04.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Gawes van Die Heilige Gees

is ‘n geskenk van God

F.W.C. Neser, M.Sc.

Transkripsies van Kassette Nr. L011 tot L019

Teksverse uit 1953 Vertaling

1

Die Gawes van die Heilige Gees

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

E-pos: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Webtuiste: www.israelmusthear.co.za

Kantoorure: Maandag tot Donderdag,

09h00-12h00

Drukker: Minit Print Pretoria Noord

Tel: (012) 565-5288

Fax: (012) 565-5289

E-pos info@minitprint.biz

Uitgifte 2001 Eerste druk

ISBN 0-620-27657-6

2

Inhoud:

Voorwoord.....................................................................................................4

Hoofstuk 1.....................................................................................................5

Die Gawe van ‘n Woord van Kennis. ........................................................5

Hoofstuk 2...................................................................................................28

Die Gawe van ‘n Woord van Wysheid. ...................................................28

Hoofstuk 3...................................................................................................42

Die Gawe van Onderskeiding van Geeste..............................................42

Hoofstuk 4...................................................................................................67

Die Gawe van Spreek in Tale. ................................................................67

Hoofstuk 5...................................................................................................90

Die Gawe van Uitleg van Tale.................................................................90

Hoofstuk 6.................................................................................................110

Die Gawe van Profesie. ........................................................................110

Hoofstuk 7.................................................................................................132

Die Gawe van Geloof. ...........................................................................132

Hoofstuk 8.................................................................................................155

Die Gawe van Genesing. ......................................................................155

Hoofstuk 9.................................................................................................177

Die Gawe van Werking van Kragte.......................................................177

3

Voorwoord.

Voorwoord tot die Bedieningsgawes van Christus en die Gawes en Vrug

van die Heilige Gees.

Voordat ons Here Jesus vir ons aan die kruis gesterf het, het Hy sy

dissipels beloof dat Hy na sy terugkeer na die Vader vir hulle die Trooster,

die Heilige Gees sou stuur. Hy sou hulle in die hele waarheid lei, en van

Hom (Jesus) getuig, en Hom verheerlik. Hy sou hulle dus nie as

weeskinders en ook nie herderloos agterlaat nie.

Hy sou manne opwek wat hierdie herderskap van Hom (Jesus) sou

voortsit. Die Apostel Paulus noem hierdie herders “bedieninge” wat Hy

(Jesus) as ‘n gawe aan die heiliges sou gee om hulle op te pas, te beskerm

en toe te rus vir hulle dienswerk en hulle te lei tot volwassenheid in

Christus om nie meer heen en weer geslinger te word deur elke wind van

lering nie.

Saam met die Gawe van die Heilige Gees sou daar ook die Vrug van die

Heilige Gees wees. Dit sou na ‘n grondige bekering en die doop kom. Dit

is die grondslag van dissipelskap. Hierdie dissipels moes dan geleer en

toegerus word, soos hierbo genoem.

Ek het die groot behoefte aan lering baie dringend gevoel. In die middel

sewentiger jare het ek toe begin met ‘n paar reekse Bybelstudies oor :

Bekering, die Doop, die Doping in die Heilige Gees, die Gawes van die

Heilige Gees, die Vrug van die Heilige Gees en die Bedieningsgawes van

Christus.

Hierdie Studies is almal op kasset opgeneem.

Suster Rieta Schilling en haar man Jörg het transkripsies daarvan gemaak

(met die hulp van ‘n groot aantal susters uit die gemeente) en het dit

verwerk en op Rekenaar geplaas sodat ons dit kon laat druk. Ons is almal

innig dankbaar teenoor hulle, vir so ‘n groot taak wat met die grootste liefde

gedoen is.

Ons glo vas dat soos dit hierdie Bedieninge, Gawes en Vrug was, wat die

Christelike Geloof gegrondves het en met groot tekens en wonders en

dade van die Heilige Gees die eerste Gemeentes tot stand laat kom het, dit

weer so gaan wees.

Voor die Wederkoms van ons Here Jesus, in hierdie dae van verskriklike

verval, is dit alleenlik so ‘n Bediening wat ons uit hierdie toestand gaan

uitruk en voorberei om ons Koning te ontmoet.

Dit is dan ook ons innige bede dat dit in die hartsbehoefte van menige

gelowiges in Israel sal voorsien.

F. W. C. Neser,

Namens Ekklesia Evangeliegroep,

30 Maart 2001.

4

[Kasset nr. L016]

Hoofstuk 1

Die Gawe van ‘n Woord van Kennis.

Ons het die afgelope twee keer wat ons bymekaar was, die inleidende

gedagtes met u gedeel en ek wil net so ‘n paar daarvan met u herhaal en

dit is van die uiterste belang. Ons moet besef dat dié God wat ons dien, is

die Lewende God. Dit is die God van die Bybel, dit is nie ‘n gedagte, dit is

nie ‘n idee nie. Hy is werklikheid.

Dit wat Hy doen, wat die Bybel sê Hy doen, dit het Hy gedoen en dit doen

Hy ook nog vandag. Maar die mens kan baie maklik, nie net in sonde

verval nie, maar die Christen kan baie maklik in ‘n vorm van doodsheid in

siel verval, deurdat hy maar net aangaan. Hy het ‘n sekere geloof, ‘n goeie

geloof het hy aanvaar en onderskryf. Hy kan selfs na ‘n goeie gemeente

toe gaan maar hy kan ook maar net saam draf en saam dryf, en saam ry

op die wa.

Maar daar is iets positiefs wat ‘n mens in jou gees moet kry. Jy moet

daardie geloof en daardie vonk en daardie vuur in jou hart, moet jy altyd

behou en aanwakker. Dit is waarteen die vyand stry om ‘n mens in jou siel

dood te maak. In baie gebiede van die lewe is dit ook so. Daar is hierdie

ding van inisiatief, jy sal baie mense kry, hy is ‘n doodgoeie mens maar hy

het nie vooruitstrewendheid in hom nie, hy het nie inisiatief in hom nie, jy

kan amper sê soos die mense in Engels sal sê: “he hasn't got go in him”.

‘n Mens moet ‘n geestelike “go” in jou kry. Jy moet God se beloftes sien, jy

moet sy woord sien, jy moet sien wat Hy vir jou beskikbaar gestel het. Dan

moet jy daarna uitreik en jy moet daarna gryp.

Daarom sê die Here: “Nader tot My, en Ek sal tot julle nader.”

In hierdie afgelope twee studies oor die gawes van die Heilige Gees, het ek

die feit beklemtoon dat as ons God, onse Vader noem en jy weergebore is,

is God jou Vader. God is bonatuurlik, dan moet ons ook bonatuurlik wees,

daar behoort meer van die bonatuurlike in ons lewens te wees. In ons

lewens as individue en in ons lewe as die gemeente.

Die gemeente van die Here Jesus, wat sy naam ook al mag wees, daardie

gemeente moet sy natuur, sy geaardheid hê. Ons het vir geslagte groot

geword waar ons nooit ‘n wonderwerk in ‘n diens verwag het nie, waar ons

nooit die Heilige Gees verwag om met ons te praat of vir ons ‘n openbaring

te gee of enigiets nie.

5

O, nee, as jy na die Gypsey toe gaan, of as jy na die waarsêer toe gaan, o,

as hulle jou vertel van die dolosgooier en die toordokter, ja, dit is

werklikheid. Is dit nie ‘n tragedie nie? Is dit nie verskriklik nie? Dat die wat

die duiwel dien en die wat die duiwel se dinge manifesteer is meer

lofwaardig, daar is meer ondervinding daarvan as wat daar is van die

werkinge van die Lewende God, dié God wat ons sê, ons dien. Is dit nie ‘n

verskriklike toestand nie? Behoort ons nie op te spring en te sê; “Here, ek

is skuldig! Here, ons is skuldig! Here, ons is vér agter by wat ons behoort

te hê.”

In daardie trant het ek met u gepraat en dalk daarop vir u gewys, ek het

nog byvoorbeeld vir u die illustrasie gewys van die voëltjie. Die kind van ‘n

voël kan vlieg, hy kan ‘n nes bou, hy weet alles van wat sy pa en sy ma

gedoen het, sonder dat hy ooit sy pa en sy ma dit gesien doen het.

Hoekom? Omdat dit sy natuur is. As ek dan uit God gebore is, moet ek die

goddelike natuur hê.

Toe ek die gawes opgesom het, het ek vir u gesê daar is nege gawes. Ons

gaan weer in die Skrif lees, in 1 Korinthiërs 12, van die nege gawes wat

daar is.

Hulle is verdeel in drie hoofgroepe.

Daar is die drie Openbaringsgawes:

1) Die Woord van Wysheid,

2) ‘n Woord van Kennis,

3) Die Onderskeiding van Geeste.

Ons sal hulle in besonderheid behandel. Hierdie studie gaan juis wees oor

die gawe van die woord van kennis. Wat beteken dit?

Dan is daar die drie Kraggawes:

1) Geloof,

2) Die Werking van Kragte of Wonderwerke,

3) Gesondmaking.

Dan is daar die drie Inspirasie of Vokale Gawes:

(die gawes wat oor jou lippe kom, wat jy praat).

1) Tale,

2) Uitleg van Tale,

3) Profesie.

Nou kom ons lees net daardie gedeelte:

1 Korinthiërs 12:8-11;

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees:

6

10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Ja, prys die Here!

Daar het ons nou al nege gawes opgenoem.

In die 7de vers sien ons: (die Engels sê weer “the manifestation”).

Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op

wat nuttig is.

Nou iets wat jy manifesteer is iets wat jy wys. Dit is iets wat mense kan

sien. Daar is te veel van hierdie ding, wat geslagte deur in ons ingedruk is.

O, jou geloof is iets innerlik, is nie iets wat jy hoef te sien nie, dit is nie iets

wat jy hoef te openbaar nie. Maar wat was dit met die Here Jesus? Kyk sy

wonders, sy tekens, die storm wat Hy stilgemaak het op die see, Hy het

gesê: “swyg, wees stil.” Hy het die brood en die visse vermeerder. Dit was

tasbare dinge, dit was wonderlike dinge. Hoekom nie vandag nie? Dink

julle nie as die wêreld ‘n bietjie meer van die manifestasie van die Heilige

Gees sien, dat die wêreld ook meer die God wat ons dien sal erken nie.

Nou daar in die 7de vers:

Maar aan elkeen word die openbaring (“manifestation”)van die

Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

Die manifestasie, met ander woorde, elkeen van hierdie nege gawes is ‘n

manifestasie. Dit is ‘n werking wat mense moet kan sien. Dit is van die

uiterste belang. Ons moet ook ons geloof kan demonstreer. Mag die Here

vir ons genade gee, ook deur die bywoon van die studies, dat u uself as

Christen en as kind van God en as een wat die Heilige Gees liefhet, dat u,

u eie lewe daaraan gedurig sal wei en sê: “Here, ook ek gee myself, ook

ek, Here, stel myself tot u beskikking dat die manifestasie van die Heilige

Gees ook deur my in werking sal kom of deur my toedoen”.

Ons gaan oor na die eerste een van die nege gawes van die Heilige Gees,

om in besonderheid te behandel en ons begin by die gawe van:-

‘n Woord van Kennis.

1 Korinthiërs 12:8;

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis van weë dieselfde

Gees;

7

Maar net by wyse van verduideliking, die gawe van ‘n woord van kennis.

Ons stem almal saam dat God alwetend is, God weet alles, God het alle

kennis omtrent alle dinge. Hier werk die Heilige Gees, dat in die werking

van die Heilige Gees en wanneer die gawe van ‘n woord van kennis

manifesteer, dan is dit wanneer God deur die Heilige Gees dit goed dink

om aan die een of ander ‘n stukkie van daardie kennis mee te deel en te

openbaar. Iets wat jy op ‘n natuurlike manier nooit sou kon bekom nie. Dit

is nie kopkennis nie. Dit is nie kennis wat jy uit ‘n boek leer nie. Ons sal dit

weer netnou herhaal want dit is belangrik. Ek maak dit net vir u só duidelik.

Ek sal vir u netnou baie voorbeelde gee wat u dit sal laat insien.

Hierdie gawes van die Heilige Gees is almal bonatuurlik, “they are supernatural”.

So, dit is nie iets wat jy met gewone talent kan produseer of

voortbring nie, dit kom deur die Heilige Gees. Dit is ‘n deel van God se

kennis wat Hy aan jou meedeel. Laat ek net vir julle so ‘n paar voorbeelde

gee, dan sal julle beter verstaan wanneer ons ook die verskillende tekse

van naderby beskou.

Ek sal nooit vergeet nie, ek moet sy naam noem, ek weet dit is vandag ‘n

naam wat in oneer is, maar dat dié dinge gebeur het, kan niemand betwis

nie. Toe Rassie Erasmus hier in 1963 in Vereeniging sy veldtog gehou het,

sal ek nooit vergeet, een aand, die tent was gepak (die tent kon ± 2000-

3000 mense hou) en die mense het in verskillende rye, diep in sirkels

rondom daardie tent gestaan, so baie mense was daar.

Daar het beslis baie wonderlike dinge plaasgevind, in sekere opsigte dinge

wat nog nooit weer herhaal is nie. Ek het nog nooit weer herhaal gesien,

dat mense by die honderde van buitekant, party van daardie fabriek

werkers nog so in hulle werksklere, party van hulle nog met die swart

vlekke op hulle gesigte soos hulle net uit die fabriek uitgekom het, met

opgerolde moue het hulle in daardie tent ingehardloop, daar voor die

platform, tussen daardie saagsels, op hulle aangesig geval het, die Here

gesmeek het om genade. Daar is vandag nog verskillende predikers in die

bediening wat daardie tyd tot bekering gekom het. Baie jammer dat die

arme man so verskriklik daarna geval het, wat sy rede ook al daarvoor mag

wees.

Een aand, die tent was gepak, daar was ‘n gees van afwagting, alles was

doodstil. Hier by die deur kom ‘n man ingestap. Jy kon sien hy was ‘n

boemelaar, maar hy was skoon en netjies. Voor die platform was daar so

‘n oop gedeelte, die gedeelte was altyd oopgehou vir mense wat daar wil

kniel of die Here wil aanneem of siekes wat vorentoe kom want hulle het by

die honderde vorentoe gekom om voor gebid te word. Toe hy so op hierdie

8

oop gedeelte staan, toe sê Rassie vir hom van die platform af: “Jou naam

is Houtman”, die man draai so om en kyk na die platform, (ek kan nou nog

die verbasing op sy gesig sien) hy sê: “Meneer, wie het vir jou my naam

gesê?” Rassie sê: “Die Here het deur die Heilige Gees vir my jou naam

gesê”. Dit was toe ‘n woord van kennis wat in werking getree het.

Rassie het nie daardie man se van geken nie, en ek weet nie wie in

daardie tent sy van geken het nie, seker maar baie min. Maar God het sy

van geken. Die Here het sy naam geken, nie waar nie, net soos wat hy

elkeen van ons se name ken. Die Here weet die dag en datum van ons

geboorte, die Here weet alles omtrent ons, die Here weet wat ek in my sak

het, die Here weet waar ek netnou was. Enige ding, die Here weet dit. So

het die Here hierdie man se naam geken en die Here het dit goedgedink,

soos julle sal sien, om sy naam deur die Heilige Gees, deur die gawe van

‘n woord van kennis, aan Rassie bekend te maak.

Hy vra vir Rassie, “Wie het vir jou gesê wat my naam is? Rassie antwoord:

“Dit is die Heilige Gees wat vir my gesê het wat jou naam is. Ek sal jou nog

meer vertel, jy het ‘n broer en julle is met twee susters getroud”. Teen

daardie tyd kon jy die verbasing op hierdie man se gesig so lees dat dit

gelyk het of hy oorweldig was. Hy het omgedraai en voor die platform kom

staan en so opgekyk. Hy het nog vir hom ‘n hele paar ander dinge uit sy

lewe vertel wat niemand vir hom sou kon vertel nie as hy hom nie geken

het nie. Teen daardie tyd kon jy natuurlik ‘n speld hoor val in daardie

diens. Jy kon die teenwoordigheid van die Here voel want hier is nou iets

bonatuurliks in werking. Wat ons moet onthou, die gawes van die Heilige

Gees is bonatuurlik. Waar die gawes van die Heilige Gees werk, is daar

altyd ‘n besef van die teenwoordigheid van die Here en dit is God se

bedoeling. Daar het daardie aand magtige en wonderlike dinge

plaasgevind.

Na al daardie dinge klaar plaasgevind het, kan julle julself voorstel dat hy,

die prediker, die gehoor in die holte van sy hand gehad het. Hulle sou

enige ding glo wat hy vir hulle sou sê, hulle sou enige ding doen wat hy vir

hulle sou sê om te doen. Daar het groot wonderwerke daardie aand

plaasgevind.

‘n Volgende aand, net wanneer hulle opgehou het met sing of hy het

opgehou met praat, ek is nie meer seker nie, ek kan dit nie onthou nie, dit

was te lank gelede, maar ek kan dit met sekerheid sê, wys hy skielik so in

die gehoor, hy sê: “Daardie man wat daar sit”, en hy beskrywe hom en sê:

“Jy is hier in verband met jou vrou. Jou vrou is baie ernstig siek, en jy het

gekom vir haar genesing vanaand meneer, vra Rassie vir die man, is ek

reg? Die man staan op en sê: “dit is reg”. Rassie sê: “Jy kom van die

9

Vrystaat af, en hy gee vir hom sy naam”. Hy staan so ‘n rukkie en sê: “Toe

jy ‘n jong man was, was jy ‘n baie bekende atleet”. Weer staan hy ‘n rukkie

en sê vir hom: “in die kort afstand”. Daardie man het opgestaan en het

elke ding bevestig wat Rassie vir hom gesê het.

Nou om uit ‘n paar duisend vir so ‘n persoon so iets te sê, jy kan nie met

jou natuurlike krag dit doen nie, dit is bonatuurlik. Dit is ‘n woord van

kennis. Die Here het vir Rassie kennis gegee omtrent daardie man. Die

idee, ook daarvan, is om die geloof van die mense in die bonatuurlike krag

van God te bevestig en ook in die bediening van sy dienskneg.

Op ‘n ander geleentheid, is ek saam met hom op ‘n veldtog na Port

Elizabeth, ek het vir hom daar gaan “tolk” want hy kon nie in Engels preek

nie. Hy het die dienste gehou in die Veremarksaal, dit is ‘n groot saal. In

die voorste ry het ‘n man gesit. Hy wys so na die man, en sê vir hom: (die

Here het nie aan hom sy naam geopenbaar nie) maar hy sê: “Meneer, jy

wat daar sit, jy woon in die Kaapse weg nommer so-en-so”. Rassie vra; “Is

dit reg?” Die man antwoord; “Ja dit is my adres”. Weereens het dit die

mense se geloof geweldig aangegryp.

Na die diens, vra ek hom: “Rassie, sê jy nou vir my, hoe gebeur dit? Hoe

kry jy dit?” “Vanmiddag, net voor die diens, terwyl ek besig was om te bid

vir hierdie diens, toe gee die Here vir my ‘n gesig. Ek sien hierdie man by

sy hek uitkom op pad na die diens toe, ek sien hoe swaai hy die hek oop,

toe hy die hek so oopswaai, lees ek die nommer op sy hek. Vanaand toe

ek daardie man daar sien sit, toe herken ek hom. Dit is dieselfde man wat

ek in die visioen gesien het”. “Nou is dit net ‘n geloofstap van my kant af,

om vir daardie man te sê waar hy woon, en dit was natuurlik reg”.

Ek het baie onder die ou Pinkster mense, toe hulle nog die Here ernstig

gedien het, in die dae toe Pinkster nog Pinkster was en hulle nog gespot

het daarmee en die mense met eiers en tamaties gegooi het en hulle baie

gemolesteer het in hulle dienste, het van die ou mense my baie keer vertel

dat hulle sal bid, en hulle het baie ernstig gebid. Ek dink ons het baie van

die krag van gebed in ons dae verloor. Hulle sê, as hulle so bid, dat die

Here duidelik vir hulle na ‘n adres stuur, Hy gee vir hulle die straat, die

nommer en Hy sê gaan, daar is ‘n behoefte. Dan gaan hulle op wat die

Here vir hulle gesê het en dan sê hulle: “Meneer, mevrou. julle ken my nie,

maar die Here het my gestuur en gesê hier is groot behoefte in die huis,

hier is groot siekte”, of wat ook al en dan is dit presies so.

Dan doen die Here ‘n groot wonderwerk op daardie plek. Ek hoop dit begin

vir julle ‘n idee gee van die werklikheid van die Heilige Gees en hoe vér

10

agter ons in die dinge van die Here is, en dat ons self die aangesig van die

Here moet begin soek en sê: “Here, ons geloof moet ‘n praktiese geloof

wees, daar moet die openbaring van die Heilige Gees, in ons lewens

wees”.

Ek wil u nog van een geval vertel. Ons was 6 maande in Pinkster (1951).

Die Branham-geselskap het na Suid-Afrika gekom. Dit was drie broers wat

teruggekom het van Amerika af. Broer Branham, Bosworth en Baxter. Die

Here het groot tekens en wonders deur hulle gedoen. Hulle was hier op

Maranatha Park kampgronde van die A.G.S. Dit is lank voordat ek in die

bediening gekom het, nog Navorsingswerk in Pretoria gedoen. Ek het twee

weke verlof geneem en in Johannesburg gaan bly om die dienste daar te

kon bywoon. Dit was vir my soos hemel op aarde, soos die boek van

Handelinge, waarby ‘n nuwe hoofstuk toegevoeg is, al die magtige tekens

en wonders wat ek gesien het, ons was so opgewonde.

Suster Neser het ‘n niggie gehad, haar bynaam was Tiefie. Dié Tiefie was

‘n verpleegster en sy het ‘n ongeluk gehad, sy het geval en haar rug was

op ‘n paar plekke af en was in gips van hierbo van haar skouers af tot

onderkant haar heupe, dik gips. Ons neem haar een aand na die diens

toe. O, daar het ‘n magtige boodskap oor geloof uitgegaan.

Die ou tannie Maritz, sy het daar ook werklik die Here gevind. Sy was so

vol van die geloof en die vreugde toe ons by die huis kom en sy sê: “Tiefie,

jy moet die Here glo, jou rug is gesond, ons moet daardie gips afhaal”.

Hoe gaan jy nou daardie gips afkry? Ons het ‘n saag in die hande gekry en

ons het begin saag. ‘n Vreeslike besigheid, nou begin ons naby die vel

kom. Nou moet ons versigtig wees, as die saag nou deurgaan, dat jy nie

die lyf raak saag nie. Haar een broer het in die myn gewerk, hy het so ‘n

breë myngordel gehad. Hulle neem toe die gordel en ryg dit hier van bo af

in en trek dit deur tot onder, sodat daar beskerming kan wees as die saag

deur die gips gaan. Die gips is deurgesaag, nou moet ons dit ooptrek en af

kry.

Die gips is af; “toe Tiefie, jy is nou gesond”, daar het niks met daardie rug

gebeur nie. Nou is ons in die moeilikheid! Hoe kan sy nou teruggaan

dokter toe? Maar nee, daar is geen bekommernisse nie, die Here gaan vir

jou gesond maak, ons is môreaand weer by die diens en môreaand word jy

gesond. Dit klink omtrent na ‘n storie wat ek julle vertel, maar die

waarheid, die Here hoor my!

Daardie volgende aand, sy kan nou nie loop nie en so’ n af rug kan

gevaarlik wees want hy kan die rugmurg beskadig of afsny en dan is sy

verlam. Ons het haar op ‘n draagbaar gesit en ons is met haar diens toe.

Wat ‘n aandoenlike toneel! Dit wil my laat huil wanneer ek daaraan dink.

Al die, jy kan maar sê, “mislukkings”, (ongeneeslikes) die wat dokters geen

hoop meer voor het nie, mense met kanker, met permissie gesê, die reuk

11

tussen daardie mense, het julle al iemand geruik wat kanker het? Dan so

‘n klomp bymekaar. Kreupeles, verminktes, daar is hulle almal bymekaar.

‘n Verskriklike gesig en ons het vir Tiefie ook maar daar tussenin gesit.

Dié broer Branham het ‘n wonderlike gawe gehad, dit is ‘n lang storie. Ek

het twee boeke gehad:- “A man sent from God”, daar vertel hy hoe die

Here vir hom gesê het; (in 1945 het die Here ‘n engel na hom toe gestuur)

“My dienskneg hierdie boodskap moet jy oor die lengte en breedte van die

wêreld neem, want My koms is naby.

Uit daardie bediening van Branham het daar magtige bedienings gekom,

soos die van Tommy Osborn, die Here het ook groot tekens en wonders

deur hom gedoen. Hier in die vyftiger jare in Amerika, die manne met die

bediening van goddelike genesing was te wonderlik en baie van hulle het

hulle inspirasie en lering vir aansporing gekry deur dít wat die Here vir

Branham gegee het.

In elk geval, die engel het ook vir hom gesê dat die Here vir hom die gawe

sal gee om mense se siektes te kan sien, hy sal vir hulle kan sê: “daar is ‘n

gewas aan jou lewer”, sommer so in die gehoor. Hy het dit ook gedoen,

daardie een wat daar sit, jy het ‘n breuk, en dan is dit so. Daardie man wat

daar sit, jy het kanker in hierdie deel of daardie deel van jou liggaam. Dan

sal hy hom beskryf en sê jy het so ‘n kleur das en so ‘n pak klere aan, dit is

die kleur van jou hare.

Dié aand, terwyl broer Branham besig was om te preek, is dit asof iemand

hom net so aan sy baadjie gryp en hom omruk en hy wys direk na Tiefie

toe. Hy het haar nog nooit in sy lewe gesien nie, hy kom van Amerika af.

Hy kyk reguit na haar en sê: “Jy wat daar lê”, en hy beskryf haar, sy het

sulke pragtige blonde hare gehad. “Jou rug is op drie plekke af”, en hy het

‘n hele paar ander dinge ook van haar gesê. Hy sê: “The Lord has just

healed you, in the Name of Jesus Christ of Nazareth, rise up and walk!”

Die beste beskrywing wat ek kan gee is soos ‘n hark in ‘n tuin wat jy op

trap, so slaan sy regop dat sy voor haar draagbaar op haar voete staan.

Sy het tussen al die mense deurgeloop en het met die trappies op die

platform opgegaan en vir hom ‘n handdruk gegee. Wie het vir hom gesê

wat haar makeer tussen al daardie duisende? Dit is ‘n woord van kennis.

Dink u nie dit is wonderlik nie?

Nou waarom sal ons net van hierdie dinge hoor? Hoekom sal ons hierdie

dinge nie sien nie? Sal u nie met my saamstem, as ons kyk in die tyd wat

ons in lewe, ons sien hoe die heidene besig is om die wêreld in te neem,

ons sien hoe afvallig word die gelowiges. Dink julle nie dit is tyd dat die

bonatuurlike krag van God in Sy gemeente begin openbaar word nie?

12

Waarom moet ons dan net lees van hierdie dinge in die Bybel? Waarom

moet ons dan net lees dat Petrus, Paulus, Johannes, Stéphanus en

Filippus hierdie dinge gedoen het? Nou vertel ek u net van ‘n paar wat dit

gedoen het en daar is baie in die wêreld wat dit ook al gedoen het waarvan

ons net nie gehoor het nie. Ek het maar net hierdie vir u genoem by wyse

van illustrasie dat u kan sien wat dit is.

Gaan ons die uitdaging aanvaar of nie? Gaan ons sê: “Here, ek gaan my

lewe aan u wy, nog meer as ooit tevore en ek gaan U begin loof en prys en

ek gaan U begin aangryp dat ook hierdie heerlike gawes in ons lewens in

werking kom”. Onthou, ons begin nou maar net.

Nou die eerste gawe:-

“Die gawe van ‘n woord van kennis”.

Wag tot ek by die ander gawes kom en vir julle voorbeelde daarvan gee, vir

julle ook wys wat die Here se Woord daarvan sê en julle moet ook onthou,

wat daar ook in vorige Studies gesê is.

Romeine 10:17;

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord

van God.

Soos julle die Here se woord hoor, soos ek julle vertel, soos ons dit saam

bestudeer, moet u, u harte oopstel dat geloof in u hart kom, dat u nie sal sê

dit klink mooi en dit was vir daardie mense in daardie tyd. As jy dit sal

toelaat, sal die duiwel dit met jou doen en hy sal altyd die direkte punt, die

fokuspunt, sal hy altyd skuif na ‘n ander persoon of na ‘n ander geleentheid

of na ‘n ander plek. Dit is dieselfde met jou genesing, jy kan siek wees en

jy kan die Here glo vir genesing en die lering van goddelike genesing

aanvaar, “en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom”.

Maar die duiwel sal altyd vir jou sê dit is nie vanaand jou aand nie, liewer

op ‘n ander keer of op ‘n ander tyd, dan is dit jou kans. Het ek dit nie al

baie keer vir julle gesê nie, altyd op die een of ander manier ja, as daardie

een nou vir jou kon bid, of as jy nou hierdie een was of op daardie plek,

dan sal dit gebeur. Maar nie waar jy nou is nie. Dit is net waar sy leuen is,

dit is nie in die eerste instansie die een wat vir jou bid nie, maar die EEN

wat jou gesond maak is die Here Jesus. Dit is die krag van God in Jesus.

Kom ons gaan ‘n bietjie meer op ons studie in en ek gaan vir u so ‘n stukkie

lees wat hier geskrywe is en dan kan ons ‘n paar tekse begin nagaan en ‘n

bestaan tussen die gawe van ‘n woord van wysheid en ‘n woord van

kennis, sal ons eerstens die tweede gawe behandel naamlik; ‘n woord van

kennis.

13

Dit sal vir ons later ‘n beter begrip gee vir die funksie van ‘n woord van

wysheid. Die woord van kennis is ‘n bonatuurlike openbaring deur die

Heilige Gees van sekere feite wat in die alwetendheid van God opgesluit is.

So ‘n openbaring gaan moontlik oor ‘n persoon of toestand van ‘n persoon

of waar hy homself op enige tyd bevind. Daar moet op gelet word dat dit

nie ‘n gawe van kennis is nie, maar wel die gawe van ‘n woord van kennis.

Wanneer ‘n persoon in die moeilikheid sou verkeer en desnoods na sy

prokureur om raad gaan, sal so ‘n prokureur nie ál sy kennis aan sy kliënt

meedeel nie, maar slegs die deel wat vir die kliënt van nut of belang is. Die

woord van kennis is nie ‘n menslike gawe nie, ook is dit nie net in sekere

sin Goddelik nie, maar beslis bonatuurlik. So onthou, ons moet die

bonatuurlike daarvan beklemtoon. Dit kan nie verkry word deur studie nie,

dit is ‘n wonderwerk wat deur Goddelike openbaring en krag geskied.

Dit is ook nie ‘n oombliklike of geleidelike ontdekking van feite omtrent God

of die mens nie, dit is ‘n goddelike en bonatuurlike openbaring van dinge

wat andersins verborge sou wees vir die verstand of vermoë van die mens.

Ek dink u sal met my saamstem dat geen studie of geleerdheid sou vir

Branham gehelp het om na daardie meisie te wys en vir haar te sê jou rug

is af nie.

Die Here het hom die kennis gegee van wat met haar verkeerd is. Dit het

alleen van God gekom, hy het haar nie eers geken nie. Dit is ‘n

wonderwerk van bo met geen inmenging van die natuurlike nie. Die mens

dra in werklikheid niks daartoe by nie, hy ontvang alles en is net ‘n blote

kanaal.

Deur ‘n woord van kennis mag ‘n openbaring omtrent die verblyfplek van ‘n

persoon, sy geaardheid, gedagtes of die toestand van sy hart verstrek

word. Die Here Jesus het deur hierdie besondere gawe te wete gekom

waar Natánael hom onder die boom bevind het, asook dat hy ‘n Israeliet

sonder bedrog was.

Johannes 1:49-52;

49 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en

sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die

vyeboom was, het Ek jou gesien.

50 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U

is die Koning van Israel!

51 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek

het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

52 En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af

sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en

neerdaal op die Seun van die mens.

14

Hoe het die Here Jesus geweet dat Natánael daar onder die vyeboom gesit

het? Onthou, in sy menslike hoedanigheid, Hy het nie in sy Goddelike

hoedanigheid hier opgetree nie, dit is ‘n ander baie belangrike punt wat ons

terloops baie goed van die Here Jesus moet onthou.

Toe die Here Jesus op die aarde was, het Hy Homself ontledig, Hy het sy

Godheid soos ‘n mantel uitgetrek en Hy het soos ‘n mens op die aarde

beweeg. Alles wat Hy gedoen het, het Hy as ‘n mens gedoen in die krag

van die Heilige Gees. Juis om vir elkeen van ons te wys dat, as ek gewas

is in sy bloed en ek Hom waarlik aangeneem het as my Saligmaker en

erken as my Here, en ek is vervul met die Heilige Gees, dan kan ek

dieselfde dinge doen as wat Hy gedoen het. Hy het so gesê.

Johannes 14:12;

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat

Ek na my Vader gaan.

So, of die Here nou ‘n blinde Bartlomëus se oë oopgemaak het, of ‘n

Lasarus roep uit die graf, of ‘n Jaïrus se dogtertjie lewendig maak, of Hy die

melaatse reinig, Hy het dit gedoen as mens in die krag van die Heilige

Gees, dit wat elkeen van ons ook behoort te kan doen. Moenie dat ons sê,

dat dit vér te hoog is vir my nie, laat ons uit kom uit daardie gedagte, eintlik

maak ons die Here Jesus bewoë, Hy het geroep, Hy is getrou, Hy sal dit

doen as ons Hom net vertrou en ons aan Hom toewy.

Dus, Hy kon nie vir Natánael onder die vyeboom sien sit nie, die Heilige

Gees het dit aan Hom geopenbaar deur die gawe van ‘n woord van kennis.

In ‘n flits van ‘n oomblik het die Here Jesus in die gees vir Natánael onder

die boom sien sit, daarom kon Hy vir hom sê soos in Johannes 1:49. Hoe

het Hy hom gesien? Nie met sy blote oog nie, dit was te vêr, heel moontlik

nog agter die bult of agter die bome, maar wel deur so ‘n openbaring van ‘n

woord van kennis. Wat was Natánael se reaksie? Hy sê vir Hom: “Rabbi,

U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!”

Dit is een van die wonderlike uitwerkinge van die werking van die Heilige

Gees en in besonder van hierdie gawe van ‘n woord van kennis. Dit bring

altyd oortuiging van die teenwoordigheid en werklikheid van die

waaragtigheid van God. Dit wek geloof op.

Kom ons kyk ‘n bietjie na die vrou by die put van Samaría.

Johannes 4:16-19;

16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ‘n man nie. Jesus sê vir haar:

Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie;

15

18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou

man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ‘n profeet is.

Die Here sê vir haar: “jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het is

nie jou man nie”. Hoe het die Here Jesus dit geweet? Deur die gawe van

‘n woord van kennis. Hy het daardie vrou nog nooit vantevore ontmoet nie

en Hy kon vir haar presies sê wat die toestand van haar lewe was. Wat

was die resultaat? Dat Hy daardie vrou onmiddellik tot geloof in Hom

gebring het. Dit het daardie vrou laat erken dat Hy die bonatuurlike krag

van God gehad het en wanneer jy verder lees, sal jy sien hoe dit gelei het

tot hierdie vrou se bekering en hoedat sy die mense gaan roep het en gesê

het: “kom kyk, hierdie man wat vir my alles vertel het omtrent myself”. Die

Here Jesus kon toe met haar praat oor die Lewende Water wat Hy vir haar

sou gee, die ewige lewe.

Die woord van kennis is ook nie een van die vokale gawes nie. Dit is een

van die groep van die drie gawes wat openbaar. Klein Samuel het sy

woord van kennis en sy woord van wysheid ontvang nog voordat hy dit aan

iemand anders vertel het. Indien hy dit sou verswyg het, sou dit nog net so

‘n werklike woord van kennis gewees het wat hy van God ontvang het. Die

Here was “Woord” nog voordat daar ‘n woord geskrewe of gesproke was of

nog voordat die Woord in die fisiese liggaam van Jesus Christus

geopenbaar was.

Ons sal die manifestasie van hierdie besondere gawe beter begryp indien

ons ‘n paar verkeerde opvattings aanhoor.

Dit word verwar met natuurlike vermoë, studie of selfs natuurlike

ontdekkings. As dit een van die eienskappe was, sou dit nie ‘n gawe

gewees het nie, maar wel net ‘n gewone talent. Die gawe is ‘n

manifestasie van die Heilige Gees en derhalwe vér bokant die vermoë van

die natuurlike verstand. Die Heilige Gees het die woord van kennis

gemanifesteer deur aan Johannes die toestand van die sewe gemeentes te

openbaar, in die eerste drie hoofstukke van Openbaring, waar Johannes

presies geskryf het wat die toestand van die sewe gemeentes was.

Hoe het hy dit geweet? Deur die gawe van ‘n woord van kennis.

Natuurlike kennis is die vrug van die natuurlike verstand soos toe Gamáliël

vertel het van die inval van Judas van Galiléa en die inligting gebruik het

om sy vriende leiding te gee. Dit was baie slim raad, wonderlike kennis wat

Gamáliël aan die dag gelê het, maar dit was nie die gawe van ‘n woord van

kennis nie.

16

Handelinge 5:34-39;

34 Maar ‘n Fariseër met die naam van Gamáliël, ‘n leraar van die wet

wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad

opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ‘n bietjie buitentoe

moes bring.

35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met

hierdie manne;

36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy

iets besonders was. By hom het ‘n aantal mense -- omtrent

vierhonderd -- aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom

geluister het, is uitmekaar gejaag en het tot niet geword.

37 En ná hom het Judas, die Galileër, opgestaan, in die dae van die

inskrywing, en ‘n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter

hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het,

is verstrooi.

38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan;

want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit

vernietig word;

39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie -- dat dit nie

miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.

In Handelinge het ons gesien die wysheid en raad van Gamáliël. Maar dit

was nogtans, alhoewel dit goeie raad was, was dit natuurlike raad. U kan

goed die verskil sien? Dit was nie iets wat geopenbaar was wat hy op

geen ander manier kon bekom nie. Johannes het inligting ontvang deur die

Heilige Gees wat hy op die eiland en onmoontlik op ‘n ander wyse kon

bekom. Ek verwys nou weer na die sewe gemeentes van wie hy van

elkeen presies die toestand beskryf het. Gamáliël het bloot

geskiedkundige feite tot sy beskikking gehad wat hy genoem het.

Ek hoop u verstaan teen hierdie tyd die gawe van ‘n woord van kennis, dit

is nie waarsêery nie. Jy kry ook die waarsêer, die fortuinverteller wat ook

dinge omtrent jouself vertel wat daardie persoon van niks vantevore af

geweet het nie. Hy sal na hierdie mense toe gaan, hy het jou definitief

nooit vantevore ontmoet nie en hy sal ook vir jou feite omtrent jouself sê.

Dit is waarsêery, dit is bose geeste wat vir daardie mense daardie feite gee

en dit het gewoonlik geen goeie uitwerking of resultate nie.

Sal ons nie maar nou met hartseer, ‘n besluit in ons harte neem, en sê:

“Here, as die bose geeste dan deur hulle diensknegte sulke gawes kan laat

werk, behoort hierdie dinge dan nie baie meer te werk in die gemeente van

die Here Jesus nie?”. Ons sal meer daarvan sien hoe dit wel in die

17

gemeente gewerk het. Dit was deur ‘n woord van kennis dat die profeet

Elísa die plek van die vyand se magte kon vasstel.

2 Konings 6:9,12;

9 Maar die man van God het die koning van Israel laat weet: Pas op

dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek

daarheen af.

12 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar

Elísa, die profeet, wat in Israel is, kan die koning van Israel die

woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.

Dit is wat die Here bedoel het.

Die koning van Sirië het gedurig invalle gemaak in die gebied van Israel,

hulle beroof en dit vir hulle moeilik gemaak, maar elke keer as Sirië sy

leërafdelings stuur (op ‘n plek wat hulle in die geheim besluit het ) dan het

die manskappe van Israel vir hulle daar gewag, en hy het gesê, nou hoe

kan dit gebeur? Hy begin sy mense te beskuldig: “een van julle is ‘n

verraaier”, Nee, koning, nie een van ons is ‘n verraaier nie. Daar is ‘n

profeet in Israel wat u in u binnekamer hoor spreek”.

Die Heilige Gees openbaar aan hom wat God alreeds weet. God weet

alreeds wat die koning in sy slaapkamer gespreek het, want God is oral,

God hoor alles. Dus, die Here het geweet wat hulle besluit het en toe het

die Here deur die Heilige Gees dit aan Elísa geopenbaar. Elísa het dit toe

weer met sy woorde aan die koning van Israel geopenbaar, sodat die

koning van Israel hom kon gereed maak, om daardie soldate van Sirië te

kon voorstaan, daar waar hulle ingeval het. Dit is ‘n baie duidelike

illustrasie! Dit is die gawe van ‘n woord van kennis.

As ons meer daarvan kan hê, as die Here byvoorbeeld aan ons openbaar,

en u sal sien op verskillende maniere, partykeer ‘n woord van kennis wat

ook nader werk deur die gawe van profesie of selfs deur die uitleg van tale.

Die Here kan vir ons meer openbaar en byvoorbeeld sê: “My dienskneg,

My diensmaagd, wees versigtig, dit wag vir jou, daardie ding is aan die

gang”, dit en dat, watter uitwerking sal dit nie op ‘n gemeente hê nie?

Wat sal dit nie vir ons beteken nie?

Met Elísa was dit ‘n baie goeie illustrasie.

Soos iemand eenkeer gesê het, “as dit kon gebeur onder die Ou Verbond,

hoeveel te meer behoort dit nie te gebeur onder die Nuwe Verbond nie?

Hulle het maar gestaan onder die bloed van bokke en kalwers en lammers,

ons staan onder die bloed van die Here Jesus”.

18

Ons lewe in die dispensasie van die Heilige Gees en kyk hoe vér agter

het ons geraak. Ek glo die rede is omdat hierdie dinge nooit verkondig

word nie. As dit nie verkondig word nie, hoe kan jy geloof daarvoor kry?

Maar as ons op hierdie dinge staan en dit begin verkondig, dan sal ons ook

begin geloof kry daarvoor.

Natuurlike kennis word bekom deur oplettendheid, deur gesprekke en lees

van verslae. In die geval van die Benjaminiet, toe hy die tyding gebring het

aan Eli omtrent sy twee seuns se dood, was dit op natuurlike vlak.

1 Samuel 4:16-17;

16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom

het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het

daar gebeur, my seun?.

17 En die boodskapper antwoord en sê: Israel het voor die Filistyne

gevlug, en daar was ook ‘n groot neerlaag onder die manskappe,

en u twee seuns, Hofni en Pínehas, het ook gesterwe, en die ark

van God is geneem.

