05.05.2013 Views

BYLAAG TOT BEELD 10 FEBRUARIE 2009 GR AAD 7 – 9 - 24.com

BYLAAG TOT BEELD 10 FEBRUARIE 2009 GR AAD 7 – 9 - 24.com

BYLAAG TOT BEELD 10 FEBRUARIE 2009 GR AAD 7 – 9 - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LEER EN PRESTEER

BYLAAG TOT BEELD 10 FEBRUARIE 2009 GRAAD 7 – 9

Kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling spesiaal

kliek op skool toe

Skoolkoerantkursus

21 Februarie

Hoërskool Gimnasium

Potchefstroom

28 Februarie

Laerskool Pierneef

Pretoria

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Afrikaans Huistaal

Graad 7: Bewaring en besparing

Aktiwiteit 1

Voer hierdie luisteraktiwiteit in groepe uit. Lees eers die onderstaande vrae deur,

sodat jy weet waarna jy spesifiek moet luister as jou maats praat. Elke groeplid

moet vier wenke gee oor hoe hulle gesin bespaar. Luister aandagtig na elke

groeplid se wenke en voltooi dan die volgende vrae skriftelik:

1. Klink dit vir jou of jou groeplede ernstig is oor besparing?

2. Wat laat jou dink dat hulle wel ernstig oor besparing is of dalk nie ernstig

oor besparing is nie?

3. Skryf ten minste drie woorde neer wat in almal se wenke voorkom.

4. Watter wenk is meer as een keer genoem?

5. Watter wenk was vir jou die interessantste of vreemdste?

Besluit nou in die groep watter vyf wenke die beste is en maak ‘n plakkaat

daarvan. Onthou: die wenke moet uitvoerbaar wees en regtig besparing

meebring. Skryf eers die wenke voorlopig neer, gaan dan die spelling, woorden

leestekengebruik en sinsbou na. Nou kan julle die foutvrye wenke

puntsgewys op ‘n plakkaat neerskryf. Kies ‘n oorspronklike en interessante titel

vir die wenke en skryf dit boaan. Julle kan selfs die plakkaat met passende

illustrasies versier.

Aktiwiteit 2

Lees die onderstaande berig uit Beeld, 4 November. 2008 in julle groep. Laat elke

groeplid ‘n paragraaf of twee hardop lees. Bespreek dan die vrae wat daarop volg

in die groep. Laat een groeplid jul menings en antwoorde by elke vraag kortliks

neerskryf, sodat julle kan terug rapporteer in ‘n klasbespreking.

‘Stof’ in rivier eis talle vis; tiener wat dit eet, word siek

1. Witbank.- Duisende vis het gevrek en ‘n kind is in die hospitaal opgeneem,

nadat ‘n giftige stof vermoedelik in die Olifantsrivier in Witbank beland het.

2. Die departement van waterwese en bosbou het Vrydag monsters van die water

en dooie vis vir ontleding geneem, het me. Linda Page, departementele

woordvoerder, gesê.

3. Die uitslae behoort later vandeesweek uitgereik te word. Die departement wil

nie oor die moontlike oorsake van die visvrektes bespiegel nie.

4. Mnr. Sean Nass, wat naby die rivier woon, het die situasie opgemerk toe hy

saam met vriende gaan motorfiets ry het by die deel van die rivier waar dit in

die Witbankdam invloei.

5. “Hier was ver meer as 1 500 vis wat op die oppervlak gedryf het. Die meeste

se pense het oopgebars en hulle was al dood. Die vis onder hulle het die

heeltyd gespook om suurstof te kry. Dit was aaklig.”

6. “Ons het toe die departement geskakel om te kom kyk wat hier aangaan.

Hulle was blitsig hier.”

7. Onder die dooie vis was karp, barbers, geelvis en baars.

8. Volgens Nass het sy huiswerker se susterskind van die vis geëet en siek

geword.

9. Mev. Paulina Sigudu het vertel Sindile (15), haar seun, het by ‘n plaaslike

visserman van die dooie vis gekoop en daarvan geëet. Hy is met erge diarree

in die provinsiale hospitaal opgeneem en die volgende dag ontslaan.

Vrae:

1. Besluit of mnr. Sean Nass se optrede korrek was of nie. Waarom sê julle so?

2. Is die bewaring van die natuur net die regering se verantwoordelikheid?

Motiveer julle antwoord.

3. Was die departement van waterwese en bosbou seker van die oorsake van die

visvrektes? Verduidelik waarom julle so sê.

4. Waterbesoedeling het ‘n invloed op mens en dier. Verduidelik hierdie stelling

deur voorbeelde uit die berig te gee.

5. Het die departement positief of negatief opgetree, nadat hulle laat weet is van

die besoedeling? Motiveer julle antwoord met twee redes uit die berig.

6. Hoe dink julle het dié giftige stof in die Olifantsrivier beland? Gee meer as een

moontlikheid.

Graad 8: Vooruit met tegnologie

Aktiwiteit 1

Voer hierdie luisteraktiwiteit in groepe uit. Elke groeplid moet sê watter soort en reeks selfoon hy of sy het en ook die beste eienskap van die foon noem. Al die groeplede

moet luisteraantekeninge maak, sodat die inligting later in ‘n tabel gelys kan word. Luister baie aandagtig na wat elke groeplid sê, aangesien inligting nie herhaal mag word

nie. Maak jou notas baie kortliks en kernagtig, sodat jy kan bybly. As jy volsinne skryf, sal jy van die inligting mis. Die tabel moet drie kolomme hê, naamlik:

• Groeplid • Soort en reeks • Eienskap.

