Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Suid-Afrika is bekend vir sy fynbos -dit groei nêrens anders in die wêreld nie! Fynbosplante is spesiaal aangepas om die klimaatstoestande en gereelde brande te oorleef. Die lae bosse kan die harde winderige toestande oorleef en die plante lewer saad wat slegs ontkiem wanneer hulle deur vuur geskroei is. 'n Vuur het deur hierdie fynbosgebied naby Kleinmond in die Wes-Kaap gebrand. 'n Jaar later het die inheemse fynbos uitgegroei maar die dennebome wat nie inheems is nie, was almal dood. Die fynbos-bioom in Suid-Afrika het 'n groot biodiversiteit van plante en diere. 5.2 Lewende en nie-lewende dinge in ekosisteme In 'n ekosisteem is daar sekere verhoudings tussen die lewende wesens en die nie-lewende dinge in 'n bepaalde gebied. VRAE 1. Wat is 'n paar van die nie-lewende dinge in 'n ekosisteem? Lug, sonlig, water, grond. 2. Wat beteken biodiversiteit? Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid soorte spesies van organismes (plante en diere) in 'n gegewe habitat. 86 Lewe en Lewenswyse

'n Gesonde ekosisteem is een waarin daar 'n balans tussen die nie-lewende en lewende dinge bestaan. 'n Gesonde ekosisteem is ook afhanklik van 'n voldoende biodiversiteit van plante, diere en hul habitatte. Ons het aan die begin van die kwartaal geleer dat plante van lug, water en sonlig afhanklik is om hul kos te vervaardig. Kan jy onthou wat hierdie proses genoem word? Diere is ook afhanklik op die nie-lewende dinge in die ekosisteem. Alle diere het suurstof uit die lug nodig om asem te haal en water om te drink. Sommige diere gebruik ook die nie-lewende dinge as hul skuilplekke. Byvoorbeeld, miere maak staat op die grond en sand om hul neste in te bou. AKTIWITEIT: Beoordeling van van die balans tussen lewende en nie-lewende dinge. AANWYSINGS 1. Kyk na elk van die volgende foto's van verskillende ekosisteme waarin die balans tussen lewende en nie-lewende dinge versteur is. 2. Beantwoord die vrae oor elke foto. 'n Droë rivierbed. In hierdie rivierekosisteem is die water weggedroog weens 'n droogte. Hoe beïnvloed dit die biodiversiteit van die plante en diere in hierdie ekosisteem? Hoofstuk 5. Ekosisteme en voedselwebbe 87

Suid-Afrika is bekend vir sy fynbos -dit groei nêrens anders in die

wêreld nie! Fynbosplante is spesiaal aangepas om die

klimaatstoestande en gereelde brande te oorleef. Die lae bosse kan

die harde winderige toestande oorleef en die plante lewer saad

wat slegs ontkiem wanneer hulle deur vuur geskroei is.

'n Vuur het deur hierdie fynbosgebied naby Kleinmond in

die Wes-Kaap gebrand. 'n Jaar later het die inheemse

fynbos uitgegroei maar die dennebome wat nie inheems is

nie, was almal dood.

Die fynbos-bioom in Suid-Afrika het 'n groot biodiversiteit van

plante en diere.

5.2 Lewende en nie-lewende dinge in

ekosisteme

In 'n ekosisteem is daar sekere verhoudings tussen die lewende

wesens en die nie-lewende dinge in 'n bepaalde gebied.

VRAE

1. Wat is 'n paar van die nie-lewende dinge in 'n

ekosisteem?

Lug, sonlig, water, grond.

2. Wat beteken biodiversiteit?

Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid soorte spesies

van organismes (plante en diere) in 'n gegewe habitat.

86 Lewe en Lewenswyse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!