04.05.2013 Views

Woordfees-Dramafees.pdf

Woordfees-Dramafees.pdf

Woordfees-Dramafees.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dramafees

Bittersoet

'n Clover Aardklop-produksie aangebied deur Elsabé Daneel Produksies. Teks: Deon Opperman;

Vertaling: Hanli Rolfes. Met Elsabé Daneel. Mediavennoot: Media24.

Regie: Juanita Swanepoel.

Vyf vroue. Een aktrise. ʼn Ode aan weerloosheid en taaiheid. Hoe verwerk mens die trauma van

verkragting, aborsie, onvrugbaarheid, witwees in Afrika, asook die weggee en selfmoord van ʼn kind? Die

verliese is bitter, maar die soet balsem lê in elke vrou se stille triomf om heel te word.

1 Maart 14:30, 17:00 | 2 Maart 17:30 | 3 Maart 19:00 | 4 Maart 20:30 | 5 Maart 11:00, 14:30 | 6

Maart 14:30 | 8 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 80min | R 100 | Geen 0/16 S

Huis toe

Deur Harold Pinter. Met Neels van Jaarsveld, Deon Coetzee, Amalia Uys, Werner Coetser, Johan

Engelbrecht en Armand Aucamp.

Regie: Henry Mylne

The Homecoming se Broadway-produksie het in 1967 ʼn Tony vir beste drama gewen. Die drama word

allerweë beskou as Pinter se meesterwerk – ʼn spel van psigologiese kompetisie en emosionele

impotensie, wat eskaleer tot ʼn ontstellende wedywering van die sosiale en morele orde van

familieverhoudinge en ʼn huwelik.

1 Maart 18:00 | 2 Maart 10:00 | 3 Maart 14:30| HS Stellenbosch | 120min | R110

An(t)oniem

Aangebied deur Rust Co-Operative. Teks: Philip Rademeyer en Penelope Youngleson. Met Maryke Nel

en Jaco Nothnagel.

Regie: Philip Rademeyer

Twee jongmense sit elk voor ʼn rekenaar en fantaseer oor ʼn sielsgenoot om die eensaamheid te verdryf,

en begin dan aanlyn na die ideale maat soek. An(t)oniem volg dié 21ste eeuse soektog na hemel op

aarde, volmaaktheid en geluk, met ʼn komiese skuinskyk na mense se onderliggende desperaatheid,

eensaamheid en verlange.

1 Maart 20:30 | 3 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 60min | R90, R60 | Geen 0/16 T

Die vrou vantevore

’n Absa KKNK-produksie aangebied deur TEATERteater. Ondersteun deur Theatre Without Borders en

Protea Hotel Stellenbosch. Deur Roland Schimmelpfennig. Met Brümilda van Rensburg, Stian Bam, Erica

Wessels, Wilhelm van der Walt en Greta Pietersen.

Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson

ʼn Klop. Die deur word oopgemaak. Die man herken nie die vrou by die deur nie. Sy kom hom herinner

aan ’n belofte wat hy 24 jaar tevore gemaak het: om haar ewig lief te hê. Wat volg, is ’n vurige verhaal

vol humor en kinkels wat mettertyd uitkring tot ’n volbloed tragedie.

1, 2 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 75min | R130, R110, R90

Dowwe Dolla dink diep

Teks: Jurgen Human. Met Margit Meyer-Rödenbeck

Twee boeke van Frederick Nietzsche en Siener van Rensburg beland tussen Dolla se versameling Mills &

Boon’s tydens haar trip op die Costa Concordia. Kennis is mag, sê Nietzsche, maar kennis sonder begrip

is gevaarlik. Soos te verwagte, kry Dolla onmiddellik ’n uitnodiging van die kaptein om te kom kuier. Die

res is geskiedenis, maar die ondervinding laat haar dink… diép dink.

1 Maart 20:30 | 9 Maart 12:30 | Japie Krige | 75min | R100

Die lelike eend

Aangebied deur die US Woordfees; vervaardig deur Polony. Teks: Marius von Mayenburg; vertaling:

Roelof Storm. Met Roelof Storm, Hannah Borthwick, Roeline Daneel en Mariechen Vosloo.