Aktiwiteit 2

Lees die onderstaande berig oor SMS-taal en volwassenes uit Beeld, 11

Desember 2008 in julle groep. Laat elke groeplid ‘n paragraaf of twee hardop lees.

Bespreek dan die vrae wat daarop volg in die groep. Laat een groeplid jul

menings en antwoorde by elke vraag kortliks neerskryf, sodat julle kan

terugrapporteer in ‘n klasbespreking.

SMS-taal skrf vng, maar lees lank

1. Sydney.- SMS-taal ruïneer dalk nie spelvermoë nie, maar maak dit wel

moeiliker om SMS’e te lees en te verstaan.

2. Dr. Nenagh Kemp van die Tasmania-universiteit het 55 voorgraadse studente

gevra om SMS’e in gewone Engels en in SMS-taal te skryf en voor te lees.

3. SMS-taal wemel van afkortings en vereenvoudigings van woorde. So sal

byvoorbeeld “great” as “gr8” geskryf word.

4. Dit was heelwat vinniger om SMS’e in SMS-taal te skryf, maar dit het die

helfte van die studente byna dubbel so lank geneem om daardie SMS’e voor

te lees as dié wat in goeie Engels geskryf is. Die studente het ook meer

leesfoute daarmee gemaak.

5. “Dis vinniger om in SMS-taal te skryf, maar dit vat mense langer om dit te

lees. As vaardige volwasse lesers is ons gewoond aan volle woorde en sinne

en dit is dus vir ons moeiliker om dit te ontsyfer,” het Kemp, ‘n sielkundedosent

wat in taalgebruik spesialiseer, gesê.

Aktiwiteit 3

Besoedeling van die natuur is ‘n kwessie waarvan ons daagliks hoor en in die

koerante lees. Soek nou in Beeld ‘n berig wat oor die besoedeling van die natuur

gaan en berei tuis voor om dit hardop in die klas voor te lees. Berei 150 tot 200

woorde voor. Hou die volgende riglyne (waarvolgens jy dalk geassesseer kan word)

in gedagte tydens jou voorbereiding:

• Sorg dat jy weet wat elke woord en uitdrukking in die berig of artikel beteken

anders gaan jy nie verstaan wat jy lees nie.

• Maak seker dat jy woorde korrek uitspreek, sodat jy nie jou gehoor in die klas

verwar nie.

• Lees duidelik en hoorbaar. Sorg vir wisseling in jou volume.

• Moenie te vinnig of te stadig lees nie. Jy kan gerus probeer om jou tempo ‘n

bietjie te wissel.

• Gebruik pouses waar leestekens soos punte en kommas dit aandui.

• Staan mooi regop, maar tog ontspanne met jou voete heupwydte uitmekaar.

• Maak oogkontak met jou gehoor anders gaan hulle belangstelling in jou

aanbieding verloor.

Dit is dus baie belangrik om jou leesstuk, nadat jy dit self baie goed voorberei het,

tuis voor jou ouers, maats of iemand anders voor te lees.

Aktiwiteit 2

Die onderstaande spotprent het op 2 September 2008 in Beeld verskyn, ‘n dag

nadat orkaan Gustav die Amerikaanse stad New Orleans getref het. Beantwoord

die vrae oor die spotprent skriftelik.

1. Wie is die “ek” wat aan die woord is? Waaruit lei jy dit af?

2. Watter emosies beleef die karakter in die spotprent? Noem ten minste twee

emosies.

3. Uit watter visuele dinge (dit wat jy kan sien) kon jy hierdie emosies aflei?

4. Een woord in die spraakborrel is groter as die res. Watter woord is dit?

5. Waarom is dié woord nou juis groter as die ander woorde geskryf?

6. Wat beteken “moeg” soos dit in die spraakborrel gebruik is? Kies een van

die onderstaande verklarings en skryf net die nommer neer:

A. Sonder krag.

B. Genoeg gehad van iets.

7. Watter van die woorde in die swart wolkies dui op besoedeling?

8. Kies die korrekte woord tussen hakies in die sin: Storms, orkane en vloede is

die (oorsaak/gevolg) van lugbesoedeling.

9. Waarom dra die kat ‘n masker?

10.Wat wil die spotprenttekenaar vir die lesers met die spotprent sê, met ander

woorde wat is die boodskap van die spotprent?

6. Volgens Kemp is SMS-taal nie ‘n aanduiding van volwasse skrywers se

spelvermoë nie.

7. “Dis goed en wel om SMS-taal te gebruik, omdat dit tyd bespaar, maar jy

moet seker maak jou leser verstaan dit. Maar moenie toelaat dat dit in jou epos

of werkstukke inkruip nie,” het sy gesê.

Besprekingsvrae:

1. Hoeveel lede in die groep gebruik SMS-taal? Waarom gebruik julle dit? Gee

twee of meer redes.

2. Dink julle SMS-taal het ‘n invloed op leerders se spelling? Motiveer julle

antwoord behoorlik.

3. Wanneer kan ‘n graad 8-leerder maar SMS-taal gebruik?

4. Wanneer moet ‘n graad 8-leerder SMS-taal liefs vermy?

5. Stem julle saam met die dosent se uitsprake in paragraaf 1? Motiveer julle

antwoord.

6. Is een van die groeplede al verwar deur die SMS-taal van ‘n SMS-boodskap?

Vertel dit vir die groep.

7. Kyk na die voorbeeld wat in paragraaf 3 gegee word. Gee nou nog tien SMSwoorde

wat algemeen gebruik word.

