04.05.2013 Views

Download File - Inspirasie

Download File - Inspirasie

Download File - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die menings wat in Inspirasie uitgespreek word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Ons

aanvaar geen verantwoordelikheid vir onjuisthede nie, alhoewel ons alles in ons vermoë doen om

te verseker dat die inhoud feitelik korrek is. Alle regte voorbehou

Uit my pen – ’n Hartlike hallo

Evan, jou vriendin in Jesus – As is verbrande hout

Arts and Craft – Die badkamer

Prontuit Gesondheid - Rekmerke

Madré Ttierra - As ek maar net ...geweet het

Willene Claire Venter - Wat as my wens waar was

Kekkelbekkies – As ek maar net kon vlieg - Tannie Heksie

Tarah du Toit – As ek maar net.....

In die kombuis met – Lynette en Tessa – Drie heerlike geregte

Word Wakker Suid – Afrika - ’n Lewe verwoes – Elize Bezuidenhout

Kortverhaal – Wanneer die einde in begin verander - Evan

Uit Danie se hoed – Ons maak ’n voëltjie voerbak

Tessa van der Walt - Die hartseer van As ek maar net

Vat hande met Suné – Plaas ’n wag voor jou mond- Suné Hanekom

By Jesus se voete – As ek maar net in die toekoms kon sien- Lynette Botha

’n Liedjie vir Inspirasie – Can I pray for you.

Bonus vir die kleintjies – Help vir Hasie Kalbassie

Enige klagtes, wenke en bydraes tot hierdie Tydskrif kan gestuur word aan

inspbriewebus@gmail.com

Ek kan dit skaars glo. Dit voel soos gister dat die vorige Redakteur van die Inspirasie, Jaygé

Carstens, my genader het om die Redakteurskap van die Tydskrif oor te neem. Sjoe, ek

was skoon oorbluf, maar tog ook gevlei, om te weet dat hy sy baba in my hande wou laat.

En hier is ons nou, ’n hele jaar later. As ek terugdink aan my eerste uitgawe, hoeveel ek

gesukkel het om al die ratwerk agter mekaar te kry, hoe frustrerend dit was omdat ek dit

nie kon regkry nie, want om te sien wat iemand doen en dit dan op jou eie kilometers

verder sonder hulp te gaan toepas is twee verskillende dinge. Soms het

dit gevoel ek kon my rekenaar deur die diefwering voor my

kamervenster waar ek bedags gesit en werk het druk. My man moes

talle kere my vurige humeur tot bedaring bring. Soms het dit gevoel ek

wil elke vloekwoord in die woordeboek tussen hyperlinks en water en

boekmerke inwurm, maar die spreekwoordelike wag voor my mond kon

darem betyds inskop. Vele oproepe na die vorige Redakteur vir raad het

my ore warm gehou en ek is seker hy het gedink hy was met die domste vrou op aarde

besig, maar as jy nie weet nie vra jy mos.

Tog het die eerste uitgawe met al sy stampe en stote sy weg na die kuberruimte gekry. en

ek was soos ’n kat wat ’n piering room gekry het, maar nie vir lank nie, want die

watermerk op die bladsye was te helder en die mense kon nie al die woorde lekker lees

nie en van die hyperlinks wou nie werk nie.

Met die tweede uitgawe het dit bietjie beter gegaan maar die

agtergrond watermerk wou net nie werk nie en ek het na ’n tweede

onsuksesvolle poging die stryd gewonne gegee en net die agtergrond

gekleur. En sukses het soet in my mond geproe. Ek het baie

komplimente en lofprysing ontvang oor hierdie besluit en vandag ’n jaar

later kyk ek met trots terug oor my handewerk en nie ‘n dag spyt omdat

ek die Tydskrif se leisels oorgeneem het nie Daar is in elk geval nie ’n

beter leermeester as aanhou en probeer nie en so het elke uitgawe my meer en meer

geleer.

Natuurlik is daar dan die een uitgawe wat ek wil uitsonder en dit is die Vrye Teuels een

van September 2012. Van die skrywers het erken dat dit die moeilikste een was om te

doen, want hulle was so gewoond om elke maand ’n tema te kry en skielik kon hulle skryf

waaroor hulle wou en dit het hul skrywers instink ’n bietjie geblok, maar tog

het dit byval gevind onder die lesers,

Ek kan nie anders as om dankbaar en bederf te voel omdat die Here sy

goedkeuring oor hierdie Tydskrif laat neerreën het nie .

Sonder Hom is alles ’n gejaag na wind. Dan is daar natuurlik

my skrywer span. Sommige van hulle het al saam met die

vorige Redakteur gewerk en nou saam met my en is dus al 2

jaar by die Inspirasie betrokke. Ons het ook ’n paar nuwes

bygekry en ek waardeer elkeen van hierdie mensies ten

seerste, want sonder hulle is die Tydskrif soos sout wat sy

smaak verloor het.

Ons as skrywers mag dit nie nalaat om ook ons uiterste dank

aan ons lesers te betuig vir hulle deel aan die Inspirasie se

sukses nie, want sonder hulle sou die Inspirasie net ‘n leë dop

gewees het. Soos ’n toneelstuk sonder sy akteurs. Ek sê ook dankie aan julle.

So hier staan ons dan aan die einde van my eerste jaar en aan die begin van ’n nuwe

tydgleuf en ek hoop en bid dat hierdie Tydskrif net beter en sterker sal groei met elkeen

wat hier lees se hulp en deelname.

Ek groet eers tot volgend maand en ek nooi elkeen van julle om ’n glasie saam met ons

hier by die Tydskrif te klink.

Inspirasie groete

Elsabe

Vir ons nuwe lesers: Kliek op die naam van die artikel en dit

sal daar oopmaak. Om terug te gaan na Inhoud klik op die

prentjie in die linker hoek

ek.., jy, sy, hy, hulle, julle, ons maar net.

As ek maar net....daar was, as ek maar net ....geluister

het, as ek maar net... stilgebly het, as ek maar net.....

gepraat het, as ek maar net ...die Lotto kan wen, as ek

maar net.... geglo het.

Hoeveel keer het hierdie vragie in jou kop gemaal? In my

kop het dit al hordes kere gedraai. Kyk mooi daarna. As

As is ’n woordjie wat presies beteken wat dit sê. As soos verbrande hout se as. As jy hierdie as in

die lug opgooi waai dit weg en verdwyn dit in die niet en dan die ek en ander voorname daarmee

saam, want wat kan ons tog doen. Verwyte en twyfeling en selfkastyding kan niks op sy eie doen

nie.

As kan niks aan gedane sake doen nie. Dit is oor en verby. Maar wat dit wel kan doen is om die

toekoms te verander deur die as in geloof te verander. Die twyfel te laat staan en te glo waaraan

jy in die eerste plek getwyfel het. Met geloof is ’n mens soveel

sterker om daardie twyfel die hok te slaan. Ons kan ons sinnetjie

omdraai en sê: “As ek net vir God in my lewe toelaat en laat

beheer neem en as ek in Hom glo en my geloof versterk, dan ja

dan word die woordjie as kan en die ek word God, my Heer en

saam maak ons of julle ’n sterk span.

God het nie sy seun vir ons gestuur om te twyfel nie. Om ons tyd

om te bekommer met as ek maar net ....nie. Hy het sy seun

gestuur om ons rotsvas te maak en te glo. Sy seun het aan die

kruis al die asse saam met Hom geneem om ons gerus te stel dat

Hy elke as ek maar net met sy bloed bedek het en ons nooit meer

hoef te wonder of ons iets op ons eie kon vermag het nie, want

Hy het dit reeds vir ons gedoen.

Ek het op hierdie pragtige stukkie afgekom

Geloof is trane. ’n Roep na God. ’n Woordelose geskreeu om hulp. Geloof is my hulpeloosheid. My

magteloosheid wanneer mense smekend na my opkyk, vraend, wagtend. En ek smekend na God

opkyk. En my uitsig is wasig deur die trane van magteloosheid. En ek skrik vir die twyfel en die

kleingeloof. Geloof bly ’n wonder. Dit gebeur met jou. Dis genade. (Johan Smit)

Mensies wanneer God die dag jou hart betrek, ai, die heerlikste

belewenis wat daar kan wees. En weereens kan dit gepaard gaan met

trane. Trane van blydskap en magteloosheid omdat ons verstand te

klein is om te verstaan wat gebeur, maar die besef dat daar ’n

wonderwerk in jou aan die gebeur is verstaan ’n mens maar al te goed.

Daarom nooi ek jou vandag om op jou knieë te gaan en die Here in jou

hart in te nooi, indien jy nog nie het nie. Laat sy wonderbaarlike liefde

en genade oor jou stroom en jy hoef nooit weer te worstel met twyfel en kleingeloof nie. Die As ek

maar net.. nie.

Aan julle ander wat al hierdie pad geloop het en die Here in julle lewens aanvaar het bevestig julle

liefde weereens.