Regie: Christiaan Olwagen

Ken dink hy is normaal. Hy is verkeerd. Dié kragprop-ontwerper is so onaansienlik dat sy eie vrou nie sy

aangesig kan verduur nie. ’n Wonderwerk van plastiese chirurgie omskep hom in ’n nouveau Adonis.

Skielik wil almal sy hemelse gesig hê. ’n Sexy, skreeusnaakse sosiale satire oor ons obsessie met

skoonheid.

1 Maart 22:30 | 2 Maart 10:00 | 3 Maart 21:00 | 9 Maart 12:30 | 10 Maart 16:00 | Klein Libertas

Teater | 75min | R90, R60 | Geen 0/16 S

Deksels

Aangebied deur The Mechanicals. Deur Leon Kruger. Met Tinarie van Wyk Loots en Carel Nel.

Regie: Albert Maritz

Twee mense het deur die samelewing se vingers geglip in hulle ondergrondse bestaan. Of is dit net die

een? Hul verwondering oor die lewe is gereduseer tot ʼn blink asblik. Hulle is kaal gestroop, soms

letterlik. So, is daar uitkoms uit hul kaalgat bestaan? Of het net die een die probleem? En as sy ʼn opsie

het om bo die kelder uit te styg, letterlik, wat van die ander een?

2 Maart 00:15, 20:30 | 4 Maart 22:30 | 6 Maart 22:30 | Klein Libertas Teater | 75min | R90| OB 0/17

N

Heiland

Aangebied deur die US Woordfees. Deur Sam Shepard; vertaling: Birrie le Roux. Met Mariechen Vosloo,

Roxanne Bain en Carel Nel.

Regie: Rocco Pool

'n Verwerking van Sam Shepard se Cowboy Mouth. Twee vroue soek na verlossing van hulle alledaagse

bestaan. Hoe ver moet hulle wegbreek om hul drome na te jaag? Sex, Drugs en Rock 'n Roll is die olie op

die vuur, maar wat bly oor as jy kry wat jy soek?

2 Maart 01:30, 14:30 | 7 Maart 14:30 | 10 Maart 12:30 | Klein Libertas Teater | 75min | R95, R60

Hol

ʼn Kunstekaap-produksie; ʼn projek van die New Writer’s Season ondersteun deur die Lotto. Deur en met

Nicola Hanekom.

Regie: Fred Abrahamse

Wenner van ʼn Fleur du Cap vir beste spel in ’n solovertoning – die soveelste prys vir hierdie

uitmuntende aktrise. Hol ondersoek die koste van ’n kitskos-bestaan. Liesbet hol op ʼn hol maag op ’n

trapmeul, ’n rottewiel van haar holderstebolder gedagtes. Sy sukkel om haar balans te behou en

strompel oor haar verlede.

2 Maart 03:15 | 5 Maart 20:30 | 6 Maart 18:00 | Klein Libertas Teater | 65min | R95 | 0/16 T

Hasepad

ʼn US Woordfees-Clover Aardklop ko-produksie aangebied deur Klein Libertas Teater Produksies. Deur

David Lindsay-Abaire; vertaling: Martelize Kolver. Met Stephanie Hough, Morné Visser, Martelize Kolver,

Joanie Combrink en Gershwin Mias.

Regie: Juanita Swanepoel

Dié vertaling van die 2007 Pulitzerpryswenner handel oor Bekka en Herman Viljee, en ʼn tragedie wat hul

lewens onherroepelik verander. Die egpaar, beide soekend, maak soms gevaarlike keuses in ʼn poging

om hul verlies te verwerk. Soms tragies, soms komies, deurlopend eerlik.

2 Maart 10:00 | 3 Maart 14:30 | 5 Maart 20:30 | Japie Krige | 105min | R120 volwassenes, R80

pensioenarisse en studente

Rekmerke: Grepe uit ʼn swangerskap

Ondersteun deur Klein Libertas Teater. Met Stian Bam en Nicole Holm.

