Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Baie diere soos visse, paddas, ens. wat staatgemaak het op die water as hul habitat, sou gesterf het. As gevolg daarvan sou die voëls, wat hierdie diere geëet het, die habitat verlaat het. Plante soos riete en waterlelies wat staatgemaak het op baie klam grond sou gesterf het. ONDERWYSERSNOTA Baie van hierdie ekosisteme het ook diere wat aangepas is om droë seisoene te oorleef (visse en amfibieë word sluimerend, olifante grawe vir water). Ten spyte daarvan is lang periodes van droogte nog steeds nadelig vir hierdie diere. 3 Die grond het begin om te verweer. In hierdie foto het die grond begin verweer. Hoekom dink jy het dit gebeur? Dit kan 'n moeilike vraag wees om te beantwoord. Dit kan wees dat daar op die land geboer is en dus is die natuurlike voorkomende plante verwyder. Daar is nou geen wortels om die grond vas te hou nie. Reën spoel die grond weg en veroorsaak erosie. 'n Denneboomplantasie. 88 Lewe en Lewenswyse

In hierdie mensgemaakte woud is daar nie veel lewe onder die blaredak van die bome nie. Waarom is dit so? Dit is omdat die bome die sonlig blokkeer wat plante en diere nodig het, dus woon hulle nie daar nie. Die dennebome gebruik ook baie van die water in die grond, wat beteken daar bly nie baie water vir ander plante oor nie. Die oorspronklike habitat is vernietig deur uitheemse bome wat daar geplant is. Soos jy geleer het deur hierdie aktiwiteit, is lewende dinge afhanklik van die nie-lewende dinge in 'n ekosisteem. Daar bestaan ook 'n baie fyn balans, en as daar iets versteur word, sal die ekosisteem begin versleg. Die belangrikheid van water in 'n ekosisteem Sonder water kan lewe soos ons dit ken nie bestaan nie. Diere is afhanklik van water in hul ekosisteme. • Water verskaf 'n habitat vir baie verskillende organismes en laat plante en diere toe om te oorleef en te teel. Hoofstuk 5. Ekosisteme en voedselwebbe 89

In hierdie mensgemaakte woud is daar nie veel lewe onder die

blaredak van die bome nie. Waarom is dit so?

Dit is omdat die bome die sonlig blokkeer wat plante en diere

nodig het, dus woon hulle nie daar nie. Die dennebome gebruik

ook baie van die water in die grond, wat beteken daar bly nie

baie water vir ander plante oor nie. Die oorspronklike habitat is

vernietig deur uitheemse bome wat daar geplant is.

Soos jy geleer het deur hierdie aktiwiteit, is lewende dinge

afhanklik van die nie-lewende dinge in 'n ekosisteem. Daar bestaan

ook 'n baie fyn balans, en as daar iets versteur word, sal die

ekosisteem begin versleg.

Die belangrikheid van water in 'n ekosisteem

Sonder water kan lewe soos ons dit ken nie bestaan nie.

Diere is afhanklik van water in hul ekosisteme.

• Water verskaf 'n habitat vir baie verskillende organismes en

laat plante en diere toe om te oorleef en te teel.

Hoofstuk 5. Ekosisteme en voedselwebbe

89

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!