05.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 144

ProAgri uitgawe 144

ProAgri uitgawe 144

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

Belê in vleis;

plant gras

Blink planne

vir krag

Kry meer

lammers per ooi

Equalizer:

Só moet ’n planter plant!

Energie | Minimumbewerking | Veilings | Agrilag

Februarie / February 2012

Nr / No 144

ISSN 1042–1558

Gratis

Georgië

waardeer

boere

AgriTrader

Redakteursbrief

olgende keer as ons om die

Vbraaivleisvuur staan en Eskom

slegsê oor die hoë rekeninge en die

krag wat verdwyn wanneer jy dit die

nodigste het, kan ons gerus maar ook

na die positiewe kant van die saak

kyk. Nood leer bid, sê hulle. Wel, in

hierdie geval het nood ons weer laat

dink.

Wêreldwyd, maar ook hier tussen

ons boere, word daar al slimmer en

meer bekostigbare planne gemaak om

hernubare energie in boerdery-tegnologie

om te skep. Dit is nie net op

die lang duur goed vir die sak nie; dit

help ook om die enigste hulpbron wat

ons het, die aarde, te beskerm. Ons

skuld dit aan ons nageslag om ook

ons bydrae te lewer vir hulle

toekoms. In hierdie uitgawe het ons

’n hele paar gedagtes oor die onderwerp.

Lourens du Plessis, die boer by wie ons gaan kuier het om die artikel oor die

Equalizer-planter te skryf, het my agterna geskakel om seker te maak ons skryf dat

hy optimale produksie nastreef en nie maksimale produksie nie. Dit is ’n feit van die

lewe: jy kan nie net uithaal sonder om in te sit nie.

Ek glo u gaan hierdie uitgawe met al sy lekkerlees artikels geniet en as u by een

van ons adverteerders navraag of aankope doen, sê tog asseblief dat u deur ProAgri

by hom uitgekom het.

Boer slim!

Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents

Meganisasie

3 Equalizer: Só moet ’n planter mos plant

4 Jumil: Plant perfek en oes oorvloedig

7 Strookbespuiting

8 Plant met Semeato en oes wins

Energie

10 Hoe gebruik jy die krag in jou hande?

12 Sonenergie vir jou sak en die saak

13 Vang heeldag son vir krag

14 Maak ’n blink plan vir krag

16 Biobrandstof kan die sorghumbedryf ’n hupstoot gee

Hulpbronbestuur

19 Broers en susters kan konflik bestuur

20 Was jou water vir skoon kos

Besproeiing

21 Kies die regte waterstelsel

Spesiaal

22 Goeie geleenthede in Georgië

Veeboerdery

27 Belê nou in vleis; plant gras

29 Kry só meer lammers per ooi

Gereeld

25 AgriKyk & Lees

26 AgriLag

26 Werfnuus

30 Veilings

35 GeneGids

37 AgriGids

In Georgië kan jy binne enkele minute

’n voertuig registreer en 'n nommerplaat

kry. Vind meer uit oor die

interessante land op bl 22.

3

4

13

20

21

22

Voorblad

In hierdie uitgawe

Jy oes meer as

’n opbrengsvermeerdering

van

gesonde

gewasse as jy

met Equalizer

plant, wys

Edward Weatherall-Thomas

van

Louma Boerdery:

Jy oes ook ’n

grondstruktuur

wat makliker

bewerk met

meer suurstof, grondlewe en waterhouvermoë

om jou boerdery

volhoubaar te maak.

Business-to-Business:

Agriculture

January to March 2011

59 167

average copies per month

SMARTPUBLISHING

MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel: 012-342-5141

Posbus 32123, Glenstantia, 0010

www.smartpublishing.co.za

Die ProAgri-span

Redakteur ProAgri en ProAgri.co.za

Annemarie Joubert > 082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Verkoopbestuurder

Anneke Claassen > 012-342-5141

anneke@smartpublishing.co.za

Advertensienavrae

Marlien van der Westhuizen >

012-342-5141

marlien@smartpublishing.co.za

Senior bemarker

Stefan van Wyk > 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Agentskappe

Carmel Ann Singh > 079-515-8708

carmel@smartpublishing.co.za

Agritrader

Mariëtte van Dyk > 083-594-8438

mariette@proagri.co.za

Uitleg & grafika

Esta van Niekerk

Taalversorging

Mediadienste

Rekeninge & intekening

Paula MacMavis > 012-342-5141

paula@proagri.co.za

Gedruktemediabestuurder

Suzanne Rall

Sakebestuurder

George Grobler

Copyright © 2012. All rights reserved. No material, text

or photo graphs may be reproduced, copied or in any

other way transmitted without the written consent of

the publisher. Opinions expressed are not necessarily

those of the publisher or of the editor. We recognise all

trademarks and logos as the sole property of their

respective owners. ProAgri shall not be liable for any

errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

1

y wen veel meer as groter opbrengste

Jas jy met ’n Equalizer plant. Dit is die

ervaring van Louma Boerdery by

Thabazimbi, wat nou ook grond langs

die Oranjerivier aangeskaf het.

As jy met Equalizer plant, oes jy

wins, vertel Louma Boerdery se eienaar,

Lourens du Plessis. Sommer in die

eerste jaar toe hulle met Equalizer begin

plant het, het hulle net aan

bewerkingskoste en brandstof R2,6miljoen

bespaar. Daar was ook ’n allemintige

arbeidsbesparing.

Maar die voordeel van Equalizer se

minimum-bewerking lê dieper as die

gewas bo-op die grond – dit lê in die

grond self. Sedert Louma met Equalizer

plant, het die grondstruktuur dramaties

verbeter, sodat bewerking al hoe makliker

word. Die eerste jaar het hulle met

’n Case 335 en ’n Equalizer van 12

meter wat 44 rye plant, 14 liter diesel

per hektaar gebruik; in die tweede jaar

12; in die derde jaar 10 en nou 8 liter

per hektaar!

Louma plant nie elke jaar in dieselfde

rigting nie – die stropers versprei nie die

kaf egalig oor die land nie en as hulle

elke jaar 45 grade oor die vorige jaar se

spore plant, kry hulle uiteindelik die

voordeel van egalige verspreiding van

organiese materiaal.

Hierdie organiese materiaal het bygedra

tot die drastiese verbetering van die

grondstruktuur, maar ook tot ’n

welkome verbetering in die grondlewe.

Hoe beter die grondlewe, hoe hoër die

suurstofinhoud en hoe meer plantvoedingstowwe

en veral mikro-elemente

word beskikbaar gestel vir ’n meer

gebalanseerde plantvoedingstatus, sê

Lourens.

Jy oes meer as ’n opbrengsvermeerdering

van gesonde gewasse

as jy met Equalizer plant, sê

Edward Weatherall-Thomas van

Louma Boerdery: Jy oes ook ’n

grondstruktuur wat makliker bewerk

met meer suurstof, grondlewe

en waterhouvermoë om jou

boerdery volhoubaar te maak.

Dit beteken dat Louma nou minder

bemesting hoef toe te dien (15 tot

20% minder stikstof), maar ’n opbrengsverhoging

van tussen 10 en

20% met koringproduksie behaal het.

Soja het vanjaar ’n groot verandering

begin toon en Lourens sê hy wag vir

strooptyd om presies te kan sê hoe

groot die opbrengsverhoging is. Vir hom

gaan dit oor optimale produksie en nie

maksimale produksie nie.

Maar dit is nie al nie: As gevolg van

die verbeterde grondstruktuur en organiese

materiaal wat water help vashou,

het die gewasse nou 15 tot 20% minder

besproeiing nodig as toe Louma nog

konvensionele bewerking gedoen het.

Hierdie besparing is wel opgeslurp deur

Eskom se gulsige tariefverhogings,

maar dit beteken dat die hoër pompkoste

nie so seer maak as wat andersins

die geval sou wees nie.

Die laer waterbehoefte beteken ook

dat Louma nou buite piektye kan

besproei, wanneer ’n laer tarief geld.

Minimumbewerking stimuleer nie

onkruidgroei soos konvensionele bewerking

nie. Daarom behaal Louma nou

veel beter onkruidbeheer terwyl

chemiese onkruidbeheer met 50%

verminder is, vertel Edward Weatherall-

Thomas, afdelingsbestuurder.

“Ek is ’n grondboer,” verklaar Lourens

du Plessis. “Met minimumbewerking bou

jy jou grond op en as jou grond gesond

is, is volhoubare boerdery moontlik.”

Daarom is Louma se klem tans hoofsaaklik

om die grond se struktuur en

gesondheid te verbeter, eerder as groter

opbrengste, alhoewel opbrengs belangrik

is vir die voortbestaan van die

boerderybedryf.

Louma se Equalizer-planters het

skeurtande voor om die blad te breek en

beter vogindringing en suurstofinhoud

van die grond te verseker. Dié tande

werk 100 tot 250 mm diep, afhangend

van die klei-inhoud en ander toestande.

Lourens reken dat dit elke vierde of

vyfde jaar nodig mag wees om die

grond 250 tot 300 mm diep los te maak.

Meganisasie

Só moet ’n planter mos plant!

Hy wil ook kompostering aanhelp en

daarom is Louma en Equalizer se

slimkoppe nou besig om ’n aanpassing

te ontwerp wat die plantreste en grond

vermeng sodat kompos vinniger gevorm

kan word.

Lourens is tevrede met die goeie

diens wat hy by Equalizer kry. Hulle verstaan

boerdery en is bereid om aanpassings

volgens die boer se behoefte

te maak. Hy glo daaraan om net

plaaslike werktuie te koop, want die

mense is byderhand en spesialiseer in

werktuie vir plaaslike toestande. “’n

Mens kan met hulle praat.”

Jy kan ook met Equalizer plant en

meer oes as net groter opbrengste.

Praat met Gideon by 021-981-2161

of stuur ’n e-pos na

gideon@equalizer.co.za.

So lyk grond na drie seisoene se

minimumbewerking met ’n Equalizer-planter.

Die struktuur het

drasties verbeter en daar is organiese

materiaal en grondlewe.

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

3

ie pad na ’n wen-oes begin by jou

Dplanter. So glo Danie Slabbert van

Vanrooyenswoning naby Reitz in die

Vrystaat en daarom plant hy met Jumil

van Crop-Tech.

Toe die Slabberts se vorige planters so

vier jaar gelede oukant toe begin staan

het en nie meer betyds kon klaar plant in

die kort plantseisoen nie, het hulle by

Nampo na planters gaan kyk. In daardie

stadium het Danie en sy pa, Pieter, nog

hulle mielies en soja met konvensionele

bewerking geplant, maar die Jumil gekies

omdat hy as volwaardige geenbewerkingplanter

ook hierdie opsie vir die boerdery

ontsluit.

Sommer met die intrapslag het die

Jumil gewys hy spasieer so goed soos die

beste planters wat die Slabberts nog

gesien het, hy handhaaf ’n perfekte

plantdiepte, hy plaas die kunsmis perfek

en hy is stewig en betroubaar. “As jy hom

so kyk, kan jy sommer sien dis ’n ordentlike

ding,” sê Danie.

Dit was altyd baie mooi en lekker om

te ploeg, vertel Danie, maar met die

immer stygende insetkoste word dit al

hoe moeiliker om volhoubaar te boer en

daarom moet ’n boer ’n plan maak. Met

hulle eerste Jumil-planter het hulle vier

jaar gelede hulle eerste 17 hektaar geenbewerkingmielies

geplant en dit was ’n

groot sukses.

Vanjaar plant hulle vir die derde

seisoen grootliks met geenbewerking. Die

groot voordele is in hierdie stadium die

feit dat geenbewerking sowat helfte van

die trekkerkrag en dus diesel verg as

konvensionele bewerking. Daar is ook nie

meer ’n skare werkers nodig tydens

planttyd nie.

Die grond word elke jaar losser en

lugtiger, wat nog minder trekkerkrag

vereis, vertel Danie. Daar is veel minder

wind- en watererosie, veel beter vogbewaring

en geenbewerking verseker

volhoubare boerdery. Oor tien jaar gaan

Waar ’n Jumil-geenbewerkingplanter

gewerk het, is die grond

lekker sag en lugtig sodat ’n

sojaplant soos hierdie sy wortels

gemaklik kan uitstoot.

Jumil van Crop-Tech:

Plant perfek en oes oorvloedig!

Danie Slabbert van Vanrooyenswoning naby Reitz is ingenome met sy twee

Jumil JM 2980 PD-vakuumplanters wat vir hom die pad na geenbewerking

oopgemaak het. ’n Groot verbetering aan die nuwe modelle is die dieptebeheerwielarms

wat nie meer die wiele stoot soos die model op die foto nie,

maar voor gemonteer is vir gladde beweging oor spilpuntspore.

daar bitter min boere wees wat nie geenbewerking

toepas nie, voorspel hy.

Geenbewerking beteken ook dat jy nie

meer volgens ’n vasgestelde resep kan

boer nie. Bestuur word meer intensief en

jy moet baie meer in die lande wees om

te kyk wat aangaan en om daarvolgens

aanpassings te maak. “Daar lê nou permanent

’n grondboor en ’n penetrometer

agter op my bakkie,” vertel Danie.

Jy moet meer betrokke raak by jou

grond en die lewe in die grond. Danie is

lid van die op-en-wakker Riemlandstudiegroep

waar ’n groep jong boere

kennis saamgooi om immer doeltreffender

te boer.

Maar die eerste vereiste vir suksesvolle

geenbewerking is ’n planter wat sy

man kan staan, verklaar Danie. ’n Geenbewerkingplanter

werk baie harder as ’n

konvensionele planter en hy moet veel

sterker en slimmer wees om in onbewerkte

grond en deur plantreste te plant.

“Ek is baie opgewonde oor die Jumil

JM 3090 PD-planter,” sê Danie. Hy is

sterk en robuust gebou met ’n stewige

raam. Sy saadeenhede is uiters

gevorderd om ongelooflik akkurate

spasiëring te verseker. As jy sy plantestand

volgens die tabel gestel het, kan jy

met ’n liniaal gaan meet waar hy

geplant het. Sy kalibrasie op saad en

kunsmis is baie maklik en akkuraat en hy

het die vermoë om in enige grond perfek

te plant.

Danie se JM 3090-planters het

vakuum-saaduitmeeteenhede en hy is

baie tevrede met die akkuraatheid daarvan:

“Hy doen presies wat jy wil hê hy

moet doen.” Die planters het al, met die

nodige verstellings, mielies, soja, weiwieke

en voersorghum geplant – almal

perfek en sonder sukkel.