Teks en regie: Francois Toerien

‘Dit voel of ek ʼn week lank seks gehad het. Met ʼn perd!’ Só word romantiese mites oor swangerskap

ontluister en die ware euforie en waansin blootgelê. Beleef die hoofkarakter se pogings om haar man te

laat bond met die boep, die agterdogswaansin en ʼn naakfoto-sessie om Demi Moore se swanger Voguevoorblad

te troef.

2 Maart 13:00 | 3 Maart 14:30 | 6 Maart 11:00 | Klein Libertas Teater | 80min | R110 |Geen 0/12 S

2092: God van klank

Aangebied deur dubbelpunt [:] produksies. Deur Wilken Calitz. Met Neels Coetzee.

Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy

oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring

oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. ʼn Vars multidimensionele

teaterervaring.

2 Maart 04:30 | Klein Libertas Teater | 30min | R75, R40

6 Maart 18:00, 20:00 | 7 Maart 19:00 | 8 Maart 18:00, 20:00 | 9 Maart 16:00, 18:00, 20:00 | PJ Olivier

| 30min | R75, R40

Liefde, Anna

Wenner van die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys 2012. Moontlik gemaak deur Die Dagbreek

Trust. Aangebied deur GZ Productions en Liesl Marx Produksies. Deur Schalk Schoombie. Met Sandra

Prinsloo, Deon Lotz en Gustav Gerdener.

Regie: Louis van Niekerk

Liefde, Anna bring die formidabele Anna Neethling-Pohl in al haar onsterflike glorie as aktrise,

taalstryder en vuurvreter na die verhoog – met Sandra Prinsloo in die naamrol van haar eertydse

mentor. Dit is ’n viering van een van die kleurrykste pioniers van Afrikaanse toneel. Tye van swaarkry en

triomf speel op haar sterfbed voor haar geestesoog af en sleutelfigure uit haar lewe besoek haar.

2 Maart 14:30 | 3 Maart 20:30 | 4 Maart 20:30 | HS Stellenbosch | 80min | R100

Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte

Aangebied deur die US Woordfees; vervaardig deur Hugo Theart. Met Stian Bam, Nicole Holm, Marlo

Minnaar, Waldemar Schultz en Tinarie van Wyk Loots.

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel

Leserskring, in samewerking met By en RSG, stel ʼn bloemlesing en CD op die skrywersfees bekend met

die 100 gewildste Afrikaanse gedigte, soos deur ʼn openbare stemming gekies. ʼn Bekroonde geselskap

verpak al jou gunstelinggedigte in ʼn heerlike reis deur die Afrikaanse poësie-skatkis. Van Jonker tot Krog,

Totius tot Letoit, Opperman tot Small, Marais tot Eitemal.

2 Maart 16:00 | 3 Maart 20:30 | 6 Maart 14:30 | 7 Maart 20:30 | Japie Krige | 90min | R100

Die melktrein stop nie meer hier nie

Aangebied deur die US Woordfees, in samewerking met Kunstekaap en Abrahamse & Meyer Produksies.

Deur Tennessee Williams. Met Antoinette Kellermann, Marcel Meyer en Roelof Storm.

Regie: Fred Abrahamse

Die Suid-Afrikaanse première van Tennessee Williams se ‘gesofistikeerde sprokie’. Flora ‘Sissy’ Goforth,

die veelgetroude weduwee-miljoenêres, bestee haar laaste dae desperaat besig om haar memoirs te

voltooi, wanneer sy onverwags onderbreek word deur die aankoms van ʼn aantreklike jong digter wat

metgesel speel vir ryk ou vrouens kort voor hulle sterf.

2 Maart 18:00 | 3 Maart 10:00 | 4 Maart 12:30 | HS Stellenbosch | 135min | R100 | Geen 0/16 TN

Kytie – ʼn Koos Kombuis-storie

Aangebied deur Herman Pieters en Johann Oosthuizen. Deur Alexa Strachan. Met Crystal Donna Roberts

en Vaughan Gardiner.

Regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Kytie was ma en vriendin, warmte en liefde vir ’n seun wat effe anders was. In ’n tyd toe dit nie

aanvaarbaar was om ander en anders te aanvaar nie, het die twee ’n band gehad wat beide se

leefwêreld moontlik gemaak het. Die Kytie-storie kan oor vele huishoudings vertel word. Dit is tegelyk

tragies, mooi en net vrek snaaks, soos slegs Koos dit kan sê.

