05.05.2013 Views

Op moedverloor se vlakte? - Lewensverryking Seminare

Op moedverloor se vlakte? - Lewensverryking Seminare

Op moedverloor se vlakte? - Lewensverryking Seminare

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Foto’s wat met hierdie nuusbrief verband hou, kan op die fotogalery gesien word.

Op moedverloor se vlakte?

Deon van der Berg

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n bladsy uit Corlie se gunsteling wetenskaplike tydskrif, die

Huisgenoot, uitgeskeur en gebêre. Die inhoud van hierdie bladsy het my regtig diep geraak.

In die "Sake van die hart" kry jy ‘n blik op mense se vrae en lewensverhale. Jy besef dan dat

daar hartseer en stukkende mense in die samelewing woon wat ondraaglike pyn met hulle

saam dra. Die ergste van alles is dat die meeste van hierdie mense sonder hoop is en dat

hulle vir Huisgenoot vra of daar nie iewers 'n grashalmpie is waaraan hulle kan vashou nie.

Iemand het byvoorbeeld hierdie volgende woorde geskryf:

Posbus 54249, Ninapark, 0156

E-pos: info@lewensverryking.co.za

Tel. 012 546 8098/8413/8479 Faks 012 546 8690

Webtuiste: www.lewensverryking.co.za

Uitgawe 69 Augustus 2008

“Ek is ontsteld! Ek dink dit sal wonderlik wees as waterstofbomme op ons gegooi word,

veral op my en my gesin. Dan sal alles vir ons vinnig verby wees en ons sal by Jesus wees!

Ek is 'n afgetrede weduwee met geen man in ons gesin nie. My man is dood aan kanker.

Ek is onlangs uit die hospitaal ontslaan en is besig om aan te sterk nadat my rug gebreek

is. Ek het twee ongetroude dogters waarvan een gesondheidsprobleme het en vir twee jaar

nie gewerk het nie. Ons ly die afgelope sestien jaar verskriklik. Lede van ons gemeente

word beproef en my vriende ly almal sonder genade. Vrees en angs is my lot. Ons kry

swaar! Is daar nie hoop vir die bruid van Christus nie? Antwoord asseblief!”

Baie kinders van die Here leef ook in situasies en omstandighede wat vir hulle hopeloos lyk.

Daar is om ons, en dalk is dit jy, ook Christene vir wie die las ondraaglik geword het. Christene

sê dan ook dinge soos:

Daar is geen uitweg nie!

Ek het dit oor myself gebring. Nou is ek in 'n tronk, vasgevang vir ewig.

Dit lyk nie asof God my hoor nie, want niks verander ooit nie. As dit wel verander, word

alles net al hoe slegter.

Soms wonder ek of dit die moeite werd is. Ek wens die Here wil my uit hierdie put kom

haal.

Ek het 'n paar goeie dae, maar dan oorweldig 'n gevoel van waardeloosheid my - ek is niks

werd nie.

Daar is al gesê dat die ergste ding wat erger as kranksinnigheid is, wanhoop is. Dan wil ek

net sê "dankie Here!" - ons dien 'n God wat ons met hoop vul.

Die Griekse woordjie vir hoop is elpo. Dit beteken "om vorentoe te kyk met genotvolle

vertroue en verwagting." In Rom.15:13 skryf Paulus aan die gemeente in Rome en sê: Mag

God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle

hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Paulus stel hier 'n ongelooflike idee aan ons - dat ons met hoop vervul sal word. Letterlik;

dat ons so vol hoop sal wees dat ons daarvan sal oorloop! Sommige Christene dink dat dit

nie waar kan wees nie. Al wat hulle wil hê is maar net so 'n klein bewysie dat hulle gebede

beantwoord word. Dit sal vir hulle genoeg wees. Nee, die Woord sê duidelik dat ons God ons

so sal vervul met hoop dat ons daarvan sal oorloop.

Aan al die Lewensverrykers wat dalk ook gaan uitkamp het op moedverloor se vlakte -

hierdie vers in God se Woord is net so waar soos al die ander. Hy is die God van Hoop, 'n

hoop wat oorvloedig en onmeetbaar is. Paulus se gebed vir alle gelowiges is dat God, die

bron van hoop, alle Christene deur hulle geloof met vreugde en vrede sal vervul. God is altyd

gereed om ons siele met buitengewone, oorvloedige vreugde en vrede te vervul.

Rom.8:24-25 - "Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop

jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie

sien nie, wag ons daarop met volharding."

Hebr.11:1 "Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van

die dinge wat ons nie sien nie."

Ons stel voor...

