Kwaliteit vir elke vleisliefhebber (298 Kb) - Bonsmara
Kwaliteit vir elke vleisliefhebber (298 Kb) - Bonsmara
Kwaliteit vir elke vleisliefhebber (298 Kb) - Bonsmara
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Bonsmara:

Kwaliteit vir elke vleisliefhebber

Joggie Briedenhann

Wie hou nie van ’n lekker sagte,

sappige stukkie vleis nie! Hierdie

heerlikheid word vasgelê –

soos enige ander eienskap van

vleisbeeste – in die genetika

van die bees en die groot rol wat

omgewingsfaktore direk voor en ná

verslagting speel.

Die beesboer en die

stoetteler het nie beheer

oor wat by die slagpale

gebeur nie. Hulle is egter

bevoorreg om hulle te kan verlaat

op die integriteit van ’n di namiese

Vleisraad asook Meatco (die

grootste verslagter) se uitstekende

stan daarde vir produklewering

aan hoë kwa liteit markte. Dit sluit

onder meer in: visu ele voorkoms,

verpakking, aanbieding, “branding”,

verwy sing na voedingswaarde,

voed selveiligheid, naspeurbaarheid,

dieregesond heid, boerderypraktyke

wat goeie dierewelsyn insluit en vele

meer.

Waaroor die individuele boer

wel beheer het, is die omgewingsfaktore

van die bees se

omstandighede op die plaas en

die bestuur daarvan. Teen dié

agtergrond besef die Bonsmara

Telersgenootskap en sy lede dat ál

bogenoemde faktore merendeels

buite die hande van die stoetteler

is. Waar die Bonsmara-stoetteler

wel ’n (groot) bydrae lewer, is by

die teling van genetiese materiaal

wat oor al die wenslike eienskappe

vir karkas- en vleiskwaliteit beskik.

Om hierdie kwaliteite in ’n kudde te

vestig is die seleksie van die regte

kuddebulle noodsaaklik. Sulke

bulle dra die gene wat vleissagtheid

en goeie marmering met vroeë

vetneerlegging positief beïnvloed.

Genetiese vordering in terme van

karkas- en vleiskwaliteit word die

heel beste bepaal deur BLUP-

teelwaardes te gebruik. Sulke

teelwaardes het die vermoë om die

invloed wat omgewingsfaktore op

die bul se prestasie mag hê, te skei

wanneer die bul se prestasie getoets

word.

Daar is ’n persepsie dat sekere

rasse taaier vleis produseer as

ander – veral as die Bos Indicus met

Bos Taurus vergelyk word. Wat egter

wel bekend is, is dat die variasie in

taaiheid tussen diere in dieselfde ras

baie groter is as dié tussen verskillende

rasse.¹ Dr Lorinda Frylinck et al. ² se

welbekende studie bewys dat die

inheemse Bos Taurus Africanus rasse,

Nguni en Afrikaner, asook die sintetiese

Bos Taurus Africanus/Bos Taurus

Bonsmara ras baie goed kompeteer met

die Britse Bos Taurus rasse wanneer

ID GEB RTU OUD GEWIG KRUIS RIB OOG MARM MARM KARKAS ROOIVLEIS SPIER SPIER Kg VLEIS

HART

Datum Datum Dae Kg Vet Vet Spier Indeks % Indeks % Indeks Voorspelling

07 - 115 25.07.07 24.01.09 549 491 1.7 1.3 104 1.5 104 71.8 101 41.7 104 197.77

HART 07-115

dit kom by vleiskwaliteit – soveel so

dat hulle konstant elke keer die beste

presteer het in terme van vleissagtheid

van alle rasse wat deel van die studie

was.

Die Bonsmara se genetiese

agtergrond ( 3 / 8 Shorthorn/Hereford

en 5 / 8 Afrikaner) sorg uiteraard vir

uitstekende vleiskwaliteit. Beide die

Shorthorn en Hereford is Britse rasse

wat baie bekend is vir hul vleissagtheid.

Die Afrikaner, aan die ander kant, is ’n

inheemse ras van die Sanga-tipe wie

se vleiskwaliteit ook baie goed vergelyk

met dié van Britse beesrasse.

