Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

5 Ekosisteme en voedselwebbe 82 SLEUTELVRAE • Wat is 'n ekosisteem? • Hoe dikwels reën dit in 'n reënwoud of in 'n woestyn? • Noudat ek weet hoe mense eet, hoe kry diere hul kos? • Hoekom kan diere net een soort ding eet - byvoorbeeld, waarom kan 'n grootwithaai nie kelp begin eet en waarom sal 'n seeskilpad nie 'n dolfyn jag nie? ONDERWYSERSNOTA Bekendstelling van hierdie onderwerp Baie van die konsepte in hierdie eenheid is 'n hersiening van die werk wat in Gr. 5 gedoen is, met die gevolg dat hierdie eenheid 'n ander benadering volg. Hierdie onderwerpe is nie indiepte behandel nie, maar 'n goeie, duidelike inleiding is gegee om bestaande kennis te hersien en herken. Dan beweeg ons tot 'n sterker fokus oor die omgewingsprobleme en permakultuur as een van baie positiewe oplossings besikbaar. Indien enigsins moontlik, bekyk die video oor permakultuur - dit is fantasties en inspirerend en is baie meer positief as die straf-en-somberheid wat geneig is om deesdae die media te oorheers. Niks kan werklik op sy eie in die wêreld lewe nie -geen plant of dier en beslis nie 'n mens nie. Lewende dinge is met mekaar verbind, hulle is afhanklik van mekaar en van die nie-lewende dinge in hul omgewings. In hierdie hoofstuk sal ons ekosisteme van nader bekyk en die verskillende soorte ekosisteme wat oor die hele wêreld bestaan, ondersoek, leer hoe diere, plante en mikro-organismes afhanklik van mekaar is en leer oor voedselwebbe en voeding in 'n ekosisteem.

5.1 Verskillende ekosisteme 'n Ekosisteem is 'n gebied waar lewende en nie-lewende dinge afhanklik van mekaar is op baie verskillende maniere. 'n Ekosisteem kan op sy eie oorleef sonder enige hulp en produkte van ander bronne omdat die lewende en nie-lewende dinge in die ekosisteem van mekaar afhanklik is vir hul oorlewing. Daar is baie verskillende soorte ekosisteme op ons planeet: • riviere • berge • die see en die rotse • poele en vleilande • Arktiese en Alpynse toendra kom in baie koue gebiede naby aan die Noord- en Suidpool voor. Daar is geen bome nie, maar 'n paar struike en dwergplante groei in die nat, sponsagtige grond as dit nie permanent gevries is nie (dit word ysgrond genoem). • Grasvelde: tropiese savannas en gematigde grasvelde. • Woude, insluitend tropiese reënwoude, dennebosse en/of woude van bladwisselende bome in gematigde klimate ondersteun baie soorte herbivore en karnivore. • Woestyne en semi-woestyne AKTIWITEIT: Beskrywing van verskillende ekosisteme. AANWYSINGS 1. Hieronder is 'n tabel met foto's van verskillende ekosisteme. Bestudeer elke foto. 2. In die kolom langs die foto, identifiseer die soort ekosisteem. 3. Bied dan 'n beskrywing van die ekosisteem waar jy die volgende identifiseer: a. Sommige belangrike fisiese kenmerke en strukture, soos riviere, berge, rotse, ens. b. Die soort klimaat wat jy sou verwag in hierdie ekosisteem. Hoofstuk 5. Ekosisteme en voedselwebbe 83

5 Ekosisteme en voedselwebbe

82

SLEUTELVRAE

• Wat is 'n ekosisteem?

• Hoe dikwels reën dit in 'n reënwoud of in 'n woestyn?

• Noudat ek weet hoe mense eet, hoe kry diere hul kos?

• Hoekom kan diere net een soort ding eet - byvoorbeeld,

waarom kan 'n grootwithaai nie kelp begin eet en waarom

sal 'n seeskilpad nie 'n dolfyn jag nie?

ONDERWYSERSNOTA

Bekendstelling van hierdie onderwerp

Baie van die konsepte in hierdie eenheid is 'n hersiening van die

werk wat in Gr. 5 gedoen is, met die gevolg dat hierdie eenheid 'n ander

benadering volg. Hierdie onderwerpe is nie indiepte behandel nie,

maar 'n goeie, duidelike inleiding is gegee om bestaande kennis te

hersien en herken. Dan beweeg ons tot 'n sterker fokus oor die

omgewingsprobleme en permakultuur as een van baie positiewe

oplossings besikbaar. Indien enigsins moontlik, bekyk die video

oor permakultuur - dit is fantasties en inspirerend en is baie meer

positief as die straf-en-somberheid wat geneig is om deesdae die

media te oorheers.

Niks kan werklik op sy eie in die wêreld lewe nie -geen plant of

dier en beslis nie 'n mens nie. Lewende dinge is met mekaar

verbind, hulle is afhanklik van mekaar en van die nie-lewende dinge

in hul omgewings.

In hierdie hoofstuk sal ons ekosisteme van nader bekyk en die

verskillende soorte ekosisteme wat oor die hele wêreld bestaan,

ondersoek, leer hoe diere, plante en mikro-organismes afhanklik

van mekaar is en leer oor voedselwebbe en voeding in 'n

ekosisteem.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!