Deon van der Berg is diep winter, om presies te wees, 27 Julie 1965, in Tsumeb in die

destydse Suidwes gebore. Net toe hy oud genoeg was om die wêreld rondom hom te kon

onthou, verhuis sy ouers na die Vaaldriehoek waar hy einde 1983 sy matriek aan die

Hoërskool Driehoek skryf.

Deon was ‘n skerp leerling, en het ‘n verskeidenheid beurse gekry om te gaan studeer.

Toe hy moes kies, het hy mooi gekyk: geoktrooieerde rekenmeester - hulle maak baie geld.

En toe roep die Here hom om predikant te word. Aanvanklik het hy baie hard daarteen

baklei. Dominee wees het nie ingepas in sy planne vir sy lewe nie; hy was nie van plan om

arm dood te gaan nie. Hy was selfs bereid om as CA te gaan sendingwerk doen, maar

uiteindelik het hy net gewéét, daar’s nie verbykomkans nie.

Toe dit tyd raak om te gaan inskryf by die universiteit, het sy ma hom met sy tas en fiets

by sy blyplek in Arcadia gaan aflaai: “Nou’s jy op jou eie, my kind. Vind uit waar’s die

universiteit en gaan skryf in”. Dit was eensame oomblikke vir Deon. Daar, moedeloos in sy

kamertjie, het hy Christelike musiek gehoor. Hy’s agter die klanke aan en toe ’n man op sy

klop die deur oopmaak, wou hy weet: “Is jy ‘n Christen?” Toe die man “ja” sê, maak Deon

sy hart oop, waarop die man ’n boksie “Koringkorrels” optel en dit na hom toe uithou: “Trek

een, dit werk altyd”. Toe Deon ‘n kaartjie uit die middel van die boksie trek, lees hy: “Hy

wat jou roep, is getrou” (1 Tim. 4:24). Met hierdie versekering en ongeveer ’n R100 in sy

sak nog voordat hy ingeskryf het, het baie maer jare vir Deon begin. Hy het as blokman in

’n slaghuis gewerk en administratiewe werk in die staatsdiens gedoen om in sy eie

behoeftes te voorsien. Ironies genoeg was dit in die slaghuis dat hy geleer het om sy kop

op te lig as hy met mense praat: sy baas het hom ‘n bonus aanbied vir elke ontbeende

skaapribrol wat hy op ‘n Saterdagoggend in die slaghuis kan verkoop. Deur al die swaar

jare was hy dikwels kwaad vir die Here. As geroepene moes hy tog seker op ‘n groter mate

van finansiële sekuriteit kon reken as wat hy beleef het? Die dag met sy legitimasie beleef

hy egter die waarheid van die teks wat hy op sy heel eerste dag as student gekry het, toe

sy skoonma hom ‘n tjek in die hand gee met die woorde: “Gaan betaal al jou studieskuld”!

Deon se bediening het deur die Suid Afrikaanse Polisiediens geloop (as diensplig); toe

die Pretoria Polisiekollege Gemeente; daarna is hy in Morgenzon bevestig (Mei 1993).

Vanaf Mei 1998 was hy en sy gesin terug in Pretoria by die NG Gemeente Valleisig, waar

hy die afgelope 10 jaar predikant was.

Dis nou al 12 jaar dat Deon op ’n deeltydse basis by Lewensverrykingseminare betrokke

is. Saam met Sors en Lida het hy in Januarie 1997 die eerste Kaapse seminaar in

Victoriabaai aangebied. In April 1997 het hulle ook die eerste Tienerseminaar aangebied.

Vandaar het hy gereeld as spreker opgetree by Egpaar-, Tiener-, en later Egpaar

Opvolgseminare. Hierdie geleenthede was vir hom ’n groot vreugde en seën.

Deon is ‘n baie veelsydige mens. Hy het ‘n passie vir fietsry en beskou dit as ‘n

bedieningsveld wat die Here vir hom gegee het. Hy neem saam met Corlie kunsklasse; is

voorts baie lief vir kosmaak en kan gemaklik ’n Franse ete optower. Dan is hy ook ’n vurige

rugby ondersteuner. Volgens hom is sy grootste bate sy vrou, Corlie, met wie hy in

Desember 1988 getroud is. Sy sorg dat hy koers hou in die lewe. Hulle is geseën met twee

pragtige dogters van onderskeidelik 13 en 11 jaar.

Ons by Lewensverryking is baie opgewonde oor Deon se betrokkenheid by ons

bediening, en ons vertrou dat die Here hom hier op ‘n baie besondere manier sal gebruik

tot die eer van sy Naam.

Jy sê jy glo nie in wonderwerke nie?!!