Waar Danie vir ’n vingerplanter platter

mieliepitte verkies het, bestel hy vir die

JM 3090 ronderige saad. Die planter is

nie kieskeurig oor saadgrootte en -vorm

nie. “As jy hom ingestel het, mis hy nie ’n

enkele pit nie en tel ook nie twee-twee

pitte op nie.”

Danie se Jumil-planters met hulle

hidroulies-aangedrewe suigwaaiers vereis

nie dat die trekker al die pad teen hoë

enjinomwentelinge moet loop soos sekere

ander vakuumplanters nie. Teen ’n luierspoed

van 1 200 opm verloor die Jumil

nie ’n enkele pit nie. “Dit, tesame met die

afwesigheid van ’n kragaftakkeras, is ’n

groot voordeel in hierdie deel van die

Vrystaat, waar ons baie kontoere het

waar ons dikwels en skerp moet draai.”

’n Baie belangrike voordeel van Danie

se Jumil-planters is dat dit deur ’n

kundige en diensgerigte handelaar, Same

Trekkerdienste van Reitz, verskaf word,

sê hy. Francois Visser en sy flukse span

slimkoppe gaan uit hulle pad om die

beste diens en raad te gee en hulle verstaan

boerdery.

Dit is ook geen wonder nie, want Crop-

Tech kies hulle handelaars baie fyn uit om

te verseker dat die boer altyd net die

beste, flinkste en kundigste diens kry.

Teen ’n luierspoed van net 1 200

opm verloor hierdie Jumil-vakuumplanter

met sy hidroulies-aangedrewe

suigwaaier nie ’n enkele pit

nie.

4 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

Plant met plaat

et so ingenome as wat Danie Slab-

Nbert met sy Jumil JM 3090 PDvakuum-planters

is, is Tony da Costa

van Manjoh Ranch naby Nigel met sy

Jumil 3080-plaatplanters.

“Toe ons die plaatplanters aangeskaf

het, het mense ons gevra of ons darem

genoeg kos het vir die osse wat die

planters moet sleep, want hulle het

gereken ons gaan agteruit met tegnologie,”

vertel Tony.

’n Vakuumplanter en ’n lugdrukplanter

het elk sy plek en sy doel, sê

Tony. Hulle kan ’n groter verskeidenheid

saad hanteer, maar gevorderde tegnologie

vereis operateurs wat daardie tegnologie

kan beheer en benut. Met ’n

vakuumplanter kan die vakuum dalk net

te laag wees of ’n mieliestronk of iets

kan die afteller se stelhefboompie versteur

en daar plant jou operateur haasbekrye

sonder om dit agter te kom

voordat dit jou teen strooptyd baie seermaak.

Die Jumil 3080-plaatplanter plant reg

of hy plant glad nie en die operateur

weet as die monitor waarsku moet hy

stop en plan maak, sê Tony.

Die besluit om plaatplanters aan te

skaf, is darem nie ligtelik geneem nie:

Tydens ’n besoek aan Argentinië en

Brasilië was daar nie een boer wat nie

met ’n plaatplanter geplant het nie, vertel

Tony. Hulle plantspasiëring het die

besoekers verstom en so ook die droëlandopbrengste

van tot 13 ton per hektaar.

Boonop is plaatplanters beduidend

goedkoper as vakuumplanters.

In die ou dae was ’n probleem met

die destydse plaatplanters dat hulle

geneig was om die saad te maal, verduidelik

Tony, maar dit was omdat daar

te veel gewig op die onderste saad in die

bak gerus het. Die Jumil JM 3080 hou sy

groot volume saad in ’n groot bak en net

’n klein klompie regstreeks op die plaat

sodat die maalgevaar volkome uitgeskakel

is.

Manjoh Ranch se Jumil-planters plant lag-lag honderd persent akkuraat

deur enige plantreste. Die saad word in klein hoeveelhede na onder gevoer,

sodat dit nie onder die gewig fynmaal soos die ou plaatplanters geneig was

om te doen nie.

www.proagri.co.za

Tony het bepaal hoeveel saad hy gaan

nodig kry volgens die verlangde plantestand

en die saadmaatskappye se aanduiding

van hoeveel pitte in elke sak saad

is. Om seker te maak, het hy tien sakke

ekstra bestel. Na die plantseisoen was

daar presies die ekstra tien sakke saad

oor.

“As jy hierdie planter stel vir 60 000

plante per hektaar, plant hy presies

60 000 plante per hektaar,” sê hy. “Die

Jumil-plaatplanter sit die saad op die

regte tyd op die regte manier in en ek

kan nie sien hoekom ons duurder tegnologie

moet aanskaf terwyl die operateurs

dit in elk geval nie kan baasraak

nie.”

Tony gee wel toe dat hy sy saad volgens

die regte pitgrootte bestel het en

dat dit die regte grafiet en poeier op

moet hê om noukeurige plantwerk te

verseker.

Hoe stadiger jy plant, hoe vinniger

plant jy

’n Vreemde wysheid wat Tony ook in Argentinië

en Brasilië geleer het, is hoe

stadiger jy plant, hoe vinniger plant jy.

Daar plant die boere teen ’n maksimum

spoed van 6 km/u; een van hulle selfs

teen 4,5 km/u.

Tony vertel: “Verlede jaar het ons met

’n planter wat 9 meter wyd is teen 12

km/u geplant en gesukkel om 30 hektaar

per dag te plant. Vanjaar het ons met ’n

planter wat 6 meter wyd is teen 6 km/u

gemiddeld 29 hektaar per dag geplant.

Ons het dieselfde 9-meterplanter aan

iemand uitverhuur wat die spoed van

12 km/u na 7 km/u afgebring het en 45

hektaar per dag geplant het. Ek verstaan

nie mooi hoekom dit werk nie, maar as jy

stadiger plant, plant jy meer hektare per

dag.”

Moontlik is die verbetering die gevolg

van minder slytasie en skokke aan die

planter, wat onnodige stoppe en herstelwerk

uitskakel, sê Tony, maar hoe dit ook

al sy, dit is logies dat ’n mens baie akkurater

plant teen ’n laer spoed. As jy stadiger

plant, spring die saad en kunsmis nie

Meganisasie

’n Perfekte stand van eenvormige

mielies – dis waarna ’n kieskeurige

boer soos Tony da Costa van Manjoh

Ranch naby Nigel strewe. En dis

waarom hy die koning van geenbewerking-planters

gebruik: Crop-

Tech se Jumil JM 3080-plaatplanter.

rond nie en die kouters gooi ook nie meer

grond uit die vore om die plantdiepte te

belemmer nie.

Vanjaar se plantseisoen was moeilik as

gevolg van die snaakse reënpatroon. Uit

die 60 dae van die plantseisoen kon daar

net 24 dae op Manjoh Ranch geplant

word. In daardie 24 dae het Tony

2 800 hektaar halfmeterrye met vier

twaalfry-Jumil JM 3080-plaatplanters

geplant.

Op van die spilpuntsirkels was die

reste van oeste van 12 tot 13 ton per

hektaar, maar die Jumils het foutloos

daardeur geplant sonder ’n sweem van

aanpak of sukkel. Ook in nat toestande,

waar ’n mens normaalweg ’n dag of wat

sou wag voor jy dit in die land sou waag,

het die Jumils perfek geplant.

Met net ’n daaglikse stop vir smering

het die Jumil-planters se onderhoud en

herstelkoste nie ’n tiende beloop van wat

dit voorheen was nie – met natuurlik die

gepaardgaande besparing van staantyd.

Crop-Tech se Jumil JM 3080-plaatplanter

en JM 3090 PD-vakuumplanter is

stewig gebou vir die strafste geenbewerkingplantwerk,

en slim ontwerp vir

ongeëwenaarde akkuraatheid ten opsigte

van plantspasiëring, plantdiepte en kunsmisplasing.

Opsies van 8, 10, 12, 13, 15

en 18 rye is beskikbaar. Daar is ook ‘n

tandemraam beskikbaar om twee

planters agter een groot trekker te haak.

Dis verspot maklik om die planters te

kalibreer en hulle vereis die minimum

onderhoud en smeringtyd. Die planters

plant doeltreffend en akkuraat in enige

soort grond en deur die digste

oesreste.

Crop-Tech het kundige handelaars

regoor die land. Skakel Hennie du Toit

by 056-817-7308 of stuur ’n e-pos na

sales@croptech.co.za vir meer

inligting.

ProAgri 144 – Februarie / February 2012

5

Strookbespuiting

erlede maand het ons oor breedwer-

Vpige bespuiting gepraat, maar daar

is talle boere wat byvoorbeeld blaarvoeding

met strookbespuiting toedien.

Vir strookbespuiting moet die stappe

van die kalibrasieproses soos in die

vorige aflewering bespreek, herhaal

word.

Meet nou die effektiewe spuitbreedte

per spuitpunt, byvoorbeeld 0,5 m, op

die grondoppervlak.

Herhaal nou die stappe soos bespreek

onder Breedwerpige bespuiting

van onkruiddoder. (ProAgri 142).

Die verskil is dat vir algehele bespuiting

die afstand tussen spuitpunte

op die spuitbalk gemeet word vir spuitbreedte,

terwyl by strookbespuiting die

effektiewe spuitbreedte op die grond

gemeet word.

Strookbespuiting

Vir die korrekte spuitpunte, verwys na

dosisse van plaagdoders vir na-opkoms.

Toediening word op drie maniere

aangegee.

1. Dosis per 100 liter water, byvoorbeeld

2 liter per 100 liter water en minstens

300 liter per ha.

2. Dosis per hektaar, byvoorbeeld 2 liter

per ha.

3. Dosis per 100 m-rylengte,

byvoorbeeld 10 ml/100 m.

1. Dosis per 100 liter water en

minimum spuitvolume van

300 l/ha

Hierdie kalibrasie is maklik. Bepaal

eers of die spuit 300 liter water per

Mini Peake STS

www.proagri.co.za

Peake DTS MK3.A

hektaar gaan uitspuit.

1.1 Gaan te werk soos onder die

kalibrasieproses bespreek.

1.2 Bepaal hoeveel plantrye daar per

100 m voorkom, byvoorbeeld 110 in

die geval van 0,91 m-rye.

1.3 Bepaal hoeveel spuitpunte per ry

gebruik word, byvoorbeeld twee.

1.4 Meet nou die hoeveelheid water wat

al die spuitpunte wat op een ry

gerig is, in byvoorbeeld 40 sekondes

lewer (tyd oor 100 m), byvoor

beeld 2 liter. Dit is belangrik om te

verseker dat die teikenarea deeglik

bedek en benat word.

1.5 Vermenigvuldig die hoeveelheid

vloeistof gelewer per 100 m-ry met

die aantal plantrye per hektaar:

2,8 ℓ x 110 = 308 ℓ = die hoeveelheid

spuitstof wat die spuit per hek

taar lewer.

1.6 Die spuit lewer dus genoeg water

per hektaar, naamlik meer as die

300 liter wat op die etiket vereis

word.

1.7 Die aanbeveling lees dan verder:

2 liter spuitmiddel per 100 liter

water. Voeg dan 2 liter spuitmiddel

by vir elke 100 liter water in die

spuittenk, byvoorbeeld in 'n 500

liter-spuittenk is 10 liter spuitmiddel

nodig.

2. Dosis per hektaar, byvoorbeeld

2 l /ha. Herhaal soos in 1 (1.1)

tot (1.5)

Dan verder soos volg:

2.1 Aanbeveling is 2 liter spuitmiddel

per hektaar.

2.2 Voeg dan 2 liter spuitmiddel by elke

Meganisasie

deur Koos le Roux

308 liter water.

2.3 ’n Spuittenk wat 500 liter water

hou, sal 500 liter gedeel deur 308

liter = 1,6 ha kan spuit.

2.4 Voeg dan 2 liter spuitmiddel x 1,6 =

3,2 liter spuitmiddel by die 500 liter

water in die spuittenk.

3. Dosis per 100 m plantry , byvoorbeeld

10 ml/100 m. Herhaal soos

in 1 (1.1) tot (1.4).

Dan verder soos volg:

3.1 Aanbeveling is 10 ml spuitmiddel

per 100 m plantry.

3.2 Deel die hoeveelheid spuitmengsel

wat oor 100 m uitgespuit word in

die volume van die spuittenk,

byvoorbeeld 500 liter gedeel deur

2,8 liter = 178,6 rye van 100 m elk,

wat gespuit kan word met 500 liter

spuitmengsel.

3.3 Vermenigvuldig hierdie syfer met

die dosis per 100 m-ry, dus 178,6

rye x 10 ml = 1,79 liter spuitmiddel

wat in die tenk gevoeg moet word.

Uit hierdie bespreking is dit duidelik dat

die kalibrasie van spuittoerusting bloot

net uitgevoer word om te bepaal

hoeveel water die spuitapparaat op 1 ha

gaan uitspuit en dan die gegewe dosis

spuitmiddel by hierdie hoeveelheid

water te voeg, sodat die konsentrasie

van die spuitmengsel korrek sal wees

om sy funksie te vervul. Dit is van die

uiterste belang om toe te sien dat die

spuitvolume ’n eweredige

bedekking/verspreiding/benatting van

die teikenarea verseker. Dan alleen kan

gewenste resultate behaal word.

Peake Equipment: “InFront and Over the Top”

* Hidrostaes vierwielaangedrewe

* Voor-gemonteerde spuitbalk van 19 – 28 m

* Vryloophoogte van 2 - 2,2 m

* Vlekvryestaalspuienks 1 500 l (enkel) 2 800 l (dubbel)

Plaaslik ontwerp en

vervaardig vir Suid-Afrikaanse

behoees.

Veeldoelige Peake Equipment werkesels

vir bespuing van gewasse en

saadmielie-ontpluiming.

www.peakeequipment.co.za

Beide masjiene is nou ook met

vierwielstuur beskikbaar.

SPESIALE BESTELLINGS MOONTLIK

Peake DTS MK3.A

Woodspec Engineering

Cliff 083-702-0050

of Donald 083-701-0810

donald@peakeequipment.co.za

ProAgri 144 – Februarie / February 2012

7

Plant met Semeato en oes wins

ie verskil tussen sukses en mis-

Dlukking van gewasse begin met die

plantproses. Insetkoste is hoog, daarom

plant die wyse boer so dat hy die maksimum

sukses behaal.