8. Is daar reëls by SMS-taal? Noem ‘n paar van die moets en die moenies.

9. Gee twee redes waarom die opskrif van die berig so effektief is.

10. Waarvoor staan die afkorting SMS?

2 Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009

Afrikaans Huistaal

Aktiwiteit 3

Gebruik weer die leesstuk van Aktiwiteit 2 : “SMS-taal skrf vng, maar lees lank” om

die onderstaande taalvrae te doen.

1. Dui die onderwerp, voorwerp en gesegde in die volgende sin aan: Tieners

gebruik SMS-taal.

2. Verbind die twee sinne in paragraaf 3 met ‘n voegwoord om dit een

saamgestelde sin te maak. Moenie die sin se betekenis verander nie en sorg

dat die woordorde korrek is.

3. Skryf die sin in paragraaf 2 in die lydende vorm. Begin die sin met:

55 voorgraadse studente …

4. Skryf die sin in paragraaf 6 in die verlede tyd.

5. Die laaste sin van paragraaf 7 is in die ontkennende vorm geskryf. Skryf die

sin oor sonder die ontkennende vorm.

6. Skryf die laaste sin van paragraaf 5 in die indirekte rede.

7. Maak ‘n samestelling van “e-pos” en “werkstukke” in paragraaf 7.

8. Verbuig “skryf” in paragraaf 2, sodat dit in die onderstaande sinne pas:

8.1 Die kind werk te vinnig, daarom is sy (skryf) onleesbaar.

8.2 Ek het gister Afrikaans (skryf).

9. Gebruik die werkwoord “ruïneer” (par.1) as ‘n selfstandige naamwoord in ‘n

verhelderende sin.

10. Die studie wat die berig na verwys, is in Australië gedoen. Skryf dié sin oor

deur van die korrekte betreklike voornaamwoord in die eerste deel van die sin

gebruik te maak.

11. “Sydney” (par.1) is in Australië. Hoe noem ons die inwoners van Australië?

12. Gebruik die homoniem van “meer” (par.4) in ‘n verhelderende sin.

13. Maak ‘n sin met die homofoon van “maar” in paragraaf 4 .

14. Skryf “55” in paragraaf 2 in woorde.

Graad 9: Op pad

Aktiwiteit 1

In Beeld, 15 November 2008 is daar berig van die vierjarige Derik van Heerden

wat baie ernstig beseer is in ‘n kwadfietsongeluk. ‘n Berig met die volgende

opskrif het in dieselfde uitgawe verskyn:

Kwad-beserings neem lank om te genees, sê Chirurg

MEER KINDERS KRY SEER

Dink julle dat kinders onder 18 met kwadfietse mag ry?

Hou ‘n dinkskrum waarin elke groeplid sy mening oor hierdie stelling gee. Gun

elke groeplid die geleentheid om standpunt in te neem en duidelik te motiveer

waarom hy of sy so sê. Moenie iemand anders se mening gering ag nie. Maak

kernagtige luisteraantekeninge van elkeen se mening oor hierdie saak,

aangesien jy later ‘n stuk hieroor moet skryf.

Aktiwiteit 3

Bestudeer die strokie Mama Taxi uit Beeld, 1

November 2008 en beantwoord die vrae daaroor.

1. Wat het in raampie 1 gebeur?

2. Hoe weet jy dat die motoris in die agterste

voertuig ontsteld is? Gee twee redes.

3. Waarom verskil die woord in raampie 1 se

lettergrootte van die res van die strokie s’n?

4. Wat dui die vertikale letters in raampie 2 aan?

5. Wie is die eerste spreker in raampie 3?

6. Is Mama se verduideliking in die laaste raampie

aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord.

7. Waarop dui die merkies om die passasier in die taxi se kop (raampie 3)?

8. Wat is die doel van die strokie? Kies die korrekte antwoord uit die volgende lysie:

A. Om inligting te verskaf B. Om te vermaak C. Om te oorreed.

9. Waarom sou ‘n mens kon sê dat die strokie moontlik tot geslagstereotipering kan lei? (Dit kan m.a.w. veroorsaak dat mense iets oor vrouens se bestuursvernuf sê.)

Motiveer jou antwoord.

Aktiwiteit 4

Die onderstaande grafiek oor padwoede kom uit Beeld, 10

September 2008. Verwerk die inligting van die grafiek om ‘n

paragraaf van nie meer as 90 woorde nie te skryf oor die stand van

padwoede in Gauteng in Augustus 2008. Vergelyk die toestand in

2008 slegs met die statistiek van Desember 2007. Skryf kortliks,

maar in volsinne. Moenie SMS-taal gebruik nie. Skryf die paragraaf,

proeflees dit vir spel-, leesteken- en sinsfoute, tel die woorde en as

dit binne die beperking is, skryf die paragraaf netjies. Gebruik die

opskrif van die grafiek.

Aktiwiteit 4

Jou pa het ‘n advertensie van Telkom in Beeld gesien en het besluit om jou

selfoon weg te vat en ‘n landlyn te kry, omdat dit goedkoper sal wees.

Skryf nou die dialoog tussen jou en jou pa waarin jy hom probeer oortuig dat jy

nie sonder ‘n selfoon kan klaarkom nie en dat die landlyn nie so ‘n slim plan is

nie. Lengte: 150 woorde.

Beplan eers deeglik voordat jy die finale stuk skryf. Gee jou voorfinale skryfstuk vir

jou maat om dit te proeflees, sodat jy spel-, leesteken- en sinsboufoute kan

uitskakel. Skryf dan jou finale stuk baie netjies oor.