Jesus liefde

Volgens ’n berig in die Volksblad: Verkorte weergawe.

’n Man van die Moslem geloof het sy vrou doodgemaak omdat hy haar gevang Bybel lees

het. Toe begrawe hy sy baba wat nog gebors voed is en sy agtjarige kind lewendig saam

met haar. Agt dae later toe ’n familielid tot sterwe kom en die begrawe moes word kom

hulle op die graf af en merkwaardig lewe die twee kinders nog.

Geskokte familielede het aan die dogtertjie gevra hoe dit moontlik is dat hulle na agt dae

onder die grond nog kon lewe was haar antwoord: ’n Man met ’n blink skynsel met gate in

sy hande met bloed daaraan het my kos gegee en my ma wakker gemaak om die baba

melk te gee.

Ongelooflik of is dit. Wie was die man met die blink skynsel. Het die Here aan die Moslems

’n teken kom gee dat Hy werklik is. Wat dink julle?

Kom gesels saam. Stuur gerus julle mening na inspbriewebus@gmail.com

Oulike kinder sêgoed

My kleinseun van 4jr oud noem die reën Liewe Jesus se spreier

Ek het hierdie brokkie inligting raakgelees:

Die Bybel is al verbrand, verban en geïgnoreer. Geleerdes het al

die waarde daarvan probeer verkleineer. Sommige het al beweer

dat dit net uit koddige prosa bestaan en geen bruikbare doel

dien nie. Tog verdwyn dit nie

Dit is die eerste boek wat ooit gedruk is, deur Guttenberg in 1456 en jaar na jaar bly dit

steeds die wêreld se topverkoper. Dit het ’n ontsettende invloed op die Westerse kultuur

gehad en is in meer tale en dialekte vertaal as enige ander boek

En tog ten spyte hiervan word die Bybel deur weinig mense gelees en byna deur niemand

verstaan nie.

Hoekom moet mens nog die Bybel lees?. Is dit nog relevant? Beslis, want soos die skrywer

van hierdie artikel sê: Die Bybel is die Skepper se Instruksie boek. Sy instruksies is altyd van

toepassing

Alle dank aan die skrywer van hierdie interessante leesstof.

Groetnis

Evan

As u sou belangstel om van hierdie literatuur te ontvang kan u skryf aan :

Die Wêreld van môre

Privaat sak X 7

Hatfield

Pretoria

0028

Hulle het/besit baie insiggewende Bybelstudie kursusse. Absoluut gratis

Die badkamer

Hier is die spieël wat ek belowe het. Die duurste item hier sal natuurlik die

spieël wees afhangende hoe groot jy dit wil hê. Ek was

in die gelukkige posisie om hierdie een persent te kry.

Maar soos op die foto gesien kan word, is dit maklik

om hierdie een bymekaar te sit.

Jy neem vier stukke plank vir die raamwerk. Dit kan

maar rof en onafgewerk wees, Die lengtes na eie

besluit. Hang af hoe groot jy wil gaan met hierdie

projek. Dan die Hardboard waarop jy die spieël gaan

monteer. Baie en verskillende soort skulpies in allerlei vorms en klere en

ander see goedjies wat jy bymekaar kan kry en laat jou verbeelding los en

versier jou klaar produk net soos jy dit wil hê.

My spieël het sy plek gevind in daardie inham

waarvan ek laas maand vertel het. Die hout

rakke wat eers bo gemonteer was, het ek

ondertoe geskuif en allerhande glasbottels ens.

daarop geplaas. Rottangmandjies vir sepies en

roompies op die tweede rak en handdoeke op

die derde.

En siedaar ’n pragtige see hoekie wat aanvul by

die gordyne. My huisie by die see-in my

gemakshuisie. Volgende maand wys ek hoe ek ’n houtkissie versier het

vir al my mooimaak goedjies.

Rekmerke

Meeste mammas of selfs mense wat oorgewig was of is sal

dadelik weet waarvan ek praat as ek die woord rekmerke

noem.

Rekmerke is ‘n form van littekens op die vel. Hul word

veroorsaak deur die skeuring van die dermis, wat oor tyd sal

verminder maar, nie heeltemal verdwyn nie. Hul is sag op

aanraking en se kleur verander mettertyd.

Rekmerke is gewoonlik die gevolge van vinnige strekking van

die vel wat gepaard gaan met vinnige groei of vinnige gewig

verandering. Rekmerke kan ook beïnvloed word deur hormoon veranderinge wat geassosieer

word met puberteit, swangerskap of hormoon vervang terapie. Rekmerke wat op die maag,

borste, binne boude, heupe en lae rug voor kom staan bekend as striae gravidarum.

Verskillende behandelinge is beskikbaar om die voorkoms van rekmerke te verbeter, hierdie

behandelinge sluit in laser behandeling asook vele rome en olies wat op die mark beskikbaar is.

Daar is ook bewys dat Vitamien C help met die kollageen

produksie en so ook help met vroeë stadiums van rekmerke.

Dit is baie belangrik om room aan die rekmerke te smeer om

die vel sag te hou. Daar word aanbeveel om die vel 3 tot 4

keer per dag in te smeer met ‘n vogtiger wat coconut botter

of Shea botter bevat.

‘n Nuwe terapie wat genoem word Carboxytherapie is ook

nou beskikbaar hul gebruik ‘n klein naald wat gevul word met koolstofdioksied die liggaam sien dit

as ‘n suurstof te kort en antwoord dadelik daarop deur meer bloed toevoer na daardie area te

stuur. Hierdie toevoer van bloed veroorsaak dat meer bloed vaatjies wat suurstof bevat

vervaardig word. So versterk die vel en na min so 4 tot 6 sessies van die behandeling behoort die

rekmerke veel ligter te vertoon. As die rekmerke ouer is sal dit van 6 tot 8 sessies neem.

Al hierdie nuwe metodes is beskikbaar maar daar is ook baie ou boere rate wat gepaard gaan met

rekmerke. Meng 4 teelepels koffie met 1 koppie coconut olie bring dan tot kookpunt en laat

afkoel , smeer op rekmerke en verbind met sellofaan tot dit verminder. Eet baie lemoene of kiwi’s,

proteïene en kos wat Vit c of e bevat. Vryf jou lyf met olyfolie en vitamien e olie. Gebruik avocado

olie, 7 druppels laventel olie en 5 druppels kamille olien met kakaobotter. Drink gelatien in tee

een teelepel elke oggend en aand.

Daar word ook gesê om Bio olie te gebruik selfs om olie aan te spuit

en in die son te gaan le elke dag so sal dit verminder.

Hierdie is wenke om te gebruik en ek weet elke vrou of selfs man wil

die beste voorkoms moontlik hê maar die mooiste gesegde wat ek nog

gehoor het is “you’re a fighting tiger and you have earned your

stripes”. Dit kan jou herinner aan

daardie moeilike pad wat jy geloop het

om gewig te verloor of selfs daardie

wonderlike bondeltjie liefde wat binne

jou gegroei het vir 9 maande.

Wees eerder net jouself, jy is wie jy is en

die Here het ons elkeen spesiaal gemaak

of dit nou met ‘n rek merk of 2 is. Leef elke dag vir daardie dag en

oomblikke en vergeet van wat ander mense dink, vir jou man en

kinders is jy volmaak met of sonder rekmerke. Dra daardie 2 stuk

swembroek en wees trots op die feit dat jy volmaak en gesond is

en dat jy al paaie in die lewe deurgeloop het.

Twaalf jaar gelede.

Vroegoggend.

Dit was ’n dag soos al die vorige dae

As ek maar net geweet het wat daardie dag sou inhou.

My seun, toe 17 en sy neef, 16 kom by die huis na ’n dubbel skof by hulle werk waar al

twee as Bell operateurs gewerk het (vir die wat nie weet nie, dit is ’n kleiner soort

vurkhyser met drie wiele. twee voor en een agter.) My seun wou net gou was, skoon

aantrek en ietsie eet en dan dadelik weer teruggegaan het werk toe aangesien hulle ’n

tekort aan personeel gehad het.

My seun was ’n motorfiets fanatikus en het hierdie vinnige rooi

motorfiets gekoop om op en af werk toe te ry. Met aanhore van sy

voorneme om terug te gaan werk na ’n alreeds dubbel skof het ek

geweier en gesê hulle moet eers ’n bietjie gaan rus. Hulle kan die

middag teruggaan werk. Sy werkgewer kan ’n ander plan maak. As ek

maar net geweet het wat my besluit sou meebring, sou ek hulle hul

gang laat gaan het.

Die middag toe hulle wou ry wou die motorfiets nie vat nie en my man het aangebied om

hulle gou weggeneem, maar toe kry hy die motorfiets aan die gang en hulle twee is weg

werk toe met die fiets. Hy het ’n bietjie vroeër gery, want hy wou nog by ’n vriend

aangegaan het wat op sy pad gebly het. As ek en my man en die kinders maar net-net

geweet het wat net enkele minute skaars ’n paar kilometer van die huis sou gebeur sou

ons anders opgetree het.

