05.05.2013 Views

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

296, BETHLEHEM 9700 058-3034006

e-pos : admin@bvhs.co.za 058-3037178 / 0866365347

Uit die kantoor:

NUUSBRIEF / NEWS LETTER : 05/2013

19 April 2013

Aan die begin van die tweede kwartaal is dit vir my aangenaam om almal betrokke by

BVHS terug te verwelkom. Hierdie kwartaal belowe om besig te wees en ons is alreeds

volstoom aan die gang met die wintersportprogram.

Gedurende die afgelope vakansie het ons sportseuns en -dogters weereens

Voortrekker se naam hoog gehou in al die uithoeke van die land.

Tydens die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskappe het ons atlete puik

vertonings gelewer. Die medalje-oes van 1 goue-, 2 silwer- en 5 bronsmedaljes was

voorwaar die kroon op ‘n baie suksesvolle jaar. Daarbenewens het baie van ons atlete

ook plekke onder die top 10 atlete in Suid-Afrika in hulle onderskeie items behaal, wat

op sigself ‘n groot prestasie is. Dit is dan ook die beste prestasie van ons atlete in baie

jare. Ons is baie trots op elke atleet wat Voortrekker tydens hierdie kampioenskappe

verteenwoordig het. Baie geluk aan elkeen van julle.

During the holidays all our A-teams, as well as rugby, netball and hockey first teams,

attended several highly regarded sports weeks. At these, they were exposed to the

best competition available in South Africa. We believe that this experience prepared

every player for the tough league season ahead. When a team plays against the best,

each member steps up his/her performance. That is one of the best methods of

improving one’s own level of play. I wish to thank all our players and coaches for their

excellent behaviour on and off the field/court. All feedback from the organisers confirm

this, as well as the sportmanship of our players. They were true ambassadors of

Voortrekker.

The first inter-school against Goudveld also clearly displayed the quality of our game

and sportmanship in rugby, hockey and netball. All teams excelled. Only one netball

team did not win. Heartfelt congratulations to all involved. The tennis league

commenced with matches against Frankfort and Vrede. All teams are unbeaten after

the first round.

Verlede naweek het die eerste rondte van die debatskompetisie plaasgevind. Verskeie

van ons spanne het hulle debatte gewen en is dan ook deur na die volgende rondte.

Baie dankie ook aan al die leerders en onderwysers wat hierby betrokke is. Dit verg

baie ure se opoffering en voorbereiding. Ons is trots op dit wat julle vermag het.

Tussendeur al dié aktiwiteite vind daar nog ook ander tradisionele funksies plaas

waarna die leerders baie uitsien. Mnr. en Mej. BVHS het hierdie week plaasgevind en

die leerders sien baie uit na die wintersbal. Gedurende hierdie kwartaal moet die

leerders ook voorberei vir die halfjaar-eksamen. Ek wil u net weer daaraan herinner dat

hierdie eksamen ‘n groot bydrae lewer tot die leerders se finale promosiepunte. Dit sal

dan ook onder hoogs uitsonderlike omstandighede wees dat ‘n leerder toegelaat sal

word om ‘n eksamenvraestel nie te skryf nie. Veral die matrieks moet kennis neem

hiervan.

The new rugby field is already well-based, and we expect that the swimming-pool will

receive its first water soon. I wish to express the appreciation and gratitude of school,

as well as the governing body, to all parents who made these developments possible.

Should there be more parents who want to get involved with any projects, please feel

free to contact me.

Ek het regtig die behoefte om in nederige dankbaarheid alle eer aan ons Hemelse

Vader te gee vir die ongekende seën wat ons as skoolgemeenskap uit Sy hand

ontvang.