Onthou: die dialoog moet in blokvorm geskryf word en geen aanhalingstekens

word gebruik nie, byvoorbeeld:

Pa : Jannie, ek het aansoek gedoen vir ‘n landlyn.

Jannie : Is Pa ernstig?

Pa : Ja my kind, die telefoon word al Maandag geïnstalleer.

Aktiwiteit 5

Berei nou die dialoog tussen jou en jou pa voor saam met ‘n maat, sodat julle

dit in die klas kan aanbied.

Berei goed voor, sodat die argument oortuigend is. Hou die volgende riglyne

(waarvolgens jy dalk geassesseer kan word) in gedagte tydens julle

voorbereiding:

• Sorg dat julle alle woorde korrek uitspreek.

• Praat duidelik en hoorbaar.

• Sorg vir genoeg wisseling in tempo en volume.

• Maak van gepaste gebare en gesigsuitdrukkings gebruik om die gehoor te

oortuig.

• Onthou dat dit ‘n dialoog tussen ‘n pa en ‘n tiener is en dat hulle die nodige

respek aan mekaar moet bewys.

Aktiwiteit 2

Gebruik die luisteraantekeninge wat jy in aktiwiteit 1 gemaak het om dié teks te

skryf. Jy kan ook navorsing op die internet doen of ander persone of kundiges se

mening vra.

Kyk weer na dié stellings: Kinders onder 18 mag met kwadfietse ry. OF Kinders

onder 18 mag nie met kwadfietse ry nie. Besluit nou watter stelling jy kies en

motiveer dit baie goed in een paragraaf van 100 tot 120 woorde.

Beplan jou paragraaf baie goed. Onthou: jy moet eers jou standpunt stel en dan

jou motivering daarvoor gee. Jou motivering moet so sterk wees dat jy ander

mense van jou standpunt sal oortuig.

Gee jou voorfinale skryfstuk vir jou maat om dit te proeflees, sodat jy spel-,

leesteken- en sinsboufoute kan uitskakel. Skryf dan jou finale stuk baie netjies oor.

Aktiwiteit 5

Lees die onderstaande berig uit Beeld, 23

Desember 2008 en beantwoord die vrae

daaroor.

Desember-motorongelukke:

521 minder sterf as in 2007

1. Motorongelukke het sedert die begin van

Desember altesame 623 lewens geëis. Teen

dieselfde tyd verlede jaar is 1 144 mense op

paaie landwyd dood.

2. Beeld het vroeër berig die verkeersvolumes

op die meeste vakansieroetes is laer as

verlede jaar.

3. Luidens die departement van vervoer en die

padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) se

jongste ongeluksyfers is 186

motorbestuurders, 247 passasiers en 190

voetgangers tot 22 Desember 2008 in

padongelukke dood.

4. Die sterftesyfer in KwaZulu-Natal (125) is die

hoogste en die Noord-Kaap het die laagste

sterftesyfer.

5. Volgens mnr. Ntau Letebele, woordvoerder

van die RTMC, dui die impak in botsings en

remmerke daarop dat baie motoriste te

vinnig ry en nie betyds tot stilstand kan kom

in ‘n noodgeval nie.

6. Tussen 00:00 en 05:00 raak baie motoriste

ook aan die slaap. Bontlopery onder

voetgangers, bande wat bars en

dronkbestuur is ook van die grootste

oorsake.

7. Die RTMC gee die volgende

veiligheidswenke:

• Moenie voertuie oorlaai nie.

• Moenie verbysteek as dit onveilig is nie.

• Dra altyd sitplekgordels.

• Moenie drink en bestuur nie.

• Gehoorsaam snelheidsperke en padtekens.

• Maak seker jou voertuig is padwaardig –

gaan die remme, ligte en bande na.

1. Hoe vergelyk 2008 se Desemberpadsterftesyfer

met dié van 2007?

2. Sê in jou eie woorde wat in paragraaf 2

bedoel word.

3. Dink jy paragraaf 2 is dalk die oorsaak van

jou bevinding in vraag 1? Motiveer jou

antwoord.

4. Wat beteken “jongste” soos dit gebruik word

in “jongste ongeluksyfers” in paragraaf 3?

5. Skryf die kerngedagte van paragraaf 5 in

hoogstens 10 woorde neer.

6. Waarom is “padverkeerbestuurskorporasie”

in paragraaf 3 voluit geskryf én die afkorting

tussen hakies gegee?

Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009 3

‘n Groot

verskeidenheid

werkboeke vir die

Afrikaanse klas

Skakel die kantoor –

Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme deelneem,

kan ‘n skootrekenaar van Dell

ter waarde van R9 000 wen!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme deelneem,

kan ‘n skootrekenaar van Dell

ter waarde van R9 000 wen!

WGWWW

Graad 7

Gebruik asseblief hierdie opdrag as ‘n ondersoek

en/of vir assesseringsdoeleindes.

A. Ondersoek die volgende getal patrone en figure.

1. Bereken/meet die totale van die binne-en buitehoeke van die volgende figure. (10)

Reguitlynige figure Totaal van die binnehoeke Totaal van die buitehoeke

Beskryf die patrone wat die totale van die hoeke gee in die boonste figure.

Die sewehoek is met rede uitgelaat. (2)

Reguitlynige figure binnehoeke buitehoeke

Bereken/meet nou die volgende figure se binne-en buitehoeke. (3)

Reguitlynige figure Totaal van die binnehoeke Totaal van die buitehoeke

Watter patrone sien jy oor die algemeen raak? (1)

Watter kortpaadjies het jy raakgesien en gebruik? (1)

2. Bereken en voltooi die volgende getallerye (10)

3. Bestudeer die voorbeeld en voltooi die volgende patrone.

Tel die getalle in die buitenste raampies op. Jy behoort 36 te kry. Kontroleer

of dit so is. Voltooi nou die getalle soos dit in die raampies voorkom en gee

telkens die geskatte antwoord alvorens jy die getalle optel en bereken.