Lewensverryking se Frieda is oraloor bekend as “daardie warm en simpatieke dame in die

kantoor!”. Menige teësinnige seminaarganger is dit aan Frieda te danke dat hulle by die

seminaar uitgekom en as nuwe mense teruggekom het, omdat Frieda nie nee vir ‘n

antwoord wou aanvaar nie. Tielman, Frieda se man, is al die jare as groepfasiliteerder by

die seminare betrokke . Dié wat hom daar leer ken het, sal hom onthou as “The best four

by four by far!”. Tielman is kreupel a.g.v. polio en loop met krukke. Ons ken hulle as mense

wat jou inspireer met hul positiwiteit en lewensblyheid. Daar’s niks bejammerenswaardigs

aan Tielman nie, en hy en Frieda hanteer wat ook al oor hul pad kom, met humor. Snaakse

stories is volop. Soos die keer toe Tielman brood gaan koop het terwyl Frieda aan die

oorkant van die pad by die kinders (wat toe nog klein was) in die kar bly sit het. Die wind

was dié dag stormsterk, en waai vir Tielman met brood en al om sodat hy in die pad lê en

beduie sy moet hom kom ophelp. Frieda lag haarself egter hulpeloos en skud net haar kop:

die mense sal dink die dronk ou is haar man! Met knie– of skoueroperasies is daar altyd

skreeusnaakse badtyd stories.

Tielman se gesonde been moes deur die jare natuurlik kompenseer vir swak been se

onvermoë, en uiteindelik het dit sy tol geëis. Tans is die onderste deel van die been al ’n

hele 30 grade uit en kan hom nie meer dra nie. Volgens dr. Hans Myburgh, Tielman se

ortopeed, is ‘n knievervanging nou noodsaak. Die prostese, een spesifiek vir Tielman se

situasie, kos R75 000. Aanvanklik het die mediese fonds R30 000 daarvoor goedgekeur.

Tielman het moedeloos vir Frieda gesê dat slegs ‘n wonderwerk die operasie moontlik sal

maak, want self het hulle nie geld vir die res nie. Dr. Hans het ’n motivering geskryf vir die

duurder prostese; Tielman het ’n motivering geskryf dat hy nie geld het om die res te betaal

nie; Frieda het gebid en die situasie in haar “Gee dit vir Jesus”-boksie gesit; Hulle vriende

het gebid. Nog iemand het ‘n brief aan die plaaslike koerant geskryf in ‘n poging om

ondersteuning deur die media te kry - met geen gevolg nie. By die Mediese fonds was die

terugvoer nie bemoedigend nie: die raad moet eers sit, maar niemand kon sê wanneer die

raad sou sit nie - tipiese vermydingstaktiek.

Einde ten raad het Tielman genoeg van die kat en muis speletjies gehad. Hy is self na

die mediese fonds se kantore toe. Daar het hy soos ‘n bulhond vasgebyt tot in die

verantwoordelike persoon se kantoor. En die wonderwerk gebeur: hulle stem in om nog

R30 000 by te sit. Tielman was verskriklik dankbaar, maar nog nie tevrede nie. Die bedrag

wat hy self moet dra is steeds vir hom te veel. En die wonder groei: hulle stem in tot nog

R5000!!

Ons loof die Here vir sy goedheid.

Pieter se afskeid

Die Saterdagaand met spanopleiding het die span van Pieter Badenhorst afskeid geneem.

Dit was ‘n baie stylvolle geleentheid. Foto’s van die geleentheid kan op die fotogalery

gesien word.

‘n Ekstra opvolgseminaar vir egpare!!

Desember 2008

Dit blyk dat die manier om die Egpaar Opvolgseminaar gelyklopend met seminaar 1

aan te bied, baie goed werk. Op die wyse is daar kontinuïteit vir diegene wat sommer

gou ‘n volgende seminaar wil bywoon, en die kleiner getal inskrywings vir seminaar 2 is nie

finansieel ‘n probleem nie. En natuurlik, seminaar 2 (wat baie pret bied) se ouens se

optrede maak die ander nuuskierig. Uitstekende reklame!

Die bestuur het gevolglik besluit om van 5 - 9 Des. saam met Egpaarseminaar I en die

seminaar vir Egpare in Hersaamgestelde gesinne, ook ‘n Egpaar Opvolgseminaar aan te

bied. Ons sluit ‘n inskrywingsvorm by die nuusbrief in.

Engelssprekende persone by die seminare

Nadat ons idee om ‘n seminaar vir Engelssprekende persone alleen aan te bied, ‘n

klompie jare gelede nie bevredigende reaksie opgelewer het nie, sorg ons sedertdien dat

ons al die seminaarmateriaal in Engels beskikbaar het om só voorsiening te maak vir ons

Engelssprekende vriende wat wel die seminare bywoon. Ons beleef dat solank as wat

hulle ‘n relatiewe goeie begrip van gesproke Afrikaans het, hulle die inhoud van die

seminaar heel goed baasraak. En dan is daar natuurlik altyd iemand met ‘n sagte hart wat

bereid is om te tolk waar nodig.