So ’n wyse boer is Hans-Peter Graff

van Kwasizabantu se melkplaas naby

Mooirivier in Natal. Die melkery steun

swaar op aangeplante weiding, hoofsaaklik

raaigras en klawer.

Raaigras en klawer

Met die planters wat hy voorheen

gebruik het, was die ontkieming nooit

regtig goed nie, omdat die plantdiepte

nie akkuraat gestel kon word nie. Die

planters het net snyskottels gehad wat

blote V-vore gemaak het waarin die saad

val, sodat dit nooit daardie lekker ferm

grondkontak gemaak het wat so nodig is

vir behoorlike ontkieming nie.

Maar nou het die hele prentjie verander

met Valtrac se Semeato-geenbewerkingplanter.

Hierdie planter het die

unieke, gepatenteerde, guillotinesnyskottel

met ’n skoentjie agter die

snyskottel, wat ’n snoesige saadbed skep

sodat al die saad gelyktydig sterk

ontkiem.

Elke ry-eenheid is aan sy eie parallelogram

met drukverstelling en toetrapwiel

en volg die grondkontoere onafhanklik

sodat jy selfs op ongelyke grond ’n perfekte

plantdiepte handhaaf.

Die Semeato plant lag-lag deur digte

plantreste en ander gewasse soos kikoejoe

en behou deurgaans sy perfekte

plantdiepte en saad- en kunsmisplasing.

Elke pit en elke korrel kunsmis wat jy

met hom in die grond plaas, werk om ’n

wenopbrengs te verseker.

Vir Hans-Peter is doeltreffendheid en

verhoogde produksie belangrike

vereistes en daaraan voldoen die

Kyk net hoe mooi kom die raaigras

op wat Hans-Peter Graff met sy

Semeato by kaal kolle ingeplant het.

Semeato uitmuntend. Vanweë sy doeltreffendheid

verseker die Semeato ’n

beter plantestand en meer tonne per

hektaar, wat meer, beter voeding vir sy

koeie beteken en wat hom gehelp het

om sy stalgemiddeld met twee liter per

dag op te stoot.

Met hierdie beter benutting van

beskikbare grond en verhoogde wins het

die planter homself reeds vroeg in sy

eerste seisoen klaar betaal.

Dis duidelik dat die stewige Semeato

baie jare getroue diens sal gee, sê Hans-

Peter. Dis ook baie maklik om die planter

te kalibreer, alhoewel Hans-Peter graag

sou wou hê dat die planter ’n bak moes

hê waarin saad tydens kalibrasie

opgevang kan word.

Volgens Hans-Peter is die Semeato se

prys baie mededingend en die planter is

beslis sy geld werd. Sommige ander

planters is veels te duur vir wat jy kry, sê

hy.

Hans-Peter se 11-rymodel plant sowat

8 hektaar per dag met ’n 45 kW-trekker.

Dis so lekker om met die planter te werk,

dat hy graag self plant wanneer hy die

kans kry, sê Hans-Peter.

Omdat hy soms alleen werk, het hy

die kunsmisbak omgedraai en ’n platform

voor op die planter aangebring sodat dit

nou makliker is om die kunsmisbak vol te

maak, want jy hoef nie meer van agter

af bo-oor die saadbak daarvoor te leun

nie. Die planter hou 300 kg kunsmis

(6 sakke) en sowat 100 kg raaigrassaad.

Soja, oulandsgras en hawer

Naby Underberg produseer Super Spuds

aartappelmoere, maar ook Beefmastervleis,

mielies en sojabone. Chris Dwen

van Super Spuds is hoogs tevrede met

die Semeato-planter se prestasie met

soja, oulandsgras en hawer. Die Semeato

Meganisasie

Oral waar daar nog nie kuilvoermielies, voersorghum of raaigras op sy

plaas by Van Reenen is nie, plant Wessel Campher Smutsvinger met sy

Semeato-geenbewerkingplanter: Op wenakkers, langs die paaie, op die

bulte en in die leegtes.

het ’n saadbak vir groter sade soos soja

en ’n fynsaadbak vir gewasse soos

hawer en selfs tef.

Soja word geplant deur die voorste

eenhede reg voor die agterstes in te

skuif. Dit gee jou ’n bykomende snykouter

wat verseker dat jy deur die digste

oesreste kan sny.

Die Semeato is stewig en sterk gebou

en hy is swaar genoeg vir doeltreffende

geenbewerkingplantwerk deur vorige

materiaal, sê Chris.

As volwaardige geenbewerkingplanter

kan die Semeato ook vir konvensionele

plantwerk gebruik word, maar as vorige

plantreste te veel versteur en die grond

te los bewerk word voordat jy plant, kan

dit gebeur dat die skyfkouters nie deur

plantreste sny nie omdat die grond

onder die materiaal meegee. Hoe minder

die grond losgemaak en die materiaal

versteur word, hoe kleiner is hierdie

probleem en met volledige geenbewerking

is daar hoegenaamd geen probleem

nie.

Dit is kinderspeletjies om die

Semeato te kalibreer en met hom te

werk, sê Chris, en hy is baie tevrede met

Valtrac se kundigheid en diens.

Die groot toets vir ’n planter is hoe

die gewas wat geplant is ontkiem en

groei, en hoe groot die opbrengs is. Kyk

maar self hoe Valtrac se Semeato

daardie toets slaag.

Smutsvinger en voersorghum

By Van Reenenspas boer Wessel Campher

vir vleis met Brangus-beeste. Hy

voer sy eie osse en daarvoor plant hy

mielies, voersorghum, raaigras en

Smutsvinger.

Geenbewerking het nuwe horisonne

vir die boer oopgemaak, maar daarvoor

het jy ’n planter nodig wat sy man kan

8 ProAgri 144 – Februarie / February 2012 www.proagri.co.za

Só groei Smutsvinger wat Wessel Campher van

Van Reenen met sy Semeato-geenbewerkingplanter

van Valtrac oral op sy grond vestig.

Hierdie Smutsvinger is afgeneem in dieselfde

seisoen as wat dit geplant is.

staan. Wessel plant sy mielies perfek

met Valtrac se gedugte Tatu Cop

Suprema en verlede jaar het hy vir hom

’n Semeato van Valtrac aangeskaf,

waarmee hy alles anders, tot tef, kan

plant.

Vanuit die staanspoor het die Semeato

homself bewys as ’n planter wat

sy prys deeglik werd is.

Wessel wou ’n planter koop om elke

jaar, nadat hy sy mieliekuilvoer gekerf

het, geenbewerkingraaigras in die

mielieland te plant. Hy het na verskillende

planters gekyk, maar toe hy die

Semeato op Nampo sien, het hy sommer

Super Spud se soja is net so tussen die onkruid

op die land geplant en toe met Roundup

gespuit. Die Semeato-geenbewerkingplanter

verseker ’n baie goeie stand en ontkieming.

www.proagri.co.za

geweet hier is die beste. Dit

prys was boonop reg en hy

het geweet hy gaan die

allerbeste diens kry, want sy

Tatu-planter en drie Valtratrekkers

het hom reeds

gewys dat Valtrac se legendariese

diens sorg dat ’n

Valtrac-boer nooit nodig het

om te sukkel nie.

Al Valtrac se produkte

word deeglik uitgekies om ’n

spesifieke behoefte in die

Suid-Afrikaanse landbou te

bevredig, sodat die boer net

kan aanhaak en boer.

Daarom het Valtrac genoeg

vertroue in hulle

produkte om hulle sake

soms ’n bietjie anders te

doen: Waar dit by ander

verskaffers ’n kwessie van

koop of los is, vertel Wessel,

het Valtrac ’n Semeatoplanter

op sy plaas afgelaai

en gesê: “Gebruik hom en

kyk of jy tevrede is, dan

besluit jy.”

Wessel was honderd

persent tevrede en vandag,

na ’n jaar se eersteklas

plantwerk, is hy steeds

honderd persent tevrede.

“Die Semeato plant doeltreffend met

’n goeie spasiëring en ’n goeie plantdiepte,

met noukeurige kunsmisplasing,

maklike kalibrering, goeie ontkieming en

groot betroubaarheid,” sê Wessel.

Opwindend

’n Opwindende nuwe moontlikheid wat

die Semeato vir Wessel oopgemaak het,

is om die drakrag van sy grond drasties

te verhoog deur die inplanting van

Smutvingergras. Op die wenakkers

rondom sy spilpuntsirkels, langs die

paaie, op die bulte, oral op sy plaas stoot

Wessel die Semeato in om met geenbewerking

Smutsvinger te

plant en so ’n magdom voer

te produseer wat goud werd

is.

Of hy die massa

Smutvinger gaan baal of

met ’n Pöttinger-kuilvoerwa

van Valtrac kuilvoer daarvan

gaan maak, moet Wessel

nog besluit, maar hoe ook al

– daardie Smutsvinger het

reeds sy Semeato oor en oor

betaal.

Koring

Die Semeato is in die eerste

plek ’n geenbewerking-koringplanter,

alhoewel dit ook

enigiets anders kan plant,

selfs mielies. Dit is beskikbaar

in modelle van 6 tot 33

rye wat kleingraan van 1,19

tot 5,44 meter wyd kan

plant.

Die Semeato-reeks is die

nuwe generasie in veelsydige

planters. Dit bemagtig die geenbewerkingboer

om met een planter soja,

voergewasse, koring en dekgewasse te

plant. Dekgewasse word al hoe belangriker

om grond te beskerm tussen

seisoenale aanplantings of nadat kuilvoer

gesny is.

Semeato se doel was om ’n planter te

maak wat betroubaarder, akkurater en

produktiewer as ander planters is. Semeato-eienaars

is dit eens dat dié doel

bereik is. Van die Semeato se voortreflike

eienskappe is:

• Op die 11-rymodelle hou hidrouliese

silinders die aandryfwiele deurgaans

stewig op die grond sodat die planter

deurgaans akkuraat plant.

• Elke ry-eenheid beweeg onafhanklik

om perfekte plantdiepe in elke ry te

handhaaf. Die teleskopiese saad- en

kunsmisbuise sorg vir akkurate plasing.

• ’n Spilskroef verstel die druk op die

guillotine-snyskottels maklik om by die

planttoestande aan te pas.

• ’n Wurmuitmeetstelsel meet kunsmis

presies uit.

• ’n Gegroefde uitmeetbeker meet fyn

saad presies uit.

• Vir nog meer veelsydigheid kan mielieeenhede

vir die Semeato bestel word,

volledig met vingerplantereenhede,

V-toetrapwiele en dieptebeheerwiele.

Plant kan ook vir jou ’n plesier wees

wat klinkende munt in jou sak

beland. Praat met Mike de Villiers by

082-414-5530 of besoek

www.valtrac.co.za vir meer inligting

oor die Semeato-planter en Valtrac

se wye reeks ander wenwerktuie vir

die boer.

Hierdie skoentjie net agter die

Semeato se snyskyfkouter en net

voor sy saadplasingsopening

verseker ’n snoesige saadbed vir

perfekte ontkieming.

ProAgri 144 – Februarie / February 2012

9

Maak ’n blink plan vir krag

deur Mark Tiepelt van BiogasSA

ie voortdurende styging in koste van

Delektrisiteit maak dit al hoe noodsaakliker

om iets prakties en bekostigbaars

te doen om daardie groot

rekening se teuels in te trek.

Op ’n plaas is daar dikwels min

moontlikhede om minder krag te gebruik,

maar daar geen rede waarom die

huishoudelike verbruik nie ingekort kan

word om te help met die totale rekening

nie.

Aangesien die elektriese waterverwarmer

verantwoordelik is vir tot 40%

van ons huishoudelike elektrisiteitsverbruik,

bly dit steeds die mees doeltreffende

beginpunt vir kragbesparing. Daar

is ’n hele paar moontlikhede wat begin

by die afskakel van die toestel wanneer

dit nie gebruik word nie. ’n Tydskakelaar

of beheerder wat aan jou bestaande

elektriese waterverwarmer gekoppel

kan word, kan ’n besparing van tot 38%

meebring. Teen ’n koste van ongeveer

R1 000 is so ’n beheerder nie ’n slegte

belegging nie!

Sonwaterverwarmers raak ’n

algemene gesig. Deesdae raak die

laedruktoestelle al hoe meer gewild en

daar is reeds 100 liter-eenhede (uit

Saterdag 23 Junie 2012

Alles oor kragbesparing, alternatiewe

energiebronne en selfbehoudoplossings.

Bespreek uitstalruimte by Alida:

012-736-2154

083-258-5239

info@diamantvallei.co.za

www.kragdag.com

vleklose staal vervaardig) wat minder as

R2 500 kos. Dit beteken dat ’n huishouding

met ’n gemiddelde elektrisiteitsrekening

van R1 000 per maand

binne 12 maande sy geld terugmaak.

Daar is ook nuwe hittepomptoestelle

met ’n geïntegreerde 190 liter-hoëdrukwaterverwarmer

beskikbaar vir

R12 000 — en jy kry dan nog R3 680

terug van Eskom! Hierdie eenheid het

selfs die moontlikheid om koue lug wat

in die proses opgewek word, terug in

die huis in te blaas!

Beligting met liguitstraaldiodes

(LUD’s) raak ook al hoe beter en goedkoper

en deur al jou bestaande ligte

met LUD-beligting te vervang, kan ’n

verdere besparing van tot 15% bewerkstellig

word.

Wees ook meer kieskeurig wanneer

jy yskaste, wasmasjiene en ander

huishoudelike toestelle aankoop. Daar is

’n geweldige verskil in elektrisiteisverbruik

tussen energiedoeltreffende eenhede

en gewone standaardeenhede

(150 W teenoor 1 200 W).

Ongelukkig kry Suid-Afrika steeds al

die ondoeltreffende eenhede aangesien

dit onwettig is om sulke eenhede in

Europa, Amerika of Australië te verkwansel.

Suid-Afrika het nog geen sulke

wetgewing nie!

Sonvervaardigde

elektrisiteit,

algemeen bekend

as foto-voltaïese

krag, begin deesdae

ook meer

aantreklik te lyk.

