Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Sak die opgeloste stof uit? Kan die mengsel geskei word deur filtrasie? Kan die mengsel deur verdamping geskei word? SLEUTELBEGRIPPE Nee Ja Nee Ja Ja Nee • 'n Oplossing is 'n spesiale soort mengsel. Soos alle mengsels bestaan dit uit twee (of meer) stowwe wat vermeng is. • 'n Oplossing bestaan uit 'n oplosmiddel (soos water) waarin een of meer opgeloste stowwe opgelos is. • In 'n oplossing lyk dit asof die opgeloste stof in die water verdwyn het. Dit is omdat die deeltjies van die opgeloste stof en die oplosmiddel baie goed vermeng raak. • Daar is baie soorte oplossings, maar die bekendstes is mengsels van 'n vaste stof en 'n vloeistof, soos suiker en water. • Nie alle stowwe los in water op nie. Die stowwe wat oplos word oplosbare stowwe genoem; dié wat nie oplos nie word nie-oplosbare stowwe genoem. • Oplossings kan nie geskei word deur sifting, filtrering, handskeiding, of afsetting en dekantering nie. Dit is omdat die opgeloste stof se deeltjies tussen dié van die oplosmiddel verstrooi is. • Oplossings kan geskei word deur dit te verhit sodat die oplosmiddel verdamp. Die droë opgeloste stof sal agterbly. • Wanneer ons soveel opgeloste stof in die oplosmiddel opgelos het dat geen meer opgeloste stof kan oplos nie, sê ons dat die oplossing versadig is. 154 Materie en Stowwe

HERSIENING In die aktiwiteit Oplosbaar of onoplosbaar? het ons 'n paar stowwe ondersoek, en gevind dat sand onoplosbaar is in water. In dieselfde aktiwiteit het ons gevind dat suiker oplosbaar is in water. 1. Kan jy onthou hoe om sand en water te skei? (Leidraad: Kyk na die aktiwiteit Die meng van 'n vaste stof en 'n vloeistof.) Skryf dit hieronder neer. In die aktiwiteit “Die vermenging van 'n vaste stof en 'n vloeistof” het ons gesien dat 'n mengsel van sand en water geskei kan word deur die mengsel deur 'n papierhanddoek te gooi. 2. In die prent hieronder word 'n mengsel van sand en water deur 'n filter gegooi. Wat word hierdie proses genoem? Filtrering/filtrasie. 3. Hoekom bly die sandkorrels op die filtreerpapier agter, maar gaan die water daardeur? Die sandkorrels is te groot om deur die papier te gaan. Die waterdeeltjies is baie klein en kan maklik deur die filtreerpapier gaan. Hoofstuk 3. Oplossings is spesiale mengsels 155

Sak die opgeloste

stof uit?

Kan die mengsel

geskei word deur

filtrasie?

Kan die mengsel

deur verdamping

geskei word?

SLEUTELBEGRIPPE

Nee Ja

Nee Ja

Ja Nee

• 'n Oplossing is 'n spesiale soort mengsel. Soos alle

mengsels bestaan dit uit twee (of meer) stowwe wat

vermeng is.

• 'n Oplossing bestaan uit 'n oplosmiddel (soos water) waarin

een of meer opgeloste stowwe opgelos is.

• In 'n oplossing lyk dit asof die opgeloste stof in die water

verdwyn het. Dit is omdat die deeltjies van die opgeloste

stof en die oplosmiddel baie goed vermeng raak.

• Daar is baie soorte oplossings, maar die bekendstes is

mengsels van 'n vaste stof en 'n vloeistof, soos suiker en

water.

• Nie alle stowwe los in water op nie. Die stowwe wat oplos

word oplosbare stowwe genoem; dié wat nie oplos nie word

nie-oplosbare stowwe genoem.

• Oplossings kan nie geskei word deur sifting, filtrering,

handskeiding, of afsetting en dekantering nie. Dit is

omdat die opgeloste stof se deeltjies tussen dié van die

oplosmiddel verstrooi is.

• Oplossings kan geskei word deur dit te verhit sodat die

oplosmiddel verdamp. Die droë opgeloste stof sal agterbly.

• Wanneer ons soveel opgeloste stof in die oplosmiddel

opgelos het dat geen meer opgeloste stof kan oplos nie,

sê ons dat die oplossing versadig is.

154 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!