’n Oproep skaars tien minute later het my lewe in stukke laat spat.

Motorfietsongeluk

Ambulans

Man vertrek na toneel

As ons maar net geweet het.

Twaalf jaar later. My seun is al vir 12 jaar ’n kwadrupleeg.

Verlam van die skouers af ondertoe. Hy sal nooit weer iets

vir homself kan doen nie. Hy is lief vir braai en kuier en het

’n goeie humorsin. Hy hou daarvan om mens te vermaak

met sy grappies. Die neef, nee hy het niks oorgekom nie,

behalwe dat hy bewusteloos was en ’n gebreekte kakebeen

gehad het, maar vandag is hy ’n gesonde jong man.

Daarvoor dank ek die Vader elke dag.

As ek maar net die kinders gelos het daardie oggend,

As my man maar net geweet het, sou hy aangedring het om hulle weg te vat.

As hulle maar net geweet het, sou hulle dalk net ’n bietjie later vertrek het.

Al hierdie “asse” het my niks in die sak gebring nie, maar tog het dit my ’n groot geskenk

gebring. Berusting in ons Heer in gebeure waaraan “As ek maar net..” niks kon verander

het nie. ’n Mens maak ’n mens self net siek om te wonder of dinge nie anders sou verloop

het as jy maar net geweet het nie. Ja, ek kon die kinders die oggend gelos het dat hulle

kon teruggaan, maar daar was geen waarborg dat die ongeluk nie daardie middag sou

gebeur het nie. My man kon hulle werk toe geneem het, maar daar was geen waarborg

dat dieselfde in ’n motor kon gebeur het nie. Ja, hulle kon ’n bietjie later vertrek het, maar

ook dit was geen waarborg nie. “As ek maar net..” waarborg niks. Dinge gebeur, al wil ek

soms nog oor my seun se toestand huil het “As ek maar net ... verwyte” nog nooit enigiets

verander en genees nie.

Wanneer dinge gebeur is die Here die enigste hoop om jou te help aanvaar en daarmee

saam te leef.

Deur Willene C Venter

Hoeveel keer sê jy nie die woorde …. – as ek maar net ….? Ek

weet dit is ‘n refrein wat hom al herhaaldelik in my gedagtes en

woorde al afgespeel het.

As ek maar net moet dink aan die mense wat ek verloor het oor die jare heen. Ek sou so

graag weer ‘n keer langs die kombuis tafel wou sit en luister na my Ouma, haar ware

woorde en haar stem. Om weer die reuke van vars gebak en wonderlike kos te ruik. Om te

sit en kyk hoe sy met haar hekel naand die mooiste items lewe gegee het. Baie keer

wonder ek wat sou sy dink van ons hedendaagse lewe. Sy is oorlede voor selfone mode

was en kompers in elke huis bekend was. Ek kan amper haar stem onthou en die woorde –

“you must slow down a bit”. Wat nog te sê van my Pa. As ek weer ‘n slag hom kon vertel

hoe baie hy vir my beteken, Of om dankie te kan sê vir hoeveel hy omgegee het al het hy

nooit dit uitgespreek in woorde nie, was sy dade altyd ‘n weerspieëling van sy hart.

Om hom weer op die stoep te sien en die tabak van sy

sigaret te ruik.

Op skool wou ek so graag ‘n veearts geword het. Ek was

een van die kinders wat nooit werklik boeke oopgemaak

het nie en altyd deurgekom het. Die verskil is, deurkom

skitter is vêr van mekaar af. As ek meer tyd op my studies

gedoen het sou ek op ‘n heel ander plek gewees het.

Vandag sou ek seker iewers gepraktiseer het vêr van

waar ek nou is.

Maar soos ek aan die “wat as?” dink kom die een ding by

my op. As daardie wense waar geword het? Wat dan?

My ouma en my pa het binne hulle eie tyd geleef. Hulle het hulle lewe ten volle gehad en

het dit geleef soos hulle goed gedink het. My vriende en familie wat afgesterwe het het op

hulle tyd, geleef binne hulle hulle tyd en plek. Wat sou dit baat as hulle vandag hier was?

Hulle geskenk aan my is my herinneringe en die diepe spore wat hulle in my lewe gelaat

het. Elkeen het my op een of ander manier iets kosbaar nagelaat en om hulle nou hier te

wil hê is eintlik bietjie selfsugtig van my. Die lewenslesse en liefde het nie saam gesterwe

nie maar eintlik iets kosbaars vir my kinders ook nagelaat. So lewe hulle ook verder.

En as ek nou my skool droom bewaarheid het? Ek sou dan ‘n hele ander lewe gehad het.

Ek sou nooit met my man getrou het nie. Ek sou nie my dogters gehad het nie. Ek sou nie

woon waar ek nou woon nie. My lewe tot op hierdie punt met elke opdraand en elke

mooi sou glad nie werklikheid geword het nie. Ek sou nie op 19 met my man getrou het

nie, ons sou nie saam hard moes werk vir elke item in ons lewe nie. Ons sou nie saam raap

en skraap vir ons woning nie, of so hard saam gewerk het aan die voertuie wat ons passie

was nie. Ek sou nie die herinneringe gehad het van ‘n jaar se naweke langs die see en die

blink lywe wat uitgekom het. Ek sou nie ‘n motorfiets werkwinkel bedryf het nie, of self

gery het nie. Ek sou nie saam met my man na al die

motorfiets saamtrekke gegaan het nie. Ek sou nie elke op

en af saam met hom beleef het in die 3 jaar wat ons elke

week tussen Port Elizabeth en Johannesburg met ‘n trok

gery het nie en later Kaapstad toe ook. Al die mense wat ek

ontmoet het en met ek bevriend geraak het so glad nie in

my lewe gewees het nie. Ek sou nie 8 jaar moes wag om my

oudste te verwag nie. Ek sou nie die hartseer van die

tweeling moes deurmaak nie of die vreugde en angs van

die laatlam 10 jaar na oudste. Ek sou nie my verkyk aan my

kinders se ongelooflike vermoë op hulle gekose terreine. Ek

sou nie saam gehuil het oor drome of verwagtings wat nie

onmiddellik waar geword het nie nog minder van blydskap

saam feesgevier het met elke hoogtepunt.

Sou ek al die wonderlike diere wat deel van my lewe na my skoolloopbaan wou vergeet?

As ek so terugkyk weet ek een ding verseker – ek is so gelukkig hier waar ek nou is. Dinge

is nie perfek nie. Ek leef nie binne ‘n Lala land

nie. Maar ek is so gelukkig nou waar ek is in my

lewe. Die hoogtepunte en die laagtepunte maak

dit als ‘n perfekte hier en nou. Ek hou van elke

liewe ding binne my lewe. Of die huis nog 10 jaar

neem om klaar te kom of ek ‘n briljante sukses

van my besighede maak of te nie – hier, nou,

vandag kan ek heeltemal met alle eerlik sê, my

lewe is gevul tot oorlopens toe vol met diepe

geluk. Ek het vrede met dit wat nie reg is nie, ek

het vrede met die skeef en die krom, ek het

vrede wat met kon of het gebeur want die een dinge weet ek, ek sou my lewe nooit ooit

wou oorhê nie. Ek hou van waar ek nou is, ek hou van wat ek nou doen, ek hou van

myself. Niks kan dit vervang nie.

As ek maar net kon vlieg

Storm klim dadelik van die muur af!

Roep mamma. Ag mamma, dit is so

lekker om so hoog te staan. Dink net as

ek maar net kon vlieg. Storm, ek praat

nie weer nie, kom drink koeldrank en

eet koekies. Sjoe , mamma die

andrenalien is lekker hier bo op die

muur. As ek maar net soos die voëltjies

en skoenlappers kon vlieg.

Storm klim van die muur af met ‘n swaar hart, hy wil so graag vlieg. Hy draf kombuis toe

en drink sy koeldrank. Terwyl hy so sit en koekies eet kry hy n ‘n slim idee. Hy gaan vlieg

en gaan dit aan almal bewys.

Mamma mag ek maar tussen jou lappe gaan krap asseblief? Wat wil jy met die lappe

maak Storm? Ek wil vir my iets maak om mee te speel mamma.

Ja, Storm jy mag maar, onthou net om weer op te ruim hoor.

Storm is soos blits in sy ma se naaldwerkkamer om die perfekte

lap te soek. Hy kry die bloedrooi lap en voel baie trots op

homself. Mission acomplished! Storm bind die rooi lap om sy

nek, kyk vir homself in die spieël. Nou is ek Superman, jippee

ek gaan nou vlieg nes my held.

Storm staan weer op die muur en dink .... nee wat dis te laag.