Hy het berig gebring van wat hy gesien het, wat gebeur het, so dit was ‘n

gewone boodskap. Daar was niks bonatuurlik daaraan verbonde nie.

Die woord van kennis kom sonder enige inspanning, soos toe Ananías ‘n

openbaring ontvang het omtrent Saulus se bekering op die pad, selfs in die

fynste besonderhede; naam van straat, die huis en inwoners word verstrek.

Handelinge 9:10-12;

10 En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías;

en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord:

Hier is ek Here.

11 Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat

genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man

met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid:

12 en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom

en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.

Nou kyk, hierdie Ananías, hy was ‘n gewone dissipel. Kyk na die

besonderhede wat die Here vir hom hier gegee het. Die Here het dit deur

middel van ‘n gesig gedoen. Dit was deur ‘n woord van kennis wat dit aan

hom meegedeel is, inligting wat hy nie op ‘n ander manier kon bekom nie.

Kyk na die besonderhede: die Here sê vir hom “staan op en gaan na die

straat wat genoem word Reguitstraat.” Wat het hy geweet van

Reguitstraat? Die Here gee vir hom die naam van die straat: Reguitstraat,

en hy praat van die huis van Judas, so die Here gee vir hom die nommer

van die huis, hy ken ten minste die persoon wat daar woon. So het die

19

Here vir hom gesê en wat nog meer is, in die huis van Judas is ‘n man met

die naam van Saulus van Tarsus. Hy gee ook vir hom Saulus se naam en

Hy sê ook nog dat hy besig is om te bid. Al hierdie dinge is kennis, inligting

wat Ananías nie gehad het nie, maar wat die Here vir hom gegee het. Dit

is ‘n wonderlike demonstrasie. Natuurlike kennis is die resultaat van

intellektuele inspanning.

Die woord van kennis is afhanklik van ons gemeenskap met God soos toe

Petrus sy Goddelike openbaring ontvang het, as gevolg daarvan kon

uitroep: U is die Christus, die Seun van die Lewende God! Hoe het Petrus

dit geweet? Die Here Jesus het dít vir hom gesê: “Vlees en bloed het dit

nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader wat in die hemel is”.

Natuurlike kennis is moontlik sonder enige gemeenskap met God soos in

die geval van die goddelose. Jy kry vandag baie mense met hoë

geleerdheid wat niks met die Here te doen wil hê nie. Hy het sy kennis met

gewone studie bekom maar hierdie feite is alleen van die Here, as jy in nou

gemeenskap met Hom leef. Ook word die woord van kennis soms

geassosieer met die kennis wat ontstaan deur jare se ondervinding wat die

Christen opdoen in sy wandel met God. Sulke ondervindings veroorsaak

nie noodwendig wonderwerke nie.

Jong en onervare Christene mag ondervinding met die bonatuurlike deur

hierdie gawe ervaar terwyl die ouer geslag dit nie ondervind nie. Die

priester Eli het baie ondervinding van God se weë gehad, maar geen gesig

nie, terwyl klein Samuel, sonder dat hy op enige ondervinding kon

aanspraak maak, sekere feite bekom het deur hierdie wonderlike gawe van

bó.

1 Samuel 3:7, 11, 14;

7 Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord

van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie.

11 Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ‘n ding doen in

Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.

14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die

ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur

slagoffer of spysoffer versoen word nie.

Hier is Samuel, ‘n klein seuntjie. Sy ma het hom skaars gespeen en

volgens belofte aan God, het sy hom na die tempel gebring en aan die

Here gegee. Hier is Eli, al ‘n ou man, jare van ondervinding, maar die Here

verskyn nie aan Eli nie, Hy verskyn aan Samuel, die jongste een. Die Here

sê nie vir Eli wat gaan gebeur nie, hy sê vir Samuel wat gaan gebeur, en

dat Samuel dit vir Eli moet gaan vertel.

20

So vind jy dit ook baie in die Christelike gemeenskap, dit lyk partykeer na

baie groot jaloesie. Jy kry partykeer in ‘n gemeente, Christene wat baie

jare lank op die pad is, maar een of ander rede, ‘n mens mag nie oordeel

nie, alhoewel ‘n mens die woord van die Here moet ken in die geval, vir

een of ander rede gebeur daar niks nie, dan sal daar miskien iemand kom

wat pas tot bekering gekom het in die vuur van die Here, en die Here

openbaar aan daardie jong bekeerling wonderlike dinge.

Dan sê die ou lede: “hy dink seker hy weet meer as ons” en daardie soort

van dinge. Dit is nie ‘n kwessie van hoe lank jy die Bybel geleer het nie, dit

is wat God aan jou openbaar. Dit gebeur, baie keer gebeur dit juis, mense

wat al lankal op die pad is, maar hy was ongehoorsaam aan die Here soos

Eli.

Op een of ander punt in jou lewe was jy ongehoorsaam, ongelowig of

slordig in jou geestelike lewe, dat daar niks gebeur nie. Ek kan amper sê in

baie opsigte is dit die algemene geval in die gemeente, (met ons almal

maar so), dat die Here sekere dinge sal moet begin doen en dat ons nie

moet ontevrede voel as daar nuwe bekeerlinge kom wat in die dinge vars

is, kom en ernstig is met die Here en die Here openbaar groot dinge aan

daardie persoon, dat ons nie miskien jaloers sal wees nie.

Die Here wys miskien nie aan die predikant of die pastoor of die leier maar

dat Hy dit aan die eenvoudigste in die gemeente, miskien een van die

kinders openbaar. Die Here se weë is nie ons weë nie. Ons moet net

onthou daar is niemand se eer wat gesoek moet word nie, daar is net EEN

se eer wat gesoek moet word en dit is in elk geval die eer van die Here.

Maar ek noem dit net sodat dit nie noodwendig saamgaan met ‘n ervaring

of baie geleerdheid of baie van die dinge nie. Dit is bonatuurlik en die Here

gee aan elkeen afsonderlik soos Hy wil.

Dit word van bó, op bonatuurlike wyse verskaf sonder enige hulp van die

natuurlike verstand. Geleerdheid, studie, opmerksaamheid, jare van

ondervinding speel geen rol nie. Die gawe van ‘n woord van kennis

produseer geen student nie, en ‘n student kan nooit deur sy studie hierdie

gawe bekom nie. Ons sal verder na ‘n paar voorbeelde gaan kyk.

Kom ons kyk na die doel en die nut van ‘n woord van kennis.

In die eerste instansie het ons netnou gesien om ‘n koning te waarsku van

die vyand se stellings. Ons het dit gesien in 2 Konings 6:9-12 waar Elísa

die koning van Israel gewaarsku het oor die invalle van die koning van

Aram.

‘n Dienskneg van die Here wat moedeloos is en vertroos word.

21

1 Konings 19:14-18;

14 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die

leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u

altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek

alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.

15 Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn

van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram.

16 En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en

Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet

in jou plek.

17 En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu

doodmaak; en wat van die swaard van Jehu vryraak, hom sal Elísa

doodmaak.

18 Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie

voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.

Nou al daardie ander opdragte en inligting en die Here sê ook vir hom van

die seweduisend, hy het gereken hy is die enigste een wat oorgebly het.

Hy het nie eers geweet dat daar nog seweduisend was wat die Here

gedien het nie, dit het die Here vir hom gesê en die Here het vir hom gewys

deur die gawe van kennis van die Heilige Gees.

Die geval van die vrou by die put van Samaría om haar behoefte aan ‘n

saligmaker te laat besef. Dit het ons alreeds bespreek. Ons gaan nou kyk

na hierdie baie uitstaande geval van Ananías en Saffíra.

Lees self die gedeelte in u Bybel, Handelinge 5:1-14.

Dit is vir ons so ‘n welbekende verhaal, maar het ons dit al ooit so gesien?.

Hier is hierdie man en vrou, Ananías en Saffíra, in die dae van die eerste

gemeente was die mense so vurig en so toegewyd en hulle was so lief vir

mekaar en vir die Here dat hulle besluit het om al hulle eiendomme te

verkoop en alles wat hulle ingekry het, in te bring en voor die voete van die

apostels te lê.

Die apostels het dan uitgedeel onder elkeen soos hulle nodig gehad het.

Toe besluit Ananías en Saffíra, ons sal ook ons eiendom verkoop, maar

ons sal ‘n deel daarvan agterhou. Jy kan net vir jouself dink hoe die man

en vrou die ding met mekaar saam bespreek het. Ons sal ‘n deel daarvan

agterhou en dan sal ons die ander deel na die apostels bring en vir hulle sê

dit is wat ons gekry het vir ons grond.

Heel moontlik het hulle vir mekaar gesê, kyk ons hou maar hierdie ander

deeltjie agter net ingeval die hele besigheid ‘n mislukking is. Laat ons nou

eers die kat goed uit die boom uitkyk, laat ons eers kyk wat gaan gebeur.

22

Maar ons wil darem getel wees by die ander. Ons wil darem net so

liefdevol en offervaardig lyk, net soos die ander. Ons sê maar vir Petrus en

vir die apostels “dit is alles”.

Hier staan hy voor Petrus en die Heilige Gees wys vir Petrus presies wat

die situasie is, ‘n woord van kennis. Petrus het dit nie geweet nie, hoe sou

hy op natuurlike wyse geweet het? Maar God het geweet, die Here het

gehoor. Die Here het gesien toe hulle daar in die slaapkamer of waar ook

al, die hele ding bespreek en beplan het. Die Here weet alles, Hy hoor

altyd alles wat ons sê, die Here weet alles wat ons dink, maar ons weet nie

wat die een of ander dink nie.

Ons weet nie wat ander bespreek as dit nie binne ons oor val, binne ons

gehoor bereikbaar is nie. Maar die Here, en deur die Heilige Gees, het Hy

vir Petrus presies gesê. Is dit nie ‘n wonderlike illustrasie nie van ‘n woord

van kennis nie? Toe slaan Ananías dood neer, ‘n rukkie later kom sy vrou,

sy weet toe nog nie wat met haar man gebeur het nie.

En Petrus, jy kan sien hy was eintlik baie streng, hy was seker baie kwaai

want hy het nie vir Saffíra kans gegee nie (die 7de vers). Jy kan sê Petrus

het vir haar doelbewus ‘n slagyster gestel, natuurlik vir haar dieselfde

bedrag genoem as wat haar man gesê het, dit wat hulle ooreengekom het.

Petrus sê vir haar: ”Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die

Here te versoek? Kyk die voete van die wat jou man begrawe het is by die

deur en hulle sal jou uitdra”, toe val sy onmiddellik by sy voete neer en het

gesterf.

Dit is geweldige dinge hierdie. Kan julle sien hoe die krag van die Heilige

Gees in daardie eerste gemeente gewerk het? Soos iemand eenkeer gesê

het: “As dit vandag nog die posisie moes gewees het in die kerk,

(verskriklike ding om te sê, maar dit het hy gesê), “sal daar seker baie

begrafnisse in ons kerke wees”. Geen wonder dat dit sê;

Handelinge 5:11;

En ‘n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal

wat dit gehoor het.

U kan besef watter eerbied en watter ontsag hulle vir die apostels gehad

het. Van toe af het nie een seker gewaag om ‘n leuen te vertel nie. Nie

een het seker ooit gewaag om iets voor te gee wat hy nie was nie. Die

gevolg wat ‘n suiwerheid, wat ‘n skoonheid, wat ‘n heiligheid was daar nie

in die gemeente nie. Wat het dit teweeg gebring? Hierdie gawe van ‘n

woord van kennis.

23

Kan u sien, en u sal nog meer sien in die weke wat voorlê, watter

wonderlike krag dit aan die gemeentes van die Here sal gee as hierdie

gawe in volle krag in werking is! Die gemeente van die Here waaraan u

behoort, as hy daardie gawes het, sal dit ‘n kragtige gemeente wees waar

jy op die punte van jou tone sal moet wees, maar jy sal nie omgee nie,

want die heerlikheid van die Here sal daar wees.

Laat ons sê: “Here, alles wat verkeerd is in my lewe, of dit ongeloof is of

twyfel of dinge wat ek nog nie laat staan het nie, Here, help my. Dit is my

ideaal.” Dit is die geval van Ananías en Saffíra.

Handelinge 10:19-20;

19 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is

drie manne wat jou soek.

20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel,

want Ek het hulle gestuur.

Hier word Petrus gesê van die mense wat hom kom roep. Petrus kon nie

op ‘n gewone manier geweet het nie, hy het nie daardie mense gesien nie,

niemand het vir hom gesê nie, dit was die Gees van die Here wat hom die

kennis meegedeel het van daardie mense wat daar onder was, om vir hom

te wag.

As u Handelinge 10 goed kan onthou, waar Petrus die gesig gehad het van

die laken en allerhande diere wat afgekom het en terselfdertyd weer aan

die anderkant van Cornelius wat ernstig gebid het en hoe die Here toe vir

Petrus na Cornelius toe wou stuur. Toe hy nou hoor van die manne wat

daar vir hom wag was dit ‘n bevestiging, so, daar is die woord van kennis.

Kyk na hierdie volgende geval waar dit ‘n woord van kennis is. Paulus

skryf aan die ouderlinge van Éfese.

Handelinge 20:22-23;

22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter

dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,

23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat

boeie en verdrukkinge op my wag.

Ek glo dit was natuurlik geprofeteer gewees maar dit was ook feite wat

uitgebring was wat definitief met Paulus sou gebeur. Dit hét ook gebeur.

Handelinge 21:10-11;

10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet

met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.

24

11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy

eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees : So sal die

Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die

hande van die heidene oorlewer.

Hier het die Profeet Ágabus presies vir Paulus gesê wat gaan met hom

gebeur en dit aan hom gedemonstreer, dit is presies wat met Paulus later

gebeur het. Die Here het dit deur ‘n woord van kennis aan die profeet

Ágabus gegee en dat hy dit so uit laat manifesteer het.

Nou skryf hy hierso van een, eintlik twee voorbeelde uit sy eie

ondervinding, of ten minste wat hy by ander gehoor het. Die een is nogal

merkwaardig. Ek gaan dit vir u lees en daarmee kan ons verder

verduidelik.

Hedendaagse voorbeelde:

Die geval van die sendeling W. Burton van die Kongo. ‘n Aantal jare

gelede, toe die sendeling William Burton wat by baie van ons goed bekend

is, hy was hoof van die groot Pinkster kerk in die Belgiese Kongo. Hy het

ernstig siek geword, die krankheid het in der mate toegeneem sodat hy

uiteindelik op sterwe gelê het. Mede-sendelinge het alle hoop laat vaar.

Hulle het gemeen dat hy enige oomblik sou sterwe. In hul wanhoop het

hulle reeds begin beraadslaag wie sy opvolger moet wees.

In hierdie tyd het ‘n toegewyde vrou wat in ‘n dorpie Prestin, Engeland

woon en wat besig was om haar huis skoon te maak, ‘n drang gevoel dat

sy onmiddellik alles moet staak en na haar kamer toe moet gaan om te bid.

Toe sy voor haar bed neerkniel, het die Heilige Gees onmiddellik vaardig

oor haar begin word en sy het in ‘n taal begin bid. Terselfdertyd het die

Here deur ‘n woord van kennis aan haar geopenbaar in watter bedenklike

toestand die sendeling in die Belgiese Kongo op sy bed lê. Terwyl die

Heilige Gees so in tale deur haar bid, merk sy in die gesig dat die Here

hom aanraak. Sy sien hoedat hy orent kom en van sy bed afklim, ook

hoedat hy in die rigting waar die ander sendelinge hulle vergadering hou,

stap.

‘n Paar maande later toe hy met vakansie in Engeland kom, het hy toevallig

in die gemeente waar dié suster aanbid sy getuienis gelewer van hoe die

Here hom op wonderbaarlike wyse uit die dood gered het. Na die diens het

die suster na hom gestap en gevra of hy moontlik ‘n dagboek aanhou

waarop sy antwoord ja was. Toe hulle die twee dagboeke vergelyk met

mekaar, vind hulle dat die datum, dag, uur en minuut presies ooreenstem.

Is dit nie wonderlik nie? Maar daar is baie sulke getuienisse waar daar by

die mense ‘n drang gekom het, net ‘n onweerstaanbare drang om te gaan

bid, dikwels in ‘n taal, ‘n vreemde taal, en dat die Here daardeur op ‘n vér

afstand groot en wonderlike dinge gedoen het. Wanneer ons by die gawe

25

van die spreek in tale kom sal ek vir u ‘n paar wonderlike en uitstaande

illustrasies en voorbeelde gee, een daarvan wat in my eie lewe en

ondervinding gebeur het.

Dit is die eerste van die nege gawes wat ek met u behandel het en die was

die gawe van ‘n woord van kennis. Ek hoop en vertrou dat die Here by u

die geloof opgewek het sodat u die Here se aangesig ook sal soek vir die

gawes in u lewe. Die Here gee natuurlik aan elkeen afsonderlik soos Hy

wil en dit beteken ook nou nie as ek eenkeer miskien so iets ondervind het

en dat ek aan iemand op ‘n bonatuurlike wyse iets geopenbaar het omtrent

homself op die manier soos ons nou hier gesien het, dat ek nou daarmee

rondloop en daarmee roem en sê “wel, ek het nou die gawe van ‘n woord

van kennis”, nie.

Die Here gee soos Hy wil en wat ek nou ook al gesien het, en vir my is dit

baie belangrik. In die evangelie, in die saak van die Here moet ‘n mens, as

ek nou maar menslike taal kan gebruik sodat u kan verstaan, moet ‘n mens

bereid wees om jou nek uit te steek vir God.

Hierdie mense wat so versigtig is, “nee ek wil nie ‘n fout maak nie, ek wil

nie die Here vooruit loop nie, ek wil nie die Here voorsê wat Hy moet doen

nie. Ek wil net ‘n vroom lewe lei”, en daardie soort van ding. Dit is met

hulle wat daar dikwels niks gebeur nie.

Die Here wil hê ons moet uitstap in die geloof, “We must launch out in

Faith”. Daar moet jou redelike mate van sekerheid wees en die Here wil

nie hê jy moet nou sommer iets hals oor kop gaan doen nie. Die Here sal

‘n mens ook verder lei as jy aan Hom getrou is, maar nie een van hierdie

gawes sal in ‘n mens se lewe werk as jy nie bereid is om ‘n stap van geloof

te neem nie. Die Here sal vir jou daardie aansporing gee. “The Lord will

give you that measure of prompting”.

Wanneer ons nou met hierdie gawes klaar is, dan sal ons verder gaan

waar ek u sal wys hoe bekom ‘n mens enige van die nege gawes. Nie een

van hulle sal ooit werk as ek nou maar net altyd terugsit nie. Ek moet

vorentoe gaan in die geloof, ek moet myself werp op die Here.

Daar is party mense wat vir jare deurgaan en party van hulle wat selfs

ernstig bid en soek en dan nooit uitkom in ‘n vreemde taal nie. Die rede

daarvoor is dat ons wil hê dat alles skielik en meteens op my bevel uit die

hemel kom. Maar dit werk nie so nie, daar is ‘n deel wat ék moet doen.

Miskien omdat dit so eenvoudig is, is dit seker maar vir ons so swaar en dit

is wanneer jy op daardie plek kom waar jy jouself op die Here werp, dan

26

skakel jy God se masjien aan, dan laat Hy jou vinger sit op die regte

knoppies. Ek loof en ek dank die Here daarvoor. Ek moet u eerlik sê, as

ek na my eie lewe kyk, ek dank die Here, soos ek ook nog sal getuig in die

loop van hierdie studies, van wonderlike gevalle waar die Gees van die

Here verskillende gawes al deur my laat werk het. Maar ek kan nie onthou

dat ek nog ooit hiérdie gawe (die woord van kennis) in werking in my eie

lewe sien werk het nie.

Die gawe van ‘n woord van kennis, die Here gee vir jou inligting wat alleen

uit die hemel kan kom en wat jy nie op ‘n natuurlike wyse kan bekom nie en

dat jy dit dan kan uitspreek en dit dan uitgee en dit is dan ‘n woord van

kennis omdat dit natuurlik so uitsluitlik, werklik, bonatuurlik is, gryp dit

natuurlik dadelik die verbeelding aan in wie se teenwoordigheid jy is. Dan

kan die krag van die Here werk soos dit behoort te werk.

Ons kan maar net saambid en sê “Here, U woord het uitgegaan, U het self

gesê, My woord sal nie leeg na My terugkeer nie, maar dit sal volbring

waartoe Ek dit gestuur het”. Laat die Here nou ook in u lewe toe om dit te

volbring, begin te bid en dank Hom ook daarvoor. Sê, “Here, U gee ook

aan my die gawe van ‘n woord van kennis”.

27

[Kasset nr. L018]

Hoofstuk 2

Die Gawe van ‘n Woord van Wysheid.

My hart voel so bly wanneer ek daaroor praat, want ek glo dit is God se wil

dat die Here se gemeente, ek praat nie van wat die kerk se naam is nie, dit

is nie ter sake nie, die Here se gemeente, sy weergebore kinders, sy bloed

gewaste kinders, waarlik in die volheid van die Here sal kom. As ons so

kyk na die toekoms en ons sien wat vir die wêreld en die kerk voor die deur

staan, is dit aan die eenkant skrikwekkend en aan die ander kant is dit

aangrypend, heerlik, wonderlik en ons dank die Here dat die Here se

Woord vir ons leer dat as God vir ons is, wie kan teen ons wees en dat Hy

wat in ons is, is sterker as hy wat in die wêreld is en dat onse Here Jesus

gesê het: “Niemand sal julle uit my hand ruk nie”. Ek is daar seker van, u is

nou hier vir verskillende redes, maar vir een rede is u hier, en dit is omdat u

‘n klompie mense is wat die volheid van God wil hê in hierdie laaste dae.

Die Here sê in sy Woord, “dat wie soek sal vind, wie klop vir hulle sal

oopgemaak word, die wat bid sal ontvang.”

Ek praat met u sowel as met myself, en ek sê “kom dat ons die Here

werklik ‘n kans gee om sy volle heerlikheid in ons en aan ons te

openbaar”. Ons eerste stap daarvoor is dat ons die Skrif sal ondersoek en

ons harte sal oopstel en sê: “Here gee genade dat daar in my nie mag

bevind word ‘n bose en ongelowige hart nie. Ongeloof is sonde en alles

wat nie in die geloof is nie, is ook sonde. Gee vir my ‘n gehoorsame hart

dat ek gehoorsaam sal wees aan dít wat U vir my sê, maar ook

terselfdertyd wil ek dit ook sê, en ek sal dit sê met afgemete woorde, ek sal

dit net by wyse van so kort inleidingtjie sê, ook terwille van die wat na die

kasset gaan luister.

Ons moet onthou dat ons het met baie sterk en kragtige dinge te doen en

as daar ooit ‘n waarheid is wat die vyand haat, dan is dit die waarheid van

die krag van die Heilige Gees, net soos die krag van die bloed van die Here

Jesus. As hy nie kon keer dat jy weergebore raak nie, as jy in daardie

opsig deur sy vingers geglip het, dit is soos verskillende keerwalle in ‘n ry.

As hy dan nie kan keer dat jy waarlik gered word nie, dan sal hy jou keer by

die volgende stap.

Die volgende stap, en een van daardie stappe is die waaragtige doping in

die Heilige Gees, maar dit is nog nie die einde nie. Na die doping in die

Heilige Gees en die volgende stap en ek voel en glo dit is hier waar selfs

28

God se Pinkster kinders vasgesteek het, ek weet waar ekself in die sin van

die Apostel Paulus kan sê: “nie dat ek dit aI bereik het of dat ek al volmaak

is nie, maar ek jaag daarna asof ek dit kan gryp”.

U kan gaan na Pinkster kerke, u kan gaan na Pinkster kinders van die

Here, u kan gaan na elkeen wat ook nie in die Pinksterkerk is nie, maar wat

‘n Pinkster ondervinding gehad het en u moet kyk, hier steek ons nog vas,

en dit is by die gawes van die Heilige Gees, dat ons die gawes nie in hulle

volheid in werking het, soos ons dit behoort te hê nie. Dink u nie een van

die beste stappe om dit in werking te kry is om te leer wat die gawes is en

dit is waarmee ons nou besig is. Die Here se Woord sê die geloof kom

deur die gehoor. As jy nie weet daarvan nie, hoe sal jy daarvoor glo?

Ons kom nou by die bestudering van die gawe:

“Die woord van wysheid”.

Verlede keer het ons die gawe, woord van kennis behandel. Dit is nou ons

tweede gawe waarmee ons gaan handel en dit is die gawe van die woord

van wysheid en ek voel dit is hier waar ek dit weereens baie, baie sterk by

u wil beklemtoon, wat u baie goed moet onthou, dít is ‘n gawe van die

Heilige Gees. Met ander woorde dit is bonatuurlik, dit het niks met die

menslike verstand te doen nie, dit het niks met die menslike talent te doen

nie, dit het selfs niks te doen met jou Christelike ondervinding as sulks nie.

So met ander woorde jy moet nie na die Here toe kom en sê: “Here ek is ‘n

Christen vir 30-, 40-, 50 jaar nie, Here ek is iemand wat nag en dag bid,

nie, Here ek is iemand wat al baie vir u gewerk het”, of enige iets van die

aard nie. Dit werk nie so nie, om die waarheid te sê, baie mense het ek

gevind in my ondervinding, (ongelukkig is dit een van hulle groot

hindernisse) want sonder dat hulle dit besef, lê hulle dit voor die Here as ‘n

soort van verdienste. Hulle sê vir die Here, Here ek doen dit vir U, bring

nou dit vir my. Dit werk nie so nie, onthou dit is ‘n gawe. ‘n Gawe is

verniet, dit is ‘n genade gawe, dit is waar ons hierdie geleerde woord

vandaan kry; die charismatiese gawe, ‘n charisma is maar net die Griekse

woord vir ‘n gawe, (a gift,) dit is ‘n geskenk.

Nou kom ons by die gawe van die woord van wysheid en ons moet onthou

dit is bonatuurlik.

1 Korinthiërs 12:8;

Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

‘n Woord van wysheid, met ander woorde ek voel ons sal veilig wees, nie

net in hierdie opsig nie, maar in alle opsigte dat ‘n mens jouself so naby

29

aan die Woord hou as wat jy moontlik kan. Dit is altyd die veiligste en dit is

die maklikste en die minste verwarrend. As hy sê aan die een word deur

die Gees ‘n woord van wysheid gegee, is dit belangrik!

Met ander woorde om sommer net in breë trekke vir u te sê, voordat ons in

besonderhede ingaan, dat u dit beter kan begryp. Daar sal momente kom

in jou getuienis vir die Here Jesus, in jou werk vir die Here, die van u wat in

die begin saam met ons was, u onthou toe ek met u die doping in die

Heilige Gees behandel het, het ek vir u gesê, dit is baie belangrik en ek

voel waarlik die salwing van die Here op my wanneer ek dit sê, om dit te

onthou en ek sê dit baiekeer, en dit is ook ‘n term wat Derek Prince

gebruik, hy sê: “you can not follow a parked car”. As jy vir iemand sê:

“volg my”, beteken dit, jy moet beweeg! Jy kan nie gaan stil sit en sê:

“wel Here, gee dan nog vir my die gawe van die woord van wysheid en die

woord van kennis, ensovoorts, en nou sal ek uitgaan en vir u gaan werk

nie. Jy moet in die geloof jou nek uitsteek vir die Here, jy moet gaan en

doen wat Hy vir jou sê, dan sal die Here vir jou op daardie moment en in

daardie situasie, sal die Here vir jou gee wat jy nodig het.

As jy in ‘n situasie beland vanweë die feit dat jy uitgegaan het vir die Here,

dit is belangrik en jy het ‘n woord van wysheid nodig sal die Here dit vir jou

op daardie moment gee, ons sal verder daarop ingaan wanneer ons hierdie

reeks voltooi het en ek wei dan ‘n spesiale studie daaraan, hoe ontvang

ons hierdie gawes en u sal sien hoe wonderlik dit is, moet nou nie dat ons

onsselwers, al is dit miskien nou nie negatief nie, ons tenminste dan

neutraal instel. Kom ons maak hierdie voorneme, anders waarvoor neem

ons hierdie studies? Die Here gaan vir ons hierdie gawes gee, ons gaan

hierdie gawes ontvang. Ons gaan hierdie gawes gebruik.

Kom laat ons positief word, kom laat ons aktief raak in die gees en vir die

Here sê: “Here dit is die tyd, ons praat oor die wederkoms van die Here,

almal praat daaroor, maar hoe gaan ons die wederkoms tegemoet as ons

nie toegerus is nie”. Daar sal ‘n oomblik kom in die lewe van getuienis vir

die Here Jesus waar jy dus ‘n woord, ‘n gawe van die woord van wysheid

gaan nodig hê, jy sal byvoorbeeld in ‘n tyd van uiterste nood kom, van

verleentheid, terwille van die naam en die saak en die getuienis van die

Here Jesus wat jy vir ‘n moment verslae sal wees.

U sal sien uit voorbeelde wat ek vir julle gaan noem, dit is die prinsiep

waarop dit werk. Waar jy verslae gaan wees, waar jy nie gaan weet wat

om te sê nie en met eens sal daar ‘n woord na jou toe kom wat jy net sal

weet wat om te sê. Daar is baie meer variasies en baie daarvan sal ons

sien, maar dit is die hoofsaak as ons dit kan sien, dan het ons die hele

30

etekenis van die gawe van die woord van wysheid klaar gesnap. Ek sal

vir u voorbeelde noem uit die lewe van ons Here Jesus toe Hy op aarde

was, ek sal vir u voorbeelde noem uit die geval van Paulus ensovoorts.

Die woord van wysheid is dus, sal ek sê, ‘n flits van God se alwysheid. Net

soos ons gesien het verlede keer, dat die woord van kennis is ‘n flits van

God se “alkennis”, vir daardie moment waar jy die woord van kennis nodig

gehad het, God weet alles, maar Hy het vir jou net daardie kennis gegee, ‘n

woord van kennis. Nou net so, God is alwys, maar vir die situasie waarin jy

beland, het jy net daardie woord van wysheid nodig en dit sal God dan vir

jou gee, maar dit is die wonderlikheid daarvan, soos met die hele Heilige

Gees, u moet onthou dit is nie ‘n dooie ding nie.

Dit is nie ‘n kop ding nie, dit is nie ‘n formaliteit nie, dit is ‘n vonk, dit is ‘n

flits. Jy sal voel, jy sal weet die mantel van die Here val op jou op daardie

oomblik en jy weet onmiddellik op daardie oomblik, is jy meester van

daardie situasie. Die moment wat jy dit kry weet jy hierdie antwoord, hy

slaan dwarsdeur en hy ontsetel die vyand in daardie opsig wat hy nou

probeer skep het heeltemal en hy gooi sy vesting omvér. Dit sal jy

ondervind en dit is te wonderlik en te heerlik.

Soos ek hier sê, daar is iets wat vonk, “it is something that sparks”. Prys

die Here! Jy sal weet dat op daardie moment het jy die regte ding gesê of

het jy die regte ding gedoen en jy sal ook weet dit was nie uit jouself nie.

Jy was heeltemal ontredderd, jy het nie geweet wat om te doen nie, en hier

kom dit, jy weet dit is van die Here, dit is te wonderlik. Vir my is dít die

avontuur van die geesteslewe.

Jy gaan uit jou eie gehoorsaamheid aan die Woord van God en aan sy

stem, (maar soos jy gaan), besef jy, jy word gedra, jy word gelei, jy word

gestuur en jy word gebruik. Ook so, dat wanneer jy klaar is, hoef jy geen

poging tot nederigheid aan te wend om te sê, wel dit was ‘n wonderlike

antwoord of ‘n wonderlike stap wat ek geneem het nie. Jy sal weet dit was

so vér bokant jouself, dat jy baie onnosel sal moet wees of baie duidelik na

die stem van die duiwel moet luister om te sê, wel, dit was ek, dit was my

slim antwoord, of dit was my slim spel.

Jy sal sommer weet dit was vér bokant my en dit kom net van een plek en

dit is van my alwyse Hemelse Vader, deur die krag van die Heilige Gees.

Loof die Here. Dit maak jou Christelike lewe lewendig! As die kind van

God dit eers gesmaak het, hoef jy nie aangepor te word om God te dien

nie. Dit is jou lewe, jou blydskap, dan lewe jy. Loof die Here!

31

Ek het dit nou onlangs, ek dink toe ek gepraat het oor die demone

ensovoorts en hoe dat dit nasies inspireer, het ek dit sommer maar hier ook

weer opgeskrywe vir wysheid in ‘n noodgeval, byvoorbeeld vir ons

Volksleiers. Ek het in ‘n boodskap, die van u wat in die diens was, het ek

gesê, na hierdie laaste oorlog, wêreld oorlog nommer twee, toe ons

staatsmanne nou rondom die vredestafel gesit het, saam teenoor Stalin en

hier het gesit Churchill en Roosevelt en later Harry Truman en Stalin het

hulle net so om sy vinger gedraai, omdat Stalin duiwel besete was, deur die

duiwel gelei en geïnspireerd was.

God se Woord wys dit vir ons dat die heidense nasies het hulle bose

geeste wat hulle lei en inspireer. Maar ons wat staan aan die ander kant,

as ons nie kom en staan in die krag van die Heilige Gees en dit ken nie, en

ons kom met ons menslike wysheid, hoe ‘n groot staatsman ons ook al

mag wees, is ons soos hulle sê: “We are no match for them”, ons is nie

opgewasse teen hulle nie. Dit was die posisie en presies wat daar gebeur

het.

Kom ons kyk na die beloftes van onse Here Jesus.

Lukas 12:11-12; (waar die Here Jesus die soort van ding belowe het).

11 En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede

en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee

julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;

12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet

sê.

Dit is presies wat gebeur. Die beginsel daarin is baie mooi vir ons

daargestel in woorde.

“Want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê”, met

ander woorde julle hoef julle nie te kwel oor hoe of waarmee julle, julle sal

verdedig of wat julle sal sê nie. Julle hoef nou nie daar te sit en die ding uit

te pluis voor die tyd nie.

Hoe beland jy nou voor sinagoges en daardie soort van ding? Ons sien dit

vandag baie gebeur. Ons het dit nou onlangs gesien gebeur en u sal dit

nog baie kry en in baie ander opsigte. Moet jy nou nie slapelose nagte

deurbring oor hoe gaan ek nou my saak formuleer en dit en dat nie. Nee,

bid, prys die Here, soek sy aangesig. Raak vol met die Gees van die Here

en gaan vol in die Gees van die Here en moet nie eers dink oor wat jy gaan

sê nie, want op daardie moment sal die Heilige Gees vir jou sê wat jy moet

sê en daar sal nooit ‘n beter antwoord wees as dit nie, want wie kan tog ‘n

beter antwoord gee as die Heilige Gees? Jy sal dit op daardie moment

weet. Dit sal jou nog baie sterker maak in die Here.

32

Kom ons kyk na Lukas 21:14-15, hier is ons nou reg in die tyd van die

wederkoms, want Lukas 21 is ‘n “Wederkoms Hoofstuk”. Dit is ‘n hoofstuk

waarin vir ons uiteengesit word, die antwoord van onse Here Jesus oor die

vraag aangaande sy wederkoms, wat die tekens sou wees en so aan.

Lukas 21:14-15;

14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging

te dink nie.

15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle

teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.

Ek dink aan die geval van Stéfanus.

Onthou u dat hoe die krag en die wysheid waarin Stéfanus gespreek het,

kon hulle hom nie weerstaan nie, en hulle het hom toe uiteindelik gestenig.

Lees gerus Handelinge 6 en 7, die geval van Stéfanus, dan sal u sien die

woorde en wysheid waarmee hy gespreek het. Nou, hy wás voor

owerhede gedaag gewees en nou ja, hy het sulke heerlike en wonderlike

woorde gespreek dat niemand dit kon weerspreek of weerstaan nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie na ons Here Jesus self. Hoe wonderlik ons Here

Jesus in sulke situasies opgetree het en geantwoord het. Ek wil net hier

onderbreek, iets wat ek ook al ‘n hele paar keer van tevore al gesê het en

nooit genoeg kan sê nie. Moet nooit laat die duiwel of enige iemand vir u

sê: “ja, maar dit was die Here Jesus”.

Een van die groot werke van dié Christus, u moet dit baie goed onthou,

was nie net om te sterf vir ons aan die kruis en ons te was met sy kosbare

bloed nie. Dit was nie net om vir ons ‘n waarborg van die hemel te gee nie.

Dit is vér bokant dit. Dit was ook om aan ons, ons verlore heerskappy te

herstel, om ons, ons verlore plek as seuns en dogters van God te herstel

terwyl ons nog hier op hierdie aarde is. Ons Here Jesus se lewe hier op

aarde, luister baie mooi, dit is baie belangrik, u kan dwarsdeur die vier

evangelies gaan en u sal sien die Here Jesus het nooit opgetree in sy

hoedanigheid as God nie.

Soos Filippense 2 sê: “Hy het dit geen roof geag om aan God gelyk gestel

te word nie, maar Hy het Homself verneder en die gedaante en gestalte

van ‘n dienskneg aangeneem”. So het ons Here Jesus hier op hierdie

aarde beweeg terwyl Hy hier op aarde was. Hy het niks gedoen, Hy het

geen duiwels uitgedryf, Hy het geen siekes gesond gemaak, Hy het nie die

storms stil gemaak nie, Hy het nie die brode en die vissies vermeerder nie,

Hy het nie ‘n Lasarus terug geroep uit die dode in sy hoedanigheid as God

self, as Seun van God nie. Hy het dit gedoen as gewone mens, in die krag

van die Heilige Gees. Juis om vir u en vir my te demonstreer en vir ons te

wys wat ons ook kan doen.

33

Daarom as die Here Jesus sê:

Johannes 14:12;

12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat

Ek na my Vader gaan.

Op ‘n ander geleentheid het Hy weer vir sy dissipels gesê: “Dit is vir julle

voordeliger dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, kan Ek nie die

Trooster vir julle stuur nie”. Die Here Jesus het in die krag van die Heilige

Gees, het Hy al sy bonatuurlike werke gedoen. Die een rede daarvoor was

om vir u en vir my te demonstreer en die voorganger te wees om te wys

wat Hy ons ook toe in staat stel, want dit werk so, die oomblik wat jy die

Here Jesus waarlik aanneem as jou saligmaker en jy word werklik

weergebore, het jy God se natuur.

Jy word gewederbaar deur die Woord en die Gees. Jy word God se kind

en wanneer jy gedoop word in die Heilige Gees, ontvang jy God se krag.

Jy kan, jy moet in die krag van God optree en jy moet die werk doen

waartoe die Here ons aangestel het. Daarom is ons die liggaam van

Christus, ons is al sy ledemate.

As ons kyk na hierdie twee illustrasies uit die lewe van ons Here Jesus, by

wyse van verduideliking van hierdie gawe van die woord van wysheid, om

te wys hoe die Here Jesus dit gebruik het, moenie dat hulle vir u sê, ja

maar dit was Jesus nie, Hy het dit juis gedoen om dit as een van die vele

voorbeelde te stel vir u en my. Dit is waar dat Hy vir ons ‘n voorbeeld

nagelaat het, dat ons in sy voetstappe moet navolg.

1 Petrus 2:21;

Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en

julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan

navolg;

Prys die Here, dit is as ‘n voorbeeld nagelaat sodat julle sy voetstappe

kan navolg. Hier is ‘n ander baie belangrike ding wat ek vir u wil sê, dit

kom nou maar in die loop van die studies, soos die Here dit ook lei dat ons

sommer rondom ons sentrale tema baie dinge kan leer wat ons vantevore

nie geweet het nie. Die ou idee, vir eeue, waar dit in die kerk verval het,

nadat hy nou juis weer die wonderlike waarheid herontdek het, in die tyd

van Martin Luther, “dat die regverdige sal deur die geloof lewe en uit

genade is julle gered, deur die geloof en dit nie uit julleself nie, dit is die

gawe van God, nie uit werke nie sodat niemand mag roem nie”.

Toe dié reddingsboodskap, nadat Satan hom probeer keer het vir solank

soos hy kon en vasgeval het, self in die tyd van die Rooms-Katolieke era,

34

ensovoorts en toe dit nou deurbreek is dit asof die kerk nou daar

vasgesteek het. Ons idee waarmee ons groot geword het, ek is seker u

het so groot geword, ek het ook so groot geword. As hy dan sê; Christus

het vir ons ‘n voorbeeld nagelaat sodat ons sy voetstappe kan navolg, dan

moet ek in die voetstappe van Jesus navolg, ek moet nie sonde doen nie,

ek moet ‘n skoon lewe lei, ‘n rein lewe. Pragtig, wonderlik, heeltemal reg

genoeg, maar net die idee van die reddingsweg, maar dit is nie al

voorbeeld wat die Here Jesus vir ons nagelaat het nie.

Jesus het nie net ‘n sondelose lewe gelei nie, Jesus het nie net ‘n heilige

lewe gelei en vir ons ‘n voorbeeld nagelaat van sagmoedigheid en

nederigheid en al daardie dinge nie. Jesus het ook vir ons ‘n voorbeeld

nagelaat van gesag, van outoriteit, heerskappy oor die werke van die

duiwel. Oor die duiwel self en oor sy demone en Hy het dit gedemonstreer.

Is dit nie ook ‘n voorbeeld nie? Dit is mos ook ‘n voorbeeld. Ek moet nie

nou sê, nee, dit is nie vir my nie, dit sal dalk selfs Godslasterlik wees om dit

vir my te wil toe-eien, en daarmee is die duiwel dan baie tevrede. Die Here

Jesus het ons aangestel en gesê: “Soos die Vader my gestuur het, só

stuur ek julle”. Presies só, in elke opsig. Daardie voorbeeld wat Hy vir

ons nagelaat het, ook hierin!

Kom ons kyk nou hoe die woord van wysheid gewerk het in die geval van

ons Here Jesus.

Ek gee net vir julle twee voorbeelde, daar is baie meer.

Matthéüs 21:23-25 ook 26-27;.

23 EN toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die

ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en

hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U

hierdie gesag gegee?

24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en

as julle dit vir My sê, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek

hierdie dinge doen.

25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit

mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê:

Uit die hemel - dan sal Hy ons, vra: Waarom het julle hom dan nie

geglo nie?

Kyk hoe ‘n wonderlike antwoord het ons Here Jesus hier gegee in ‘n

moeilike situasie. Die doop van Johannes, waar was dit vandaan? Uit die

hemel of uit die mense? Toe het die mense onder mekaar geredeneer en

gesê, as ons sê uit die hemel dan sal Hy vir ons sê, waarom het julle hom

dan nie geglo nie?

35

26 En as ons sê: Uit mense - dan moet ons oppas vir die menigte,

want almal hou Johannes vir ‘n profeet.

27 Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir

hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie

dinge doen nie.