Vier jaar gelede

was die terugbetalingsperiode

op ’n

sonpaneelstelsel

tot 25 jaar. As

gevolg van dalendetegnologiepryse

en

verhoogde elektrisiteitskoste,

kan

jy nou na 7 tot 8

jaar jou geld

terugkry. ’n Mens

kan ook met ’n

kleiner stelsel

begin en dit dan

modulêr vergroot

soos die begroting

dit toelaat.

Sonkrag kan ook

aangewend word

om boorgatpompe

aan te dryf.

Tegnologie wat

deesdae baie aanklank

vind, is die

opwekking van

biogas. Biogas

word verwek deur

die anaerobiese

Energie

vertering van enige vorm van organiese

afval (van mense, diere of plante). Die

biogas wat so verwek word, bestaan

hoofsaaklik uit metaangas wat ’n

ontvlambare gas is en aangewend kan

word net soos propaangas, beter bekend

as LPG (die gas in die bekende gasbottels).

Dit is belangrik om te onthou dat LPG

en biogas nie onderling uitruilbaar is

nie, aangesien biogas uit slegs 60%

metaangas bestaan (die res is CO 2 ), wat

dit minder brandbaar maak as LPG.

LPG-toerusting kan aangepas word om

met biogas te werk, maar dit is nie

maklik nie. Daar is reeds doelgemaakte

biogas-toerusting soos stowe, ligte,

warmwatertoestelle en kragopwekkers

beskikbaar.

Veral vir mense op kleinhoewes en

plase waar daar voldoende afval beskikbaar

is, is biogas ’n lewensvatbare alternatief.

’n Verdere voordeel van biogas is

dat die afval vanuit die proses organiese

kompos lewer, wat weer baie nuttig

aangewend kan word in die tuin of op

gewasse.

Daar is selfinstalleereenhede beskikbaar

vanaf R7 500 wat tot 4 m³ biogas

per dag kan opwek, genoeg om ’n

2-plaat stoof vir 4 uur te laat brand!

Dit is moeilik om presies vooraf die

omsettingsverhouding en opbrengs te

bepaal, aangesien dit baie afhang van

watter tipe afval en hoeveel daarvan

beskikbaar is. Rofweg bereken kan die

mis van elke 2 beeste of 7 varke of 150

hoenders 1 m³ biogas opwek en 1 m³

biogas gee weer 1 uur se kooktyd op ’n

2-plaat biogasstoof. Omgeskakel na

elektrisiteit, kan 1 m³ biogas 1,5 tot

1,7 kWh se krag lewer.

Daar is tans ’n paar projekte aan die

gang spesifiek gemik op die groter

melkboere, waar dit geldelik lewensvatbaar

is om boere totaal onafhanklik van

Eskom te maak. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie

(NOK) het ook

voorkeurfinansiering vir hierdie projekte

beskikbaar.

Teen ongeveer R20 000 kan ’n boer

ook ’n 30 m³ “biogassak” bekom, wat

tot vier werkershuise van biogas vir

kook, ligte en warm water kan

voorsien.

12 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

Vang heeldag son vir krag

Netshield kan boere help om ’n volledige son- en windkragsentrum op te rig.

D ie groot ding van die aarde is dat hy

rond is. Dan draai hy ook nog in die

rondte en hy hang effens skeef. Hoewel

die draaiende bal darem nie tot gevolg

het, soos mense aanvanklik gevrees het,

dat hulle sal afval nie, het dit wel tot

gevolg dat sonstrale nie die aarde deurgaans

teen dieselfde hoek bereik nie.

Boere werk hard daaraan om optimale

opbrengs te kry van alles wat hulle produseer,

of dit nou mielies in tonnemaat

of uitslaggewig van beeste is. Dit maak

dus sin dat boere wat al meer van

sonkrag gebruik begin maak vir hulle

energiebehoeftes, op soek sal wees na

stelsels wat die son se strale ten beste

kan benut.

Met outomatiese beweging op ’n dubbelas, sorg

Netshield dat ’n sonpaneel heeldag en aldag teen die

beste hoek gerig word om die meeste sontrale te vang.

“Ons stelsel is nie net ʼn

produk nie; ons bied ’n

volledige diens aan.”

Netshield is ʼn Suid-Afrikaanse

maatskappy wat boere kan help om

sonkrag doeltreffend te oes. Hulle verskaf

nie net sonpanele nie, maar ook ’n

stelsel wat die panele outomaties op ’n

dubbelas kan laat draai om die sonstrale

heeldag teen die beste hoek te vang.

Van vroegoggend tot laatmiddag, in

die somer en in die winter, sorg die

NPVT5 vir optimale produksie. En as die

son agter die wolke verdwyn, kan Netshield

ook help om

windkrag te oes!

Inus Dreckmeyr

van Netshield sê

Suid-Afrika kry

meer as 2 500 uur

son per jaar, waarvan

die sonstralingseffek

meer as

dubbel as dié van

Europa is. “Dit

maak van Suid-

Afrika ʼn uitstekende

gebied vir

die oprigting van

indiwiduele sonenergie-aanlegte.”

Netshield kan

boere help om

stelsels op te rig

wat elkeen se sak

en behoeftes pas.

Inus sê: “Dit is

moontlik om

totale elektrisiteitskoste

te verminder

en om selfs in

sommige gevalle

heeltemal on-

afhanklik te word van

krag wat voorsien

word deur die verbranding

van

steenkool. Die energie

verkrygbaar van natuurlike

bronne is in

oorvloed beskikbaar en

gratis en daarby is so

’n stelsel besoedelingsvry.”

Deur Netshield se

NPVT5-sonvolgstelsel

win die sonpanele tot

45% meer krag in. Die

opsionele oprigting van

windturbines wat om

hulle eie as draai, verskaf

geruislose energie

op die dae wanneer

die son nie skyn nie,

maar die wind wel

waai.

Verder is daar die

moontlikheid om die

hele aanleg op ’n

afstand dop te hou en

te bestuur. ’n Kragopwekker kan byvoorbeeld

outomaties aangeskakel word,

selfs al is daar niemand by die aanleg

nie. Sonpanele kan ook deur afstandbeheer

geposisioneer word. Die afstandbeheer

geskied deur ’n teksboodskap per

selfoon. Op dieselfde manier kan ’n boer

ook boodskappe ontvang om te sien

hoeveel elektrisiteit beskikbaar is en

hoeveel verbruik word.

Netshield het vakkundiges wat ’n

volledige energiebeplanningsdiens kan

lewer om uiteindelik die totale elektrisiteitskoste

te verlaag. Dit sluit in die

evaluasie van terreine, berekening van

energiebehoeftes, uitvoerbaarheidstudies,

stelselvoorstelling en kosteberaming.

“Ons stelsel is nie net ʼn produk nie;

ons bied ’n volledige diens aan,” sê

Inus.

Deel van die dienspakket is die

moontlikheid om die stelsels deur

middel van elektroniese kameras

(webcams) en elektroniese kommunikasie

te moniteer. Die sonpanele word

dus 24/7 dopgehou en elektronies

beheer om te verseker dat daar maksimum

krag geproduseer word en dat die

stelsel werk. Dit is veral baie handig

waar stelsels in afgeleë gebiede opgerig

word.

Met die ontwikkeling en toenemende

beskikbaarheid van hernubare energietegnologie,

raak dit al makliker vir boere

om verskillende bronne van energie in

te span en om die sekerheid van

konstante, stabiele kragvoorsiening te

beleef. Soos met enige produksie, is

daar aanvanklike insetkoste, maar die

beste van alles is dat daar nie elke jaar

stygende koste is nie, want son en wind

is gratis!

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

Energie

Vir enige verdere navrae skakel Inus

Dreckmeyr by 086-111-4428 of stuur ’n

e-pos aan marketing@netshieldsa.com.

13

Foto: “Energiequelle”.

Sonkrag vir die sak en die saak

PV Sonpanele Sonwaterverwarmers

Die son kan koud maak! Die son kan warm maak!

Sonenergie-aanleg skakel die son

’nse energie regstreeks om in elektriese

energie solank die son skyn. Vir

sonlose tye kan teruggeval word op

Eskom of op ’n batterypak wat bystand

kan verleen. Die grootste vraag na elektrisiteit

is immers gedurende die dag.

Hoenderboere gebruik baie elektriese

energie om die hokke met waaiers koel

te hou. Indien sonenergie ingespan

word om die waaiers te draai, kan die

besparings baie groot wees. Verdere

moontlike aanwendings van “eie” energie

is spilpuntstelsels, hamermeulens,

melkerye en drogingstelsels.

Dit is moontlik om die aanleg deur ’n

bank te finansier en dit maandeliks

terug te betaal. So ’n aanleg se koste

kan ook teen belasting afgeskryf word,

wat die belegging baie sinvol maak.

onwaterverwarmers is dikwels ’n sin-

Svolle eerste stap na krag- en geldbesparing.

Daar is ’n paar verskillende opsies

beskikbaar en Solarvent se kundiges kan

jou help om die beste keuse vir jou omstandighede

te maak.

Laedrukeenhede vereis watertoevoer

vanuit ’n waterbron wat hoër as die eenheid

is ter wille van waterdruk (tipies soos

’n plaastenk), terwyl hoëdruk-eenhede

gewoonweg aan ’n drukpompstelsel of

munisipale toevoer gekoppel word.

Solarvent verkoop nie net sonwaterverwarmers

nie, ons maak dit. Dit beteken

onderdele en diens is altyd beskikbaar. Die

buise het ’n lewensverwagting van 15 jaar

en kan haelkorrels van tot 40 mm in

deursnit hanteer. Agt buise produseer tot

1 kW hitte. Al ons produkte is goedgekeur

en het ’n twee-jaar waarborg.

Energie

Almal is op soek na oplossings om

kragrekeninge te verlaag. ’n Belegging

in toerusting vir sonenergie nou,

beteken gratis en gesonde energie later.

Solarvent bied omgewingsvriendelike,

sakpas oplossings vir die boer.

Neem die eerste tree na ’n energieoplossing.

Skakel Solarvent by

012-345-1109 of stuur ’n e-pos na

vcv@ventura.co.za

Energy Saving Projects

Solar geysers

Heat pumps

Generators

Metering

Powerfactors

Electrical contractors

Green power for the future

Willie: 076-117-9497 / Johan: 082-823-7354

14 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

Energie

Biobrandstof kan die sorghumbedryf ’n hupstoot gee

’n Groen Akkoord is onlangs

deur die regering, gemeenskapsverteenwoordigers,sakeorganisasies

en vakbonde

onderteken. Die akkoord stel

spesifieke doelwitte om ’n

“groen ekonomie” van die

grond af te kry. Van die

projekte gaan oor die installering

van een miljoen sonwaterverwarmers

deur die regering,

beleggings van R25 miljard

deur die Nywerheids-ontwikkelingskorporasie

in

hernubare energieprojekte en

die ontwikkeling van die

biobrandstofbedryf. ’n Belangrike

deel van die ontwikkeling is

dat regulasies in plek gestel

word om voorsiening te maak

vir die inmeng van 2%

bio-etanol en 5% biodiesel in

brandstof. Die regulasies kan ’n

groot invloed hê op besluite

wat boere in die toekoms moet

neem met betrekking tot

aanplantings.

edert die begin van die biobrandstof-

Sbedryf het die wêreld kennis geneem

van die moontlikhede wat dit inhou vir

werkskepping, armoedeverligting en

voedselsekerheid. Veralgemenings oor

die beweerde negatiewe invloed van die

bedryf op voedselsekerheid is nie aanvaarbaar

nie, omdat die omstandighede

in lande verskil. Indien dit goed bestuur

word kan die biobrandstofbedryf ’n groot

bate vir enige ekonomie wees.

Met betrekking tot die voedselsekerheidsdebat

in Suid-Afrika, het die

graanbedryf getoon dat hy die vermoë

het om genoeg voedsel te produseer

soos bewys deur die toename in die

uitvoer van graan en oliesade.

Sorghum bied ’n gepaste alternatief

vir mielies as grondstof vir bio-etanol,

veral in dele waar suikerriet nie geplant

kan word nie. Die feit dat die regering

sorghum as een van die grondstowwe

ondersteun, is belowend.

Dit is interessant om

daarop te let dat die jongste

pogings om ’n suksesvolle

biobrandstofbedryf

te vestig, hoofsaaklik spruit

uit die Skoner Brandstofbeleid

en die behoefte aan

plattelandse ontwikkeling.

Die Buro vir Voedsel en

Landboubeleid het die

moontlike invloed van

bykomende sorghum-aanplantings

op voedselsekerheid

ondersoek. Indien die

vermengingsvlak van

biobrandstof by petrol en

diesel op 2% en selfs tot op

5% gestel word, behoort dit

geen invloed te hê op die

beskikbaarheid van voedsel

nie.

Met ’n bykomende swaai

van surplus mielies na

sorghum-aanplantings en ’n verwagte

toename in opbrengs as gevolg van verbeterde

kultivars, sal die graanbedryf

selfs ’n 10% mengsel kan hanteer sonder

om af te skaal op voedselproduksie.

Indien die inmenging van biobrandstof

nie verplig word nie, kan verwag

word dat sorghum-produksie verder kan

daal.

Graan SA voorsien dat die aanvraag

na sorghum in die toekoms tot soveel

as met 600 000 ton kan toeneem,

indien die 2% inmenging deurgevoer

word en die beplande sorghumaanlegte

realiseer. Teen hierdie positiewe

scenario behoort hoër pryse die verbruik

wel te beïnvloed, maar teen 2020

behoort die aanbod van sorghum aan

die vraag daarna te voldoen en sal dit

ook nie meer nodig wees om sorghum

in te voer nie.

Die uiteindelike invloed op mielieaanplantings

en -pryse is volgens Graan

SA minimaal. Daar word voorsien dat

die aanplanting van mielies teen 2020

met net sowat 73 000 ha sal afneem.

Met die bykomende sorghum-aanplantings

kan die totale oppervlakte onder

somergraan met 80 000 ha toeneem.

Wat wel noodsaaklik is, is dat die

opbrengspotensiaal van sorghum

Die wiele het uiteindelik begin

rol met betrekking tot die

biobrandstofbedryf en

kommentaar is ingewin op

voorgestelde regulasies wat die

inmeng van biobrandstof by

petrol en diesel verpligtend kan

maak.

Volgens Graan SA kan dit ’n

hupstoot vir die sorghumbedryf

wees.

verhoog moet word. Planttelers voorsien

dat ’n verhoging in aanvraag en

belangstelling navorsing sal stimuleer

en dat opbrengste van 4 t/ha teen 2020

verwag kan word.