2 Maart 20:30 | 3 Maart 11:00 | 5 Maart 17:00| Japie Krige | 70min | R95

Boetie, dit is tyd vir bid as ʼn seekoeikoei op jou skoot kom sit

’n Klein Libertas Teater-produksie. Met Wessel Pretorius en Cintaine Schutte.

Regie: Juanita Swanepoel

Philip de Vos is alombekend vir sy luimige limerieke en kwasi-filosofiese rymelary. Hierdie maltrap

poësie-program is ʼn samestelling van De Vos se verse in die formaat van ʼn moderne sprokie. Vermaak

vir die hele gesin, met hier en daar ʼn kléin ietsie wat (dalk) onder die kombers hoort!

3 Maart 12:30, 17:00 | 4 Maart 14:30 | 10 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R90, R65

Kind Hamlet

ʼn Clover Aardklop-produksie aangebied deur TEATERteater. Ondersteun deur Protea Hotel,

Stellenbosch. Deur Marthinus Basson en die geselskap. Met Cobus Rossouw, Sandra Kotzé, Ludwig Binge

en Roelof Storm.

Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Veertig jaar gelede speel die formidabele Cobus Rossouw ʼn onvergeetlike voorlaaste Hamlet in

Afrikaans. Die rol, elke akteur se droom, word ingestudeer deur ʼn jong akteur, Ludwig Binge. Rossouw

en sy aktrise-regisseuse vrou, Sandra Kotzé, begelei hom deur die kronkelgange van Elsinore op sy reis

van vakman tot kunstenaar. Kind Hamlet is deels dokumentêr, deels ode, dog volkome teater.

3 Maart 18:00 | 6 Maart 13:00 | 7 Maart 17:00 | 9 Maart 17:00 | Fismer | 100min | R100, R60

studente

Tjop en dop

Aangebied deur die US Woordfees; vervaardig deur Polony. Deur De Klerk Oelofse en Christiaan

Olwagen. Met De Klerk Oelofse, Carel Nel, Ludwig Binge en Cintaine Schutte.

Regie: Christiaan Olwagen

Dawie hou ʼn ‘skilpadbraai’ – meer dop as vleis. Rooies en Blikkies kruis tange oor braaitegnieke. Die

televisie gee probleme en die rugby is aan die gang. ʼn Klop aan die deur: ʼn Meisie dreig om hulle

vriendskap te skud tot in sy fondamente.

3 Maart 22:30 | 6 Maart 20:30 | 7 Maart 21:00 | HS Stellenbosch | 90min | R90 volwassenes, R60

studente en pensioenarisse | Geen 0/16 T

Eenkantland

Met Neels Coetzee.

Regie: Margot Luyt

Oom Theunis Uys het Namakwaland-stories aangeteken wat dié kontrei voor jou geestesoog laat

oopwaaier. Die veteraan Neels Coetzee laat die vertellings lewe met humor en patos. Van Theunis Uys

het George Weideman gesê: ‘Pure soutribbetjie en groen pampoenbredie. Jy wil altyd nog skep.’

4 Maart 11:00 | 7 Maart 11:00 | 8 Maart 13:00 | Klein Libertas Teater | 60min | R90

Af

Deur Juanita-Juliet van Wyk. Met Marlo Minnaar.

Regie: Gaerin Hauptfleisch

ʼn Aangrypende drama oor Joshua Vogua, ʼn seun wat sy lewe lank as skisofrenielyer buite die

samelewing gestaan het. Maar wat sê dit van die gemeenskap? Is skisofrenie ʼn slim term om mense te

beskryf wat teen norme rebelleer? Of behoort dit juis die samelewing te beskryf wat nie wíl rebelleer

nie? Met sy bekkige beste vriend aan sy sy en ’n ma wat bly spook, neem Joshua jou op ’n pelgrimsreis

met die vraag: Wat is normaal?

4 Maart 18:00 | 10 Maart 14:30 | Klein Libertas Teater | 50min | R80 | Geen 0/16 TG | Afr. en Eng.

Strip!