Hy klim op die motorhuis se dak. Joegaai ! , dis nou net waar ek

wil wees, dink Storm met ‘n opgewonde gevoel. Storm steek sy arms na die kante toe

uit, maak gereed om te vlieg. Hy staan ‘n paar tree terug en begin te hardloop om te kan

vlieg. .........

Eina, my arm pyn! Mamma , mamma asseblief kom help my snik Storm. Ai Storm, wat

het jy nou alweer aangevang? Wag laat ek kyk, nes ek gedink het , jy het jou arm gebreek.

Hospitaal toe met jou mannetjie, jou arm moet gespalk word.

Mamma ek is jammer, ek wou maar net vlieg soos Superman en

Batman. Ek het regtig nie gedink ek gaan my arm breek nie, huil

Storm. Ai my kind dit is net stories en nie die werklikheid nie.

Ja maar mamma ek wil ook vlieg , so hoog bo in die lug en

dan om af te kyk na die mense daaronder. Storm , die mens sal

nooit so kan vlieg nie. Die enigste manier om te kan vlieg is om

hard te leer en dan ‘n vlieënier te word en ‘n vliegtuig te vlieg.

Storm, stories soos Superman en Batman is alles verbeelding.

Daar is slim mense in Hollywood wat alles op die rekenaar

laat lyk of dit eg is. Ek weet hulle is jou helde , maar nou

het jy jou arm gebreek en dit is nie lekker nie ne.

Storm jy kan steeds elke dag vlieg deur mooi op te let in

die skool en jou huiswerk te doen. Jy kan elke kwartaal ‘n

rapport huistoe bring waarop jy baie kan trots wees. Jy

kan vlieg deur altyd goeie maniere te openbaar.

O , ok mamma ek verstaan; ek sal probeer om toe te pas

wat mamma my vandag geleer het. Ek het ook geleer dat

die mens nie kan vlieg op hul eie nie en dat ek nie my helde moet slaafs navolg nie.

Ai , as ek maar net kan vlieg.......

Bekende woorde: As ek maar

net………. Vandag wil ek vir

julle `n ander prentjie skilder

van: As ek maar net……….

Toe ek in die wêreld was het

ek nogal baie daardie woorde

gebruik. “As ek maar net…..”,

maar wanneer daardie woorde

by my opgekom het, was ek

platgeslaan, in `n put en my

toekoms was donker. Alles om

my het inmekaargestort, want

as ek maar net `n ma gehad het om na te luister sou ek nie in my jongmeisie- wees- dae

vrae gevra het oor my deurmekaar lewe op daardie tydstip nie. As ek maar net my man

voor die tyd kon ontmoet het, was ek nie twee keer geskei nie. As ek maar net geweet het

dat die lewe so onregverdig was, het ek nie kinders gehad nie. As ek maar net geweet het

dat ek wel mense kan vertrou, het ek nie hulle so seer gemaak nie. Soveel “As ek maar

net……” geweet het vrae in my lewe wat my selfbeeld aangetas het, wat my onder gehou

het in lewensbesluite. Soveel “as ek maar net……” vrae wat my laat twyfel het aan God se

bestaan; laat wonder het hoekom gebeur net slegte dinge met my.

Vriende en vriendinne as jy nog steeds vandag sit met vrae soos: “as ek maar net…..”wil

ek vir jou `n geheim vertel. As ek nie die antwoord gekry het op al my: “as ek maar

net……” vrae nie sou ek nie vandag `n lewende getuienis wees nie. Ek wil vandag vir Abba

Vader dankie sê dat ek die krag ontvang het om daardie vraag se geheim te ontsluit. Al my

“as ek maar net…..”vrae het my harder laat probeer om die waarheid uit te vind. Sou ek

dalk `n moeder gehad het op daardie tydstip van my lewe, sou ek nie vandag vir die wat

moederloos is kan sê dat God jou Vader en Moeder kan wees. Sou ek nie vandag geweet

dat dat ouers in kinders kan faal, maar God nooit. Sou ek nie geweet het dat ek op aarde

gesit is om my ouers by te staan in plaas van om hulle af te druk nie. Ek sou nie die

antwoord ontvang het dat my

verkeerde keuses my op plekke laat

beland het, maar binne God se

beskerming geplaas het, sodat ek kon

leer deur my foute nie. Vandag kan ek

met geskeide mammas werk en pappas

werk om hulle “as ek maar net….”vrae te

beantwoord sodat hulle kan sien dat God

by hulle in daardie tye is en hulle sterk

maak om by die waarheid uit te kom .

Wat het dit vir my beteken om by die

waarheid uit te kom? Wie en wat is die

waarheid? Die waarheid is Jesus Christus

want daar is geen leuen in God nie. Die

leuen wat ek geglo het was: As ek maar

net…. Die waarheid is Jesus wat sê ek moes by Hom uitkom sodat ek die waarheid weet

en dit is: Dat Hy alles ten goede laat uitwerk vir wie in Hom is. Nou, vandag kan ek daardie

waarheid oordra aan my kinders en uitleef in die bediening sodat hulle moet weet dat

God `n plan met alles het. Al jou donker putte en vrae is verkeerde keuse (denkwyses) wat

beïnvloed is deur duisternis om God te bevraagteken. Snaaks, daar is soveel mense wat

God ontken maar die eerste vraag wat hulle vra is: Sien jy daar is nie `n God nie,

want……..? Of hulle laat ander twyfel om te sê: Hoekom glo jy aan `n God wat……..?

Laat jou denkwyse vandag verander word sodat jy kan sien dat jou pad wat jy geloop het

daar gestel is om ander te help wat dieselfde pad loop as wat jy geloop het. Leer gou

agterkom dat die waarheid nie seer maak soos die wêreld kennis dit oordra nie, maar dat

die waarheid jou vrymaak deur die leun uit te ken. Laat jou put van ervaring `n ervaring

word van uitkoms deur nader aan God te beweeg en nie nader aan depressie te leef wat

net nog meer: As ek maar net…… vrae by jou laat gebore word.

500g Jogurt.

250g Soet room.

1 Blok kaas.

1.5 kg mayonnaise.

1. Kook noedels. Spoel goed af met koue water.

2. Sny bacon in klein blokkie en braai.

3. Sny marshmallows en cherries in die helfte

4. Sny die Vienna’s en kaas in blokkies.

4. Gooi als in n lekker groot bak en meng goed.

Lynette

Easy rice pudding

Made too much rice? Use it for this easy and delicious pudding.

[Makes 6 individual puddings]

2 cups cooked rice

2 large eggs

¼ cup sugar

Noedelslaai Tessa

1 Pak noedels.

1 Pak Vienna’s van 12.

1 Pak bacon.

1 Pak marshmallows.

1 Pak cherries van 12.

1 Blik kondensmelk.

¼ tsp. salt

2 cups milk

½ tsp. vanilla extract

freshly grated nutmeg

1 Preheat the oven to 180ºC.

2 Beat eggs, sugar and salt.

3 Scald the milk (heat it to just below boiling

point) and stir into the eggs along with the vanilla

extract and nutmeg.

4 Add the rice and blend until smooth. Spoon into six 250ml ramekins.

5 Sprinkle nutmeg on top of each pudding and place the puddings into a baking dish filled with

water so that the water comes halfway up the sides of the pudding.

6 Bake for 20–30 minutes or until a knife inserted comes out clean. Allow to cool to room

temperature and serve, or refrigerate and serve chilled.

Lewer 4 - 6 porsies

1 kg stokvis stukke

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml (1 k) koekmeelblom

2 ekstragroot eiers, geklits

? 125 ml (½ k) kookolie

3 groot uie, geskil en in skywe gesny

? 375 ml (1½ k) bruinasyn

60 ml (¼ k) water

45 ml (3 eetl.) suiker

5 ml (1 t) borrie

10 ml (2 t) kerriepoeier

1 ml fyn paprika

4 lourierblare

8 peperkorrels

sout na smaak

1. Plaas visstukke in ’n bak. Indien bevrore vis gebruik word, laat ongeveer 30 minute staan om

effens te ontvries. Meng geurmiddels met meel. Rol vis in die gegeurde meel.

2. Verhit ’n braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eier en plaas direk in die warm olie. Braai

vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant of tot goudbruin. Verwyder uit olie en dreineer.

3. Sous: Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute.

4. Plaas die helfte van vis op bodem van ’n diep opdienbak. Giet die helfte van uiemengsel oor.

Herhaal met vis en sous en plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek.

Bediening

Bedien die vis met hot cross buns, broodrolletjies of selfs kapokaartappels.

Variasies

• Vervang die stokvis deur kabeljou of enige ander vis van jou keuse. Die filette kan in enige

groottes of vorms gesny word. • Kruie van jou keuse kan ook bygevoeg word.

• Speserye soos koljander en komyn kan ook gebruik word.

