04.05.2013 Views

GRAAD 12 REKORDEKSAMEN 2012 EERSTE VRAESTEL ... - sacai

GRAAD 12 REKORDEKSAMEN 2012 EERSTE VRAESTEL ... - sacai

GRAAD 12 REKORDEKSAMEN 2012 EERSTE VRAESTEL ... - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SUID-AFRIKAANSE KOMPREHENSIEWE ASSESSERINGSINSTITUUT

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

GEOGRAFIE : GRAAD 12

REKORDEKSAMEN 2012

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2. Beantwoord enige DRIE vrae van 100 punte elk.

3. ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.

EERSTE VRAESTEL: Teorie

TYD: 3 ure

TOTAAL: 300

4. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is.

5. Laat „n reël oop na onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

6. LET WEL: Die paragraaftipe vrae mag NIE puntsgewys beantwoord word nie.

7. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en ‘n 11-bladsy-bylae.

1

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER; FLUVIALE PROSESSE EN STRUKTUUR-

LANDVORME

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1 Lees die volgende sinne en verskaf die ontbrekende woorde of terme. Skryf slegs jou

antwoorde teenoor die betrokke nommers 1.1.1 – 1.1.5 neer.

Die primêre bron van energie vir die aarde is die 1.1.1 ... Die aarde

word onegalig verhit, maar 1.1.2 ... en 1.1.3 ... is voortdurend besig

om dié energie-wanbalans te probeer herstel. Die mens is egter

verantwoordelik om die energiebalans te versteur deur 1.1.4 ... in die

atmosfeer vry te stel, wat tot 1.1.5 ... aanleiding gee. 5x2=(10)

[10]

1.2 Bestudeer figuur 1.2, wat die aarde en die algemene (primêre)

sirkulasie in die atmosfeer voorstel.

1.2.1 Watter eienskap van die aarde veroorsaak dat die suidelike

en noordelike halfrond NIE dieselfde hoeveelheid energie

vanaf die son ontvang nie? (2)

1.2.2 Waarom kom reënweer in die ewenaargebiede voor? (2)

1.2.3 Waarom kom droë, woestyntoestande op ongeveer

30° breedte voor? (2)

1.2.4 Watter term word aan die uitvloeiing van oppervlakwinde

by ongeveer 30° breedte gegee? (2)

1.2.5 Wat is die naam van die globale lugdrukgordel wat op

ongeveer 30° breedte voorkom? (2)

[10]

1.3 Die lugsirkulasie by ongeveer 30° suiderbreedte kan as anti-

siklonies beskryf word. Bestudeer figuur 1.3, wat antisikloniese

sirkulasie oor suidelike Afrika aantoon.

1.3.1 Benoem die DRIE antisikloonselle gemerk H1, H2 en H3

op figuur 1.3. 3x2=(6)

1.3.2 Word antisikloniese sirkulasie met stygende óf dalende

lug geassosieer? (2)

1.3.3 Watter EEN van hierdie drie antisikloonselle (1.3.1) gee

aanleiding tot „n duidelike patroon van somerreën en

winterdroogte oor die binneland van Suid-Afrika? 1x2=(2)

2

1.3.4 Watter rol speel die inversievlak, wat met die antisikloonsel

(1.3.3) geassosieer word, om die droë winters oor die binne-

land te veroorsaak? 3x2=(6)

1.3.5 Waarom dra inversietoestande in die atmosfeer daartoe by

dat die probleem van lugbesoedeling vererger word? 2x2=(4)

[20]

1.4 Die doeltreffende bestuur van Suid-Afrika se waterbronne is uiters

belangrik omdat tydperke van droogte meer algemeen voorkom as

tydperke van bonormale reënval. Skryf „n enkele paragraaf (onge-

veer 12 reëls) waarin jy moontlike maatreëls bespreek wat toegepas

kan word om voldoende water in „n halfdroë land soos Suid-Afrika

te verseker. 6x2=(12)

[12]

1.5 Bestudeer die primêre dreineerbekken wat in figuur 1.5 voorgestel

word. Die inlaskaarte toon die sekondêre dreineerbekkens A en B

volgens „n vergrote skaal.

