘n

advertensie in die Herfs-uitgawe wil plaas, kan u Moira Lee by moiralee@mweb.co.za kontak. Boschpraatjies word aan

550 individue uitgedeel, dit is dus ‘n gulde geleentheid om die publiek aan u onderneming bekend te stel.

Sun City Tennistoernooi

Ons wens die tennispanne, wat van 8 – 12 Maart aan die Wilsonbeker tennistoernooi by Sun City deelneem, alle

voorspoed toe. Ons weet dat hulle ware ambassadeurs vir ons skool sal wees. Hulle oefen die afgelope 4 weke baie

hard en is gereed vir die uitdaging wat op hul wag. Die spanne is:

SEUNS DOGTERS

1. Weyers Meintjes 1. Marsha-Ann Jansen van Rensburg

2. Jeninio Coetzee 2. Rouxanne Janse van Rensburg

3. Gerrit Langenhoven 3. Eunice Rohlandt

4. Jean du Plessis 4. Minke Beukes

5. Rüderick Heuer 5. Manuela Huckfeldt

Atletiek

Atletiek 2010 het afgeskop met ons Interkleure atletiekbyeenkoms wat op Vrydag, 22 Januarie plaasgevind het. Van die

velditems is reeds die Woensdag afgehandel. Die Wit Span het koning gekraai, met die Rooi en Groen Spanne wat gevolg

het. Die Groen Span het ‘n welverdiende poging aangewend en die Geesbeker ontvang.

Die ander trofee-wenners vir die dag was:

Beste enkele prestasie op die baan – seun: Johann v.d Watt

Beste enkele prestasie op die baan – dogter: Deidré Snyders

Beste enkele prestasie in ‘n velditem – seun: Le Roux Kloppers

Beste enkele prestasie in ‘n velditem – dogter: Emma Wood

Beste algehele prestasie/rekord: Le Roux Kloppers

Junior Victrix Ludorum: Lynn Rossouw

Junior Victor Ludorum: Wynand Neethling

Senior Victrix Ludorum: Daniëlle Theron

Senior Victor Ludorum: Joshua Prins

Tydens die Stellenbosch se Seksie 1 byeenkoms waaraan 9 plaaslike skole deelgeneem het, het ons atlete uitstekende

prestasies gelewer. Daar het 67 atlete aan 102 items deelgeneem en 54 atlete kwalifiseer om aan die Stellenbosch

Kampioenskappe deel te neem. Dinsdagaand, 2 Februarie, het ‘n groepie atlete by Worcester-Noord aan ‘n byeenkoms

deelgeneem. Daar was 30 items en ons atlete verower 11 eerste-, 10 tweede- en 5 derde plekke. In slegs 5 items was

daar nie ‘n Stellie op die podium nie.

Volgende byeenkomste:

6 Februarie Stellenbosch Kampioenskappe: Coetzenburg

10 Februarie Beaumont Grondslagfase

16 Februarie Neelsie Prestige : Laerskool Stellenbosch

20 Februarie Sentraal Boland : Dal Josafat

27 Februarie Boland Kampioenskappe: Dal Josafat

6 Maart Wes-Kaap Kampioenskappe: Dal Josafat

18 – 20 Maart Nasionale Kampioenskappe : Oos-Londen

Ons wil alle deelnemers, ouers en ondersteuners bedank vir hulle volgehoue deelname en ondersteuning

Atletiekfoto’s

Daar is pragtige foto’s tydens die Interkleure-atletiekbyeenkoms geneem. Die foto-albums sal vanaf vandag in die

voorportaal beskikbaar wees. U kan tot Vrydag, 26 Februarie 2010 bestellings plaas.

MySchool-projek

'n Projek wat deur die Ouervereniging geïdentifiseer is waaruit ons vanjaar ten volle voordeel wil trek is die MySchool-

projek. Dit is Suid Afrika se nommer 1 gemeenskapsondersteunings program en vorder meer as R1.2miljoen per maand

in. Hierdie geld word dan aan skole en gemeenskapsorganisasies verdeel. Ons skool is al vir 'n geruime tyd geregistreer

maar daar is nie genoeg ouers wat kaarte besit of hul kaarte gebruik nie. Daarom wil ons hê dat elke ouer die

aangehegte vorm moet invul en voor 11 Februarie terugstuur aan die betrokke klasonderwysers. Daar kan tot 2 kaarte

per gesin registreer word. Dus kan pa en ma elk 'n kaart in hul beursie hê.

Winkels in Stellenbosch wat die projek ondersteun is Woolworths, Club Travel, Overseas Visitors Club en Waltons.

Verder ondersteun Quiksilver, ToysRus, Reggies, Kalahari.net en Supa Quick Tyre Experts ook die projek.

Gesondheidsweek

‘n Program vir die Gesondheidsweek is hierby aangeheg.

Vriendelike groete

HAWKIE DE VILLIERS

SKOOLHOOF

Die oorwinning behoort aan dié

wat die langste kan volhard.

Napoleon Bonaparte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!