04.05.2013 Views

Loffienuus 3.pdf - Gelofte Skool

Loffienuus 3.pdf - Gelofte Skool

Loffienuus 3.pdf - Gelofte Skool

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

LOFFIENUUS

Nuusbrief 3/2009

Webblad: www.gelofte.co.za

Die grootste geskenk wat ons aan ons kinders kan gee is om in hulle te glo.

Geagte Ouer

1. BELANGRIKE DATUMS

20 FEBRUARIE VCSV AANDBYEENKOMS (SEKONDêR)

25 FEBRUARIE KOEKVERKOPING

27 FEBRUARIE HOKKIE GHOLFDAG

28 FEBRUARIE SENIOR BAL

3 MAART BEHEERLIGGAAMKOMITEES VERGADER

6 MAART KASKAR

13 – 14 MAART LANDSDIENSKAMP

18 MAART INDIVIDUELE FOTO’S (PRIMêR)

21 MAART SKAAKTOERNOOI

25 MAART KOEKVERKOPING

31 MAART NAGSKOOL

1 APRIL SERRIE UITDUNNE

2 APRIL SERRIE FINAAL

3 APRIL SKOOL SLUIT EN RAPPORTE (PRIMêR EN SEKONDêR)

2. KLEREDRAG

Ons bring graag die volgende twee sake onder u aandag:

a) Leerders word voortaan toegelaat om elke Vrydag met ondersteunersdrag

skool toe te kom. Vir u gerief bevestig ons weer wat, volgens die gedragskode

vir leerders, as ondersteunersdrag beskou word.

“Ondersteuenersdrag bestaan uit die skool se amptelike

ondersteunershempie en ‘n netjiese, heel blou/swart denimbroek. Slegs

vollengte of driekwart denimbroeke is aanvaarbaar. Netjiese tekkies, wit

skoene of sandale (saam met ‘n driekwart broek) is die enigste aanvaarbare

skoeisel. Die groen skooltrui of sweetpakbaadjie mag saam met

ondersteunersdrag gedra word. Die skool se kleurbaadjie word onder geen

omstandighede saam met die ondersteunersdrag gedra nie.”

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

b) Let asseblief daarop dat die primêre dogters nie toegelaat word om die lang

swart kouse en die sweetpakbaadjie saam met die nuwe skoolrok te dra nie.

Indien dit koud is, kan hulle die skoolsweetpak dra soos voorgeskryf in die

skoolreëls.

3. SPORTBEPALINGS

Weens die langnaweek aan die einde van April, verskuif die sekondêre

rugbybepalings wat sou plaasvind op Saterdag, 2 Mei na Woensdag, 29 April.

Die volgende sekondêre bepalings word bygevoeg:

14 Maart Rugby (1ste en 2de span) Greytown Weg

21 Maart Rugby, hokkie, netbal (Slegs eerstespanne) Harrismith Weg

28 Maart Rugby (Alle spanne) Eshowe Tuis

4. MOEDERS WAT OMGEE GEBEDSGROEP

In 2007 het ‘n paar mammas van Gelofte (onder die vleuel van “Mothers who care

prayer group”) op Vrydae bymekaar gekom om vir Gelofte en Kokkewiet te bid. Na

navrae het ons besluit om elke dag vir ons kinders, ouers en onderwysers te bid.

Ons wil hiermee graag alle belangstellendes nooi om by ons in te skakel. Ons gaan

selfs ons kinders leer woord bid, en leer om positiewe insprake in sy eie lewe te

maak. Hoër- en laerskool leerders is almal welkom op Vrydae. Die tye vir die

onderskeie dae van die week is soos volg:

Maandae Cynthia Edwards 084 618 2507 13:00 tot 14:00

Dinsdae LCB Hendriks 072 178 6114 13:00 tot 14:00

Woensdae Annemarie Cornelius 072 999 7898 11:00 tot 12:00

Donderdae Sandri Kruger 082 579 4792 13:00 tot 14:00

Vrydae Gerda van Bemmelen 082 560 7619 14:00 tot 15:00

Ons kom op die pawiljoen bymekaar (Woensdae bid ons by Kokkewiet). Daar is ook

gebedsbokse beskikbaar by Kokkewiet en Gelofte. Gooi asseblief jul gebedsversoek

in met of sonder ‘n naam.

5. OU SKOOLDRAG

Ons verneem graag of daar ouers is wat nog van die ou primêre skoolrokke het en

bereid is om dit aan die skool te skenk. Ons is veral op soek na rokke wat graad 7

dogters sal pas. Indien u kan help kan u bloot die rokke by die ontvangskantoor

inhandig.

