Jesus die Opstandingswonder. - Worcester | Vallei
Jesus die Opstandingswonder. - Worcester | Vallei
Jesus die Opstandingswonder. - Worcester | Vallei
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Jesus die Opstandingswonder.

Skriflesing: Markus 16:1-8; Lukas 24:1-12; Matteus 28:1-10

Jesus: “Moenie bang wees nie... julle sal My sien!”

Die vrouens het eerste gesien dat die graf waarin Jesus begrawe is, leeg is. Drie Evangelies vertel hierdie verhaal,

elkeen met so bietjie ander kyk daarna. Die oudste weergawe is die van Markus. Lukas en Matteus het heel

waarskynlik die teks van die Markus evangelie beskikbaar gehad want daar is gedeeltes wat woordeliks net so

oorgeskryf is.

Markus vertel van die vroue wat die Sondagoggend vroeg, net toe die son opkom, by die graf aankom. Hulle loop en

wonder hoe hulle die graf-grot sal oop kry, die klip voor die opening sou vir die driestuks vroumense te swaar gewees

om te beweeg... toe hulle opkyk sien hulle die klip is klaar weggerol.

`n Jongman in die grafkelder laat hulle groot skrik. Dadelik stel hy hulle gerus: “Moenie skrik nie!” “Julle soek Jesus

van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie...”

Die vroue se reaksie is om bewend van skrik weg te hardloop. En vir niemand anders iets hiervan te sê nie want hulle

was bang... (en so eindig die Markus evangelie!) Die dissipels het drie dae terug al weggehardloop, toe hulle Jesus

gevang het het hulle weggehardloop. Die vrouens was egter heeltyd daar gewees, selfs by die kruis was hulle daar

(Mk 15:40-41). Dit is eintlik wat hulle kom doen het hier by die graf; hulle het Hom versorg terwyl Hy in Galilea was,

dit is waarom hulle saamgekom het Jerusalem toe, en nou die laaste stukkie versorging – sy liggaam met reukolie te

besorg... Maar nou is Hy nie meer hier nie!

Die vroue wat nie teruggedeins het vir die kruis nie – dood is `n normale deel van die lewe, hulle skrik vir die

opstanding uit die dood. Die sekerheid van die dood, het nou diep ontseker geword, hulle is nie meer so doodseker

van die dood nie, dit hiervoor wat hulle skrik, waarvoor hulle vreesbevange weghardloop.

Lukas begin ook die Opstandingsverhale vroeg op die Sondagoggend, die vroue kry die klip klaar weggerol van die

graf se opening af, hulle gaan in die grafkelder in, en kry nie die liggaam van Jesus nie. Hulle het gekom om dit met

reukolie te behandel... Twee manne in blink klere wys hulle tereg: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?”

Hulle na die dooie gekom en vind dat die Lewende nie hier tussen die dooies is nie. “Hy is uit die dood opgewek!”

Dan word hulle aangemoedig om te onthou. “Onthou hoe Hy met julle gepraat het, nog daar in Galilea.” Hulle wat

saammet Hom van Galilea gekom het en gesien het hoe Hy in die graf neergelê is, word hier in die graf herinner aan

wat Jesus vir hulle gesê het. Hulle onthou dat Hy, terwyl hulle nog in Galilea was vir hulle gesê het dat hierdie die

pad is wat Hy moet kom loop, om uitgelewer te word, gekruisig en op die derde dag op te staan.

Hulle onthou en gaan vertel vir die ander. Maar hulle verhaal word as onsin afgemaak. Vroue-praatjies!

Petrus spring op en gaan kyk. Vol verwondering gaan hy terug.

Tussen Markus en Lukas is daar die ontwikkeling: Die bang kry verwondering by. In hierdie bang-verwondering speel

die onthou van Jesus se woorde `n belangrike rol. Om te onthou wat Jesus gesê het help om bietjie meer sin te maak

van wat hier aan die gebeur is. Maar die Opstanding is so anders, dit is onvergelykbaar, geen vorige ondervinding

kan jou help om sin hiervan te maak nie. Al wat help is om te onthou wat Jesus self gesê het.