Gebruik van vis

As jy baie vis gevang het, is dit ’n gulde geleentheid om sommer baie in te lê en te bottel vir latere

gebruik. Dit is verkieslik om vars, wit vis wat ferm is te gebruik, maar bevrore vis maak net sulke

lekker kerrievis.

As bevrore vis gebruik word, gebruik van ’n bevrore stadium, ontdooi net effens. Ek vind altyd as

bevrore vis heeltemal ontdooi word, is dit pap en die vis hou nie werklik sy vorm so goed nie.

Daarby word dit ook meer waterig.

Maak van kerrievis

• Wanneer die kerrievis gemaak word, proe die sous en besluit self of dit nog asyn, sout of suiker

benodig. Dit kan aangepas word na persoonlike smaak. Die sous kan ook effens verdik word met

’n pasta van die meelblom waarin die vis gerol is. Dit sal egter nie so lank hou soos sonder die

meel nie.

• Die idee met kerrievis is om lae vis in ’n bak te sit en dan die sous oor te gooi. Dit word dan

herhaal met nog vis en nog sous.

• Nadat die vis gemaak en afgekoel is, bedek en plaas in die yskas. Ná 2 of 3 dae is dit werklik

smaaklik en gereed om te geniet.

• Lourierblare en peperkorrels dra by tot die besonderse smaak van die kerriesous. Lourierblare

word gebruik in geregte of souse wat gewoonlik gekook word. Dit blare word verwyder voor

opdiening.

• Geniet die kerrievis verkieslik koud uit die yskas.

Lourierblare (Bay leaves)

Lourierblare is vars of gedroog in karton boksies by supermarkte beskikbaar. Dit word gebruik om

ekstra smaak aan geregte te gee, soos kerrievis of selfs bobotie. Gebruik net ’n paar blare, want

die geur kan sterk en oorheersend wees. Indien lourierblare nie beskikbaar

nie, vervang dit deur suurlemoenblare.

Word wakker Suid-Afrika! ! ! !

ʼn

Ek sit oorkant Sarah* sy is maar 16 jaar oud, klein gebou maar haar gesig

spreek van die pad wat sy geloop het. My hart breek vir haar, terselfdertyd wil ek braak,

wil ek moor, wil ek haar vasdruk en alles weg vat. Sarah is ʼn slagoffer van mense handel.

Haar storie begin soos baie ander slagoffers. Sy kom uit ʼn arm buurt; ʼn gebroke huis. Haar

pa ken sy glad nie, dié het sommer toe sy drie maande oud was die pad gevat. Haar ma is

ʼn volslae alkoholis Daar was nooit geld vir ʼn ma en dogter dag nie, vir mooi goed nie maar

vir drank was daar altyd geld.

Sarah het vir Michael* ontmoet via MXit. ʼn Oulike, Christen ou

wat haar verstaan het. Hulle het mekaar skelm begin ontmoet

en haar hart het nou wraggies tjoklits geklop. Hy was ‘n

aantreklike donkerkop ou met hemelblou oë, sagte glimlag en

nooit iets verwag nie.

Hy het vir haar Kentucky gekoop, ʼn hangertjie by PEP en sy het

gedink sy het nog nooit so iets moois gesien nie.

Stadig maar seker het sy al hoe meer verlief geraak en geglo hy is die einste ridder op die

wit perd.

Maar hy het met ʼn plan gewerk. Hy het presies geweet wat om

te doen, te sê, te glimlag.

Na 6 maande vra hy haar hoekom loop sy nie saam met hom

weg nie. Hy sal na haar kyk, haar beskerm, vir haar sorg…en sy?

Sy het hom geglo.

Dit was ʼn heerlike lente oggende twee jaar terug toe sy skool

slip en saam met hom gaan, skoenlappers in die maag,

opgewonde en tog half skrikkerig .

Ongelukkig het die skoenlappers omgesit in ʼn naar kol en die skrikkerigheid tot ʼn

nagmerrie.

Michael vat haar Johannesburg middestad toe om gou by sy vriende te stop. Min wetend

die vriende is mensehandelaars ry sy saam.

Sy vriende was nie “bad “nie , hulle was

vriendelike en het self vir haar koeldrank

ingegooi. Toe sy begin naar en duiselig voel se

Michael vir haar om op die bank te lê. Sy wil

stry, maar hy stel haar gerus en sê sy moet

ontspan, hy sal sorg dat sy niks oorkom nie.

Toe sy haar oë oopmaak – is sy op ʼn heel

ander plek maar Michael is daar. Haar lyf voel

seer, nie oefen seer nie maar SEER,; sy is naar en haar oë wil net toeval. Die ergste was die

deurdringende kloppende eina seer tussen haar bene. Sy kyk af en sien bloed, maar

Michael is daar, hy sal haar mos help?

Maar dis nie die Michael wat sy leer ken het nie; hierdie een se oë is hard en hy het ’n

siniese trek om sy mond. Toe sy kla – lag hy net. HY LAG EN EK BLOEI!!!!!.

Toe sy behoorlik by kom, kom sy agter dat sy in ʼn heel ander provinsie is en Michael

bevestig dit- met ʼn harde trek om sy mond en ʼn duiwelse glinstering in sy oë sê hy hulle is

in Durban. Haar lyf is seer...sy drink verward die koeldrank wat hy haar aanbied terwyl sy

wonder wat met hom aangaan...hy is so anders.

Sy word wakker van ʼn snydende onuithoudbare pyn. ...NEEE iemand verkrag my!!!! Sy

skop en skree maar haar lyf wil nie saam werk nie en haar

stembande ook nie.

Dan voel sy die volgende ou en die volgende een. Dis

onuithoudbaar seer....

Sarah huil onbeheersbaar en ek saam met haar...die res

van die storie kom hortend deur.

Ek gaan vir julle die gory details spaar....

Sarah is as seksslaaf gebruik vir twee jaar. Vol dwelms

gepomp, aangerand en uitgeleen vir wie ook al wou betaal.

Eendag het sy genoeg gehad en weggeloop. Ja hulle soek

haar en was al ʼn paar keer by haar ouer huis maar sy wil niks weet nie.

Sarah is 16 jaar oud, het 5 verskillende seksueel oordraagbare siektes onder anders VIGS.

Sy is kwaad sy is hartseer, sy is verbitterd.

* Skuilnaam.

• Volgende maand sal die res van Sarah se verhaal vertel word…bly dus ingeskryf

Ek wil graag jou verhaal hoor. IS jy gemolesteer, verkrag , mishandel of misbruik? Vertel

my daarvan.

Alle name sal verander word sodat u nie uitgeken word nie.

e-pos : watervalcrisis@gmail.com

W a n n e e r d i e e i n d e i n b e g i n

v e r a n d e r .

“Jennifer, trou met my. Gaan saam met my. jy weet ek is

oneindig lief vir jou en jy weet ek kan goed vir jou sorg.”

Jennifer staar net oor die strand na waar die brandertjies

breek en dan weer gulsig deur die see ingetrek word. Sy hoor

wat Donovan vir haar vra, maar haar gedagtes beweeg in ’n

ander rigting. Sy dink aan Karel. Wat sal van hom word as sy

besluit om weg te gaan. Sy is lief vir Donovan en sal so graag

sy vrou wil word, maar dit is Karel se gesig wat voor haar dans.

“Kyk vir my, my meisie. Toe kom wat sê jy. Ons trou voor ek moet vertrek. Wanneer ek

dan my sake afgehandel het, kan ons op ons wittebrood vertrek.”

Jennifer kyk na Donavan. Haar oë vol trane. Hoe lief is sy nie vir die man hier voor haar

nie, maar die noodlot het haar gekierang en sy kan nie met hierdie man trou nie. Gebeure

laat dit nie toe nie. Dan skud sy haar kop en sê saggies. “Donovan, jy weet dit is buite die

kwessie. Ek kan nie met jou trou nie. Nie nou nie. Ook nie later nie.”

“Dit is oor Karel, is dit nie. Jennifer wanneer gaan jy ophou hiermee. Jy kan nie aanhou

waarmee jy besig is nie. Breek weg. As jy dit nie nou doen nie gaan dit jou hele lewe ’n

houvas op jou hê”.

“Ek is jammer, so jammer Donovan, maar die lewe het ’n ander pad vir my gekies. Gaan

nou en vergeet van my. Jy sal iemand anders vind wat jou sal gelukkig maak. Jou toekoms

lê nie by my nie.”

“Jenny, engel, asseblief, dink hieroor.”

Jennifer weet Donovan is nou naby desperaat. Sy weet, want sy ken hom so goed. Hy

noem haar net Jenny wanneer hy by haar pleit. Sy kyk weereens oor die see en staan op

by die tafeltjie agter in hoek van die restaurant waar hulle altyd ontmoet en stap om na

hom. Sy plaas haar lippe op syne en stap dan vinnig weg voor hy die snikke deur haar bors

hoor skeur.