U sien, Jesus was hier in ‘n situasie waar hulle Hom in ‘n val wou lei. Hulle

was daarop uit om iets te kry sodat hulle Hom kon dood maak. Onthou,

hulle het moord in hulle harte gehad, hulle wou Hom dood maak en hierdie

mense was baie, baie slim en uitgeslape.

As ons mooi op die saak ingaan, sal ons sien hulle was baie definitief

satanies geïnspireerd, daarom was hulle nog baie slimmer as gewoonweg

en toe gee die Here Jesus vir hulle daardie antwoord. Hy antwoord vir

hulle deur vir hulle ‘n teenvraag te vra, en Hy stel die vraag so dat hulle nie

durf waag om ja te sê nie en hulle durf ook nie nee, sê nie, hulle sê; ons

weet nie. Toe sê die Here, dan gee Ek julle ook nie ‘n antwoord nie.

Baie, baie slim, ‘n woord van wysheid. Julle sal ook nog in sulke gevalle

kom waar mense vir julle strikvrae sal vra. Die doel, om ‘n antwoord uit

julle te kry om jou die volgende slag te slaan en dit sal moet gebeur in ‘n

breuk van ‘n sekonde, maar die Here sal jou nooit in die steek laat nie. In

daardie breukdeel van ‘n sekonde sal dit kom, onthou, een ding is net baie

noodsaaklik en dit is, ons moet naby aan die Here lewe en ek moet nie in

my eie krag uitgaan nie, ek moet uitgaan (as ek my dag begin) moet ek dit

begin in die Here.

Ons Here Jesus het baie naby aan die Vader gelewe, dit word vir ons baie

duidelik gewys, lank voor dit nog dag was het Hy gebid, nagte deur het Hy

gebid. Hy was in kontak met die Vader. Onthou dit is ook nog ‘n voorbeeld

wat Hy ons nagelaat het. So ons moenie dink dat ons hierdie dinge kan

gaan doen en los lewe van ons kontak met die Here nie.

Dit is een voorbeeld en die ander een is sommer net in die volgende

hoofstuk, iets min of meer in die dieselfde trant, weer ‘n baie, baie slim

antwoord wat die Here Jesus gegee het.

Matthéüs 22:15-21;

15 TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te

verstrik.

16 En hulle stuur hul dissipels saam met Herodiane na Hom en sê:

Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in

waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die

persoon van mense aan nie -

36

17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser

belasting te betaal of nie?

18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:

19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt.

En hulle het vir Hom ‘n penning gebring.

20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal

aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

Hier is weer ‘n kwessie van die belasting. Hulle het nou weer vir Hom ‘n

strik gestel. Kyk hoe wonderlik het die Here Jesus hieruit gekom, as ek dit

so mag noem. U sien, weer hulle het Hom probeer verstrik in sy eie

woorde en hulle het vir Hom ‘n baie slim vraag, ‘n slagyster gestel. As die

Here Jesus hier verkeerd geantwoord het, was dit in daardie opsig, hoe sal

ek sê, klaar met Hom. Dit is wat hulle probeer doen het en toe hulle die

asem van hulle laaste woord klaar het, toe het die Here Jesus klaar die

antwoord.

Weer beklemtoon ek, moenie dat hulle vir u sê; ja, maar dit was die Here

Jesus, Hy was wys, Hy het geweet wat om te sê. Nee, onthou Hy het sy

Godheid afgelê vir die doel van redding van die ganse mensdom, ook

hierdie tydjie waarin Hy opgetree het voor Sy kruisiging, dit is ‘n baie

belangrike fase in die Here Jesus se lewe. Dit is ‘n pragtige studie om

daarop in te gaan.

Ek het baie wonderlike geskrifte om vir u te wys, hoe die Here Jesus

absoluut as mens beweeg het in die krag van die Heilige Gees. Hy vra toe

vir daardie muntstuk en Hy gee hulle daardie antwoord en die 22ste vers

sê: “En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd, en het Hom verlaat en

weggegaan”. Hulle was absoluut platgeslaan deur daardie antwoord. Met

ander woorde, hulle kon nie soveel vatplek aan die Here Jesus kry nie. Dit

was ‘n woord van wysheid op daardie moment. Prys die Here!

Ek het van ‘n wonderlike geval gelees, net in ‘n hedendaagse

demonstrasie. In die tyd van geloofsvervolging keer ‘n klomp vyandige

soldate eendag ‘n jong meisie voor wat op pad na ‘n diens toe was en die

strafwet, as hulle haar kon vang dat sy na ‘n diens toe was, was natuurlik

die doodstraf. Hulle keer haar voor, sy was baie mooi en netjies aangetrek,

soos ‘n mens behoort aangetrek te wees as ‘n mens na die Here se huis

gaan. Hulle vra haar; waarheen is jy op pad? Op die moment antwoord

sy: “Ek is op pad om te gaan luister na die aflees van my oudste broer se

testament”. Die antwoord moes kom, sy het nie geweet wat hulle sal vra

nie en sy het nie geweet wat om te sê nie.

37

Hebreërs 9:15-17;

15 En daarom is Hy Middelaar van ’n nuwe testament, sodat, terwyl

daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge

onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die

ewige erfenis kan ontvang.

16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die

testamentmaker aangekondig word;

17 want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van

krag is solank as die testamentmaker nog leef nie.

Sy het nie gelieg nie en sy het gaan luister na die Woord van die Here, al

die beloftes van God is in sy testament. Die Here Jesus het dit aan ons

bemaak. Die verhaal sê, toe sy dit klaar gesê het, sê hulle; nou ja, ons

hoop jy sal ook ‘n goeie deel daaruit kry en hulle laat haar gaan. Dit was of

lewe of dood op daardie moment, dink u nie sy was in ‘n benoudheid nie?

‘n Woord van wysheid, onmiddellik op daardie moment. Dit is ‘n klein

deeltjie uit God se onuitputlike wysheid en dit is vir almal wat waarlik in die

Gees wandel, wat met ‘n probleem te doen kry wat bokant hulle eie kragte

of hulle eie verstand is, en dit werk deur die Gees en nie deur die verstand

nie.

Die Here Jesus het gesê: “Dit is Hy wat van My sal getuig”. Dit is Hy wat

deur sy kinders, dwarsdeur die Christelike dispensasie, totdat die Here

Jesus weer kom, van Hom sal getuig. Dwarsdeur! Dit is Hy wat die werk

doen deur ons natuurlik.

Die Here Jesus het gesê: “Hy sal van My neem en aan julle openbaar”. Hy

sal die dinge wat Hy hoor, sal Hy vir julle sê en sal dan deur julle kom. Dit

is dan ook die hele doel van die gawes van die Heilige Gees en ook so in

ons verband, die woord van wysheid.

Ek wil vir u van nog twee gevalle noem in die Bybel soos ek ‘n woord van

wysheid sien. Die eenkant, beide deur geboorte en deur handelinge en in

albei gevalle, beide deur woord en handelinge:

1) Onthou u van die geval waar Paulus in ‘n baie benoude posisie was, dit

is opgeteken in Handelinge 23:1-7; en toe hy voor die Raad kom en hulle

hom amper uitmekaar wou skeur, toe sien hy ewe skielik dat die Raad

bestaan uit Fariseërs en Sadduseërs, toe begin hy skielik praat van die

opstanding en die twee partye begin om met mekaar te stry. Met ander

woorde, wat hy daar gesê het, het die twee aanmekaar laat spring en op

daardie manier is hy toe vry.

38

Kom ons kyk net na die agtergrond en situasie waarin Paulus hom hier

bevind het:

Handelinge 22:30; Handelinge 23:1-7;

30 EN die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur

die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en

bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes

vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.

1 EN Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het

met ‘n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie

dag.

2 maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom

staan, om hom op die mond te slaan.

3 Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om

my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat

ek geslaan moet word?

4 En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5 Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester

is nie, want daar staan geskrywe: Van ‘n owerste van jou volk mag

jy nie kwaad spreek nie.

6 En omdat Paulus geweet het dat een deel uit Sadduseërs en die

ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep:

Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër. Oor die hoop

en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.

7 En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die

Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.

Hier was Paulus ook weer in ‘n situasie van benoudheid en hy het daarin

beland omdat hy besig was om vir die Here te werk. Die vervolging het

teen hom opgelaai en hy is voor die Raad gebring en toe hierdie dinge ook

nog teen hom kom, is alreeds teen die mond geslaan en toe hy nog

daardie ander woorde sê, kan ek sê; die spanning hier teen Paulus het

geweldig opgelaai en as jy uit ander gevalle, soos Stéfanus, kan aflei. Op

verskillende ander plekke waar Paulus al gestenig was, was hy hier weer in

‘n baie gevaarlike posisie en ek voel, skielik het die Here aan hom ‘n woord

van wysheid gegee, om tot die besef te kom, kyk hierdie Raad bestaan uit

twee partye en as ek nou sekere dinge hier noem gaan ek die klomp

aanmekaar sit en dit gaan my redding wees. Die Sadduseërs was soos gif

teen die opstanding en die Fariseërs was daarvoor. Toe hy dit noem,

onmiddellik gebeur dit en dit het tot sy redding gelei!

2) Die ander voorbeeld vind u in Handeling 15, waar die heidene tot

bekering gekom het en nou die kwessie van besnydenis of nie besnydenis,

beslis moet word en so aan. Daar het naderhand ook ‘n situasie ontstaan

39

wat toe skielik ‘n stap van wysheid geverg het. In die 2de vers was al twis

in hierdie Raad. Ek wil vir u hier wys, Jakobus was die voorsitter. Lees

asseblief Handelinge 15 self, om die situasie daar te kan sien. So, dit was

‘n moeilike situasie, dit was ‘n baie groot besluit, die gemeente was in die

begin stadium, daar moes uitsluitsels gegee word oor verskillende dinge.

Tradisies was nog vas en so aan.

Op twee plekke staan daar:

Handelinge 15:2;

Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van

Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit

dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou

opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met

hierdie vraagstuk.

Selfs hier, soos dit vir my lyk, was Bárnabas en Paulus in daardie situasie

nie eers baie wys nie. Die Here sê: “die kind van die Here moet nie stry

nie” hy moes eintlik nie getwis het nie. Dit lyk of Paulus hier saam getwis

het. Daar het hy nog nie ‘n woord van wysheid ontvang nie. Hulle het die

saak na Jerusalem geneem, na die apostels en ouderlinge toe. Daar het

toe ‘n groot woordewisseling ontstaan en die klomp het weer lekker gestry.

Handelinge 15:7;

En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus

opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank

gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die

woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

Toe dit nou alles daar aan die gang was toe spreek Jakobus, nadat hulle

van die wonders daar gehoor het.

Handelinge 15:12-13;

12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus

geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God

deur hulle onder die heidene gedoen het.

13 En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders,

luister na my!

Toe kom Jakobus en gee hulle hierdie woorde uit die profesieë:

Handelinge 15:19-20;

19 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God

bekeer, nie moet bemoeilik nie,

20 maar aan hulle moet skrywe dat hulle hul moet onthou van die

dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat

verwurg is en van bloed.

40

Daardie boodskap is so aangestuur en almal was onmiddellik tevrede. Die

oomblik toe Jakobus daardie woorde sê, toe is daar geen stryery meer nie,

almal is tevrede. Dit was ‘n intense situasie. Vir my, was dit ‘n woord van

wysheid wat na Jakobus gekom het op daardie oomblik en die hele saak vir

almal opgelos het.

Opsomming:

Ons Here Jesus het beloof om vir ons ‘n ander Trooster, die Heilige Gees

te stuur. Hy sou ons in die hele Waarheid lei en van Jesus getuig. Hy sou

ons ook bekragtig met Goddelike krag om hierdie taak uit te voer.

Hy sou dit deur die Nege Gawes van die Heilige Gees doen, waarvan een

die woord van wysheid sou wees. Dit sou ‘n woord wees wat ons op die

kritieke oomblik wanneer ons dit nodig het, nie self sou of kon uitgedink het

nie, maar wat altyd effektief sou wees. Dit sou die stempel van Goddelike

Alwysheid dra.

41

[Kasset nr. L015]

Hoofstuk 3

Die Gawe van Onderskeiding van Geeste.

Hierdie drie gawes, die gawe van die woord van kennis, en gawe van die

woord van wysheid en die gawe van die onderskeiding van geeste, word

genoem die drie Openbaringsgawes. Dit is waarmee die Here dinge aan

die mens openbaar wat Hy alleen deur sy Gees kan openbaar wat jy met

jou verstand of op enige natuurlike wyse nie kan bekom nie. Soos al die

ander gawes wat ons ook sal behandel, so ook is hierdie drie

openbaringsgawes vir ‘n mens van toepassing en van onskatbare heerlike

magtige Satans oorwinnende waarde; vir jou as enkeling en ook in

situasies waar jy as enkeling sal beland in die Naam en in die saak op die

weg van die Here.

Maar ons is besig, as u 1 Korinthiërs 12 weer sal lees en u wat die eerste

paar studies met ons meegemaak het, sal onthou dat ek vir u beklemtoon

het dat die hele 1 Korinthiërs 12, vir ons daarop ‘n liggaam wys en die

gemeente is die liggaam van Christus, en ons is almal die lede van mekaar

en ook lede afsonderlik, en tog saam gevoeg. Net soos ons lede een deel

van ons liggaam is, hoe wonderlik hy ook al is, die wonderlike gawe van die

oog of die hart of die hand of wat ook al, is ‘n wonderlike skepping van God

soos hy is, maar afgesny en alleen, wat is hy dan werd? So is die liggaam

saamgestel uit sy lede en die een lid kan nie vir die ander een sê: “ek het

jou nie nodig nie”. Dan ook in daardie selfde gedagte en trant, en dat dit

die groot en magtige idee is wat die wêreld weer moet sien, hy het dit

gesien in die dae van die eerste kerk, en dit is die werklike liggaam van

Christus behoorlik saamgestel en behoorlik in werking as die liggaam. Met

ander woorde, die gemeente van die Lewende Christus, en Hy is self die

Hoof.

Die wêreld moet weer die werklike gemeente sien. Ons weet natuurlik ons

bedoel nie ‘n groot pragtige katedraal of ‘n pragtige konstruksie van mense

hande nie, laat dit sy funksie hê soos dit wil. Die werklike gemeente

waarvan die Grieks, Ekklesia is, (dit is die naam Ekklesia waarvan ons

groepie die naam vandaan gekry het) die werklike gemeente, en voordat

die Here Jesus kom, glo ek wys God se Woord vir ons dat daardie

gemeente die hele wêreld oor weer gaan begin funksioneer, soos hy

behoort te funksioneer.

42

Soos waar ‘n klompie mense bymekaar kom soos ons hier, wat vervuld is

met die Heilige Gees, die kennis van God se wil, God se doel en God se

plan en waar die Here sy gawes in die midde van sy kinders laat opereer.

Gaan dit ‘n dooie liggaam wees, gaan dit ‘n kragtelose liggaam wees?

Nooit nie, in hierdie opsig wat ons al gesien het, waar die gawe van die

woord van wysheid is.

As daar sê byvoorbeeld, by wyse van illustrasie, daar word hier in

VanderBijl beplan om Yskor op te blaas en daar is ‘n groepie van God se

kinders bymekaar, ek sê nie dit kan nie gebeur as een van ons alleen is

nie, die Here kan dit ook vir jou openbaar, maar omdat die Here so lief is vir

sy liggaam en omdat dit God se plan is, sou ek sê, dit is soos ek die Bybel

verstaan, wanneer so ‘n klompie bymekaar kom en die Here aanbid het en

aan die Here gegee het wat Hom toekom, die lofprysing en die aanbidding

van ons harte, dat die Here sal begin praat. Die Here sal begin openbaar,

of dit nou deur profesie is of direk, deur ‘n woord van kennis of deur ‘n

gesig of wat ook al. Die Here sal sê dit en dit is besig om te gebeur.

Skakel maar die Veiligheidsafdeling, die Hoof van die Polisie of stel die

Vaaldriehoek-kommandement in kennis. Dit en dit is beplan vir so en so.

Dit gaan nog die gemeente wees, die liggaam van Christus, wat God se

volk gaan lei.

In die dae van die Bybel was dit so. Dit was die profeet, die profeet wat vir

die Koning van Israel gesê het wat hy moes doen. Ek noem hierdie dinge

om u visier te stel op die merk en die kol wat God vir ons wil hê. Die vyand

sê in u gedagte en my gedagte “Ag, al is dit waar, julle sal dit nooit bereik

nie”. “Hy wat jou roep is getrou. Hy sal dit ook doen.” Dit is God se plan.

Dit is God se doel en dit is God se wil.

Hy is alreeds besig die hele wêreld oor, ook in ‘n studie soos hierdie, soos

ek vir u al van te vore gevra het; hoe kom geloof? Geloof kom deur die

aanhoor van die Woord van God. Jy kan nie in iets glo wat jy niks van

weet nie. Net die feit dat ons besig is om hierdie dinge te bestudeer, is

alreeds God se middel om geloof in u eie hart in op te wek daarvoor.

Moenie kyk na u vermoëns nie. God vra dit nie. God sê:” My seun, my

dogter gee My jou hart”. Dit is wat die Here voor vra.

Ons begin nou alreeds daarmee. Ons moet uitkom uit hierdie ou gedagte

dat die Here ons maar nou net uitgesleep en gered het, sodat ons eendag

hemel toe kan gaan. Dit is ‘n beperkte visie daardie. Die Here het ons

geroep om sy liggaam te wees, sy lewende liggaam. Daarom as die Here

sê: “My seun, my dogter, gee my jou hart” ons ken dit miskien as mense

wat Christelik groot geword het van ons kinderdae, in ons gedagte gee ek

43

my hart vir die Here, ek sal ‘n goeie lewe lei, nie meer slegte dinge doen

nie, dan gaan ek hemel toe. Dank God daarvoor.

Maar, “my seun, my dogter gee My jou hart:

dat Ek daarin kan woon,

dat Ek jou kan vul met My krag,

dat ek jou kan gebruik tot My eer,

dat Ek myself in jou kan openbaar”.

Ken u daardie Skrif wat sê “soos Hy is so is ons in die wêreld”. As ons

genoem word die liggaam van Christus - die hele 1 Korinthiërs 12, gaan

daaroor. As die Here dan figuurlik gesproke, wat ek ook al is, die hand of

die voet en so aan, en ek is die liggaam van Christus, en ek het ‘n dooie

hand, wat help dit? Hoe Christus onterend is dit nie! Dit is die gedagte.

Prys die Naam van die Here.

Nou in die eerste instansie:

Soos ek vantevore beklemtoon het, moet ons onthou dat hierdie gawes

bonatuurlike gawes is. Dit is nie gawes van menslike talent, vermoë of

verstand nie. Dit is bonatuurlik.

In die tweede instansie:

Kan ons nie dink aan die gawes van die Heilige Gees en ook nie aan die

gawe van die onderskeiding van geeste buitekant die doping in die Heilige

Gees nie, dit is vanselfsprekend. Ek kan nie reken; dat ek nou die gawes

vir myself kan toe-eien en ek is nog nooit gedoop in die Heilige Gees nie.

Daarom is die doping in die Heilige Gees, nommer een. Wanneer ek dan

gedoop is in die Heilige Gees, glo ek, het jy alreeds die gawes van die

Heilige Gees in embrio ontvang. Dit is klaar binne-in jou. Jy het hom saam

met die doping van die Heilige Gees ontvang. Jy moet nou net die lig

daarop kry en jy moet daarin begin glo en jy moet dit net begin beoefen.

Ons gaan die Here vertrou dat ons hierdie Reeks gaan deursien en

wanneer ons met hom klaar is, dan gaan ons die Here se aangesig begin

soek en ons gaan dit begin beoefen. Soos iemand eenkeer en ook nog

baie ander mense wat sê: “Ek sal nooit eendag profeteer nie want ek kan

nie profeteer soos Jesaja nie”. Wie sê vir ons dat Jesaja volmaak

geprofeteer het, sommer reg van die begin af? Ons lees in die Bybel in die

tyd van Samuel of in die tyd van Elísa waar daar ‘n skool van profete-seuns

was. ‘n Mens moet dinge leer, jy moet dinge begin beoefen, natuurlik in die

geloof. Ons gaan hierdie dinge in die geloof beoefen en ons gaan die Here

daarvoor vra.

44

Kom ons stel dit vas in ons harte en in ons gedagtes. Ons gaan nie hierdie

Reeks klaarmaak en sê: “Wel dit was basies interessant, goed, nou het ek

dit in my kop, miskien tot ‘n mate in my hart, maar in die praktyk het ek dit

nie”. Dit sal nie vir ons help vir sover dit God se plan betref dat ons hierdie

dinge mooi beskou en u daaroor ‘n baie mooi lesing kan gee, vir andere

daarvan kan vertel en die mense sê; maar werk dit, werk dit in julle midde,

kan ek kom kyk? Dan moet ons as Pinkster mense en ook ons eie

gemeente ingesluit daarby sê; ons staan nog vér, vér agter. Ons dank die

Here vir soms wonderlike dinge wat gebeur maar as jy kyk na die Bybel en

die dae van die eerste gemeente en die ou geskiedenis, daar was nie ‘n

byeenkoms van God se kinders waar die Heilige Gees Homself nie sigbaar

en kennelik geopereer het in hulle midde nie. Dit is die bonatuurlike

openbaring van die Gees van God. Dit is Heilige Gees gawes. Dit is

bonatuurlik en dit is nie losstaande van die doping in die Heilige Gees nie.

Hierdie is een van die drie Openbaringsgawes, en dit is die bonatuurlike

openbaring van die Gees van God wat aan ons openbaar watter gees in

werking is, goed of kwaad of watter gawes. Wanneer jy in ‘n diens is

byvoorbeeld veral met die oog op die liggaam van Christus wanneer die

liggaam bymekaar kom, is dit van die uiterste belang vir ‘n mens dat jy sal

weet watter gees daar in beweging is. Onthou u daardie een geval waar

die verlamde man gebring was na die Here Jesus? Toe hulle daardie

dakpanne verwyder het, toe sê hulle die krag van die Here was

teenwoordig om gesond te maak.

Nou kom jy baie keer in ‘n diens, ons Pinkster mense glo in hierdie dinge,

ons glo in goddelike genesing. Jy is besig om te sing, jy luister na ‘n

boodskap. Daar gaan ook ander operasies wees, maar intussentyd het die

Gees van die Here begin beweeg in die diens en die Gees van die Here wil

gesond maak.

Ek het al baie keer gesien, jy voel die Gees van die Here is daar, maar

nee, daar moet nou eers ‘n preek gebring word, daar moet nou eers ‘n

gebed wees, teen daardie tyd gaan ons vir die siekes bid en teen daardie

tyd het die Gees van genesing alweer verby beweeg. Die Here moet jou

die gawe gee, veral vir die wat die diens lei, daarom moet ‘n mens so baie

bid vir die wat die diens lei, dat die Here hierdie gawe sal gee, dat jy

daardie Gees kan onderskei. Dit is aan die goeie kant. Kyk dit is nie die

onderskeiding van slegte geeste nie, dit is ook die onderskeiding van die

Gees van God. Dit is ‘n gawe wat jy moet kan sien en wat jy moet kan raak

vat.

45

Ons sê dit baie in ons dienste en hoor dit baie in pinksterkringe en in die

ander kringe dat ons is op die vooraand van die wederkoms van Christus

en dat ons nog baie misleidende geeste moet verwag. Die Here Jesus het

self gesê daar sal vals profete wees wat groot tekens en wonders sal doen

en wat, as dit moontlik is, selfs die uitverkorenes sal mislei. Dit is asof die

hel leeggemaak gaan word van al sy demone in hierdie laaste poging om

Christus te weerstaan. Ons sien die opkoms van die spiritisme, die

opkoms van duiwelaanbiddery, van towery oral. Jy begin in jou koerante

en in tydskrifte daarvan lees. Dit is alles bose geeste wat aan die beweeg

is en geeste wat selfs in jou diens kan inkom. Dit is geeste wat so kan

werk. Dit was so in die dae van die Apostel Paulus in die eerste gemeente.

Ons moet onthou dat in daardie tyd was dit mense wat so pas tot bekering

gekom het uit die heiden wêreld. Hulle het met allerhande bose geeste

omgegaan. Hulle het towery beoefen. Kyk Simon die towenaar, en

Élimas, daardie sewe seuns van Skeva wat ook met duiwelbesweerdery

besig was.

Dit is altyd so, in ‘n heidense toestand is dit vol daarvan. Daardie mense

het nou tot bekering gekom en hulle het in die gemeente ingekom maar

daardie mense het nog hulle ou gedagtes. Baie van hulle het nog hulle ou

vrees, hierdie ou dinge in hulle gewete, in hulle gemoed. Nou kom hulle in

die diens. Die Satan kan maklik kom en dinge daar naboots, in die war

stuur en so aan.

Die kinders van die Here moet kan weet watter geeste om daarin te

onderskei. Partykeer voel jy in ‘n diens dit is sommer morsdood. Dit het al

in baie gevalle gebeur en daar sal voorbeelde vir u genoem word. Sulke

mense, veral wanneer die Gees van die Here begin werk, (let daarop, as

daar ‘n kerk of ‘n gemeente kom en hierdie dinge pragtig begin werk), kyk

hoe Satan sy agente gaan stuur om daardie diens te weerstaan en as dit

moontlik is, selfs omver te gooi. Hy sal daar inkom met ‘n vroom gesig.

In daardie gemeente moet daar die gawe van die onderskeiding van geeste

wees dat hy daardie persoon of daardie geeste sal kan onderskei, hom kan

blootlê deur ‘n profesie of direk daardie persoon uit te wys, met hom te

praat, sy naam te noem, om daardie krag te breek. Baie keer voel jy in ‘n

diens hier kom ‘n vlaag van ‘n vreemde ding in. Sommer skielik is daar ‘n

gebrek aan vrymoedigheid. Partykeer is dit amper of mense met mekaar

wil begin twis, sommer oor enige ding ‘n uitval met mekaar te wil hê; soos

‘n wind wat daar inwaai, dit is bose geeste. Dit is die gees van Satan wat

daar inkom en jy moet hom kan onderskei en jy moet hom dan kan

skadeloos stel.

46

Die Here Jesus het gesê:

Markus 16:17-18;

17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit

hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en

hulle sal gesond word.

Wat is die eerste?

In my Naam sal hulle duiwels uitdryf.

Ons het nou die laaste tyd al baie gehoor en gesien en gelees van die

uitdrywing van duiwels (of liewer demone dit is ‘n beter naam), van bose

geeste. Maar wat ek nog nie baie van gesien het nie en wat vir my uiters

belangrik is, en so sien ek die Here se Woord, dat jy die gawe moet hê om

daardie bose gees te kan onderskei.

Dit is goed genoeg dat die bose geeste net met jou praat, dat jy hom

uitdaag en dat hy homself openbaar, maar in die dae van die Bybel en

soos ek die Skrif verstaan, moet God se kinders daardie gawe hê om, as ‘n

persoon met so ‘n gees in ‘n diens inkom, dit was so en sal voorbeelde

daarvan sien in die Bybel, of waar jy gaan om vir die Here te werk, en hier

kry jy daardie weerstand, dat die gawe van onderskeiding van geeste jou

presies sal wys wat se gees in ‘n persoon of persone of in ‘n diens is. Dat

daardie gees op daardie manier geïdentifiseer, ontmasker sal word en

natuurlik dan uitgedryf sal word.

Ons moet baie mooi onderskei dat die gawe van die onderskeiding van

geeste is nie ‘n gawe soos baie mense sê van “onderskeiding” nie. “O, ek

kan maklik iemand onderskei”. Dit is onskriftuurlik. Sekerlik het baie

mense ‘n goeie insig maar baie keer het ek al gesien, ek het dit in Pinkster

gesien, ek kon mense onderskei, en as jy dit mooi ontleed is dit meer ‘n

gees van foutvindery, ek kon goed fout vind. Dit het niks met die gawe van

onderskeiding van geeste te doen nie. Baie mense het ‘n goeie gawe van

kritiek en van aftakeling, dit het niks daarmee te doen nie. Ons moet goed

onthou dit is ‘n gawe van onderskeiding van bose geeste, daardie gawe

wat die ander mense het kan hulle maar liewerste begrawe. Ons moet

onthou dit is die gawe van onderskeiding van geeste, dit is nie ‘n gawe van

‘n woord van kennis nie.

1 Samuel 9:19.

Daarop het Samuel vir Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener!

Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met

my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart

is, sal ek jou te kenne gee.

“En alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee”.

47

As ons Samuel se geskiedenis in verband met Saul lees dan sal ons

onthou dat Saul was baie bang vir Samuel want Samuel het hom gelees

soos ‘n boek. Samuel kon presies vir Saul sê wat hy dink. Waarlikwaar,

God moet weer sulke profete opwek. In hierdie geval is dit nie ‘n

onderskeiding van geeste nie, “ek sal jou te kenne gee wat in jou hart is”,

dit is die gawe meer van die woord van kennis.

Samuel het geweet wat in Saul se hart aangaan. Ek wil dit net weer

beklemtoon. In hierdie tyd waar daar so ‘n toename van

duiwelbesetenheid is, van spiritisme, van al die werkinge van die Bose, van

alles wat bonatuurlik is, as die gemeente van die Here Jesus nie die gawes

van die Gees van God kry nie, wat gaan van die mensdom word? Ons kan

nie voortgaan om kerk te hou op ons ou gewone manier nie. In elk geval,

met alle respek en liefde, as jy hom meet by die patroon van God se Woord

is dit nie eers ‘n skriftuurlike patroon nie. Is dit nie waar nie?

In daardie opsig, en die Here ken my hart, dit is geensins hoegenaamd met

die gedagte om afbrekend te wees nie maar om opbouend te wees omdat

ek my eie hart afvra, (dit was al die jare van my lewe van kleins af so),

“Here as ek nie my vinger op hierdie ou boek kan sit van die eenkant na die

ander en sê ek glo hom nie, en ek wil hom in werking sien, wat gaan van

my word? Waar is dan my God, wat het ek? So ook as ons, ons gewone

kerk vandag meet by die grondpatroon van die Bybel dan is ons gebou

hopeloos skeef gebou, en geen kontrakteur of bouaannemer sal so ‘n

gebou ooit in ontvangs neem nadat hy klaar gebou is nie. Ons is so

presies, die venster, die lig, die deur moet wees waar hy op die plan

aangetoon is anders ontvang die eienaar hom nie.

Wat van ons eie lewe? Wat van ons Here? Hoe skeef het ons nie gebou

nie! Met al hierdie bose geeste soos ons dit teëgekom het, soos in die dae

van die handelinge van die apostels. Ons het weer daarmee te doen en

ons sal hulle oorwin en God se plan uitvoer, alleen op God se manier. Ons

sal hierdie goed moet uitken en ons sal hulle moet bestraf en ons sal hulle

moet uitdryf soos dit was in die dae van die Bybel. Ons het ‘n verdediging

meer as ooit tevore nodig teen die bedrog van die Duiwel. Hoe gaan ons

Satan se bedrog die hoof bied as ons nie die gawe van die onderskeiding

van geeste het nie?

Daar is ‘n boek wat geskrywe is deur ‘n persoon wat ‘n spiritis was en waar

hy vir jou wys dat in die spiritisme het hulle nabootsers van al nege gawes

van die Heilige Gees. In die spiritisme praat hulle in tale, hulle lê uit, hulle

profeteer. Ons weet dat hulle gee uit dat hulle gesond maak en al hierdie

ander dinge. As die Satan kom met sy nabootsings en so fyn nageboots

48

dat in baie van ons Pinkster byeenkomste, laat ons eerlik wees, ek wil nie

vir u bang maak nie, ek bring vir u alles uit, soos die Apostel Paulus sê vir

die Efesiërs: “Ek het vir julle niks teruggehou wat nuttig was nie. Ek het nie

nagelaat om aan julle die ganse raad van God te verkondig nie”.

Wanneer jy met die Heilige Gees begin te doen het, gaan Satan ook daar

inkruip. Dit is wat die groot kerke voor bang is, dit wat in ons

katkisasieboeke vir ons teen gewaarsku word, dat ons daardie dinge in die

hande sal kry. As Satan daardie dinge naboots wat heeltemal reg genoeg

is, beteken dit nie dat ek heeltemal moet weghardloop nie. Nee, loof die

Here, ek moet dan hierdie gawes in die hande kry, as Satan met sy

nabootsings kom, en hy sal kom, dat ek hom sal raaksien en hom sal

bestraf en hom dan kragteloos stel. Dus, jou gawe van die onderskeiding

van geeste is jou waarborg teen die verleiding van die Satan. Dit is een

van die wonderlike gawes wat die kerk veilig sal hou.

Ek wil vir u ‘n paar geeste byvoorbeeld noem wat vir u sal snaaks wees

maar dit is die waarheid, ons het nooit so daaraan gedink nie. Byvoorbeeld

geeste van ongehoorsaamheid in mense en in kinders. Baie keer kan jy

net nie sê maar waar kom hierdie ongehoorsaamheid vandaan nie. As jy

die gawe van die onderskeiding van geeste het, sal jy hom sien en jy sal

weet kyk hierdie persoon is ongehoorsaam of hy is koppig. Dit is nie ‘n

natuurlike ding by hom nie, dit is ‘n gees van ongehoorsaamheid. Dit is ‘n

gees van koppigheid. Dit is ‘n gees van hoogmoed. Dit is ‘n gees van twis.

Party mense kan nie leef as hy nie twis nie. Waar kom dit vandaan? Dit is

geeste wat die Satan in mense ingesit het en jy moet die genade van God

hê om dit te kan onderskei. Daar is party mense, en baie ook, miskien was

ons in ons lewe ook daaraan skuldig, u sal weet waarvan ek praat, ‘n gees

van skinder, wat agter ander mense praat.

As jy by mense kom is daar, asof iets jou druk, jy moet van die een praat

en van daardie een. Jy moet die een en daardie een bespreek. ‘n Gees

van skindery. Jy moet agter ander mense se rug praat. Daar is baie

mense, al gehoor van “impulsive eaters”, daar is “impulsive” skindertonge.

Ons glimlag miskien daaroor, maar dit is die Satan se bose gees.

Ons moet hierdie ding kan onderskei en hom dan kragteloos stel.

Hoogmoed, twis, selfbejammering, wellus, mense wat gedurig kerm en kla,

murmureer, onreinheid, onreine geeste, vuilheid, doofheid, ‘n dowe gees.

Moenie dink dat alle mense wat doof is deur ‘n dowe gees gepla is nie.

Party mense het organiese moeilikheid. Daar is ‘n gees van doofheid.

Daar is ‘n gees van blindheid. Daar is ‘n gees van stomheid. Daar is ‘n

gees van swakheid. Daar is ‘n gees van steel.

49

Ek is daar seker van as die kerk op sy regte plek is,( ons lees kort-kort in

die koerant van hierdie wat hulle sê; kleptomanie, mense wat in die OK

Bazaar betrap is, party vooraanstaande mense. Ek het al gehoor party

mense het ‘n ooreenkoms met die winkels. “Kyk maar wat my vrou of my

seun vat, stuur maar vir my die rekening sodat my naam net nie in die

koerant kom nie”) en as daardie persoon met die ware kerk van die Here

Jesus in aanraking kan kom, kan daardie persoon vrygestel word. Wat

gaan dit nie beteken nie? Hoe gaan dit nie die Naam van die Here Jesus

verheerlik nie.

‘n Gees van haat, lawwigheid, ligsinnigheid. Ek sê nie ons moet met suur

gesigte rondloop nie, geensins. Ek dank die Here, as daar ooit ‘n

gebalanseerde, blymoedige, opgewekte mens is, dan is dit ‘n ware,

gereinigde geesvervulde kind van God. Sy geselskap is aangenaam en

gesond en selfs ‘n gesonde grappie kan hy met jou maak wat gesonde

humor in het. Baie mense het sommer ‘n gees van lawwigheid en

ligsinnigheid. Hy kan nie by jou in geselskap wees as hy nie daardie soort

van ding het nie. Dit is alles bose geeste wat die mense in besit geneem

het en wat hulle genade van God moet kry, om te kan onderskei.

Praatsiek, luiheid, vals geeste, geeste van selfmoord, honderd-en-een

ander dinge.

Kom ons kyk hoedat selfs diensknegte van die Here foute kan maak en

baie keer ‘n gees nie reg kan onderskei nie. Kom ons kyk na Handelinge

14 om te kyk hoe raak het Paulus ‘n gees onderskei. Dan sal ons kyk

hoedat Filippus misgetas het. Filippus was ‘n groot evangelis.

Handelinge 14:9-10;

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom

gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

10 met ‘n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het

opgespring en begin rondloop.

Daar het ‘n man gesit, kreupel van sy geboorte af. Paulus het gepreek. Hy

het sy oë op hom gehou want hy was vol van die Heilige Gees. Toe hy

sien dat hy geloof het om gered te word, hy het dit onderskei in hom. O, dit

is ‘n wonderlike ding waarvoor jy kan bid, vir jouself maar veral ook vir die

diensknegte van die Here, dat hulle daardie onderskeiding van daardie

gees kan hê, dat hulle op die regte oomblik kan sien dat daardie persoon

se geloof die regte peil bereik het, op daardie oomblik die vrymakende

woord sal spreek, die vrymakende handeling sal uitvoer. Prys die Here.

Dit sal netso gebeur. Dink net wat dit vir die saak van die Here sal

beteken.

50

Handelinge 8:21-23;

21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg

voor God nie.

22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die

gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.

23 Want ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van

ongeregtigheid is.

Dit is die geval van Simon, die towenaar, want hy wou toe vir Petrus

omkoop sodat hy ook die gawe kan kry, as hy vir mense kon bid, hulle ook

die gawe van die Heilige Gees kan ontvang, en hy sê toe: “Want ek sien

dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is”. Petrus het

dit gesien maar Filippus het hierdie selfde man gedoop.

Handelinge 8:13;

En Simon het self ook gelowig geword, en nadat hy gedoop was,

gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en

groot kragte sien gebeur.

Filippus het nie daardie gees in Simon geonderskei nie, dit is soos ek dit

verstaan. U kan self oordeel of u met my saamstem of nie. Dit het vir

Petrus gekos om te sien watter gees werklik in hierdie man was. Dit is vir

my asof Filippus nie vir Simon moes gedoop het nie. Hy het wel gelowig

geword maar soos ek dit sien, het hy nie die wedergeboorte ontvang nie.

Hy het homself nie werklik aan die Here oorgegee nie, daarop het Filippus

hom gedoop.

Wat sal hierdie gawe nie vandag vir die gemeente van die Here Jesus

beteken nie? Dink ‘n bietjie daaraan en hoekom sal ons dit nie hê nie?

Johannes 14:12;

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat

Ek na my Vader gaan.

As ons hierdie gawe in die gemeente het, dan sal ons ook soos daar

geskryf is, “hiermee sal die profete die gawes met die uitleg van tale en

profesieë kan toets om te sien of hulle eg is”. Dit sal ons baie help in die

gemeente om te sien of ons eie operasies van die gawes eg is. Ons sal

nog kom by die uitleg van tale en die profesieë. Ek sal vir u wys hoe dit

werk. Hoe jy ‘n uitleg van tale ontvang, maar hoe beide uitleg van tale en

profesie, die Gees van God deur jou gees moet werk, maar ook dat daardie

woorde oor jou lippe moet kom en dat die Gees van God nog deur jou gees

“filtreer” en dat daar die moontlikheid bestaan dat wanneer hy profeteer of

wanneer hy uitlê, dat hy sy eie gedagtes kan gebruik.

51

Daar bestaan daardie moontlikheid, daarom moet ‘n mens nooit

sondermeer, onvoorwaardelik, as daar ‘n profesie uitgaan of ‘n uitleg van

tale dit sommer net absoluut aanvaar as die woord van God nie. Die Here

se Woord sê: “laat die een profeteer, laat die ander een dit beoordeel”, (ons

sal daarby kom) daarom het die Here daardie waarborg. Daarom sê ek

ook vir mense as ‘n persoon ‘n profesie of ‘n uitleg van tale kry en hy voel

oortuig die Here het met hom gepraat, moenie onmiddellik daarmee op

loop gaan nie.

As die Here met jou gepraat het, sal die Here vir jou ‘n bevestiging gee.

Die Here werk altyd soos Hy sê: “Uit die mond van twee of drie getuienisse

staan ‘n saak vas”, en so sal die Here dit vir jou bevestig en daarna moet jy

kyk. Daar is natuurlik baie duidelike gevalle, byvoorbeeld as jy besig was

om ‘n sekere ding te doen, of jy was besig om ‘n sekere ding te dink, of jy is

in ‘n sekere toestand en daardie gedagte of toestand word deur ‘n uitleg

van tale, profesie, haarfyn uitgebring en net jy weet daarvan, goed dan kan

jy dit nie miskén nie, jy weet dit is van die Here.

Ek weet van gevalle van baie mense wat uit die uitleg van tale dan ‘n

sekere ding gaan doen en sê: “Die Here het vir my gesê ek moet so maak

of so maak”. Of ‘n persoon het hom iets verskrikliks aangetrek, daar was

miskien iets baie sterk of kragtig wat uitgegaan het, en dan reken daardie

persoon wel dit is nou maar ek, die ou mens is nou maar so. Nie net in

uitleg van tale of profesie nie, dit is ook so in die prediking. Die ware kind

van die Here, as die sweep klap, sal hy altyd daarop reageer en baie keer

was dit glad nie vir hom bedoel gewees nie. Dit was baie keer bedoel vir

die een wat dit nie eers gevoel het nie. Dit werk baie keer so en al hierdie

dinge moet ons leer en raaksien. Satan sal gedurig probeer naboots,

mislei en verongeluk.

Ek het vir u beklemtoon die belangrikheid van die gemeente wat die

liggaam van Christus is. Ons as gelowiges, moet nooit met die houding na

‘n diens toe gaan: Wel die pastoor, die leraar, is daar, hy sal dit lei, hy sal

wag op die Here en so aan. Dit is nie so nie, dan is u mos nie die liggaam

van Christus nie. As daar iets gebeur wat die diens verongeluk, is dit nie

net daardie pastoor of daardie leier wat lei nie, u as gelowige in die Here

Jesus, het ook op daardie oomblik ook ‘n verlies gelei. Elkeen van ons wat

opgaan na die huis van die Here moet besef wat ons gaan doen. Ons

gaan nou om die liggaam te konstitueer, ons gaan om die Gees van God ‘n

kans te gee om sy liggaam in werking te bring.

Ons is net so deel soos daardie broer, die voorganger, of ouderling op die

platform, daarom moet elkeen ingebid wees, elkeen moet voorbereid wees,

52

elkeen moet onder die bloed van die Here wees, elkeen moet daar op die

punte van sy tone wees. As ons dan so bymekaar kom, sal die ou vyand

nie maklik ‘n kans kry om sy dinge te doen nie. Die fout wat die gevestigde

kerk maak, is om so bang te wees vir so iets van misleiding dat hulle niks

aan die bonatuurlike kant wil toelaat nie. Daarvoor het ons die

waaksaamheid van die gawes nodig, sodat dié dinge nie sal gebeur nie!