1.5.1 Definieer die terme:

(a) Dreineerbekken. (2)

(b) Waterskeiding. (2)

(c) Rivierstelsel. (2)

1.5.2 Hoe sal jy die waterskeidings van „n primêre en sekondêre

dreineerbekken vanuit die lug waarneem? Verwys na die tipe

landskap waaruit elkeen heel moontlik sal bestaan. 2x2=(4)

1.5.3 Vergelyk die verskille tussen die dreineerbekkens A en B

ten opsigte van:

(a) Dreineringsdigtheid (hoog óf laag). 2x2=(4)

(b) Stroomorde by die uitlooppunte. (Gee jou antwoorde

as „n syferwaarde). 2x2=(4)

1.5.4 Verduidelik kortliks waarom A se dreineringsdigtheid van dié

van B verskil. Verwys na TWEE moontlike redes. 2x2=(4)

[22]

1.6 Figuur 1.6 is vloeihidrogramme by twee verskillende punte in „n

rivierstelsel.

1.6.1 Wat verstaan jy onder die terme:

(a) Vloeihidrogram? (2)

(b) Retensietyd (vertragingstyd / tydsverloop)? (2)

3

VRAAG 2

1.6.2 Watter vloeihidrogram, X óf Y, verteenwoordig heel waar-

skynlik „n stedelike omgewing? Verskaf TWEE redes vir

jou antwoord. 2+(2x2)=(6)

1.6.3 Verwys na jou antwoord op Vraag 1.6.2. Met watter probleme

het stedelinge te doen as gevolg van hierdie vloeikenmerke

van die oppervlakafloop van water? 2x2=(4)

1.6.4 Byna elke dorp of stad in Suid-Afrika ondervind in „n mindere

of meerdere mate die negatiewe gevolge van vloede gedurende

die reënseisoen, veral as dit gepaard gaan met langdurige reën

of hewige donderstorms. Skryf „n enkele paragraaf (ongeveer

12 reëls) waarin jy moontlike maatreëls voorstel wat die plaaslike

regering (munisipaliteit) in plek kan kry om die negatiewe gevolge

van vloed te probeer uitskakel. 6x2=(12)

[26]

100

2.1 Kies uit die lys van moontlikhede hieronder „n geomorfologiese term

vir elkeen van die daaropvolgende beskrywings. Skryf slegs die term

teenoor die vraagnommer 2.1.1 – 2.1.10 neer.

Watertafel / Erosiebasis / Puinhang / Cuesta / Vloedvlakte /

Turbulent / Batoliet / Massaverplasing / Pediment / Laminêr /

Mesa / Keerbanke / Roofelmboog / Skerprugbult / Akwifer /

Afsetting

2.1.1 Die hangvorm aan die voet van die krans waar vallende rots-

materiaal tot rus kom.

2.1.2 Die punt waar die rowerstroom die geroofde stroom se

water onderskep.

2.1.3 Die vrugbare, gelyke landskap weerskante van „n rivier in sy

benedeloop.

2.1.4 Die tipe stroomvloei kenmerkend van „n rivier oor „n baie

egalige oppervlakte.

2.1.5 Die landvorm wat ontstaan wanneer „n plato, bestaande uit

horisontaalliggende sedimentêre gesteentes, deur erosie

tot groterige, alleenstaande blokke opgesny word.

2.1.6 Die boonste vlak van die ondergrondse versadigde sone.

2.1.7 Die laagste vlak waartoe „n rivier afwaarts kan erodeer.

4

2.1.8 Gesteentes van hoë porositeit en „n hoë permeabiliteit.

2.1.9 Heuwels op gekantelde gesteentelae met „n steil eskarp-

helling en „n geleidelike duikhelling.

2.1.10 Die proses waardeur hangverskuiwing onder die invloed

van swartekrag plaasvind. 10x2=(20)

[20]

2.2 Bestudeer figuur 2.2, „n voorbeeld van „n landskap wat ontwikkel

het op horisontaalliggende sedimentêre gesteentelae.