Donavan bly verslae en hartseer agter. Hy was so seker hy sou tot haar deurdring. Hoe

lank gaan sy nog bly vaskleef. Hy staan op en loop na die deur. Dan kyk hy nog ’n laaste

keer om na die tafeltjie waar hulle altyd gesit het. Stadig stoot hy die deur oop en loop na

sy luukse sportmotor. Daar waar Jennifer se motortjie langs syne gestaan het, is nou net

’n leë parkeerplek. Hy klim in sy motor en ry weg.

“Jennifer is dit jy,” klink sy stem bars en onbeskof in die gang af. Waar de duiwel was jy

gewees. Jy weet jy moet direk na werk huis toe kom om na my om te sien. Kom hier en

kom maak vir my koffie sodat jy my bad kan gaan regkry daarna. Magtig meisiekind maak

gou!”

“Hallo Karel”, groet Jennifer moeg. Dit is wat hy haar maak. Moeg. “Hoe was jou dag,” vra

sy sonder enige regte belangstelling. Dit is meer uit gewoonte anders moet sy weer hoor

sy stel nie belang nie. Voor Karel antwoord weet sy alreeds wat hy gaan sê.

“Hoe dink jy kon my dag wees. Jy kan heerlik daarbuite rondrits en ek moet hier sit. Net

deur die venster kyk en sien hoe ander mense op en af beweeg.”

Jennifer sit sy koppie koffie langs hom op die tafeltjie neer. “Jou koffie Karel. Is daar nog

iets wat ek vir jou kan bring voor ek badkamer toe gaan om jou bad gereed te kry.”

“Nee, los. Gaan kry net klaar sodat ons kan eet en kamer toe kan gaan. Daar is dinge wat

ek wil gaan doen op my rekenaar.”

Op pad na die badkamer loop Jennifer by Karel se kamer verby en sy kyk onbewus sy

kamer binne en wat sy op sy rekenaarskerm sien walg haar tot die uiterste toe. Sy stap

vinnig verby en probeer doelbewus om aan iets anders te dink.

Jennifer plaas die laaste bord van die aand se skottelgoed in die kas. Nou kan sy heerlik

gaan ontspan in ’n warm bad om haar moeë liggaam en gees te rus. Vanaand voel sy

ekstra moeg. Veral na die emosionele afskeid tussen

haar en Donovan. “Wat gaan ek tog sonder hom doen.

Ons ontmoetings en tye saam was al wat my nog krag

gegee het om aan te gaan. Wat is die nut dan nou nog?”

Sy sak in die heerlike warm water en lê agteroor. Die

trane wel in haar oë op. Hoe het dit gekom dat sy in

hierdie situasie beland het? Hierdie afgelope drie jaar

van uiterste hel. Die tirannie en walglike optrede van

Karel. Haar gedagtes gaan terug na daardie aand. As sy maar net daardie aand by die huis

gebly het soos sy wou. As haar vriendin nie so aanhoudend aan haar getorring het om

saam met haar te kom fliek nie. As sy maar net die ander roete gekies het, sou hierdie

dinge nie nou haar lewe versuur het nie.

Asof dit gister gebeur het sien sy die man van nêrens af oor die pad gestap kom. ’n vinnige

pas. Asof hy vir iets weggehardloop het, maar voor sy kon rem het sy hom getref. Hy het

oor die motor se enjinkap gerol en aan die ander kant van die motor beland. Sy het

uitgespring en om die motor gehardloop na waar die man op die grond gelê het. Stil,

amper leweloos. Sy het dadelik die ambulans en die polisie gebel en na ’n tydjie se gewag

het hulle opgedaag en is later met die bewustelose man daar weg.

Later by die hospitaal het sy verneem dat hy reeds sy bewussyn herwin het en dat hulle

nog besig is met toetse is om die omvang van die skade vas te stel. Sy moet maar die

volgende dag terugkom. Sy onthou daardie slapelose nag en hoe sy daardie oggend vroeg

weer by die hospitaal opgedaag het.

Die man in die bed was heel vriendelik en het homself as Karel Botes bekend gestel. Heel

verskonend en erkentlik dat dit sy skuld was. Hy moes van beter geweet het. Jennifer was

verlig en het Karel na die voorval ’n keer of twee gaan besoek.

Daarna het Karel vir ’n wyle uit haar lewe verdwyn. Was net

weg toe sy hom weer wou gaan besoek. Sy het toe maar

aangegaan met haar lewe.

Drie maande later is daar ’n klop aan haar deur en toe sy

oopmaak staan Karel daar. Erg mank en met krukke. Toe sy

hom binnenooi kon sy sien hoe moeilik hy loop. Hy was ietwat

onvriendelik en het erg op haar gevoelens gespeel en haar direk

blameer vir sy situasie. Dat hy sy werk verloor het en was dit

nie vir die lewensversekering wat hy gehad het nie was hy nou pennie loos, maar dit sal

ook nie vir altyd hou nie en omdat sy vir sy ongemak verantwoordelik was, sou sy moes

betaal. Hy het sy woonplek en sy motor verloor omdat hy dit nie meer langer kon betaal

nie.

Jennifer het skuldig gevoel en die man ingeneem en hom

versorg, maar soos die tyd aangestap het, het hy al hoe

meer begin om haar lewe oor te neem. Hy het een

botteltjie bier na die ander gedrink en geen bydrae tot die

huis of enigiets anders gedoen nie. Self sy duur medikasie

moes sy voorsien.

Dit was sowat ses maande na die gebeure dat sy vir

Donovan ontmoet het. Dierbare Donavan. Die een of twee

keer wat hy haar by die huisbesoek het, het Karel Donavan soos ’n krimineel behandel en

sy het besluit om hom nie weer huis toe te nooi nie. Karel het haar die lelikste goed

toegesnou toe hulle alleen was.

“Jou gevoellose slet. Jy baljaar die wêreld vol en geniet elke oomblik daarvan terwyl ek

hier moet sit en vergaan en dit is jou skuld dat ek kreupel en vermink sit. Watter vrou sal

ooit na my kant toe kyk. Jy sal betaal. Ek sê jou, jy sal betaal hiervoor.”

Skielik is daar ’n gehamer aan die badkamer deur” Sit en slaap jy in die bad, vroumens. Dit

is tyd vir my medikasie. Roer jou en bring sommer nog ’n paar biere saam wanneer jy

kom. Ek is dors!”

Jennifer skrik uit haar gedagtewêreld en klim vies uit die bad.” Heer asseblief ek weet ek

het skuld aan hierdie man se toestand, maar is daar nie vir my ’n uitkomkans nie . Het ek

nie al genoeg betaal nie. Hoe lank moet hierdie teistering nog aanhou,” :bid sy haar

woordelose gebed so baie ander kere tevore.

Sy loop amper sleepvoetend na sy kamer met sy medikasie in die een hand en sy twee

botteltjies bier in die ander. Sy plaas sy medikasie voor hom neer en ook die bier.

“Jy moet ophou om jou medikasie met drank te drink Karel. Dit is nie goed vir jou nie. O,

ja dit was ook die laaste bier in die yskas”, :sê Jennifer en draai om om die kamer te

verlaat.

“Idiotiese vroumens, kan jy nie sorg dat daar genoeg is nie. Moet ek dan altyd vir jou dink.

Jy sal môre moet sorg dat hier vroegoggend afgelewer word. Ek

kan nie van die dors doodgaan terwyl jy nie hier is nie en moenie

ook nie vir my vertel wat ek mag en nie mag doen nie. Jy het geen

reg nie. As dit nie vir jou was nie...,”, maar hy los sy sin in die

helfte ongesê. “Loop net hier uit voor ek jou met die verdomde

kruk bykom en klop in die vervolg voor jy my kamer binnekom.

Kan ’n mens dan geen privaatheid hê nie.”

Jennifer draai om en loop by die kamer uit en gaan haar kamer

binne. Sy druk die deur agter haar toe. Sy voel vuil al het sy skaars

tien minute terug uit die bad geklim. Karel se woorde kleef aan

haar soos ’n vetterigheid. Met sterk hale smeer sy die lyfroom oor haar vel asof sy sy

woorde wil bedek en klim dan tussen haar lakens in om in die vergetelheid van slaap te

verdrink.

Dit is twee dae later en Jennifer is net gereed om die deur oop te maak om te gaan werk

toe daar ’n geklop aan die deur is. Sy skrik half toe sy die manne in blou uniforms voor

haar deur sien staan. Agter hulle gewaar sy vir Donovan. Sy kyk hom vraend aand.

“Jennifer Russouw,” sê die een man.

“Dis reg ja. Waarmee kan ek julle help. Is iets verkeerd”

“Is hier ’n ene Karel Botes by jou woonagtig,” vra die polisie sersant weer.

“Dit is reg ja. Hoekom soek julle hom. Hy kon tog niks verkeerd gedoen het nie, want hy

gaan nooit êrens heen nie.”

