04.05.2013 Views

HEADLINES - Knysna Municipality

HEADLINES - Knysna Municipality

HEADLINES - Knysna Municipality

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AFVAL-OPTELDAE

KNYSNA

Maandag:

Dinsdag:

Woensdag:

Donderdag:

Concordia, Bongani, Kanonkop, Dam-se-

Bos, Edamini Qolweni, Robololo, Witlokasie,

Flenters, Greenfields, Knoetzie, Heuwelkruin,

Hornlee-West, Punt, Tannenhof, Welbedacht,

Paradise, Knysna Heights, Eastford Downs,

Brenton-on-Lake, Brenton-on-Sea

Concordia, Bo-Dorp, Jood-se-Kamp, Nekkies, Ou

Pad, Entambeni, Hlalani, Hornlee East, Green

Pastures, Eastford Country Estate, Eastford Glen

Costa Sarda, Fisher Haven, Hunters

Home, Rexford, Onderdorp, Sparrebosch,

Pezula, Thesen’s Island

Industrial Area, Leisure Island,

The Heads, Khayalethu

Vrydag: Ouplaas, Belvidere, Westford

Sedgefield/Rheenendal en omgewing

Maandag: Groenvlei-area

Dinsdag: Sedgefield Central, Bibbeyshoek, Rheenendal

Woensdag: Sedgefield Island, Smutsville-area

Donderdag: Karatara

Vrydag:

Zeegezight, UItbreidings 3 en 4,

Cola- en Myoli-strande

11

GEBEURTENISSE

Sou jy weet van enige feeste of gebeurtenisse wat nie hier

verskyn nie, of vir meer inligting op enige van die feeste en

gebeurtenisse wat hieronder gelys is, skakel asseblief die

Knysna Toerismekantoor by 044 382 5510.

10-19

19-24

29-31

NOODNOMMERS

KNYSNA POLISIE 10111 of 044 302 6600

SEDGEFIELD POLISIE 10111 of 044 343 1321

KNYSNA MUNISIPALITEIT 044 302 6300

BRANDWEER alle ure 044 302 8911

ELEKTRIESE DEPARTEMENT 044 384 0422

SEE-REDDING 044 384 0211

KNYSNA PROVINSIALE

HOSPITAAL

KNYSNA PRIVAAT

HOSPITAAL

Knysna Speed Festival

MAART 2013

www.speedfestival.co.za

Knysna Literary Festival

www.knysnaliteraryfestival.co.za

Sedgefield Slow Festival

www.slowfestival.co.za

044 382 6666

044 3841083

ER24 084 124

ER24 KNYSNA-BEMANNING 083 320 1199

AMBULANS 0800 22 5599

As u nie gedurende die jaar in Knysna bly nie, kan

u op hoogte bly van munisipale inligting deur die

Council News maandeliks op ons nuwe webwerf af

te laai. Kyk in die Information Centre onder Media vir

nuusbriewe en persverklarings. www.knysna.gov.za

12

HEADLINES

Maart 2013

NUWE PAD VERBETER LEWENS

Uitvoerende burgemeester Georlene Wolmarans, Dam-se-Bos-inwoner, Mnr

Hendrik Britz, en Wyk 3 Raadslid, Mnr Migiel Lizwani. Foto: Desmond Scholtz

Vir baie jare het Oom Hendrik Britz, ‘n inwoner van Dam-se-Bos, oor

‘n ongelyke ou grondpad aangekarring om vir sy familie aan die ander

kant van die buurt te gaan kuier. Maar met die bou van ‘n plaveiselpad

het dinge onlangs drasties verander.

Met R200 000 wat deur die munisipaliteit se Raadsgebaseerde

begroting, en R300 000 wat vanuit die Upgrading Informal

Settlements Programme (UISP) van die nasionale Departement van

Menslike Nedersettings befonds is, is 230 meter vanaf Chris Hani

gemeenskapsaal geplavei.

Knysna se uitvoerende burgemeester Georlene Wolmarans het gesê

dat die pad reeds 30 jaar ‘n hoofstraat deur die gemeenskap is en dat

selfs ‘n kort stukkie plaveisel lewenskwaliteit verbeter.