Voortrekker-groete

Gys Coetzee

UITSLAE TEEN GOUDVELD

Rugby (BVHS eerste):

1e: 41-15

2e: 38-5

3e: 22-0

4e: 55-5

5e: 46-5

15A: 28-3

15B: 22-8

14A: 48-7

Hockey (BVHS first):

1st: 1-0

2nd: 1-0

3rd: 0-0

16A: 2-0

16B: 5-0

14A: 8-0

14B: 0-0

Senior Boys: 2-0

Netbal (BVHS eerste):

19A: 25-22

19B: 12-12

17A: 9-6

16A: 6-30

16B: 14-14

15A: 16-9

15B: 20-15

15C: 13-4

14A: 25-11

14B: 10-7

ATLETIEK

Voortrekker- atlete het ons harte warm laat klop met hulle uitstekende prestasies by die Suid-

Afrikaanse atletiekkampioenskappe.

Die volgende plekke is verower op SA’s 1-goud Henriette Cronje (stap), 2-silwer Helen Wessel

(hoogspring) en Clari Buys (medley), 5-brons Clari Buys (4x100m), Harm Venter (paalspring),

Jonathan Allison (paalspring), Letitia J van Vuuren (hammergooi), Carla van Lill (stap). 2 - 5de

plekke Hernu van Vuuren (spiesgooi), Christoff J v Vuuren (paalspring), 3 – 6de plekke Lurinda

van Heerden (100 m hekkies), Willie Naudé (paalspring), Boeta Vermaak (spiesgooi), 2 - 7de

plekke Clari Buys (100m,200m), PT de Jager (paalspring), 9de plek Anieka vd Westhuizen

(stap).

V.l.n.r: Helen Wessels, Jonathan Allison, Harm Venter , Letitia Janse van Vuuren , Carla van

Lill, Clari Buys, Henriëtte Cronje.

Dit is voorwaar 'n besondere prestasie. Baie dankie vir julle en julle ouers se opofferinge, harde

werk en deursettingsvermoë. Ons is baie trots op julle.

Rugby vs Hentie Cilliers 2013

Program

Rugby

Tyd Veld A Tyd Veld B

8:30 14A 8:30 3 de

9:30 15A 9:30 4 de

10:35 2 de

11:45 1ste

Die 1e dogtershokkiespan het deelgeneem aan die Elsie Coetzer-toernooi in Bloemfontein. Hier het hul 1e in hul poel geëindig

en algeheel 3e uit 15 spanne van regoor die land. Hul het altesaam 6 wedstryde gespeel, waarvan hul 3 gewen het, 1 gelyk en 2

verloor het.

Die volgende spelers is aangewys as beste speler in hul onderskeie wedstryde:

Inalé Coetzee

Nthabeleng Msimanga

Bianca Smit

Elisna Herselman

Daar is ook spelers aangekondig wat verkies is tot toernooispanne en hul het ook klere ontvang en gespeel.

In hierdie spanne is ingesluit:

- Nthabeleng Msimanga

- Lané Labuschagne

- Bianca Smit

- Amore Kruger

- Mev. Maritha van den Berg (Afrigter)

Die dogters was altyd uiters professioneel en vriendelik, het respek verdien deur puik spel en het goeie sportmangees getoon

op en van die veld af. Na afloop van hierdie toernooi is hul slaggereed vir die seisoen wat voorlê.

Tour report: First team Boys’ Hockey

The team toured to Bloemfontein from 4 till 7 April. Competition in our pool

was top class. Therefore, we lost the first three matches against Marais

Viljoen, Nelspruit and Pietersburg. In the elimination round we did very well,

winning both matches against Sentraal from Beaufort West and Volkskool

Potchefstroom. This achievement afforded us 5th place amongst 9 schools.

In the match against Volkskool Nicus Bothma scored 3 goals. Lesego

Modisang and Boitumelo Moloi were selected to play in an invitation team.

We learnt much and are looking forward to the season. The boys behaviour

was positive at all times, and they set an example worth following.