Skryf die antwoord in die middelste blokkie. (8)

Geskatte antwoord: Berekende antwoord:

Geskatte antwoord: Berekende antwoord:

Geskatte antwoord: Berekende antwoord:

Geskatte antwoord: Berekende antwoord:

Geskatte antwoord: Berekende antwoord:

Gee nou die getalpatroon wat jy ontdek het tot en met die tiende getal:

Bereken die volgende:

4 Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009

Tot:

1. Mnr Smit het sewe kinders. Mnr Smit is vyf jaar ouer as sy vrou en 44 jaar

ouer as die oudste kind. Die kinders is elke tweede jaar gebore. Saam is die

hele familie 365 jaar oud. Hoe oud is elkeen?

2. Gebruik die syfers 1 , 2 , 3 , 4 , 5 , 6 , 7 , 8 , 9 met plusse (+) en minusse (-)

tussen in en kry die antwoord van 100. (2)

3. Jan en Piet het saam R 80,00. As Piet R 10,00 aan Jan gee, dan het Piet nog

vier maal soveel as wat Jan eers gehad het. Hoeveel geld het elkeen

aanvanklik gehad? (2)

4. Bereken die omtrek en die oppervlakte van die volgende figuur.

Omtrek: Area:

5. Bereken die volume van die figuur. Die B x 3 = L. Die H x 2 = L. B = 4 cm.

Dus: L = cm B = cm en H = cm

34

(2) (2)

V =

(5)

Tot: 15

WGWWW graad 8

Meet en Maatleer

Bestudeer die inligting in die vloeidiagram en voltooi dan die

werkkaarte.

Verhouding

Vergelyking van twee

hoeveelhede deur

deling bv. 3:4

Spoed, afstand en tyd

Afstand = spoed x tyd

Spoed = afstand ÷ tyd

Tyd = afstand ÷ spoed

bv. 60km/h

Werkkaart 1: Graad 8

Werkkaart 1: Graad 9

Toepassing

van mates

1. Wat is die verhouding van die volgende hoeveelhede?

a) Die stroop tot die melk b) Die melk tot die vanielje

a) b)

Koers/Tempo

Vergelyking van twee verskillende

soorte hoeveelhede

deur deling bv. R3.95/kg

Stelling van Pythagoras

Die vierkant op die skuinssy

van ‘n reghoekige driehoek is

gelyk aan die som van die

vierkante op die reghoeksye

s 2 = x 2 + y 2

Gemiddelde spoed

Gemiddelde spoed = (totale afstand)

(totale tyd)

bv. 72km/h

1. De Villiers-sand moet ‘n vrag bousand by jou skool kom aflewer. Die vragmotor

neem 15 minute lank om die sand vanaf hulle werf na die skoolgronde te

vervoer. Die skool en De Villiers sand se werf is 15 km vanaf mekaar af. Wat is

die vragmotor se gemiddelde spoed? Gee jou antwoord in km/h.

2. Die rugby-organiseerder by jou skool bestel nuwe reghoekige vlaggies vir die

rugbyveld. Bestudeer die sketsplan van die vlaggies. As x = 7 cm en y = 15 cm,

bereken die waarde van s, afgerond tot die naaste heelgetal.

y s

x

3. Die skool se terreinbestuurder wil julle Wiskundeklas verf. As hy blou en wit

verf in die verhouding 2:3 gaan aanwend en hy gebruik 7 liter blou verf, hoeveel

liter wit verf gaan hy gebruik?

4. Jy help jou Gasvryheidstudie-onderwyseres met die beplanning van die

volgende “hotel-aand” by jou skool. Wat is die beste kopie? Moet julle eerder

eiers by die hoenderboer koop teen R12,95 per dosyn of moet julle by die

afdelingswinkel gaan koop teen R29,95 vir ‘n houer met 30 eiers in?

1. Marco en Christiaan begin ‘n lekkergoedwinkel en besluit om in fudge te

spesialiseer. Hulle gebruik Marco se ouma se geheime resep.

Ouma se resep vir 30 blokkies fudge

1 kg suiker 50 ml goue stroop

60 g botter 250 ml melk

385 g (1 blikkie) kondensmelk 5 ml vanieljegeursel

2. Hoeveel kilogram suiker sal jy vir 120 blokkies fudge nodig hê?

3. Hoeveel milliliter stroop sal jy vir 20 blokkies fudge nodig hê? Benader jou

antwoord tot die naaste milliliter.

4. Christiaan het ‘n klein afleweringsvoertuig gekoop en lewer nou fudge aan

ander winkels. As hy teen ‘n konstante spoed van 85 km/h ry vir ‘n tydperk van

45 min, bereken die afstand wat hy afgelê het.

5. Marco bly 21 km van sy nuwe winkel af en dit neem hom 15 min. om die

afstand af te lê. Bereken die gemiddelde spoed wat hy gery het. Gee jou

antwoord in km/h.

6. Hoe lank sal dit Marco neem om ‘n bestelling af te lewer indien hy ‘n

gemiddelde spoed van 60k m/h oor ‘n afstand van 25 km ry? Gee jou antwoord

in minute.