“Dame kan u ons asseblief na hom neem. Ons sal later verduidelik.”

Jennifer maak die deur wyer oop sodat die manne kan inkom.

Dan stap sy voor hulle uit en kom voor Karel se deur tot

stilstand. Sy klop en wag tot hy haar toestemming gee om in

te kom.

“Jennifer, asseblief kom tog in, vroumens. Wat draai jy so. Ek

het werk om te doen op my rekenaar.”

Sy stoot die deur oop en laat die manne ingaan. Sy sien

terselfdertyd die verwarring en skok op Karel se gesig toe hy die manne in blou sien.

“Karel Botes, alias Carl de Milander, ons neem jou in hegtenis vir die onwettige handeldryf

met kinderpornografie en verskeie aanklagte van bedrog. Jy het die reg .......”

Jennifer luister nie meer nie. Sy draai geskok om en loop terug na haar sitkamer waar

Donovan steeds staan en wag. Hy sien die ongeloof op haar gesig en loop nader. Hy trek

haar styf teen hom aan.

“Toemaar my meisie, alles is nou verby. Jy is bevry van jou gevangenskap van hierdie

skelm. Nou kan jy met jou lewe aangaan sonder om skuldig te voel.”

Jennifer kyk op na hom. Sy kan nog steeds nie glo dat hy hier voor haar staan nie.

“Hoe is dit dan dat jy nog hier is, Donovan. Jy moes al gister vertrek het”.

“Kom sit hier langs my dan vertel ek jou alles”. Hulle gaan op die

rusbank sit. “Ek was reeds op die lughawe om te vertrek toe ’n

plakkaat teen ’n kennisgewingbord my aandag trek. Dit was ’n foto

van ’n man. Die foto het onmiddellik my aandag getrek, want ek was

seker ek het die man al voorheen gesien. By nadere ondersoek het

ek gesien dat dit Karel was. Ek het gesien dat hy gesoek word vir

verskeie aanklagte van bedrog. Ek het dadelik na die polisie gegaan

en hulle vertel wat ek weet.”

Daardie oomblik kom die polisiemanne met Karel verby. Sy hande agter sy rug vasgeboei.

Jennifer slaan haar hand voor haar mond van skone verbasing, want Karel loop so

normaal soos sy en Donovan. Daar is nie ’n teken van mankheid by hom te bespeur nie.

Die polisieman draai na haar.

“Juffrou ons sal later iemand oorstuur om die rekenaar te kom afhaal. Op daardie manier

kan ons heel moontlik die ander wat saam met hom in hierdie misdryf betrokke was

opspoor. Mnr. Mostert sal u oor alles inlig en dan kan hy u later na die aanklagkantoor

bring sodat u ’n verklaring kan aflê oor die gebeure hier . Ons neem nou maar eers die

vent na die polisiekantoor vir verder ondervraging. Sien u dan later.”

Donovan maak die deur agter die manne toe en gaan sit weer langs Jennifer.

“Botes is blykbaar ’n ou kalant. Hy het soos ander kere, doelbewus voor jou motor

ingeloop. Hy maak eers die persoon gerus en eis van sy versekering en dan speel hy op

mense se gevoelens soos met joune. Wanneer hy dan uitgekuier is beweeg hy aan na ’n

ander streek en vang weer sy manewales aan. Gewoonlik bly hy nie so lank op een plek

nie. Jy was net meer kwesbaar as die ander. Wat die pornografie betref het hy mense

gehad wat die foto’s geneem het dan het hy dit verwerk en verder versprei op die net.”

Jennifer kan nie glo wat sy hoor nie. Dit alles hier reg onder haar neus. Dan onthou sy die

foto wat sy op die rekenaar gesien het en ook hoekom hy in die laaste tyd so besig was op

die rekenaar en ook dat sy aangesê was om eers aan sy deur te klop voor sy mag ingekom

het. Sy kry weer daardie vuil gevoel van vetterigheid wat aan haar kleef en ’n rilling loop

teen haar ruggraat af. Donovan merk dit op en trek haar weer styf teen hom vas. Nadat hy

haar ’n tyd vasgehou het neem hy haar selfoon en soek na haar werk se telefoonnommer

en bel om vir haar verskoning te maak vir die dag. Daarna lei haar na buite om ’n lang ent

met haar te gaan ry sodat sy kan ontspan.

Terug by die huis nadat die speurders die rekenaar kom

verwyder het, het Jennifer in Karel se kamer sy klerekaste se

deure oopgemaak. Daarin het sy sy identiteit as Carl de

Milander gekry en ook kartondose vol van die medikasie wat

sy moes aangekoop het. ook het sy op sy versekerings

dokumente en talle obskure foto’s gekry. Hoe kon sy so dom

gewees het om niks agter te kom nie. Sy het dit alles in ’n

houer verpak en met haar besoek aan die aanklagkantoor

aan die speurders oorhandig wat die saak verder ondersoek

het.

Dit is drie dae later. Donovan en Jennifer staan op die vertrekpunt van die lughawe. Sy

draai om en kyk terug in die rigting van die groot deur by die ingang. Sy kan nie glo wat die

afgelope paar dae gebeur het nie. Alles was so vinnig. Dan kyk sy af na haar linkerhand

waar die ringe aan haar ringvinger skitter. Sy draai om en kyk in haar man se oë en

glimlag. Dankbaar dat hier afgelope paar dae se gebeure se einde vir haar ’n nuwe begin

gebring het. Sy plaas haar hand in die van haar man en saam stap hulle oor die

aanloopbaan na ’n nuwe lewe wat vêr agter die horison op hulle wag.

Evan

Ons maak ’n voëltjie voerbak

Goeie môre al ons Inspirasie lesers..

Vandag wys ek julle hoe maklik dit is om ‘n voëltjie voer bak te maak...

Benodighede

n ou pot deksel, ‘n blikbord, ‘n ou blikbeker en draad ...As jy ‘n stukkie bamboes het is dit

‘n bonus....

Plaas die deksel op die blik bord en slaan 4 gate in met n dakspyker soos op die foto...knip

jou draad in ewe gelyke lengtes en druk dit deur die bamboes....As jy nie bamboes het nie

sal die draad voldoende wees.....

Nou met die winter op hande begin jou Ranunculus bolle te plant verkies baie son en sal

vir jou lieflike blomme Jul, Aug en Sept gee....Ook wat mooi blom in volle son is Winter tall

dit is n gewone pakkie Scatter saad wat die mooiste blommetjies verskaf....En vir die

mense wat baie skaduwee het kry vir jou Shade Mixer(Sakata) is die verskaffer....

Geniet n pragtige winters tuin

Groete

Danie

As ek maar net....dis hartseer woorde veral as hulle saam in een

sin gebruik word.

As: mense sê dit is verbande hout, maar ek kan solank sit en

droom oor my lewe en elke keer is die woordjie as daar. Ja ek weet dit is klaar in jou

verlede en mens kan dit nie verander nie, maar dag droom is een van my gunsteling dinge

om te doen. En deur die woordjie as kan jy baie dinge anders doen in jou toekoms.

Maar mens kan soms nie help wat in jou lewe gebeur nie en moet maar net vrede daar

mee maak. Dit frustreer jou en maak jou soms

voel dat jy niks werd is nie, maar die waarheid is.

Daar is altyd iets wat jy daar aan kan doen. Jy

kan of vrede daarmee maak en jou lewe kan

makliker wees of jy kan stry daar teen en dan

voel dit vir jou jy het hel op aarde.

Sit dit nou saam dan kry jy daai hartseer: as ek

maar net. Elke mens wat ek ken kan jou iets

vertel van as ek maar net en dis elke keer ‘n hartseer storie. Maar kom ons wees bietjie

eerlik as jy dit kon oordoen sou jou lewe nog steeds die selle gewees het of sou hy dalk so

gedraai het dat jy dalk glad nie gelukkig sou wees vandag nie. So wees dankbaar vir daai

drie ou woordjies. Jy weet nooit hoe so dit eintlik uitgedraai het as dit regtig so gebeur het

nie.

Plaas ’n wag voor jou mond

Wait for 10 seconds before you speak

‘coz when you`re angry, self-discipline is weak

Remember God wants us to respect each other

So use kind words towards one another

Ek het van kleintyd af geleer dat mens moet ‘n wag voor jou mond sit. Ek het nooit regtig

verstaan wat dit beteken nie. Volgens my gaan elke woord eers deur jou kop voor dit by

jou mond uitkom. Ek was egter super verkeerd met daai stelling.

Soos baie ander mense is ek baie vinnig om my mond oop te maak en te se hoe ek voel as

kwaad is. Ek sê dinge baie vinnig hoe ek voel ongeag of my woorde die ander persoon

gaan seer maak

Julle kan nie stry nie, dit raak nogal moeilik om tot tien te tel voor jy iets terug sê wanneer

iemand jou so pas sleg gesê het of as jou

onderwyser jou onnodig uitskel of plein weg net as

jou vriendin jou verkeerd opvryf. Vir die van julle

wat dit regkry om kalm te bly… ek haal my hoed vir

julle af. Well done.