2.2.1 Benoem die landvorme wat A, B en C gemerk is. 3x2=(6)

2.2.2 Landvorm A behoort met verloop van tyd te verander om

soos B te lyk. Verduidelik die geomorfologiese proses wat

dit sal bewerkstellig. 2x2=(4)

2.2.3 Benoem die hangvorm wat D gemerk is. (2)

2.2.4 Watter geomorfologiese proses is veral by hangvorm D

teenwoordig? 1x2=(2)

2.2.5 Benoem die landvorm wat E gemerk is. (2)

2.2.6 Beskryf kortliks die ontwikkeling van hierdie landvorm (2.2.4). 3x2=(6)

[22]

2.3 Massaverplasing kan baie stadig geskied, maar ook baie vinnig. In

baie gevalle bevorder menslike aktiwiteite hierdie bewegings. Skryf

„n enkele paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy moontlike voor-

komende maatreëls ten opsigte van massabeweging voorstel. 6x2=(12)

[12]

2.4 Figuur 2.4 A en B verteenwoordig sinoptiese weerkaarte vir agter-

eenvolgende dae.

2.4.1 “‟n Sinoptiese weerkaart is „n (verslag / voorspelling)

van weerstoestande”. Kies EEN van die woorde tussen

hakies om hierdie stelling WAAR te maak. (2)

2.4.2 Volgens die datum is die weerkaarte vir die laat-somer,

maar die klem kan eerder op “somer” val indien dit nader

bestudeer word. Verduidelik. 2x2=(4)

2.4.3 Gebruik figuur 2.4 A om die lugtemperatuur by Durban

en Port Nolloth met mekaar te vergelyk. 2x2=(4)

2.4.4 Waaraan kan hierdie verskil in lugtemperatuur by Durban

en Port Nolloth toegeskryf word? 2x2=(4)

5

2.4.5 Beskryf die algemene beweegrigting van tropiese siklone

in die Suid-Indiese Oseaan vanaf die oomblik dat dit ont-

staan het. 2x1=(2)

2.4.6 Op watter dag (volgens figuur 2.4 A/B) was tropiese sikloon

“Dera” die beste ontwikkel? Verskaf EEN rede vir jou ant-

woord. 2+2=(4)

2.4.7 Tropiese siklone is gevreesde weerstelsels wat groot skade

en verlies kan veroorsaak. Skryf „n enkele paragraaf (onge-

veer 12 reëls) waarin jy die moontlike oorsake van skade

bespreek. Bring ook mense in en aan weerskante van die

Mosambiekkanaal op hoogte van “Dera” se verwagte invloed

op en na 11 Maart. 6x2=(12)

[32]

2.5 Lees die aangepaste koerantartikel getiteld “Ligte kleur dakke

help omgewing”.

Ligte kleur dakke help omgewing

-Elaine Swanepoel

Jy kan help om die omgewing te bewaar deur jou huis se dak „n ligte kleur te

verf, meen navorsers.

“Donker kleure trek hitte aan en verhoog die temperatuur van die omgewing,

terwyl ligte kleure die strale van die son terug die ruimte in weerkaats,” het mnr.

Llewellyn van Wyk, „n hoofnavorser by die WNNR aan Beeld gesê.

Groot stede word as sogenaamde “hitte-eilande” beskou omdat dit die

temperatuur van die omgewing opstoot. Gevolglik, saam met aardverhitting,

word die mikroklimaat en die mens en dier se natuurlike habitat nadelig

beïnvloed.

Volgens die Amerikaanse webwerf www.coolroofs.org verminder „n ligter kleur

dak nie net die uitwerking van “hitte-eilande” nie, maar verkoel dit ook die huis of

gebou.

Die behoefte aan lugversorging neem dus af en krag en geld word só bespaar.

Aangepas uit Beeld, 1 Mei 2012

2.5.1 Wat verstaan jy onder die begrip “stedelike hitte-eiland”? (2)

2.5.2 Verduidelik kortliks TWEE redes waarom “hitte-eilande”

bokant stede ontwikkel. 2x2=(4)

2.5.3 Bespreek EEN probleem wat met stedelike hitte-eilande

verband hou. 1x2=(2)

2.5.4 Watter oplossing bied die koerantartikel aan om die invloed

van hitte-eilande te probeer uitskakel? 1x2=(2)

2.5.5 Bespreek kortliks ander optrede(s) (anders as in 2.5.4) om

die verhoogde temperatuur deur hitte-eilande te probeer

uitskakel. 2x2=(4)

[14]

100

6

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS; MENSE

EN HUL BEHOEFTES

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 3

3.1 Kies „n beskrywing in KOLOM B om by „n term in KOLOM A te pas.

Skryf slegs die letter (A tot G) langs die vraagnommer 3.1.1 – 3.1.5

neer.