ONTHOU:

Spoed, afstand en tyd

Afstand = spoed x tyd

Spoed = afstand ÷ tyd

Tyd = afstand ÷ spoed

7. Christiaan hou ‘n dagboek waarin hy elke rit aanteken. Bereken die gemiddelde

spoed wat hy die afgelope week gery het. Rond jou antwoord af tot 2 desimale

plekke en gee jou antwoord in km/h.

Datum Afstand Tyd

Maandag: 1 Februarie 40 km 30 min.

Dinsdag: 2 Februarie 70 km 11 /2 uur

Woensdag: 3 Februarie 21 km 15 min.

Donderdag: 4 Februarie 110 km 11 /2 uur

Vrydag: 5 Februarie 30 km 10 min.

Saterdag: 6 Februarie 240 km 1 uur 50 min.

8. Susan doen al die aankope vir die besigheid. Die koste van die bestanddele per

week (6 dae) is R3 260. Bereken die koste van die bestanddele per dag en ook

die koste per maand (26 dae). Benader jou antwoord tot die naaste sent.

9. Christiaan en Marco wil ‘n nuwe naambord by die winkel oprig. Help hulle met

die afmetings en die berekening van die oppervlakte van die naambord.

A

Gegee: AD = 12 m

AC = 15 m

15m

Bereken:

12m

9.1 CD (Gebruik die stelling van Pythagoras)

9.2 BD

9.3 AB

B

D C 9.4 Oppervlakte

Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009 5

Skole bestel

Leer en

Presteer

en WEN ‘n

Elektroniese

wiskunde bord

vir klasgebruik

Skakel die kantoor –

Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Indien skole wil koop, e-pos

willie@hswagpos.co.za

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme deelneem,

kan ‘n skootrekenaar van Dell

ter waarde van R9 000 wen!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem kan ‘n skootrekenaar van

Dell ter waarde van R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Lewensoriëntering

Graad 7: Kom ons ontdek onsself vir die

eerste keer regtig.

Wie is ek?

As ons onsself ken en aanvaar, is dit makliker om met onsself oor die weg te kom.

Sodra ons onsself aanvaar, is dit weer makliker om met ander mense oor die weg te

kom. Daar is baie mense wat egter steeds soek na hulself en nie kan aanvaar dat

hulle nie is soos iemand in die glanswêreld nie.

Elkeen van ons het ‘n naam, van, geboortedatum, ouers, broers en susters, oupas en

oumas en dinge wat ons nie kan verander nie. Hoe gouer jy dit aanvaar en daarmee

saamleef, hoe beter vir jou. Sien telkens die voorbeelde.

Kom ons identifiseer dit waaraan ons niks kan verander nie.

No Wat kan ek nie

verander nie?

Hoekom kan ek dit nie verander nie?

1 Geboortedatum Regtig onveranderbaar

2

3

My naam Ja, ek kan my naam by Binnelandse sake gaan

verander, maar die feit is dat ek steeds ek

(oospronklike naam) sal bly.

4

5

6

7

8

9

Assessering

Daar is egter sekere dinge waaraan ons self ‘n verskil kan maak. Om aan iets te

verander, moet ‘n mens egter eers weet wat is veranderbaar en wat nie.

Kom ons maak ‘n lys van dinge wat ons wel in ons lewens kan verander.

No Wat kan ek Hoe gaan ek dit verander?

verander?

1 Voorkoms Ek gaan begin fiks word.

2 Finansiële Ek gaan in die regte rigting studeer, sodat ek my eie

omstandighede besigheid kan begin.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Graad 7. LU 1 AS 4 Die ekonomiese

kringloop: Verhoudings in die ekonomie

In die ekonomiese siklus vloei hulpbronne, produkte en dienste tussen

huishoudings, ondernemings en die regering om behoeftes en begeertes te

bevredig. Produsente maak of produseer produkte of lewer dienste en verkoop dit

teen ‘n wins aan verbruikers om hul behoeftes en begeertes te bevredig. Die

verbruiker betaal met geld vir die produk en dienste. Die verbruiker werk om ‘n

inkomste te verdien, sodat hulle kan betaal vir die produk of diens.

Verhoudings speel ‘n belangrike rol tussen die verskillende rolspelers in die

ekonomie. Een van die kragtigste verhoudings is dié tussen die verbruiker en die

produsent. Die verbruiker druk hul goedkeuring of afkeuring van produkte of

maatskappye se beleid uit deur hul optrede in die mark. Hulle kan ophou om ‘n

produk te koop of om van ‘n diens gebruik te maak.

Verbruikers het die volgende regte:

• Om gehoor te word.

• Om ingelig te word.

• Om te kies.

• Op ‘n skoon en gesonde omgewing.

Verbruikers het die volgende verantwoordelikhede:

• Om aan te dring op die gehalte wat hulle wil hê.

• Om alle instruksies te lees en die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

• Om so min moontlik skade aan die omgewing aan te rig.

• Om in die openbaar vir hul regte as verbruikers te veg indien nodig.

Dit is egter nie net die verbruiker wat regte en verantwoordelikhede het nie.

Die produsent het die volgende regte:

• Om ‘n billike prys vir hul goedere te ontvang.

• Om die produkte te produseer wat hulle wil en op die manier waarop hulle wil.

• Om hul eie ondernemings te beheer en al die belangrikste besluite te neem.

Verantwoordelikhede van die produsent:

• Om veilige produkte van goeie gehalte te produseer.

• Om nie oneerlike of skadelike advertensies te gebruik nie.

• Om nie misleidende verpakking te gebruik nie.

• Om produkte korrek en verstaanbaar te etiketteer.

• Om pryse so bekostigbaar as moontlik te hou.