Die probleem met woorde is dit kan ander troos of

geluk bring, maar mens se tong kan net so kragtig

seermaak soos ‘n swaard. En die probleem wat

daarmee kom, is dat geen woorde teruggetrek kan

word as dit klaar gesê is nie.

Het jy al ooit iets vir iemand gesê uit woede en dan na die tyd wanneer jy gekalmeer het,

by jouself gedink “as ek maar net tot tien getel het”? Ek het al baie, en al wat dan deur my

kop gaan is: As ek maar net stil gebly het of gewag het tot ek rustig was.

Ek wil julle elkeen hierdie maand uitdaag om `n wag voor julle monde te sit en te tel tot

tien. Ek sê nie dit gaan maklik wees nie, maar spyt kom altyd te laat, so hoekom probeer

ons nie om so te praat sodat ons nie later spyt sal wees nie.

As jy soos ek dalk ook sukkel om rustig te bly of te dink voor jy praat, kan jy altyd ook bid

en die Here vra om jou te help. God is iemand na wie mens kan draai met elke klein

probleempie. Hy sal vir jou raad gee as dit nodig is en ook help om die regte ding te doen

as jy sukkel. Hy het als wat jy soek in Sy hande, al wat jy hoef te doen is om te vra vir dit.

Sterkte vir hierdie maand wat voorlê. Probeer om nie oorhaastig te praat nie. As dit dalk

help: God is in elkeen van ons. Praat met ander met die

respek wat jy sou gebruik om met Hom te praat.

Onthou, sê dinge op so ‘n manier soos wat jy graag wil hê

iemand moet met jou praat. As ander mense jou seer maak

met hulle woorde, draai om, loop weg, jy sal die vrugte later

pluk deur nie te reageer op wat hulle vir jou gesê het nie.

P.S. … Tel tot tien

God bless

As ek maar net in die toekoms kon sien.

My liewe Inspirasie lesers,

Vandag kan ek nie anders as om ‘n verhaal van my

eie lewe met julle te deel nie. Dis maklik om ‘n

storie te skryf, maar ek voel dat hierdie onderwerp

nie ‘n storie moet wees nie, maar die waarheid.

Vandag is ek ‘n vrou van amper 45 jaar oud,

getroud met 3 pragtige kinders en 2 skoonkinders

en 4 kleinkinders. Klink so volmaak nè, maar tog as

mens die wiel kon terugdraai….. dis nou waar my

storie oor gaan, as ek maar net die wiel kon terug draai.

Ek was in st. 7, gr 9 van vandag, toe ek my oorlede man, Rudolf, ontmoet het. Ons het ‘n

maand uitgegaan, toe ek die gevoel in my kry, ek moet breek met hom. Ek het gedink hoe

moet ek maak, want my ma het van hom gehou. Ek het eenvoudig net besluit basta

daarmee. Dit was ‘n Woensdagmiddag na skool wat ek hom sommer by sy werk gebel het.

Hy was hartseer. Ek kon dit aan sy stem hoor en ek het soos ‘n hond gevoel. Ek het voet by

stuk gehou en by my besluit gebly. Dit het gevoel of ‘n las aflig van my skouers af.

Die Saterdagnag na ek met hom uitgemaak het, na 12, lui die telefoon. Dis sy ma. Hy’t sy

kar afgeskryf en soek my. Hy het glasstukke in sy kop en wil niemand aan hom laat raak

behalwe myself nie. Ek was op die plek sommer kwaad. Ek trek die lelikste rok en skoene

aan in my kas en gaan saam my ma na hom toe, maar dit het hom nie afgeskrik nie.

Julle sien, sy ma het nie van my gehou nie. Haar familie was ryk en bekend in die dorp

waar hul gebly het en die dag toe hy my aan haar voorstel, het sy vir hom gesê wat soek

hy met ‘n skool dogtertjie en boonop benede hul stand. Dit was soos dolksteke in my hart.

Dit was een van die redes hoekom ek hom gelos het.

So het ons paaie weer gekruis, daardie nag met die ongeluk, want toe was die skool

dogtertjie goed genoeg. Na paar weke was ons weer saam. In 1982 het ons die

Oktobermaand in ‘n woonstel ingetrek. Ek was so opgewonde, want die hotel was oorkant

die pad en daar was ‘n disko en ek kon al die bikes sien en die musiek hoor. Dit was mos

die in ding in die 80’s.

Die een middag staan ek op die balkon van ons woonstel en ek voel hoe iemand vir my

kyk. Ek kyk op in hierdie sexy blou oog ou en dis asof daar sparks tussen ons was. Op

daardie oomblik het tyd stilgestaan. Iets het in my gebeur. Ek en die outjie het baie hegte

vriende geword en na aan mekaar geleef. Hy’t tot my tas huis toe gevat met sy fiets. Hy

was in die tegniese skool en ek in die gewone hoërskool. Ek het nie besef ek was lief vir

die ou nie. Ek wou net altyd naby hom wees en my maag het vlindertjies gemaak en al

daai dinge.

Rudolf was op die grens daai tyd. Hy het die November teruggekom. Maar dinge was

anders. Toe ek in st. 9 kom, kon ek nie meer nie. Ek het die Septembermaand met Rudolf

uitgemaak. Daar was egter iets wat ek van vergeet het. Ons was seksueel aktief. Teen

einde Oktober het ek vir hom gesê ek dink eks swanger. Dit gebeur as mens nie luister vir

jou ma nie, want hulle is oudtyds. Ek was single en swanger.

En wat gebeur toe? Ek moes maar met Rudolf trou. Daardie jare was dit ‘n groot skande

om buite egtelike kinders te hê. Die ds. het my gesê dat in Moses se tyd het hulle my

doodgegooi met klippe!!! So erg was die ou mense….

Wel, ons is die 26ste Januarie 1985 getroud. Ek was 16. Ek wou nie getroud wees nie en

ook nie swanger nie. Ek wou saam my maats in matriek wees en 4o days hoe en

matriekafskeid toe gaan. My lewe het aan skerwe gelê. Ek’t so gehuil. Ek was gebroke, en

my vriend? Ek kon hom nie meer sien nie, want ons het getrek. 4 maande na ons getroud

is, presies, op die 26ste

Mei 1985, sterf Rudolf in

sy slaap…….

Al wat ek oor het was my

ongebore baba en skok. So

veel so dat my geheue

uitgewis was en ek

rumatoïed artritis gekry

het. Ek’t alles verloor. My

man, my toekoms, my

skoolloopbaan….

As ek maar net die wiel

kon terugdraai…..

Maar God los mens nie in ‘n bootjie wat rond dobber op ‘n see sonder ‘n windjie nie. Ek

het my geliefde vriend gevind. Hy’t my en my dogtertjie aanvaar en ons het na 3 en ½ jaar

getrou na Rudolf se dood, na hy sy diensplig klaar gemaak het. Die man is Johan Botha en

ons is hierdie jaar 25 jaar getroud en 2 kinders in on huwelik verwek. Ons werk vir die

Here en my ”as ek maar net….”, het verander in “Dankie my Jesus”

SHALOM TOT VOLGENDE MAAND AS DIE HERE WIL……….

I’ve been you friend for a while

I know you hiding behind that smile

And you’re keeping inside tears that should have been cried

You’ve been brave through this trail

You’ve been strong as a stone

Against the stormy winds that have blown

But you have friends who care

More than willing to share

Don’t face those troubles alone

Can I pray for you

Can I mention your name to the Lord

When I seek his face

Can I plead your case

That’s what praying is for

I’ll help you carry your cross

And find the way when you’re lost

If we’ll let Jesus be true

I know that He’ll see you through

Can I pray for you

I know there’ll come a day

When I’ll have trails and I’ll need you to pray

Just like you’re done before you’ll mention me to the lord

That’s why I’m here to say

Let me be there for you

We’ll divide all your problems by two

And very soon there’ll be three – you and Jesus and me

That’s what friends are suppose to do

Can I pray for you

Can I mention your name to the Lord

When I seek his face

Can I plead your case

That’s what praying is for

I’ll help you carry your cross

And find the way when you’re lost

If we’ll let Jesus be true

I know that He’ll see you through

Can I pray for you

Ek weet nie die sanger van hierdie lied is nie, maar dit is so mooi. Alle dank aan die sanger

van hierdie liedjie. Dit vat beslis aan ’n mens se hartsnare en met reg.

Help vir Hasie Kalbassie

Hasie se vrou het vir hom ses eiers gegee om op te

pas, maar hy het vyf van dit in die bos verloor. Julle

moet asseblief tog vinnig help, want Arrie die Arend

sweef in die lug en is baie lief vir eiers.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!