Teks: Leon Kruger. Met Chris van Niekerk en Waldemar Schultz.

Regie: Gaerin Hauptfleisch

ʼn Man se garage is die oorspronklike man cave – die plek waar jou oupa skelm Scope gelees het, jou pa

ghries aan sy gesig gesmeer het as hy wiele omruil, waar die manne idees kon uitruil oor belangrike

goed soos pistons. Strip is ʼn komiese storie oor ʼn man wat nie weet hoe om homself van die verlede los

te maak nie. Tot die ou wat die olie kom aftap vir hom ʼn hamer gee.

4 Maart 18:00 | 7 Maart 18:00 | Japie Krige | 70min | R100

Bidsprinkaan

’n US Woordfees-Suidoosterfees ko-produksie. Deur André P. Brink. Verwerking: Saartjie Botha. Met

Elton Landrew, Gys de Villies, Gideon Lombard en Lee-Ann van Rooi.

Regie: Janice Honeyman

Kupido Kakkerlak is nie gebore nie, hy is uitgebroei uit die stories wat sy ma vertel het. As leuenaar,

drinker, minnaar en bakleier van die kontrei en man van God, is die lewe van die eerste Khoi-sendeling

’n belangrike stuk geskiedenis wat sin help maak van Suid-Afrika vandag. Bidsprinkaan, ʼn hoogtepunt in

Brink se oeuvre, is bekroon met die M-Netprys en die UJ-prys vir skeppende skryfwerk.

4, 5, en 6 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 75min | R120, R100, R80

x + y

Aangebied deur Stad Kaapstad in samewerking met die Suidoosterfees en die US Woordfees.

Produksiehuis: TEATERteater. Deur Christiaan Olwagen. Met Anna-Mart van der Merwe, Stian Bam,

Brendon Daniels, Tinarie van Wyk Loots, Ashley de Lange, Akhona Goniwe, Annake Horn, Chad Horné,

Jan-Beyers Jonker, Des-Lee Mckenzie, Duard Robbertse, Llewellyn Stevens, Wian Taljaard, Bradley

Thompson en Luzey Uys.

Regie en ontwerp: Marthinus Basson

Dié opdragproduksie van Stad Kaapstad se Toneelspelkompetisie bied talentvolle hoërskool-akteurs die

geleentheid om saam met professionele akteurs te speel. Die stuk ondersoek die verhoudings tussen

kinders met hulle ouers in ʼn era vol nuwe uitdagings.

4, 5 en 6 Maart 20:30 | Spier | 90min | R100 volwassenes, R60 skoliere

Oskar en die pienk tannie

Aangebied deur Sandra Prinsloo en Alexa Strachan. Deur Eric-Emmanuel Schmitt. Vertaling: Naòmi

Morgan. Met Sandra Prinsloo.

Regie: Lara Bye.

Sandra Prinsloo skitter in haar nuwe eenvrouvertoning as beide die 10-jarige Oskar én die Pienk Tannie

wat hom as vrywilliger in die hospitaal besoek. Toekennings: Beste DebuutproduksieToneel – Vryfees

2012, asook Beste Aktrise – Aardklop 2012.

5 Maart 14:30 | 7 Maart 14:30 | 8 Maart 11:00, 14:30 | 9 Maart 10:00 | 10 Maart 12:30 | Japie Krige |

75min | R110

Oupa en Ouma op toer

Met Johan en Lida Botha.

Teks en regie: Leon Kruger

Na twee suksesvolle kykNET TV-reekse het Stanley en Debora besluit om die land plat te toer. Stanley se

wag voor sy mond is al sedert 1965 op strike en Debora het skinder ʼn amptelike taal gemaak. Hulle stry

konstant oor niks, hy vergeet alles wat hy moet onthou en sy onthou alles wat hy hoop sy liefs sal

vergeet. Die baie herkenbare egpaar het al in baie mense se harte ingekruip – kom kyk gerus wat hulle

nou al weer uitspook!