”Mnr Britz, wie krukke gebruik om mee te kan stap, het aan ons

Bestuurder Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), Mnr Eben

Phillips, gesê dat die geplaveide pad beteken dat hy sy kinders en

kleinkinders meer kan besoek. Vir sommiges is hierdie pad dalk

net 230 meter sementbakstene, maar vir mense soos Mnr Britz

is dit lewensveranderend. Hierdie pad, wat deur die Dam-se-Bos

gemeenskap as ‘n prioriteit gedurende die GOP-proses geïdentifiseer

was, is ‘n bewys dat die GOP-proses werk. Dit mag dalk nie altyd soos

die vinnigste proses voel nie, maar uiteindelik lewer dit in direkte

verhouding tot die gemeenskap se behoeftes,” het Me Wolmarans

gesê.

1

VANUIT

DIE BURGE-

MEESTER SE

PEN

Georlene Wolmarans

Die eerste kwartaal van 2013 is verby en herfs klop al aan die

deur. Gelukkig talm die soel weer hier op die Tuinroete so ‘n

bietjie langer en is ideaal vir buitewees.

Dit is natuurlik ook skoolvakansie en langnaweek-seisoen,

wat beteken dat duisende ekstra mense ons munisipale

gebied besoek. Welkom aan almal wat aan die baie

avontuursportgeleenthede deelneem asook die besoekers

aan ons jaarlikse feeste in hierdie tyd soos die Sedgefield

Slow-fees in Maart en die Knysna Loerie-fees in Mei. Ek weet

sommer u gaan die tyd hier geniet.

Aan die mense wat Paasfees vier wens ek ‘n geseënde tyd en

‘n diep geestelike ondervinding toe.

Laat ons ook nie die redes agter die baie publieke vakansiedae

vergeet nie. In hierdie tyd vier ons oorwinnings in ons land

se geskiedenis, soos Vryheidsdag en Menseregte-dag, asook

ons voorregte: Gesinsdag en Werkersdag. Kom ons gebruik

hierdie tyd om waarlik dankbaar te wees vir die dinge wat ons

land reeds bereik het en sien uit na die baie dinge wat ons sal

aanhou oorkom – want ons is Suid-Afrikaners wat geseënd is

om in die mooiste land in die wêreld te leef.

Raadslid Georlene Wolmarans

Uitvoerende Burgemeester

2

VERANDERINGE IN RAAD AS GEVOLG

VAN DIE SPEAKER SE BEDANKING

Nuwe Onderburgemeester, Raadslid Esmé Edge, nuwe Speaker, Raadslid

Michelle Wasserman, en nuwe Voorsitter Korporatiewe Bestuur en Ekonomiese

Ontwikkelingskomitee, Raadslid Richard Dawson.

In November 2012 se Raadsvergadering het die Speaker,

Raadslid Richard Dawson, sy intensie om aan die einde van

Februarie af te tree, aangekondig. Raadslid Michelle Wasserman

is ten tye sy aftrede as die nuwe Speaker aangestel.

Me Wasserman, die voormalige Onderburgemeester, is

gedurende ‘n spesiale raadsvergadering in Februarie aangestel

en die Voorsitter van die Finansiële Komitee, Raadslid Esmé

Edge, is nou die Onderburgemeester. Mnr Dawson is steeds

Wyk 10 se raadslid en neem die plek van Me Wasserman as

die Voorsitter van die Komitee vir Korporatiewe Bestuur en

Ekonomiese Ontwikkeling.

NUWE DIREKTEUR BEPLANNING

EN ONTWIKKELING

Die Knysna Munisipaliteit het Mnr

Mike Maughan-Brown as Direkteur

Beplanning en Ontwikkeling aangestel.

Die dorp se voormalige Bestuurder

Beplanning en Boubeheer het in

sy nuwe pos waargeneem vir die

grootste gedeelte van verlede jaar

saam met sy verantwoordelikhede

as bestuurder. Sy nuwe aanstelling is

3

dadelik van toepassing en is, soos alle topstruktuurposte by

die Munisipaliteit, ‘n vyf-jaar kontrakpos.

Munisipale Bestuurder Lauren Waring het gesê dat sy in haar

skik is om die ervarendheid en kundigheid van Mnr Maughan-

Brown te behou aangesien hy reeds baie jare die dorp gedien

het, nie net as stadsbeplanner nie maar ook as konsultant in

die privaatsektor. ”Hy het in-diepte kennis van alle aspekte

van stadsbeplanning en verwante velde, en het bewys dat

hy uitstekend is om ‘n groot hoeveelheid personeel en ‘n

verskeidenheid uitlopende take en projekte te bestuur.

Mnr Maughan-Brown het ‘n Meestersgraad in Stad- en

Streeksbeplanning (Kaapstad Universiteit) en 32 jaar

ondervinding in verwante velde wat insluit die bestuur van

die eerste gemeenskap-gebaseerde informele nedersettings-

opgraderingsprojek in Kaapstad asook die direkteurskap

van die VK-gebaseerde multinasionale, multidissiplinêre

konsultasiemaatskappy, Scott Wilson Kirkpatrick.