Die Bonsmara Genootskap en sy

telers is al geruime tyd besig om presies

te bepaal wat die genetiese faktore

is wat die karkas- en vleiskwaliteit

van die Bonsmararas positief kan

beïnvloed. Hierdie faktore word dan

met prestasietoetsing op genetiese vlak

beoordeel en alle gewenste eienskappe

word so vinnig as moontlik vermeerder

met die seleksieproses van Bonsmaradiere.

J.W Halloway et al.³ het in hul

studie bewys dat Bonsmara-kalwers

wat aangekoop is van verskillende

produsente wel verskillende

vleissagtheid-waardes gehad het. Hul

afleidings stem ooreen met die siening

van die Bonsmara Genootskap dat

vleissagtheid en ander eienskappe wat

vleiskwaliteit verbeter deur seleksie

geoptimaliseer kan word.

54

AgriForum March 2010, Vol 23, No 2, P 52-55
Bonsmara:

Kwaliteit vir elke vleisliefhebber

Wat doen die Namibiese Bonsmara

telers om karkas- en vleiskwaliteit

te verbeter?

Ultrasoniese “realtime” skandering

(RTU)

Ultrasoniese “realtime” skandering

is klankgolwe met frekwensies bo

20 000 Hertz (ossillasies/sekonde)

wat gebruik word om verskillende

weefseldigthede (bv. vet en spier) te

identifiseer en dit dan in beeldvorm

op ’n rekenaarskerm te vertoon.

“Real-time” ultraklank word meestal

gebruik, aangesien die beeld

lewendig op die skerm gesien

word terwyl die afmeting geneem

word. “Real-time” ultrasoniese

skandering (RTU) maak dit moontlik

vir telers om genetiese verbetering

in sekere karkaseienskappe te

bewerkstellig. Dit identifiseer diere

wat beter of swakker is vir spesifieke

karkaseienskappe en help dus met

die seleksieproses om die “beter”

diere te identifiseer.

Oogspieroppervlakte en

vetneerlegging kan in ’n hoë

mate akkuraat gemeet word met

RTU. Beide hierdie eienskappe is

hoogs gekorreleer met rooivleis

karkasopbrengs (spier) en beide

eienskappe is matig tot hoogs

oorerflik. Dit beteken dat die twee

eienskappe aan die nageslag

oorgedra behoort te word.

RTU kan ook gebruik word om

marmering in die lewende dier te

evalueer. Dit is egter ’n subjektiewe

evaluering, aangesien dit gebruik

word om die werklike persentasie

van vet in die oogspier te voorspel.

Marmering is matig oorerflik (30 tot

40%). Daar is ’n baie lae genetiese

korrelasie tussen marmering en

vetneerlegging, wat beteken dat daar

vir beter marmering geselekteer kan

word sonder dat die dier vetter word

(eksterne vet).

RTU word gewoonlik gedoen

op 12 tot 18 maande oue

Bonsmarabulle sodra hulle Fase D-

of C- prestasietoetsing voltooi het.

Die bulle is dan in ’n goeie kondisie

om genoegsame variasie in meting

te vertoon. Soos met die meting

van baie ander eienskappe, moet

die bulle in een groep wees wat

aan presies dieselfde toestande en

bestuurspraktyke onderwerp is.

Resultate vir ’n Bonsmarabul soos

aangetoon in die LNR/RTU-verslag:

Die lewendige gewig (kilogram),

kruis en rib subkutane vetdiepte

(millimeters), oogspieroppervlakte

(vierkante millimeter) en marmering

van die oogspier (%) word weergegee

in kolomme 4 tot 7. Hierdie is slegs

“rou” gemete waardes. Dit kan glad

nie gebruik word om diere met mekaar

te vergelyk nie.

Relatiewe Marmeringsindeks:

Dit beteken ’n sekere vlak van

marmering van die oogspier behoort

aanwesig te wees met ’n spesifieke

karkasvetbedekking. Indien daar meer

marmering is as die verwagte waarde

kry die dier ’n hoër indeks. Dit beteken

diere kan in hul kontemporêre groepe

met mekaar vergelyk word.