Die feit dat Matteus (en Johannes ook) onthou dat dit alles op die eerste dag van die week, die dag na die Sabbat,

gebeur het wys dat daar geen twyfel by die eerste gelowiges bestaan het van wanneer dit gebeur het nie.
Die vrouens gaan om die graf te sien. Maar wat hulle sien is `n aardbewing, `n Engel van die Here, die klip wat

weggerol is met die engel wat blink soos weerlig en wit klere aan. Hulle sien ook die wagte wat moes seker maak dat

die liggaam nie gesteel word nie, wat wit geskrik, bewend, verstar daar is.

Die engel stel hulle eers gerus: “Moenie bang wees nie!” Die engel se enkel opdrag is om aan hulle die boodskap te

bring: “Julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, watn Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Gaan

sê gou vir sy disspels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’

Die vrouens gaan bang maar baie bly daar weg om te gaan vertel.

En dan skielik staan Jesus voor hulle. Met `n vriendelike “Goeie môre” groet Hy hulle. Hulle kom nader en val in

aanbidding voor Hom neer. Jesus sê toe: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe

gaan, en daar sal hulle My sien.”

Hierdie is die eerste gesprek met Jesus nadat Hy opgewek is uit die dood. Die Sondag oggend vroeg, en dit is wat die

kerk tot vandag toe nog doen. Sondag oggend vroeg, `n gesprek met Jesus wat waarlik opgestaan het!

Daar is `n lyn van verskrik na verwondering, na in blydskap vir Jesus aanbid. Die engel wat die vroue herinner aan

wat Jesus gesê het, maar dat hulle “bang maar baie bly” daar weghardloop om te gaan vertel. Jesus se gesprek met

hulle verander “vrees” want die dood is nie meer seker nie, in “aanbid”, om Jesus te aanbid, wat waarlik opgestaan

het, wat die belofte gee dat sy dissipels Hom sal sien.

Ons praat van die “Opstandingswonder”. Maar wat hier gebeur is dat vrees in verwondering verander, dit hou egter

nie op om vrees te wees nie, dit word nou “die vrees van God”. Om God te vrees is nie om soos die ongelowige

wagte te verstar van skrik nie, maar om soos die vroue “bang maar baie bly” hardloop om die boodskap te gaan

vertel: “Jesus het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan”.

Ek wonder of ons probleem, die rede waarom ons nie Jesus wat waarlik opgestaan het sien nie, is omdat ons ons

vermoë om verras en verwonderd te wees verloor het. Kan ons nog verwonderd wees? Kan ons nog verras wees

oor enigiets.

Net so voor die langnaweek is ons in Pretoria, in die Beeld is daar `n foto van luiperd wat in Pilaansberg natuur

reservaat geneem is. `n Mannetjie wat in plaas van swart kolle met wit aksente, sulke rooibruin kolle het. Maar wat

my opgeval het is die reeks sms boodskappe hieroor: “dit was maar net `n swak foto”, “dit is gephotoshop”, “die

fotograaf het seker te groot geskrik en toe `n beligtingsfout gemaak’.... ens. `n Hele reeks siniese opmerkings, gee

verwondering, gee waardering vir `n heel verklaarbare verskynsel, dit is maar soos `n rooikop persoon tussen mense,

iemand wat min swart pigment in sy gene het. Maar so het ons geword. Niks kan ons meer opgewonde maak nie,

superman is nie meer genoeg nie, die transformers beïndruk ons ook nie meer veel nie, `n spaceship is boring, ons

het so alles gewoond geraak, ons het so besig geraak met die harde werklikheid ons is nie meer verwondering oor `n

dwerg aalwyn wat met sy blare toegevou wag vir die reënseisoen, so amper biddend, of sommer net `n vriendelike

daad van `n vriend, in plaas dat ons dit geniet, sommer so bietjie verras en verwonderd daaroor is, wil ons wonder

oor die motiewe daarvan of dadelik iets terugdoen. In dit alles is ek bevrees loop ons verskeie geleenthede mis om

Jesus wat opgestaan het, waarlik opgestaan het, te sien.

Bid dat ons vrees ons onsekerheid, self ons opmerking van “onsin”, in ons gesprekke met Jesus, wat waarlik

opgestaan het, sal verander in “vrees vir God”, wat ons nie laat verstar nie maar wat ons aan die gang kry, energie

gee, ons Jesus laat sien.