Dit beteken dat sorghum meer kompeterend

teenoor geelmielies kan raak

wat boere sal motiveer om meer

sorghum te plant. Daarby is sorghum

meer droogtebestand as mielies wat die

produksierisiko verlaag.

Volgens Graan SA sal ’n 2% byvoeging

van biobrandstof by petrol en

diesel geen noemenswaardige invloed

op die beskikbaarheid en bekostigbaarheid

van voedsel hê nie.

16 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

NAC hou jou bo

Die werkswinkels by Lanseria is skoon, goed georganiseerd en tot die

gereedskaptrollies word daagliks nagegaan.

y moet onthou daar is nie parkeer-

“Jplek daar bo nie. Jy ry in die lug en

daar is nie so ’n ding soos ‘gou aftrek’ as

jy moeilikheid het nie,” sê Tertius van

Jaarsveld, NAC se direkteur vir Vliegtuigonderhoudsdienste.

By NAC word

daar meer as dubbeld seker gemaak dat

die vliegtuie wat aandoen vir herstelwerk,

roetine-inspeksie en onderhoud

gereed is om hulle vlerke te sprei wanneer

hulle die nes verlaat.

NAC het twee goed ingerigte

dienssentrums vir vastevlerkvliegtuie.

Die kleiner vliegtuie word by Wonderboom-lughawe

by Pretoria nagesien en

die groter vliegtuie, asook stralers, word

in die werkswinkels by Lanseria hanteer.

Helikopters gaan na die Randse lughawe.

Tertius sê net soos met motorkarre is

niemand ooit regtig lus vir onderhoudsverpligtinge

nie, maar mense se lewe

hang daarvan af dat elke ding aan ’n

vliegtuig reg moet werk. NAC beskou dit

ook as deel van sy dienslewering om

vliegtuigeienaars en vlieëniers te herinner

aan onderhoudstake wat op

bepaalde tye gedoen moet word.

“Dit werk bietjie anders as met ’n

kar,” verduidelik Tertius. Sekere take

hang af van die aantal vliegure, maar

daar is ook take wat deur die kalender of

ouderdom van die vliegtuig bepaal word.

Selfs al was die vliegtuig min in die lug,

moet ’n paar dinge elke paar maande

nagegaan word. Ander nasienwerk weer

word bepaal deur die aantal kere wat ’n

vliegtuig opgestyg en geland het.

Met die instandhouding van vliegtuie

is rekordhouding net so belangrik soos

kundigheid. Elke onderdeel van ’n vliegtuig

is gemerk en naspeurbaar en elke

handeling word opgeteken en minstens

twee keer nagegaan. Daar kan byvoorbeeld

nagegaan word wie twee jaar

gelede ’n bepaalde onderdeel vervang

het en selfs in watter fabriek die

onderdeel gemaak is en wat sy reeksnommer

is.

Alles gebeur in ooreenstemming met

die voorskrifte van die vliegtuigvervaardiger.

Ingenieurs ontvang opleiding

by die vervaardiger self en is gekwalifiseer

om aan bepaalde vliegtuie te werk.

Net so ontvang werkswinkels ook goedkeuring

van vervaardigers. NAC is

byvoorbeeld goedgekeur om instand-

Hulpbronbestuur

houding en herstelwerk te doen vir

Hawker, Beechcraft, Piper, P750 XSTOL,

Embraer en vele ander produkte.

“Tot ons ingenieurs se gereedskap

word elke dag nagegaan,” sê Tertius. “Jy

kan nie bekostig om iets soos ’n

skroewedraaier in ’n vliegtuig se vlerk te

vergeet nie, want dit kan tot ’n ongeluk

lei.” Elke ingenieur het sy eie gereedskaptrollie

met ’n lys van toerusting wat

elke dag nagegaan word.

NAC het ook ’n afdeling wat vervaardigers

se aanbevelings inkorporeer.

Terugvoering van vlieëniers oor byvoorbeeld

’n kontrolemeganisme wat op ’n

ongemaklike plek is, kan lei tot ’n

ontwerpverandering.

Eienaars wat die binnekant van die

vliegtuig wil opkikker of dalk nuwe tegnologie

wil inbou, kan dit ook deur NAC

laat doen.

As jy graag in die toekoms jou vliegtuig

deur NAC se wenspan wil laat

nasien om jou vlugte so veilig soos ’n

verebed te maak, skakel dan vir Tertius

van Jaarsveld by 011-267-5000

of besoek www.nac.co.za vir meer

inligting.

Tertius van Jaarsveld is die man wat

daarvoor sorg dat die instandhoudingsafdeling

van NAC self soos ’n

goed geoliede masjien loop.

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

17

SPILPUNTE • TREKKERS • SKURE • HUIS • DIERE • WERKTUIE • HEININGS

Ons hou ’n

OOG op jou plaas!

• Videowaarneming

• Geen Internet nodig

• 100% onafhanklik van Eskom

Ons beskerm JOU en JOU EIENDOM

087-820-7010

sales@securityviewer.co.za

Ons boer saam (7)

Broers en susters kan konflik hanteer

deur Elmarie Venter & Shelley Farrington

roers en/of susters wat saamboer is

Bop hulle doeltreffendste wanneer die

indiwiduele lede van die span mekaar se

menings, behoeftes en uitgangspunte

respekteer en hulle agting vir mekaar

betoon. So kan verskille as positief

eerder as negatief ervaar word.

Dit is belangrik dat lede van die span

van mekaar hou, daarvan hou om tyd

saam deur te bring en goed met mekaar

oor die weg kom. Hulle verhouding

behoort gekenmerk te word deur ’n

goedgesindheid en ’n toegeneentheid

teenoor mekaar, sowel as lojaliteit en

ondersteuning. Kinders moet vir mekaar

in die bres tree en moet as ’n eenheid

saamstaan en funksioneer.

Om dit reg te kry is die volgende van

belang:

• Gereelde en doeltreffende kommunikasie

tussen die lede van die span.

• ’n Bereidwilligheid om kompromieë aan

te gaan wanneer nodig en om mekaar

se besluite te ondersteun.

• Argumente moet in privaatheid

geskied en nie voor ander familielede

of werknemers nie.

• Verhoed of vermy verdeeldheid wat

deur die ouers, eggenotes, werknemers

of buitestaanders geskep kan

word deur byvoorbeeld broers en/of

susters teen mekaar af te speel.

• Deel in mekaar se oorwinnings en suksesse,

asook mislukkings. Suksesse

wat gevier word dien as aansporing vir

die hele span om te presteer.

Oop kommunikasie vereis onder meer

die openbaarmaking van inligting soos

sensitiewe en persoonlike inligting,

asook inligting rakende vereistes of

voorwaardes van vergoeding, beleggingsgeleenthede

en wetlike planne en

dokumente.

Kinders wat in spanne saamwerk is

meer suksesvol wanneer die lede van

die span verskille tot die minimum

beperk en dinge so regverdig as moontlik

tussen hulle organiseer, veral wanneer

dit kom by sake soos werkslading,

vergoeding, titels, eienaarskap, mag en

gesag. Doeltreffende spanwerk vereis

dat alle lede van die span in ’n gelyke

en regverdige mate deel in die werkslading.

Konflik kan ontstaan wanneer die

gedrag of oortuigings van spanlede

verskil of onaanvaarbaar vir die ander

spanlede is. Persoonlike konflik is dikwels

die gevolg van ’n botsing tussen verskillende

persoonlikhede en

uitgangspunte. Taakkonflik ontstaan

wanneer ’n spanlid se mening verskil van

die ontleding wat ’n ander spanlid oor die

span se probleme en planne gemaak het.

Konflik weens prosedures ontstaan wanneer

spanlede verskil oor beleid en

prosedures wat gevolg moet word en hoe

om as ’n span saam te werk.

Konflik tussen spanlede kan besprekings

stimuleer, sowel as skeppende en

kritiese denke aanmoedig. Te veel konflik,

aan die ander kant, kan lei tot

gebrekkige of geen kommunikasie en ’n

afname in die samehorigheid van die

span. Dit is dus belangrik vir spanlede

om konflik doeltreffend te bestuur om dit

op ’n aanvaarbare vlak te hou en dit konstruktief

op te los. Konflik moet ook so

gou as moontlik hanteer word en nie

vermy word nie.

Broers en/of susters wat saamboer,

moet nie net goeie interpersoonlike

interaksie hê nie, maar moet ook

sekere faktore in ag neem om te

verseker dat die familieboerdery en elke

broer of suster wat aktief by die

boerdery betrokke is optimaal funksioneer.

Dus moet ’n klimaat geskep word

wat deur die volgende gekenmerk

word:

• ’n Ondersteunende struktuur.

• ’n Gebalanseerde en goed

saamgestelde span.

• Duidelike verdeling van rolle en

verantwoordelikhede.

• ’n Gedeelde droom vir die boerdery.

• Bestuurstrukture en -beleid.

• Doeltreffende leierskap.

Nie-familielede of buitestaanders kan ’n

waardevolle rol speel in:

• Die uitbreiding van die kennispoel van

die familie-onderneming deur

Hulpbronbestuur

bykomende vaardighede en kwalifikasies

in te bring.

• Die hantering van konflik.

• Die inbring van objektiwiteit.

• Die bevordering van aanspreeklikheid

en professionele bestuur van die

familieboerdery.

Dit is egter belangrik dat nie-familielede

lojaliteit en respek vir die leiers van die

familie-onderneming toon, dat hulle nie

die kinders teenoor mekaar afspeel of

teen mekaar opstook nie en dat daar

duidelik uitgespel word, verkieslik deur

’n dokument of beleid, wat die rol en

verantwoordelikhede van nie-familielede

behels.

Sukses van hierdie vennootskap sal

sterk daarvan afhang of die kinders

elkeen sy rol aanvaar en of kinders

mekaar se natuurlike sterkpunte aanvaar,

dit aanmoedig en nie op mekaar

se terreine “oortree” nie. In suksesvolle

vennootskappe organiseer die kinders

die boerdery in so ’n mate dat die

talente en vaardighede van indiwiduele

broers en/of susters tot die voorspoed

van die hele boerdery lei.

In ’n onderneming wat gesamentlik

deur kinders bestuur word, het vennote

dikwels die uitdaging om familieharmonie

te balanseer met die behoefte vir

samehorige leierskap en doeltreffende

besluitneming. Daar is gevind dat interpersoonlike

konflik op sy laagste is

wanneer daar ’n sterk leier of leierskap

in die onderneming is, met elke spanlid

wat ’n sekere mate van mag binne ’n

goed-omskrewe terrein in die onderneming

het. Die ideaal is wanneer ’n leier

spontaan na vore tree – een wat

gemaklik met gesag en mag is en wat

bevoeg en bekwaam is om die leierskapstaak

te vervul.

Die sleutel tot ’n suksesvolle familieboerdery

is om gesonde sakebeginsels

toe te pas en om nie familievoorkeure

met goeie sakebeginsels te verwar nie.

Die doel moet egter wees om families

te leer hoe om goeie sakebesluite te

neem wat die voortbestaan van die

familie-boerdery sal verseker, maar ook

familieharmonie sal aanmoedig.

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

19

Was jou water vir skoon kos

en van die basiese menseregte wat

Ein die Grondwet beskerm word, is

toegang tot skoon, veilige water. Dié reg

kan sekerlik uitgebrei word tot skoon,

veilige voedsel ook.

In Suid-Afrika, waar rioolwerke nie

meer behoorlik in stand gehou word nie,

waar mense sonder dienste langs riviere

plak en waar allerlei afvalstowwe in

riviere en damme gestort word, is daar

veral ’n groot gevaar dat voedsel, soos

groente, met besmette water besproei

kan word.

“Die oplossing is eenvoudig en die

tegnologie is beskikbaar en bekostigbaar,”

sê David Pretorius van Ray’s T

Mechanics. Etlike voorleggings is al aan

die owerhede gedoen om die oplossing

voor te hou, maar die staat se ratte

draai stadig.

Vir skoon, veilige kos moet skoon, veilige water

gebruik word.

“Ons kyk nou na die boere en

veral die besproeiingsboere, want

ons kan hulle help om gesonde

kos te produseer,” sê David. Water

wat met skadelike bakterieë en

ander stowwe besmet is, het nie

net ’n invloed op mense se

gesondheid nie, maar ook wye

ekonomiese implikasies aangesien

boere hulle plaaslike kontrakte en

uitvoerstatus kan verloor.

Die Ray’s T-stelsel maak gebruik

van omgekeerde osmose

deur ’n filterstelsel wat in die

watertoevoer geplaas word. Hoe groter

die volume water wat gesuiwer moet

word, hoe meer filters word gebruik. Die

sukses van die stelsel is opgesluit in die

unieke ontwerp van die filters en die

nanotegnologie-membrane wat gebruik

word.

Die filters sorg dat

99,9% van alle bakterieë

en virusse in die water

gestuit word, asook alle

vaste stowwe groter as

0,001 mikron en tussen

25 en 80% van die

swaarmetale, afhangende

van die soort metaal. Dit

haal selfs die sout uit

seewater!

Die stelsel gebruik baie

minder krag as ander

watersuiweringstelsels,

Hulpbronbestuur

Die stelsel kan aangepas word na gelang

van elke plaas of boerdery se behoefte.

want die filters vereis minder waterdruk

om dieselfde volume water te hanteer,

met ander woorde, minder energie is

nodig. David sê boere kan rofweg

daarop reken dat net 1 kw/h se krag

nodig is om 1 kiloliter water te suiwer.

Dit is ook geskik vir boere wat

regstreeks uit riviere besproei.

Afhangende van die aantal filters wat

gebruik word, kan van 10 kiloliter tot

600 kiloliter water per uur gesuiwer

word. Die stelsel is immers so ontwerp

dat dit dorpe en stede se watervoorraad

moet kan lewer.

Ray’s T Mechanics se mense ontwerp

en bou die stelsel om by die boer se

behoeftes te pas. Skakel Raymond

Lundie by 072-335-5976 of David

Pretorius by 082-491-5322, e-pos:

davidpretorius@vodamail.co.za.

SENTER 360

Passievol oor spilpunte!

By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom

bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons

bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein

besonderhede wat ’n groot verskil in jou alledaagse lewe

kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT

SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as

die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360

het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per

toring wat sorg dat die struktuur ontseend sterk is en

buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied.

Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel

masjiene), toring stue, stabiliseringstawe en diagonale

dra by tot dié uitsonderlike standvasgheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS

Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook

op ons beheerpaneel reeks toegepas. Die basiese

beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling,

kan teen ‘n minimale koste deur verskillende

vlakke van outomasering en kommunikasie opgradeer

word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING

Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog

eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou.

SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger

I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding

in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS

Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens

wielratkas, met ’n gras opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power Saver”

motorratkas -kombinasie aangedryf word.

* Termes en voorwaardes geld

Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

20 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

Kry die regte waterstelsel

Gemeganiseerde besproeiingstelsels (2)

deur Felix Reinders - LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese

emeganiseerde sprinkelbesproeiing

Gis masjiene met sprinkelaars of

sproeiers wat oor ’n land beweeg en

water versprei in teenstelling met konvensionele

stelsels waar pype en

sprinkelaars met die hand verskuif word.

In die vorige aflewering (ProAgri 143)

is spilpunte, kantrolspuite en kruipstelsels

bespreek. In hierdie uitgawe word

swaaibalkstelsels, kruipbalkstelsels en

laterale stelsels bekyk:

1. Swaaibalkstelsels

Die swaaibalk bestaan uit ’n draaiende

balk van 20 tot ongeveer 100 m lank. ’n

Reeks sproeiers is op die een helfte van

die balk gemonteer en op die ander punt

van die balk ’n kanonspuit. Die balk

draai as gevolg van die spuithoeke van

die kanon en die sproeiers.

Die trollie waarop die swaaibalk

gemonteer is kan òf ’n sleepmodel wees

wat met ’n trekker na die volgende

posisie getrek word ò f selfaangedrewe.

Wanneer drie of meer masjiene gebruik

gaan word, is dit ekonomies regverdigbaar

om ’n trekker af te staan om die

masjiene van een plek na die ander te

verskuif.

Sommige modelle werk teen ’n lae

druk van 150 kPa (hierdie modelle het

nie ’n kanonspuit aan die een punt nie)

en ander weer, werk teen ’n hoë druk

van 500 kPa. Die oppervlakte wat benat

Laterale stelsel

Kruipbalkstelsel

word, is natuurlik groter met die hoëdrukmasjien

wat tot 1,2 ha per

opstelling kan besproei.

Die swaaibalkspuit word aan goukoppelpype

aan die standkraan op die hoofpyp,

gekoppel. Soos die masjien nader

aan die kraan verskuif word, word die

pype wat ontkoppel word, op rakke op

die trollie gepak. Wanneer die masjien

oor die kraan na die ander punt van die

land beweeg, word die pype weer

afgepak om die masjien aan die kraan te

verbind. Die stelsel word elke 6 tot 8 uur

verskuif en dit neem 2 arbeiders

ongeveer 20 minute om ’n verskuiwing

te voltooi.

By die ideale opset, wat natuurlik

redelik duur is, word al die toevoerpype

begrawe. Dit word dan ’n permanente

stelsel met standkrane vir elke spuitposisie,

wat bestuur en arbeid aansienlik

vergemaklik. Hierdie stelsel kan by

uitstek doeltreffend op ongelyke oppervlaktes

gebruik word en natuurlik ook op

lande waar hoë gewasse verbou word.

Voordele van die swaaibalkspuit is

onder meer dat die toedieningstempo

tussen 6 en 10 mm per uur is. Dit is die

gemeganiseerde besproeiingstelsel wat

die laagste toedieningstempo lewer en

kan dus oorweeg word waar die infiltrasietempo

van die grond stadig is.

2. Kruipbalkspuitstelsel

Die stelsel is ontwikkel om die

voordele van die kruipspuit en die

laedrukbalkspuit saam te snoer. Die

stelsel is in wese ’n balkspuit wat net

soos ’n kruipspuit aangedryf word

terwyl dit besproei. Aandrywing

geskied as volg: ’n Drom wat op die

trollie gemonteer is, word hidroulies

aangedryf en rol ’n kabel op wat aan

die teenoorgestelde kant van die

land geanker is.

Die watertoevoer werk ook, soos

in die geval van ’n kruipspuit, deur ’n

100 tot 200 meter slang wat in die

middel van die land aan ’n standkraan

gekoppel word en dan agter

die masjien aangesleep word.

Besproeiing

Afhangende van die grootte van die

masjien kan bane van 400 m lank en tot

100 meter wyd met een lopie besproei

word. Tot 4 ha kan dus per verskuiwing

besproei word. Die stelsel sal ekonomies

baie geskik wees vir besproeiingsplase

van 20 ha tot 30 ha groot.

Ander voordele is dat hoë gewasse

ook maklik besproei kan word. Net soos

in die geval van die kruipspuit, word ’n

trekker benodig om die stelsel te skuif.

Die bane moet in ’n goeie toestand en

verkieslik met gras beplant wees om

beskadiging van die toevoerslang te

beperk.

3. Laterale stelsels

Die laterale stelsel word ook gebruik om

reghoekige landerye te besproei. Die

besproeiingspyp, torings en struktuur is

dieselfde as die spilpunt, maar verskil in

dié opsig dat dit nie om ’n sentrale punt

draai nie, maar reglynig vorentoe

beweeg.

Waterinvoer geskied by die hooftoring

wat in die middel of langs die kant kan

voorkom. Die hooftoring beskik oor die

waterinlaatpunte, skakeltuig en oplynmeganisme.

Die watertoevoer kan plaasvind deur

middel van ’n buigbare sleeplyn wat

gekoppel word aan standkrane wat op

gereelde afstande op ’n ondergrondse

hooflyn geplaas word, of die toevoer kan

geskied deur ’n oop kanaal waaruit die

water opgesuig word deur ’n pomp wat

op die hooftoring gemonteer is.

Aandrywing by die hooftoring geskied

elektries of hidroulies deur middel van ’n

elektriese motor of dieselenjin wat op die

hooftoring gemonteer is. Vir die elektriese

motor word ’n elektriese kabel

saamgesleep vir kragtoevoer.

Laterale stelsels is effens duurder as

spilpunte deurdat ’n langer hooflyn geïnstalleer

moet word en ’n spesiale

hooftoring nodig is. Net soos by

spilpuntstelsels kan hierdie stelsels

waterafloopprobleme veroorsaak. Die

grond se infiltrasie moet getoets en in ag

geneem word. Die vereiste toediening

word ook verkry deur die stel van die

loopspoedmeganisme.

’n Kort opsomming van die algemene

toepassingsgebiede van die verskillende

stelsels:

• Spilpuntstelsels is die stelsels wat die

laagste arbeidsvereiste en die minste

bestuursprobleme het, indien dit slegs

op een sirkel per oes gebruik word.

• Die kantrolstel word vir lae gewasse op

reghoekige lande gebruik.

• Die kruipspuit is geskik vir meerjarige

gewasse of aanvullende besproeiing op

jaargewasse en weer eens op

reghoekige lande.

• Die balkspuit is ideaal vir kleiner plase

met onreëlmatige lande.

• Die kruipbalkspuit is geskik vir hoë

gewasse op reghoekige lande van 20

tot 50 ha.

Verwysings: Reinders FB, Gemeganiseerde besproeiingstelsels, Direktoraat Besproeiingingenieurswese, 1985 Besproeiingontwerphandleiding,

LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese, 2003

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 21

22

Goeie geleenthede in Georgië

Foto’s: Annemarie Joubert en Bennie van Zyl

Juba Maruashvili, die projekkoördineerder vir die gesamentlike landbouprojek, wys ’n

beskikbare plaas aan ’n groep Suid-Afrikaanse boere. Dit is die 14de groep wat Georgië

besoek.

it is geen grap om in Georgië

“Dkommersieel te begin boer nie,

maar die groot verskil met Suid-Afrika is

dat die regering hier wil hê dat ons

boerdery suksesvol moet wees,” sê mnr

Piet Kemp, ’n Suid-Afrikaanse boer wat

hom ’n jaar gelede in Georgië gevestig

het.

Die plaas wat hy namens ’n konsortium

met buitelandse en binnelandse

vennote bestuur, is sowat 50 km oos

van die hoofstad, Tbilisi, geleë. Daar is

750 hektaar onder besproeiing en ’n

verdere 550 hektaar word nou

aangekoop.

Piet, wat deur die plaaslike inwoners

as “Mister Piet” aangespreek word, het

reeds sy eerste mielie- en koringoeste

gestroop, maar dit was nie ’n groot sukses

nie. Die streek het ’n rare droogte

beleef en die besproeiingstoerusting wat

Die grond is vrugbaar, maar baie

klipperig, beduie Piet Kemp. Hy het

nou ’n klipbreker uit Frankryk laat

kom om te help met die grondvoorbereiding.

Orals in Georgië is tekens van landbouprojekte wat besig is om te

ontwikkel.

bestel is, het nie betyds opgedaag nie.

Kort nadat hulle begin besproei het, het

’n haelstorm en sterk wind verdere

skade veroorsaak. Die gemiddelde

opbrengs van die 250 ha koring was

3 t/ha en by die 500 ha mielies was die

beste opbrengs 4 t/ha.

Die pryse waarteen verkoop word, is

darem so 1,5 keer hoër as in Suid-

Afrika.

Piet is vol vertroue dat hy meer sukses

met sy volgende aanplantings gaan

behaal en hy is kliphard besig met

grondvoorbereiding. Die woord,

kliphard, is ook nie ’n oordrywing nie.

Die grond is baie klipperig en bestaan

uit 35% klei. Soos Piet sê: “Dit is nie ’n

man se maat nie. Jy moet hom droog

werk.”

Die grond is egter baie vrugbaar

en omdat daar nie ’n spesifieke

reënseisoen is nie, kan

daar amper regdeur die jaar geplant

word. Die koring moet net

in die grond wees voor die

sneeu kom! Die koudste

maande is Januarie, Februarie

en Maart.

Baie ander werk is reeds in

die paar maande gedoen.

Bestaande waterkanale is

opgeknap en uitgebrei om ’n 80

km-netwerk tussen die lande te

vorm. In die kanale is op

verskeie plekke damme gebou

waaruit die gesaaides met ’n

ProAgri 144 – Februarie / February 2012 www.proagri.co.za

Nuus

ProAgri se

redakteur,

Annemarie

Joubert, was

een van ’n groep

joernaliste wat

die voorreg

gehad het om

saam met

TLU SA na

landbougeleenthede

in

Georgië te gaan

kyk.

waterkanonstelsel besproei word.

Om die lande meer toeganklik te

maak, is 40 km se paaie geskraap. Die

land het ’n gebrekkige markstelsel en

Piet moes ook inderhaas silo’s oprig vir

graanberging en droërs bekom sodat

die strooptyd vervroeg kon word.

Hy kyk nou saam met sy vennote na

die moontlikheid om ’n vark- en hoenderboerdery

te begin en ook ’n

voerkraal vir beeste.

Groot uitdaging

Die groot uitdaging vir Georgië is om

vanuit ’n stelsel van bestaansboerdery

na kommersiële produksie te beweeg.

Dit is waarom die regering by TLU SA as

verteenwoordigende liggaam vir kom-

Werkers help om ’n kerwer te voer. In die

agtergrond is twee droërs wat Piet self

gebou het sodat hy gouer kan stroop.

Piet beduie aan Boersman (soos hy sy een trekkerbestuurder noem) dat hy

moet stilhou. Taal is nogal ’n probleem, want die ouer mense praat net

Georgies en Russies. Jong mense verstaan wel Engels.

mersiële boere in Suid-Afrika aangeklop

het.

In die tyd van kommunistiese beheer

was daar kommunale plaasstelsels en

boere is voorgeskryf wat en hoeveel

hulle moet produseer. Dit het tot gevolg

gehad dat boere hulle dryfkrag en

ondernemersgees verloor het.

Georgië wil graag hê dat enige landbou-ontwikkeling

ekonomies volhoubaar

moet wees en daarom gee hulle nie

grond weg aan boere nie. Hulle vra

kundigheid en beleggings. Die land se

minister van Diaspora, wat oorhoofs vir

die landbouprojek verantwoordelik is,

Mirza Davitaia, sê dit is vir hom duidelik

dat Suid-Afrika ten opsigte van sy

grondbeleid na ’n sosialistiese bestel op

pad is. Wat hulle aan Suid-Afrikaanse

boere bied, is dus ’n geleentheid om

ekonomies te oorleef.

Daar word baie belastingvoordele aan

beleggers gebied, maar die grond moet

teen realistiese waarde aangekoop

word. Daar is drie maniere waarop

grond bekom kan word: Die eerste is as

deel van ’n projek saam met die

regering waarin boere vasgeteken word

met betrekking tot bepaalde beleggings

en produksiedoelwitte; die tweede is die

aankoop van staatsgrond; en die derde

is om regstreeks by ’n private eienaar te

koop.

Een van die probleme is dat daar nie

behoorlike grenslyne en titelaktes vir al

die grond bestaan nie, omdat alles in

die 70 jaar van die kommunistiese

regering aan die staat behoort het. Dit

is ook net Georgiese burgers wat grond

mag besit, maar ingevolge die

ooreenkoms met TLU SA, is dit nie ’n

probleem vir Suid-Afrikaanse boere om

burgerskap te bekom nie.

Piet sê hy is alreeds baie trots daarop

om ’n Georgiese burger te wees en hy

het in die rugbywêreldbekerreeks

kliphard vir sy nuwe land se span

geskree – wat darem een wedstryd

gewen het...

Die projek word in samewerking met

TLU SA bedryf en mnr Bennie van Zyl,

hoofbestuurder, sê die doel is nie om

Suid-Afrikaanse boere “uit te voer” nie,

maar om beleggingsdeure oop te maak

in ’n land wat vooruit wil gaan.

Vir meer inligting besoek www.boers.ge

Daar is moderne verwerkingsaanlegte

soos die groente- en vrugteaanleg

by Marneuli, maar baie werk

word nog met die hand gedoen.

Hierdie waterkanonne gaan nou gebruik

word om uit die kanaalstelsel

wat Piet gebou het, te besproei.

Daar is beslis ook ruimte vir meer

moderne slagpale en vleisverwerkingsaanlegte!

Piet Kemp moes inderhaas silo’s

oprig om die graan te hanteer. Daar

bestaan nie ’n behoorlike graanopberging-

en markstelsel in Georgië

nie.

