05.05.2013 Views

Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer ... - Worcester | Vallei

Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer ... - Worcester | Vallei

Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer ... - Worcester | Vallei

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Oggenddiens (saal) Worcester-Vallei 28 Oktober 2012

Tema: Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer

Skriflesing: Jeremia 31

Agtergrond: Soms het mens net een sinnetjie nodig om jou belangstelling te prikkel. Toe ek die week ‘n

kommentaar oor Jeremia optel, tref die sinnetjie my: “Jeremiah is the prophet of choice for many when we

find ourselves having to live through difficult times and want some trustworthy help in knowing what to

think, how to pray and how to carry on.” (Peterson) Toe het die boek my aandag! Want ons leef in

deurmekaar, selfs chaotiese tye. Werkloosheid neem toe, geweld spiraal opwaarts, armoede het

verskriklike afmetings aangeneem, die ekonomiese krisis verdiep en mense sukkel ok kop bo water te hou,

ons land se leiers het heeltemal kop verloor, stakings lê ons lam … mens hou jou hart vas en jy wonder:

hoe kom ek deur sulke moeilike tye? Het God antwoorde? Kan Hy ons help? En hoe doen Hy dit?

Dis vir deurmekaar mense en tye wat die boek Jeremia geskryf is. Jeremia het midde in die ergste en mees

ontwrigtende tye in die Jode se geskiedenis geleef. Alles wat kon verkeerd gaan, het in Jeremia se tyd

verkeerd geloop! En in oortreffende trap. Jeremia leef in die tyd voor en na Israel deur die Babiloniërs

platgevee is: alles wat kosbaar was is verwoes: hulle stede, wingerde en olyfboorde … selfs die tempel … is

vernietig en hulle mense is weggevoer as slawe na Babel. Hulle hele lewe het duie gestort. Wat dit soveel

erger gemaak het was die feit dat die Here juis vir Jeremia gestuur het om hulle te waarsku en op te roep

tot bekering. Maar hulle was hardkoppig en wou nie luister nie. Die Here het sy hand van redding na hulle

uitgesteek, maar hulle wou nie die uitnodiging aanvaar nie. Daarom straf God hulle. Hy stuur die

Babilonërs as deel van sy oordeel oor hulle sonde en hardkoppigheid. Dit was die ergste. Dat God hulle

gewaarsku het, maar hulle wou nie hoor nie. Hulle ellendige omstandighede het direk verband gehou met

hulle sonde. Hulle kon nie meer handjies was en maak asof hulle onskuldig was nie!

Midde in alles lewe Jeremia. Hy hou aan preek. Hy hou aan bid. Hy hou aan roep. Maar hy doen iets

wonderlikers. Hy troos hulle. Hy herinner hulle aan God se liefde en trou. Hy vertel hulle dat God nuut

met hulle kan begin, dat Hy kan genees en red en hervorm en hulle weer kan maak wat Hy oorspronklik

bedoel het. En hy begin op die plek waar die Bybel altyd begin: Hy roep hulle op tot berou en

sondebelydenis! Ek weet nie van jou nie, maar ek dink ons het Jeremia se boodskap nodig in die

ontwrigtende tye waarin ons leef …!

Preek:

Op Beaufort-Wes was daar ‘n Tannie San wat my eendag dringend na haar huis ontbied het. Toe ek daar

aankom, het sy nie doekies omgedraai nie. Sy wou baie graag belydenis van haar sonde doen. As jong

predikant was ek baie beïndruk. Min mense het my laat kom om openlik oor hulle sonde te praat. Die

teenoorgestelde was eerder waar: hulle het meestal hulle sonde so goed as moontlik probeer wegsteek.

Maar nie Tannie San nie. Sou wou oop kaarte speel en sondebelydenis doen. Sy begin toe haar belydenis

so: Ds, ek het net een sonde … maar ek is ook nie so seker of dit ‘n sonde is nie!