‘n Ander belangrike punt omtrent die onderskeiding van geeste. Hierdie

woord “onderskeiding” van geeste, in sy diep betekenis, beteken dit is

indringend van geaardheid net soos God in wie al die gawes van wysheid,

kennis en van onderskeiding gekonsentreer is. God se Gees wat diep

indring tot diep binne in u en in my gees, wat ons hele gees onderskei

omdat Hy ons deur en deur ken.

Nou kom jy, jy het ‘n stukkie van daardie gawe van die onderskeiding van

geeste nodig. Jy het met ‘n persoon of ‘n situasie te doen waar die gees

van Satan deur sy demone onderskei moet word. Die Here gee vir jou ‘n

gawe dat jou gees daardie persoon se gees indring en dat Hy, die Heilige

Gees in jou daardie ding uithaal wat daar was, dit is van die uiterste

belang.

In die geval van ‘n Samuel, in die geval van ‘n Elísa, waar Saul of ‘n Gehási

voor hom gestaan het, dat sy gees nie net ‘n woord van kennis nie maar sy

gees ingedring het in daardie een se gees en presies sy gedagtes in sy

gees wat hy mee besig was te onderskei en kon ontmasker en kon

skadeloos stel.

Wat van ons mense wat die verteenwoordigers van God se volk is? Die

Bybel wys vir ons duidelik dat God se volk nie satanies geïnspireerd is nie,

want ons is veronderstel om geïnspireer en gelei te word deur die Heilige

Gees. Maar nou ken ons mense nie hierdie ding nie. Nou sit hy aan die

konferensietafel. Hy weet nie wat agter daardie swart ogies skuil in daardie

gedagte nie. Hy weet nie en daardie persoon het bonatuurlike vermoëns

wat ons in die krisistyd van die eeue waar die botsing gaan plaasvind

tussen die magte van God en die magte van Satan, in sy

verteenwoordigers op aarde moet kan onderskei.

Ons Christen Nasies, wat glo dat ons die Israel Nasies is, is God se

verteenwoordigers. Ons moet net op die regte plek kom en die ander is die

ander se verteenwoordigers. Nou behoort ons mense daardie diep

indringende onderskeiding van geeste te kan hê dat die Here vir hom kan

wys of kan waarsku, sonder dat hy miskien dit kan definieer, hierdie

persoon is met dit of met dat besig.

53

So u en ek, in hierdie dae; ons vervolging het nog nie begin nie, ons gaan

nog baie meer vervolging ervaar. Ons gaan nog mense teen ons kry wat

ons sal probeer uitoorlê, net soos hulle die Here Jesus probeer vang het op

‘n woord of op ‘n daad. In jou werk en orals vir jou kan kry dat hy jou op ‘n

manier kan manipuleer en sê, jy was oneerlik, of jy het ‘n leuen vertel, ens.

Nou as jy die gawe van onderskeiding van geeste het, sal die Here dit vir

jou wys. Jy sal daardie ding kan sien of jy sal hom kan voel. Jy sal kan

indring in daardie persoon se gees waarmee hy teenoor jou staan en

aankyk. Dit is van die uiterste belang dat ons dit in hierdie dae sal moet

kan ondervind.

Dit is ‘n deel van die goddelike insig om ‘n saak te kan deurkyk. Ek gee vir

u ‘n paar voorbeelde.

1 Kronieke 28:9;

En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom

met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die Here

deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die

gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as

jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

En Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. Dit is God se natuur. Ons

het deelgenote geword van die goddelike natuur, God se Woord sê so. Dit

is ons erfenis. Dat jy, wanneer jy met jou vyande in die stryd van die geloof

te doen kry, dat jy elke versinsel van die gedagtes, deur Satan geïnspireer,

sal kan onderskei.

In Psalm 139 wil ek vir u net ‘n paar verse wys, dat u net ‘n idee kan kry en

kan sien hoe wonderlik God se natuur is, en dat dit daardie natuur is wat

God ook vir ons gegee het en wat ons ook sal uitbring in die gawes van die

onderskeiding van geeste.

Psalm 139:1-3, 7, 23-24;

1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en

ken my.

2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug vir U

aangesig?

23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my

gedagtes;

24 en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige

weg!

54

Hier grens dit baie naby aan die gawe van die woord van kennis, maar dit

is meer as dit. Dit is ‘n onderskeiding van die gees van die mens, wat God

ken en wat jy ook in iemand anders kan onderskei. Nie net aan die

negatiewe kant nie, maar ook aan die positiewe kant, wanneer jy met ‘n siel

deel en jy is onder die krag van die Heilige Gees. Daardie persoon het

dikwels ‘n probleem wat hy nie mee wil uitkom nie of nie kan uitkom nie.

Hy is baie keer vasgevang deur ‘n gees, of dit wellus is, of iets in sy

verlede, of wat ook al. As die Here dan vir jou hierdie gawe gegee het dan

sal die Here jou gees, in sy gees laat indring en jy sal hom verstaan, en jy

sal hom sien en jy sal met hom kan deel.

Wonderlik!

Loof die Here!

Hierdie dinge is nie te vér nie.

Dit is vir ons belowe en dit is vir ons gegee.

Hebreërs 4:12-13;

12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige

tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en

gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die

oorlegginge en gedagtes van die hart.

13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop

en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

In die twaalfde vers, die Woord van God doen dit ook en die Here doen dit

en van hierdie onbeperkte bron van indringendheid en van kennis en van

die gedagtes en versinsel van die mensehart, gee die Here vir jou, vir

daardie oomblik wat jy dit nodig het, jou daardie stukkie kennis vir die

situasie as jy met ‘n persoon deel om dit te weet. As iemand vir jou vra,

hoe weet jy dit? Sou jy dit nie kan sê nie, jy sal net kan sê: “Ek weet dit,

die Here het dit vir my gewys”. Hy gee dit vir jou deur sy gees. Dit is

pragtig, dit is wonderlik! Die naaste wat jy daaraan kom, sê amper soos

intuïsie.

Ons kyk na voorbeelde uit die lewe van onse Here Jesus.

Johannes 1:47-50;

Dit is in die geval van Natánael waar daar nie net die gawe van die woord

van kennis daar ingekom het nie, maar ook hierdie gawe.

47 En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees?

Filippus antwoord hom: Kom kyk.

48 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê vir hom: Hier is

waarlik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en

sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die

vyeboom was, het Ek jou gesien.

55

50 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U

is die Koning van Israel!

Die Here Jesus het hom gesien onder die vyeboom, die gawe van die

woord van kennis. Maar nou sê die Here iets nog meer. “Hier is ‘n Israeliet

in wie daar geen bedrog is nie”. Jesus se Gees het hierdie man se gees

ingedring en sy gees onderskei en vir hom presies kon sê hoe hy is en wat

hy is. Daardie selfde gawes gee die Here vir ons ook deur sy Gees.

Dit is dieselfde met Nikodémus in Johannes 3. Met die vrou by die put van

Samaría in Johannes 4:16 was dit presies dieselfde. Dit is welbekend, dit

is die illustrasie. Iets van hierdie volk van God moet ook in die

Geesvervulde kind van die Here wees. Begin u nie voel, dit is ‘n

wonderlike opgewondenheid, dit is ‘n wonderlike avontuur nie? Geen

wonder dat die Here praat van die lewe nie. Die kind van God is ‘n

lewendige persoon, die Gees van God maak jou lewendig. Jou hele lewe

moet vol wees van ene opgewondenheid, van die oomblik wat jy wakker

word totdat jy weer gaan slaap. Jy is onder die leiding van die Gees van

God. Jy is gedurig in die geesteswêreld. Jy is gedurig in hierdie stryd

waarvan jy aan die wenkant is. Loof die Here! “Want sterker is Hy wat in

ons is as hy wat in die wêreld is”.

1 Korinthiërs 12:10;

aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

“Aan ‘n ander onderskeiding van die geeste”.

Kan u voel net in daardie woord “onderskeiding” van die geeste; in die

gewone ou weg weer met niks refleksies, bedoelende net uit die gewone

ondervinding. Al die jare wat ek in die Ou Kerk groot geword het, was my

gedagtes nooit eers op so iets bepaal nie, dat daar geeste kon wees nie,

nog minder dat ek hulle moet kan onderskei. Die Bybel praat daarvan en

watter uitwerking het dié goed nie in ons lewens nie, hy verongeluk jou

lewe, hy verwoes jou, dan weet jy nie eers wat dit is nie.

Baie mense beland in die tronk, ander pleeg selfmoord en ander begaan

verskriklike dinge. Daar word van hulle vreeslike slegte dinge gesê. “Ag

hierdie arme man is dit”, “ek het dit maar van haar verwag”, en dan is dit in

‘n geesteswêreld waarteen ons weerloos is, want ons ken hom nie, ons

loop tussen die goed rond, geblinddoek!. Hy kan ons slaan en net doen

wat hy wil, want ons kan hom nie onderskei nie, want ons weet nie daarvan

nie. Hier staan dit in die Here se Woord, Hy gee dit! Hoekom sal ons dit

56

dan nie weet en beoefen nie? Ek kan nie ernstig genoeg raad daaromtrent

gee nie.

Soos die Here sê in; Hosea 4:6, “My volk gaan te gronde weens gebrek

aan kennis”. Ons word vernietig en verpletter omdat ons nie weet nie. Is

dit nie waar nie? Hierdie gawe voltooi die kringloop van die drie gawes wat

openbaar, naamlik ‘n woord van wysheid, ‘n woord van kennis en die

onderskeiding van geeste. Alles wat in God se alwetendheid opgesluit lê

en wat Hy op ‘n spesifieke tyd wou openbaar, kom deur een van hierdie

drie kanale. Onderskeiding van geeste is egter meer beperk wat omvang

en funksie betref en dus net betrekking het op geeste.

Ons het in die lewe te kampe met drie hoof geestes soorte, naamlik:

die Gees van God,

die gees van Satan,

die gees van die mens.

Slegs die eerste en tweede wat vermeld word, val in die kategorie van die

bonatuurlike. Die menslike gees is natuurlik en kan aldus geken en

onderskei word.

1 Thessalonicense 5:23;

En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en

mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar

word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Gees en siel en liggaam, dit is waaruit die mens bestaan. Wanneer dit

egter by bonatuurlike verskynsels kom, vereis dit veel meer as menslike

insigvermoë of selfs rype ondervinding.

a) Die gawe van die woord van wysheid en van kennis kan

bonatuurlike goddelike of natuurlike sake blootlê.

b) Wat onderskeiding van geeste betref, word net bonatuurlike

verskynsels in die geesteswêreld op bonatuurlike wyse

geopenbaar.

Let asseblief daarop, dit is nie ‘n gawe van onderskeiding nie, maar wel die

gawe van onderskeiding van geeste.

Sommige mense eien hulle self ‘n soort van gawe van onderskeiding toe

wat, indien hulle dit net vir eenmaal op hulle self sou toepas, hulle nooit

weer daarna sal wil onderskei nie. Wat hulle wel besit is die verkeerde

gesindheid van, om andere te kan kritiseer. Ons moet liefs daardie soort

gesindheid aan Satan oorlaat. Hy is die een wat baie goed kan fout vind,

mense aankla en ruïneer. Daar is in ieder geval geen bonatuurlike gawe

nodig om ander mense se foute en swakhede raak te sien nie.

57

Wat die gawe nie is nie:

Dit is nie bedoel om gedagtes te lees nie, nog minder die uitkenning van ‘n

gees in beeldspraak vorm nie. Daar word dikwels na ‘n persoon verwys as

‘n mens met ‘n nare gees of ‘n mens met ‘n mooi gees, daarby word nie

iets bedoel nie, maar bloot dat die persoon ‘n onaangename of aangename

gesindheid besit. Hoegenaamd niks bonatuurliks is hier op die spel nie.

Dit is nie psigiatriese of sielsontleding nie, alhoewel dit mag dien om te

onderskei of die persoon ‘n sielsieke is of ‘n besetene. Dr. Viviers van

Pretoria, een van die voorste psigiaters in Suid-Afrika, stem volkome saam

dat ‘n psigiater of sielkundige net kan deurdring tot die sielstoestand van ‘n

mens maar verder nie.

As ‘n persoon in sy gees siek is, is daar net een uitweg en een uitredding

en dit is net God en God alleen. God het egter sy kanale waardeur Hy

werk. Daar is manne en vroue wat geroepe is en wat vervul is met die

Heilige Gees en toegewyde lewens lei wat tot sulke persone kan deurdring

en hulle geestesterreine bereik. Dit is hier waar dit so noodsaaklik is dat

die gawe van onderskeiding van geeste in werking moet tree sodat die

sataniese magte ontmasker kan word.

Onder sulke omstandighede was dit nie “Dr. Lukas” in medewerking van

die Apostel Paulus, wat sy mediese kennis toepas nie, maar wel die

apostel self, wat self vol van die Heilige Gees is wat deur die

geestesgawes so ‘n arme gevangene kan bevry. Geen sielkundige, hoe

bekwaam hy ook al mag wees, sou ooit ‘n geval soos Legio kon behandel

en genees nie. Die man van Nasáret wat vol van die Heilige Gees is, bevry

die arme besetene.

Sien dit van die gawe; om lydende, verdrukte en gepynigde persone

behulpsaam te wees.

a) Die besetene van Gádara:

Markus 5:5;

En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge

en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.

Ons ken die verhaal verder. Alleen die Here Jesus kon daardie man

vrymaak deur daardie geeste uit hom te laat uitgaan en die geeste in die

varke laat vaar het.

b) Die maansieke:

Lukas 9:39,42 43;

39 En kyk, ‘n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom

stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van

hom weg nie en verniel hom.

58

42 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom

stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die

seun genees en hom aan sy vader teruggegee.

43 En almal was verslae oor die majesteit van God - - - - -

Volgens die Skrif was dit ‘n onreine gees. Die vader het maar net gesê ‘n

gees. Dit is duidelik dat die Here Jesus dit onderskei het as ‘n onreine

gees en hom so uitgedryf het.

c) Onrein geeste:

Handelinge 5:16;

En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem

bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine

geeste gekwel was; en hulle is almal genees.

Die Bybel sê onreine geeste. Hoe kon die Bybel dit sê? Hulle was

onderskei as sulke geeste, deur die gawes van die onderskeiding van

geeste

d) Blind en stom geeste:

Matthéüs 12:22;

TOE het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom

gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en die

stomme kon praat en sien.

Is dit nie vir u ‘n wonderlike gedagte as u daaraan dink hoe baie mense

vandag sit in die spreekkamer van oogartse met byvoorbeeld blindheid.

Daar is gevalle van organiese blindheid, mense se oë is beskadig, maar as

dit in die dae van die Bybel was, dat daar mense wat blind was as gevolg

van ‘n gees van blindheid, hoekom sien of hoor jy nooit daarvan vandag

nie? Die rede daarvoor, ons het nie die gawes nie. Ons het nie die gawe

van onderskeiding van geeste nie. Hoe baie blinde mense behoort vandag

te kan sien as daardie gawe in die kerk in volle werking was. As daardie

persoon in die kerk sal kom en die gees van die Here sal wys, as dit ‘n

gees van blindheid is dat hy uitgedrywe word. As dit dan ‘n organiese

probleem is, dat die gawe van genesing dan in werking sal kom en dat die

Here se Naam daardeur verheerlik sal word.

e) Stomme en dowe geeste:

Markus 9:25;

En toe Jesus sien dat ‘n skare bymekaar stroom, het Hy die

onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek

gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

“Jy stomme en dowe gees Ek gebied jou gaan uit hom uit en kom nooit

weer in hom nie”. Die Here Jesus het hom dadelik onderskei en hom op sy

naam genoem en hom uitgedryf.

59

f) ‘n Gees van krankheid:

Lukas 13:11-16;

11 En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agtien jaar lank

gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop

te kom nie.

12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou jy is van jou

krankheid verlos.

13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop

gestaan en God verheerlik.

14 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat

Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar

is ses dae waarop ‘n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en

laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.

15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen

van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom

weg om hom te laat drink nie?

16 Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan -

dink daaraan! - agtien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie

band op die sabbatdag verlos word nie?

Nou daar sien ons nou op twee plekke die elfde vers sê: “En daar was ‘n

vrou wat ‘n gees van krankheid agtien jaar lank gehad het, en sy was

inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie”. En die

sestiende vers: “Dink daaraan wat ‘n dogter van Abraham is - dink

daaraan!” Wat gaan ons maak met die mense van vandag,

gewrigsontsteking wat dit ook al genoem sal word, seker die arme vrou

opereer, haar in traksie sit. Dalk is baie van ons gevange en ek is seker

daarvan, dit is ‘n gees van krankheid wat daardie persoon bind. As dit

onderskei kan word, hoe wonderlik as daardie gees uitgewerp word en

daar loop daardie persoon regop. Laat dit ‘n bietjie gebeur in die kerk. Kyk

net hoe word die Here se Naam verheerlik. Kan u sien, daar sal ‘n

ontploffing plaasvind van heerlikheid en die verbeelding van die volk sal

aangegryp word. Ek is daar seker van, jou jeugprobleem kan opgelos

word. Jou jongmense sal terugstroom kerk-toe. Jou hele nasie en volk sal

sê; “die Here is werklikheid”! . Waar moet dit begin? Al sal dit net by ‘n

paartjies begin, dit is besig om te begin. Die Here is besig om dit te doen

want God sal Hom nie sonder ‘n getuienis laat nie.

Daar is ‘n wesenlike verskil byvoorbeeld tussen ‘n maansieke en ‘n

duiwelbesetene. ‘n Maansieke is iemand wie se brein of gemoed aangetas

is en kan deur die genadegawe van gesondmaking genees word.

Hedendaagse mediese en psigiatriese wetenskap doen op hierdie gebied

heelwat vir die mensdom om hulle leiding te versag. Duiwelbesetenheid is

60

egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit is nie die terrein van die psigiater of

medikus nie.

Die gewone dokter kan die menslike liggaam behandel.

Die psigiater het toegang tot die siel van die mens.

Maar wanneer die terrein van die gees van die mens moet betree word, is

die vereistes veel hoër. Dit is dan wanneer ‘n Heilige Gees, vervulde

dienskneg of diensmaagd van die Here, ware hulp wat tot redding lei, kan

aanbied. Ek is seker ‘n mens kan net behoorlik deur die gawe van

onderskeiding van geeste gediagnoseer word. Verlossing kan slegs

daarna deur die krag van God geskied.

Doel of nut van die gawe: deur die manifestasie van onderskeiding van

geeste.

1) Om die werking van die duiwel aan die kaak te stel.

Handelinge 13:9-10;

9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë

op hom gehou en gesê:

10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand

van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die

Here te verdraai nie?

Prys die Here! Dit was Élimas, die towenaar, wat die werk van die Here

weerstaan het en Paulus het daardie gees in hom onderskei en hom

bestraf en Paulus was vol van die Heilige Gees, vervul met die Heilige

Gees. Ons moet nie dink ons kan hierdie dinge aanpak wanneer ons maar

sommer in ‘n ontspanne toestand is nie. Ons moet vervuld wees met die

Heilige Gees.

2) Om die voorneme van die duiwel te verydel.

Handelinge 16:16;

En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n

waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery

groot wins ingebring het.

Ons ken daardie geval van daardie meisie wat so deur daardie waarsêery

gees daar woorde gesê het, en hoedat die apostel Paulus dit bestraf het en

dit uitgewerp het en hoe die meisie daardie gawe verloor het.

3) Om Sataniese leerstelling te openbaar.

1 Timótheüs 4:1-2;

1 MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die

geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van

duiwels sal aanhang

2 deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle

eie gewete.

61

As ons daardie gawe van die onderskeiding van geeste het, sal ons sulke

mense kan uitken.

2 Petrus 2:1;

MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar

onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik

sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n

vinnige verderf oor hulleself bring;

Word hier genoem om ons te wys dit sal openbaar word.

4) Om wonder verrigtende geeste te ontmasker.

2 Thessalonicense 2:9;

hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met

allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

Dat dit dan onderskei kan word en ontmasker kan word.

Openbaring 16:14;

Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die

konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir

die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.

Geeste van duiwels wat wonders doen, vir daardie doel.

5) Manifestasies van bose geeste te openbaar.

Om boodskappe en manifestasies van bose geeste wat menslik gesproke

so onuitkenbaar is dat selfs die geestelikste Christen daarmee mislei kan

word.

Markus 1:24;

en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner?

Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige

van God!

Daardie man met die onreine gees!

Handelinge 16:17-18;

17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne

is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle

die weg van verlossing.

18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor,

het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in

die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op

dieselfde oomblik uitgegaan.

Met alle liefde en respek teenoor elkeen van ons gesê, myself daarby

ingeslote, sou ons nie miskien gesê het: “Prys die Here. Ons is hier in ‘n

vreemde plek. Die mense ken ons nie. Ons is hier met ‘n doel. Hier is ‘n

meisie, sy vertel vir die mense presies wat ons kom doen. Is dit nie

wonderlik nie, laat sy by ons bly, dat ons haar sommer in ons groep

opneem en in ons geselskap. Dit is net die persoon wat ons wil hê”. Sou

ons nie dalk so gemaak het nie? Maar die apostel Paulus het die gawe

62

van die onderskeiding van geeste gehad en hy het geweet dit is nie die

Gees van God wat daar praat nie. Dit is ‘n waarsêers gees. Dit is nou net

besig om ons te bedrieg en om die hele krag van God te bederwe en hy het

hom omgedraai en die gees bestraf.

Die dae toe ons groepie hier, so elf jaar gelede begin het, het daar

wonderlike dinge gebeur. Mense het daar onder die krag van die Here

neergeslaan. As die Here begin werk, kom voëls van allerhande vere en

kom sit in jou boom se takke, en party van hulle het snaakse dinge daar

kom aanvang. Party van hulle het my ook bedrieg tot my groot skade en

skande. Nadat hulle baie groot skade aangerig het, het ons eers gesien,

dit is nie kinders van die Here nie, hy sal vir jou profeteer, getuig, dans,

hande klap en enige ding, maar die Gees van die Here was nie in hom nie

en hy het ons baie groot skade aangedoen.

Om die waarheid te sê, as ek so terugdink oor ons eie geskiedenis, kan ek

nou sien omdat ons self baie van hierdie gawes nie gehad het nie, dat ons

groepie soveel skade aangedoen is en dat dit in baie opsigte, baie mense

van ons afgekeer het. Daarom sê ek; ek dank die Here dit kom weer, maar

hierdie keer sal die Here ons genade gee dat ons hierdie dinge, reg sal

hanteer -- reg sal ken -- reg sal insien!.

6) Duiwelse manifestasies uitken.

Gelowiges wat nie die gawes van onderskeiding van geeste besit nie kan

nogtans deur bemiddeling van Skrifte sommige van hierdie duiwelse

manifestasies uitken. Ek wil net eers verduidelik wat hy hier bedoel. Jy

kan sonder die gawe van die Heilige Gees net deur Skrifkennis en deur

liefde vir die Here en die Gees van die Here wat alreeds in jou is, daar baie

dinge is wat jy al klaar sal kan sien.

1 Johannes 4:1-4;

1 GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef

of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld

uitgegaan.

2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus

Christus in die vlees gekom het, is uit God;

3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom

het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris

waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in

julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

As ons die Here liefhet en sy woord ken dan kan ons in daardie dinge ook

in daardie opsig onderskei.

a) Hier is ‘n voorbeeld van John D Lake: Die stigter van Pinkster in Suid-

Afrika, onderskei en werp ‘n duiwel uit een van die destydse

63

vooraanstaandste spiritualistiese mediums in Suid-Afrika. Toe John Lake

in 1908 sy dienste in Johannesburg gehou het, het een van die

vooraanstaandste spiritualitiese mediums in hierdie land die diens besoek,

blykbaar met die sataniese doel om die diens op te breek. Hierdie spiritus

was daagliks vergesel van ‘n engel wat leiding en raad aan hom verskaf

het. Hy het natuurlik onder die indruk verkeer dat dit ‘n engel van God was,

want Satan het homself as ‘n engel van die Lig aan hom geopenbaar.

Terwyl hy die aand in die diens van Lake sit, het Lake meteens sy preek

onderbreek, met sy vinger na hierdie persoon gewys en hom beveel om na

vore te kom.

Selfversekerd het die spiritus opgestaan en na vore gestap maar toe hy by

die verhoog kom, het die prediker onder die salwing van die Heilige Gees

en met die krag van God die duiwel uit hierdie groot man uitgewerp. Soos

‘n dooie het hy op die vloer neergesak. Skuim het uit sy mond gekom. Toe

die diens die aand uitgaan en die man buite kom, het die engel hom daar

voorgestaan, maar vir die eerste keer het hy ontdek dat dit nie ‘n engel van

God was nie maar wel van Satan. Daardie aand is hierdie persoon

wonderbaarlik gered en het later een van die geseënde pastore in die

A.G.S. geword. Hy is al jare reeds oorlede.

b) Weer die geval van Smith Wigglesworth: - Met spiritiste in Engeland.

Smith Wigglesworth, een van die geseënste evangeliste van ons tyd, was

eenmaal met ‘n diens besig in sy tuisdorp, Trestan, Engeland. Terwyl die

diens aan die gang was, het ‘n hele aantal mense die diens binne gestap

en twee rye banke vol gesit. Terwyl Wigglesworth die woord gevoer het,

het die Gees van die Here oor hom gekom en hy het in tale gespreek.

Meteens het hierdie besoekers almal in tale gespreek. Maar deur die gawe

van onderskeiding van geeste, wat in hierdie geval deur ‘n gesig tot

Wigglesworth gekom het, het die Here aan hom getoon dat dit nie Pinkster

mense was nie, maar spiritiste.

Die stelling mag vir u vreemd klink, maar dit is ‘n feit dat spiritiste ook in

tale spreek, satanies geïnspireerd natuurlik. Wigglesworth het onmiddellik

van die verhoog afgestap en hierdie mense in die Naam van Jesus

Christus bestraf en beveel om die diens te verlaat. Hy vertel dat hulle soos

een persoon opgestaan, uitgestap en toe hulle buite kom, gelaster het.

Met ‘n bietjie humor vertel die evangelis dat die lastering buite plaasgevind

het. Hulle was nie daartoe in staat in die diens nie want die Bybel sê mos:

“die goddelose sal nie bestaan in die vergadering van die regverdige nie.”

Prys die Here!

c) Die vallendesiekte geval in Bethlehem. Terwyl die skrywer in

Bethlehem, Oranje-Vrystaat gewoon het, het ‘n bediende hom een môre

kom roep om vir ‘n ou dame oorkant die straat te bid. Sy het ‘n ernstige

64

aanval van vallendesiekte gekry. Terwyl hy oor die straat stap, het die

Heilige Gees hom deur tale gestig en versterk.

1 Korinthiërs 14:4;

Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig

die gemeente.

“Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself.” Daar aangekom, is gevind dat drie

persone die tingerige ou vroutjie op die bed moes vas hou. Sy was

heeltemal buite haarself. Die prediker stel toe aan haar die vraag: “Het

Jesus Christus in die vlees gekom?” Waarop sy antwoord: “Nee! nee!

nee!” Vir diegene wat vallendesiekte ken, weet dat wanneer ‘n persoon in

so ‘n toestand verkeer, hy van niemand notisie kan neem nie en ook nie

kan praat nie. Hier was dit ‘n geval waar die Duiwel bewus was van die

teenwoordigheid van iemand wat vol is van die Heilige Gees van die Here.

Die duiwel is beveel om die vrou se liggaam te verlaat en onmiddellik het

dit toe ook gebeur.

Hier was die kranke gees onderskei deur die toepassing van:

1 Johannes 4:4;

Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in

julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

d) Evangelis Grant vertel: - Van ‘n geval waar hy geroep was na ‘n

hospitaal toe om vir ‘n persoon te gaan bid en toe hy in die saal inkom,

onderskei hy die gees van die dood. Dat die gees van die dood daar was

om die persoon te neem. Hy het daardie gees bestraf en hom uitgedryf en

daardie persoon het gesond geword en vir baie lank daarna gelewe.

Om dan op te som:

U besef natuurlik wanneer ons vir God werk en wanneer ons siele wil wen

vir die Here en wanneer daar met siektes of gebondenheid of enige gebrek

van die mens te doene het, is dit definitief in die terrein van die geeste.

Soos die Apostel Paulus ook gesê het, ons worstelstryd is nie teen vlees

en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug en die owerhede en die

magte en die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.

Hoe kan die kind van die Here, hoe kan die gemeente van die Here Jesus,

ooit daaraan dink om werklik hierdie veldtog te loods, hierdie geveg aan te

gaan en hierdie terrein te betree en nie van hierdie dinge weet nie? Hoe

kan ons hierdie werk doen sonder om toegerus te wees met die krag en

wapen van die Here?

Ek dank die Here, ons lewe in die tyd wat ek glo waar die ontwaking van

die ware gemeente van Jesus Christus weer vinnig besig is om plaas te

65

vind. U moet vir uself of u gemeente in u gemoed, in u gedagte, versterk

en die Here sê ons moet nie die Heilige van Israel beperk nie.

Moenie ongeloof in u toelaat en sê: “hoe kan hierdie dinge wees, sal dit ooit

met my gebeur? Ja, dit sal met u gebeur!. Daarom het die Here vir u

geroep byvoorbeeld om hierdie Bybelstudie by te woon. U is bevoorreg en

so is die Here besig, die hele wêreld oor. Die Here sal Homself, in hierdie

laaste dae, nie sonder ‘n getuienis laat nie. Die Satan gaan rond soos ‘n

brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind want hy weet sy tyd is kort.

Sal Satan dan alleen op die voorgrond tree? Sal Satan hom alleen kan

manifesteer? Nog nooit nie! Prys die Here! Die Here sal antwoord. Die

Here sal antwoord met krag en die Here sal antwoord met sy majesteit en

heerlikheid. Hoe? Deur u en deur my, as ons Hom net ‘n kans gee. As

ons dit net glo en as ons dit net waag om hierdie dinge te begin toepas en

beoefen in ons lewens.

Kom laat ons begin om die aangesig van die Here te soek!

66

[Kasset nr. L014]

Hoofstuk 4

Die Gawe van Spreek in Tale.

Die drie Spreekgawes of inspirasie gawes. Dit is die gawes wat jy

uitspreek oor jou lippe, onder die inspirasie van die Heilige Gees; tale,

uitleg van tale en profesie. Die meeste mense het ‘n baie, baie vae idee

van hierdie drie gawes. Ek dink die gawe wat miskien die meeste aangeval

word en onder verdenking kom, is die gawe van die spreek in vreemde

tale. Mense sal nog bereid wees om ‘n wonderwerk te aanvaar; die gawe

van geloof en ‘n woord van kennis, ‘n woord van wysheid en onderskeiding

van geeste, maar wanneer dit kom by die spreek van vreemde tale, dan het

baie mense hulle bedenkinge.

In die eerste instansie, moet ons onthou dit is een van die nege gawes van

die Heilige Gees. Dit is net so bonatuurlik soos enige van die gawes

alhoewel dit die minste van die nege gawes genoem word en dit tog die

meeste voorkom en dit beskou word en ek stem saam met die Skrif; as die

eerste teken van jou doping in die Heilige Gees. Alhoewel dit die minste

genoem word en dit die meeste voorkom en die eerste teken van die

doping in die Heilige Gees is, moet ons gladnie daardeur sê dit is nie nodig

nie, of, as dit dan die minste is, wil ek dit nie hê nie maar liewer een van die

ander.

Ons gaan nou sien hoe ‘n wonderlike gawe die gawe van die spreek in tale

is. Ons gaan nou sien wat ‘n magtige plek dit inneem in die werking van

die Heilige Gees. Ons gaan sien hoe onvermydelik dit is, en dat sonder die

spreek in vreemde tale geeneen van die ander gawes eintlik in werking kan

kom nie. Die Here is so wonderlik! Die Apostel Paulus sê ook dat die lid

van die liggaam wat die minste geag word, die meeste eer ontvang. Dit is

‘n wonderlike diep studie waarop ons nou in besonderhede moet ingaan

want dit is die aspek en die gawe wat die meeste aangeval word van al die

nege gawes.

Ons het die seën van die Here gevra voordat ons met dié studie begin het,

en ek glo die Here gaan dit vir ons tot seën maak en dit ook vir die wat dit

gaan lees. Ons lewe in die laaste dae, ons hoef dit nie te beklemtoon nie,

almal besef dit, maar my hart is opgewonde want ek weet die Here gaan

Homself nie sonder getuienis laat nie.

67

Die Here gaan sy gawes terugbring na sy gemeente. Ons is dankbaar vir

dié wat sover die hele pad met ons saamgekom het in die lering van die

nege gawes. Ek glo dat as u glo, dan gaan die Here vir u in al sy volheid

hierdie gawes in u lewe in werking laat kom, dat die Here vir Homself ‘n

liggaam gaan opbou. Hy is die hele wêreld oor besig daarmee. Waarom

sal u nie deel wees van daardie liggaam nie? Waarom sou die Here ons

tot hiertoe gebring het en u nou laat staan? Ons sal net op een manier

agterbly en dit is as ons ongelowig is. As ons gelowig is sal die Here vir

ons al hierdie volheid laat toekom. Daarom het die Here dit vir ons

moontlik gemaak om sover in hierdie reeks studies te kom.

1 Korinthiërs 12:8-11;

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan ‘n ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Ons onderwerp is allerhande tale. Ek wil die volgende punt baie, baie

ernstig beklemtoon. Hierdie gawe van allerhande tale is nie gegee met

die doel sodat jy daarin kan preek, of gaan getuig sodat ander jou moet

verstaan nie. Dit is ook nie die wonderlike gawe of aanleg vir allerhande

tale nie; soos sommige mense wel het om ‘n taal maklik aan te leer,

ensovoorts. Dit is gladnie die bedoeling van hierdie “allerhande” tale nie.

Dit sal herhaaldelik in hierdie studie uitkom, maar ek wil dit sommer by die

aanvang baie beslis beklemtoon. Dit is natuurlik voor die hand liggend,

soos ons in die laaste gedeelte van vers 10 gesien het; “aan ‘n ander

allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale”.

So, dit is heeltemal logies dat as hierdie tale bedoel was om verstaan te

word, het jy nie die saamgaande gawe van uitleg van tale nodig nie, dit sou

oorbodig wees. Hier het dit ‘n ander bedoeling. Ek kan u reg van die begin

sê dat een van die wonderlikste betekenisse vir my is; hoekom nou

allerhande tale, hoekom die tong van die mens?

Ek voel dit is omdat die tong die mees onbeheerbare deel is van hierdie

gevalle mens; van sy gevalle natuur. Alle ander dinge kan ‘n mens nog

beheer maar die ding wat die moeilikste onder beheer gebring kan word is

die tong. Daarom voel ek asof die Here vir hierdie nuwe mens wat hy

68

geskep het; hierdie nuwe mens wat weergebore is; hierdie nuwe mens wat

Hy met sy Gees vul en herskep na sy beeld en gebruik tot sy eer; aan wie

Hy sy verlore heerskappy teruggee, dat Hy by die tong begin en dat Hy

daardie tong, as hy werklik oorgegee word aan Hom en Hy vul hom met sy

Gees, glo ons dat dit daardie tong is wat in vreemde tale spreek. As jy

daardie tong in geloof aan die Here gee, sal die woorde wat jy uitspreek

deur die Heilige Gees vir jou gegee word om te spreek.

Net soos ek in verband met die ander gawes al ‘n paar keer gesê het; toe

Petrus op die water geloop het, was die wonderwerk nie dat Petrus op die

water geloop het nie, maar dat Petrus nie gesink het nie. Ons sou ook nie

die wonder van die “loop op water” gehad het as Petrus nie sy bene

gebruik het nie; sy bene nie oor die kant van die boot gesit het en begin

loop het nie, en sou daardie hele wonderwerk nie vandag vir ons bestaan

het nie. Net so, is dit nie die wonderwerk as u, u lippe begin roer en u tong

begin beweeg nie. Die wonderwerk is die klanke wat uitkom. Prys die

Here! Dit is wat die Heilige Gees vir jou gee. Ons sal weer daarop ingaan.

Handelinge 10:46;

Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God grootmaak.

Toe het Petrus begin spreek:

Dit was in Cornelius se huis terwyl Petrus nog besig was om te preek toe

die Heilige Gees op hulle geval het. So, daar was dit definitief nie nodig, dit

was nie ‘n kondisie dat die wat met hulle saamgegaan het, sou verstaan

nie.

Ons gaan nou terug na 1 Korinthiërs 12; (lees weer self)

En: 1 Korinthiërs 14:2;

Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot

God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy

verborgenhede.

Daar het ons die Skrif wat ons baie duidelik sê dat niemand dit verstaan

nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Met ander woorde, die

bedoeling is nie fundamenteel dat hy verstaan moet word nie. Daar is wel

gevalle waar dit verstaan is soos met die dag van Pinkster. Ek gaan vir u

‘n paar wonderlike voorbeelde gee uit verskillende ondervindinge en

getuienisse waar so `n taal wel verstaan was. Ek voel dit is net om die

mense te oortuig dat dit nie net sommer ‘n klomp klanke en geluide is nie.

Die Here se Woord sê; allerhande tale, nie allerhande klanke nie. Dit is die

wonder van die Heilige Gees en dit is wat so heerlik hieromtrent is. So,

daar is gevalle waar dit verstaan was, maar dit is nie die hoofdoel daarvan

nie.

69

Nou wat is dan die ware aard van tale? Om dit te verstaan moet ons

onthou dat vandat die Heilige Gees op jou kom is dit iets lewendigs, dit is

nie dood nie. Dit is iets wonderlik, iets verruklik. As die Gees van God op

jou kom dan maak dit jou mos lewendig. Hy roer mos in jou hart en in jou

lewe. Daarom, wanneer ‘n mens in tale begin praat is jy in ‘n meerdere of

mindere mate in ‘n toestand van ekstase. Ek bedoel nie daarmee dat ‘n

mens moet rondspring en fratse uitvoer of so nie. Ek sluit dit nie uit dat

daar somtyds snaakse dinge met jou kan gebeur nie.

Die mens wil tog so “prim and proper”, wees en vir die Here voorskryf en vir

Hom ‘n patroon neerlê en al daardie dinge. Daardeur mis ons so baie en

bedroef ons die Heilige Gees in baie opsigte. Maar wanneer hierdie

Heilige Wind oor jou kom is daar definitief ‘n toestand van ekstase in ‘n

meerdere of mindere mate. Daar is ‘n intensiewe felheid in jou hart; jy voel

ook hier begin iets opwel in jou binneste en dit is daar waar jy dan in die

geloof jou mond moet oopmaak dat dit kan uitkom. Dit is dan hierdie

opwelling as gevolg van die vulling van die Heilige Gees wat vir jou daardie

stap moet laat neem.

Nou, ek wil net vir u sê daar is so baie stryd, so baie wanvoorstellings en

kritiek oor hierdie saak; so baie mense sê dit is nie eg nie, en nagemaak,

en dit en dat. Ek ontken gladnie die moontlikheid dat daar namaaksels kan

wees nie. Ek ontken nie die moontlikheid dat selfs Satan dit kan naboots

nie. Maar die punt wat ek wil beklemtoon is dit; gaan jy die egte weggooi

as gevolg van die onegte? As daar ‘n paar onegte geldstukke of note in

omloop is, gaan jy dan sommer jou beursie en jou kas leegmaak en al jou

geld weggooi? Sekerlik nie. Jy sal dit op die proef stel en dit toets om te

sien wat is eg en wat is oneg. My ander punt is dit; as daar nie ‘n egte was

nie, sou daar ook nooit ‘n onegte gewees het nie. Dit is net ‘n egte ding

wat nagemaak word.

Daarom staan ek baie ernstig op hierdie saak en ek voel dit is een van die

redes waarom die kerk, in die algemeen, die heerlikheid van God verloor

het. Hy het so bang geword vir die krag van die duiwel se nabootsing,

vervalsing en onegtheid dat hy God nie genoeg vertrou het om die egte te

bewaar en te beskerm nie. Gevolglik het ons dit verloor en vandag word dit

beveg en weerstaan en word dit nie eers toegelaat nie. Ek kan dit nie met

genoeg beklemtoning in my hart sê nie.

In Openbaring 3:20;

(waar die Here Jesus aan die gemeente van die Laodicense sê):

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en

die deur oopmaak, sal ek ingaan na hom toe en saam met hom

maaltyd hou, en hy met My.

70

Dit is een van die geliefkoosde tekse wat ‘n mens gebruik as jy met ‘n siel

werk om vir hom te sê: Sien jy, die Here klop aan jou hart. Maak oop jou

hart, die Here het belowe om in te gaan. Maar in werklikheid, die eerste

fundamentele verklaring van daardie teks is nie vir die individu nie, dit is vir

die gemeente, want dit kom voor in die laaste brief, die sewende brief aan

die Laodicense.

Maak u Bybels oop by Openbaring 3. Ek wil net vir u wys, in die Afrikaanse

Bybel is dit so afgemerk, as u by Openbaring 2 begin, is die opskrif daar:

Briewe aan die Sewe Gemeentes van klein Asië: Die eerste brief is aan

Éfese, daarna, by die agtste vers, word die Tweede Brief aan die

Gemeente van Smirna geadresseer, en so gaan hy aan en dan sien ons

dat die sewende brief, Openbaring 3:14, Sewende Brief aan die Gemeente

van Laodicéa is, die louwarm kerk!

Die laaste kerk wat ook tiperend is van die kerktydperk waarin ons vandag

is. Dié kerk wat sal bestaan ten tye van die wederkoms van onse Here

Jesus. Dit is aan hierdie kerk, in hierdie brief, aan hierdie gemeente van

Laodicéa, wat Jesus sê: “Kyk ek staan voor die deur en Ek klop, as iemand

oopmaak, sal Ek ingaan en maaltyd hou met hom en hy met My”.

Laat die mense ons dit maar kwalik neem. Ek bedoel dit op niemand nie,

ek bedoel dit op myself, in my gemeente, net soos enigiemand anders.

Mag God vir ons genade gee dat die Here Jesus nie miskien buite ons

gemeente staan nie.

Buitekant; --- en aan ons eie deur klop en vra om in te kom.

Behoort die Here Jesus dan nie binne-in, die kerk te wees nie?

Hy sê vir die gemeente van Laodicéa: Ek klop aan die deur, maak oop.

Hier is ‘n deel van die redes daarvoor; ons het vir die Here Jesus, die

Heilige Gees, gesê: Gaan staan buitekant. Ons sal ons orde van diens;

ons geleerdheid; ons Skrifverklaring; ons manier van dinge doen, in die

kerk inbring, maar dit en dat staan ons nie aan nie; stem ons nie mee saam

nie; sê ons dit was vir daardie dae; sê ons dit is nie meer goed vir dit of vir

dat nie, ons laat dit nie toe nie.

