Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Opstelling vir die dreineringseksperiment. 5. Mos word in vleilandgebiede soos moerasse en waterweë gevind. Plaas die mos in die bakkie bo-op nat grond. Gooi 2 liter water stadig en eweredig oor die mos. Hou tyd van hoe lank dit neem vir die water om deur die mos te filtreer en in die blombak in te loop. a. Hoe lank het dit geneem vir die water om in die blombak in te loop? b. Waarom dink jy het dit so lank vir die water geneem om weg te dreineer? Mos hou water baie goed en dit is waarom dit so lank neem vir die water om af te dreineer. ONDERWYSERSNOTA Miskien moet iemand agterbly om die tyd te hou vir daardie eksperiment terwyl die res na die ander aanbeweeg. 184 Materie en Stowwe

6. Herhaal hierdie eksperiment met sand -dit is wat gebeur in die Namib- of Saharawoestyne. a. Hoe lank het dit geneem vir die water om in die blombak in te loop? b. Waarom dink jy het dit so lank vir die water gevat om weg te dreineer? Sand hou water glad nie baie goed nie. Dit is waarom die water so gou weggedreineer het. VRAAG 1. Wat het jy omtrent die verband tussen plante en waterdreinering in vleilande geleer deur hierdie eksperiment te doen. Leerderafhanklike antwoord Vleilande is ook belangrik omdat hulle 'n habitat aan verskillende plant- en dierspesies bied. Vleilande is belangrik as gevolg van hulle biodiversiteit. VRAE Onthou jy dat jy habitatte in Graad 4 en Graad 5bestudeer het? Wat word deur 'n habitat aan 'n organisme verskaf? 'n Habitat verskaf voedsel, water, skuiling, 'n plek om kleintjies groot te maak, 'n plek om van roofdiere af weg te kruip. Bespreek met 'n maat hoe julle die term ”biodiversiteit” verstaan, en skryf dit hieronder neer. Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid organismes (plante en diere) in 'n spesifieke gebied. 'n Gebied met 'n hoë biodiversiteit sal baie verskillende plant- en dierespesies hê. Laat ons nou 'n bietjie navorsing doen oor die vleilande in Suid-Afrika en hul belangrikheid. Hoofstuk 5. Mengsels en waterhulpbronne 185

Opstelling vir die dreineringseksperiment.

5. Mos word in vleilandgebiede soos moerasse en waterweë

gevind. Plaas die mos in die bakkie bo-op nat grond. Gooi 2

liter water stadig en eweredig oor die mos. Hou tyd van hoe

lank dit neem vir die water om deur die mos te filtreer en in

die blombak in te loop.

a. Hoe lank het dit geneem vir die water om in die blombak in

te loop?

b. Waarom dink jy het dit so lank vir die water geneem om

weg te dreineer?

Mos hou water baie goed en dit is waarom dit so lank neem vir die

water om af te dreineer.

ONDERWYSERSNOTA

Miskien moet iemand agterbly om die tyd te hou vir

daardie eksperiment terwyl die res na die ander

aanbeweeg.

184 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!