Arbeidsverhoudings ontstaan wanneer ‘n persoon (werknemer) vir ‘n ander persoon

(werkgewer) werk en deur hom betaal word. Die verhouding gaan oor die werk wat

gedoen word en dit vorm die grondslag van alle ekonomiese aktiwiteite.

Werknemers kan weier om te werk as hulle van hul werkgewer verskil. Wanneer al

die werkers of ‘n groep van hulle dit doen, word dit ‘n staking genoem.

1

2

3

4

5

6

7

Noudat ek aanvaar daar is sekere aspekte wat wel verander kan word, kom ons

begin bou aan ‘n mens waarvan ek hou…

No Waarvan hou ek om te doen? Waarvan hou ek nie om te doen nie?

1

2

Lees na oor suksessvolle sakemense Te sukkel met goed wat kan verander

‘n Werkgewer kan ook op dieselfde wyse optree en die werkers uit hul werkplek

uitsluit.

Die regte van werknemers:

• Om te staak.

• Om te werk.

• Op billike betaling vir die diens gelewer.

• Op billike diensvoorwaardes.

• Op ‘n veilige werksomgewing.

• Op werksekerheid.

Die verantwoordelikhede van werknemers:

• Om so hard as moontlik te werk.

• Om opleidingsgeleenthede te benut.

• Om alle veiligheids- en gesondheidsmaatreëls toe te pas.

• Om alle veiligheidstoerusting te gebruik wat verskaf word.

Die verantwoordelikhede van werkgewers:

• Om ‘n suksesvolle onderneming te bedryf.

• Om die nodige kapitaal te verskaf.

• Om billike lone te betaal.

• Om soveel moontlik werkers op te lei.

• Om goeie arbeidsverhoudinge te handhaaf.

• Om billike werksvoorwaardes te bied.

Opdrag

1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek en slaan die betekenis van boikot na.

2. Vind uit wat die beleide ten opsigte van klagtes van twee maatskappye in jou

omgewing is.

3. Kan jy aan nog verantwoordelikhede dink wat ‘n produsent kan hê?

4. Wanneer kan ‘n staking plaasvind?

6 Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009

3

4

5

6

7

8

9

3

4

5

6

7

8

9

10

Assessering

Assessering

1

1

2

2

3

3

4

4

5

5

6

6

7

7

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Graad 8 Graad 9

Ondersoek en bespreek hoe die Nasionale Begroting gebruik word om

ekonomiese groei te bevorder en om ongelykhede reg te stel.

Terminologie:

Begroting: ‘n Begroting is ‘n staat of opsomming van alle verwagte inkomstes en

uitgawes vir ‘n tydperk, gewoonlik ‘n jaar.

Tekort: Indien daar ‘n tekort op die begroting is, beteken dit dat daar te min

inkomstes is om die uitgawes te dek en dan moet jy alternatiewe finansiering

oorweeg of jou uitgawes verminder.

Oorskot: Indien daar ‘n oorskot is op die begroting, beteken dit dat jou inkomstes

meer is as jou uitgawes en dat daar ‘n wins gemaak gaan word.

Ekonomiese Groei: Wanneer die produksie in ‘n land so verbeter dat daar meer

geproduseer word as die vorige jaar, praat ons van ekonomiese groei.

Ekonomiese Ontwikkeling: Wanneer die lewenstandaarde van die bevolking so

verbeter dat hulle in ‘n beter posisie as die vorige jaar is, praat ons van

ekonomiese ontwikkeling.

Wat is die Nasionale Begroting?

• Die regering beheer die geld van die belastingbetalers en daarom moet hulle

soos enige besigheid ‘n begroting opstel van al sy verwagte inkomstes en

uitgawes.

• Die begroting word elke jaar, in Februarie, in die parlement aan almal bekend

gemaak deur die Minister van Finansies.

• In hierdie begroting maak die regering bekend hoeveel geld hulle beplan om

in te vorder (inkomstes) deur middel van belasting en ander maatreëls.

• Inkomstes van die regering bestaan uit: Invoerbelasting, Belasting op

toegevoegde waarde (BTW), Brandstofbelasting, Aksyns (sonde) belasting,

Persoonlike Inkomstebelasting ens.

• Die regering maak ook bekend hoeveel geld hulle beplan om uit te gee en

waar (uitgawes).

• Uitgawes van die regering bestaan uit: sosiale welsynstoelae bv.

ouderdomspensioen en kindertoelae, onderwys, polisie en verdediging,

behuising, gesondheid, openbare vervoer en vervoerstelsels,

gemeenskapsinfrastruktuur, grondhervorming ens.

Opdrag

Vir onderwysers en leerders: Om hierdie opdrag te voltooi, sal dit handig wees as

jy ook die begrotingstoespraak op televisie, die begrotingstoespraak op die internet

asook verskeie weergawes van die pers aangaande die begroting beskikbaar het

om te gebruik vir verwysings.

Bestudeer die inligting tot jou beskikking oor die begroting en beantwoord die

onderstaande vrae wat volg:

1. Wanneer (dag en datum) is vanjaar se begrotingsrede gelewer?

2. Wie (persoon) het die begrotingstoespraak in die

parlement gelewer? (Plak ‘n foto van hierdie

persoon op jou antwoordblad in.)

3. Wat is die Nasionale Begroting? (Verduidelik.)

4. Plak ‘n uiteensetting of berig in uit jou gedrukte bronne wat die hoofpunte van

die begroting aandui of maak jou eie opsomming deur van die inligting tot jou

beskikking aangaande die begroting gebruik te maak.

