Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

ONDERWYSERSNOTA In die video oor "Hoe water met 'n opgeloste stof vermeng om 'n oplossing te maak", mag die taalgebruik dalk 'n bietjie moeilik wees vir leerders om te verstaan, maar as hulle die video kyk sal hulle die basiese idee verstaan. Dit is egter nie 'n probleem om hierdie video (en ander) voor te hou op grond daarvan dat hulle idees en taalgebruik bevat wat hulle (die leerders) sal verstaan wanneer hulle ouer is. U, die onderwyser, kan self die leerders uitdaag om meer uit te vind omtrent sommige van die nuwe idees in hierdie video, en terug te rapporteer aan upersoonlik of aan die klas. Kragte word ook weer in hierdie video behandel -dit kan bekendgestel word deur te vra: "Wat weerhou die deeltjies van 'n vastestof of 'n vloeistof daarvan om van mekaar af weg te beweeg?" Die antwoord is dat daar kragte tussen die deeltjies bestaan. 3.2 Oplosbare stowwe ONDERWYSERSNOTA NB: 'n Baie algemene wanbegrip is dat suiker of sout "wegsmelt" as dit by water gevoeg word. Oplossing (in hierdie geval suiker en sout in water) vereis dat twee materiale saam vermeng moet word ('n opgeloste stof sal in die oplosmiddel oplos), terwyl in smelting (in die geval van ys) daar die verhitting van een materiaal is om sy toestand te verander. 'n Enkele stof smelt wanneer dit van een toestand na 'n ander verander. Ten einde die wanbegrip te vermy, wat leerders met hulle saamdra tot in latere grade, moet die woord "smelt" NOOIT gebruik word wanneer oplossing beskryf word nie. Beklemtoon aan leerders dat die suiker nie smelt nie, en dat smelting anders is -dit is 'n toestandsverandering. Ons het 'n woord vir stowwe wat oplossings vorm wanneer hulle met water vermeng word. Hierdie stowwe word oplosbare stowwe genoem. Stowwe wat NIE oplossings vorm waneer hulle met water gemeng word nie, word onoplosbare stowwe genoem. In die volgende aktiwiteit gaan ons van die bevindinge vanuit 'n vorige aktiwiteit (Watter mengsels is oplossings?) gebruik om hierdie nuwe idee te koppel aan dit wat ons van oplossings weet. 142 Materie en Stowwe

AKTIWITEIT: Oplosbaar of onoplosbaar? INSTRUKSIES 1. Die tabel van die aktiwiteit Watter mengsels is oplossings? is hieronder weergegee, en 'n ekstra kolom is bygevoeg. 2. Gebruik die ekstra kolom om te sê of die stof wat met water in hierdie aktiwiteit vermeng is, oplosbaar of onoplosbaar is. Tabel: Oplosbare en onoplosbare stowwe. Mengsel Is die mengsel 'n oplossing? (Ja of Nee) Is die stof wat met water vermeng is oplosbaar of onoplosbaar? Suiker en water Ja Oplosbaar Sout en water Ja Oplosbaar Sand en water Nee Onoplosbaar Olie en water Nee Onoplosbaar Asyn en water Ja Oplosbaar Kopersulfaat en water VRAE Ja Oplosbaar Voltooi die volgende sin deur oplosbaar of onoplosbaar in die oop spasies te skryf. 1. Stowwe wat NIE oplossings vorm wanneer hulle met water vermeng word, word ____________ _stowwe genoem. onoplosbaar 2. Stowwe wat oplossings vorm wanneer hulle met water vermeng word, word ______________ stowwe genoem. oplosbaar Hoofstuk 3. Oplossings is spesiale mengsels 143

ONDERWYSERSNOTA

In die video oor "Hoe water met 'n opgeloste stof vermeng om 'n

oplossing te maak", mag die taalgebruik dalk 'n bietjie moeilik

wees vir leerders om te verstaan, maar as hulle die video kyk sal

hulle die basiese idee verstaan. Dit is egter nie 'n probleem om

hierdie video (en ander) voor te hou op grond daarvan dat hulle

idees en taalgebruik bevat wat hulle (die leerders) sal verstaan

wanneer hulle ouer is. U, die onderwyser, kan self die leerders

uitdaag om meer uit te vind omtrent sommige van die nuwe idees

in hierdie video, en terug te rapporteer aan upersoonlik of aan die

klas. Kragte word ook weer in hierdie video behandel -dit

kan bekendgestel word deur te vra: "Wat weerhou die deeltjies van

'n vastestof of 'n vloeistof daarvan om van mekaar af weg te

beweeg?" Die antwoord is dat daar kragte tussen die deeltjies

bestaan.

3.2 Oplosbare stowwe

ONDERWYSERSNOTA

NB: 'n Baie algemene wanbegrip is dat suiker of sout "wegsmelt"

as dit by water gevoeg word. Oplossing (in hierdie geval suiker en

sout in water) vereis dat twee materiale saam vermeng moet word

('n opgeloste stof sal in die oplosmiddel oplos), terwyl in smelting

(in die geval van ys) daar die verhitting van een materiaal is om sy

toestand te verander. 'n Enkele stof smelt wanneer dit van een

toestand na 'n ander verander. Ten einde die wanbegrip te vermy,

wat leerders met hulle saamdra tot in latere grade,

moet die woord "smelt" NOOIT gebruik word

wanneer oplossing beskryf word nie. Beklemtoon aan leerders dat

die suiker nie smelt nie, en dat smelting anders is -dit is 'n

toestandsverandering.

Ons het 'n woord vir stowwe wat oplossings vorm wanneer hulle

met water vermeng word. Hierdie stowwe word oplosbare stowwe

genoem.

Stowwe wat NIE oplossings vorm waneer hulle met water gemeng

word nie, word onoplosbare stowwe genoem.

In die volgende aktiwiteit gaan ons van die bevindinge vanuit 'n

vorige aktiwiteit (Watter mengsels is oplossings?) gebruik om

hierdie nuwe idee te koppel aan dit wat ons van oplossings weet.

142 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!