Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

VRAE Hierdie waterdigte, handgeweefde mandjie, wat Iquamba genoem word, word gebruik om oorblywende bier in te stoor. 4 1. Watter bestanddele word gebruik om utshwala te maak? Sorghum, gedroogde sorghum, mielies en water. 2. Wat is die Zoeloe-name vir die drie verskillende kleipotte (houers) wat in die biermaakproses gebruik word? Imbiza (die broukan), iphangela (opdieningsfles) en ukhamba (drinkbeker). 3. Waarvan word hierdie houers gemaak? Klei. 4. Waarom het die brouershut slegs 'n halfbedekte grasdak en nie 'n volle grasdak nie? Die rede hiervoor is dat die vroue binne-in die hut 'n vuur moet maak om die mengsel te kook. 'n Opening is nodig vir die rook om te ontsnap, en goeie suurstoftoevoer is nodig vir die vuur om te brand en vir die fermenteringsproses. 5. Gebruik die spasie hieronder om 'n vloeidiagram te teken en die biermaakproses te illustreer. Onthou om pyltjies in te sluit en die rigting aan te dui. 6. Vir die volgende opdrag sal jy 'n bietjie navorsing buite die klaskamer moet doen, deur boeke en die internet te gebruik. Vind uit hoe bier in moderne brouerye gemaak word, soos in die Suid-Afrikaanse Brouery in Nuweland, Kaapstad. Skryf 'n paragraaf in die spasie hieronder, waarin jy die moderne biermaakproses met die inheemse metode van die Zoeloes vergelyk. 74 Lewe en Lewenswyse

AKTIWITEIT: Voedselprosesseringsprojek Noudat jy 'n beter idee het van die verskillende maniere waarop rou voedsel geprosesseer kan word, kies een spesifieke metode wat jy regtig interessant gevind het, om verdere navorsing te doen en dan die voedsel aan die einde te prosesseer. ONDERWYSERSNOTA Nadat hierdie metode nagevors is, word leerders aangemoedig om hierdie voedselprosessering in die klas of tuis uit te voer. Op 'n gegewe dag, wanneer die projekte aangebied word, kan leerders fisies die voedselproduk klas toe bring sodat die ander leerders dit kan proe. AANWYSINGS 1. Lees so veel moontlik op oor jou verkose metode van voedselprosessering. 2. Voer 'n onderhoud met ten minste een persoon wat hierdie metode van voedselprosessering gebruik. Voor die onderhoud moet jy ten minste 10 verskillende vrae opstel om aan die persoon te vra. Sluit die vrae en die persoon se antwoorde in, wanneer jy jou projek aanbied. 3. Nadat jy jou navorsing gedoen het, moet jy 'n paar paragrawe insluit, met die opskrif: "Wat ek geleer het oor voedselprosessering... ". Dit moet 'n opsomming wees van al kennis wat jy opgedoen het. 4. Bied jou bevindinge op 'n visuele manier van jou keuse aan - miskien 'n plakkaat, PowerPoint-skyfievertoning of in 'n "flip-file" as 'n brosjure. Wees kreatief en stel jou inligting voor op 'n lewendige en interessante wyse! 5. Gebruik die kennis en begrip wat jy bekom het en prosesseer die voedsel deur hierdie metode te gebruik. 6. Jy sal jou plakkaat/voorstelling/skyfievertoning vir die klas moet aanbied, sowel as die stappe wat jy gevolg het om jou verkose voedsel te prosesseer. Bring van hierdie geprosesseerde voedsel klas toe, sodat almal kan geniet wat die klasmaats gemaak het. 7. Wanneer jy 'n prosesseringsmetode kies, maak seker dat jy die nodige voedsel het om te prosesseer! As jy nie vars (rou) Hoofstuk 4. Voedselverwerking 75

VRAE

Hierdie waterdigte, handgeweefde mandjie, wat Iquamba

genoem word, word gebruik om oorblywende bier in te

stoor. 4

1. Watter bestanddele word gebruik om utshwala te maak?

Sorghum, gedroogde sorghum, mielies en water.

2. Wat is die Zoeloe-name vir die drie verskillende kleipotte

(houers) wat in die biermaakproses gebruik word?

Imbiza (die broukan), iphangela (opdieningsfles) en ukhamba

(drinkbeker).

3. Waarvan word hierdie houers gemaak?

Klei.

4. Waarom het die brouershut slegs 'n halfbedekte grasdak en

nie 'n volle grasdak nie?

Die rede hiervoor is dat die vroue binne-in die hut 'n vuur

moet maak om die mengsel te kook. 'n Opening is nodig vir

die rook om te ontsnap, en goeie suurstoftoevoer is nodig vir

die vuur om te brand en vir die fermenteringsproses.

5. Gebruik die spasie hieronder om 'n vloeidiagram te teken en

die biermaakproses te illustreer. Onthou om pyltjies in te sluit

en die rigting aan te dui.

6. Vir die volgende opdrag sal jy 'n bietjie navorsing buite die

klaskamer moet doen, deur boeke en die internet te gebruik.

Vind uit hoe bier in moderne brouerye gemaak word, soos in

die Suid-Afrikaanse Brouery in Nuweland, Kaapstad. Skryf 'n

paragraaf in die spasie hieronder, waarin jy die moderne

biermaakproses met die inheemse metode van die Zoeloes

vergelyk.

74 Lewe en Lewenswyse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!