Opsomming:

5. Wat is sondebelasting?

6. Mense se lewenstandaarde verbeter slegs as hulle lewenskwaliteit verbeter.

6.1 Dink jy die regering het met die Nasionale Begroting genoeg geld aan hierdie

belangrike deel in ons ekonomie afgestaan?

6.2 Wat kan die regering nog doen om al die mense in ons land se

lewenstandaarde te verbeter?

6.3 Wat is ekonomiese groei?

Foto

6.4 Dink jy hierdie jaar se begroting sal ons ekonomie laat groei? Hoekom sê jy so?

(As jy met vraag 6 sukkel, vra jou onderwyser om jou te help.)

Bespreek hoe die Nasionale Begroting en ekonomiese beleid gebruik

kan word om volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling te

bevorder.

Terminologie:

Ekonomiese Beleid: Beleid wat deur die regering gevolg word om sekere

ekonomiese mikpunte te bereik.

Heropbou-en Ontwikkelingsprogram (HOP): Hierdie beleid is deur die regering

ingestel om in die behoeftes van alle Suid Afrikaners te voorsien.

GEAR – Groei, werkskepping en herverdeling: Hierdie beleid is deur die regering

ingestel om Suid-Afrika se ekonomie te laat groei, werk te skep vir werkloses en

ook om die inkomstes en bronne in Suid-Afrika regverdig te verdeel tussen alle

inwoners.

Belastingtabelle:

• Tydens die jaarlikse begroting publiseer die regering ook die belastingtabelle

wat gebruik word om persoonlike inkomstebelasting vir ‘n jaar te bereken.

• Omdat Suid-Afrika se regering die HOP en GEAR beginsels toepas, het ons

‘n progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel.

• Progressiewe inkomstebelasting beteken dat hoe meer geld jy verdien, hoe

meer belasting betaal jy en ook hoe minder geld jy verdien, hoe minder

belasting betaal jy.

‘n Belastingtabel lyk soos volg:

2008 – ‘09

Belasbare inkomste ( R) Belastingkoers

0 – 122 000 18% van elke R 1

22 001 – 195 000 R21 960 + 25% van die bedrag bo R112 000

195 001 – 270 000 R40 210 + 30% van die bedrag bo R195 000

270 001 – 380 000 R62 710 + 35% van die bedrag bo R270 000

380 001 – 490 000 R101 210 + 38% van die bedrag bo R380 000

490 001 en meer R143 010 + 40% van die bedrag bo R 490 000

Belastingkorting Belastingdrempel

Primêr: R 8 280 Jonger as 65 jaar: R46 000

Sekondêr: R 5 040 65 jaar en ouer : R 74 000

Indien jy wil uitwerk hoeveel ‘n persoon belasting betaal, gaan jy as volg te werk:

• Onthou dat hierdie tabel gebruik word vir die totale vergoeding vir 1 jaar.

• Indien ‘n persoon se vergoeding R 200 000 is, gaan jy as volg te werk:

Hierdie persoon se vergoeding is tussen 195 010 - 270 000 op jou tabel.

Die belastingkoers wat jy dus gebruik, is R40 210 + 30% van die bedrag bo

R195 000.

Dus R 40 210 + 30% (200 000 – 195 000)

Vereenvoudig is dit R 40 210 + 30% (5 000)

R 40 210 + 1500 = R 41 710

• Jy kan hierdie metode gebruik om enige vergoeding se totale belasting vir

1 jaar te bereken

Dit is ook belangrik dat jy die terminologie en verduidelikings in die Graad 8

gedeelte van hierdie bylaag ken om jou opdrag te voltooi.

Opdrag

Vir onderwysers en leerders: Om hierdie opdrag te voltooi, sal dit handig wees as

jy ook die begrotingstoespraak op televisie, die begrotingstoespraak op die internet

asook verskeie weergawes van die pers aangaande die begroting beskikbaar het

om te gebruik vir verwysings.

Voltooi vraag 1 – 6 van die graad 8 werkopdrag en doen ook die

onderstaande vrae.

7. Het die persoonlike inkomstebelasting verhoog/verlaag?

8. Plak ‘n uiteensetting van die nuwe belastingkoerse vir die jaar 2009/2010 in.

Plak bokant vas en vou op om in te pas

9. Hoeveel belasting sal ‘n persoon betaal met ‘n inkomste van R 234 000 ‘n jaar?

10. Wat is “Tips for Trevor”?

11. Noem ten minste twee ‘Tips’ wat jy aan die minister sal gee vir volgende jaar

se begroting.

12. Die regering spandeer jaarliks geld om sy ekonomiese beleid van HOP en

GEAR te ondersteun. Jy moet die volgende doen (A) plak ‘n berig in uit jou

bronne by elk van die onderstaande afdelings waaraan die regering van sy

geld spandeer. (B) Som die berig in twee sinne op om die hoofdoel van die

berig saam te vat. (C) Dink jy dat hierdie geld sal help om die HOP en GEAR

Beleide van die regering te ondersteun?

a. Sosiale toelae/Behuising b. Onderwys/Universiteite

c. Vervoer/Paaie/Gautrein d. Elektrisiteit

3. Verdedeging/Polisie/Wapens

(Gebruik ‘n dubbelfolio om hierdie gedeelte van jou opdrag te voltooi)

13. Dink jy dit is nodig dat ‘n land ‘n begroting het? Motiveer.

Leer en Presteer graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 10 Februarie 2009 7

Skole

Beeld met

begrotinguitgawe

kan teen ‘n spesiale

tarief bestel word

Skakel: 011 713 9147

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme deelneem,

kan ‘n skootrekenaar van Dell

ter waarde van R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!