Ons het onlangs ‘n dankiebrief van ‘n Engelse seminaarganger gekry wat ons met haar

toestemming plaas:

Dearest Sors and Lida

Words seem inadequate to express my sincere gratitude for the opportunity you gave me

- through sponsorship - to find direction and meaning in and for my life. It feels like I have

been sailing for many years without much direction. The seminar gave me the compass for

a specific journey. I don't ever want to be without that compass as I begin my journey with

God.

Thank you so very much again for the opportunity of change and direction within my life

and that of my children.

Sharon Brown - Singles seminar, June 2008

Koue knou nie die entoesiasme nie!!

Die Kaapse seminaar is van 4 - 8 Julie in gietende reën en koue wind in Wellington gehou,

maar warm baadjies en ‘n positiewe ingesteldheid het gesorg vir ‘n heerlike seminaar. Die

kommentaar was trouens dat die koue juis ‘n groter samehorigheid tot gevolg gehad het

omdat die seminaargangers op mekaar aangewese was en nie kon gaan rondloop of -ry

nie, en bowendien kon mens jou kombers oral met jou saamdra! Van die spanlede hier uit

Gauteng het maar swaargekry met die nat en die koue, maar Frieda se kommentaar was

dat die sneeu vir alles vergoed het.

God se genade vir families

Ons hier in Lewensverryking se binnekringe is dikwels getuies van DIE HERE SE

GENADE oor families as ‘n geheel. By ‘n onlangse seminaar was daar ‘n man wie se

suster en haar man 20 jaar gelede die seminaar bygewoon het op uitnodiging. Hulle kry dit

toe reg om die vrou se pa, ‘n rowwe soldaat in die jare van die grensoorlog en in later jare

geweldig gepla deur skuldgevoelens, te oortuig om seminaar toe te gaan (saam met hulle

ma, natuurlik!). Tydens die seminaar bevry die Here hom van al sy bagasie en kom hy

radikaal tot bekering. In hul omgewing het spanlede gewoon wat ‘n pad met die paar

geloop sodat hulle bly groei het. Deur die jare het hulle toegewyde lede van hul gemeente

geword. Hulle een seun het die pad egter heeltemal byster geraak. Na baie jare se

gebede kom hy uiteindelik by die seminaar uit. Die Here keer ook sy lewe om en ook hy

kom radikaal tot bekering. Mede seminaargangers in sy omgewing het alreeds na hom

uitgereik en hom genooi om by hul selgroep in te skakel.

Nasorg is vir sulke pas bekeerdes oneindig belangrik en mens is so dankbaar vir die

ondersteuning. Elkeen van ons kan so ‘n verskil maak.

Iets nuuts!!

Ons kry dikwels navraag daaroor of ons kampe vir mans en dames afsonderlik aanbied.

Wel, goeie nuus!! Die bestuur het besluit dat ons dit van volgende jaar af gaan doen.

Die datums is tentatief 5 - 7 Junie vir mans en 14 - 16 Augustus vir dames. Hou maar ons

webblad dop vir verdere besonderhede.

Enkellopers, neem kennis asseblief!!!

Ons wil net graag vir ons enkellopers daarop wys dat die datum vir die Enkelopvolgseminaar

in Oktober verkeerdelik op die vorms aangedui is as 1 - 5 Oktober. Die korrekte

datum is 2 - 5 Oktober. Die seminaar is dus net 3 vol dae en die prys is gevolglik R800 per

persoon.

Tieners volg op...

Die Tiener opvolgseminaar is ook nou al deel van ons jaarlikse program en die

terugvoer is goed.

Die Opvolgseminaar word van 1 - 5 Oktober gelyklopend met Seminaar 1 by

Kwaggasrus aangebied, en van 12 - 16 Desember geld dieselfde op Hawekwa vir die

Tieners in die Kaap.

Program tot aan die einde van die jaar:

September

26 - 30 Egpaar en Egpaaropvolg - Middelburg

Oktober

1 – 5 Tienerseminaar Kwaggasrus: Seminaar 1 en Opvolg

2 – 5 Enkel Opvolg

17 - 19 Huweliksvoorbereiding – Middelburg

November

28 Nov. - 2 Des. Enkelseminaar - Middelburg

Desember

5 - 9 Egpaar; Egpaar Opvolg en Egpare Hersaamgestelde Gesinne - Mdb

12 -16 Des. – Tieners, Hawekwa

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!