Ek het al baie gelag oor die Tannie wat gedink het sy het net een sonde … maar ook nie eers seker was of

dit regtig sonde was nie. Maar ek wonder deesdae al meer of die meeste van ons nie ook so is nie. Ons

weet nie meer wat sondebesef en sondeberou is nie. Ons is eerder oortuig dat ons nie juis veel verkeerd

doen nie en dat ons nie regtig iets het om voor God te bely nie. Ons kan nie meer saam met Paulus uitroep

in Rom 3:23 dat ons almal sondaars is en dat ons die oordeel van God verdien nie. Ons het blind geword

het vir ons eie sonde. Stokblind. As ons moet sonde bely kan ons nie juis aan iets dink nie … ons vee

sommer al ons sonde toe onder een matjie (Here vergewe tog my al my sonde) … maar sonder dat ons

sonde ooit name kry en ons regtig jammer is! En selfs as die Gees van God ons soms probeer oortuig van

sonde … dan het ons soos Tannie San, baie goeie argumente waarom iets nie regtig sonde is nie!

Juis daarom het die boek Jeremia my so aangespreek. Die Here stuur die profeet Jeremia omdat die volk

Israel blind geword het vir hulle sonde. Die hele boek vertel hoe die Here met groot geduld en met

vasberade liefde alles probeer om hulle te oorreed dat dat hulle ver van Hom afgedwaal het en dat hulle

sonde besig was om hulle te vernietig. In hfst 3:14 roep die Here: Kom net terug, my kinders wat

afgedwaal het. In vers 10: Hoe graag wil ek jou ‘n seun van My maak en jou en jou ‘n lieflike land gee,

liefliker as enige iets wat enige nasie het.. Kom net terug!

Maar hulle was blind. Hulle het God ingeruil vir nikswerd afgode. Niemand, nie eers die Priesters, het

meer gevra na die Here se wil nie. In Hfst 5 stuur die Here die profeet om te gaan soek na iemand wat nog

reg doen en na die waarheid soek … as daar maar een is, sê Hy, sal Hy Jerusalem se sonde vergewe. Maar

Jeremia kry niemand nie. In 5:5 sê die Here: hy sal maar na die geestelike leiers toe gaan en met hulle

praat oor die volk se opsetlike wegdraai van Hom af, maar dan maak hy ‘n verskriklike ontdekking: ook

hulle het in opstand gekom teen die Here en Sy gesag verwerp!

Daarom roep die Here oor en oor uit: Besef tog wat julle gedoen het(2:23b) Erken net julle skuld dat julle

teen die Here jou God in opstand gekom het …(3:13) Maar dis alles tevergeefs. Hulle is soos wilde perde

wat van die Here af wegstorm.(Hfst 8) Hulle steur hulle nie meer aan die Woord van die Here nie. Hulle

verryk hulleself ten koste van ander. Hulle pleeg bedrog sonder om ‘n oog te knip. Die vreemdelinge,

armes en die wees en die weduwees word vertrap. Hulle bedrieg en belieg mekaar en selfs broers kan

mekaar nie meer vertrou nie. Hulle pleeg egbreuk na willekeur en het verval in sedeloosheid. Hulle dink

hulle kan die Here bluf met ‘n paar offers, maar wat Hy eintlik soek is gehoorsaamheid en trou en

toewyding aan Hom … maar daarvoor sien hulle nie kans nie. Maar die ergste is dat hulle blind geword het

vir hulle eie sonde en verval. Hulle is soos ‘n vliegtuig wat onderstebo vlieg en hulle kom dit nie eers meer

agter nie. Of erger nog: hulle gee nie eers meer om nie. Nêrens in Israel is daar iemand wat dapper

genoeg is en sê: die keiser is kaal nie. Nee, die geestelike leiers se raad is goedkoop: alles is reg. (8:11)

Moenie julle ontstel nie. Dis mos darem nie so erg nie. Sonde is mos darem ‘n ingewikkelde saak.

Buitendien, hoe weet mens nou of iets regtig sonde is. Alles is oraait!

Die Here gaan selfs so ver om in Hfst 9 te sê as Sy kop vol water was en Sy oë ‘n fontein met trane, dan sou

sou Hy dag en nag huil oor Israel. Ja, in hfst 8:21 sê Hy sy volk se wonde is ook Sy wonde en hulle sonde

oorweldig Hom met angs en laat Hom rou!

Maar ongelukkig is dit die enigste prentjie wat baie van ons van God het: hoe Hy nou maar hulpeloos huil

en treur oor ons sonde. Ons dink God kyk maar magteloos toe hoe ons die pad byster raak en dat Hy niks

kan doen om ons te keer as ons soos wilde perde agter die sonde aanstorm nie. MAAR dis nie die

waarheid nie. Ons sal ‘n groot fout maak as ons so oor God dink. Ons sal ons verkriklik met God misgis as

ons so redeneer. Want sien, die Here staan nie hulpeloos teenoor sonde nie. Hy laat ons nie maar

voortstorm oor die afgrond nie. Daarvoor gee Hy te veel om. Daarvoor het Hy ons te lief.