NETBALVERSLAG

WATERKLOOFTOERNOOI 2013:

50 Speelsters en 10 afrigters het vanaf Woensdag 21 Maart tot en met 25 Maart aan die

Waterklooftoernooi deelgeneem. Die meisies het dit baie geniet . Daar is teen groot skole

soos Waterkloof, Eldoraigne, Afrikaans Hoër, ens. gespeel. Ons het gemengde welslae beleef

en baie geleer en gegroei gedurende die wedstryde.

Aan die einde van die toernooi kon ons sien hoe die spel en fiksheid van ons spelers verbeter

het en die o/15 dogters is beslis 'n span wat ons in die toekoms gerus kan dophou.

Thato Mashle het 'n groot eer te beurt geval deur omtrent R6500 se pryse in die GAINTkompetisie

te wen deur eerste in die plakkie-resies te eindig.

Die spelers het mekaar leer ken en baie ondervinding opgedoen, wat waardevol sal wees vir

ons komende netbalseisoen.

Baie dankie aan elke speler wat die toer 'n sukses gemaak het en vir elkeen se onberispelike

gedrag.

Mnr en Mej BVHS

Baie geluk aan die VRL vir die pragtige funksie vir

Mnr. en Mej. BVHS wat gisteraand aangebied is. Baie

geluk aan Stephanie Ferreira en Paul-Johan Farrell wat

gekies is as 2013 se Mnr. en Mej. BVHS.

KULTUURNUUS

Op Vrydag 12 April het BVHS met 7 spanne (5 senior en 2 junior) aan die

eerste rondte van die ATKV-debat:Vrystaat deelgeneem. Twee

seniorspanne wen hulle debatte, nl. Sollie Cronjé en Emma Swartzberg

teen Goudveld, asook Carla Wessels en Justine Strydom teen

Riebeeckstad. Laasgenoemde span dring deur na die semi-finaal wat op 17

& 18 Mei by Witteberg gehou word.

Ons juniorspanne kon nie daarin slaag om hulle debatte te wen nie, maar in

die debat teen Reitz vaar Amy Schroeder, Elaine van Wyk en Nienke Peens

uitstekend en dring, op grond van ‘n besonder hoë punt behaal, ook deur na

die semi-finaal.

Op Vrydag 19 April vind die Vrystaat1-uitdun van die ATKV-redenaars

(Huistaal) by Laerskool Kroonheuwel, Kroonstad, plaas en BVHS word in

hierdie kompetisie verteenwoordig deur:

Seniors Juniors

Louise-marie de Jager Ané Kasselman

Brenza du Plessis Elmarize Knobel

Inge Kestlmeier Retha Kruger

Jalet Maree Nienke Peens

Sportliks

Baie geluk aan Allie van Schalkwyk wat die Vrystaat gaan

verteenwoordig tydens Bloemfontein Nasionale Saalperd-skou (18 Apr

tot 27 Apr 2013). Hy is lid van die Vrystaat-Ruiterkunsspan wat gaan

deelneem aan die Suid-Afrikaanse proewe om Protea-kleure.

VRYSTAAT KOERANT

VRYSTAAT-koerant plaas in die toekoms alle skolenuus op hulle Facebook-profiel. U kan by die

onderstaande web-adresse gaan inloer. Die jongste nuus van Voortrekker verskyn reeds op die

Facebook-profiel.

Facebook-profiel: http://facebook.com/Vrystaat.

Webwerf: www.vrystaat.co.za.

OVS LANDELIKE BEVEILIGING

BOERE EN BELANGHEBBENDES

Graag wil ons u bekendstel aan die volgende dienste wat ons lewer

om u veiligheid te verbeter:

Gewapende reaksiebeamptes

Wagte

Patrolliedienste 3X per week op u perseel

‘n Skakelbeampte om tussen u en die Suid-Afrikaanse Polisie

op te tree aangaande misdaadverwante sake

Sekuriteitswenke t.o.v u veiligheid en dié van u besittings

Skakel Len Lubbe by 072 489 8687 vir ‘n volledige uiteensetting

van ons dienste en ‘n volledige voorlegging.

Puik dienslewering teen baie billike pryse!!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!