Georgië se belangrikste kommersiële

landboubedryf is druiweverbouing

en wynmakery wat met ’n

geskiedenis van seweduisend jaar

spog. Hoewel daar moderne, groot

wynkelders is, word daar steeds op

die tradisionele manier ook wyn

gemaak, met die druiwe wat op ’n

natuurlike manier in kleipotte

onder die grond gis.

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 23

24

ProAgri 144 - Februarie / February 2012 www.proagri.co.za

Agrikyk

Waterberg-Bosveld:

Prikkelgids vir veldbewaring

Stuur ’n mooi duidelike foto van goeie

gesonde veld wat deur bewaringsboerdery

beskerm word en vertel ons wat jy doen

om dit so te kry en te hou. Stuur dit na

annemarie@proagri.co.za. Ons publiseer dit graag op ons

webwerf, www.proagri.co.za. Die wenner van die boek

Boerperd: Die geskiedenis van die SA Boerperd is Elmè

Jansen van Rooihuiskraal.

www.proagri.co.za

& Lees

Waterberg-Bosveld:

Prikkelgids vir veldbewaring

Deur: Chris Wagner

Uitgewer: Hoogland-uitgewers

ISBN: 620-49499-1

Verspreider: PNA Warmbad

hris Wagner se naam is nou al

Cbekend by ProAgri-lesers as

die skrywer van die reeks oor

gesonde grond wat verlede

maand ten einde geloop het.

Heelwat van die inligting in die

reeks kom uit sy Prikkelgids vir

Veldbewaring.

Die gids se hoofdoel is om

riglyne vir veldbewaring vanuit die

oogpunt van ’n brandbeskermingsvereniging

neer te lê. Hoewel

dit die Waterberg-gebied as voorbeeld

gebruik, kan die inligting

landwyd toegepas word.

Oral in Suid-Afrika word ons

natuurlike veld bedreig deur oorbeweiding,

indringerplante en swak veldbestuur. Die gids bevat

praktiese verstaanbare inligting oor die rol van vuur en die

maak van brande. Hoewel vuur ’n natuurlike verskynsel is, is

daar baie nadele verbonde aan veral wegholbrande. Soos Chris

sê: “Elkeen van ons boer immers tussen grensheinings met ’n

gegewe aantal vee en wild wat daarop moet oorleef en waarvan

ons moet lewe... Nooit mag ons betrap word met ontblote, kaal

veld nie – en dit is juis wat ’n brand tot gevolg het. Wegholbrand

moet dus tot elke prys gekeer word, want geen mens

kan vooruit sê hoe die lente of somer lyk wat voorlê nie.”

Die boekie beskryf die belangrikheid van brandbane en verskillende

maniere waarop dit gemaak kan word, onder andere

deur die gebruik van chemiese middels en die wetlike vereistes

wat gestel word.

Daar is egter veel meer pitkos ook in, soos ’n hulpbronbewaringskode,

’n beskrywing van die Waterberg se geskiedenis

en eienskappe en ’n lys van bome en struike (met die Latynse

en Afrikaanse name) wat op Chris se plaas Hoogland voorkom.

Die lys is ’n goeie aanduiding van die plantverskeidenheid wat

deur bewaringsboerdery beskerm kan word.

Die gids kan teen R45 (posgeld uitgesluit) by 014-736-4592

of by john@pnawarmbad.co.za bestel word.

Wen!

Spesiale

geleentheid vir

Nampo-uitstallers

ProAgri het ’n spesiale Nampodubbelbladkaart

waarop ons

adverteerders se uitstalruimtes

aangedui word, sodat boere reguit na

die regte mense kan loop.

Plaas ’n artikel of advertensie in die

April-uitgawe van ProAgri en vertel

vir die boere wat u hulle by Nampo

gaan wys.

Sperdatum vir besprekings:

16 Maart 2012

012-342-5141

anneke@smartpublishing.co.za

stefan@agritrader.co.za

ProAgri 144 - Februarie / February 2012 25

26

agrilag

Geen einde

deur Dom Boer

“Waarvoor wil jy nou weer ’n dag verlof hê?” vra die boer. “Jy

was vanjaar al vier keer by jou oupa se begrafnis.”

“Dis waar,” antwoord die werker. “My ouma trou weer

vandag.”

Ai tog die Ingels

Die boer vra die winkelklerk waar die flitsselle is.

“I’ll see,” sê die klerk en verdwyn tussen die rakke.

Nadat die boer 15 minute vergeefs gewag het, kom ’n ander

klerk verby. “Waar is die flitsselle?” vra die boer.

“I’ll see,” antwoord die klerk, glip tussen die rakke in en bly

weg.

Uiteindelik storm die boer na die bestuurder se kantoor. “Jou

personeel se diens is uiters swak,” sê hy. “Al wat ek wil weet,

is waar die flitsselle is.”

“Aisle C,” antwoord die bestuurder.

Nare waarheid

Twee ouens ontmoet mekaar by die forelwaters. “Ek is hier

omdat ek wil ontsnap van die stad se geraas en gewoel en

besoedeling. Ek wil die vars lug in my longe voel, die geur

van die gras en bome indrink, die natuur en die stilte geniet,

my oor die verbydrywende wolke en die towerkleure van die

sonsondergang verwonder...”

“Ek is hier,” antwoord die tweede ou, “omdat my seun leer

trompet speel.”

Geld wat stom is...

Die sakeman en sy vrou sit in ’n restourant. ’n Pragtige vrou

loop hom by, soen hom innig en stap weg.

“Wie is dit?” vra sy vrou.

“Dis my minnares,” antwoord die sakeman. “En voor jy nou

emosioneel raak en begin kerm oor ’n egskeiding en onderhoud,

moet ek net vir jou sê sy is skatryk en dis haar geld

wat sorg vir al jou oorsese vakansies en jou Porsche en jou

goue kredietkaart.”

Op daardie oomblik sien die vrou haar man se vennoot verbystap

met ’n vreemde vrou aan sy arm. “Wie is daar saam

met Heinie?” vra sy.

“Dis sy minnares,” antwoord haar man.

“Ons s’n is baie mooier,” spog sy.

Groter naarheid

By die landbouskou sukkel ’n vrou om met ’n perdesleepwa

omgedraai te kry in die nou paadjie voor die hek. Nadat sy ’n

klomp kere vorentoe en tru gery het, troos ’n verbyganger

haar: “Toe maar. Elke mens kry nou en dan ’n probleem.”

“Noem jy hierdie ’n probleem?” byt sy terug. “Ek het die

vervlakste perd by die huis vergeet.”

Nare waarheid

Wat is die verskil tussen ’n plan en ’n begroting?

– ’n Plan is wat ons wil doen; ’n begroting is hoekom ons dit

nie kan doen nie.

Arm student aan sy kamermaat na ’n besoek aan die

tandarts: “Die tandarts sê my verstandtande moet getrek

word, maar ek weet nie of ek dit kan bekostig nie.”

Kamermaat: “Ek weet. Ek het jou toetsuitslae gesien.”

Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n

musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou

bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die

landbougemeenskap vrolik te hou.

Werfnuus www.proagri.co.za

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf

propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons

werf of volg die skakels om spesifieke

artikels en berigte te lees:

Veediefstal teenaksie in aksie

’n Werksessie oor die bekamping van

veediefstal is onderbreek sodat die

aanwesiges eerstehands kon kennis

neem van ’n optrede teen veediewe.

’n Verdagte met ’n bakkie vol gesteelde

skape is vasgetrek.

http://bit.ly/veediefstalaksie

Brande in die Weskaap

Mnr Russel Metcalf, ’n inwonder van ’n

kothuis op ’n plaas naby Stanford

moes inderhaas die huis ontruim nadat

’n massiewe bos- en veldbrand in die

Kleinrivierberge ontstaan het.

http://bit.ly/weskaapbrande

Plaasbestuurder ’n toegewyde

natuurbewaarder

Die Entabeni Safari Natuurbewaring in

Limpopo het aantygings dat die park

se bestuurder, mnr Jan Lessing, in

besit was van onwettige horings en

tande ontken.

http://bit.ly/plaasbestuurder

Boere moet groen boer

Nic Opperman, direkteur van Agri SA

het ’n versoek aan hul lede gerig om

die dreigende gevaar van aardverwarming

te help bekamp. Volgens mnr

Opperman kan bewaringslandbou help

om voedselsekuriteit te verseker.

http://bit.ly/groenboer

Nog melkboere kry meer geld

Nestlé het by verskeie ander melkkopers

landwyd aangesluit deur prysverhogings

met ingang van 1 Februarie

2012 aan te kondig. Produsente sal

tussen 37 en 45 sent per liter meer

ontvang. http://bit.ly/melkboere

Groot geld vir navorsing oor

rooibostee

Die Suid-Afrikaanse Rooibos-raad het

bekend gemaak dat hulle R2-miljoen

bewillig het om die voordele van rooibostee

te vind. Navorsers sal onder

meer die helende, siektevoorkomende

en gewigsverlies-eienskappe van rooibostee

navors. http://bit.ly/rooibostee

Boere plant aansienlik meer

mielies en soja

Voorlopige syfers van die Oesskattingskomitee

dui daarop dat boere

hierdie seisoen sowat 12% meer

mielies as die vorige seisoen geplant

het. Daar is ook die meeste soja ooit

geplant. http://bit.ly/meermielies

Nat weer lei tot skade

’n Hewige storm in Heksriviervallei die

afgelope week kan tot groot verliese in

die tafeldruifbedryf lei. Die nat weer in

die noord-ooste van die land het ook

groot skade aan infrastruktuur aangerig.

http://bit.ly/natweerskade

ProAgri 144 - Februarie / February 2012 www.proagri.co.za

Belê nou in vleis; plant gras

aar is geld in goeie vleis. Die

DRooivleisprodusente-organisasie sê

teen die einde van verlede jaar was die

gemiddelde prys wat produsente per

kilogram lewende gewig ontvang het,

tussen 25,2% en 38,3% meer as in

2010.

Om die waarde van jou belegging in

vee te ontknoop, beteken dat jy voorsiening

moet maak vir goeie voeding

deur die winter. Aangeplante weiding en

ander voergewasse sorg dat wintertyd

nie sukkeltyd hoef te wees nie.

Rudi Kusckhe, voergewasspesialis

van Klein Karoo Saadbemarking, gee ’n

paar waardevolle wenke oor wintervoer:

1. Die belangrikste beginsel is om te

besef dat aangeplante weiding nie ’n

afskeepgewas is nie. As jy nie vir

aangeplante weiding wil sorg nie, bly

liewer by natuurlike weiding wat

aangepas is om natuurlike om

standighede te hanteer. Jy kry nie ’n

vet ou in ’n konsentrasiekamp nie –

as daar nie kos is nie, kan daar niks

gebeur nie.

2. As jy jou winteraanplanting beplan,

onthou dat daar ’n tydperk van 6 tot

8 weke gaan wees wat jy nie die

gedeelte kan benut nie. Maak dus

voorsiening vir ’n oorbruggingsfase.

3. Vir die grootte van die aanplanting

kan die volgende norm gebruik

word: As jy in die somer weiding

onder besproeiing gehad het, moet

jou aanplanting vir die winter

dubbeld soveel wees om die soortge

lyke drakrag te hê. Met ander

woorde, 10 hektaar vir die somer,

beteken 20 hektaar vir die winter om

dieselfde aantal bekke kos te gee.

4. Sorg vir behoorlike saadbedvoor

bereiding. Alle winterweiding is fyn

saadprodukte. Vir ontkieming het die

sade goeie grondkontak nodig. Die

gewasse verkies ook goed gedrei

neerde, gesonde grond.

5. Sorg vir ’n behoorlike vastrap-aksie.

Jy kan maar kyk, daar waar die

trekker se wiele geloop het, is die

beste groei! Die gebruik van ’n riffel

roller (Cambridge) bly die beste

praktyk. Jy kan dit selfs oorweeg om

vir ’n tweede keer te rol vir nog

beter opbrengs. As jy net ’n klein

stukkie aanplant en nie ’n roller het

nie, ry maar met die trekker heen

en weer. Jou opbrengs gaan vir jou

meer beteken as die diesel...

6. Benutting: Moenie te vroeg diere

injaag nie, want veral beeste kan die

plante met wortel en al uittrek.

Onthou, wat jy van die plant bokant

die grond sien, is ’n aanduiding van

wat met sy wortels onder die grond

aangaan. As die gewasse so enkelhoogte

(200 mm) is, kan dit bewei

word.

7. Rog wat gelos word, kan tot

kophoogte groei en hawer kan

heuphoog staan. Beide kan egter

gesny en gebaal word as dit onder

jou begin uitgroei.

8. Onthou veral met mengsels dat

daar ’n smaaklikheidsverskil tussen

gewasse is. Jou bestuur moet reg

wees, anders gaan die diere net die

lekkerste uiteet. Die veebelading

moet van so aard wees dat daar

vinnige en egalige ontblaring

plaasvind. Boere se voorkeure verskil,

maar intensiewe strookbeweiding

bly ’n goeie manier om weiding

behoorlik te benut.

9. Keuse van gewasse: Daar is

gewasse beskikbaar vir droëland en

besproeiing en dan is daar ook ’n

keuse tussen eenjarige en meerjarige

gewasse. Koelweergewasse

wat geskik is vir droëland, is hawer,

rog, korog en radys. Onder besproeiing

kan raaigras, swenkgras,

kropaargrasse en klawer verbou

word. Saadmengsels van laasgenoemde

gewasse is beskikbaar. Met

raaigras is daar ook ’n keuse tussen

Westerworld, wat meer geskik is vir

die vroeë seisoen, en Italiaanse

raaigras wat in die nawinter en lente

benut kan word. Dit kan selfs in die

lente geplant word en vir 18

maande benut word, aangesien dit

koue nodig het om saad te maak.

10.Meerjarige gewasse kan aantreklik

klink, maar hou ’n paar dinge in

gedagte. Veral raaigras moet jaar

liks versterk word met inplantings

van tot 40%. As jy aanvanklik 25

kg/ha geplant het, sal jy die volgende

seisoen 10kg moet inplant.

Die gras gaan ook deur produk-

siefases en daar is op- en aftye.

Sy opbrengs is ongeveer 70% van

sy eenjarige boeties. Swenkgras is

werklik meerjarig, maar dit is

minder smaaklik.