Daarom vertel Jeremia hoe God destyds ingryp as Israel aanhou sondig en weier om tot inkeer te kom.

Wat doen Hy? Hy gaan oor tot aksie. Hy straf hulle! Hy laat hulle boet vir hulle oortredings! Hy oordeel

hulle vir hulle afstootlike sonde en ontrou! In Israel se geval was hulle straf verskriklik. God laat toe dat

die Babiloniërs hulle land binneval en alles verwoes wat hulle opgebou het. Tot hulle tempel word gelyk

gemaak met die grond. Meer nog, hulle word as slawe weggevoer na Babel en daar moet hulle as

vreemdelinge en ballinge beleef hoe hulle elke dag deur heidene en vreemde gode verneder en gespot

word.

Dis ‘n vreeslik gedagte, nê? Dat God ons kan straf en oordeel. Maar tog is dit wat die Bybel ons leer. En

op ‘n manier maak dit sin. Dink maar daaraan as jou kind wat jy baie liefhet, ongehoorsaam word en die

pad byster raak. Wat sal jy doen? Natuurlik praat en pleit en probeer oorreed. Selfs saamhuil en romdrol

van bekommernis. Maar as dit nie help nie, dan gee jy nie op en was jou hande in onskuld nie. Daarvoor

het jy jou kind te lief. Ware liefde gee nog een tree: Jy straf jou kind. Jy doen dit met trane in jou oë, maar

jy straf omdat jy weet dis die enigste manier om jou kind tot inkeer te bring. Jy doen dit uit liefde. Tough

Love. Dis waarvan die bybel praat. ‘n God wat uit liefde nog een laaste tree gee en dis om te straf en te

oordeel oor ons sonde.

Maar weet een ding: God straf met ‘n plan. Hy oordeel nie sodat Hy hom kan verlekker in ons swaarkry en

lyding nie. Nee, Hy straf net om een rede: sodat ons tot inkeer sal kom en weer sal terugkeer na Sy Vaderarms!

En dis waarom Jer 31 so ‘n wonderlike hoofstuk is. Want in die verre vreemde land gaan Israel se

oë oop vir hulle sonde en ongehoorsaamheid. Hulle word vervul met diepe berou en bely hulle sonde met

opregtheid. Luister hoe praat hulle in 31:18b: “Bring my terug na U toe dat ek my kan bekeer, want U is die

Here my God. Ek het weggedwaal, maar ek het berou gehad, ek het tot insig gekom en myself vol berou op

die heup geslaan. Ek het my geskaam, ek het skande oor my gebring …” “After those years of running

loose, I repented… I was ashamed of my past, my wil , unruly past. Humiliated I beat on my chest …”

(Message ver)

En dis die wonderwerk wat in Jeremia 31 beskryf word: hoe die Here God reageer op mense se opregte

berou en sondebelydenis. Die hoofstuk jubel oor hoe God sondaars terugneem in Sy Vader-arms en hulle

weer die vreugde laat beleef van ‘n intieme persoonlike verhouding met Hom. Jeremia 31 is die Ou

Testament se Verlore Seun verhaal wat Jesus in Lukas 15 vertel. Vers 3 sê dat die Here Israel van ver af

dopgehou en op hom gewag het. Nes die Vader in Luk 15 elke dag die pad terug na die huis toe dopgehou

het en gewag het dat die Seun terugkom. Vers 3b sê die Here: Ek het jou nog altyd liefgehad en jou met

geduld verdra. (“I’ve never quit loving you and never will. Expect love, love and more love! – Message)

Jeremia sê die Vader wag op sondaars. Sy liefde is vir ewig. Hy sal nooit ophou om lief te hê nie. Nooit

nie. As jy vanoggend wonder wat jy van die Here kan verwag, sê Jere 31: 3: Expect love. Love. MORE

LOVE!