Die gevolg hiervan het ek baie mooi beklemtoon in die boek wat ek geskryf

het waarin die sewe gemeentes in besonder behandel is. Ek gee vir u die

geskiedenis van elkeen, en ek wys vir u hulle toestand waartydens die brief

aan hulle geskryf is. Ek wys vir u hoedat dit ‘n deel en ‘n prentjie vorm van

die verskillende tydperke dwarsdeur die eeue. Dat baie van God se

Geesgevulde manne met ‘n magtige bediening van God, nie toegelaat

word in ons kerke nie. Hulle sal nooit hulle preekstoel vir hulle gee nie.

71

Daar buitekant; ek sal jou nooit toelaat om in my kerk in te kom nie. Jy

gaan nie in my kerk preek nie. Hy het miskien nie `n teologiese graad nie;

het nie sewe jaar op universiteit gesit nie, of een of ander van honderde

dinge. Maar die man wat ‘n waaragtige boodskap van God het, moet

dikwels buitekant die kerk staan.

Een van die dinge wat buitekant die kerk gehou word is hierdie allerhande

tale. Dank die Here, die deurbraak is besig om plaas te vind, maar daar sal

nog groot dinge moet gebeur voordat die volheid bereik is.

Kyk na 1 Korinthiërs 14:28, en dan vergelyk ons dit met Handelinge 10:44.

1 Korinthiërs 14:28;

Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en

laat hy met homself en met God spreek.

Handeling 10:44;

En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die

Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

Ons is nog steeds hier besig om vir u die ware aard van tale duidelik te

maak en hier is ons nog steeds besig om u te wys dat dit nie die bedoeling

was dat die tale verstaan moet word nie.

Want in 1 Korinthiërs 14:28 sê dit duidelik dat as daar nie ‘n uitlêer in die

gemeente is nie, moet hy swyg. Maar hier het Petrus navraag gedoen. Dit

is die eerste keer dat hy by hierdie mense kom. Hulle harte was voorberei

deur die Heilige Gees en die Heilige Gees het op almal geval wat die

woord gehoor het en toe het hulle in vreemde tale begin spreek. So hier

was die bedoeling nie uitleg nie, dit was net die teken dat die Heilige Gees

op hulle gekom het.

Nou is daar baie mense wat sê, en dit is een van die verklarings van die

gevestigde kerke, hulle sê; hierdie allerhande tale beteken geheiligde

tonge. Waar ‘n persoon vantevore gevloek en lelik gepraat het, het die

Here nou die siel gered. Nou praat hy met ‘n geheiligde tong. Hy praat

nou met ‘n nuwe taal. Maar, dit is nêrens te verantwoord in al hierdie

gevalle waar die Bybel praat van tale nie, en ook nie waar dit praat van

waar daar nie ‘n uitlêer is nie, dan moet hy swyg. My wêreld, as jy met ‘n

geheiligde tong praat, almal is maar te bly daaroor, en ‘n geheiligde tong

het in elkgeval nie ‘n uitlêer nodig nie. Ons prys die Here daarvoor.

Nou, ‘n ander aspek en ‘n ander punt om op te let.

Wanneer jy spreek in ‘n vreemde taal, is jou verstand onaktief; hy het nie

nodig om enigiets uit te dink nie; jy het nie nodig om daardie woorde uit te

dink nie. Dit is wat so wonderlik is en elkeen wat al in ‘n vreemde taal

gepraat het weet dit is so. Nou terwyl ek met u praat in die taal wat u kan

verstaan, moet ek dink wat ek sê. Ek moet elke woord agtermekaar sit om

72

my gedagte aan u oor te dra. Maar wanneer jy in ‘n vreemde taal praat,

terwyl jy die een woord sê, weet jy nie wat die volgende woord gaan wees

nie. Maar wanneer jy die een woord uiter, is die volgende woord daar.

Partykeer in jou eie gedagte hoor jy dan hierdie woord en jy is verbaas oor

hierdie woord wat uitkom. Dit is wonderbaarlik.

So, die verstand is op daardie oomblik onaktief en daar is net ‘n deurvloei

van hierdie woorde onder die leiding van die Heilige Gees. Maar, en ek

beklemtoon dit, dit is nog jy wat praat. Maar as jy jou mond gaan toehou

en jou tong nie wil oorgee nie, kan jy nie in daardie vreemde taal praat nie.

Jy moet God se medewerker in daardie opsig wees. Net so, as jy nie jou

siel gered wil hê nie, sal God ook nie jou siel verlos nie. Die Here sê: “My

seun, my dogter, gee My jou hart”.

Die Here het dit vir die gemeente gesê en ek glo dit is ook op individue van

toepassing: “Ek staan by die deur en klop; as iemand oopmaak sal ek

inkom.” Maar Hy sal nie inkom as jy nie oopmaak nie. Hy sal nie jou siel

red as jy jouself nie aan Hom oorgee nie. Jy sal ook nie in ‘n taal praat as

jy nie jou tong vir die Here gee nie. Dit is bonatuurlik. Dit is ‘n wonderwerk.

Prys die Naam van die Here!

Nou is daar sommige mense, soos party van ons teoloë en ons kerkmense

wat dit hoor en hulle sê: “Nee dit was nie ‘n wonder van tale gewees op

Pinksterdag nie, dit was ‘n wonder van gehoor”. Die mense het in een taal

gepraat en die verskillende nasies het hulle in verskillende tale gehoor.

Nou, dit is nie net onlogies nie maar dit is heeltemal onskriftuurlik.

Markus 16:17;

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg; In my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Met nuwe tale sal hulle spreek. Nie; en hulle sal spreek en mense sal

nuwe tale hoor nie, maar, nuwe tale sal hulle spreek. Dit is dus nie ‘n

“hoor” wonder nie, dit is ‘n “spreek” wonder.

Handelinge 2:4;

En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in

ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

“het begin spreek in ander tale”.

Praat niks van hoor nie, hulle het begin spreek in ander tale. So dit is nie

‘n hoor wonder nie. Tog is daar teoloë, en julle het dit al self gehoor wat

sê, dit is ‘n wonder van gehoor. Waar kry hulle dit vandaan? Hoe moet jy

die Skrif verdraai om dit te kry?

Ek gee vir u ‘n paar Skrifte want dit is ‘n punt wat taamlik voorkom, sodat

julle dit kan weerlê.

73

Handelinge 10:46; (in die huis van Cornelius)

Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak.

Toe het Petrus begin spreek:

Weer die woord “spreek”

Handelinge 19:6;

En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Met tale gespreek.

In elk geval was hier nie ongelowige mense van verskillende nasies wat

verskillende tale moes hoor om te verstaan nie. Hulle was almal dieselfde

mense. Dit was nie ‘n kwessie van dat hulle in verskillende tale moes hoor

sodat hulle tot redding kon kom nie. Selfs in die huis van Cornelius was dit

net daardie klompie gelowige broeders wat saam met Petrus gegaan het.

Hulle het nie nodig gehad om verskillende tale te hoor om daardeur tot

bekering te kon kom nie! Nee, dit was ‘n teken en ‘n wonder met sy eie

spesifieke aard binne die konteks van God se bedoeling waarin ‘n mens

met vreemde tale moet spreek.

Nou kyk ons net na die gemeente en die spreek van vreemde tale in die

gemeente. In die gemeente is die plek wat tale moet vul baie belangrik, en

dit moet daar reg gebruik word.

1 Korinthiërs 12:28-30;

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek as

apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte,

daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe,

allerhande tale.

29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is

tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale,

kan almal dit uitlê?

Spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Nou sê mense vir jou: “Sien jy?

Spreek almal in tale? Kan almal dit uitlê? Het almal genadegawes van

gesondmaking? Sien jy dat tale nie so noodsaaklik is nie?”

Hier is ‘n belangrike punt wat ek vir u moet beklemtoon en wat u sal moet

leer sodat hierdie gemeente, wat ek seker is op u hart lê in hierdie laaste

dae, weer God se suiwer gemeente sal wees. Hier het ons die naam van

ons groepie gekry, “Ekklesia” die Grieks vir “gemeente”. Die Engels sê;

“The Church”.

In die gemeente is allerhande tale nie meer so volop soos wat dit eers was

nie as die aanvanklike teken wanneer jy met die Heilige Gees gedoop word

nie. Met ander woorde soos die tipiese regte gemeente behoort te wees,

74

waar elkeen gedoop is in die Heilige Gees; waar elkeen daardie

aanvanklike teken van die spreek in vreemde tale behoort te gehad het.

Maar nou is dit nie noodwendig dat elkeen die gawe van allerhande tale

moet hê nie.

Netso is dit nie vanselfsprekend vir elkeen om die gawe van die werking

van kragte, of ‘n woord van kennis, of die woord van wysheid, of die

onderskeiding van geeste, of van geloof te hê nie. Die Here gee aan

elkeen soos Hy wil. So, jou allerhande tale sal nie so volop soos die getal

van jou gemeente wees nie. Met ander woorde, dit is nie noodwendig dat

elkeen van jou gemeente daardie gawe van allerhande tale sal beoefen

nie. Dit het ek al self ondervind. Jy sal ‘n gemeente vind wat gedoop is in

die Heilige Gees maar jy sal nie almal kry wat dit as ‘n bediening het om in

allerhande tale in die gemeente te spreek nie.

Soos ons sien is daar net een doel waarvoor jy in die gemeente in ‘n

vreemde taal praat, en dit is dat dit uitgelê sal word. Die Heilige Gees

maak uitsonderings, maar dan is dit uitsonderings en dit bly die prerogatief

(die reg) van die Heilige Gees. Ons moet tog nie die Heilige Gees beperk

deur te sê, dit moet net só of net só wees nie. Ons kan algemene reëls

neerlê, en die algemene reël lê die Apostel Paulus baie vas neer. In sy

brief aan die Korinthiërs sal ons verder sien dat as daar nie ‘n uitlegger is

nie, sê hy, moet jy ook nie in ‘n taal praat nie. Maar jy sal gevalle kry waar

die Heilige Gees ‘n sekere persoon sal dwing om onder sekere

omstandighede in ‘n taal te praat selfs as daar geen uitleg is nie.

Maar die betekenis daarvan sal altyd duidelik wees!

Ek het al voorheen genoem van ‘n sekere persoon wat baie hierteen

geskop het; baie skepties en ook vyandiggesind was teenoor Pinkster en

teenoor hierdie mense wat in vreemde tale praat. Hy was ‘n Italianer en

het ‘n hele klomp tale geken. Hy gaan na hierdie diens toe, heeltemal ‘n

vreemdeling. Toe hy by die diens instap, spreek daar ‘n meisie in wat vir

haar ‘n onbekende taal was. Na sy gespreek het was dit doodstil; daar was

geen uitleg nie. Dit was dié môre vir die mense baie eienaardig. Geen

uitleg nie!

Maar weet u wat het gebeur, daardie vreemde taal wat daardie meisie

gepraat het en wat vir haar en vir al die ander in daardie gemeente ‘n

vreemde taal was, was suiwer Italiaans. Daardie man wat ‘n Italianer was,

maar ook baie ander tale geken het en wat gesê het: “Ek gaan om hulle uit

te vang!” Vir hom het die Here sy hele geskiedenis vertel. Van sy jong dae

af tot op daardie oomblik, en selfs die doel waarmee hy na daardie diens

75

toe gekom het. Dit het gelei tot daardie man se kragdadige bekering. Hy

het die heerlikheid en krag van God erken.

U sal met my saamstem dat die suiwer werking van die Heilige Gees mooi

is. Dit is wonderlik; dit is tot God se verheerliking; dit is vir die redding van

kosbare siele en vir die verbreking van die werke van die duiwel. Dit is wat

ons altyd moet onthou. Wat het die Here Jesus vir sy dissipels gesê voor

sy kruisiging toe Hy hulle begin voorberei het vir sy kruisiging en vir sy

weggaan? Hy het vir hulle gesê: “Ek stuur vir julle ‘n ander Trooster wat sal

kom om by julle te bly. Dié sal in My plek kom, en Hy sal My verheerlik”.

En dit moet ons onthou in ons soeke na die gawe van die Heilige Gees.

Die nommer een motief, doel en funksie; - of dit ‘n taal is of ‘n uitleg van

tale, of profesie of genesing, of wat ookal, die hoof motief is om die Here

Jesus te verheerlik. Daarvoor het die Heilige Gees gekom.

Julle sal met my saamstem dat daar niks wonderliker met daardie man kon

gebeur het nie as dat die Heilige Gees dit so beskik het dat daardie meisie

in daardie vreemde taal moes praat en dat daar geen uitleg was nie. U

sien, ek wil nou vir u ‘n ander punt uitlig wat later ook nog sal kom. Ons het

hier ‘n baie ingewikkelde studie en omdat dit so baie aangeval word, moet

ek in besonderhede met u daar ingaan. Kyk, ek sê dit vir u want dit het en

kan weer gebeur.

Die liefde wat die band van die volmaaktheid is, moet die beherende faktor

in ons lewens wees. Mense kan baie maklik die Heilige Gees se krag (ek

kan nie verklaar hoe dit werk nie, ek weet net dit werk) in ‘n slegte sin, dat

die mense die Heilige Gees se krag ook kan gebruik om af te breek, dan is

dit nie van God nie, alhoewel hy die krag nog in hom het, en dit sal ook nie

in hom bly as hy hom nie bekeer nie.

Die Heilige Gees, as ek nou maar ‘n aardse terme mag gebruik, net om dit

vir u te verduidelik (Ek glo die Here sal my verskoon en my vergewe), die

Heilige Gees is ‘n “gentleman”, die Heilige Gees skeur nie stukkend nie.

As hy sny, is dit om heel te maak. Op daardie oggend in daardie gemeente

waarheen daardie man gegaan het, het daardie gemeente nie nodig gehad

om daardie man se slegte verlede te ken nie. Dit was nie nodig vir daardie

gemeente om te weet van al die lelike goed wat hy gedoen het nie. Al wat

daardie môre nodig was, was dat daardie man die bonatuurlikheid van God

moes besef, en dat hy moes sien “hierdie ding” was eg. So het die Heilige

Gees sy hele vuil lewe in sy eie taal vir hom vertel, maar niemand anders

het daarvan geweet nie. Dit was nie nodig nie maar vir hom was dit nodig.

76

Nou moet ons ook onthou dat wanneer jy die gawe van profesie kry, of die

gawe van die uitleg van tale, of die gawe van die woord van kennis wat jy

dan in die gemeente kan uitbring, die Here vir jou sal wys wat Hy wil sê

omtrent iemand se lewe in daardie gemeente. Jy moet onthou, dat in jou

hart en dit is jou redelike godsdiens, dit is wat jy met jou verstand verstaan

en ook met jou gees onthou van die liefde van die Here. U sal verder sien

dat die Heilige Gees hierdie uitwerking het, naamlik in 1 Korinthiërs 14:3,

stigting, troos en bemoediging.

Dit is die doel: Stigting, troos en bemoediging. Nou wys die Heilige

Gees jou, deur ‘n woord van kennis, hierdie man se lewe, ‘n lelike saak.

Nou kan jy dit profeteer, maar gaan dit stig? Gaan dit troos? Gaan dit

bemoedig? Maar daardie persoon het nodig om te weet dat God dit weet.

Nou sal ons sien wanneer ons by profesie kom, dat die geheime van

mense se harte openbaar sal word en dat hy op sy aangesig sal val en

erken dat God in der waarheid in julle midde is.

Die Heilige Gees moet jou in die liefde lei om te weet hoeveel God jou wys

wat jy in die openbaar moet uitbring en hoeveel jy ná die diens of by ‘n

ander geleentheid eenkant, aan daardie persoon sal sê: Broer of Suster,

God het my dit en dat omtrent jou gewys. Die ander mense het dit nie

nodig nie. Die Here gaan nie daardie persoon, om dit so uit te druk “op die

mat sit nie!” Die Here wil daardie persoon se siel red. U sal my woorde

onthou in die dae wat voorlê. God sal u laat groei; God sal u gebruik; die

Here sal nog magtige dinge aan jou openbaar, maar onthou, altyd in die

liefde!

So ook, in die gemeente wanneer ek ‘n uitleg gee, of wanneer ek profeteer

nadat iemand in ‘n taal gepraat het en ek dit dan uitlê, laat ek dan nie

daardie uitleg gebruik (en ek moet versigtig wees, my eie gedagtes kan ook

verstrengel raak met my uitleg) daarom moet profesie en uitleg beoordeel

kan word.

Dit is of die Heilige Gees deur jou gees en jou verstand gefiltreer moet

word. Dit hang af hoe skoon en suiwer daardie filtreertoestel is vir die

water wat onder uitkom, en of daar nie miskien nog ‘n bietjie ander goed

saam uitkom nie. Nou, daardie uitleg van jou moet vir stigting wees; moet

vir troos wees, moet vir bemoediging in die gemeente wees.

1 Korinthiërs 14:23, 26, 33;

23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in

tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal

hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

77

26 HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan

het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring

of ‘n uitlegging - laat alles tot stigting geskied.

33 want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in

al die gemeentes van die heiliges.

Ek sluit nie die gevalle in nie; waar jy, al is dit ‘n persoon wat hakkel, of so

aan, wat werklik in die Gees van God miskien net ‘n sug in ‘n gemeente

kan slaak en dit kan daardie hele gemeente aan die brand steek. Dit het

ek ookal gesien, maar ek bedoel oor die algemeen, en ek dink u sal dit

verstaan. Sekere mense het nie ‘n gawe van openbare gebed nie, andere

het dit weer, maar almal kan bid. Netso, almal behoort in tale te praat en

almal behoort in tale te praat in ons binnekamer om onsself te stig, maar

nie almal het ‘n gawe van allerhande tale vir die gemeente wanneer ons

bymekaar kom nie.

Ek hoop u verstaan maar u sal dit in elkgeval nog leer deur ondervinding.

Dit is nie dieselfde as die aanvanklike teken van die doping in die Heilige

Gees nie. Die spreek in tale, saam met die uitleg daarvan, is natuurlik

gelykstaande aan profesie. Ek dink u verstaan dit.

Ons kyk nou na:

1 Korinthiërs 14:5;

Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle

profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,

of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

Wanneer ons bymekaar kom en ons spreek ook in tale, moet ons dit

onthou, dit is in die aanbiddingsdiens, en die hoofdoel daarvan is die

stigting van die gemeente. Vir die volwasse gelowiges is ‘n teken nie altyd

noodsaaklik nie. Wanneer jy werklik tot geloof gekom het, het jy nie altyd

‘n teken nodig nie, daarom kan God meer direk deur die gawe van profesie

tot die gemeente spreek.

Daarom sê die Apostel Paulus;

1 Korinthiërs 14:1;

JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike

gawes, maar veral om te profeteer.

“Maar veral om te profeteer”.

Die rede daarvoor is die geestelike gawes waar ander tale ook tel en wat

bonatuurlik en `n teken is. Dit is wonderlik! Nou wanneer julle as

gelowiges almal bymekaar kom, dan sal iemand in ‘n taal praat en iemand

sal dit weer uitlê. Maar daardie taal is nie noodwendig nodig nie want

almal is gelowiges. Daarom sal die profetiese gawe die voorrang geniet,

78

want as iemand profeteer kan almal dit verstaan. Dan profeteer daardie

persoon direk om te stig, te troos en te bemoedig.

Waarom moes die tale in Korinthe beheer word? Paulus skrywe ‘n hele

hoofstuk, (hoofstuk 14) oor die beheer van tale. Die een rede daarvoor

was, en dit is ‘n algemene neiging ook vandag, jy vind dit onder jong

bekeerlinge en die nuwe kinders van die Here wat so pas gedoop is in die

Heilige Gees, dat hulle so vol blydskap is, die salwing van die Here kom op

hulle en hulle borrel gedurig oor. Sy eerste neiging is, en dank die Here

dat dit na al die jare vandag nog my neiging is, ek kan waarlik voor die

Here sê daar gaan nie n dag verby in my lewe waarin ek nie baie in tale

praat voor die Here nie. As ek aanbid, as ek in benoudheid is, of wat

ookal, is dit een van die heerlikste ondervindings om met die Here in tale te

praat. Maar nou, onthou, die oogpunt is die gemeente, almal nou saam.

Nou, die Korinthiërs was ook so. Hulle het so oorgeborrel dat wanneer

hulle as gemeente saamkom, wou hulle net in tale praat. Die geestelike

tafel wat gedek is bestaan nie net uit tale nie, daar is baie ander spyse op

die tafel. Die gevaar is dus, dat die saak baie maklik uit balans kan raak.

Nou sê hy nie vir hulle dit is verkeerd om in tale te praat nie. Hy sê

inteendeel hy wil hulle nie verhinder om in tale te praat nie.

Maar Paulus het na die Korinthiërs gegaan en aan hulle geskrywe hoe om

dit te beheer en hoe om dit te hanteer, gladnie om dit dood te maak en

daarmee weg te doen nie. Dit was met ander woorde op hierdie manier

oordryf en verkeerd gebruik in die gemeente van Korinthe.

Eerstens:

Was daar te veel spreking in tale in die dienste en het hy hulle daarop

gewys.

Tweedens:

Die fout wat hulle gemaak het was dat daar teveel spreking in tale was

sonder uitleg.

Derdens: (toe het hy vir hulle mooi uitgewys) dat as hulle in tale praat en

daar is niemand om dit uit te lê nie, watter nut is dit dan?

Voldoen dit aan die drie vereistes van:

1) Stigting? nee, want niemand verstaan dit nie!

2) Troos? nee, want niemand verstaan dit nie!

3) Bemoediging? nee, want niemand verstaan dit nie!

Dit is wat die Korinthiërs gedoen het, en dit is wat die jong bekeerlinge tot

vandag toe nog doen. Die neiging daartoe is nog daar en dit is nie van

waarde nie. Ek bedoel nie daar waar ons saam bid nie, en waar jy in

vreemde tale bid nie. In elkgeval wanneer ons saambid, elkeen in

79

Afrikaans of Engels, hoor hy tóg ook maar nie wat die ander bid nie want jy

is op daardie oomblik besig met die Here. Dit is nie die bedoeling nie.

Maar wanneer jy in die diens is en mense praat nou almal in tale, tot watter

stigting sal dit wees? Dit sal verwarrend wees en die vreemdeling sal heel

moontlik nog sê: “Julle is mal!” Paulus gebruik self daardie woorde.

1 Korinthiërs 14:27-28;

27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens

drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.

28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en

laat hy met homself en met God spreek.

So, hy beperk dit.

Dit is die algemene reël. Die Here sê weer daar kan uitsonderings gemaak

word. ‘n Mens wil nie nou net die skroef aandraai en meer as net drie

verbied nie. As dit nou ‘n gewoonte word of dit kom herhaaldelik voor, dan

moet jy jou gemeente leer en sê: “Kyk, dit is die reël, dit werk so”.

Wanneer daar nou tot drie in tale gespreek het, en die vierde en vyfde een

voel dit ook, dan moet hy dit vir homself hou en by homself praat, hy kan

saggies in sy gees praat en hy kan met die Here praat en die Here

verstaan, maar hy moet dit dan nie hardop spreek nie, want dan ruk dit uit

verband uit.

1 Korinthiërs 14:39;

Daarom broeders, beywer julle om te profeteer en moenie

verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

Sien, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale

gespreek word nie. En dit is wat vandag gedoen word. Tale het heeltemal

doodgegaan. Dank die Here, dit begin nou weer effens terugkom. In jou

algemene kerke is daar niks van tale nie want dit word verhinder en is lank

gelede al doodgedruk, onder verdenking geplaas, weggeredeneer en weg

“geleer”', ensovoorts.

So, dit is gladnie ‘n kwessie van dat tale mee weggedoen moet word nie.

Al wat die apostel Paulus beklemtoon en oor praat is vir die balans

daarvan. Ons moet ook die balans in ons eie dienste bewaar. Daar kom

altyd ‘n oorbeklemtoning na ‘n tyd van verval. Dit is al.

Soos wanneer ‘n nuwe ding ontdek word, word dit oordryf, ensovoorts.

Luister nou mooi, daar moet so ‘n mate van rypheid en orde en liefde in die

gemeente beoefen word dat in daardie diens, in daardie gemeente niks sal

plaasvind wat aanstootlik is nie. Ons moet ons elkeen beywer, dit sê ook

hier; “elkeen moet hom beywer om uit te munt tot die stigting van die

80

gemeente”. Dit is waarop ons almal ons moet toelê en dit is ook my

aandeel daarin.

1 Korinthiërs 14:32, 23;

32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in

tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal

hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?.

Sien, die geeste van die profete is aan die profete onderworpe. Hy

waarsku dus hier, dat as almal in tale praat en onkundiges kom in, sal hulle

sê: “Ons verstaan niks daarvan nie”. So moet ons onsself beheer, en dit

kan jy doen.

Hierdie gawes (ek is daarvan seker dat u met my sal saamstem) moet reg

beoefen word. Wanneer daar reg in tale gespreek word, en daar word reg

uitgelê, of daar word reg geprofeteer, bring dit dan nie die klimaat van die

hemel in daardie diens nie? Voel jy nie die teenwoordigheid van die Here

daar nie? Nou kan jy ook sien waarom die ou duiwel hierdie gawes so

haat.

Ek dank die Here, ons het dit ook vandag nog baie, baie nodig. Nou sê

baie mense: “Maar die tyd daarvoor is verby, die Apostel Paulus het gesê

die spreek in tale sal verbygaan!”

1 Korinthiërs 13:8;

Die liefde vergaan nimmermeer; maar die profesieë - hulle sal tot

niet gaan; of tale - hulle sal ophou, of kennis - dit sal tot niet gaan.

Nou neem mense daardie vers en sê: “Nou sien jy, tale sal tot niet gaan”.

Dan gebruik hulle hierdie teks maar sal baie gou vir jou sê: “Weet julle die

wederkoms van die Here is op hande?” Hoe weet jy dit? Nee, maar dit

staan in die Profete - dit was geprofeteer. Die Here se koms het nog nie

plaasgevind nie maar dit is naby. Die profesie is nog in werking. Met

ander woorde, die profesieë het nog nie verbygegaan nie. Dit staan ook

hierso.

Maar die tale sal verby gaan. Maar dit is nie al wat daar staan nie; of

kennis - dit sal tot niet gaan. Lewe ons dan nie in ‘n tyd wat kennis meer

as ooit tevore vermeerder nie? So, kennis het ook nog nie tot niet gegaan

nie. Hoekom sou tale dan tot niet gegaan het?

Nou ‘n ander punt van tale, ‘n heerlike ondervinding, wanneer jy in jou

binnekamer gaan is dit een van die hoof funksies van die spreek van tale,

dat jy met God spreek! Hoe dikwels het ek nie al die ondervinding gehad

nie, daar is nie een kind van God wat dit nie sal beaam nie, dat tydens ‘n

groot krisis, spanning of benoudheid, wanneer jy in jou binnekamer gegaan

81

en jou hart voor God begin uitstort het in ‘n vreemde taal, het die rus en die

vrede van die hemel in jou siel gekom.

Paulus sê in:

1 Korinthiërs 14:4;

Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig

die gemeente.

Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself. Nou sê vir my wie van ons het nie

stigting nodig nie?

Jesaja 28:11-12;

11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur n vreemde tong met

hierdie volk spreek,

12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die

vermoeides en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister

nie.

Die hoofpunt hier is dit, dit gee rus aan die vermoeides. O, as meer

senuweelyers, as ‘n mens dit so kan noem, gedoop kan word in die Heilige

Gees, en hulle werklik hulle harte voor God in ‘n vreemde taal kan uitstort,

sal hulle sien wat dit vir hulle sal beteken. Geen psigiater of sielkundige sal

naastenby vir hulle kan doen wat die Heilige Gees vir hulle sal doen

wanneer die Here hulle stig sodra hulle in ‘n vreemde taal praat nie. So

kan jy ook in vreemde tale sing, bid en prys sonder dat daar ‘n uitlêer hoef

te wees. Daardeur kan jy die Here aanbid en sy Naam grootmaak en

verheerlik.

Soos dit was in die huis van Cornelius het hulle in allerhande vreemde tale

saamgepraat en ook soos baie keer as jy in ‘n diens is en die Here aanbid.

Dit is ‘n ander saak as jy saam sing in ‘n vreemde taal; saam die Here

aanbid en sy Naam grootmaak. Dan praat jy met God en nie met die

mense nie. Die Heilige Gees tree ook vir jou in deur die praat van vreemde

tale en deur onuitspreeklike versugtinge voor God. Dan word jou siel

getroos en word jy opgebou vir die Here.

Romeine 8:26-28;

26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet

nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met

onuitspreeklike sugtinge.

27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die

Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges

intree.

28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,

vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Kinders weet nie altyd wat die wil van God is nie. Jy kom baie keer in ‘n

krisis oomblik in jou lewe. Jy staan baie keer voor ‘n hele paar keuses.

82

Daar kom tye van benoudheid. Julle weet nie eers hoe om te bid nie, maar

die Gees ken die wil van God. As jy in jou benoudheid in daardie vreemde

taal bid en jy doen dit en laat jou siel uitvloei voor God in die geloof, sal die

wat dit ondervind het weet waarvan ek praat. Jou siel voor God laat uitloop

soos water, en jy bid in daardie vreemde taal, dan bid die Heilige Gees

volgens die wil van God, sonder dat jy eers weet wat jy bid, maar die

Heilige Gees weet en God hoor daardie gebed van jou.

Judas vers 20;

Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof

en in die Heilige Gees bid

Kyk hoe bou jy jouself op, daarin!

1 Korinthiërs 14:14;

Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is

onvrugbaar.

Is dit nie pragtig nie? Die Skrif sê: “Dan bid my gees”. Prys die Naam van

die Here! Jou gees bid wanneer jy in ‘n taal bid. Dit is wat deurgaan na

God toe.

Nou, in verband met hierdie stigting van jouself, wil ek ‘n baie belangrike

punt noem, weer met die oog op die gemeente. God se kinders het so baie

die neiging om oorboord te gaan. Die een rede voel ek is die gebrek aan

lering, daarom gee ek u die lering. Die gemeente, die tyd van

bymekaarkom is iets kosbaars voor God. U moet nou onthou, die

gemeente is die liggaam van Christus - Christus is die Woord. Net soos jy

na jou eie liggaam kyk, hier is jou hoof en hier is jou liggaam en die twee

moet bymekaar wees om volmaak te funksioneer. Jy kan die slimste kop

op jou skouers hê, maar as jy nie die hande en voete het om iets mee uit te

voer nie, is dit nie vir jou veel werd nie. Jy kan die sterkste spiere hê en die

pragtigste geboude liggaam, maar as daar nie ‘n kop op is nie, wat help

dit?

Netso is die gemeente die liggaam van Christus. Christus is kragtig,

Christus is wonderlik, Christus is sterk dat Hy dit so verordineer het dat,

totdat Hy weer kom, Hy sy werk moet doen deur die gemeente wat sy

liggaam is. Die gemeente is dus iets kosbaars in die oë van die Here. Dit

sê ook Hy het sy gemeente gekoop met sy bloed.

Wanneer jy dus in ‘n diens of biduur bymekaarkom, is dit ‘n heilige

byeenkoms. Nou kom julle bymekaar om met Christus die Hoof,

gemeenskap te hou. Nou is die neiging van meeste van God se kinders

om te voel: Ag, ek voel maar ‘n bietjie af in die gees; ek voel maar ‘n bietjie

ongelowig; ek voel maar sleg, dinge het miskien nie te goed gegaan by die

83

huis nie, of by die werk nie, ek sal maar kerk toe gaan, daar sal ek

opgebou word! Die diens sal my wakker maak en my regruk en so aan.

Dit is heeltemal verkeerd, jy moet jouself opbou, jy moet jouself stig voordat

jy na die diens toe gaan. Jy moet jouself inbid in die Heilige Gees, hierdie

Skrifte wat ek u gegee het, jy moet jouself wakker maak, jouself lewendig

maak, dat jy as ‘n lewende lid, of jy nou die vinger of die voet of wat ookal

is vir daardie diens, sorg dat daardie vinger lewendig is wanneer jy soontoe

gaan, sodat daardie vinger by die ander vingers aan die hand kom, of die

tone aan die voet sodat elkeen net só inpas.

As ‘n ingebidde klompie mense daar bymekaar kom in die lig van God se

Woord, wat gaan God nie vir hulle doen nie? Maar wat is die posisie, jy

begin met ‘n diens maar, jy moet eers sing en jy moet druk en jy moet trek

om eers die klomp in ‘n eenheid te kry. Teen die tyd dat jy hulle in ‘n

eenheid het, is die diens al amper verby, of daar het al ander dinge gebeur

omdat hulle nie in die eenheid is nie, wat die eenheid nog verder weer

afbreek. O, vanmôre was die diens maar dood gewees, dit was maar dit

en dit kon maar nie vorder nie. Nou hoe kan jy met ‘n klomp “dooie”

oningebidde lede van daardie liggaam, iets uitvoer? Kan u sien, hoe

noodsaaklik dit is vir elke lid, dit sê mos ook dat elke lid voorsien, “which

every joint supplieth”

U het dit al hier gelees in 1 Korinthiërs 12 en so aan.

1 Korinthiërs 14:18-19;

18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand

spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ‘n taal.

Prys die Here!

Waar het Paulus meer in tale gespreek as almal? In die diens? Nee,

Paulus het homself ingebid. Ek is seker daarvan dat waar Paulus gesit en

tente maak het; die naald deur getrek het en daar waar hy seile reg gesny

het, daar was hy in kontak met God en het in tale gepraat. Daardie lang

ente wat hy te voet moes stap, in tale gepraat, homself gestig, homself

opgebou, sodat wanneer hy by die gemeente bymekaar gekom het was die

krag van God daar. Die Heerlikheid van die Here het gewerk.

Tale en uitleg van tale is die enigste twee gawes wat nie alreeds in die Ou

Testament gemanifesteer het nie. Wat ‘n wonderlike gedagte. Vir u nog ‘n

bewys hoe wonderlik tale en uitleg van tale is. Dit is die twee gawes wat

uniek is tot die Nuwe Testament.

Kom ons kyk na ‘n paar Bybelse voorbeelde.

Ons het so pas na Paulus gekyk en hy bedoel natuurlik as hy tienduisend

woorde moes praat sou daar nie eers tyd vir ‘n uitleg wees nie.

84

1 Korinthiërs14:14-15;

14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is

onvrugbaar.

15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook

met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal

ook met die verstand psalmsing.

Ek het hierdie twee verse vir u gegee dat u kan sien hoe Paulus te werk

gaan. As jy al hierdie dinge mooi bymekaarbring, sal jy sien hoe Paulus sy

taal gebruik het in sy privaatlewe om homself te stig. Ons is in ‘n

geloofstryd, ons is in ‘n wrede wêreld. Ons is in ‘n wêreld waar Satan met

allerhande dinge kom. U sê miskien, my posisie is swak, my toestand is

uniek, hierdie een sê ek sukkel met dit en daardie een sê ek sukkel met

dat. Daar is nie een van ons wat nie sy probleme het nie. Daar is nie een

wat nie sy eie dinge het om hom af te druk nie.

Hoe gaan jy daar uitklim? Julle sal moet uitklim deur van God se middele

gebruik te maak. In jou posisie wat jou die seerste maak en wat jou die

meeste onderdruk, gaan daarmee in jou gees voor God. Roep Hom aan.

‘n Mens moet ernstig raak voor God. As jou binnekamer se deur gesluit is

kan jy maar ook ‘n bietjie hard skree voor die Here, maak jou hart ‘n bietjie

oop voor God en jy sal gou op ‘n punt kom waar jy nie meer woorde in jou

eie taal het nie en dan begin jy in vreemde tale praat.

Daar is nog daardie las op jou hart, jy weet wat jou seergemaak het, jy

weet waaroor jy hartseer is, jy weet waaroor jy benoud is, maar nou begin

jy in ‘n vreemde taal te bid. Jou gees praat nou met God. Kyk dan ‘n

rukkie later, as u dit gaan toepas en kom sê vir my, kom bring u getuienis.

Bid het Paulus lewendig en kragtig gemaak.

In Handelinge 10 sal u sien Petrus het op die dak geklim om te gaan bid.

Hulle sê Petrus was in ‘n verrukking van sinne. Ons het nou altyd gedink,

ek sê nie dit kon gebeur het dat Petrus op die dak geklim het en dat die

Here sommer skielik gekom en hom daar platgeslaan het nie. Dat hy in

verrukking van sinne gegaan en ‘n gesig gesien het, dit is moontlik. Maar

soos ek die Skrif verstaan en ek hierdie dinge mooi bymekaar bring en

soos ek die wêreld en ook die mens se gees ken; en ook Satan se planne

ken want Paulus sê ons is nie met sy planne onbekend nie; en ons weet

wat vir Petrus voorgelê het, wat in die huis van Cornelius gebeur het en

met sy mense wat hy in daardie tyd juis na Petrus toe gestuur het. Sou

Satan dit nie probeer dwarsboom het nie? Ek glo Petrus was daar besig

om ernstig voor God te bid. Hoe meer hy homself gestig het en hoe meer

hy die Here aangeroep het, hoe nader en nader het die Gees van God

gekom, totdat Petrus naderhand weggeraak het. Petrus, wat op die grond

85

geval het, was in ‘n verrukking van sinne en daar gee die Here toe ook die

visie.

Sou u nie ook graag sulke ondervindinge wou hê nie? Waarom nie ?

Waarom moet ons net van hierdie dinge lees? God wil vir ons baie dinge

wys maar dit is nie ons metode nie. Ons moet onsself versterk, onsself

stig, want u sien wat ‘n belangrike plek ook vreemde tale het, in die regkry

van jou siel voor God, want die duiwel kan nie verstaan wat jy bid nie.

Daarom kan hy ook nie vir jou sê: “Ag, dit sal tog nie gebeur nie, dan is dit

te swaar, of dat is so”.

Die HeiIige Gees, as jou gees bid deur ‘n vreemde taal en Hy (die Heilige

Gees) vra van God vir jou die wonderlikste dinge, dan hoor God alleen, die

duiwel hoor dit nie en hy verstaan dit ook nie. Wat kan God nie vir jou gee

nie? Die Here Jesus het in verrukking van sinne geraak, Lukas 10:21, hier

was die Here Jesus buite Homself van blydskap oor wat die Vader aan

Hom geopenbaar het.

Markus 3:21;

Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry,

want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.

Dit wys wat met ons Here Jesus self gebeur het. Dit was definitief nie in

die slegte sin van die woord nie want ons Here Jesus het nooit buite sy

sinne geraak nie in dié sin dat die oomblik wat Hy buite sy sinne was, dat

Hy nie binne die hand van sy Vader was nie. Loof die Here!

So ook, as ons buite ons sinne raak deur die Heilige Gees hoef u nooit

bang te wees dat daar ‘n bose gees jou sal beetkry soos party mense jou

sal probeer waarsku nie. As jy in die Heilige Gees bid en jy raak buite jou

sinne, of dit gebeur met jou in ‘n diens, moenie bang wees nie, dit is nie ‘n

bose gees wat van jou besit sal neem nie, jy is in die hand van die Gees

van God. As jy daar uitkom is jy gestig, is jou siel vars, is jy vol krag. Die

wat dit ondervind het weet waarvan ek praat.

2 Korinthiërs 5:13;

Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons

verstand is, is dit om julle ontwil.

“Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God”.

Uitsinnigheid in hierdie sin is ‘n wonderlike ding wat met ‘n mens kan

gebeur. Kan u sien hoe vér ons agterstaan? Dit is hierdie dinge wat jou

sterk maak in die Gees. Dit is hierdie dinge waarna jy moet strewe, dit is

hierdie dinge wat op jou pad langs moet kom en dan sal u sien hoe u sal

groei. Maar u kan ook nou al sien dat jy besig sal moet wees, met God, en

dat jyself sal moet werk maak met hierdie dinge.

86

Openbaring 1:4;

JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië; Genade vir julle en

vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe

Geeste wat voor sy troon is,

“Ek was in die Gees op die dag van die Here”.

As dit tenminste op die dag van die Here was, dit is Sondag wanneer ons

meer kans het om alleen met die Here te wees of wanneer jy dan ookal ‘n

kansie het om waarlik in die Gees van God te kom, sal die Here ook vir ons

wonderbaarlike dinge wys. Die gawe van allerhande tale word dan

genoem die minste van alle gawes en in sy manifestasie en as jy hom

langs die ander moet stel, sekerlik die minste, daarom kom die gawe ook

die meeste voor.

Maar u kan nou begin sien, wat gaan jy sonder tale maak? Hoe gaan jy

jouself opbou? Hoe gaan jy in daardie posisie kom dat ook die ander

gawes in hulle mag en majesteit deur jou kan werk? Nou, daar is nog ‘n

belangrike punt wat ek net vir u wil noem en dit is baie belangrik.

1 Korinthiërs 14:3;

3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en

troos en bemoediging.

Nou kry jy die neiging by Pinkster groepe, veral by groepies wat hierdie

ondervinding van die doping in die Heilige Gees gekry het. Hulle het ‘n

wonderlike ondervinding gehad met hulle leraar, of hul leraar stem nie

daarmee saam nie, hulle kom uit, kom bymekaar en wonderlike dinge

gebeur soos, daar het wonderlike profesieë uitgegaan, mense het die uitleg

van tale gekry. Nou speel hulle amper soos ‘n kind met ‘n nuwe speelding.

Hulle kom bymekaar en sê: Ons gaan kyk wat die Here nou weer vir ons

gaan sê. Hulle bid en hulle sing en nou praat iemand in ‘n taal en iemand

lê dit uit en nou begin hulle vir mekaar te profeteer. Hulle begin nou om die

wil van die Here te soek deur tale, uitleg van tale en profesieë. Dit is ‘n

baie gevaarlik ding, want dit is nie hoe dit werk nie. Tale en uitleg van tale

of profesie se primêre funksie is nie om vir jou leiding te gee en vir jou dit,

of dat te wys nie. Die Here sal self vir jou deur die taal of die profesie ‘n

bevestiging in daardie diens of byeenkoms gee, sonder dat jy spesifiek

daarvoor, soek!

Die een wat profeteer of wat uitlê, moet ook nie vir so iets soek nie. Jou

eie gedagte en jou eie verstand kan vir jou maklik ‘n ding gee. Die

bedoeling daarvan is nie in die eerste instansie dat julle bymekaar sal kom

en sê: “Kyk, ek het hierdie groot probleem, kom ons hou nou ‘n diens”,

(baie mense maak so) dalk weet u van sulke mense.

