04.05.2013 Views

Afrikaans LEESSTUKKE 4 Hoë Geboue.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 4 Hoë Geboue.pdf - Think Online

Afrikaans LEESSTUKKE 4 Hoë Geboue.pdf - Think Online

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOEKOM HET DIE WORLD TRADE CENTRE INEENGESAK?

Op 11 September 2001 het 19 terroriste wat in groepe van vier

of vyf gewerk het, vier kommersiële Boeings geskaak en hulle

laat vlieg na sekere geboue wat hul wou vernietig. Twee van

hierdie vliegtuie, vol brandstof en passasiers, het met volle

spoed teen die tweelingtorings van die World Trade Centre in

New York vasgevlieg.

Die torings is ontwerp om die impak van 'n vliegtuig wat

daarteen bots, te weerstaan, en hulle het eers vir 'n ruk bly

staan. Die Boeing 767's was egter baie groter as die vliegtuie

van die 1960's, toe die geboue beplan is, en het baie meer

brandstof bevat.

Die intense hitte van die brandende vliegtuig-brandstof het die

binneste staalpilare gesmelt. Teen 9:59 vm. het die suidelike

toring ingeval. Die staalpilare het omgeval, die boonste

verdiepings het op die laer deel van die gebou geval, en die

swaar gewig het veroorsaak dat die onderste vloere soos 'n

pannekoek ineensak. 29 minute later het die noordelike toring

ook ineengesak.

Byna 500 reddingswerkers, insluitend meer as 300 brandweermanne, is platgedruk in die as en rommel.

Insluitend die mense wat in die World Trade Centre gewerk het, en die vliegtuie se bemanning en

passasiers, is 2800 mense dood.

Bron: Microsoft ® Encarta ® Reference Library 2005

PRAATWERK: SPERDATUM: ________________________

Kies 'n gebou en versamel inligting daaroor. Geen duplisering asseblief, net een leerder mag daardie gebou kies.

Versamel inligting en kom vertel die klas, bv.

1. Waar is die gebou geleë - stad en land?

2. Wanneer is dit voltooi? Hoe lank het dit geneem om te bou?

3. Hoe hoog is dit?

4. Watter materiaal is gebruik om dit te bou?

5. Wie was die argitek wat dit ontwerp het?

6. Is die omgewing in ag geneem met die ontwerp/bou van hierdie gebou? Hoe?

7. Was dit ooit die hoogste gebou ter wêreld? En indien wel, wanneer het dit hierdie titel verloor (indien wel)?

Hoeveelste is dit nou in die wêreld?

8. Soek prettige of interessante feite oor die gebou, byvoorbeeld:

8.1. Is dit in enige flieks of TV-reekse gebruik?

8.2. Het enigiemand daar afgespring met 'n valskerm?

8.3. Het enigiemand dit probeer klim?

8.4. Hoeveel hysbakke of trappe is daar?

9. Soek 'n duidelike prent op die internet en teken dit oor. Gebruik 'n skaal van 1:1 000 - 1 cm vir elke meter

wat die gebou hoog is (bv. die Taipei 101 is 509 m hoog: teken dit 50.9 cm)

Die klas skep nou 'n plakkaat of silhoeët deur al die geboue op 'n groot plakkaat te plak.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!