Daarom wil ek vanoggend vir jou vra, wil jy nie terugkom na die Here toe nie. Ek vra jou om dit te

oorweeg, nie omdat ek die ds vd gemeente is nie. Nee, ek vra dit omdat God dit vra. “Kom terug Israel …

Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers inslaan. Die Here skep iets nuuts in jou land:

Israel sal die Here liefhê(21-22). Die Message vertaling is wonderlik: “Come back ... The road out is the

road back. How long will you be indecisive? How long before you make up yor fickle mind? God will create

a new thing in this land: a transformed woman/man will embrace the transforming God!”

Vriende, die Here sê: kom terug. Die pad uit die gemors waarin ons, ons huwelike en gesinne, ons

geweldgeteisterde land, ons sedeloosheid, ons jaag na aardse skatte, ons korrupte leiers, ons

onversoendheid, rassisme en haat vir ander, ons misbruik van drank en dwelms, ons harde harte en gebrek

aan omgee vir ons naaste … die pad uit … is die pad terug … na die Here toe! Hy wil iets nuuts skep in ons

land. Net Hy kan dit doen. Hy wag op jou. Hy droom oor mans en vroue wat verander en nuut gemaak is

deur ‘n God wat alles kan verander en nuut maak.

Die hele hooftuk 31 jubel oor wat gebeur as mense weer met God regmaak. Hulle sal weer tamboeryne dra

en uitgaan om te dans4); hule sal weer wingerde plant en die boere sal die vrugte daarvan geniet(5); hulle

sal straal van blydskap(vers12)hulle sal dans van blydskap(13); hulle droefheid sal in vreugde

verander(13b); hulle sal ‘n oorvloed goeie kos hê(14) As mense terugkom n die Here toe is dit en groot fees

en vreugde.

En moenie dink God wil by jou verbygaan nie. Kyk wie vergader Hy in vers 8: dis blindes en kreupeles en

swanger vrouens. Dis ou mense en kinders. Dis die mense wat jy nie eintlik op ‘n lang reis wou neem nie.

Maar die Here sluit hulle nie uit nie. Dalk dink jy die Here stel nie meer in jou belang nie. Dalk dink jy jou

sonde of onheiligheid of swakheid of wat ookal sluit jou uit van God se liefde en vergifnis. Jer 31 sê selfs

die heel geringstes en eenvoudiges, die sondaars, juis vir hulle, is God se arms oop. Juis met hulle begin

Hy iets nuut.

Vriende, die Here wag vir jou. Hy kyk van ver af toe. Dalk al baie lank. Jy sal weet hoe lank die Here al na

jou roep. Jy sal weet watter sonde jou van God laat wegdwaal het. Moenie langer talm nie. Moenie

aanhou weerstand bied teen God se liefde nie. Jy kan in elk geval nie. Dis te sterk. Kom … kom nou.

Moenie langer wag nie.

Hy belowe in vers 25: “Ek gee nuwe krag aan die wat moeg is, ek maak die moedelose weer vol moed.”

“Moenie huil nie. Moenie trane in jou oë hê nie. Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word. Daar is ‘n

toekoms vir jou…” (16-17) Ek sal net gretig wees om hulle op te bou en hulle te plant, sê die Here(28) En

later: Want almal sal my dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergwe en nie meer aan

hulle sondes dink nie.”(34b).

Verlede week het baie van ons jongmense opgestaan en tydens die jeugweek hulle aan die Here kom

toewy. Meer as 500 van hulle het kerse kom aansteek en gesê: Kom ons gaan na die Here toe met ons

sonde en gebrokenheid en seer en vra dat Hy ons nuut maak. Net Hy kan, vanoggend wil ek ons

grootmense vra: Kom ons volg hulle voorbeeld. Kom ons gaan na die Here toe, na die Here wat op ons

wag in liefde. Kom ons bely ons sonde. Kom ons verbind ons om saam met ons kinders te bou en te werk

vir die nuwe toekoms wat die Here vir ons en ons land wil gee. Kom ons laat toe dat die Here ons verander

en nuut met ons begin.

As jy ervaar het dat die Here na jou roep, wil ek jou vra om op te staan en ‘n kers te kom aansteek. Kom

ons wees ‘n voorbeeld vir ons kinders dat die Here ook met ons werk. Ja kom ons wys dat die HERE die

antwoord vir ‘n deurmekaar stukkende wêreld is. Moenie huiwer nie. Hy wag op jou. Amen.

Tyd van toewyding en verbintenis: laat mense kerse aansteek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!