87

Hulle hou ‘n diens, en bid, en sing, en kom in aanraking met die Here en

nou praat iemand in ‘n taal. Ons hou ‘n diens, ek wil nou Ieiding hê omtrent

hierdie saak. Kom ons hoor wat sê die Here. Nou praat iemand in ‘n taal,

iemand lê uit en daar word oor daardie ding geprofeteer. Ek kan u vertel

van die grootste tragedies, en ontnugterings in Pinkster wat al daardeur

gekom het. Daar is groepe en bewegings wat hulle daarop toelê om so te

profeteer. Mense was al uit hulle plase en besittings geprofeteer. Dat

mense se name genoem is, dat jy, Broer so-en-so, die Here sê vir jou jy

moet jou plaas verkoop, jy moet dit of dat doen. Sulke dinge, wanneer dit

gebeur het, as hulle mooi gekyk het in 1 Korinthiërs l4 en gehou het by die

woord, “Maar hy wat profeteer spreek vir die mense woorde van stigting

en troos en bemoediging” dan was hulle van hierdie dwaling gevrywaar.

Die Here gee vir jou definitief leiding.

Handelinge 13:1-2;

(Ek praat nou van groot dinge. Daar is baie Pinkster leraars wat my, “sal

afskiet in vlamme”. U moet self my woorde beoordeel.

1 EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete

en leraars, naamlik Bárnabas en Simeon wat Niger genoem word,

en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes die

viervors grootgeword het en Saulus.

2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien, en te vas, het die

Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir

die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

Hier is nou ‘n geval waar, terwyl hulle besig was om die Here te dien en te

vas, die Heilige Gees gesê het: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af

vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. Nou is daar bewegings wat

baie sterk daarop staan wat sê: “Hoe het die Heilige Gees gepraat?” Die

Heilige Gees moes tog, seker deur profesie gepraat het, een van hulle het

seker geprofeteer. Wie sê iemand het nie in tale gepraat nie en iemand het

dit uit gelê nie?

Ek kan dit nie weerlê nie, dit is heel moontlik so. En hier is ‘n geval waar

die Heilige Gees baie direk gepraat het. Maar dat Hy dit ook in baie

opsigte vir hulle bevestig het en dat, nadat hulle die Here gedien en gevas

het, het dit gebeur. Maar die reël is nog soos ons hier gesien het, vir

troos, vir stigting en vir bemoediging. So ek waarsku u maar net, dat u

baie versigtig moet wees as die Heilige Gees vir u ‘n boodskap gegee het,

wat sekerlik kan gebeur.

Die Here praat met ‘n mens in ‘n diens, Hy praat met jou deur tale, die

uitleg van tale, stigting deur dit wat Hy vir jou sê. Daardie profesie gaan

byvoorbeeld uit wat vir jou sal wys dat jy verkoel of verslap het in die

88

eoordeling van die profesie, dat jy in jou siel weet God praat met jou. Ek

dank die Here, die Here werk so!

Maar nou sê ek, hier is jou veiligheidsvoorsiening: wag dat die Here dit

bevestig en as daar met jou gepraat is, God dit sal opvolg op ‘n

onafhanklike manier en heeltemal van ‘n ander kant af, sal Hy dit vir jou

bevestig. Wag tenminste vir ‘n bevestiging. Iemand kan vir jou profeteer,

en sê nou maar in hierdie geval, “die Here sê jy moet jou huis verkoop; jou

werk bedank, en jy moet in die sendingveld vir My gaan werk”. Die

persoon kom na jou toe en sê die Here het vir hom gesê om dit vir jou te

sê. Nou jy is die persoon betrokke, nie waar nie? Sou die Here dit dan

nie ook aan jou sê nie?

Mense het al so na my toe gekom. Eendag het iemand van `n beweging

wat baie sterk is op hierdie ding, my spesiaal laat roep. Ek het dit maar oor

die hoof gesien en gesê, goed. As ek wil hê iemand moet vir my iets doen

en die Here het met my gepraat, sal ek na daardie persoon toe gaan. Ek

het dit maar oorgesien en na sy huis toe gegaan. Hy sê vir my:” Broer, ek

het verlede nag; heelnag op hierdie sitkamermat oor jou geworstel. Die

Here het vir my gesê jy moet vir ons in Amerika gaan werk. Die Here het

jou daar nodig”.

Ek sê: “Baie dankie broer, ek waardeer dit dat jy so aan my dink en dat die

Here so met jou praat. Die Here praat met my ook en die Here het dit nie

vir my gesê nie. Ek het niks van die aard van die Here gehoor nie, ek glo

nie dit is van die Here nie.” Ek sê vir hom: “Sal jy vir my sê dat die Here vir

jou sal sê dat ek in Amerika moet gaan werk; ‘n vreemde land en vreemde

mense, terwyl rondom my, my eie mense is wat my taal verstaan en my

gewoontes. Rondom my is my mense besig om te vergaan. Sal die Here

my nou hier wegneem en daarnatoe stuur op dit wat Hy vir jou sê en Hy

praat nie met my daaroor nie? Broer, ek aanvaar dit nie”. Hy sê: ”Nou ja,

goed. As jy nou by die huis kom sal jy sien iemand sal daar vir jou wag van

‘n ander beweging”. Toe ek by die huis kom was daar niemand van ‘n

ander beweging nie. So dit wys net, dit was in elkgeval nie van die Here

nie. In elkgeval, ek waarsku julle maar net oor die gevaar daarvan!

89

[Kasset nr. L013]

Hoofstuk 5

Die Gawe van Uitleg van Tale.

Ons is besig met lewendige dinge, ons is nie besig met ‘n teorie wat nie

bewys kan word nie. Ons is besig met die gawes van die Heilige Gees en

gaan die uitleg van tale nou behandel. Dit is een van die drie wat genoem

word die Spreekgawes, wat val onder die groep van die spreek in ander

tale, die uitleg van tale en profesie.

Ons het nou gekom by die uitleg van tale.

Ons is nie besig met teoretiese dinge nie, wat nie gedemonstreer kan word

nie. Ons dank die Here vir Pinkster byeenkomste, waar mense glo in die

Heilige Gees, is hierdie dinge al in baie opsigte al alledaags. Ons loof en

prys die Here daarvoor. Ons het so pas in ons gemeente ‘n Goddelike

genesing veldtog gehad en ons het wonderlike dinge daar met ons eie oë

aanskou. U sal sien dat dit nie iets teoreties is nie, maar dat dit werk.

Soos met al die ander gawes moet ons onthou, dit is bonatuurlik. Dit is van

God.

Die eerste punt:

Dit het niks te doen met die mens se verstand nie of met enige taalkennis

dat as iemand in ‘n vreemde taal praat dat jy ‘n kennis het om dit te kan

vertaal nie. Dit is nie ‘n kwessie van vertaling nie. Net soos die spreek in

vreemde tale bonatuurlik is, die persoon wat daardie vreemde tale praat

soos ons verlede keer gesien het, hy verstaan nie wat hy praat nie. Dit

kom van die Here. Dit kom deur die Heilige Gees.

Nou net so die uitleg van tale, daardie een verstaan nie wat hy gaan sê nie,

die Heilige Gees gee dit vir hom. Ons moet baie goed onthou, dit is nie ‘n

vertaling nie en ek sal verder in die loop van die Studie vir u verduidelik

presies wat dit is en hoe dit werk. Maar ek wil hier by die aanvang

beklemtoon dat dit nie ‘n vertaling is nie.

Daarom sal u baie keer vind wanneer ‘n persoon in ‘n vreemde taal praat,

is die uitleg partykeer langer. Dit kan langer of korter duur as die taal wat

die ander persoon praat en baie mense het al vir my gevra hoe verklaar jy

dit? Dit is omdat dit nie ‘n vertaling is nie. Dit kan ‘n vertaling wees. Daar

is wonderlike getuienisse daarvan, van mense wat in sulke dienste was

waar daardie taal wat vir die persone wat gepraat het ‘n vreemde taal was,

maar dat daar mense in sulke dienste was wat daardie taal kon verstaan

90

en dat die uitleg deur iemand anders gekom het wat daardie taal nie

verstaan het nie en die wat dit verstaan het en dit kon kontroleer wat

agterna dit kon bevestig het dat dit ‘n absolute juiste korrekte vertaling was.

Dit is heerlik, loof die Here, dit is hoe die Heilige Gees werk.

1 Korinthiërs 12:10;

aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale,

Daar is so baie mense, teoloë en hooggeleerde mense wat sê dat die tale

is bedoel dat jy vreemde tale kan praat sodat jy vir alle nasies kan gaan

preek in hulle tale dat hulle dit kan verstaan; maar nou net die feit dat hy sê

aan ‘n ander uitleg van tale, as die taal dan kon verstaan word, dan het jy

nie ‘n gawe van die uitleg van tale nodig nie. Met ander woorde, dit is vir

jou ‘n bewys dat dit nie die primêre bedoeling is van die spreek in vreemde

tale nie. As dit die bedoeling sou wees, dan het jy nie ‘n uitlêer nodig

gehad nie, want dan sal jy net in ‘n vreemde taal praat en ook in daardie

vreemde taal van daardie vreemde nasies aan wie jy die evangelie

verkondig en dan sal daar geen uitlêer voor nodig wees nie, dit is dan

vanselfsprekend.

Die tweede punt:

In verband met die uitleg van tale wat baie belangrik is en heeltemal “voor

die hand liggend is”, is dat die uitleg van tale moet natuurlik ook altyd

saamgaan met die spreek in vreemde tale. As daar nie iemand spreek in

‘n vreemde taal tydens ‘n diens nie, kan daar ook nie ‘n uitleg van die tale

wees nie, want dan is daar nie ‘n taal om uit te lê nie.

Ook in u privaat aanbidding, alhoewel hierdie gawes in die eerste instansie

uitsluitlik vir die gemeente bedoel is, sluit dit die privaat toepassing daarvan

en die seën wat jy daaruit kan haal, glad nie uit nie. Soos ons verlede keer

vir u gesê het in ons behandeling van die spreek in vreemde tale, wat ‘n

geweldige plek dit inneem in ‘n mens se eie privaat lewe om jou te stig, om

jou op te bou, jou ook voor te berei vir ‘n diens en om jou ook te bemoedig

wanneer jy, wel miskien terneergedruk voel of selfs vér van die Here af

voel.

Net soos in die primêre doel van die vreemde tale in sover dit jou as

individu betref om jouself te stig. Sonder dat jy dit sal kan uitlê is daar tog

heerlike uitsonderinge waar jy op sekere oomblikke ook in jou privaat lewe

in ‘n vreemde taal sal praat of in ‘n vreemde taal sal bid en dat die Here vir

jouself jou eie uitleg ook kan gee. Dat jy partykeer vir die Here kan sê:

“Here, verklaar die geheim aan my”, dat ek ook ‘n bietjie kan deelneem aan

91

hierdie gesprekke tussen u en my. “Wat beteken dit wat ek praat?” en dat

die Here dit vir jou kan sê. Daar is ook heerlike tye en ook getuienisse

daarvan. Maar oor die algemeen is die uitleg van tale vir die gemeente en

dit kan alleen geskied nadat iemand in ‘n vreemde taal in die gemeente

gepraat het.

1 Korinthiërs 14:5-6, 13;

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle

profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,

of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter

nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek óf deur ‘n

openbaring, óf deur kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?

13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

Soos u sien, die uitleg van tale gaan saam met die spreek van vreemde

tale. Daar kan geen uitlegger in tale wees nie tensy daar gespreek is in ‘n

vreemde taal nie. Dit is natuurlik “voor die hand liggend”, en dit is logies.

Nou wanneer daar in tale gespreek word deur meer as een persoon in die

gemeente is dit natuurlik dat verskillende persone dit weer mag uitlê en ek

sal hierop terugkom.

Dit is wenslik, en luister mooi na dit en u sal die skoonheid daarvan sien,

wanneer daar in tale gespreek word in die gemeente en jou gemeente

goed en reg onderrig is en hulle is goed saamgevoeg soos ‘n liggaam

behoort te wees, sal daar verskillendes in tale spreek en daar sal, ook dan

(behoort te wees), verskillendes wees om dit uit te lê. Elke lid moet nou nie

sê, veral as jy nuut in ‘n gemeente kom, nou ja, dit is te pragtig en te

wonderlik om daar broers en susters te vind wat baie wonderlik in tale

spreek en uitlê, en dat jy pragtige en heerlike stigting daaruit kry en so aan.

Nou moet jy nie vir jouself sê, ek sal nou maar in my dop inkruip nie. Ek

sal nou maar net luister, ek sal dit nooit waag om myself in te druk in

hierdie gemeenskap nie. Dit moet nooit jou gesindheid wees nie.

In die eerste instansie, as ons mekaar werklik liefhet, soos dit behoort te

wees, die liefde is die band van volmaaktheid, daar moenie agterdog,

jaloesie of kompetisie wees nie. Daar moet net een ding wees, soos ek het

dit nou al ‘n paar keer beklemtoon het, my uitkyk op die saak moet wees,

ek wil uitmunt tot stigting van die gemeente. Dit moet my gesindheid wees,

daarom moet ek myself beoefen. Goed, miskien is dit nie die Here se

bedoeling om aan my die uitleg van tale te gee nie, en ek kan nie aan die

Here voorskryf nie. Hoe sal ek weet as ek myself nie daarvoor beywer en

92

daarvoor glo nie? Nou daarby kom ons ook nog wanneer ek u gaan wys

hoe ontvang jy die uitleg van tale, maar nou hier is my punt.

Verskillendes kan spreek in vreemde tale en dit is ook baie goed en

wenslik en verkieslik dat in daardie gemeente ook verskillendes sal uitlê. ‘n

Mens moenie dit net aan een oorlaat soos byvoorbeeld by ons, ek moet u

eerlik sê, dit is of almal wag vir my of miskien my vrou of partykeer een of

twee ander. Dit behoort nie so te wees nie. Ons moet onsselwers ook tot

beskikking stel. Elkeen moet wag op die Here. Daar kan miskien

verskillendes van ons wees wat die uitleg kry, maar wag ‘n oomblik want

die een wat die werklike drukking van die Gees, die salwing van die Heilige

Gees ontvang, hy sal dit voel en opstaan. As verskillendes dit doen, dan is

jou gemeente gebalanseerd, is jou diens gebalanseerd en daar is nie ‘n

kwessie van selfsugtigheid op die een wat die ander een voorspring en so

aan nie.

Op ‘n ander plek, in ‘n ander verband sê die Apostel Paulus, “die een moet

die ander voorgaan in eerbetoon, die een moet die ander hoër ag as

homself” en so aan. Laat ek sê; dié ideale gemeente moet dit wees waar

daar ‘n hele paar uitlêers is. Die uitleg van tale kom net soos profesie deur

openbaring, dit is bonatuurlik.

Nou hoe kom dit? Hoe kry jy die uitleg van ‘n taal? Iemand spreek in ‘n

taal. Hoe weet jy dat jy die uitleg het? Nou, jy is natuurlik ingestem, jy

moet voorbereid kom na ‘n diens. ‘n Pinkster diens is ‘n diens wat baie van

‘n mens verg. Jy moet in die erns van die Here kom. Goed, jy is alreeds

voorberei. Nou spreek iemand in ‘n taal. Jy sal byvoorbeeld ‘n geweldige

las op jou kry, ‘n drukking in jou siel en die Here sal vir jou ‘n boodskap

gee. Party mense kry ‘n gesig, n visioen, partykeer kry jy ‘n direkte

vertaling. Ek onthou die aand met ons Oujaarsaand diens toe suster Ina in

tale gepraat het en ek die uitleg gegee het. Ek weet nie vir hoeveel van u

het dit getref nie, maar die uitleg was presies dieselfde lengte. Dit was

woord vir woord, waar die stem opgegaan het by haar het die stem in die

uitlegging ook opgegaan en so aan.

Ou dokter Loock wat die aand in die diens was, hy was in sy jonger jare

self ‘n predikant in die Presbiteriaanse Kerk, het na my gekom en my

daaromtrent gevra. Hy sê, is dit nie verbasend, dit het my so getref dat

woord vir woord, was dit die selfde, die stemstyging en buiging, alles was

presies dieselfde. Daar het die Here vir my ‘n woord vir woord vertaling

gegee. Presies wat die Here deur die suster in die vreemde taal gesê het.

93

Toe ek nog gesoek het na die spreek in tale, toe onthou ek een broer saam

met wie ek gedoop was. Die Here het hom sommer byna onmiddellik

daarna gedoop met die Heilige Gees en ek het verskriklik gesukkel, dit het

my lank geneem voordat ek gedoop was met die Heilige Gees. Miskien

was dit my wetenskaplike agtergrond wat my gepla het, waar ek alles wou

uitwerk, ek weet nie. In elkgeval, net so het ek daarna gesukkel met die

uitleg van tale, toe vra ek hom eendag hoe gebeur dit met jou, hy het dit so

gou gekry, hoe het dit gekom. Toe sê hy vir my: “Brother, you just wait on

the Lord and God will give you a word or God will give you a vision or God

will give you an idea and you will know, it is super natural, and then at the

same time (en dit is vir my belangrik) you will feel an overwhelming,

backing up”. ‘n Geweldige stoot van binne, ‘n ondersteuning, en dit het my

baie gehelp sodat kort daarna toe iemand nou weer in vreemde tale praat,

toe kry ek dit en toe het ek in die geloof gepraat. Alles is geloof, die gawes

werk ook net deur geloof. As jy nie geloof het nie, sal dit ook nie werk nie.

So het dit toe begin en dikwels vandag nog as jy uitlê; gee die Here vir jou

net die eerste woord, of die eerste sin, dan moet jy, as jy daardie “backing

up” voel, spreek, die Here sal jou wys. Dit is jou uitleg daardie, jy moet

hom gee, dan moet jy in die geloof soos Petrus oor die boot se kant klim,

dat baie keer van sin tot sin, baie keer van woord tot woord, en andere sal

dit kan beaam, en ek praat van my eie ondervinding en partykeer van

woord tot woord dat jy nie weet wat die volgende woord gaan wees nie, en

dat jy daar kan vassteek en baie mense in die begin steek daar vas, want

hy skrik daarvoor. Terwyl hy hierdie woord sê weet hy nie wat die

volgende woord gaan wees nie.

Ons is gewoond om met die verstand te kyk, terwyl ek nou praat sit ek my

gedagtes agtermekaar, want ek maak nou vir u iets duidelik. Ons het die

Here se seën daarop gevra. Ek praat deur my gewone sinne, jy sit dit

agtermekaar om dit te verduidelik. Maar dit werk nie so met die uitleg van

tale nie, want dit kom deur die Gees. Jy moet God vertrou. Partykeer is

dit, as ek dit kan verduidelik; of jy hyg na jou asem, gaan die volgende

woord daar wees of gaan die volgende sin daar wees? Maar dan net

aanhou glo, dan is die volgende een daar en baie keer, van die woorde wat

uit jou mond uitkom, is jy oor verbaas. Dit is vir jou ‘n openbaring selfs

wanneer jy daardie woord in jou ore hoor wat oor jou lippe gekom het. Dit

is wonderlik! Loof die Here!

Dié wat al uitgelê het, weet dit is so. As jy nou neem toe Josef die drome

van die pottebakker uitgelê het, of toe Daniël die droom van Nebukadnésar

uitgelê het van die beeld en so aan. Baie keer werk dit ook so, dit pas ook

baie goed in by ons Afrikaanse woord van die uitleg van tale, nie die

vertaling van tale nie, want dit is nie die vertaling van tale nie. Dit is die

94

uitleg van tale sodat die Here, baie keer as iemand in ‘n taal gepraat het,

dan gee die Here vir jou die uitleg daarvan; van daardie idee of gedagte of

boodskap of beeld. Net om te beklemtoon, hoe weet jy dat dit nou jy is wat

gaan uitlê. Daar sal ‘n onmiddellike reaksie wees in die gees van diegene

vir wie God wil gebruik. Jy sal dit voel. Jy moet onthou, jy is ingestem.

‘n Ander baie belangrike punt, terwyl ons nou daarmee besig is en wat ek

nie genoeg kan beklemtoon nie, as jy werklik wil gebruik word deur God in

die uitleg van tale, moet jy ‘n diep gebedslewe met die Here lei. Jy moet in

aanraking wees met God, dat jou gees ingeskerp kan wees in die Gees

van God dat jy kan hoor en kan voel en kan weet as die Here vir jou

daardie druk gee en sê dit is jy. Terselfdertyd sal jou uitleg in tale en jou

gevoeligheid sal verskerp word namate jy ook deurdrenk word met die

Woord van God. Jy moet die Bybel baie lees.

Ek is daar seker van u sal met my saamstem, dit is nie net logies nie, maar

dit is ook redelik. Die ou Bybelboek die Woord, weet ons is deur die

Heilige Gees geïnspireer. Die Here Jesus is die Woord wat vlees geword

het en wat onder ons kom woon het. Hoe meer jy vol is van die Woord,

hoe meer raak jy vol van die Here Jesus en hoe meer raak jy vol van die

Heilige Gees. Ek meen, as jy darem ‘n stukkie lekkergoed kan eet wat

toegerol is in sjokolade, dan gaan jy definitief die smaak van die sjokolade

baie prominent proe. As ek dit so mag gebruik, as dit miskien nie baie

goed klink nie, dan moet u my maar vergewe. Maar die Woord van God is

toegedraai in die Heilige Gees. As u daardie woord dan eet, gaan jy

sekerlik ook die Heilige Gees in jou lewe smaak en proe en inneem en

daardeur raak jy ook al meer en meer vol van die Heilige Gees, deur vol te

raak van die Here se woord.

Die uitlêer moet geestelik reg wees met die Here.

1 Korinthiërs 13:1;

AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die

liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal

geword.

Nou wil ek net vir u op ‘n baie belangrike punt wys. Jy moet onthou

wanneer die Heilige Gees deur jou werk, die Heilige Gees is krag.

Romeine 11:29;

Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

Jy is nou gedoop in die Heilige Gees. Jy het die gawe van spreek in

vreemde tale, die gawe van uitleg van tale, die gawe van profesie ontvang.

Die Here het dit vir jou gegee. Dit is ‘n gawe, net soos enige van ons iets

vir iemand gee, dan gaan neem jy dit nie by hom terug nie. As jy vir jou

95

kind sy eerste sakmes gegee het en daardie seun gaan nou met daardie

sakmes baie gevaarlike dinge doen, dalk hier op jou huisraad begin kerwe

en daardie soort van ding. Jy sal dit ook nie maklik doen nie, maar jy sal

naderhand daardie sakmes by hom moet gaan vat. Jy gaan dit nie dadelik

neem nie en teen daardie tyd het hy al ‘n hele klompie skade gedoen

voordat jy dit geneem het.

Nou moet ek vir u waarsku, met die Heilige Gees is dit ook so. Dit is

presies wat die Apostel Paulus sê. Hy sê; “al sou ek die tale van mense en

engele spreek en die liefde nie hê nie, dan het ek ‘n klinkende metaal en ‘n

luidende simbaal geword”. Dit kry jy baie onder mense in Pinkster of wat

die pinksterondervinding gehad het. Hy moet onthou, hy het nou ‘n baie

groot voorreg, die Here het vir hom ‘n baie groot gawe gegee maar alles is

in die liefde, God self is liefde. As jy alles van God opsom, dan som die

Bybel dit op in hierdie een ding, GOD IS LIEFDE, dit is wat God is. Alles wat

ek met die Here te doen het moet ook daarin kan gekonsentreer word, die

liefde.

Nou het ek krag. Die Heilige Gees is krag. Daar is krag in tale, daar is

krag in uitleg, daar is krag in profesie. Maar nou moet ek dit in die liefde

gebruik. As ek dit nie in die liefde gebruik nie, ek raak miskien uit voeling

met die Here, ek het miskien geval vir ‘n versoeking, my saak met ‘n

medemens is miskien nie reg nie, maar nou lê ek nog uit, ek profeteer nog,

daar kan ‘n skerpte inkom. Daar kan iets inkom wat die Here in die eerste

instansie weet maar wat die gemeente sal agterkom en wat jy ook

naderhand sal agterkom, hier is iets wat nie reg is nie! Dit klink soos ‘n

klinkende metaal, dit word soos ‘n luidende simbaal en as dit maar al was,

sou dit al sleg genoeg gewees het, maar jy kan ook daarmee kwaad doen.

Jy kan daarmee skade doen net soos die sakmes wat jy vir jou seuntjie

gegee het. Dit is handig by die skool, hy kan sy potlood daarmee

skerpmaak, hy kan vir hom ‘n ou stokkie kerwe en hy kan daardie stukkie

biltong sny wat jy miskien vir hom saamgegee het skooltoe. Maar hy kan

ook kwaad doen daarmee, u sal dit nog sien in u lewe of in ander se

lewens of u het dit al gesien. Ek moet u baie prominent daarop attent

maak.

Tale, en dit is nogal iets wonderliks. Tale en die uitleg van tale is die

enigste twee gawes wat enig is in die huidige dispensasie. Al die ander

sewe gawes, kan jy voorbeelde van noem in die Ou Testament. Daar was

genesing in die ou Testament, ‘n woord van wysheid, van kennis, werking

van kragte ensovoorts. Maar in die Ou Testament was daar nie spreek van

vreemde tale en uitleg van tale nie. Dit is die enigste twee gawes wat

96

gekom het met die Nuwe Testament en vir my nogal iets wonderliks, dit is

die nuwe teken. Dit is pragtig, waarom moes die tale juis in die tong kom?

Hierdie twee tekens wat enig is in die Nuwe Testament!

Die tong, wat die grootste kwaad van alles in die mens kan doen en dat dit

juis die tong is wat die Here die pinksterwonder mee moes verklaar en

openbaar, dat dit deur die tong die wonder van die uitleg daarvan kon kom.

Jakobus 3:6;

Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n

plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam

en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel

aangesteek.

Dit handel oor die tong, is dit nie verskriklike woorde nie, kragtige woorde!

Woorde deur die Heilige Gees geïnspireer “is uit die hel aangesteek”, sal

dit dan nie logies wees dat in hierdie nuwe dispensasie waar die Here sy

liggaam saamstel waar die Here die mens werklik gebruik om die

heerlikheid en wonderdade van God te verkondig en te demonstreer, dat

Hy daardie lid van jou liggaam gevat het om die wonderwerk daardeur te

doen, die wonderwerk om te spreek in ‘n vreemde taal en die wonderwerk

om met daardie tong ‘n uitleg te kan gee wat nie deur die verstand kom nie,

maar wat direk van die Gees deur die tong kom. Dit is tenminste vir my

die verklaring van die oorwinning van die genade oor die menslike

verstand. Dat Hy die tong geneem het, die verstand uitgeskakel het en die

tong gebruik om sy lof te verkondig.

Die volgende punt waar baie teoloë nie oor saamstem nie, maar dit lyk asof

hulle begin regkom. Die uitleg van tale, net soos dus die spreek in

vreemde tale, is nog nooit van die kerk weggeneem nie. Net soos die

spreek en uitleg was in die dae van ‘n Paulus, soos die spreek en uitleg

was in die dae van die Nuwe Testament, so is dit nog vandag! Net so

nodig as wat dit was vir toe, so nodig en dalk nog nodiger is dit vir vandag.

Daardie twee gawes is nog nooit weggeneem nie, en soos ons gesien het

in 1 Korinthiërs 14:5, dat die uitleg van tale is gelyk aan profesie. Ons

moet ernstig daaroor bid.

1 Korinthiërs 14:5,13; (vers 13 net weer beklemtoon)

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle

profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,

of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

Daar is baie mense wat in tale spreek en ek wonder hoeveel van hulle bid

dat hulle dit kan uitlê. Hulle moet die Here vra dat hulle dit kan uitlê.

97

Kom ons kyk na Lukas 11:5-13, die gelykenis van die onbeskaamde vriend

wat nie ‘n “nee” wou aanneem nie. Jesus het dit gebruik om vir ons

daardeur te wys dat as die aardse vader dan goeie dinge vir sy kind sal

gee, hoeveel te meer sal ons Hemelse Vader die Heilige Gees gee vir die

wat Hom bid;( sien ons in vers 13).

As ons dan so aangemoedig word dat onse Hemelse Vader vir ons die

Heilige Gees sal gee as ons vir Hom bid. Net so as ons dan bid en sê:

“Vader gee my die uitleg van tale”, jy vra mos die Vader, net soos die kind

wat vir sy vader brood vra, hy nie vir hom ‘n klip sal gee nie ensovoorts.

Ons ken daardie gelykenis, as hy vir hom ‘n vis vra, sal hy nie vir hom ‘n

slang gee nie, en as hy ‘n eier vra, hy hom nie ‘n skerpioen sal gee nie; dan

maak Jesus die gevolgtrekking dat as ‘n aardse vader dan nie sulke dinge

sal doen nie, hoeveel te meer dan hulle Hemelse Vader!

Sal u nie met my saamstem nie, dat ons baie skade ly in onse Christelike

lewe omdat ons, ons hemelse se Vader nie in die geloof vir spesifieke

dinge vra nie en werklik daarop staan soos daardie kind wat honger is en

vra vir ‘n stukkie brood en mammie dit vir hom sal gee. Partykeer is

mammie besig, maar hy hou aan. Hy trek haar aan haar rok, val haar

lastig totdat sy tog maar gou daardie broodjie smeer en vir hom gee. Prys

die Here!

Ek voel ons is sulke vreemdelinge vir onse Hemelse Vader. Ons is nie in

‘n diep genoeg intieme verhouding met Hom nie. Ek voel, daar uit die

gryse verlede, in ons bloed is nog hierdie vreeslike ding wat die Kerk van

die eeue getref het naamlik dat God ‘n tiran is. God is ‘n wreedaard, God is

‘n wreker, God is die een wat dinge van jou wil weghou.

Het ons Here Jesus ons dan nie geleer dat God is ons Vader en Hy het ons

ook geleer bid in die modelgebed en gesê; so moet julle dan bid, “Onse

Vader wat in die Hemele is” ensovoorts? Vra die Vader vir die gawe van

uitleg van tale.

Hierdie gawes, en ons kan uit ondervinding praat, as die gemeente

bymekaar is en die Gees is reg en die spreek in tale is reg en die uitleg van

tale is reg, sal u met my saamstem dit bring die atmosfeer van die hemel in

daardie diens. Dit bring die atmosfeer van die liefde en van die krag en die

alomteenwoordigheid van God in daardie vergadering. Loof die Here!

Geen wonder dat die Satan hierdie dinge so beveg en ek kan nie verklaar

waarom dit ooit van die kerk af moes verdwyn nie. Maar ek dank die Here

dit is vinnig besig om terug te kom. Loof die Here!

98

Soos ek verlede keer alreeds gewaarsku het toe ons gepraat het oor die

spreek in vreemde tale, ons moet baie versigtig wees om persoonlike

leiding deur die spreek in vreemde tale in die uitleg te soek. In die eerste

instansie is die spreek in vreemde tale met die uitleg daarvan bedoel vir die

stigting van die gemeente. ‘n Mens moenie ‘n speletjie daarvan maak en

sê kom ons kom nou bymekaar en hoor wat sê die Here of ek wil leiding hê

van die Here. Kom ons bid tot iemand spreek in ‘n vreemde taal en iemand

dit uitlê. Daar kan baie maklik verwarring ontstaan en dit kan ook baie

maklik misbruik word vir verkeerde bedoelinge en ons het al van baie sulke

dinge gehoor.

As ek persoonlike leiding van die Here wil hê, die hele hoofstuk van

Johannes 16 sê die Here, die Heilige Gees het in elkgeval gekom om vir

ons in die hele waarheid in te lei.

Johannes 16:13;

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy

julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek

nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige

dinge aan julle verkondig.

“Die toekomstige dinge aan julle verkondig”.

Die Here kan ook deur uitleg van tale of deur profesie jou waarsku oor

toekomstige dinge. Dit kan gebeur. Maar ek sou sê dit moet meer die

uitsondering wees as die reël. Maar my punt is vir persoonlike leiding, ons

moet baie, baie versigtig wees dat daar nie misbruik gemaak van word nie.

Tale en uitleg van tale in bidure is (my ondervinding), ‘n magtige seën.

Waar tale en uitleg kom wil ek van my ondervinding praat. Ek wil vir u iets

vertel. As dit ‘n herhaling is moet u my maar vergewe. Ek glo dit sal weer

vir u tot groot seën wees!

‘n Hele klompie jare gelede het daar eenkeer ‘n jong getroude paar by ons

tot bekering gekom onder moeilike en tragiese omstandighede. Hulle het

hulle kindjie verloor en so aan en hulle het begin om ons dienste by te

woon en is naderhand gedoop by ons. Eendag toe skakel die vroutjie my

en sy is in trane en ek sê, suster, wat gaan aan. Sy sê. “Pastoor Frans is

gevang en in die tronk”. Ek gaan toe na die polisiestasie en kry hom daar

in die selle. Ek sê toe, “Broer, wat maak jy hier”? Hy sê, “my slegte

verlede het my ingehaal”.

Toe vertel hy vir my wat ‘n vreeslike lewe hy gelei het. Hoedat hy

motorkarre en huisraad gekoop het, dan verdwyn hy daarmee ensovoorts.

99

Naderhand is hy uit op borg, en toe begin die groot hofsake. Dit is bedrog

en dit moes dien voor die hooflanddros in Johannesburg.

Ek moes hom natuurlik neem want hy het nie ‘n motorkar gehad nie, en het

al die hofsittings deursit. Toe kon ek naderhand begin sien dat die mense

wat die dinge teen hom het, besig is om die man vas te draai in ‘n hele web

wat hom probeer beskuldig van baie ander dinge waaraan hy definitief nie

skuldig was nie.

As hy daaraan skuldig was, sou hulle hom definitief toegesluit het vir ‘n

hele paar jaar. Teen daardie tyd het hulle 2 kinders gehad. Die saak het

aangehou en aangehou. Die dag voor die volgende sitting was dit biduur.

Dit was ‘n baie belangrike stadium in die verhoor. Die dag skakel sy vrou

en sy is weer in trane. Sy sê, “Pastoor, Frans se saak lyk baie sleg. Die

advokaat het hom onttrek aan die saak. Die hoofgetuie wat vir hom sou

getuig tot sy guns, wil nie meer getuig nie”.

Ek was so vol van die Gees en so in die dinge in gewees en ek sê, “Wel

suster, ek weet Frans is skuldig, maar nie in alles skuldig wat hulle teen

hom het nie. Ek weet nie eers of dit hofprosedure is nie, ek sal môre al die

dokumente gaan haal en as die landdros my sal toelaat sal ek vir hom pleit.

Ek sal die saak verder voorlê”.

Ek het alles so op my vingerpunte geken deur al die bywoning. Ek sê toe

ons moet die volgende oggend ekstra vroeg ry. Parkeer reg oorkant die

advokaat se kamers. Mens kan net tot ‘n sekere tyd daar parkeer. As ek

moet wegtrek, waar kry Frans my en as hy nog laat is vir die hof, tel dit ook

teen hom. Ek het vreeslik benoud begin word en net toe ek voel ek moet

die karretjie begin aansit toe kom Frans aangehardloop en ek sien net so ‘n

breë glimlag op sy gesig.

Laat ons net so ‘n bietjie teruggaan, die aand vantevore het ons biduur

gehad. Ons bid en die Gees van die Here was teenwoordig en iemand

spreek in tale op ‘n magtige wyse en die uitleg kom net so magtig en ‘n

deel van die uitleg was dit: “The Lord will comfound, the councel of the

enemy.” Die Here sal die raad van die vyand in verwarring bring! Nou moet

u dit onthou, dit was ‘n direkte profesie uitleg.

Wel, oor hierdie ding, wie se “enemy” kon dit wees? Wie se raad wat nou in

verwarring gebring word? Geen name was genoem nie maar dit is wat die

Here toe sê! Nou sit ek en wag dat Frans die dokumente moet bring dat ek

nou daarmee voor die magistraat kan gaan staan. Maar toe hy nou oor die

straat kom en ek sien hierdie breë glimlag van hom, toe voel ek hier is nou

ander dinge en hy kom en sê, “Pastoor, daar het wonderlike dinge gebeur”.

Hy sê daar het nuwe getuienis ingekom en die hoofgetuie vir Frans het ewe

skielik besluit om te getuig en die advokaat is vuur en vlam en vol moed en

die advokaat gaan aan. Ons is in die hof in en alles staan reg en die

hoofgetuie teen Frans word weer ingeroep. Maar jy kon met ‘n stok

aanvoel dat hy leuens vertel. Hy staan weer op en die advokaat vra hom ‘n

100

paar vrae en hy begin toe getuig. Ek weet nie of hy vir vyf minute getuig

het nie toe staan die aanklaer op. Hy sê, “Your worship, on a point of

order, the crown witness is embarassing the crown and I submit that we

withdraw the whole case”. Die magistraat slaan met sy hamer op die tafel

en sê, “Case withdrawn, case thrown out”. ( Dit was nog voordat ons ‘n

Republiek geword het.)

Toe is dit nie net ‘n kwessie van dat hy skuldig bevind gaan word nie, of dat

hy werklik skuldig is nie, die hele saak word uitgegooi, en Frans stap daar

heeltemal vry uit. Die Here het daardie man, (die hoofgetuie teen Frans) sy

hele getuienis was heeltemal in verwarring, presies soos die Here die aand

vantevore deur die uitleg gesê het.

Frans was skuldig, maar intussen het die man tot bekering gekom en hulle

was besig om dinge teen hom op te kook wat ver bokant was wat hy aan

skuldig was. Ek voel die Here het daarop ingegryp. Party mense sal sê

die Here is onregverdig, nee, daardie mense was onregverdig. Hulle wou

‘n ding op hom afdruk waar hy ‘n groot deel nie aan skuldig was nie. Dit is

presies wat die Here die vorige aand in die uitleg van tale gesê het.

Hierdie dinge is wonderlik! Ek het gevoel ek wil graag dit met u deel, dit

was ‘n ondervinding in my lewe wat niemand ooit kan wegneem nie want

dit het werklik gebeur.

Net soos deur ‘n profesie kan dit natuurlik ook die toestand van ‘n persoon

se hart openbaar soos dit sê in profesie. As daar geprofeteer word en daar

kom ‘n ongelowige in, en die toestand van sy hart word geopenbaar, dan

sal hy op sy aangesig val en erken dat God in julle midde is. Dit kan ook

geskied deur uitleg van tale.

Ons moet onthou, dat elkeen van ons, jy kan nie tot bekering gekom het as

jy nie geglo het nie. Dus, elkeen het alreeds ‘n mate van geloof en daarby

staan ek, so verstaan ek dit vir myself. As jy gedoop is in die Heilige Gees

dan het jy ‘n embrio, in die kiem het jy daardie gawes alreeds ontvang. Dit

moet nou net tot ontwikkeling kom. Jy moet nou net daarin glo en die Here

vra om dit uit te bring in jou lewe en wat die Here in jou lewe wil laat

opereer. Want die Here deel aan elkeen uit soos Hy wil.

Romeine 12:3;

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat

onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n

mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om

besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen

toebedeel het.

101

Na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. “God had

given to everyone a measure of faith”. Aan elkeen het die Here ‘n mate

van geloof gegee.

2 Thessalonicense 1:3;

ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is,

omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van

elkeen van julle almal groter word,

“Omdat julle geloof grootliks toeneem”.

‘n Mens se geloof kan en moet toeneem, iets wat lewe, het groei. U

moenie mismoedig word nie. ‘n Mens se geloof groei. Jou geloof groei

deur God se Woord.

Romeine 10:17;

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord

van God.

As jy God se Woord gelowig en eerbiedig lees, aanvaar en aanneem, dat

dit die woord van God is, en jy neem die woord in, sal jou geloof groei. Net

soos daardie kindjie groei, deur die kos en die lug wat hy inasem en soos jy

kom onder die geklank van God se Woord en deur jou gebedslewe en so

aan, so kan jou geloof groei! Baie mense sê: “ag ek het nie geloof nie”. Dit

is nie so nie. Baie mense se geloof groei nie want hulle doen niks daaraan

nie. Hulle lees nie genoeg hulle Bybel nie. Hulle bid nie genoeg nie, hulle

kom nie genoeg onder die geklank van God se Woord nie. Hulle meen nie

genoeg besigheid met die Here nie.

So ook in hierdie dinge sal ons geloof groei. Vir die uitleg van tale, omdat

uitleg van tale ‘n groter gawe is as die spreek in tale self, as jy spreek in

vreemde tale, dit het al geloof geneem om dit te doen. Goed, niemand

verstaan dit nie en al is dit net ‘n woord of drie waarmee jy begin, gaan

daarmee aan. Dit is jou begin.

Maar as jy nou kon uitlê, kan jy nie by een of twee woorde stop nie. Jy

gaan darem baie in die verleentheid voel as jy daar gaan vassteek. Dit

verg dus meer geloof vir die uitleg van tale as vir die spreek in vreemde

tale. Hoe groter die gawe, hoe groter die geloof wat vereis word. As jy

getrou is in die mindere dan sal die Here ook vir jou die meerdere gee, as

jy getrou is in die kleinere sal die Here ook vir jou die grotere gee. Dit is

tog maar met enige ding so.

Dit begin klein en word groter. Loof die Here, soek die Here, word gedoop

in die Heilige Gees. Begin spreek in vreemde tale en bid dat jy dit kan uitlê

102

en die Here sal dit vir jou gee. Dit verg ‘n diep gebedslewe, dit verg ‘n lewe

in die Woord en daardeur leer jy om die gedagte van die Gees te leer ken.

1 Korinthiërs 14:26;

HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan

het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring

of ‘n uitlegging - laat alles tot stigting geskied.

Kan u sien wat die Apostel Paulus en wat die Heilige Gees dus deur hom

van die gemeente verg. Hy sê wanneer julle saamkom, met ander woorde,

elkeen, elke broer, elke suster, elkeen wat na die gemeente toe gaan wat

die diens bywoon, elkeen, “hoe staan die saak dan, broeders wanneer julle

bymekaar kom, het elkeen ‘n psalm, ‘n lering of ‘n taal of openbaring”

ensovoorts.

Kom ons bely voor die Here ten minste in ons gedagtes deur dit te erken.

Is dit altyd so met ons wanneer ons na die plek van samekoms kom, is ek

so voorbereid dat ek iets het wat ek saamvat. Vat ek iets met my saam na

die diens, ‘n taal, ‘n uitleg, ‘n openbaring, ‘n psalm, ‘n lering of wat ookal?

Dit is nie te sê dat jy dit dan juis moet gaan uitgee nie. Die feit net dat jy

iets het en elkeen iets het. Dink net hoe bekragtig dit daardie byeenkoms,

hoe maak dit al klaar ‘n tuiste vir die Heilige Gees sodat wanneer die

Heilige wind begin waai oor die gemeente dan (as dit geoorloof is om

hierdie illustrasie of beeld dan te gebruik), is die instrument, elke snaar, is

gespan en waar die Heilige Musikant dan sy vinger wil druk, of dit op die

broer is wat met ‘n openbaring gekom het of die suster met ‘n taal of die

ene met ‘n lering, dan het die Heilige Gees dit om te gebruik. Loof die

Here!