11.Radyswenke: Radyse kan teen hoë

digtheid geplant word indien net

die loof benut gaan word. As die

knolle ook benut wil word, moet

dit teen 2 tot 3 kg/ha aangeplant

word. Aangesien skape versigtige

eters is, kan hulle self die knolle

uit die grond haal en vreet. Vir

beeste moet die knolle uit die

grond uit gelig word en dit is selfs

beter om dit deur die kerwer te

stoot, want die beeste kan

verstik.

12.Planttyd: Radyse moet verkieslik

voor die einde van Maart geplant

word, veral as die knolle gebruik

gaan word. In kouer dele is dit

beter om teen die einde van Janu

arie al te plant. Hawer en raaigras

kan in Maart en April aangeplant

word. Vir goeie ontkieming moet

die grond nog nie kouer as 10

grade Celsius wees nie.

13.Bemesting van hawer: let daarop

dat hawer op droëland gewoonlik

net met planttyd bemes word.

Topbemesting kan die plantjies

doodmaak. Onder besproeiing is

topbemesting noodsaaklik, maar

neem in ag dat daar 22 dae moet

verloop van stikstofbemesting tot

beweiding om nitraatvergiftiging

te voorkom.

Ten slotte: dit is nie goedkoop om winterweiding

te vestig nie (’n saadmengsel

kan tot R2 500 per hektaar

kos). Dit is dus die moeite werd om

moeite te doen om ’n goeie opbrengs te

verseker. Weiding wat nie afgeskeep

word nie, is later goud werd in die vorm

van vleis!

www.proagri.co.za ProAgri 144 - Februarie / February 2012 27

Vee & veilings

Meerpaarstelsels:

Kry só meer lammers per ooi

deur dr Dave Midgley

kaapboerdery is ’n sake-onderne-

Sming en die enkele aspek wat die

grootste uitwerking op hoër wins het, is

die aantal skape of lammers wat ’n boer

verkoop. Die aantal lammers wat

verkoop word, word weer bepaal deur

die speenpersentasie (uitgewerk as

lammers gespeen/ooie gepaar).

Behalwe die aantal, speel die gehalte

van die lammers ook ’n belangrike rol.

Ons strewe is dus om meer lammers

en beter lammers aan te kry - aantal en

gehalte.

Die gemiddelde leeftyd van ’n ooi in

Suid-Afrikaanse toestande is 6 jaar. Indien

’n jong ooi die eerste keer op

tweetand ouderdom (18 maande)

gepaar word, lam sy die eerste keer op

tweejarige ouderdom en indien sy jaarliks

daarna lam, sal sy vier verdere

lamkanse hê. Indien ’n boer se speenpersentasie

100% is, met ander woorde

as die meerlinge bykom en vrektes

afkom en elke ooi een lam per jaar

grootmaak, produseer ’n ooi 5 lammers

in haar leeftyd en is haar leeftyd- of

lewensdagproduksie 5 lammers.

’n Wolskaap lewer ’n bykomende

produk, naamlik wol, waarvan die

waarde ook bepaal word deur die

hoeveelheid wol wat ’n skaap produseer,

asook die gehalte daarvan.

Lewensdagproduksie kan gemeet

word in getalle (die aantal lammers

gespeen of die kilogram lammers

gespeen/wol geproduseer) of in randwaarde.

Lewensdagproduksie kan verhoog

word deur:

• ’n Ooi vroeër in produksie te bring. ’n

Skaap raak geslagryp op ongeveer 7

maande en indien sy goed uitgroei en

haar dekmassa van ongeveer 70%

van volwasse massa reeds op hierdie

ouderdom bereik, kan sy op eenjarige

ouderdom vir die eerste keer lam.

Indien sy op 1 jaar ouderdom beset

raak en op tweetand lam, is dit steeds

6 maande vroëer as in ’n tradisionele

stelsel. In ’n kudde van 1 000 ooie

met ’n vervanging van 25%, praat

ons van 125 lammers ekstra per jaar

vir elke 6 maande wat ’n jong ooi

vroëer lam. Teen R1 000 per lam, is

dit R125 000 ekstra inkomste per

jaar!

• Dieselfde kan bereik word as ons ’n

ooi ’n jaar langer kan laat produseer

deur haar te help met byvoeding of

“sagter” aangeplante weiding sodat

haar tande nie so vinnig slyt as op

veldweiding alleen nie.

Bogenoemde twee punte speel dus ’n

belangrike rol in die bepaling van die

kuddesamestelling. Die ouderdomsverspreiding

van ’n kudde en die persentasie

produserende ooie teenoor die

totale getal skape op die plaas (KVE of

DSE), speel ook ’n groot rol in die winsgewendheid

van die plaas.

Winsgewendheid moet uitgedruk word

as wins per hektaar, wins per teelooi en

wins per skaapeenheid (KVE of DSE) om

werklik te sien hoe ekonomies geboer

word. ’n Skewe beeld word verkry deur

slegs een van die drie te gebruik. ’n Wolboer

met min ooie en baie jong vervangingsdiere,

asook ’n klomp hamels, se

wolproduksie per teelooi kan dan ver oor

die 10 kg per teelooi word, terwyl ’n ooi

slegs 4 tot 5 kg wol dra!

Speenpersentasie kan verhoog

word deur:

• Die konsepsiesyfer te verhoog.

(Ramvrugbaarheid/rampersentasie,

prikkelvoeding en die gebruik van

koggelramme)

• Lamtydbestuur om lamvrektes te

beperk.

• ’n Goeie gesondheidsprogram

(inentings en dosering) om produksiesiektes

soos blou-uier en

ensoötiese aborsie in die ooie te

verminder en lammervrektes as

gevolg van byvoorbeeld bloednier en

pasteurella in lammers, te verlaag.

• Die meerlingpersentasie op te stoot.

Die een ding wat lewensdagproduksie

die meeste kan opstoot, is om die ooi

meer lamkanse in haar lewe te bied.

Interkalfperiode is ’n maatstaf wat

reeds jare lank in melk- en vleisbeeste

gebruik word om produktiwiteit te

bepaal.

Indien ’n ooi een maal per jaar lam, is

haar interlamperiode (ILP) 365 dae en

haar lewensdagproduksie 5

lammers as sy op 2 jaar vir die eerste

keer lam, 100% speen en 6 jaar oud

word.

Indien ’n ooi 4 keer in 3 jaar of elke

9 maande lam, verlaag haar ILP na

270 dae en omdat daar meer paartye

per jaar is, kom sy vroëer in produksie

(11 maande) en kry sy meer

lamgeleenthede in ’n leeftyd van 6 tot

7 jaar.

Met ’n 3 x in 2 jaar lamstelsel is die

ILP 240 dae en die lamkanse kan na 8

vermeerder word.

In meer intensiewe stelsels, soos

deur “Cornell-” of sterstelsel, kan die

ooi 5 maal in 3 jaar lam (ILP 219 dae

met 11 lamkanse) of in die “6 weke na

lam/melkery”- stelsel is dit 12

lamkanse met ’n ILP van 188 dae!

As die effek van meerlinge en beter

bestuur bykom, produseer sommige

ooie in die stelsels 15 tot 17 lammers

per leeftyd!

Meer lammers – Meer wol –

Meer wins!

Vir meer inligting skakel regstreeks

met die skrywer by

dave.midgley@vodamail.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 144 - Februarie / February 2012 29

Vee & veilings

30 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 31

Vee & veilings

32 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

33

Vee & veilings

34 ProAgri 144 – Februariey / February 2012

www.proagri.co.za

ProAgri

ProAgri

Ons kom na jou toe.

Gratis!

ProAgri word landwyd gratis versprei

Vat een!

ProAgri is in 230 landbouwinkels

(koöperasies) beskikbaar. In 454 dorpe

plaas die poskantoor ProAgri in boere

se posbusse.

Teken in!

Dis maklik. Skakel net vir Paula by

012-342-5141. Die posgeld is R120 vir

12 uitgawes

Elektronies!!

Lees elke uitgawe op www.proagri.co.za.

Dahenca 5 Dorpers & Witdorpers

8 Maart 2012 op die skouterrein in Upington 10.00 vm

Aanbieding:

40 Dorperramme

25 Witdorper ramme

50 Dorper ooie

50 Witdorper ooie

Kontak:

Hannes &

Dawid Kriel

083-506-9431 /

082-046-6855

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 35

Vee & veilings

36 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

Posbus 61, Stutterheim 4930

Tel 043-683-1330 Sel: 083-272-1255

Epos: manager@dohnemerino.org

Website: www.dohnemerio.org

Besoek ons webblad:

www.dorpersa.co.za

www.proagri.co.za

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer

Advertising service for

the farmer

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en

alle ander landbou toerusng by mekaar uit te bring.

Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za

Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-342-5141 marlien@smartpublishing.co.za

Mariëe van Dyk (Pretoria) 083-594-8438 mariee@proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012

37

Vee & veilings

AgriGids

500g/ 400 micron PVC @ R25 per m2 650g/ 500 micron PVC @ R42 per m2 900g/ 800 micron PVC @ R40 per m2 280g/ 55% shade net @ R9 per m2 Reservoir linings Track tarps

Earth dam linings

100% waterproof

Very comfortable

Ribble

Tillamook Bay

For more styles,

go to www.fourlakes.co.za

PHONE TODAY! 072 279 3294

38 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

www. tatamatarps.co.za

Feed covers

Contact 021 557 0606 or

info@fourlakes.co.za

or order online at

www.fourlakes.co.za

“ New style – available

Craftsman

ESK

Ontwerp en oprig van

veehanteringsfasiliteite

• Verskaffers van staalpyp vir trekpale en krale

• Finansiering beskikbaar vir hanteringsgeriewe

• Vervaardiging van veeskale en spuitdippe

Skakel Ryno Keeve 078-460-3322

keeve@lantic.net

www.proagri.co.za

N17 Farming Equipment

• Ons spesialiseer in die maak en verkoop van

verskuifbare skaapkrale, baalringe, voerbakke en

kruiphokkies.

• Indien ’n kliënt iets volgens eie voorskrif

gemaak wil hê, sal ons dit maak.

epos: n17farmeq@yahoo.com

Sel nr: 083 516 9019

Kontakpersoon: Daleen Pretorius

Facebook: Farming Equipment

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 39

AgriGids

AgriGids

ENOROSSI RAKES

BATRAKE 8-10-12 WHEEL RAKES Hydraulic lift and

independent rake wheels reinforced frames.

CADDY 8-10-12 WHEEL RAKES WITH KICKER WHEELS

Adjustable working width and hydraulic lift

ER-12 ST EASY V-RAKE Steering wheels and central raking

wheels. Raking width: 740 cm. Auto steer, closed

circuit hydraulic system

40 ProAgri 144 – Februarie / February 2012

• All rakes equipped with kicker wheel

– “Central raking wheel”

• Independent spring-loaded wheels

• Hydraulic height control

• Sturdy and durable construction

RT-9 IN LINE RAKE Ribbed tyres – three wheels

Hydraulic lifting and lowering. Raking width: 560 cm

FINGER WHEEL RAKES With spring suspension and

independent changeable raking wheels 4, 5 and 6

wheels-three point hitch

Beat our prices

and you get the

rake FREE

AREA MANAGERS:

Gauteng, Mpumalanga and South

Natal

• Eduan Booyens - 082-883-6484

North and East Free State,

North Natal, South-, Western Cape

• Berning Luyt - 082-907-4767

South/West Free State,

North-, Western Cape

• Christie Louw - 078-893-6152

Eastern Cape

• Faan Greyling - 082-446-9683

Limpopo, North West

• Martin Coetzee Jnr. - 082-888-1877

HEAD OFFICE:

Tel: 018-431-2171/2

E-mail: info@staalmeester.co.za

www.staalmeester.co.za

www.proagri.co.za

STAALMEESTER JF FORAGE HARVESTERS AND FORAGE WAGON

JF C-240 Double row

– up to 70 ton/h

THE BEST

FORAGE HARVESTERS EVER!

JF C-120 Single Row

20% higher capacity

JF-TAURUS Forage Wagon

• TAURUS automatic discharge – 9m³

• Front and back offloading

• Offloads within 2 minute

• Tandem axle – 4 wheels

• Single, double and four row available

• 24 different cutting lengths

• Shear bolt protection

• Single row: 12 cutting knives

• Double row: 24 cutting knives

• Uniform height control

• C-120 stabilising chain –

no support wheels

• Requires 20% less kilowatt

• Hydraulic chute control

• Single row: up to 35 ton/h

• Double row: up to 70 ton/h

• Discharge rate at 280 km/h

• Self sharpening mechanism

• JF C-120 No gearbox or chains

• Affordable spare parts

OPTIONAL – bolted on:

• Grass platform – Wind rows

• Grass platform – Direct cut

VERMILLIAN VERF

U nuwe dimensie in verftegnologie

Spesiale fabrieksaanbiedinge!!!

Fabriek: 010-5911-010

012-335-4218

012-335-4124

Eloffsdal: 012-335-0330

Elarduspark: 012-345-4273

Viljoenskroon: 081-467-2189

SOLAR AIRCON

HITTEWEERKAAT-

SENDE DAKVERF

Isoleer koue, keer uitsetting

en inkrimping met

nanotegnologie

www.vermillianpaint.com

VERUST

Roesvoorkomingsbehandeling,

roes- en kiemdoder,

verf regstreeks op

roes, verdunnerbasis

AREA MANAGERS:

Gauteng, Mpumalanga and South Natal

• Eduan Booyens - 082 883 6484

North and East Free State,

North Natal, South-, Western Cape

• Berning Luyt - 082 907 4767

South/West Free State, North-,

Western Cape

• Christie Louw - 078 893 6152

Eastern Cape

• Faan Greyling - 082 446 9683

Limpopo, North West

• Martin Coetzee Jnr. - 082 806 6377

HEAD OFFICE:

Tel: 018-431-2171/2

E-mail: info@staalmeester.co.za

www.staalmeester.co.za

VEELDOELIGE

AKRILIESE PVA

Binne-/buitemuurverf,

roupleistermure, plafonne,

5 jaar lewensver-

wagting

Bk 96/16880/23

Sedert 1980 Since

Nou R749,99 Nou R229,99

ROOI/GRYS

OKSIED

Roeswerende staalonderlaag,

vinnige droging,

verdunnerbasis 5l 5l

Nou R469,99 Nou R129,99

Volg ons op

www.proagri.co.za ProAgri 144 – Februarie / February 2012 41

20l

20l

AgriGids

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!