'Van instandhouding na gestuurdheid' - Bybel-Media

'Van instandhouding na gestuurdheid' - Bybel-Media 'Van instandhouding na gestuurdheid' - Bybel-Media

05.05.2013 Views

4 ‘Van instandhouding na gestuurdheid’ Prof Nelus Niemandt (links) is dosent in Sendingwetenskap en hoof van die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap aan die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria. Sy navorsing fokus veral op missionale ekklesiologie. Hy is ook voorsitter van die Algemene Sinodale moderatuur van die NG Kerk. Me Kristy Claassen is ‘n navorsingsassistent aan die Universiteit Pretoria. Kerke oral in die wêreld word uitgedaag om nuut te dink oor die wese en aard van kerkwees. Gemeentes moet in veranderende tye hulle identiteit, etos en praktyk herinterpreteer. Die tyd waarin ons is beleef ’n paradigmaskuif, beskryf as ’n ver skui - wing vanaf instandhouding na gestuurdheid. Dié skuif stel veral beson dere uit dagings aan gevestigde kerke. Dit verg verbeeldingryke nuwe uitdrukkings van kerkwees, juis omdat die kerk God se mense op ’n pelgrimsreis is (Lesslie Newbigin). Gereformeerde kerke hoef nie in hierdie uitdagende tye ontuis te voel nie, want dit is juis deel van die gereformeerde identiteit om telkens nuut oor die aard en taak daarvan te dink. Die identiteit van die kerk word gevind in die lewe van God. ’n Missionale verstaan van kerkwees vind teen hierdie agtergrond plaas. Die kerk is altyd besig om te reformeer (ecclesia semper reformanda), terwyl sy identiteit in sy verbintenis aan die Christelike tradisie verstaan word. ’n Missionale teologie streef daarna om in die stroomversnellings van ver anderende omstandighede die boodskap van die evangelie telkens nuut te kommunikeer. Hierdie omstandighede daag die kerk uit om nuut oor sy sending in die hedendaagse wêreld te besin. Die uitdagings van hierdie model herinner ons aan die wese van die kerk, naamlik die lewe van God – ’n sturende God. God is sending. Daarom is die vertrekpunt van ’n gestuurde kerk te vinde in die missio Dei van God: die Vader stuur die Seun, en die Seun stuur die Heilige Gees. Die aard van God is ’n lewe van gestuurdheid. Juis daarom word die lewe van die kerk deur sy gestuurde aard gekenmerk. ’n Mens kan sê dat God se sending ’n kerk het! David Bosch beklemtoon hierdie aard van die kerk wanneer hy sê dat dit nie ’n geval is dat God sending doen nie, maar dat God in wese ’n sturende God is. Sending is dus geheel en al die werk van die drie-enige God, Skepper, Verlosser en Saligmaker, ter wille van die wêreld. Deelname aan God se sending Die kerk word uitgenooi om aan God se sending deel te neem. ’n Missionale gemeente is deurdrenk met God se sending en dit bepaal alles wat die gemeente doen – van eredienste tot opleiding, van uitreike tot gemeentelewe, van geestelike dissiplines tot praktiese dienslewering. Die Wêreldraad van Kerke praat op ’n wonderlike vars manier hieroor: “God nooi ons om deel te word van die lewegewende sending van die drie-enige God en bemagtig ons om te getuig van God se droom van oorvloedige lewe vir alles en almal in hemel en op aarde.” Die gestuurde kerk is deurentyd daarvan bewus dat God in die wêreld, in alle omstandighede, aan die werk is. Ons vreugde lê juis daarin om te ontdek wáár God oral besig is. Partymaal word die kerk verras om opnuut te ontdek dat die lewende God lankal besig is om te werk. Hierdie oortuiging verander ook die uitkyk op die wêreld. Die wêreld word nie meer beskou as ’n probleem wat opgelos moet word nie, maar eerder as KRUISGEWYS September 2012 ’n uitnodiging tot deelname aan die lewe van God. Rowan Williams het dit só beskryf: “Die kerk moet onderskei waar die Gees van God aan die werk is en dan by die Gees aansluit.” Missionale gemeentes doen moeite om die konteks te verstaan, met die verwagting om by God se reeds bestaande sending aan te sluit. Die eerste daad van die kerk is dus onderskeiding – om vas te stel wáár die Heilige Gees aan ’t werk is – en dan daarby aan te sluit! ’n Gestuurde gemeente inkarneer die evangelie in elke nuwe konteks. Hierdie gedagte sluit aan by die vleeswording van Jesus, wat mens geword het en tussen doodgewone mense kom woon het. God het die gewone en alledaagse lewe van mense so ernstig opgeneem dat Hy self mens geword het. Inkarnasie beteken dat die evangelie in die wêreld tuiskom; dit beteken om bý mense in hulle alledaagse lewe te wees. Inkarnasie erken iets van die kwes baarheid van die kerk. Dit bring ons gevolglik by die begrip kenosis – om jouself leeg te maak. ’n Kenotiese inge steldheid dwing ons om ons self doelbewus kwesbaar te stel ter wille van die gemeenskap na wie toe die Here ons stuur – soos wat Christus mens en slaaf geword en in ons plek gesterf het. Inkarnasie se vele dimensies Alan Hirsch brei uit op die inkarnasie van God in Jesus Christus. Hy beskryf verskillende dimensies van inkarnasie. Die eerste is teenwoordigheid. God is in die skepping teenwoordig deur Jesus Christus. Teenwoordigheid impliseer dat die kerk na mense toe gaan, eerder as om mense na die kerk(gebou) toe te bring. Dit gaan dus om gestuurdheid, eerder as instandhouding. ’n Tweede dimensie van inkarnasie is nabyheid. Dit herinner ons daaraan dat Jesus Christus só na aan ons gekom het dat God toeganklik geword het. Die gestuurde kerk word dus uitgedaag om so na aan ander te kom dat ons in hulle skoene kan staan. Dit beteken dat ons empatie met hulle omstandighede het.

