Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids Onderwysersgids - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
05.05.2013 Views

1 Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse 104 SLEUTELVRAE • Hoe is die 3 toestande van materie verskillend van mekaar? • Hoe kan ons prente van die 3toestande van materie teken wat wys hoe die deeltjies (partikels) in die materie hulle gedra? • Wanneer materie vanaf een toestand na 'n ander verander, verander die deeltjies self, of net hulle gedrag? • Wat is nodig om materie vanuit een toestand na 'n ander en weer terug te verander? 1.1 Rangskikking van deeltjies ONDERWYSERSNOTA In CAPS word daar slegs 1.75 uur voorgeskryf vir hierdie afdeling en dit is nogal min. Indien unie tyd vir al die aktiwiteite het nie, kan u die derde aktiwiteit oor die toestand van water uitlaat. Ons het geleer dat materie in 3toestande kan bestaan: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Al die materiale rondom ons is in een of meer van hierdie toestande • Vastestowwe behou hulle vorm. • Vloeistowwe vloei en neem die vorm van hul houer aan. Hulle vul die houer op van die onderkant af tot by 'n sekere vlak. Hulle neem 'n vaste hoeveelheid spasie in die houer op. • Gasse vloei ook en neem die vorm van hul houer op. Hulle vul altyd die hele spasie in die houer op, en sal ontsnap as die houer oop is.

Ons weet wanneer ons 'n vaste stof of 'n vloeistof het. Ons kan nie normaalweg gasse sien nie. Ons kan steeds toets of gasse teenwoordig is deur hulle gevolge waar te neem. Hoekom behou vaste stowwe hulle vorm, maar vloei gasse weg? Hoekom bly 'n vloeistof binne 'n oop houer (tensy dit uitgegooi word), maar ontsnap 'n gas? Ons moet diep binne-in elke toestand kyk om antwoorde op hierdie vrae te kry. Ons sal ons verbeeldings moet gebruik soos nog nooit vantevore nie! Het jy geweet dat alle materie eintlik bestaan uit baie klein deeltjies? Hierdie deeltjies word atome en molekules genoem, en ons sal baie later eers van hulle leer. Vir nou gaan ons die term deeltjies gebruik om die kleinste ”boublokke” waarvan materie gemaak is, te beskryf. Die deeltjies waaruit materie bestaan is baie, baie klein. Baie, baie kleiner as 'n klein sandkorrel. Baie, baie kleiner selfs as 'n spikkeltjie stof! Het jy enige idee hoe klein dit is? Hmmm, dit is nogal moeilik om voor te stel. Ek is nie seker nie. Dit is moeilik om jou dit in te dink, is dit nie Tom? Die meeste mense vind dit baie moeilik om hieroor te dink, so moet jou nie bekommer nie, ons sal baie stadig daardeur werk. Die deeltjies waaruit materie gemaak is, is veels te klein om met die blote oog te sien. Hulle is selfs te klein om met 'n sterk mikroskoop te sien. So hoe weet ons dat hulle bestaan? Hoofstuk 1. Vastestowwe, vloeistowwe en gasse 105

Ons weet wanneer ons 'n vaste stof of 'n vloeistof het. Ons kan nie

normaalweg gasse sien nie. Ons kan steeds toets of gasse

teenwoordig is deur hulle gevolge waar te neem.

Hoekom behou vaste stowwe hulle vorm, maar vloei gasse weg?

Hoekom bly 'n vloeistof binne 'n oop houer (tensy dit uitgegooi

word), maar ontsnap 'n gas?

Ons moet diep binne-in elke toestand kyk om antwoorde op

hierdie vrae te kry. Ons sal ons verbeeldings moet gebruik soos

nog nooit vantevore nie!

Het jy geweet dat alle materie eintlik bestaan uit baie klein

deeltjies? Hierdie deeltjies word atome en molekules genoem, en

ons sal baie later eers van hulle leer. Vir nou gaan ons die term

deeltjies gebruik om die kleinste ”boublokke” waarvan materie

gemaak is, te beskryf.

Die deeltjies waaruit materie bestaan is baie, baie klein. Baie, baie

kleiner as 'n klein sandkorrel. Baie, baie kleiner selfs as 'n spikkeltjie

stof! Het jy enige idee hoe klein dit is?

Hmmm, dit is nogal moeilik om voor te stel. Ek is nie seker

nie.

Dit is moeilik om jou dit in te dink, is dit nie Tom? Die meeste mense

vind dit baie moeilik om hieroor te dink, so moet jou nie bekommer

nie, ons sal baie stadig daardeur werk.

Die deeltjies waaruit materie gemaak is, is veels te klein om met

die blote oog te sien. Hulle is selfs te klein om met 'n sterk

mikroskoop te sien. So hoe weet ons dat hulle bestaan?

Hoofstuk 1. Vastestowwe, vloeistowwe en gasse

105

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!