Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

6. Dink jy dit sal moontlik wees om suiker en water op dieselfde manier te skei (deur die mengsel deur 'n handdoek te filtreer)? Sê hoekom of hoekom nie. Ek dink dit sal nie moontlik wees nie omdat die suiker in die water sal oplos en ook deur die handdoek sal gaan. In die vorige aktiwiteit het ons 'n vaste materiaal (sand) met 'n vloeistof (water) vermeng, en geleer dat 'n mengsel van 'n vloeistof en 'n vaste stof soms deur middel van filtering geskei kan word. In hierdie aktiwiteit was die handdoek as filter gebruik. Is dit moontlik om vloeistowwe te vermeng? Kan jy dink aan voorbeelde van mengsels van vloeistowwe? Kyk na die prent hieronder vir 'n paar idees. Sap is 'n mengsel van vloeistowwe. 1 So, wanneer ek koeldrank-konsentraat by water voeg om my geliefkoosde drankie te maak, is ek besig om 'n vloeistofmengsel te maak? Dis reg, Tom. Kom ons kyk na 'n paar vloeistowwe wat nie so maklik is om saam te meng nie. AKTIWITEIT: Vermenging van vloeistowwe. MATERIALE • water • kookolie • Plastiese lepels om mee te skep 126 Materie en Stowwe

• klein glas of deurskynende plastiekbekertjie vir vermenging INSTRUKSIES 1. Plaas 10 skeppies water in die mengbak. 2. Plaas 10 skeppies kookolie in die mengbak. 3. Roer die olie en water totdat hulle goed gemeng is. 4. Laat die mengsel vir 'n paar minute staan, en beantwoord dan die vrae hieronder. VRAE 1. Het die vloeistowwe vermeng? Beskryf waarna die mengsel gelyk het. Die twee vloeistowwe het nie vermeng nie. Daar is twee lae vloeistof. 2. Teken 'n prent van die mengsel. 3. Dink jy dit sal moontlik wees om al die olie uit die water te skep? Hoe lank dink jy sal dit neem? Die leerders mag antwoord: ”Dit sal moontlik wees om van die olie uit te skep, maar dit sal 'n baie lang tyd neem. Ek dink nie dit sal moontlik wees om al die olie uit die water te kry nie.” 4. Sal dit moontlik wees om die vloeistowwe te skei met behulp van 'n sif of filter? Sê waarom of waarom nie. Nee, dit sal nie moontlik wees nie omdat die olie en die water albei deur die sif en filter sal gaan. 5. Kan jy aan 'n ander manier dink om die mengsel olie en water te skei? Indien jy dink dat dit moontlik sal wees, verduidelik wat jy sal doen. Leerders mag voorstel dat die olie van die water afgegiet (gedekanteer) word. 6. Dink jy dit moontlik sal wees om 'n mengsel van sap en water te skei met enige van die metodes wat ons tot dusver gebruik het (handskeiding, sifting, filtrering of dekantering)? Sê hoekom of hoekom nie. Ek dink nie dit sal moontlik wees nie omdat sap en water te deeglik vermeng sal wees. Hoofstuk 2. Mengsels 127

6. Dink jy dit sal moontlik wees om suiker en water op dieselfde

manier te skei (deur die mengsel deur 'n handdoek te

filtreer)? Sê hoekom of hoekom nie.

Ek dink dit sal nie moontlik wees nie omdat die suiker in die

water sal oplos en ook deur die handdoek sal gaan.

In die vorige aktiwiteit het ons 'n vaste materiaal (sand) met 'n

vloeistof (water) vermeng, en geleer dat 'n mengsel van 'n

vloeistof en 'n vaste stof soms deur middel van filtering geskei kan

word. In hierdie aktiwiteit was die handdoek as filter gebruik.

Is dit moontlik om vloeistowwe te vermeng? Kan jy dink aan

voorbeelde van mengsels van vloeistowwe? Kyk na die prent

hieronder vir 'n paar idees.

Sap is 'n mengsel van

vloeistowwe. 1

So, wanneer ek

koeldrank-konsentraat by water

voeg om my geliefkoosde

drankie te maak, is ek besig om

'n vloeistofmengsel te maak?

Dis reg, Tom. Kom ons kyk na 'n paar vloeistowwe wat nie so

maklik is om saam te meng nie.

AKTIWITEIT: Vermenging van vloeistowwe.

MATERIALE

• water

• kookolie

• Plastiese lepels om mee te skep

126 Materie en Stowwe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!