4

‘Van instandhouding

na gestuurdheid’

Prof Nelus Niemandt (links) is dosent

in Sendingwetenskap en hoof van

die Departement Godsdiens- en

Sendingwetenskap aan die Fakulteit

Teologie, Universiteit Pretoria. Sy

navorsing fokus veral op missionale

ekklesiologie. Hy is ook voorsitter van

die Algemene Sinodale moderatuur

van die NG Kerk.

Me Kristy Claassen is ‘n navorsingsassistent

aan die Universiteit Pretoria.

Kerke oral in die wêreld word

uitgedaag om nuut te dink oor

die wese en aard van kerkwees.

Gemeentes moet in veranderende

tye hulle identiteit, etos en praktyk

herinterpreteer.

Die tyd waarin ons is beleef ’n

paradigmaskuif, beskryf as ’n ver skui -

wing vanaf instandhouding na gestuurdheid.

Dié skuif stel veral beson dere

uit dagings aan gevestigde kerke. Dit

verg verbeeldingryke nuwe uitdrukkings

van kerkwees, juis omdat die kerk God

se mense op ’n pelgrimsreis is (Lesslie

Newbigin).

Gereformeerde kerke hoef nie

in hierdie uitdagende tye ontuis te

voel nie, want dit is juis deel van die

gereformeerde identiteit om telkens nuut

oor die aard en taak daarvan te dink.

Die identiteit van die kerk word gevind

in die lewe van God. ’n Missionale

verstaan van kerkwees vind teen hierdie

agtergrond plaas.

Die kerk is altyd besig om te reformeer

(ecclesia semper reformanda), terwyl

sy identiteit in sy verbintenis aan die

Christelike tradisie verstaan word.

’n Missionale teologie streef daarna

om in die stroomversnellings van

ver anderende omstandighede die boodskap

van die evangelie telkens nuut te

kommunikeer. Hierdie omstandighede

daag die kerk uit om nuut oor sy sending

in die hedendaagse wêreld te besin. Die

uitdagings van hierdie model herinner

ons aan die wese van die kerk, naamlik

die lewe van God – ’n sturende God.

God is sending. Daarom is die vertrekpunt

van ’n gestuurde kerk te vinde in

die missio Dei van God: die Vader stuur

die Seun, en die Seun stuur die Heilige

Gees.

Die aard van God is ’n lewe van

gestuurdheid. Juis daarom word die

lewe van die kerk deur sy gestuurde aard

gekenmerk. ’n Mens kan sê dat God se

sending ’n kerk het!

David Bosch beklemtoon hierdie aard

van die kerk wanneer hy sê dat dit nie

’n geval is dat God sending doen nie,

maar dat God in wese ’n sturende God is.

Sending is dus geheel en al die werk van

die drie-enige God, Skepper, Verlosser en

Saligmaker, ter wille van die wêreld.

Deelname aan God se sending

Die kerk word uitgenooi om aan God

se sending deel te neem. ’n Missionale

gemeente is deurdrenk met God se sending

en dit bepaal alles wat die gemeente

doen – van eredienste tot opleiding, van

uitreike tot gemeentelewe, van geestelike

dissiplines tot praktiese dienslewering.

Die Wêreldraad van Kerke praat op

’n wonderlike vars manier hieroor:

“God nooi ons om deel te word van die

lewegewende sending van die drie-enige

God en bemagtig ons om te getuig van

God se droom van oorvloedige lewe vir

alles en almal in hemel en op aarde.”