KOLOM A KOLOM B

3.1.1 Boeredorpie A – Geboue uitgestrek langs „n hoof-

kommunikasie roete

3.1.2 Waterpunt nedersetting B – Werklike koördinaat waar „n nedersetting

voorkom

3.1.3 Droëpunt nedersetting C – Individuele wonings wat verspreid

voorkom

3.1.4 Liniêre nedersetting D – Verwantskap van die wonings met die

3.1.5 Geisoleerde

nedersetting

omringende omgewing

E – „n Keuse by „n fontein of oase in droë

gebiede

F– „n Ligging ver van water hoër as die

vloedlyn

G – Wonings in groepe vir sosiale,

ekonomiese of administratiewe redes

5x2=(10)

[10]

3.2 Kies die korrekte begrip tussen dié wat tussen hakies gegee word om

al die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die begrip langs die vraag-

nommer (3.2.1 – 3.2.5) neer.

3.2.1 Die ontginning van die aarde se natuurlike hulpbronne is „n

(sekondêre / primêre) ekonomiese aktiwiteit.

3.2.2 Die verwerking van die aarde se natuurlike hulpbronne is „n

(sekondêre / primêre) ekonomiese aktiwiteit.

3.2.3 Straatverkope is „n voorbeeld van die (informele / ontwikkelende)

dienstesektor.

3.2.4 Alle transaksies van „n land se in- en uitvoere dui op die

(handels- / betalings) balans.

3.2.5 Die verskuiwing van ekonomiese bedrywighede weg vanaf

die bestaande nywerheidskerne in Suid-Afrika staan as

(sentralisasie / desentralisasie) bekend. 5x2=(10)

[10]

7

3.3 Bestudeer figuur 3.3. Verskeie nedersettingstipes van die Suid-

Afrikaanse platteland word aangetoon. Dit verteenwoordig beide

landelike en stedelike voorbeelde.

3.3.1 Klassifiseer die nedersettings A tot D as landelik óf stedelik. 4x1=(4)

3.3.2 Kies uit A, B, C en D in figuur 3.3 EEN voorbeeld van

„n

(a) landelike geïsoleerde (verspreide) nedersetting. (2)

(b) landelike kernnedersetting. (2)

3.3.3 Bespreek TWEE voordele van landelike geïsoleerde neder-

settings. 2x2=(4)

3.3.4 Bespreek TWEE voordele van landelike kernnedersettings. 2x2=(4)

[16]

3.4 Bestudeer figuur 3.4. Sentraleplekke is een van die drie hoof-

kategorieë stedelike nedersettings en dit word onderskei van

die ander twee kategorieë deur hul ingesteldheid op die lewering

van dienste aan die omringende landelike bevolking.

3.4.1 Behalwe sentraleplekdorpe en –stede, noem die ander

TWEE hoofkategorieë waarin stedelike nedersettings

geklassifiseer kan word. 2x1=(2)

3.4.2 Wat verstaan jy onder die term reikwydte? (2)

3.4.3 Wat is die verband tussen reikwydte en invloedsfeer? 1x2=(2)

3.4.4 “Dit is nie nodig vir die inwoners van Queenstown om in

Elliot te gaan inkopies doen nie”. Verduidelik hierdie

stelling deur gebruik te maak van die inligting in figuur 3.4. 2x2=(4)

3.4.5 Wat verstaan jy onder die begrip “drempelbevolking”? (2)

3.4.6 Hoe behoort die reikwydte van dienste en funksies in

Queenstown die drempelbevolking van dienste en

funksies in Elliot te beïnvloed? 2x2=(4)

[16]

3.5 Klein plattelandse dorpies kwyn en gaan agteruit omdat die

koopkrag van die omringende landelike bevolking afneem

weens die toenemende tendens van verstedeliking. Skryf

„n enkele paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy voorstelle

maak om die sekondêre en tersiêre sektore van die platte-

landse ekonomie, veral dié van kleiner dorpies, op te hef. 6x2=(12)

[12]

3.6 Die ligging van Suid-Afrika se vier hoofnywerheidskerne word in

8

figuur 3.6 A aangetoon, asook hul onderskeie bydraes as „n

persentasie tot die BBP van die totale nywerheidsektor.