Kan u sien die verantwoordelikheid wat elkeen het. As ons gemeente dan

nie kom om die dinge geleer te word nie, dan gaan dit nie werk nie. Ek

moet u eerlik sê, dit is waarom dinge nie by ons werk soos dit moet nie.

Baie van ons eie mense, ons ou lede kon ek nog nooit kry om in ‘n

Bybelstudie te kom sit nie, dat hulle hierdie dinge kan leer en hoe hulle dit

kan weet en daaraan kan deelneem nie. Daarom is dit vir my ‘n groot

voorreg om mense soos u te hê maar nou moet julle ook onthou, julle

verantwoordelikheid, waar julle ook al gaan en waar julle bymekaar kom,

julle het nou die lering gekry. Onthou dit is ‘n verantwoordelikheid dat julle

ingestem sal wees wanneer julle na ‘n diens toe kom. Maak moeite om in

so ‘n posisie te wees.

Sover dit nou die uitleg is, het ek alreeds gesê, dit kan óf ‘n letterlike

vertaling wees óf ‘n vertolking wees, dit kan of langer wees of netso lank of

103

korter wees as die taal self. Ek het dit in die begin verduidelik. Hier is ‘n

ander wonderlike gedagte, het u al ooit gedink sover dit die spreek en

uitleg van vreemde tale betref; Ons Hemelse Vader ken al die tale wat in

die wêreld gepraat word soos Paulus sê, of dit tale van mense of engele is,

ons Hemelse Vader verstaan hulle almal en Hy ken hulle almal en Hy kan

verkies om deur sy Gees deur watter taal te praat wat Hy wil. As ons nou

byvoorbeeld in die dae van die Bybel praat, daar is gevalle, insidente waar

God gepraat het.

God het gepraat op die berg Sinai. God het met ‘n hoorbare stem gepraat

op Sinai. In watter taal het God gepraat? Ons neem aan Hy het in

Hebreeus gepraat. God het deur een van sy engele met Nebukadnésar

gepraat. Watter taal? Ons neem aan Chaldeës. Die Here het ook deur

een van sy engele, met Kores gepraat. Kores wat vir Babilon tot ‘n val sou

bring. Hy was die groot generaal. In watter taal? Heel moontlik in Persies

gepraat want hy was ‘n Pers. So verstaan die Here en kan die Here in alle

tale praat. Het u daaraan gedink, ek sê dit in alle liefde, God het deur ‘n

donkie gepraat met ‘n koppige Bíleam, ek neem aan in Hebreeus. Dat die

Here ‘n donkie Hebreeus laat praat, ‘n werklike taal. Is dit dan so vreemd

dat ons as mense in ‘n taal kan praat? Dat die Here ons dit kan laat doen,

as Hy ‘n donkie dit kon laat doen, kan Hy sekerlik vir ons dit laat doen. Hoe

almagtig en groot is ons God nie, kan Hy dan nie ons ook maklik laat uitlê

nie?

Kan Hy dan nie hierdie tong en mond van my neem om hulle te laat praat

soos Hy met die donkie gemaak het nie? U sal sien die Heilige Gees is

wonderlik, kan Hy dan nie in enige taal deur my praat en jou dit laat uitlê

nie? Kom ons glo die Here. Of ons nou geleentheid het of nie, kan Hy ons

verskillende woorde laat gebruik maar met dieselfde betekenisse.

Wat ek daarby bedoel is dit, hier is ‘n ander saak, baie mense struikel

daaroor. Hulle sê, wanneer hierdie broer uitlê, dan is dit in ‘n vreeslike

geleerde taal. Kyk, u moet hierdie saak baie goed verstaan, die Heilige

Gees verander nie jou natuur en jou geaardheid nie, ek bedoel nie sover

dit die wedergeboorte betref nie. Mense sê dat as dié broer in ‘n taal praat

is dit geleerde woorde. As jy ‘n professor in tale is, dit is jou gewone

gebruik, jy is so geleer, om verhewe taal te praat en te gebruik. Nou

gebruik die Here die professor om uit te lê. Nou gaan jou uitleg ook in ‘n

verhewe Afrikaans getooi wees. Nou gebruik die Here daardie ander ou

broertjie wat miskien maar std. 6 gehaal het, dan lê hy nou weer uit, sy taal

gaan nie so ‘n verhewe Afrikaans wees soos die professor sin nie. Dit mag

miskien ander woorde wees wat die twee sal gebruik maar as die Here die

boodskap bring, sal dit dieselfde betekenis hê.

104

As u nou lees en u daarop gaan instel, is dit een van die interessante

studies wat mense maak op Teologieseskool. As hulle byvoorbeeld Amos

wat ‘n beesboer was, se profesieë lees en vergelyk dit met die Spreuke van

Salomo, wat die slimste man was wat ooit geleef het, hy het sy slimheid

van God ontvang. Dan is dit wonderlik om die verskil in taal gebruik te

sien, al is albei in ons Bybel in Afrikaans vertaal. Maar Amos se manier

van praat en Spreuke en Hooglied se taal is heeltemal ‘n ander ding maar

dit is albei die boodskap van God.

Moenie vir u daaroor laat struikel as u partykeer byvoorbeeld sê, ‘n broer of

‘n suster in hulle gebroke Afrikaanse uitleg of profesie kom nie, luister na

die inhoud, luister wat is die boodskap en moenie vir u oor die taal gebruik

laat struikel nie, ek het dit maar net genoem want sulke gevalle kom voor.

Iets kostelik wat ek op ‘n kasset van D. Prince gehoor het, ek wil dit graag

net vir u uitbring:

Die Heilige Gees verander nie jou geaardheid nie. Jy moenie dink as jy

nou in ‘n vreemde taal gaan praat of uitlê of profeteer, dat jy nou eers in ‘n

beswyming moet kom nie, jy eers in ‘n verrukking van sinne moet wees en

jy weet nie wat jy sê nie. Jou verstand is baie aktief en dit is juis daar waar

baie keer die fout dan kom. Jou verstand kan meng met dit wat die Gees

sê. Die duiwel met sy bose geeste, as hy praat neem hy jou persoonlikheid

heeltemal oor. Sodat as mense met byvoorbeeld ‘n spiritistiese verrukking

of beswyming praat, dan het jy dit al baie gehoor (dank die Here ek was

nog nooit in so ‘n ding gewees nie en wil ook nie ) mense sê wat in ‘n

seance was, dat daardie medium, wanneer sy of haar leidende gees kom,

dan praat daardie persoon heeltemal in ‘n ander stem, ‘n stem wat hy sal

herken as dit sy pa of oupa sin of iets van die aard is, dit is ‘n ander stem,

die duiwel doen dit met jou. Die Heilige Gees doen dit nooit nie. Dit is die

groot verskil tussen die twee. Wanneer jy praat of uitlê of profeteer is dit

jou gewone stem, jou gewone temperament selfs.

‘n Petrus was vurig, hy was voortvarend. Die Here het nie daardie

temperament verander nie, die Here het dit gebruik en ingespan.

Johannes was sag van geaardheid, die Here het dit nie verander nie, die

Here het dit gebruik, geheilig, aangewend, dit sal ook uitkom in die uitleg

van tale en in profesie.

Dit is belangrik om dit te noem.

1 Korinthiërs 14:27;

En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens

drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.

105

Die Here wou nie tale en ook die uitleg beperk nie, maar die Here wou dit

ook reg gebruik. Die Here wou nie hê dat enige van die gawes die ander

moet oorheers nie of dat in ‘n diens, een ding oorheersend moet wees ten

koste van die ander nie. As jy iets ontvang het, veral ‘n groep wat jonk in

die dinge is, dan kan mens maklik in die versoeking val om uit balans uit te

raak. So moet ons, dit sê hier; “as die een praat in ‘n taal, laat ‘n ander een

dit uitlê, by beurte”. Die gedagte is hier, wat ek vroeër gesê het, ons

moenie vir onsself in ‘n posisie stel en sê, broer so en so is die uitlêer in die

gemeente, ander praat in tale, ek sal maar terug sit. Dit moenie so wees

nie. Elkeen moet ingestem wees. Elkeen moet op die Here wag, dat die

Here die een en die ander kan gebruik. Dit is jou gebalanseerde gemeente

en gebalanseerde diens, dit gee ook vir jou verskeidenheid, gee elkeen ‘n

kans om in die Gees geoefen te raak. Dit ook in so ‘n gemeente, moenie

hiervoor skrik nie, en dit vir u in u dop laat kruip nie.

Ons moet ook versigtig wees, jy kry ‘n tipe persoon wat voor op die wa is,

wat altyd eerste wil wees. Die Bybel praat ook daarvan. Jy sal uitleg van

tale en profesie van tale kry waar die hele gemeente sal voel dit is nie van

die Here nie. Dit is uit daardie persoon self. As ons almal op die Here

wag, sal jy daardie onderskeiding hê, maar dit sal ook op jou van

toepassing wees, dat jy nie dalk naderhand so gekonfyt sal wees met

profesie of uitleg, dat jy naderhand ‘n slordige geestelike lewe lei nie. Ek

gaan kerk toe, dit is mos ‘n gawe, dit werk. Nou praat iemand in ‘n taal en

sonder dat jy baie mooi op die Here gewag het, is jy sommer daar met die

uitleg, met die profesie en dan is dit nie in die gees nie en dit sal definitief

wys.

Jou gees gevulde broers en susters in die gemeente sal weet, sal voel,

daardie een was te lig, dit sal jou ook op jou hoede hou en op die punte

van jou tone dat jy nie sommer voortvarend met die saak is nie. Dit is ‘n

ernstige saak want dit is die Here wat daar moet praat in die gemeente.

Wat van die kwessie om self jou tale uit te lê? (Vers 27). Dit maak ruimte

dat daar nie altyd net een in ‘n taal praat en dat daar net een uitlê, dat dit

‘n kans gee vir meer as een om in ‘n taal te praat. As daar drie mense in ‘n

taal gepraat het en ‘n vierde een praat in ‘n taal al het jy dan ook die uitleg

of die gawe van uitleg dan as ‘n reël, die Here sal vir jou wys as daar

uitsondering is, moet jy nie daardie uitleg gee nie, dan sal jy daardie

persoon aanmoedig en jy sal die balans en die orde van daardie diens

omvergooi. Dit sal ook daardie een leer wat in ‘n taal praat, en party

mense wat te veel in tale wil praat om orde te handhaaf. Dit is die reël dat

daardie byeenkoms nie uit balans gegooi word nie.

106

Iemand wat in ‘n taal praat, kan iemand sy eie taal uitlê? Sou dit

onskriftuurlik wees? Nee. Daar kan oomblikke wees waar jy in die taal

praat en dit ook self uitlê. Dat om een of ander rede die Here dit óf

weerhou van andere wat die gawe het óf dit kan wees dat die Here ‘n

boodskap wil gee en dat daar nie ‘n uitlêer is nie en jy wat self in die taal

praat, jy dit self moet gee.

Nou kan gesê word waarom jy dan nie sommer direk geprofeteer het nie?

Dit is ‘n ander diep saak. Jy sal vind dat die spreek in vreemde tale, dit is

wat wonderlik is, hierdie geringste gawe van die gawes, dat dit nie verag

moet word nie. Dit is asof die spreek in tale die stimulus is vir die ander

gawes. Daar is partykeer ‘n traagheid in ‘n diens, daar kan nie koers gekry

word nie, selfs in jou eie gees. Hy wat in ‘n taal spreek stig homself en dat

jy dan in ‘n taal praat en dat die Here eers dan vir jou ‘n uitleg gee, as jy nie

in ‘n taal spreek nie, het jy ook nie ‘n profesie gehad nie. Dit werk baie

keer so. So, jy kan ook jou eie uitleg gee.

Kom ons kyk na die Skrif daarvoor.

1 Korinthiërs 14:5,13;

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle

profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek,

of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

“Is groter as hy wat in tale spreek of hy moet dit uitlê”.

So, hy wat in tale spreek moet dit kan uitlê sodat die gemeente stigting kan

ontvang. Sien u, hy wat in tale spreek kan dit ook uitlê. Daar is partykeer

‘n traagheid in die diens, selfs in jou eie gees. Hy wat in ‘n taal spreek stig

homself. As jy nie in die taal spreek nie, het jy ook nie die profesie gehad

nie. Jy kan ook jou eie uitleg gee, dit kan in die gemeente geskied, en dit

sal nie buite orde wees nie, maar oor die algemeen verkies die Here dat

die een in ‘n taal spreek en die ander dit moet uitlê sodat jy hierdie idee van

mededeelsaamheid kan kry.

Soos jou liggaam, van jou hoof tot jou voetsole, hoeveel ledemate het jy.

Elkeen het sy funksie om te vervul en die een kan nie die ander verag nie

en die een kan nie vir die ander sê ek het jou nie nodig nie. Net so wil die

Heilige Gees nie hê dat daar een dominerende persoon in ‘n gemeente

moet wees nie. Al het hy ook al nege die gawes dat hy sommer nou almal

in werking moet stel nie. Al kan daardie nege gawes, sê veral in ‘n jong

groep, miskien in die een wat daardie groep gestig het baie beter

funksioneer as in enige een van die jongklomp wat nou net begin het.

107

Die uitleg kom miskien stamelend, om enige van die ander dinge te

beoefen, is miskien huiwerig, maar dit moet geskied. Ons moet op daardie

manier die liggaam as ‘n liggaam laat funksioneer! Dit is God se bedoeling

met die liggaam, die gemeente is die Here se kosbaarste skat op aarde.

Net soos ons eie liggame, ook ons kosbaarste skat is.

1 Korinthiërs 14:12,26; (ons moet met mekaar deel)

12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer

om uit te munt tot stigting van die gemeente.

26 HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan

het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring

of ‘n uitlegging - laat alles tot stigting geskied.

Moenie dink jy is nou die uitsondering, jy kan nou net sit nie, en dink jy is

nikswerd of jy kan niks doen nie. Soek die Here en kyk wat die Here vir jou

het om te bring. As dit aan ‘n stille gebed is, dan bid jy daardie gebed. As

dit dan is terwyl een in ‘n taal praat en jy moet uitlê, dat jy die bloed van die

Here pleit, maar werk saam! Wees lewendig, wees aktief in daardie

byeenkoms.

Laat ons dan in hierdie laaste dispensasie almal preek. Almal waarsku, die

koms van die Here is naby. Hoe lank word daar nog vir ons gegee, weet

ons nie. Die Here wil nog voor sy koms aan die wêreld sy volmaakte

gemeente openbaar. Die Here wil nog sy gemeente laat sien. As die Here

se gemeente in werking is gaan u nog sien watter magtige herlewing daar

gaan kom en hoe ‘n magtige en heerlike bekering daar nog gaan wees.

Ons wat gelowig geword het, ons glo en ons wil die Here Jesus se

heerlikheid nog aan die wêreld geopenbaar sien voordat dit te laat is. Laat

ons dan gebruik maak van hierdie geleentheid, laat ons onsselwers gee

aan die Here, laat ons nie ongelowig wees nie. Laat ons nie sê, hierdie

dinge verwerp ek nie want dit staan in die Bybel, maar dit lyk vér bokant

my, moenie so sê nie, dit is die duiwel se leer. Net die feit dat die Here u

hierdie dinge laat hoor, is vir u al genoeg bewys dat die Here dit vir ons wil

gee.

Loof die Here dat ons liefde sal hê vir mekaar, verdraagsaamheid teenoor

mekaar; daar sal baie foute kom, ook in ‘n pinksterdiens, moenie sê;

hierdie klomp is nou ‘n klugspel, of dit of dat nie. As u oortuig is dat die

saak eerlik bedoel is, dat daar probeer word om volgens God se woord te

handel, gee dan u krag, u liefde, u energie, van u tyd, u verdraagsaamheid,

gee u samewerking. Sê: “Here, vir hierdie saak gaan ek staan en deur U

genade sal ons Here Jesus in sy liggaam verheerlik en geopenbaar word

voordat Hyself in sy eie liggaam op die wolke verskyn.

108

Laat ons dan deur sy genade wag vir daardie dag dat Hy ook vir ons sal sê,

mooi so, goeie en getroue dienskneg / maagd, oor weinig was jy getrou oor

veel sal ek jou aanstel.

109

[Kasset nr. L012]

Hoofstuk 6

Die Gawe van Profesie.

Ons gaan nou die gawe, die woord van profesie behandel. Dit is die derde

gawe wat ons behandel in die groep in die drie spreek gawes of inspirasie

gawes soos hulle ook genoem word. Die ander twee is die spreek in tale

en die uitleg van tale.

Die spreek in tale en die uitleg van tale is ekwivalent aan profesie, maar

profesie is ‘n groter gawe in daardie opsig as spreek in tale of uitlê van tale.

Ons glo en vertrou soos ons die Here se seën gevra het, die Here ons

ryklik gaan seën in die bespreking van hierdie wonderlike onderwerp, want

dit is ‘n magtige gawe om te hê. Soos ek al vir u gesê het, in hierdie laaste

dae waar almal sê die wederkoms van Jesus Christus is op hande. As ons

kyk na wêreldgebeure is dit donker en duister.

Menslik gesproke volgens die profete is dit presies hoe die toestand sal

wees kort voor die wederkoms van ons Here Jesus, wat vooraf gegaan sal

word deur verskriklike dinge wat oor die aarde gaan kom, maar Jesus het

gesê as julle hierdie dinge sien gebeur hef dan julle hoofde op want julle

verlossing is naby.

Dit alles, as ons kyk na die toestand van die kerk oor die algemeen, ons

gemeente ingeslote, dan moet ons erken, as ons, ons ondervinding en

stand van sake vergelyk net soos ons dit in die Bybel sien, moet ons erken,

sien ons onsself maar nog baie krom en skeef en onvoldoende. Het ons

Here Jesus dan nie gesê: “Ek sal my gemeente bou en die poorte van die

doderyk sal dit nie oorweldig nie”. Het Hy dan nie gesê Hy sal sy

gemeente hê sonder vlek en sonder rimpel nie?

As die gemeente dan in die toestand is wat hy vandag is en die wederkoms

van die Here Jesus is net om die draai, is daar dan nie wonderlike

verwagtinge wat ons behoort te hê aangaande die gemeente nie? Is dit

dan nie tyd vir ons om van harte in te stem en te sê: “Here, hierdie dinge

moet dan nou spoedig begin plaasvind en ek wil geen remminge in my eie

lewe hê nie”. Want onthou, die gemeente bestaan uit die lede afsonderlik,

daar is geen gemeente sonder die lede van die gemeente nie. Die

gemeente is u, is ons, en as elke lid, veral die wat die lig ontvang het nie sy

funksie vervul nie, is daar nie ‘n gemeente nie.

110

Ons is nou by die gawes van die Heilige Gees. Ons het die Lig en die

Woord van die Here ontvang. Daarom is daar ‘n groot verantwoordelikheid

maar daar is ook ‘n groot gebeurtenis wat vir ons voor die deur staan. Dit

is tog die Here se belofte.

Nou die gawe van die woord van profesie.

Ek wil hê u moet net weer hierdie belangrike punte onthou.

1) Hierdie gawe, die woord van profesie, en let daarop dit is vir die

gemeente en dit het natuurlik dan sy baie belangrike implikasie wat

daaruit voortvloei vir die gemeente.

2) Dit is ‘n woord wat jy uitspreek onder inspirasie, maar dit is

bonatuurlik. Maar soos wat jy in tale ook woorde uitspreek onder

inspirasie, maar jy praat in ‘n taal wat jyself nie verstaan nie, dit is vir jou

‘n vreemde taal waarin jy praat. Profesie is net so bonatuurlik en

wonderbaarlik. Dit kom ook by wyse van inspirasie, maar jy praat in ‘n

taal wat jy verstaan en dit word ook netso bonatuurlik vir jou gegee soos

met die gawe van die spreek in tale of die gawe van uitleg in tale en het

jou intellek of verstand niks daarmee te doen nie, in die sin van die

bonatuurlike uitspraak.

U sal dit verderaan sien en dit gaan een van my waarskuwings wees. Jou

intellek, dit het daarmee te doen, dat hy hom hinder en kan vertroebel want

terwyl jy praat verstaan jy wat jy praat, en as jy verstaan en enigiets wat jy

kan verstaan is vir jou verstand dan duidelik en kan jou verstand daardeur

in werking kom en dit is waar daar fout kan kom met hierdie gawe en dit is

daarom dat ons ook sal sien dat die Apostel Paulus skryf aan die

Korinthiërs, dat as een profeteer dan moet die ander een dit beoordeel

want dit kan foutief wees.

Die fout lê nie by die inspirasie van die Heilige Gees nie, in die mate van

waar dit suiwer deurkom, is dit suiwer, maar dit moet dan filtreer deur jou

verstand. Die moment wat jy die woord hoor verstaan jy dit. Dit beïnvloed

jou gedagte en dit kan dan weer jou spreek beïnvloed. Dit is net iets wat

ek u aandag op wil vestig en wat u prominent in gedagte moet hou, by die

behandeling van hierdie gawe. Dit is baie, baie belangrik. Onthou dit is

bonatuurlik. Dit is ‘n wonderwerk net soos enige van die ander gawes.

Ons moet meer ons oog gevestig kry op die God van wonderwerke.

Ons God is ‘n bonatuurlike God, hou die feit in gedagte. So, die gemeente

behoort ‘n bonatuurlike organisasie te wees. In die gemeente moet die

bonatuurlike van God tasbaar wees. Die ongelowige, wat in jou gemeente

inkom moet dadelik die bonatuurlike, die werklikheid van God gewaar word.

U moet onthou ons is die verteenwoordigers van die Lewende God hier op

aarde. Jesus het gesê: “Soos wat die Vader My gestuur het, so stuur Ek

111

julle”. Die gemeente wat sy liggaam is, is in sy plek hier op aarde en

daardie gemeente, gelei en gevul en deurdrenk met die Heilige Gees, bring

die teenwoordigheid van God in hierdie ou wêreld. Daarom behoort dit so

te wees dat as ons bymekaar kom en ‘n behoeftige of ongelowige kom in

die gemeente, behoort hy in aanraking met God te kom.

Daar is ‘n boek (onverkrygbaar) Darkness and Dawn geskryf deur F.W.

Farral. Daar beskryf hy (Hy het ‘n diep navorsing gedoen oor die eerste

gemeente wat daar in gebeur het, in die katakombes van Rome en daardie

plekke, en hoe daardie gemeente bymekaar gekom het. Hy beskrywe dit

pragtig in die een plek waar een van die prinse van die huis van die Keiser

(Paulus skryf mos van die mense in die keiser se huis in sy sendbriewe)

deur een van die bediendes een aand na die katakombe geneem is waar

die klompie in die geheim die Here aanbid het. Toe hy daar inkom was

iemand besig om in ‘n vreemde taal te praat. (Dit is alles uit die

geskiedenis wat hy hierdie feite versamel het en in sy voorwoord sê hy al

hierdie feite is outentiek) Die teenwoordigheid van die Here was so kragtig

dat hy daar amper onmiddellik in ‘n beswyming geval het.

Ons het die dinge ook al gesien in die begin stadium van ons eie groepie,

dit was aan die orde van die dag. Mense het skaars by ons byeenkomste

ingekom dan was hulle platgeslaan en ek sê dit tot eer van die Here. Ek

dank God ons het hierdie dinge gesien en ondervind. Terwyl ek die Here

se woord verkondig het, het mense van hulle stoele afgeval onder die krag

van die Heilige Gees. Vreemde mense het nie geweet wat gebeur met

hulle nie.

Ons kan ook net sê:

Lord bring back those happy days

When the Holy Ghost fell in every place

And the love of God shone on every face

Lord bring back those happy days.

1 Korinthiërs 12:10, 31;

10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle

‘n nog uitnemender weg.

Daar is baie besprekings en meningsverskille oor wat is nou die beste

gawes. Ek voel die beste gawe is die gawe wat vir daardie spesifieke

oomblik nodig is. As jy onderskeiding nodig het in ‘n sekere geval dan is

jou beste gawe op daardie oomblik die gawe van onderskeiding van geeste

112

en as daar genesing nodig is, dan is jou beste gawe op daardie oomblik die

gawe van die genesing van siekes. Net so met profesie, ons sal sien wat is

een van die funksies van die gawe van profesie soos wanneer ons daarby

kom dan sal ek u daaraan herinner omdat dit daardie funksie is wat ons sal

by kom, is vir daardie oomblik vir daardie situasie, dan is daardie gawe dan

die beste want daardie gawe kan weer lei na ander gawes en ander

openbaringe.

1 Korinthiërs 12:10;

aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

“En aan ‘n ander profesie” -- die woord profesie in Hebreeus is “naba” wat

beteken om voort te vloei, ‘n druppel te laat val of om op te hef. In Grieks

van die Nuwe Testament is die betekenis om namens iemand anders te

praat, om iemand anders se mond te wees, “To be someone else's

spokesman”. Profesie is een van die 3 vokale gawes van inspirasie.

Blykbaar is die gawe van profesie die belangrikste van die 3 vokale gawes

aangesien dit in die Woord nie minder as 22 keer gevind word vanaf

Hoofstuk 11 tot 14 van 1 Korinthiërs nie. Nie net dui dit daarop dat dit die

belangrikste inspirasie gawe is nie, maar ook dat die regulasie daarvan

uiters noodsaaklik is.

Hoe skerper die stuk gereedskap is, hoe versigtiger moet dit gehanteer

word. Profesie is die uitspreking van die goddelike sin en nie die verstand

van die mens nie. Dit is geheel-en-al bonatuurlik.

1 Korinthiërs 12:7; 1 Kor. 14:31;.

7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die

oog op wat nuttig is.

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer

en almal bemoedig word.

“Want julle kan almal een vir een profeteer”, verklaar dat almal kan

profeteer. Daar sien ons al klaar ‘n groot betekenis. Dit is bedoel nie net

vir die teoloog nie, maar ook vir die eenvoudigste lidmaat in die gemeente.

(Dit is baie belangrik)

Dit is juis ons probleem vandag. Ek het niks daarteen om geleerd te raak

nie, dit is ‘n groot voorreg en ook ‘n groot aanwins solank as ons

geleerdheid dan nie staan in die plek van die Gees van God nie. Jy kan in

jou gemeente die slimste geleerde hê in teologie of wat, jy kan die mees

ongeletterde persoon in die gemeente hê en dit sal vir die Heilige Gees

geen verskil maak deur wie Hy gaan praat sover dit sy gawe betref nie

113

want Hy het nie ons verstand nodig nie. Maar aan die ander kant sal dit in

baie opsigte vir die Heilige Gees makliker wees om deur die ongeletterde

te praat en ‘n suiwer boodskap te bring as juis deur die hooggeleerde.

Want juis omdat dit nie ‘n saak van die verstand is nie, is ons so geneig om

ons eie idees en opinies te hê en dit dan in teenstand te bring teen die van

die Gees van God. Die bedoeling hier is dat jy nie ‘n teologiese opleiding

nodig het of geleerd te wees om te kan profeteer nie want jou verstand is

nie ter sprake nie. Dit is die Heilige Gees wat deur jou gaan praat, jy moet

net die kanaal wees.

Ek wil dit ook nog graag hier inbring, daar is so baie wonderlike aspekte en

ek wil nie graag daarvan verloor nie. U moet ook baie goed onthou ek het

dit ook beklemtoon toe ek gepraat het oor die uitleg van tale. Die Heilige

Gees gooi nie jou temperament of geaardheid weg nie. Jy word

terselfdertyd, alhoewel jou verstand uitgeskakel word, nie ‘n hulpelose,

onaktiewe pion in die hand van die Heilige Gees nie. Onthou dit is juis hoe

die spiritisme werk (bose geeste) - om so oor te neem dat jy geen beheer

het nie. Soos jou mediums wat self met die stem praat van sy “guiding

spirit” en daardie soort van ding, dit is wat met hulle gebeur, dat daardie

persoon se persoonlikheid heeltemal uitgeskakel word.

Wanneer jy profeteer word jou geaardheid nie uitgeskakel nie. Die Heilige

Gees sal nie deur die teoloog op dieselfde manier spreek as deur die

ongeletterde persoon nie. Die teoloog en die geleerde persoon het ‘n

goeie woordeskat en taal teenoor die ongeletterde persoon, die het ‘n

eenvoudige woordeskat, die Heilige Gees sal nie daardie deel uitskakel nie

maar sover dit die inhoud van die boodskap betref is dit bonatuurlik. U

moet dit goed verstaan, sodat u nie miskien daaroor struikel nie as jy

miskien in die gemeente hoor die een wat profeteer praat in ‘n pragtige

wonderlike taal en ‘n lieflike woordeskat en die een in ‘n gebrekkige

woordeskat. Dit is nog jou mond, jou taalkennis en jou temperament, die

Heilige Gees gebruik dit Hy gooi dit nie oorboord nie.

Dieselfde met die uitleg van tale, is in baie opsigte ook van toepassing op

profesie. Partykeer sal die boodskap direk kom dat jy sal praat onder die

ontploffingskrag binne in jou van die Heilige Gees. Op ‘n ander moment

sal die inspirasie op jou kom en die Here sal vir jou ‘n visioen gee wat jy

dan self moet uitbring en sekerlik sal die geleerde daardie visioen op een

manier vertel en die ongeleerde op ‘n ander manier van taalgebruik maar

die idee sal dieselfde wees. Met so ‘n lieflike gawe wat bedoel is om

stigting en troos aan die gemeente te bring kan ‘n mens verwag dat die

vyand alle pogings sal aanwend om dit sy skyf te maak.

Derhalwe wil ek ‘n paar verkeerde begrippe hier duidelik stel.

114

Punt 1

Die gawe van profesie word verwar met die profetiese bediening.

Dit is noodsaaklik dat die verskil vasgestel moet word. Ons het reeds in 1

Korinthiërs 14:31 gemerk “ dat julle almal kan profeteer”, dit beteken tog

egter nie dat alle lede profete word nie. Die eenvoudige gawe van profesie

wat bedoel is om woorde van stigting en troos en bemoediging aan ‘n

gemeente te verskaf, maak sekerlik nie van ‘n eenvoudige lid, ‘n Jesaja,

Eségiël, Daniël of Dawid nie. Veel meer kwalifikasies word benodig om

aan ‘n persoon die bediening van ‘n profeet te verskaf.

As ons kom by die bedieninge, “offices”, is daar 5 bedieninge:

Apostel, Profeet, Herder, Leraar en Evangelis.

Een van die bedieninge is die van profeet. Wanneer jy profeteer deur die

gawe van profesie, maak dit nie van jou noodwendig ‘n profeet nie. Dit is ‘n

bediening wat deur die Here self daar gestel is.

‘n Lieflike wyse om dit te stel is;

Die bediening is die gawe van die Here Jesus aan die gemeente.

‘n Gawe is die gawe van die Heilige Gees aan die individu.

Jou bediening is die gawe van die Here Jesus. Hy gee daardie bediening.

Hy sal sy persoon uitkies wat Hy aan die gemeente sal gee as apostel,

profeet, herder leraar of evangelis, maar jou gawe is ‘n gawe van die

Heilige Gees aan die individu, aan die enkeling en dit moet jy ontvang deur

die geloof. Dit is duidelik volgens Efésiërs 4:11 dat almal nie profete in die

groter sin van die woord kan wees nie.

Efésiërs 4:11;

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as

evangeliste, ander as herders en leraars,

Daar kan u sien wat ek nou net genoem het, “en Hy het gegee sommige as

apostels, ander as profete”.

Verder vestig ons die aandag daarop dat die bedieninge, gawes is wat deur

Jesus aan sy gemeente gegee word. Profesie as ‘n gawe van die Heilige

Gees is wel iets anders. Ons lees in die Nuwe Testament dat Filippus 4

dogters gehad het wat die profetiese gawe besit het.

Handelinge 21:9;

En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe

besit het.

Net in die volgende vers word gepraat van ‘n sekere Profeet Ágabus (vers

10). In die vorige vers praat hy van die 4 dogters wat die profetiese gawe

van die Heilige Gees besit het. Die dogters het die profetiese gawe van die

115

Heilige Gees besit terwyl Ágabus afgesien van die Heilige Gees gawes ook

as ‘n profeet deur Jesus aan sy gemeente toevertrou was.

‘n Profetiese amp het dus ‘n veel groter omvang as die gawe van profesie

soos behandel in 1 Korinthiërs 14. By wyse van aansporing, ek spreek

myself net soveel aan soos enige van u, stem u saam, hierdie dinge moet

terugkom na die gemeente. Gaan u uself dan waarlik aan die Here wy?

Laat ons, ons dan aan die Here wy en sê: “Here, hierdie dinge gaan

terugkom na U gemeente en die deel wat ek daarin het om te vervul deur U

genade en U krag gaan ek vervul.” En Hy wat jou roep sê: “Die Here se

woord is getrou, Hy sal dit self ook doen”. Laat u vir uself as visioen stel

die gemeente, ek bedoel nie jy moet eng wees nie, ek bedoel nie net ons

gemeente nie, ek bedoel die gemeente die Here se kerk, die Here se

liggaam, dat ons hom sal sien en daarvoor sal bid en beywer vir ‘n

gemeente met die nege gawes, die vyf bedieninge en waarvoor sal ons

skaam wees?

Die Bybel het gesê Ágabus was ‘n profeet. Ons sal sien waar hulle praat

van die ander wat leraars was, evangeliste ensovoorts. Dat daardie man in

daardie bedieninge so uitkenbaar was dat jy sal sê daar is ‘n apostel, daar

is ‘n leraar. Hoe het ons hulle nie nodig nie! Waarom sal die Here hulle nie

vir ons gee nie?

Dan die 3de van die wonderlike groep en miskien die sement wat dit alles

aanmekaar sal hou is die nege vrugte wat ons sal behandel. Die nege

vrugte vloei almal uit een vrug naamlik die liefde. Die Apostel Paulus sê

aan die Kolossense, die liefde is die band van volmaaktheid. Die liefde in

die gemeente, die ware goddelike liefde, die “agape” liefde, is die liefde wat

al hierdie dinge sal vasbind. Dit is jou ware ideale gemeente.

Punt 2.

Nog ‘n wanopvatting is dat daar deur dié besondere gawe van die

Heilige Gees noodwendig voorspellings moet geskied.

Dit is ‘n belangrike punt hierdie. Dit is ‘n dwaling wat na die tyd van die

apostels by sommige posgevat het. Voorspelling kan geskied maar slegs

wanneer die gawe van ‘n woord van wysheid gepaard daarmee in werking

tree. ‘n Pragtige voorbeeld van die gewone en eenvoudige gawe van

profesie volgens 1 Korin-thiërs 14 word gevind in Lukas 1:46-55. Dit is in

verband met die geboorte van Jesus toe die Heilige Gees op Maria gekom

het en toe sy begin profeteer het. Net by een geleentheid in hierdie

gedeelte neem die groter profesie deur ‘n woord van wysheid oor toe Maria

voorspel het dat alle geslagte haar in die toekoms sal salig noem soos in

vers 48. Wanneer hierdie voorspellings dikwels in ‘n profesie voorkom,

116

mag dit wees dat so ‘n persoon deur Christus geroep en aangestel word tot

die amp van profeet.

Punt 3

‘n Derde dwaling is dat ‘n profesie leiding verskaf.

Volgens: 1 Korinthiërs 14:3 verskaf die gawe van profesie geen leiding nie.

Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting

en troos en bemoediging.

Die hoofdoel van profesie is om woorde te spreek van stigting en troos en

bemoediging.

In die Ou Testament het die profete voorspellings gedoen en ook leiding

verskaf.

In die Nuwe Testament mag ‘n profeet, soos in die geval van Ágabus, ‘n

voorspelling doen maar verskaf geen leiding nie.

Handelinge 21:10-14;

10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet

met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.

11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy

eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die

Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die

hande van heidene oorlewer.

12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek

hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my

hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word

nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here

Jesus.

14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê:

Laat die wil van die Here geskied!

Die punt hier is dit:

In dié gevalle van die Ou Testamentiese Profete, het hulle nie net alleen

die toekoms voorspel nie, maar ook leiding geneem, raad gegee, die

mense gesê wat hulle moes doen.

Hier het Ágabus gekom en hy het deur daardie simboliese wyse, deur die

gordel te neem en homself te bind daardeur voorspel hoedat die man aan

wie hierdie gordel behoort het (Paulus) so gebind sou word. Dit is ‘n

definitiewe profesie aangaande die toekoms. Hy het die profesie gegee en

die res oorgelaat aan Paulus self en die ander soos ons dit hier sien en dit

is ‘n belangrike aspek van die Nuwe Testamentiese profeet.

As die Here dan werklik van ‘n persoon ‘n profeet maak of deur hom en ook

deur die profetiese gawe die toekoms openbaar, dat dit dan daarby sal bly

en dat persone wat dit gehoor het hulle eie gevolgtrekking moet maak en

eie handeling toepas.

117

Punt 4.

Nog ‘n verkeerde begrip is, dat profesie gewone prediking is.

Dit was tot onlangs, tenminste, vry algemeen deur die groot kerke gehuldig,

die wat die gawes verwerp. Hulle sê daar is nie so iets soos profesie soos

julle Pinkster mense verstaan nie. Profesie is maar net soos gewone

prediking van die Woord. Dit is heeltemal ‘n verkeerde begrip. Mense wat

die oorspronklike tale ken en daarop ingegaan het wys ook daarop dat dit

heeltemal twee verskillende woorde is wat in die oorspronklike Grieks

daarvoor gebruik word. Profesie is geen gewone prediking nie.

Om dit so te stel beteken om dit te beroof van die bonatuurlike karakter.

Elke vertaler is daarvan bewus dat die woorde “preek” in die oorspronklike

tale waarin die Bybel geskryf is, heeltemal ander woorde is as dié wat

gebruik word van profesie. “Prediking” is volgens die Griekse woord asook

die Hebreeuse woord “om die Skrifte te verklaar en die evangelie te

verkondig”. Prediking en profeteer is verskillend. Preek is nie profeteer nie

en profeteer is nie preek nie.

Preek mag goddelik wees veral as dit onder die salwing van die Heilige

Gees plaasvind, maar profesie is net so bonatuurlik van aard as die spreek

in vreemde tale of die uitleg daarvan. Jou werklike ware prediking behoort

in elke geval altyd in die krag van die Heilige Gees te wees.

Die salwing van die Heilige Gees behoort altyd op die prediker te rus en jy

behoort altyd die Heilige Gees daarin te kan gewaar word en daarom moet

ons ook so baie vir ons predikers bid want dit is alleen genade van die

Here wat dit vir hulle kan gee want jou prediker is ook maar ‘n mens net

soos jy. As jy dink aan al die storms wat baie keer in jou aangaan, as jy in

diens is of voordat jy na ‘n diens toe kom of wat jy mee te doen het moet jy

nie dink die persoon wat op die preekstoel staan is uit ‘n ander wêreld nie,

en hy het nie ook maar met dieselfde dinge te doen nie, daarom het jou

prediker baie gebede nodig sodat sy prediking altyd onder die salwing van

die Heilige Gees is.

Maar dit is nie profesie nie, maar ‘n wonderlike ding wat tog gebeur is dat

baie keer terwyl ‘n persoon besig is om te preek, kom die salwing van die

Here so op ‘n prediker dat hy sekere gedeeltes van sy boodskap nie meer

preek nie maar begin profeteer. Dan neem die Heilige Gees so oor dat

wanneer hy praat, is dit glad nie eers deel van sy voorbereide boodskap

nie. Dit wat hy nou met sy gesalfde verstand onder leiding van die Heilige

Gees bring, is iets heeltemal buite homself. Daarvan kan ek ook getuig wat

baie met my ook gebeur het, dat jy self verbaas is, dat terwyl jy preek hier

nou dinge uitkom wat jy nooit aan gedink het of beplan het, of enige

118

gedagte omtrent gehad het nie. Dat dit vir jou as prediker net so ‘n

openbaring is terwyl jy dit praat as vir die wat daarna luister. Die punt is,

onthou profesie is nie prediking nie en prediking is nie profesie nie.

Punt 5

By sommige is dit die gewoonte om tekse uit die Bybel te kwoteer en

dit dan uitleg of profesie te noem.

Dit kan egter sonder enige bonatuurlike gawes geskied. Dit is ‘n kort punt

wat hier genoem is maar ‘n baie belangrike punt.

Wanneer jy met die Gees en die dinge van die Here te doen kry, kry jy met

snaakse dinge te doen. Die mens is ‘n gevalle wese. Jy is ‘n gevalle wese

selfs nadat jy tot bekering gekom het. Jou siel is gered, maar jou

heiligmaking het nog ‘n lang pad om te gaan. Een van die groot dinge by

die mens, “die ou mens” is hierdie neiging om ‘n indruk te maak op ander,

selfs in jou geestelike lewe. Dit is een van die grootse slagysters wat die

duiwel vir jou stel.

Nou is daar mense wat baie Skrifte ken, want hy het die Bybel gelees en is

lief daarvoor en ken dit en hy kry ‘n salwing op hom, maar nou staan hy op

en volgens soos hy nou voorgee of self dink profeteer hy nou, maar hy

profeteer nie. Hy herhaal net Skrifte. Dit gebeur nie baie nie, maar ek

waarsku u, wanneer dit gebeur sal u dit agterkom. Persone wat net die

een teks na die ander herhaal, dit is nie profesie nie. Enigeen kan ‘n paar

tekse agtermekaar opsê as hy dit ken, en voorgee dat dit uitleg van tale is.

Nou ter selfdertyd moet julle nie ook hierdie verband uit die oog verloor nie.

‘n Persoon wat profeteer of uitlê, dit is amper noodsaaklik dat hy die Skrif

ken en naby aan die Here lewe. ‘n Persoon sal nie maklik die gawe van

profesie in sy volheid ontvang of die uitleg van tale as hy nie ook goed

onderleg is in die Skrif nie, want die Heilige Gees, wanneer Hy praat, het

ook die Skrif geïnspireer en die Heilige Gees sal Homself nie weerspreek

nie. Die Heilige Gees sal geen geïnspireerde uitspraak gee wat in konflik is

of teenstrydig is met die geskrewe woord nie.

Daarom, die persoon, as hy die gawe van profesie ontvang of uitleg van

tale en jy voel dit is maar nog net druppels gewys, dit is maar net die begin,

moet nie daaroor ontmoedig word nie, hoe meer jy die Woord van die Here

in jou hart inkry hoe meer sal daardie gawe om te profeteer of om uit te lê,

ontwikkel! Die Woord en die Gees binne in jou sal dit vir jou ontwikkel.