Die gestuurde kerk is deurentyd

daarvan bewus dat God in die wêreld, in

alle omstandighede, aan die werk is. Ons

vreugde lê juis daarin om te ontdek wáár

God oral besig is. Partymaal word die

kerk verras om opnuut te ontdek dat die

lewende God lankal besig is om te werk.

Hierdie oortuiging verander ook die

uitkyk op die wêreld. Die wêreld word

nie meer beskou as ’n probleem wat

opgelos moet word nie, maar eerder as

KRUISGEWYS September 2012

’n uitnodiging tot deelname aan die lewe

van God. Rowan Williams het dit só beskryf:

“Die kerk moet onderskei waar die

Gees van God aan die werk is en dan by

die Gees aansluit.”

Missionale gemeentes doen moeite

om die konteks te verstaan, met die

verwagting om by God se reeds

bestaande sending aan te sluit.

Die eerste daad van die kerk is dus

onderskeiding – om vas te stel wáár die

Heilige Gees aan ’t werk is – en dan

daarby aan te sluit!

’n Gestuurde gemeente inkarneer die

evangelie in elke nuwe konteks.

Hierdie gedagte sluit aan by die vleeswording

van Jesus, wat mens geword het

en tussen doodgewone mense kom woon

het. God het die gewone en alledaagse

lewe van mense so ernstig opgeneem

dat Hy self mens geword het. Inkarnasie

beteken dat die evangelie in die wêreld

tuiskom; dit beteken om bý mense in hulle

alledaagse lewe te wees. Inkarnasie erken

iets van die kwes baarheid van die kerk.

Dit bring ons gevolglik by die begrip

kenosis – om jouself leeg te maak. ’n

Kenotiese inge steldheid dwing ons om

ons self doelbewus kwesbaar te stel ter

wille van die gemeenskap na wie toe die

Here ons stuur – soos wat Christus mens

en slaaf geword en in ons plek gesterf

het.

Inkarnasie se vele dimensies

Alan Hirsch brei uit op die inkarnasie

van God in Jesus Christus. Hy beskryf

verskillende dimensies van inkarnasie.

Die eerste is teenwoordigheid. God is

in die skepping teenwoordig deur Jesus

Christus.

Teenwoordigheid impliseer dat die

kerk na mense toe gaan, eerder as om

mense na die kerk(gebou) toe te bring.

Dit gaan dus om gestuurdheid, eerder as

instandhouding.

’n Tweede dimensie van inkarnasie

is nabyheid. Dit herinner ons daaraan

dat Jesus Christus só na aan ons gekom

het dat God toeganklik geword het. Die

gestuurde kerk word dus uitgedaag om

so na aan ander te kom dat ons in hulle

skoene kan staan. Dit beteken dat ons

empatie met hulle omstandighede het.

Jesus se vleeswording word deur ’n

soort weerloosheid gekenmerk.

Magspolitiek werk nie meer nie. Daar

word van die gestuurde kerk verwag om

nederig en diensbaar te wees. Dit is om –

soos Christus – bewustelik ter wille van

ander die minste te wees.

’n Vierde dimensie is verkondiging

– ons het Goeie Nuus om te vertel. Dit

is die boodskap van Jesus se bediening,

sterwe en opstanding.

Dit is juis in Jesus van Nasaret waar

ons God leer ken soos God waarlik is. ’n

Gestuurde kerk besef dat hierdie Nuus

steeds relevant en betekenisvol is en deel

dit met ander.

Die inkarnasie van die gestuurde

kerk mond ook uit in die proses van

inkulturasie. Inkulturasie is ’n Christelike

uitdrukking van kultuur, en sluit die

ganse lewe in. Dit wil die samelewing

transformeer. Dit beteken dat die kerk

erns maak met die kultuur en lewe. Party

praat daarvan as “wandel in die wêreld”.

Die kerk beskik oor goeie eksegetiese

vaardigheid. Hierdie vaardigheid moet

ook toegepas word op die kerk se konteks.

Eddie Gibbs het by die Alge mene

Predikantebyeenkoms in 2005 dié saak

beklemtoon en stel dit só: “We need to

learn, as a matter of urgency, how to

exegete our cultural context.”

’n Missionale kerk is in die bevoorregte

posisie om nie net die skeppende

en transformerende werk van God in die

plaaslike konteks te beleef nie, maar ook

om dit deelnemend te ervaar.

Die verinheemsing van die evangelie

in die plaaslike kultuur beteken dat die

evangelie in daardie bepaalde kultuur

“vertaal” word. Kreatiwiteit is hier ’n

waardevolle karaktereienskap. Dit help

om transformasie in die plaaslike kultuur

te bewerkstellig.