3.6.1 Waarvoor staan die afkortings

(a) BBP? (2)

(b) PWV? (2)

3.6.2 Die PWV-gebied se posisie as belangrikste nywerheidskern

spreek van verskeie voordelige faktore. Bespreek hoe

natuurlike hulpbronne nywerheidsontwikkeling hier beïnvloed

het. 2x2=(4)

3.6.3 Noem TWEE uitstaande nywerheidstipes waarvoor die

PWV-gebied veral bekend is. 2x2=(4)

3.6.4 Die geweldige konsentrasie van nywerhede en mense in

die PWV-gebied plaas groot druk op die fisiese infrastruk-

tuur en meer spesifiek die vervoersektor. Bespreek hoe

hierdie probleem aangespreek word. 3x2=(6)

3.6.5 Groot druk word ook op die PWV-gebied se waterbronne,

veral die Vaaldam, geplaas. Verwys na figuur 3.6 B en

noem die TWEE wateroordragskemas wat met pyle na

die PWV-gebied aangetoon word. 2x2=(4)

[22]

3.7 Lees die onderstaande gedeelte oor “globalisering” en bestudeer

ook figuur 3.7 A en B.

Daar was altyd „n uitruiling van goedere, dienste, kennis en kultuurbesit

tussen mense en lande, maar in die teenswoordige tyd veroorsaak

verbeterde tegnologieë en die uitskakeling van hindernisse dat die spoed van

uitruiling baie vinniger is.

Globalisering bied geleenthede en uitdagings. Groter markte kan groter

winste beteken, wat weer aanleiding gee tot groter welvaart vir die belegging

in ontwikkeling en die vermindering van armoede in baie lande. Swak

binnelandse beleid, instellings en infrastruktuur en handelsbeperkinge kan „n

land se vermoë om voordeel uit die veranderinge te trek, beperk. Elke land

neem besluite en formuleer beleid wat hulle instaat stel om die voordele

maksimaal te benut en die uitdagings wat deur globalisering daargestel word

te minimaliseer.

Die vraagstukke en waarneembare uitwerking van globalisering ontlok sterk

gevoelens, dwing mense om dit in terme van swart op wit te beskou, terwyl

globalisering inderwaarheid „n baie komplekse netwerk van baie dinge is.

Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram / Die Wêreldbank / AusAID.

3.7.1 Definieer die begrip “globalisering”. (2)

9

VRAAG 4

3.7.2 Alhoewel globalisering talle voordele vir die wêreld en indiwi-

duele lande inhou, kan dit ook talle probleme skep. Skryf „n

enkele paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die nadele

van globalisering krities ontleed. 6x2=(12)

[14]

100

4.1 Die volgende stellings is korrek indien EEN van die moontlikhede

tussen hakies gekies word. Skryf slegs die korrekte woord teenoor

die betrokke vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) neer.

4.1.1 „n (Megalopolis / Konurbasie / Metropolis) is „n aaneengeslote

stedelike gebied wat ontstaan as gevolg van die aaneen-

groeiing van „n aantal indiwiduele stede.

4.1.2 Die groepering van byvoorbeeld mediese dokters, tandartse,

apteke en fisioterapeute naby mekaar, staan bekend as

funksionele (magnetisme / desentralisasie).

4.1.3 „n (Plakkerbuurt / Ghetto) is „n digbevolkte gebied in die verval-

sone net buite die sentrale sakekern en word deur agterbuurt-

toestande gekenmerk.

4.1.4 Die aanhoudende uitwaartse verskuiwing van „n stad se grense

word stedelike (groei / uitbreiding) genoem.

4.1.5 Die wyse waarop die verskillende stedelike funksies intern

ten opsigte van mekaar gerangskik is, staan as die (morfologiese /

funksionele) struktuur bekend. 5x2=(10)

[10]

4.2 Beantwoord die volgende stellings as WAAR óf ONWAAR. Skryf

slegs „waar‟ óf „onwaar‟ teenoor die betrokke vraagnommers

(4.2.1 – 4.2.5).

4.2.1 Steenkool is Suid-Afrika se enigste natuurlike energiebron.

4.2.2 Groot hoeveelhede steenkool word via Saldanhabaai

uitgevoer.

4.2.3 Suid-Afrika se mineraaluitvoere dra positief by tot „n gunstige

handelsbalans.

4.2.4 Die Nqgura-diepwaterhawe noord van Port Elizabeth is een

van die jongste toevoegings tot Suid-Afrika se strategie van

Industriële Ontwikkelingsones (IOS).