”My doelwitte sluit in om die Munisipale Bestuurder in die werk

wat reeds begin is te help en te ondersteun, om die strategiese

visie van die munisipaliteit uit te brei, en om rigting te gee met

die doel om die toekoms van die organisasie as ‘n effektiewe

en doeltreffende verskaffer van dienste en fasiliteerder van

volhoubare ontwikkeling in die munisipale area te verseker,”

het Mnr Maughan-Brown gesê.

Hierdie aanstelling is die eerste van vier direkteurskappe

wat hierdie jaar gevul sal word. Ten tye van publikasie was

dit verwag dat die Direkteure Korporatiewe Dienste en

Gemeenskapsdienste respektiewelik op 1 Maart en 1 April sou

begin. Die pos van die Direkteur Tegniese Dienste was weer

geadverteer.

4

R30-MILJOEN SE DIENSTEGELD

GAAN AFGESKRYF WORD

Die Knysna Munisipale Raad is in die proses om sowat R30miljoen

se ‘ou’ skuld op dienste en rente af te skryf as deel van

‘n radikale skuldterugwinningsprogram wat in Desember 2012

deur die Raad goedgekeur was.

Die program skryf effektief alle agterstallige geld, behalwe

belasting, wat tot en met 30 Junie 2012 gemaak was af, maar

dit is gekoppel aan streng terugbetalingsvoorwaardes vir

‘nuwe’ skuld wat sedert 1 Julie 2012 gemaak was. Die plaaslike

regering gaan ook vanaf 1 Julie 2013 strenger kredietbeheer

maatreëls in plek stel wat aan voorafbetaalde elektrisiteitboetes

gekoppel gaan wees.

Munisipale Bestuurder Lauren Waring het gesê dat die

munisipaliteit oor die afgelope paar jaar ‘n relatiewe simpatieke

benadering tot skuldinvordering gehad het, meestal omdat die

wêreldwye ekonomiese afdraai op al die dorp se inwoners impak

gemaak het. ”Ongelukkig kan ons nie so voortgaan sonder

om die Raad se finansies, en daarom ook diensverskaffing,

in gevaar te stel nie. Die munisipaliteit gaan ‘n aansienlike

skuldinvorderingsprogram in werking stel wat aan die een kant

skuldverligting sal bied, maar aan die ander kant gaan verwag

dat belastingbetalers hulle huidige rekeninge op datum hou.”

Die skuldafskryfproses word aan die verskillende geaffekteerde

partye op verskeie toepaslike maniere gekommunikeer.

”Ek moedig alle belastingbetalers aan om te verseker dat

rekeninge op datum gehou word, aangesien ons alle skuld ná

30 Junie 2012 sal vervolg. Ek bedank ook die baie besighede en

individue wat moeite gedoen het om reëlings te gemaak het

om hulle skuld af te betaal. Die dorp en sy mense is van mekaar

afhanklik en het ‘n beter kans om te slaag in ‘n gekombineerde

doelwit, van ‘n welvarende dorp en omgewing, wanneer ons

ons geld en ons pogings bymekaarsit,” het sy gesê.

5

NUWE WEBWERF VIR KNYSNA

MUNISIPALITEIT

‘n Nuwe webwerf vir die munisipaliteit het die lig in Februarie

gesien. Munisipale Bestuurder Lauren Waring het gesê die

nuwe webwerf is daarop gemik om die munisipaliteit se dienste

beter te kommunikeer asook om aan die wettige vereistes

van die Munisipale Finansiële Bestuurswet en die Munisipale

Sisteme Wet te voldoen.

”Die webwerf is bedoel om dinamies te wees en sal sistematies

verbreed word om so veel as moontlik van die munisipaliteit

se dienste en projekte so wel as relevante dokumente,

vorms en verordenings te inkorporeer. Die webwerf se adres

www.knysna.gov.za bly dieselfde.

NUWE VERORDENING VIR DRANK

HANDELSDAE EN -URE

Gelisensiëerde drankhandelaars in die Knysna munisipale

gebied mag nou op Sondae en uitgebreide ure handel dryf,

afhangende van die aard van hul besigheid, nadat die nuwe

Verordening op die Handeldryfsdae en -ure in Desember 2012

gepromulgeer is.

