Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

ONDERWYSERSNOTA Voordat die volgende aktiwiteit gedoen word, word dit aanbeveel dat u die PowerPoint-voorlegging aan die leerders wys: goo.gl/tPymV Indien dit nie moontlik is nie, kan die voorlegging in gedrukte formaat aan die leerders gegee word. AKTIWITEIT: Bestudeer die verskillende vleilande in Suid-Afrika. MATERIALE • pamflette, plakkate en enige ander leesstof oor vleilande • boeke of ander leesmateriaal van die huis af, of gedrukte bladsye vanaf die internet • plakkaatmateriale: karton, gom, kleurpotlode, skêr, prente, ens. ONDERWYSERSNOTA Organiseer 'n besoek aan 'n natuurreservaat om 'n vleiland van naderby te bestudeer, of nooi 'n spreker vanaf 'n natuurbewaringsgebied (soos SANParke) om met die klas oor vleilande te praat. VOOR die besoek: Vra leerders om deur die inligting wat na die skool gebring is, sowel as die boeke en leesmateriaal in die klas, te lees. Vanuit hierdie inligting stel ten minste 5 vrae op wat aan die natuurbewaringsbeampte gevra kan word wanneer hy/sy die klas kom besoek, of wanneer die natuurbewaringsgebied besoek word. Ten minste 2 van hierdie vrae moet handel oor die gevare waaraan vleilande blootgestel is. GEDURENDE die besoek Sê aan leerders om te ONTHOU om notas te maak terwyl hulle na die natuurbewaringsbeampte luister. NA die besoek: In hulle groepe moet leerders 'n plakkaat oor vleilande maak deur gebruik te maak van die vrae om hulle te help. NB. Indien u nie daarby uitkom om 'n vleiland te besoek nie, moet leerders in elk geval die navorsingstaak voltooi deur die internet en boeke te gebruik as bronne om die vrae te beantwoord en as 'n plakkaat voor te lê. 186 Materie en Stowwe

INSTRUKSIES 1. Jy mag dalk 'n vleiland naby jou skool kan besoek, of 'n praatjie deur 'n bewaringskundige hoor. 2. Indien jy nie hierdie geleentheid kry nie, moet jy steeds die projek voltooi deur die internet en boeke te gebruik as bronne om die vrae hieronder te beantwoord. 3. Jou verslag moet in die vorm van 'n plakkaat voorgelê word. VRAE OM IN JOU VERSLAG TE BEANTWOORD • Wat is 'n vleiland? • Wat doen 'n vleiland vir die omgewing? • Wat doen 'n vleiland vir plante en diere? • Wat verskaf 'n vleiland aan mense? • Wat is die omgewingsgevare wat vleilande bedreig? • Kies 'n spesifieke vleiland en evalueer die habitatte, biodiversiteit en waterkwaliteit van hierdie vleiland. • Wat sal die invloed op biodiversiteit en waterkwaliteit wees as hierdie vleiland verlore sou gaan? Vleilande moet beskerm word, want: • hulle is natuurlike watersuiweringsisteme; • hulle tree as sponse op waarin water in die nat seisoen geberg word, en verskaf water in die droë seisoen; en • hulle vertraag vloedwater om skade aan eiendom en die omgewing te verhoed. Hoofstuk 5. Mengsels en waterhulpbronne 187

ONDERWYSERSNOTA

Voordat die volgende aktiwiteit gedoen word, word dit aanbeveel

dat u die PowerPoint-voorlegging aan die leerders wys: goo.gl/tPymV

Indien dit nie moontlik is nie, kan die voorlegging in gedrukte

formaat aan die leerders gegee word.

AKTIWITEIT: Bestudeer die verskillende vleilande in

Suid-Afrika.

MATERIALE

• pamflette, plakkate en enige ander leesstof oor vleilande

• boeke of ander leesmateriaal van die huis af, of gedrukte

bladsye vanaf die internet

• plakkaatmateriale: karton, gom, kleurpotlode, skêr, prente,

ens.

ONDERWYSERSNOTA

Organiseer 'n besoek aan 'n natuurreservaat om 'n vleiland van

naderby te bestudeer, of nooi 'n spreker vanaf 'n

natuurbewaringsgebied (soos SANParke) om met die klas oor

vleilande te praat. VOOR die besoek: Vra leerders om deur die

inligting wat na die skool gebring is, sowel as die boeke en

leesmateriaal in die klas, te lees. Vanuit hierdie inligting stel ten

minste 5 vrae op wat aan die natuurbewaringsbeampte gevra kan

word wanneer hy/sy die klas kom besoek, of wanneer die

natuurbewaringsgebied besoek word. Ten minste 2 van hierdie

vrae moet handel oor die gevare waaraan vleilande blootgestel is.

GEDURENDE die besoek Sê aan leerders om te ONTHOU om

notas te maak terwyl hulle na die natuurbewaringsbeampte luister.

NA die besoek: In hulle groepe moet leerders 'n plakkaat oor

vleilande maak deur gebruik te maak van die vrae om hulle te help.

NB. Indien u nie daarby uitkom om 'n vleiland te besoek nie, moet

leerders in elk geval die navorsingstaak voltooi deur die internet en

boeke te gebruik as bronne om die vrae te beantwoord en as 'n

plakkaat voor te lê.

186 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!