Die belang van kreatiwiteit word

geïllustreer in die Church of England se

Fresh Expressions-inisiatief wat op ’n

kreatiewe manier ruimte skep “for the

invitation to follow Jesus to be heard

in new ways and empowering converts

to identify resources that will sustain

discipleship in the emerging culture”.

Verhoudings – basis van die gestuurde

kerk

Verhoudings vorm die basis van die

gestuurde kerk.

Een van die kenmerke van die hedendaagse

samelewing is die behoefte

aan innige menslike verhoudings. Dit

is dalk juis die beste protes teen die

individualisme van ons tyd.

Gestuurde gemeentes het ’n baie

betekenisvolle boodskap vir hierdie tye:

Die kerk is ’n gemeenskap van God se

mense. Die kerk word dus bepaal deur

verhoudings – sy verhouding met Jesus

Christus, en Christus se verhouding met

die skepping. Gestuurde gemeentes is

deurentyd in die teenwoordigheid van die

opgestane Christus in nuwe verhoudings

betrokke.

Die teologiese basis van hierdie klem

op verhoudings is natuurlik die kerk

se lewe in die Triniteit. Die kerk moet

nie net die eenheid wat daar in die drieenige

God is weerspieël nie. Die kerk se

lewensruimte is die drie-enige God. Dit is

juis die innige en liefdevolle verhouding

tussen Vader, Seun en Heilige Gees wat

die ganse skepping in hierdie verhouding

innooi.

Die gestuurde kerk bou verhoudings

met alle mense, met die hoop dat ander

ook ’n verhouding met God mag

ervaar. Die Wêreldgemeenskap van

Gereformeerde Kerke (WGGK) het

dit duidelik gestel: “We heard and

were touched by how the overflowing

communal nature of God draws us into

communion with God, with one another

and with all creation.”

Prakties beteken hierdie ingesteldheid

dat liefde in konkrete aktiwiteite van

omgee, gasvryheid, materiële hulp, ge bed,

vergifnis en die wedersydse versor ging

van mekaar en ander mense sigbaar word.

Verhoudings kry ook gestalte in die

reis van dissipelskap.

Die missionale kerk is ’n gemeenskap

op ’n reis wat die Heilige Gees lei. Die

Heilige Gees het dié gemeenskap by mekaar

gebring en stuur hulle uit met die

doel om aan God se sending in die wêreld

deel te neem.

’n Gemeente is ’n gemeenskap van

dissipels wat Christus volg en daarna

streef om deur verhoudings die wêreld

nuut te maak. Elke lidmaat is ’n dissipel

en ’n gestuurde. Elkeen neem deel aan

God se sending om van die hele skepping

’n beter plek te maak.

Die paradigmaskuif van instandhou

ding na gestuurdheid is ’n radikale

transformasie wat die kerk uitdaag om `n

identiteit van gestuurdheid te herontdek.

Gestuurde gemeentes reageer op

skeppende en kreatiewe wyses op God

se uitnodiging tot sending. Gestuurde

gemeentes word gekenmerk deur deelname

aan die missio Dei van God en die

inkarnasie van die evangelie in elke plek

waar die kerk hom bevind.

Kruisgewys bereik byna 3 000 gemeenteleiers

Die doelstelling van

Kruisgewys is om die

jongste teologiese

denke oor kerk- en ge meente

wees op ’n bevatlike wyse

aan besige ge meen teleiers

oor te dra.

Bybel-Media is die uitgewer

van Kruisgewys en

versprei dit minstens vier

keer per jaar gratis as ’n

diens aan gemeentes, ooreenkomstig

die leuse “Vennoot

in ge loof en bediening”. Die

tydskrif is ’n gesamentlike

aksie met die

Gemeentedienstenetwerk

(GDN).

Chris van Wyk van GDN

(links bo) is die artikelredakteur.

Pieter Fourie van

Bybel-Media (links onder) is

die eindredakteur.

Kruisgewys word gestuur

aan leraars van die

Gereformeerde Kerke in

Suid-Afrika, die Nederduitsch

Hervormde Kerk, die

NG Kerk, die Afrikaanse

gemeentes van die VGKSA

en die Christe like

Gereformeerde Kerk.

Die koerant van die Nuwe

Hart Stiging wat probeer om

nuwe waardes in Suid-Afrika

te bevorder, verskyn deesdae

as ’n bylae tot die kerk koerant

Kerkbode. Diegene wat

nie laasge noemde koerant

ont vang nie, ontvang die

koerant van die Nuwe Hart

Stigting as ’n abba-produk

tot Kruisgewys. Dit is ’n

poging om verant woor delik

met Koninkryks reser wes om

te gaan in die lig van die

geweldige hoë koste van

posgeld.

KRUISGEWYS September 2012 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!