Karkas Rooivleispersentasie en

Indeks: Hierna word ook verwys

as “Retail Beef Yield” (Australië) en

“Retail Product or Saleable Meat

(VSA). Hierdie waardes wys watter

persentasie van die karkas bestaan

uit spier relatief tot vet en been. Weer

eens kan diere in hul kontemporêre

groepe met mekaar vergelyk word en

’n hoër indeks is beter.

Spierpersentasie en Indeks:

Hierdie waarde is ’n kombinasie

van Karkas Rooivleispersentasie

en uitslagpersentasie (“dressing

percentage”). In praktiese terme

weerspieël dit die persentasie spier

in die karkas relatief tot die gewig van

die lewende dier. Weer eens is ’n hoër

indeks beter.

Kilogram Voorspelde Rooivleis:

Hierdie waarde is ’n voorspelling van

die kilogram spier wat die lewende

dier in karkasvorm sal produseer.

Daar is nog te min diere getoets met

RTU om oorerflikheid en genetiese

korrelasies te bepaal. Daarom is

daar nog geen BLUP-teelwaardes

beskikbaar nie. Diere kan egter nog

steeds in hul kontemporêre groepe

geselekteer word.

Molekulêre Waardebepalings

(MWB)

Die ou 12-merker-toets is nou

vervang met die nuwe Genestar

56-merker-toets. Die meer merkers

verklaar ’n baie groter proporsie

van die genetiese variasie (26% vir

marmering, 30% vir voeromset en

49% vir vleissagtheid) en is dus baie

meer betroubaar, terwyl akkurater

seleksiebesluite geneem kan word.

Die merkers word in ’n nuwe

formaat uitgedruk wat bekend

staan as Genestar MWB’s. Dit is ’n

molekulêre teelwaarde wat slegs

van die dier se genotipe bepaal

word terwyl ’n BLUP-teelwaarde

(waarmee ons almal vertroud is

en wat in die veilingkatalogusse

verskyn) gebaseer word op die

fenotipiese eienskappe wat gemeet

word.

Die voordeel van die nuwe

Genestar MWB-formaat is dat dit

vergelykings van diere binne kuddes

toelaat asook vergelykings met

ander kuddes. Die omgewing word

dus heeltemal uit die vergelyking

gehaal en diere word op molekulêre

vlak geneties met mekaar vergelyk.

Vir die Bonsmara-stoetteler is dit

belangrik, want die diere kan vir

spesifieke eienskappe met die

Bonsmara-rasgemiddeld vergelyk

word.

“Realtime Ultrasound” en

Molekulêre Waardebepaling is tans

van die beter toetse wat gedoen kan

word om karkas- en vleiskwaliteit te

ondersoek en dit dan met seleksie

te verbeter. Bonsmaratelers teel

bulle wat in die kommersiële mark

AgriForum March 2010, Vol 23, No 2, P 52-55
Bonsmara:

Kwaliteit vir elke vleisliefhebber

74

moet presteer. Die kommersiële boer

is tans in ’n groot mate afhanklik van

Meatco as die grootste verslagter. Vir

die Bonsmarateler om te verseker dat

hy bulle teel wat bydra tot Meatco se

visie “Meatco will have the most soughtafter

meat brands in selected markets in

the long-term interests of stakeholders”,

is beide “Realtime Ultrasound” en

Molekulêre Waardebepaling (MWB)

twee kragtige metodes om karkas- en

vleiskwaliteit te verbeter.

“Realtime Ultrasound” en

Molekulêre Waardepaling

(MWB) moet geëvalueer word in

samewerking met al die bestaande

prestasietoetsmetings en ander

ekonomies belangrike eienskappe

wat reeds deur boere op ’n daaglikse

basis gedoen word. Namibiese

Bonsmara-stoettelers is goed op pad

om die karkas- en vleiskwaliteit van

die Bonsmara nog verder te verbeter.

¹) “Evaluation of Meat Tenderness

of Indigenous South African and

other Beef Breeds” Dr Lorinda

Frylinck.

²) “Lead a rich life through cattle

farming”, Dr Louw Hoffman,

Bonsmara Joernaal 2007

³) Beef Quality of Bonsmara Cattle,

J.W. Halloway, B.G. Warrington &

P.E. Strydom, Bonsmara Born to

Breed, Born to Lead 2009

AgriForum March 2010, Vol 23, No 2, P 52-55