5 Maart 14:30 | 10 Maart 16:00 | HS Stellenbosch | 70min | R100

Smelt

ʼn Absa KKNK-produksie, ondersteun deur die LW Hiemstra Trust. Met Gerben Kamper, De Klerk Oelofse

en Brenda Mhangwani. Saamgestel deur Saartjie Botha.

Regie: Wolf Britz

Om ʼn storie behoorlik te vertel, sit nie in enige man se broek nie. Smelt is gebore uit

meesterkortverhaalskrywer Abraham H. de Vries se skatkis van verhale en staaltjies. Met dié produksie

lig ons die hoed vir die storieboer van die Klein Karoo wie se kruik nooit leeg word nie.

5 Maart 14:30 | 9 Maart 13:00 | 10 Maart 16:00 | Fismer | 70min | R95, R60

Tune jy my?

Teks: Wikus du Toit. Met Pierre van Heerden.

Regie: Neels Clasen

Wat gebeur as ʼn uitgesproke akteur wat al die wêreld plat getoer het, terugkeer na S.A. en besluit om

op ʼn seepkis te klim en sy stem dik te maak? In dié skreeusnaakse kabaret tune Pierre van Heerden die

gehoor oor sy irritasies in ons soms frustrerende land.

5 Maart 18:00 | 10 Maart 18:30 | Klein Libertas Teater | 60min | R90 volwassenes, R60 studente

Kopstukke

Aangebied deur Kosie House of Theatre. Deur Jeanne Goosen. Met Lizz Meiring en André Stoltz. Regie:

Sandra Prinsloo

In dié swart komedie word gekyk na ʼn egpaar wat albei in ʼn motorongeluk van die nek af ondertoe

verlam is, vir altyd aan mekaar gekluister in hul dubbelbed. Goosen se soms makabere komedie bied ʼn

kaalvuis blik op verhoudings. Skreeusnaaks en dikwels skokkend.

5 Maart 20:30 | 6 Maart 14:30 | HS Stellenbosch | 60min | R100 | Geen 0/18 T

The F Word

By Roxanne Bain, Christiaan Olwagen and the cast. With Roxanne Bain, Kelly-Eve Koopman and Grethe

van der Merwe.

Director: Christiaan Olwagen

‘F’ is for FUNdaMENTALism. The ‘fun’ and ‘mental’ aspects of this phenomenon are satirically explored

via several eccentric characters in this kabarett about the consequences of extremism in all aspects of

life. Meet The Mother, The Whore and The Virgin of the 21st century. Get ready for a heavy dose of

irony and a renewed commitment to loving your neighbour.

5 March 22:30 | 7 March 22:30 | Klein Libertas Theatre | 60min | R90, R60 | No U/18 LPB

Stander

Aangebied deur die US Woordfees, vervaardig deur Impressario. Deur Charles J. Fourie. Met Waldemar

Schultz.

Regie: Albert Maritz

ʼn Dekade gelede het Albert Maritz 80 keer die rol gespeel van die kultusfiguur André Stander. Nou ruil

hy rolle om met Waldemar Schultz. Schultz speel die polisieman/bankrower/volksheld, wat ook telkens

die rolle vertolk van die cops wat hom soek, die mense wat hy beroof, sy kamerade, sy gebroke ma en

talle ander. Vermaak uit die boonste rakke – ʼn groot rolverdeling val saam in een veelsydige akteur!

6 Maart 18:00 | 8 Maart 11:00 | 9 Maart 10:00 | Fismer | 75min | R85 | Geen 0/14

Bloed

Ondersteun deur Clover Aardklop Nasionale Kunstefees, Botha Wynkelder, The Karoo Finansiële

Adviseurs, Network Advertising, The Oystercatcher Trail en The Photographic Journey. Aangebied deur

Stercus Produksies. Met Lulu Botha, Stephanie Hough en Vicky Stemmet. Ten bate van Die Nasionale

Beenmurgregister van Suid-Afrika, The Sunflower Fund en The Pink Drive.