Knysna Burgemeester Georlene Wolmarans het gesê die

verordening is volgens die Wes-Kaap Drankwet, Wet 10 van

2010, Seksie 59(1), goedgekeur wat bepaal dat munisipaliteite

hulle eie handelsdae en -tye in hul regsgebied kan bepaal.

Munisipaliteite in die Wes-Kaap wat nie so ‘n verordening teen

6

31 Maart 2013 gepromulgeer het nie sou dan vereis word om

die ure toe te pas wat deur die Wes-Kaap se Drankwet, volgens

individuele lisensiekondisies, bepaal word.

Me Wolmarans het gesê die motiveringsfaktor agter die

aangepaste ure was om meer toepaslike tye vir die toerisme-

en hospitaliteitsektore, wat groot ekonomiese drywers in die

Knysna Munisipale gebied is, te voorsien.

As gasheerdorp van heelwat feeste en gebeurtenisse, trek die

groter Knysna-gebied besoekers oor naweke aan wie dan geld

in ontmoetingsplekke en restaurante spandeer. Deur meer

toepaslike ure toe te laat, kan wettige plaaslike besighede

geleentheid gegee word om optimaal te funksioneer en

terselftertyd binne aanvaarbare grense handel te dryf wat dan

deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens toegepas kan word,” het

sy gesê.

Die Knysna Municipality By-law on Liquor Trading Days

and Hours en die relevante skedule van handelsure is by

www.knysna.gov.za/information-centre/document-library/

bylaws/ beskikbaar.

GOEIE VORDERING MET IMPLEMENTERING

VAN STRANDMEERPLAN

Goeie vordering word met die implementering van die Knysnastrandmeer

Besoedelingsaksieplan gemaak en begin positiewe

resultate wys.

Munisipale Bestuurder Lauren Waring, wie ook die voorsitter van

die Knysna-strandmeer Besoedelingsbeheer-werkskomitee

is, het gesê heelwat projekte in die plan is reeds voltooi en

voortgesette programme begin beduidend kontaminasie in die

strandmeer te verminder.

Die eerste fase van die opgradering van die Knysnaafvalwateraanleg,

wat die installering van beter meganiese

en elektriese toerusting insluit, is baie naby aan voltooiing en

begin alreeds uitstekende resultate wys. Die tweede fase, wat

slykuitdroogtoerusting behels, sal waarskynlik teen Mei (2013)

voltooi wees, waartydens die rioolwerke aan bedryfstandaarde

in terme van die nasionale Waterwet sal voldoen.

7

Ander rioolverwante projekte wat reeds voltooi is sluit in die

opgradering van drie krities-belangrike pompstasies en die

verwydering van slyk vanuit moeraslande langs George Rexrylaan.

Die verwydering van vet uit vet-vangnette is tans in die

tenderproses.

Die dorp se Riviergesondheidsprogram is besig om opmerkbare

resultate te lewer. Veral die rivierskoonmaak-projekte is

besig om die konsentrasie besoedeling wat in die strandmeer

invloei te verminder. Die program - wat ondersteuning en

befondsing van die Departement Omgewingsake, Suid-

Afrikaanse Nasionale Parke en Eden-distriksmunisipaliteit

geniet - konsentreer werk op die rivieropvangsgebiede van

die Khayalethu-, Bongani- en Bigairiviere. Hierdie program

inkorporeer ook omgewingsopleiding, verskaffing van

behoorlike fasiliteite vir die weggooi van vaste afval asook

verbeterde weeklikse afhaal van vullis om die storting daarvan

in riviere te verminder.

Installering van gemeenskaplike spoeltoilette in informele

nedersettings is amper klaar en ‘n rioolpyp word tans deur

Nekkies, Dam-se-Bos en Hlalani gelê om buitetoilette, wat

grotendeels tot ondergrondse rivierbesoedeling bydra, te

verminder.

Me Waring het gesê dat gereelde watertoetse in riviere geneem

word vandat die program begin het en dat verbetering reeds

opgemerk word.

Die belangrikste stormwaterverwante projek, wat ‘n erf-toterf

inspeksie van alle stormwater- en rioolaansluitings gaan

behels, sou reeds begin het teen die tyd wat hierdie publikasie

vesprei word.

Neem asseblief kennis dat swemstrande en kanale in die

strandmeer veilig vir ontspanningsdoeleindes is.

Bly op hoogte van strandmeer-inligting deur die ‘lagoon’skakel

aan die onderkant van die openingsblad van die Knysna

Munisipaliteit se webwerf www.knysna.gov.za te kliek.