6. PRESTEERDERS

Baie geluk aan Rochelle Coetzee wat ‘n goue medalje verower het in hoogspring by

‘n onlangse atletiekbyeenkoms met die pragtige punt van 906 op die ABSA tabel. Sy

beklee tans die 10de posisie in Suid-Afrika.

Baie geluk aan die volgende persone wat die Midmar myl geswem het: Mnr Werner

Schütz, James Müller, Thys van Lingen, Charl van Lingen, Pieter Hougaard, Olga

Hougaard, Ingrid Roloff, Liesa Brand, Marga Roloff, Celine Gouws.

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

7. TEATERSTUK: “ASHTON & ANDREA ONTDEK VERDRAAGSAAMHEID”

Op Woensdag 1 April 2009 word die skool deur ‘n professionele teatergroep besoek

met ‘n produksie wat die konsep “verdraagsaamheid” van nader bekyk. Ons is

vertroud met die groep en glo dat hulle, soos in die verlede, met kleurvolle kostuums,

hope vol humor, musiek en dialoog, leerlinge end-uit sal boei. Die boodskap wat

oorgedra word is: Ons hoef nie noodwendig van alles en almal om ons te hou nie,

maar kan mekaar verdra en vredevol in wedersydse respek saamleef.

Die koste vir die vertoning is R10,00 per leerder. Ons hoop van harte dat u hierdie

projek sal ondersteun aangesien ons glo dat dit fokus op ‘n belangrike

lewensvaardigheid. Gelde is betaalbaar voor 1 April 2009.

8. OP ‘N LIGTER TRANT – SÊ DIT DUIDELIK

Mense vergeet soms dat woorde inhoud en betekenis het en hulle vind dit uiters

moeilik om ‘n ervaring in duidelik verstaanbare woorde oor te dra. Veral mense wat

onder emosionele druk is, vind dit moeilik om inligting op ‘n helder en verstaanbare

wyse deur te gee. Die volgende voorbeelde is geneem uit werklike briewe aan

versekeringsmaatskappye, deur mense wat hulle gewaarwordinge wou opsom:

* Ek het ‘n man omgery. Hy het erken dat dit sy skuld was, want hy is al

vantevore omgery.

* Ek dink geen een van die voertuie kan die skuld kry nie, maar as albei skuld

moet kry, is dit die ander een.

* Toe ek by die huis kom, het ek by die verkeerde huis ingedraai en teen ‘n

boom gebots wat nie in my tuin is nie.

* ‘n Voetganger het my getref en onder die motor ingegaan.

* Ek het gedink die syvenster is af, maar dit was op, soos ek agtergekom het

toe ek my kop daardeur steek.

9. VERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende Loffies wat binne die volgende week verjaar. Ons

vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid vir julle baie seën toe vir die nuwe

lewensjaar.

Michael Coetzee, Maartin Herbst, Johan Kriek, Gavin Langley, Karel van der Walt,

Carel Goosen, Daniel van Huizen, Westley Meiring, Megan Erasmus, Danielle van

der Bank, Nachelle Deysel, Veronique Joubert, Marco Barnard, Lynette Moolman,

Tanya Spangenberg, Inge Britz, Raymond Cronjé, Martin Vorster, Patrick Strydom,

Melissa Venter, Steven Blignaut, Monique du Preez, Lluwellyn Gelbert, Martin

Leamy, Sheldon van Greunen, Daniel van Schoor, Danique Harris.

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

10. GESONDHEIDSINLIGTING

Een van ons ouers het onderstaande inligting aan ons beskikbaar gestel vir plasing

in die Loffienuus. Dit is belangrik dat u u vergewis van die inhoud hiervan.

Impetigo (In die volksmond: Natalsere)

Impetigo is ‘n uiters aansteeklike vel infeksie wat normaalweg blase of sere vorm aan die

gesig, nek, hande ens. en is die mees algemene velinfeksie onder kinders.

Indien ‘n kind hierdie infeksie opdoen is dit belangrik dat dit met antibiotika behandel word.

Indien dit nie sprei nie is ‘n antibiotiese salf in orde. Behandeling is egter van kardinale

belang aangesien dit in ‘n erger infeksie kan ontwikkel en ook weens die feit dat dit so

uiters aansteeklik is.

Dit is belangrik dat alle aangetaste dele bedek sal word ten einde ander kinders nie aan die

infeksie bloot te stel nie. Enigeen kan deur middel van kontak aan die aangetaste vel

asook met items soos klere en handdoeke, hierdie infeksie opdoen.