Regie: Gaerin Hauptfleisch

Bloed is gegrond op die memoir van Yolande Brittnell Steyn en vir die verhoog verwerk deur Stephanie

Hough. Dit vertel die ware verhaal van kots en hare wat uitval, van val en weer opstaan, van huil, van uit

die maag uit lag. Maar dis ook ’n storie van saamstaan teen die lewe se aanslae. 6 Maart 20:30 | 8

Maart 20:30 | Fismer | 65min | R100

The return of Elvis du Pisanie

ʼn Klein Libertas Teater-produksie. Deur Paul Slabolepszy. Met Pierre-Arnold Theron.

Regie: Juanita Swanepoel

ʼn Hartroerende komedie oor Eddie, ʼn afgelegde ondervloerverhittingsverkoopsman wat sy lewe wil

beëindig totdat die koning van Rock ʼn Roll intree. Op ʼn verlate straathoek, met slegs ʼn lamppaal as

geselskap, neem Eddie ons op ʼn uiters snaakse, dog hartverskeurende avontuur.

6 Maart 20:30 | 10 Maart 22:30 | Klein Libertas Teater | 75min | R90, R65

Vier briewe vir Jan Ellis

ʼn US Woordfees-Suidoosterfees ko-produksie vervaardig deur Pitch Promotions. Storie en musiek: Steve

Hofmeyr. Met Christo Davids. Met die vriendelike vergunning van Zebra Press.

Regie en verwerking: Lizz Meiring

Toe dinge skeef loop vir Jan, loop dit erg skeef. Veertig jaar later stap posman Jan Ellis uit die tronk met

vier briewe wat hy nooit deliver het nie. Hy het ʼn paar ure oor om te leef. Is dit moontlik dat een man se

onskuld ander soveel leed kan besorg? Eg Suid-Afrikaans en eg Afrikaans.

7 Maart 10:00, 13:00 | Fismer | 75min | R100 | Geen 0/16 T

Die koggelaar

Aangebied deur die US Woordfees, vervaardig deur The Mechanicals. Deur Pieter Fourie. Met Stian Bam,

Tinarie van Wyk Loots, Alida Theron, Charlton George, Johann Nel en Sekoati Tsubani.

Regie: Albert Maritz

Pieter Fourie se kontroversiële bekroonde drama. In die tagtigerjare van die vorige eeu teister ʼn

genadelose droogte die Koggelkaroo. Mens, dier en plant worstel om oorlewing. Onderliggend gedy die

droogte in die harte van ʼn land se mense. 'n Boer in 'n tyd van waternood word gekonfronteer met alles

wat sy wêreld bepaal. Aangrypende, durende teater.

7 Maart 18:00 | 9 Maart 14:30 | 10 Maart 20:30 | HS Stellenbosch | 100min | R100 | OB 0/16 ND

’n Vrou soos Henriëtte

Aangebied deur die US Woordfees. Met Bettie Kemp.

Regie: Andre van Blerk

Dieselfde span wat in 2012 gesorg het vir die uitverkoopte TaMiem, is terug met die tweede

dokumentêre teaterproduksie in die trilogie van vroue-Hertzogpryswenners wat grense verskuif het. In

dié stuk oor die dubbelbekroonde skrywer Henrïette Grové sorg twee fynskilders van menslike emosies

en beweegredes– vereerde skrywer en uitmuntende aktrise – saam vir ʼn besondere belewenis.

7 Maart 20:30 | 8 Maart 16:00 | 9 Maart 10:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R90

Sirkus

Aangebied deur The Sixth Sense. Teks: Wikus du Toit. Met Lizz Meiring.

Regie: Melt Sieberhagen

ʼn Splinternuwe pikswart naelbytkomedie oor karakters wat sin probeer maak van hul verdraaide lewens

in die sirkus. Ontmoet Nelda Susanna Albertyn, ’n 19-jarige maagd; Ouma Sara Albertyn wat haar drie

voortande verloor het; Joachim ‘Groot’ Zefferelli, die sirkusbaas met die goue karavaan; Madame

Emmanuel Nathi, ʼn lesbiese hondeafrigter; ʼn Zambiese albino-jongleur, en Fillies die bobbejaan...!

8 Maart 18:00 | 10 Maart 16:00 | Japie Krige | 60min | R100 Geen 0/16 T

Labirint

Deur Daleen Krüger. Met Deon Lotz en Illse Roos. Musiek: Schalk Joubert.