Neem asseblief kennis dat swemstrande

en kanale in die strandmeer veilig vir

ontspanningsdoeleindes is.

8

WYKSGELD AAN DIE WERK

Aan die begin van elke finansiële jaar(Julie) word wyksraadslede

R300 000 toegeken om in hulle wyke te spandeer, waarvan R100

000 na operasionele projekte soos skoonmaakprogramme en

funksies toe gaan terwyl die res vir kapitale projekte bedoel is.

Wykslede kies hul eie projekte en word deur middel van die

Geïntegreerde Onwikkelingsplan(GOP)-proses, wat plaaslike

wykskomitees en die gemeenskap betrek, geïdentifiseer.

Uitvoering van projekte - insluitende al die werwing en

verkryging van arbeid sowel as goedere en dienste - word

onderneem volgens die relevante raadsbeleide en volg die

gewone prosesse soos tenders, advertensie en aanvraag vir

kwotasies.

Die vordering van 2012/13 projekte teen Februarie was soos

volg:

Wyk 1 - Irene Grootboom – Operasionele projekte het sover ‘n

sport-toernooi en skoonmaakprojekte behels terwyl heelwat

kapitale projekte binnekort sou begin insluitend ‘n speelpark,

opgradering van sportvelde in Sizamile asook voetpaaie en

spoedhobbels.

Wyk 2 – Louise Hart – Fondse gespandeer sluit die aankoop

van brandweertoerusting en -opleiding in Karatara asook

handrelings by die Sedgefield-biblioteek in. Projekte wat tans

aan die gang is sluit toiletgeriewe by die Karatara-begrafplaas

en rolstoelopritte by huise waar gestremdes woon in. Projekte

wat binnekort begin, sluit twee speelparke in Karatara en

spoedhobbels regoor die wyk in.

9

Wyk 3 – Migiel Lizwani – Die plavei van die pad vanaf Chris

Hani is sopas voltooi. Skutrelings in paddraaie sal binnekort

regoor die wyk begin. Die operasionele begroting is uitgesit vir

buurtskoonmaakprojekte, herstel en onderhoud van publieke

toilette en vaardigheidsonwikkelingsopleiding.

Wyk 4 – Wiseman Litoli – Skutrelings in paddraaie regoor

die wyk en ‘n speelpark sal binnekort opgaan. Operasionele

projekte waarvoor begroot is sluit skoonmaakprogramme en

‘n sport-toernooi in.

Wyk 5 – Magda Williams – Projekte wat voltooi is sluit die

Brenton-on-Sea-loopweg, skutrelings en publieke toilette

in Rheenendal in. Operasionele projekte is uitgesit vir die

verwydering van uitheemse plantegroei (werkskeppingsprojek),

skoonmaak en Jeug- en gesondheidsprogramme.

Wyk 6 – Clive Witbooi – Projekte wat aan die gang is sluit

keermure in Hornlee, skutrelings en rolstoelopritte in.

Voltooide operasionele projekte sluit skoonmaak, herstelwerk

en instandhouding van sportfasiliteite en speelgronde, asook

basiese rekenaar opleiding vir klein besighede in.

Wyk 7 – Mertle Gombo – Die ontwerp van ‘n brug oor die Bonganistroom

is voltooi en die bou daarvan word later hierdie jaar

verwag. Binnekort sal skutrelings, rolstoelopritte en keermure

geïmplementeer word. Die operasionele begroting is uitgesit vir

‘n musiekfees, skoonmaak, vaardigheidsonwikkelingsopleiding

en ‘n sport-toernooi.

Wyk 8 – Ntombizanele Sopeki – Plaveisel van kruispaaie is

onderweg. Reeds aan die gang of binnekort geïmplementeer:

skutrelings en keermure. Die operasionele begroting is op

buurtskoonmaakprojekte gespandeer.

Wyk 9 – Michelle Wasserman – Spreiligte by die Hornleedeurloop

en keermure sal binnekort begin, terwyl rolstoelopritte

tans opgerig word by huise waar gestremdes woon. Die

verwydering van uitheemse plantegroei is op die operasionele

begroting.

Wyk 10 – Richard Dawson – Straatligte in Greystraat sal

binnekort opgerig word. Die opknapping van toilette by die

taxi-staanplekke word vir later hierdie jaar beplan. ‘n Bietjie

geld is eenkant gesit vir opknapping van padoppervlaktes. Die

operasionele begroting is uitgesit vir skoonmaak, mooimaak

van publieke spasies, en herstel en instandhouding in die

sentrale besigheidsgebied.

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!