Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

In die vorige hoofstuk het ons gesien hoe om mengsels te skei. Byvoorbeeld, ons kon die voorwerpe met die hand sorteer, die groter korrels uit 'n mengsel uit sif, en die olie van die water af dekanteer. Maar wat van 'n oplossing? Dink jy jy kan die suiker van die oplossing skei as dit eers opgelos is? Kom ons probeer die antwoord op hierdie vraag vind! ONDERSOEK: Hoe kan ons die opgeloste stof (suiker) uit die oplossing herwin? ONDERWYSERSNOTA Berei die suikeroplossing vooraf voor (of aan die begin van die klas sodat die leerders u kan sien meng), deur suiker in die water in te roer en seker te maak dat dit opgelos is. U kan genoeg voorberei vir die die hele klas om te gebruik, of hierdie eksperiment as 'n demonstrasie doen. Begin deur die leerders te vra of hulle die suiker kan sien. Hersien die konsep dat dit in die water opgelos is om 'n oplossing te vorm. Voordat met die ondersoek begin word, vra die leerders hoe hulle dink die suiker van die oplossing geskei en herwin kan word. • Vra die leerders of hulle dink skeiding deur sifting of filtrering kan werk. Nadat hulle geantwoord het, demonstreer filtrering deur die suikeroplossing deur 'n filtreerpapier geplaas in 'n tregter in 'n ander beker oor te gooi. Wys die filtreerpapier aan die leerders sodat hulle kan sien dat geen suiker op die filtreerpapier agtergebly het nie. Hulle kan hul waarnemings in die tabel invul. • Vra leerders of hulle dink dat afsetting sal werk. U kan 'n suikeroplossing voor die klas opmaak, en dit dan oornag in die klas laat. U kan vir die leerders vertel dat u die volgende dag wil kyk of die suiker uit die oplossing uitgesak het. Hulle kan dan self die volgende dag gedurende die volgende les sien dat dit nie uitgesak het nie, en dat hierdie tegniek dus nie gebruik kan word om die suikeroplossing te skei nie. Hulle kan hul waarnemings in die tabel invul. 144 Materie en Stowwe

ONDERWYSERSNOTA • Die volgende stap is om te sien wat sal gebeur as die water afgedamp word. Dit sal waarskynlik nie vir die leerders 'n logiese stap wees om te neem nie. Vra dus leidende vrae soos: Wat dink julle sal met 'n bak water gebeur as dit buite in die son gelaat word? Antwoord: Dit sal verdamp. Let egter daarop dat verdamping nie hitte nodig het om plaas te vind nie, maar dat hitte vanaf die son die proses sal versnel. • Vra leerders wat hulle dink met die suikeroplossing sal gebeur indien dit buite in 'n bak gelos word om te verdamp. Sal die water verdamp? Wat sal met die suiker gebeur? Hierdie vrae behoort leerders te help om in te sien dat 'n ondersoek nodig is die antwoord nie ooglopend mag wees nie. • Terwyl u wag vir die water om te verdamp en die suikerkristalle agter te laat, kan u nog 'n manier om die suiker (die opgeloste stof) te herwin demonstreer, naamlik om die oplossing te kook. Plaas 'n glasbeker met die oplossing in op 'n bunsenbrander. Steek die bunsenbrander aan en laat die oplossing toe om te kook. Moenie baie van die suikeroplossing in die beker plaas nie, anders sal die demonstrasie te lank neem. Koking versnel die proses, en die laaste oorblywende water kan gelaat word om te verdamp totdat slegs suikerkristalle op die bodem van die beker agterbly. Hierdie proses word kristallisasie genoem. DOEL (wat wil jy uitvind?) MATERIALE EN APPARAAT • suikeroplossing • 2 bekers • tregter • filtreerpapier • verdampingsbakkie • staander • bunsenbrander • vuurhoutjies Hoofstuk 3. Oplossings is spesiale mengsels 145

ONDERWYSERSNOTA

• Die volgende stap is om te sien wat sal gebeur as die water

afgedamp word. Dit sal waarskynlik nie vir die leerders 'n

logiese stap wees om te neem nie. Vra dus leidende vrae

soos: Wat dink julle sal met 'n bak water gebeur as dit buite in

die son gelaat word? Antwoord: Dit sal verdamp. Let egter

daarop dat verdamping nie hitte nodig het om plaas te vind

nie, maar dat hitte vanaf die son die proses sal versnel.

• Vra leerders wat hulle dink met die suikeroplossing sal gebeur

indien dit buite in 'n bak gelos word om te verdamp. Sal die

water verdamp? Wat sal met die suiker gebeur? Hierdie vrae

behoort leerders te help om in te sien dat 'n ondersoek nodig

is die antwoord nie ooglopend mag wees nie.

• Terwyl u wag vir die water om te verdamp en die

suikerkristalle agter te laat, kan u nog 'n manier om die suiker

(die opgeloste stof) te herwin demonstreer, naamlik om die

oplossing te kook. Plaas 'n glasbeker met die oplossing in op

'n bunsenbrander. Steek die bunsenbrander aan en laat die

oplossing toe om te kook. Moenie baie van die

suikeroplossing in die beker plaas nie, anders sal die

demonstrasie te lank neem. Koking versnel die proses, en die

laaste oorblywende water kan gelaat word om te verdamp

totdat slegs suikerkristalle op die bodem van die beker

agterbly. Hierdie proses word kristallisasie genoem.

DOEL (wat wil jy uitvind?)

MATERIALE EN APPARAAT

• suikeroplossing

• 2 bekers

• tregter

• filtreerpapier

• verdampingsbakkie

• staander

• bunsenbrander

• vuurhoutjies

Hoofstuk 3. Oplossings is spesiale mengsels

145

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!