Ten einde die verdere verspreiding van hierdie infeksie te voorkom, is dit belangrik dat u

kind so gou moontlik by ‘n dokter moet uitkom sodra die eerste tekens van hierdie infeksie

waargeneem word.

DIE VOLGENDE SAKE HET AL IN DIE LOFFIENUUS VERSKYN MAAR WORD IN ELKE

LOFFIENUUS HERHAAL.

11. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang.

Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die

nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul

tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie,

is u welkom om ‘n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons

adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad beskikbaar.

(www.gelofte.co.za) Die webblad is na ‘n lang gesukkel ook nou weer beskikbaar.

12. ADVERTENSIEBORDE

Ons herinner u weer daaraan dat advertensieruimte langs die sportveld bekom kan

word. Vir meer inligting is u welkom om André van Zanten te skakel by 082 468

2963.

13. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Gesien in die lig van beriggewing in die

nuusmedia oor gewapende rooftogte by skole, wil ons weer eens ‘n beroep doen op

ouers om ander vorme van betaling te gebruik eerder as kontant. Ons streef daarna

om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus

waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak.

Die skool se bankbesonderhede is as volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

DJ Strydom

Skoolhoof

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ________________________________________________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

TERUGSTUURSTROKIE : VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

FINANSIëLE BYSTAND

Hiermee onderneem ek, _____________________ ouer van _____________________ in gr _____

om die volgende addisionele bydrae te maak:

a) ‘n eenmalige bedrag van R_______________ b) ‘n maandelikse bedrag van R _____________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

3 Loffienuus 18 Februarie 2009

* ADVERTENSIES *

Skakel die skool vir navrae en tariewe.

Velsorgprodukte met Rooibosekstrak

vir elke tipe vel.

Ook beskikbaar:-

Mans, Tiener, Baba, Verslanking,

Selluliet, Voetsorg en

Haarprodukte,

Kruie tee, Vitamienaanvullings,

Kleurgrimering.

NUWE PRODUK - ZEROTOX

Verwyder gifstowwe & metale uit

jou liggaam.

Skakel Leonie Slabbert

tel 031-7025147

082 9404 689

faks 086 655 3757

e-pos: leonie@eject.co.za

GEREFORMEERDE BAPTISTE

KERK

Enigste AFRIKAANSE GEMEENTE

in die Hillcrest / Waterfall

omgewing.

PLEK : Biblioteeksaal, Linkweg,

Waterfall

DIENSTE : Sondagoggende om

09:00

KONTAKBESONDERHEDE :

Ds Hennie Vorster Tel 031-7763912

Sel 0849205226

Of Arnaud le Roux

Tel : 031-7015720

Sel : 0828719375

MOSAIC BEDIENINGE

PINKSTER KERK

Erediens begin om 09:30

Lofdiens begin om 18:00

Almal welkom!

Pastoor Bodenstein

082 849 4009

031-7640381

SHRINK IT AWAY!

Passive slimmer / body enhancer

R15,00 for 10 sessions

Sunbed: R20,00 for ½ hour or

R150,00 for 10 Sessions.

Home based gym: Rates on request

Close to Gelofte Skool

Contact Rina on 083 212 7833

JADE Corporate Clothing Job

Offer

We are looking for a young, motivated

and energetic Sales Lady with own

vehicle and cell phone to start

immediately. School leavers welcome.

Fax one page CV to 086 629 7071 or

phone a/h on 031-7096147 between

5 – 7pm. Debbie

1 Loffienuus 23 Januarie 2008

HUIS TE KOOP

GILLITTS R1,500 000 vir 4

slaapkamer huis, 2 badkamers

(MES), studeerkamer/inloopkas,

sitkamer, eetkamer, tvkamer/”entertainment

room”,

kombuis. Asook ‘n 2 slaapkamer

“granny flat”. Kort ‘n bietjie verf,

maar baie potensiaal. Skakel vir

Heidi by 031-7011459 (08:00 tot

13:00) / 0849809688

FAMIELIEWONING TE KOOP IN

FOREST HILLS

¾ Slaapkamers (2 en-suite), 3

badkamers

2 sitkamers, eetkamer

pragtige kombuis met aparte

waskamer

reuse onderdak stoep met binnebraai

wat uitloop op ‘n swembad

dubbel motorhuis

bediende kwartiere met sort en

toilet

reuse erf (onderverdeelbaar)

pragtige tuin

(Huis en tuin is in perfekte toestand

– trek net in)

Vir navrae kontak Nico

Koegelenberg 0827746457

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!