Regie: Vicky Davis

Albert Olivier was ’n suksesvolle sakeman tot een woord sy hele wêreld omvergegooi het: retrenchment.

Hy verval in verwyt, woede, depressie en bereik dan breekpunt. Neem ’n man se trots, dan neem jy sy

lewe. Labirint is ’n realistiese, alledaagse verhaal wat ons almal raak.

8 Maart 20:30 | 9 Maart 15:30 | 10 Maart 10:00 | Japie Krige | 70min | R100 | Geen 0/10 G

Rooiland

ʼn Clover Aardklop en Absa KKNK ko-produksie. Wenner van 5 Fiësta Teatertoekennings en die

AngloGold Ashanti Smeltkroespys 2011. Deur Tertius Kapp. Met Charlton George, Brendon Daniels, Leon

Kruger en Wilhelm van der Walt.

Regie: Jaco Bouwer

Rooiland is ʼn verhaal van verhale, oorgeërfde herinneringe wat wapens word in die monde van

gevangenes. Pomobasa, Nongoloza en Kilikijan maak die oorgang van mens na mite in ʼn beknopte sel

waar vier mans spook om slaapplek, sitplek, praatplek en dinkplek. As almal saam skreeu, tree daar tog

ʼn soort waarheid na vore.

8 Maart 20:30 | 9 Maart 10:00 | HS Stellenbosch | 90min | R100 | Geen 0/16 TSN

The Three Little Pigs

Presented by Rob van Vuuren and The Pink Couch. With Rob van Vuuren, James Cairns and Albert

Pretorius.

Director: Tara Notcutt

Fresh from Perth, Australia, and heading to New York and Amsterdam in 2013, The Three Little Pigs is a

taut psychological thriller set in a world where Animal Farm meets Reservoir Dogs and gives rise to a

dark and unexpected take on the classic children’s story. Who’s afraid of the big bad wolf?

8 March 22:30 | 9 March 21:00 | 10 March 20:30 | Japie Krige | 90min | R100

Holmakiesie

Met Marion Holm.

Regie: Chris Vorster

Almal weet van bollemakiesie slaan, maar wat is ’n ‘holmakiesie’? Dóén mens dit? Kyk mens dit? Of éét

mens dit? Marion Holm en Chris Vorster se teks sal oud en jonk laat giggel, goed voel en laat dink.

Holmakiesie – miskien kan jy dit ook doen, wie weet? Kom kyk en vind uit!

9 Maart 18:30 | 10 Maart 18:00 | Japie Krige | 70min | R100

Die Bram Fischer wals

Ontwikkel deur die Vryfees en die Universiteit van die Vrystaat. Met David Butler. Sang en stemwerk:

Amanda Strydom en James Whyle.

Teks en regie: Harry Kalmer

Die ontroerende verhaal van Bram Fischer, die Afrikaner-kommunis wat Nelson Mandela van die galg

gered het, maar wat self in die tronk dood is. Gebaseer op navorsing en gesprekke met mense wat Bram

goed geken het, word daar gekyk hoe sy Afrikanerwortels sy politieke uitkyk, sy lewe en uiteindelik sy lot

bepaal het.

8 Maart 17:00 | 9 Maart 20:30 | 10 Maart 11:00 | Fismer | 65min | R95

Putsonderwater

Ondersteun deur die Lotto. Aangebied deur FACTS. Deur Bartho Smit. Met Marli van der Bijl, Jefferson-

Dirks Korkee, Johann Nel, Nico Luwes, Gustav Gerdener, Petrus du Preez en Nic Beukes.

Regie: Pieter Venter

Die verhaal van Maria wat saam met haar pa, Jan Alleman, op die klein dorpie Putsonderwater woon.

Almal probeer die naïewe Maria beïnvloed en beheer deur vir haar te sê wat sy graag wil hoor. Niemand

besef egter die implikasies van hul leuens nie. Mettertyd glo Maria sy is vry van almal se greep, maar is

sy regtig?

9 Maart 20:30 | 10 Maart 11:00 | HS Stellenbosch | 90min | R100

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!