10

4.2.5 Die Oranje-Visprojek (Gariepprojek) is „n wateroordragskema

wat op die industriële PWV-gebied gefokus is. 5x2=(10)

[10]

4.3 Landelike gebiede word steeds gekenmerk deur „n lae produktiwiteit

in die boerderysektor, soos dit in figuur 4.3 voorgestel word.

4.3.1 Watter tipe boerderystelsel word uitgebeeld? (2)

4.3.2 Bespreek TWEE faktore wat bydra tot die lae produktiwiteit. 2x2=(4)

4.3.3 Skryf „n enkele paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy

moontlike stappe aan die hand doen om die lae produk-

tiwiteit van die landelike boerderypraktyke te hervorm. 6x2=(12)

[18]

4.4 Figuur 4.4 illustreer stoot- en trekfaktore wat aanleiding kan gee

tot die grootskaalse ontvolking van die landelike gebiede.

4.4.1 Wat verstaan jy onder “stootfaktore” indien dit gaan oor die

ontvolking van landelike gebiede? (2)

4.4.2 Identifiseer TWEE stootfaktore wat jy van figuur 4.4 kan

aflei. 2x2=(4)

4.4.3 Bespreek hoe meganisasie in die landbousektor bydra tot die

ontvolking van landelike gebiede. 2x2=(4)

4.4.4 Waarom verhuis mense, wat die landelike gebiede verlaat,

eerder na groter dorpe en stede en nie na klein dorpies nie? 2x2=(4)

[14]

4.5 Bestudeer figuur 4.5 wat grondgebruike in „n tipiese groot stad

voorstel.

4.5.1 Noem VIER hoof-grondgebruiksones wat op figuur 4.5

waargeneem kan word. 4x1=(4)

4.5.2 Watter grondgebruik op figuur 4.5 ontstaan as „n direkte

gevolg van die proses van landelike ontvolking? Verduidelik

kortliks. 2+(2x2)=(6)

4.5.3 Reuse winkelsentrums (én kantoorparke) is eintlik stukkies

van die sentrale sakekern (SSK) wat na die voorstede en

randgebiede van stede verplaas is. Voer TWEE redes vir

hierdie verskynsel van kommersiële desentralisasie aan. 2x2=(4)

[14]

11

4.6 Figure 4.6 A en B toon die bydrae van die verskillende ekonomiese

sektore tot die BBP van Suid-Afrika aan.

4.6.1 Noem EEN bedryf wat onder “tersiêre bedrywe” geklassifiseer

kan word. 1x2=(2)

4.6.2 Die primêre bedrywe se bydrae tot die BBP toon „n skerp

afname tussen 1991 en 2011, alhoewel dit nie op „n afname

van produksie dui nie. Verduidelik die afnemende bydrae

tot die BBP. 1x2=(2)

4.6.3 Watter bydrae het mynbou tot Suid-Afrika se BBP in 2011

gemaak? 1x2=(2)

[6]

4.7 Bestudeer figuur 4.7 wat die positiewe en negatiewe impak van

mynbou in Suid-Afrika skematies opsom.

4.7.1 Noem TWEE delfstowwe wat in Suid-Afrika ontgin word en

wat groot geldverdieners op die buitelandse markte is. 2x2=(4)

4.7.2 Watter TWEE Suid-Afrikaanse hawens is veral bekend vir

mineraaluitvoere? Noem ook die betrokke mineraal by elke

hawe. 2x2=(4)

4.7.3 Wat verstaan jy onder die begrip “voedselsekerheid”? (2)

4.7.4 Bespreek DRIE aspekte van mynbou (volgens figuur 4.7)

wat „n bedreiging vir voedselsekerheid in Suid-Afrika inhou. 3x2=(6)

4.7.5 Die Suid-Afrikaanse ekonomie steun swaar op die land se

minerale rykdom, maar minerale is „n nie-hernubare hulp-

bron, dit wil sê uitputbaar. Skryf „n enkele paragraaf

(ongeveer 12 reëls) waarin jy verduidelik hoe om die

beskikbaarheid van minerale te probeer verleng asook

om die negatiewe impak van mineraalontginning te ver-

minder. 6x2=(12)

[28]

100

GROOTTOTAAL: 300

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!