Ek wil graag uitwei op hierdie 3de dwaling waar mense profesie leiding

verskaf. Ek sê dit met alle respek teenoor sekere bewegings wat hulle hele

profeteerdery daarin stel om soos hulle sê, mense se sondes uit te

119

profeteer, dinge aangaande hulle lewens te profeteer en dinge aangaande

die toekoms en die een ding na die ander uit te bring. Ek kan dit nie sien in

1 Korinthiërs 14 nie, waar dit veral handel oor die gawes van die Heilige

Gees nie. Daarom voel ek moet ons baie versigtig wees daaromtrent dat

ons die doelstelling van die gawes nie uit die oog verloor nie. Die

doelstelling is soos dit hier sê dat profesie is vir stigting en troos en

bemoediging - (1 Kor. 14:3). Ek sê nie dat die Here dit glad nie sal doen

nie maar ek sal sê in vergelyking met die volume sal dit meer die

uitsondering as die reël wees van die gawe van profesie.

Daar is sekere bewegings wat spesiaal die bediening of die amp van ‘n

profeet het, wat sekere dinge moet doen en ek het al reg hier in die begin

van die besprekings van die gawes vir u gewys en hoedat dit daar misbruik

word en hoedat daar verongeluk is op die geestelike pad deur daardie

gebruik, of ek sou sê deur die misbruik van daardie bediening.

So, ons moet baie versigtig wees daaromtrent. Jy kry partykeer mense,

groepies wat bymekaar kom wat nuut en vars hierin is, vol

opgewondenheid, vol kinderlike eenvoudige geloof en dit word amper

gebruik as ‘n “speelding”, dat hulle bymekaar kom om vir mekaar te

profeteer aangaande dinge wat gaan gebeur, dinge waaroor hulle versigtig

moet wees. Om te profeteer oor watter werk ek nou moet kies, waarheen

ek moet gaan ensovoorts.

Kom ons kyk wat is die bedoeling:

Wat is die doelstellings en die nut van die gawe van profesie?

Punt 1.

Deur profesie word daar op bonatuurlike wyse tot mense gespreek. Deur

tale spreek die persoon bonatuurlik tot God. Hoe dikwels het ons

ondervind dat die atmosfeer in ‘n “taai” diens saai en na aan dood is en dat

daar meteens deur die manifestasie van hierdie profetiese gawe

opheldering en verkwikking kom.

Dit is werklik ‘n feit, dat baie keer kan ‘n diens nie aan die gang kom nie en

dat die inspirasie van die Heilige Gees op ‘n persoon sal kom en die

persoon die profetiese gawe sal beoefen en tot daardie gemeente sal

spreek deur die krag van die Heilige Gees. Met ander woorde dat dit die

Heilige Gees is wat sal spreek en miskien dinge in daardie diens sal

oopbreek en aan die gang sal kry. Ek het dit vir u genoem in verband met

die spreek van vreemde tale, partykeer is tale daardie vonk wat aan die

brandsteek en dan die uitleg wat daardeur kom en daardeur dan die ander

gawes aan die gang sit. Dat daar miskien ‘n bindende gees in daardie

diens was, dat daar miskien iets was wat die oorhand het en dat daardeur

die pad gemaak kan word vir die gawe van onderskeiding van geeste in

120

daardie diens. Dat dit aan die gang gesit kan word deur die gawe van

profesie.

Punt 2.

Tot stigting van die gemeente.

1 Korinthiërs 14:4;

Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig

die gemeente.

“Maar hy wat profeteer stig die gemeente”, so hier is weer ‘n doel van jou

gawe van profesie. Dit is om die gemeente te stig.

[U sal met my saamstem wat ‘n wonderlike doel dit is want jou gemeente

het werklik stigting nodig.]

Wanneer jy hierdie gawe in sy kragtige werking het, en daardie persoon

werklik onder die salwing van die Heilige Gees, daardie profetiese gawe

laat opereer, wel, dit is soos elektrisiteit vir so ‘n diens. Dit steek die

gemeente werklik aan die brand. Dit bedoel letterlik om op te bou. Dit is ‘n

stappie verder as om in tale te spreek en slegs jouself op te bou.

Die bediening van die profetiese gawe word beperk tot die gemeente terwyl

die invloedsfeer van die amp veel verder strek, moontlik buite die

gemeente grense.

Punt 3.

Bemoediging. (Die betekenis van die woord is om nader te roep).

Teregwysing en bestrawwing geskied in die Nuwe Testament altyd deur die

Woord van God en nooit deur een van die drie vokale gawes nie. Die

Apostel Paulus het nooit sy vermaning as profeet tot die gemeentes gerig

nie, maar wel as ‘n leraar en herder.

Hy was ‘n profeet maar as sulks het hy nooit in die gemeente met

bestrawwings opgetree nie. Hy het altyd pastorale raad aangebied en

onder alle omstandighede die Woord van die Here ten opsigte van alle

probleme toegepas. Wanneer hy geprofeteer het, was dit geseënde

woorde van hulp en bemoediging.

Dit is ook belangrik, wanneer daar geprofeteer of uitgelê word, dan moet

die persoon wat die gawe in beoefening bring, miskien het hy deur die

gawe van onderskeiding of die gawe van kennis wat hy nie dalk mooi kan

onderskei nie, dat die Here vir hom deur die gawe die woord van kennis of

onderskeiding of selfs wysheid dinge in die gemeente openbaar. ‘n

Persoon wat in ‘n baie slegte toestand is en met verkeerde dinge besig is,

dat die Here dit vir hom in sy gees openbaar en dit nou deur ‘n profetiese

woord uitbring. Maar dat hy versigtig moet wees in die gemeente dat

daardie woorde, woorde van stigting, bemoediging en van troos moet wees

en daar nie in daardie gemeente en diens waar die gawe nou opereer, die

121

estrawwings, jy kan amper sê soos sweepslae moet val en tot verdoeming

moet uitkom nie. Daarmee moet ons baie versigtig wees. Jy sal vind,

wanneer sulke dinge dan uitgaan, dat dit dan daardie diens nie stig nie.

Dat dit die diens aftrek en bind. Laat ons liewerste vir die Here vra

wanneer die Here met ons so iets doen, dat die Here dit vir ons moet

duidelik wys, of daar ‘n persoon is wat met iets leliks besig is, dat die Here

vir ons daardie persoon duidelik sal wys en die Here sal vra vir wysheid,

leiding en liefde om met daardie persoon direk te praat.

In 1 Korinthiërs 5 trek die Apostel Paulus baie heftig te velde teen hierdie

gemeente van Korinthe en hy bestraf hulle vir lelike dinge wat hulle doen

en ook vir hulle opgeblaasheid, hoogmoedigheid omdat hulle nou al die

gawes besit en tog liederlike dinge in hulle midde toelaat. Die sterkste

geval waaroor hy hulle bestraf is van die persoon in daardie gemeente wat

sy eie vader se vrou het. Dit is een van die grofste sondes wat gedoen kan

word.

Maar die Apostel Paulus bring dit nie nou uit in ‘n diens nie waar hy nou sal

begin profeteer en sê; jy daar, so of so, wat besig is met jou vader se vrou

nie. Hy sê dit nie in ‘n woord van profesie of uitleg van tale nie, hy skryf

aan hulle direk in ‘n brief. Julle in die gemeente moet werk maak van

daardie persoon, julle moet hom self bestraf, julle moet met hom handel

soos daar met hom behandel behoort te word. Dit is vir ons ‘n baie goeie

les en goeie illustrasie.

Punt 4.

Om die gemeente te troos.

1 Korinthiërs 14:3,31;

3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en

troos en bemoediging.

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer

en almal bemoedig word.

“Sodat almal kan leer, almal bemoedig kan word”

2 Korinthiërs 1:3-4;

3 GESEËND is die God en die Vader van ons Here Jesus Christus,

die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,

4 wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande

verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self

deur God getroos word.

Om die gemeente te troos, 1 Korinthiërs 14:3,31; en in 2 Korinthiërs 1:3-4

vind ons - “wat ons troos in al ons verdrukkings”.

122

Hoe nodig is dit nie dat hierdie gawe in werking moet kom waar gemeentes

soms soveel teëstand en vervolging moet verduur nie.

Punt 5.

Dat die gemeente kan leer.

Ons het dit alreeds gesien, dat wanneer ons almal profeteer, almal kan leer

en bemoedig word. Dat die gemeente kan leer. Hier dink ons nie aan die

lering wat deur die leraar verskaf word nie, maar lering in die sin van die

lieflike werkinge van die Heilige Gees.

Punt 6.

Dat ‘n ongelowige onder oortuiging kan kom.

1 Korinthiërs 14:24-25;

24 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige

binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;

25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy

aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle

is.

Hier wil ons daarop wys dat jy nie noodwendig aan iemand moet sê daar is

plekke en letsels aan hom om hom sodoende van sy voorkoms te oortuig

nie. Dit is veel beter om so ‘n persoon net in ‘n spieël te laat kyk. Dit is

presies soos hierdie gawe funksioneer. Terwyl julle almal profeteer,

volgens die resep van vers 24 en daar ‘n ongelowige of ongeleerde inkom

sal hy in daardie heilige atmosfeer, die toestand van sy hart deeglik

agterkom.

Die Heilige Gees sal self, dit gebeur dikwels, u moet net daarop let, baie

keer sal die mense sê; die Here het net met my gepraat, hy sê dit op so ‘n

manier dat daardie persoon daaruit die stigting en die lering sal ontvang om

hom tot oortuiging te bring. Het u dit nie al dikwels gevind nie, dat selfs

wanneer u onder die prediking van die Here se Woord sit, dat terwyl die

prediking uitgaan en die Heilige Gees aan die werk is, dat die Heilige Gees

dinge uit jou eie lewe en jou eie hart uithaal en prominent voor jou stel wat

nooit eers direk in daardie boodskap genoem is nie maar onder daardie

prediking is dit wat die Heilige Gees doen.

So maak die Heilige Gees skoon deur die gawe van profesie of die uitleg

van tale wat gelykstaande daaraan is. Wanneer daar so ‘n persoon in die

diens kom, ek het dit al baie gesien, dit is een van die wonderlikste dinge in

getuienisse dat so ‘n persoon se hart, se geheime geopenbaar word en dat

hy daarmee erken dat God in die midde is.

123

Finale opmerkings:

a) Ons word beveel om die gawe te begeer en ons daarvoor te

beywer.

1 Korinthiërs 14:1,39;

1 JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike

gawes, maar veral om te profeteer.

39 Daarom broeders, beywer julle om te profeteer en moenie

verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

So, ons word beveel om die gawe te begeer en ons daarvoor te beywer.

Laat ons dit dan doen. Sal u met my saamstem, as u nou moet dink aan u

vorige lewenswandel watter gemeente jy ook al in was, in die eerste

instansie het jy niks geweet van hierdie gawes nie. Hoeveel minder jou

nog daarvoor beywer? Geen wonder dat dit feitlik doodgegaan het nie, dat

dit nie eers in werking is nie. Maar dan vind jy ook en hier sê ek dit, met

alle rondborstigheid, omdat ekself in Pinkster is, nie dat hulle kan sê ek

gooi met klippe na ander gemeentes nie, ek praat as Pinkster mens self.

In baie van ons Pinkster Gemeentes het ons hierdie ding as ‘n teorie, ons

sê ons staan daarvoor, ons glo daaraan maar hoeveel daarvan het ons?

Wat is die rede? Die een rede is, ons beywer ons nie daarvoor nie. Dit is

soos enige ding in die lewe, daar is baie dinge waarvan jy kan weet maar jy

het dit nie, waarvoor jy baie mense sal beny, daardie een het dit en daardie

een dat. Maar as jy dit nie het nie is dit miskien omdat jy nog nooit

daarvoor geywer het nie.

Ons moet onthou, hierdie dinge sal nie net sommer uit die lug val nie.

Daarvoor het die Here ons te veel ons eie individualiteit en ons eie wil

gegee. Ons is mos nie pionne nie, ons is medewerkers met God. Daarom

wil die Here hê jy moet jou toestemming daaraan gee. God se Woord word

vir jou gebring. Is dit waar, aanvaar jy dit óf nie? Ek aanvaar dit, want dit

staan in die Bybel. As ek dit aanvaar, laat ek dan as ‘n redelike wese my

daarvoor beywer. Sê: “ Here, ek glo dit en nou gee ek myself daaraan”.

Nou sal die Here dit vir jou gee. Maar as jy jou nie daarvoor beywer nie,

beteken dit of jy glo dit nie of jy stel nie genoeg belang daarin nie. Dit is

ons probleem en ook ons uitdaging.

b) Dit behoort die mees algemene gawe te wees.

Ons sien dit volgens 1 Korinthiërs 14.

Hoeveel keer het ons dit nie gesien hoe min het ons dit, selfs in ons eie

gemeente. Dit is ons gebrek, ons erken dit. Daar behoort baie meer

profesie te wees. Nie meer as drie mag profeteer nie, net soos met die

tale, anders sal profesie naderhand die hele diens oorheers. Dit is die

124

gedagte, dit is jou “safeguard”, jou veiligheidsklep, maar as jy ‘n diens het

en daar is in elke diens, hierdie gawe is prominent, elkeen is ingestem en

ingestel en jou profetiese gawe werk, dit het ‘n magtige uitwerking op ‘n

gemeente. ‘n Magtige aansporing en stimulus. Kom laat ons dan nou nie

net teoretiese mense wees nie, ons hoor nou hierdie dinge en laat ons nou

ons daarvoor beywer en laat dit prominent wees in die gemeente waar u is.

c) Profesie is duidelik vir die verstand maar is nie spreke met die

verstand nie.

d) Profesie is goddelik en bonatuurlik;

Maar dit is nie afhanklik van ‘n persoon se welsprekendheid soos in die

geval van Jesaja, Amos, Jona, Anna, Filippus se dogters.

e) By die doping in die Heilige Gees wat soos voorheen gesien is,

noodwendig gepaard moet gaan met spreek in ander tale.

Mag dit gebeur dat die Here aan so ‘n persoon ook die gawe van profesie

skenk, soos in die geval van die 12 dissipels van Éfese.

Handelinge 19:6.

En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op

hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

“Hulle het met tale gespreek en geprofeteer”. So dit kan gebeur, gelyktydig

met jou doping in die Heilige Gees.

f) Die gawe mag nooit die plek van die geskrewe Woord inneem nie.

Daar is diegene wat op ‘n dwaalpad gekom het omdat hulle die geskrewe

Woord opsy gesit het ten gunste van ‘n gesproke woord. Die mens is ten

alle tye feilbaar en profesie sal ook ophou

1 Korinthiërs 13:8;

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesie - hulle sal tot niet

gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan.

1 Petrus 1:25;

maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die

woord wat aan julle verkondig is.

“Maar die woord van die Here bly tot in ewigheid”.

Weereens, daar is die neiging veral in groot herlewings waar die mense die

gawes baie vinnig en wonderlik, skouspelagtig deelagtig word. Dit was ook

so met ons in die begin as ‘n groep. Die Here het sulke groot wonderwerke

gedoen. Daar was sulke magtige manifestasies, ek sê dit nou met alle

liefde en respekte van ons ouer mense wat saam met my begin het,

wanneer hulle nou hier lees, moet hulle mooi oplet, hulle moet my nie

kwalik neem nie, hulle moet hulle eie lewe ondersoek, die Here het so

wonderlik gewerk maar hulle wou nie in ‘n Bybelstudie sit nie, so iets soos

hierdie was vir hulle te dood, daar moes net “vuurwerke” plaasvind. Daar

hét en dit hét wonderlik gebeur en daar was die Woord opsy geskyf tot ‘n

125

groot mate in hulle eie verlange terwille van die gawes waaronder profesie

ook was.

Wel, ek voel dit is een van die redes waarom ons vandag, ek sê dit met

hartseer, nie naby is waar ons daardie tyd was nie!

Die Here se Woord is altyd eerste en altyd bokant die gawes;

Uit die Woord vloei die gawes;

Die Woord reguleer die gawes;

Die Woord wys vir jou hoe om die gawes te gebruik;

Die gawes moet nooit die plek van die Woord hê nie!

As ons vir mense vertel wat daardie tyd gebeur het, klink dit ongelooflik.

Jong kinders en jongmense wat jy so mee sukkel om in ‘n diens te kry, hier

vroeg in die middag is hulle al gereed vir die diens. Daar was nie praat van

anderplekke toe te gaan nie. Ook nie soos ons jongmense van nou in die

agterste banke sit nie, hulle wou net voor sit want hulle wou sien wat daar

gebeur. Daar hét wonderlike dinge gebeur. So was ons dienste gewees

maar het gesukkel om hulle in ‘n Bybelstudie te kry. Ek moes die

Bybelstudie opgee, niemand het gekom nie. Dit is waar die tragedie van

die saak ingekom het. Dit mag nie gebeur nie!

g) So onfeilbaar is die Woord van God, en so onbesproke as middel

om enige toets te doen dat ander profete wat teenwoordig is, oordeel

kan vel oor die profesie van ‘n spreker.

Dit is belangrik.

1 Korinthiërs 14:29;

Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.

“Laat ander dit beoordeel”.

Wanneer ek profeteer moet ek nie my medebroers of susters kwalik neem

as hulle my profesie beoordeel want my profesie kan feilbaar wees daar is

net een Woord wat onfeilbaar is en dit is hierdie WOORD, die Bybel; maar

my woord kan feilbaar wees. Die profesie wat deur my kom, daar is

verskillende redes daarvoor soos ek alreeds genoem het, die oomblik wat

ek dit uitspreek hoor en verstaan ek dit, en dit beïnvloed my verstand, ek

kan my emosies partykeer of my gedagtes wat na my kom verkeerd

beoordeel, ek kan reken dit is alles van die Gees van God, party kan dit

dalk van my eie gees wees. Die punt is: - Dit kan feilbaar wees, daarom

moet dit beoordeel word. Elkeen wat die gawe van profesie het, kan ‘n

ander se profesie beoordeel maar meer nog as dit, elke weergebore kind

van die Here, het alreeds die Heilige Gees. Hy kan nie wedergebore raak

sonder die Heilige Gees nie.

126

Elkeen wat gedoop is in die Heilige Gees, het die Heilige Gees in die sin,

dit sal u almal kan beaam, dat jy in jou gees al dadelik kan voel wanneer ‘n

ding reg of verkeerd is! Jy moet jou gees daarop instem en inskerp dat jy

in jou gees ‘n saak al klaar kan beoordeel. So ook te meer ‘n profesie.

‘n Profesie wat nie in die grense van Gods Woord val nie moet onmiddellik

as onskriftuurlik en waardeloos verwerp word sonder enige vrees. Die

profeet wat uit homself profeteer, daardie profesie is nie van God nie.

Eségiël 13:1-9;

1 EN die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

2 Mensekind. Profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en

sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die

HERE!

3 So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle

eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.

4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.

5 Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om

die huis van Israel, om in stryd pal te staan in die dag van die HERE

nie.

6 Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat

daar sê: Die HERE het gespreek -- terwyl die HERE hulle nie

gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

7 Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery

gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie

gespreek het nie?

8 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek

en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen

julle, spreek die Here HERE.

9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien

en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie

wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word

nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek

die Here HERE is.

‘n Profeet kan dit doen en hier lê jou gevaar, mense kan uit hulleself

profeteer. Daar is baie sulke gevalle in Jeremia, Eségiël se tyd, waar die

Here vir sy profete gesê het, die profete profeteer uit hulleself en daardie

profesie is nie uit God nie. Dit kan gebeur met ‘n profesie, u moet dit weet,

alles wat moontlik is en daardeur gewaarsku wees maar nie terselfdertyd

sê, “dan kom ek nie daar naby nie”, want dan is u weer ongelowig. Dan

vertrou u nie die Here nie. As u die Here vertrou en sê: “Here, ek wil alleen

hê wat eg is en ek gee myself daarvoor”. Dan sal die Here jou eer. Ons

moet dit weet sodat ons die valse, as dit kom, kan uitken!

127

h) Die besitter van die gawe is ten volle verantwoordelik vir die

gebruik, misbruik of onderdrukking of kontrole daarvan.

1 Korinthiërs 14:31-33;

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en

almal bemoedig word.

32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33 want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in

al die gemeentes van die heiliges.

Sodat as iemand vir jou sê, hy het iets gesê of iets uitgebring, iets gedoen

het of dit met profesie of manifestasie of wat ookal, as hy vir jou sê, en jy

sê, broer of suster, dink jy dit was nou reg? En hy sê, (party nogal baie

verontwaardig) maar die Gees van die Here was op my en die Gees het my

dit laat doen, dit laat sê, moet jy dit nie aanvaar nie. Die gees van die

profeet is aan die gees (van jou) onderworpe. Jy het, of behoort tenminste

beheer daaroor te hê. Dit is alleen bose geeste wat vir ‘n mens dinge laat

doen waaroor jy nie beheer het nie. Dit is baie belangrik.

Die Heilige Gees sal jou nooit iets laat doen waaroor jy nie ook in beheer is

nie, dit is baie belangrik omdat God jou gees respekteer, net soos die Here

jou nie sal red teen jou wil nie. Hy sê: “My seun, my dogter, gee my jou

hart.” God sal geen mens red teen sy wil nie. As jy die Here nie wil

aanneem nie, sal die Here jou nie red nie, met ander woorde, daar is jou

deel wat jy moet doen.

Dit is dieselfde met die werking van die Heilige Gees. Jy kan dan ook, net

soos jy jou tale kan beheer, wanneer dit buite orde is om in tale te praat en

jy voel dit tog op jou kom, met jouself praat om jouself te stig.

Dieselfde met profesie. Ons het al gevalle gehad terwyl die prediker besig

is om te preek, nou goed, elkeen voel die salwing van die Here so magtig,

die persoon bring ‘n magtige boodskap, dit roer jou siel, jy voel of jy

bolmakiesie kan slaan op daardie oomblik, en jou weer opnuut tot God kan

bekeer.

Ek voel baie keer so onder die geklank van die Here se Woord, jy voel of jy

allerhande dinge kan doen maar jy gaan dit nie doen nie want dit sal nie

daardie diens stig nie! Jy voel of jy kan uitbars in tale terwyl die persoon

preek, jy doen dit nie! Jy beheer dit, jy voel die Here gee vir jou nou so ‘n

magtige openbaring, so ‘n salwing dat jy wil profeteer terwyl daardie

persoon preek maar jy doen dit nie!

Ons het sulke gevalle gehad, waar ‘n persoon dan sommer in die middel

van die preek uitbars en begin praat in tale en profeteer. Hier preek die

prediker en hier praat die persoon, daar is twee persone wat praat,

128

onmiddellik is dit verwarrend, na wie luister jy, so die gevolg is die prediker

bly dan stil.

Die Heilige Gees is soewerein, daar kan uitsonderlike gevalle wees, ek

weet van sulke gevalle waar dit gebeur het, waar dit magtig tot stigting was

en dat die Heilige Gees dit bevestig het. Maar dit is baie, baie seldsaam en

dit sal die uitsondering wees en nie die reël nie anders gaan jy chaos kry

want almal voel dan om ook te profeteer. Dit is so ontroerend en almal

voel aangevuur, so vol van blydskap of vol oortuiging of wat ook al. Ons

moet dit beheer!

j) Alhoewel boodskappe en profesie aan beheer onderworpe moet

wees, moet daar nogtans geen rede bestaan dat ware profesie verag

word nie

1 Thessalonicense 5:19-21;

19 Blus die Gees nie uit nie.

20 Verag die profesie nie.

21 Beproef alle dinge; behou die goeie.

“Beproef alle dinge; behou die goeie”.

Dit is nou jou probleem wat jy in Pinkster kry, ons het hierdie

ondervindinge, nie net in profesie nie, jy kry dit partykeer met

manifestasies, lofprysing, om te huppel en te dans in die gees. Partykeer

te manifesteer, dat daar mense was wat dan op ‘n sekere oomblik hierdie

dinge doen wat nie pas op daardie oomblik nie. Dan is daardie diens

daardeur ontstig. Die gevolg daarvan is dat jou hele gemeente voel en

onderskei die ding dat dit nou nie in die gees op daardie oomblik was nie.

Nou is die neiging van daardie diens om styf, bang te wees vir wat die of

daardie persone sal doen. Die gevolg is jou vryheid raak weg. Dit is een

van die dinge wat met ons groepie gebeur het. (Moenie dink dit is omdat

julle nie Bybelstudie toe gekom het nie, as julle gekom het sou julle dit

geweet het.) Daar het ook ander dinge gebeur wat dan daardie

vrymoedigheid van daardie hele diens weggeneem het dat jy onder ‘n

spanning was met die gevolg jy wil niks doen nie en die gevolg was dinge

het net so begin afneem. Dit het jy gevind in die hele pinksterbeweging.

Die rede waarom dinge so styf is in baie pinksterbewegings en in baie

gebeur daar absoluut niks nie omdat die beheer so styf gehou word. Hulle

is bang dat daardie dinge uit orde en uit die gees sal gebeur. Dit is een

rede daarvoor. Maar as ons nou liewerste lering het soos ek nou probeer

om vir u te gee en in liefde aanvaar en elkeen waarlik die Here se aangesig

soek sodat ons al hierdie wonderlike dinge kan hê.

129

Altyd op die regte tyd en regte manier sodat die hele diens tot stigting sal

wees en wanneer daar gepreek word dan luister jy met blydskap daarna.

As jy juig, dan juig almal saam, hande klap of wat ook al, almal doen mee.

As dit klaar is en daar is iemand wat profeteer dat daar nie so ‘n beaming

sal wees dat dit steur nie. Of as iemand in tale praat dan saggies by

homself dat dit nie steurend sal wees terwyl daar geprofeteer word nie. Of

as iemand bid dat almal dan nie so hard saam bid in ‘n diens dat niemand

kan hoor wat gebid word nie! Daar is oomblikke van gesamentlike gebed,

soos ons dit partykeer in ons bidure het, maar wanneer die persoon dan

uitbid, dat die ander dit tog kan hoor wat daar gebid word sodat jy daarop

kan amen sê! Dan kom die stigting en die vryheid en die seën van die

Here in die saak.

Juis nou, omdat dinge partykeer gebeur het, het dit nou al tot ‘n punt

gekom waar profesie verag word. Miskien het baie mense so uit die vlees

geprofeteer dat jy dit met ‘n stok kon voel en dat mense die profesie dan

heeltemal in diskrediet gebring het. Soos in ‘n geval waar ‘n persoon

geprofeteer het en iemand sê agterna van hom; ek het nou net gehoor

watter taal hy gebruik, of ek weet wat hy doen, of ek werk saam met hom

en hoor hoe hy leuens vertel, dan profeteer hy nog. Ek is heeltemal eerlik,

hierdie dinge gebeur. Dit is nie die skuld van die Heilige Gees nie, ook nie

die skuld van die gawes nie. God se gawes is onberoulik. Daardie

persoon wat dit doen sal hom gou vasloop. Intussen het hy ‘n skoon en ‘n

wonderlike ding bederwe. Moenie as u so iets teëkom, dat u daardeur die

gawe van profesie verag nie. Dat u daardeur sal sê profesie is vals of

uitleg van tale is vals, nee daardie persoon wat so profeteer is vals. Hy

behoort dan beoordeel te word en in die liefde behoort ons met mekaar die

waarheid te praat en so ‘n persoon reg te help, die Here keur dit nie goed

nie, dit doen skade aan die gemeente en dit is nie goed vir die saak van

God nie. Laat ons saam bid oor die saak! Maar moenie daardeur die

gawe gaan weggooi nie, dit is wat baie keer gebeur.

k) Soos in die geval van al die ander gawes is dit noodsaaklik dat dit

deur die geloof beoefen word.

Ek kan ‘n groot AMEN daarop sê! Jou ander rede waarom die gawes nie in

werking is in jou gemeente nie of as dit in werking was verdwyn het, is

ongeloof. Ongeloof is natuurlik sonde! Ons maak God daardeur tot

leuenaar. Moenie dat ons dit as verskoning gebruik nie en laat ons, ons

eie harte, bewegings en kerke ondersoek! Sodat ons daardie ongeloof kan

laat staan.

In Romeine 12 vind ons dat die profesie geskied volgens die mate van

geloof. Hoe meer toegewyd die gelowiges is, hoe voller sy vertroue in die

130

Here is hoe heerliker en ryker en meer volledig sal die gawe opereer. (Dit

is die waarheid)

Romeine 12:6-8;

6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan

ons gegee is:

7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk

van bediening; of wie leer, in die lering;

8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n

voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met

blymoedigheid.

“Is dit profesie; na die maat van geloof”.

Soos iemand eenkeer gesê het van ‘n persoon wat eenkeer groot

herlewings in sy gemeente geprofeteer het maar dit het nie gebeur nie.

Daardie persoon het seker groot hoop en verwagtings gehad vir die

herlewing maar ek dink sy geloof was seker nie sterk genoeg nie of wat

ookal. Dit het nie gebeur nie, daardie profesie was nie waar nie want dit

het nie uitgekom nie. So, ons moet ook profeteer na die mate van ons

geloof.

l) Daar bestaan ’n moontlikheid dat geestes gawes verwaarloos kan

word;

Soos in die geval waar Timótheüs deur die apostel Paulus gewaarsku

word. Ons gaan hierdie paar Skrifte lees want dit is baie belangrik.

As die Here vir u ‘n geeste gawe gee, ontwikkel hom, bid daaroor, gebruik

hom maar moet die gawe nie verwaarloos nie.

1 Timótheüs 4:14;

Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is

deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.

“Verwaarloos nie die genadegawe nie”.

2 Timótheüs 1:7;

Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar

van krag en liefde en selfbeheersing.

“Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie”.

So baie keer verwaarloos ons, ons genadegawe deur vreesagtigheid, deur

wat sal ander daarvan dink of dalk sal hulle sê ek is vals. Moenie laat die

ou duiwel met jou speel nie. Ondersoek jou hart voor God. As jy opreg is

en jy voel daardie stoot, laat hom gaan tot die eer van die Here. Sorg en

kyk dat jou lewe reg is met die Here, reg is met jou medemens en laat God

jou gebruik. Prys die Here!

131

[Kasset nr. L017]

Hoofstuk 7

Die Gawe van Geloof.

Dit is ‘n voorreg om bymekaar te kom vir die Bybelstudie en ons is besig

met die nege gawes van die Heilige Gees. Ek glo die Here gaan ons ryklik

en wonderlik seën, want ons is waarlik, ek glo in die tyd van ons laaste

geleentheid, die wêreld se laaste geleentheid om werklik hulleself gereed

te maak vir die klimaks van die eeue, om die krag van God in hulle lewens

deelagtig te word.

Oral oor die wêreld is die mense besig om belang te stel in die Heilige

Gees, die werkinge en so aan en ons kan sien wat in die wêreld aangaan.

Ek het van my jong jare af geglo dat die Here Jesus nie sal terugkom

voordat Hy die wêreld nie nog een kans gegee het, om werklik die krag en

heerlikheid van God in volle demonstrasie te sien nie.

Daarvoor is dit alleen die aandoening van krag uit die hoogte, die werking

van die Heilige Gees in sy volle krag en glorie wat die Here Jesus sal

verheerlik. Dit is waarlikwaar vir dié wat hulle wil en sal gereed maak om

die Heer te ontmoet met sy wederkoms.

U kan onthou ons het vir u genoem die nege Gawes van die Heilige Gees

en ons het nou drie daarvan klaar behandel, wat genoem word die drie

openbarings gawes. Die gawe van die woord van kennis, waarmee ons

begin het, die gawe van die woord van wysheid en verlede keer het ons

met mekaar behandel die gawe van die onderskeiding van geeste. Dit is

die drie openbarings gawes.

Ons gaan begin met die eerste van die drie krag gawes naamlik; die gawe

van geloof. Daar is die drie krag gawes soos dit in gedeel word, net om dit

beter te begryp.

Die drie krag gawes is:

1) Die gawe van die geloof,

2) Die gawe van die werking van kragte / wonderwerke

(the working of the gift of miracales)

3) Die gawe van genesing / gesondmaking.

1 Korinthiërs 12:9;

aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

132

Daar sien ons van die gawe van geloof.

In die eerste instansie is my eerste punt wat ek wil beklemtoon, dat net

soos die ander gawes is dit bonatuurlik, dit is baie belangrik, ons moet baie

mooi daarop let. Hier is ‘n paar baie fyn punte wat hier gaan uitkom wat u

mooi aan moet dink. Ek is daarvan seker dit sal u siel bekoor wanneer die

lig vir u daaroor opgaan. Net soos die ander gawes, kom hierdie gawe van

geloof in werking, wanneer jy gaan op die Here Jesus se bevel en jy dít op

daardie oomblik nodig het, dit is baie belangrik.

Ek moet nou nie dink, wel ek moet nou die Here soek vir ‘n gawe van

geloof nie. Mense maak ‘n baie groot fout daarmee en sê, “ek sal vir die

Here vra, om aan my hierdie gawe te gegee”. Daardie een sê die Here het

aan my daardie gawe gegee. Ek glo nie dit werk so nie. Ek glo nie mense

kan vir mense gaan sê ek het hierdie gawe of ek het daardie gawe nie.

Die Here gee vir jou die gawes op die oomblik en op die plek waar jy dit

nodig het. Die bedoeling daarvan is nie, as ek nou maar hierdie illustrasie

kan gebruik, verskoon maar as dit nie ‘n goeie een is nie. Ek kan nie my

gawes neem en soos ‘n blompot op my klavier gaan neersit en sê dit is my

gawe daardie nie.

Die HERE gee die gawes:

1) Om vir Hom te werk;

2) Om vir Hom mee te getuig;

3) Om die verslaafde mensdom mee vry te maak.

Daarom het die Here Jesus gesê: “soos die Vader My gestuur het so stuur

ek julle”. Die Here sal nie gawes gee aan mense wat stil sit nie. Jy moet

uitgaan in Satan se gebied en koninkryk, jy moet aanval in die naam van

die Here. Jy moet gaan om vry te maak. Dan sal die Here vir jou op

daardie oomblikke waar jy die gawe nodig het, vir jou gee wat jy nodig het.

Dit is wat so wonderlik is.

U gaan ook nou mooi die verskil tussen algemene geloof en die gawe van

geloof sien. U moet ‘n baie groot, fyn verskil maak tussen die twee. Ons

het almal algemene geloof nodig om gered te word. Jy het algemene

geloof nodig om enige iets van God vir jouself toe te eien. Dit moet elkeen

hê. Sonder geloof sê die skrywer aan die Hebreërs is dit onmoontlik om

God te behaag. Die Bybel sê op ‘n ander plek, alles wat nie uit die geloof

is nie, is sonde.

Die gawe van geloof is iets anders.

Dit is een van die gawes van die Heilige Gees.

Daarom moet ons ook onthou dit gaan saam met die doping in die Heilige

Gees.

133

Wanneer ek die gawe nodig het, sal die Here dit vir my gee, op die

oomblik wat ek dit nodig het.

U sal sien uit die voorbeelde wat ek vir u gaan gee en verdere illustrasies,

ook voorbeelde uit die Bybel. Asook my eie beskeie ondervindinge,

waarvan ek kan getuig en met baie groot beslistheid kan ek vir u sê, hoe dit

in my eie lewe gewerk het en van tyd tot tyd baie definitief werk.

Een van die baie belangrike en wonderlike aspekte van hierdie gawe,

wanneer hierdie gawe op daardie oomblik op jou kom, sal jy dit weet. Jy

sal onmiddellik in die “rus van die Here ingaan”. In jou grootste intense

situasie waarvoor jy die gawe gaan nodig hê, sal jy nie hoef te spartel nie.

Jy sal nie hoef te sê, nou moet ek geloof hê nie. Daar kom so ‘n heerlike

versekering dat die Here nou ingegryp het, dat te midde van dit alles, kan jy

sê as die wêreld miskien sal vergaan, sal jy in die grootste rus wees.

Ek sal weer daarby kom, maar net ‘n voorbeeld, daar waar die Here Jesus

gelê en slaap het in die bootjie gedurende die storm. Hoe sy dissipels

geworstel het en Hom naderhand gaan wakker maak het en gesê het, Here

gee u nie om dat ons vergaan nie? Die Here Jesus was in die rus van die

gawe van geloof. Hy het vir hulle gesê kom laat ons oorgaan na die

anderkant. Hy het homself aan die Vader oor gegee en Hy was in die rus

van die geloof. Daar is geen sparteling nie, daar is geen inspanning

wanneer die Here vir jou die gawe in daardie situasie gee nie. Dit is een

van die wonderlikste ondervindinge wat ‘n mens ooit kan hê. Prys die Here

daarvoor, onthou dit is ‘n gawe van die Heilige Gees.

Baie mense sal vir jou sê, (as jy hierdie gawe in werking in jou lewe het) jy

is nou maar sommer net ‘n gebore optimis. Maar dit is nie die punt nie. Dit

kom heerlik, natuurlik! Al sal almal miskien rondom jou paniekerig of

miskien verskriklik vreesagtig wees, jy sal in die rus van die Here wees.

Dat mense partykeer vir jou sal sê, maar lyk vir my dit steur jou nie, jy

besef nie hoe ernstig is hierdie posisie nie. Jy besef dit goed genoeg maar

jy het ‘n boodskap uit die hemel ontvang. Jou hart weet, “it is going to be

alright”. Loof die Here, dit is te wonderlik. Dit is een van die drie krag

gawes, saam met genesing en die werking van kragte. Geloof is

essensieel in alles.

Efesiërs 2:8; (ons het geloof nodig, om gered te word).

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit

julleself nie: dit is die gawe van God;

Dit is natuurlik ‘n baie wonderlike teks hierdie en as ‘n mens nou met siele

deel, is dit een van jou tekse wat jy definitief nie moet vergeet nie. “Want

134

uit genade is julle gered, deur die geloof en dit nie uit julle self nie, dit is die

gawe van God”. Met ander woorde, hierdie geloof waarmee jy gered was,

dit het jy ook van God gekry. Dit sê in die negende versie; “nie uit die

werke nie sodat niemand mag roem nie”. Selfs jou geloof wat jy gekry het

om die Here Jesus aan te neem, daardie eerste werking in jou siel wat jy

gevoel het, jy moet God soek, selfs oor dit kan nie een van ons roem nie.

Die Here het dit ook vir jou gegee.

Maar dit is nie die gawe van geloof nie, wat een van die gawes van die

Heilige Gees is nie.

Hebreërs 11:1-6; (let op vers 6)

1 DIE geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys

van die dinge wat ons nie sien nie.

2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.

3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van

God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word nie, nie ontstaan

het uit sienlike dinge nie.

4 deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain,

waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat

God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof

spreek hy nog nadat hy dood is.

5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie;

en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor

sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat

tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom

soek.

Die hele elfde hoofstuk van Hebreërs, soos u natuurlik weet gaan oor die

geloof. Die aard van die geloof (sê onse Afrikaanse Bybel hier) en

voorbeelde uit die Ou Testament.

Die sesde vers; “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag,

want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is; en ‘n beloner is van die wat

Hom soek”

Ons het geloof nodig in alles om die Heer te behaag. Maar dit is nie die

gawe van geloof wat in kombinasie met die ander gawes werk nie. Om die

gawe van geloof te kan ontvang vir die oomblik wat jy die gawe nodig het,

is dit een van dié gawes wat van jou vereis dat jy naby aan die Here moet

lewe. Dat jy in noue kontak met God moet wees. Want dit is een van die

krag gawes.

Dit is die tipe van geloof wat die Here van gepraat het waarmee jy ook

berge kan versit. Hierdie gawe van geloof is die geloof wat in Daniël se

135

geval, die bek van die leeu toe gehou het, wat Sadrag, Mesag en

Abednégo deur die vlamme laat stap het, en so aan. Maar om dit in

werking te kan hê en al die ander gawes ook, maar hierdie een by uitstek,

moet jy baie naby aan die Here lewe. Want jy is uit op die frontlinie teen

die magte van Satan om hulle te verbreek.

Sekerlik, as daar een element is, as ek dit so mag noem, wat weet of jy

kom om besigheid te meen, jy kan ‘n mens nog bluf, maar jy kan nie die

duiwel oor hierdie dinge bluf nie. Hy weet dit. Maar dank die Here hy weet

ook as die Here vir jou daardie gawe gegee het. Dan vlug hy en neem hy

die wyk en is jy in outoriteit. Dank die Here daarvoor.

Een van die vertalers van die Bybel, Weymouth, hy vertaal 1 Korinthiërs

12:9, soos volg, “to a third man by means of the same spirit special faith”.

Hy noem die gawe van geloof “special faith”, dit is nie sommer net gewone

geloof nie, dit is “special faith”. Dit is ‘n baie goeie vertaling.

Laat ek dit sommer so afwissel met ‘n paar lieflike voorbeelde. Kom ons

kyk na Elía op berg Karmel en ook waar hy besig was om met Agab eers

oor die droogte te praat en toe oor die reën wat sou kom.

1 Konings 17:14;

Want so die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie

opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die

dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.

Dit is nou hier waar hy daardie wonderlike voorspelling gemaak het omtrent

die olie en die meel. Loof die Here, dit het baie ander verklarings ook,

maar hier het Elía met baie groot beslistheid daardie woord gespreek. Dit is

‘n profesie wat hy gemaak het, maar jy kan sommer as jy hom in die gees

lees en veral as jy die ondervinding gehad het van hoe die Here met jou

werk, dan kan jy sommer voel hier was ‘n versekering in Elía wat hom dit

met die grootste gemak, maar ook met die grootste beslistheid laat sê het.

Daar was nie die minste inspanning dat hy vir hierdie vrou gesê het wat

sou gebeur en dit het presies net so gebeur nie.

1 Konings 18:15;

Maar Elía sê: So waar as die HERE van die leërskare leef, voor wie

se aangesig ek staan, ek sal my seker vandag aan hom vertoon!

Om te sien wat se soort lewe Elía gelei het met die Heer. 1 Konings 18 is

daardie lieflike hoofstuk waar Elía gesê het en die uitdaging aangegaan het

met die priesters van Baäl dat dié God wat met vuur antwoord Hy is die

ware God. Hoedat hy die altaar gebou het en hy vir die Baälpriesters gesê

het, julle kan maar eerste tot julle god roep. Hulle het van die oggend

vroeg tot die middag laat geroep. Elía het naderhand met hulle begin spot.

Jy kan sien hier was geweldige dinge op die spel. As Elía daardie dag nie

136

geslaag het nie, met Isébel wat so hatig op hom was en met hierdie

vierhonderd Baälpriesters daar nie iets daardie dag gebeur het nie was dit

klaar met Elía. Hulle sou Elía dood gemaak het en kyk hoe sou die Here

onteer gewees het. As u daardie hoofstuk 1 Konings 18, mooi biddend

deur lees, dan sal u sien die groot vertroue en versekering, u kan amper sê

die gemak, waarmee Elía die Baälpriesters begin spot het, en gesê het

miskien is hy aan die slaap of in gedagte of op reis, roep maar ‘n bietjie

harder. Toe kom Elía en hy laat nog water opgooi op die offerande en hy

laat nog die sloot ook vol maak met water. Toe roep hy die Here aan en u

kan sien dit was sommer maar net ‘n baie kort gebedjie wat hy tot die Here

geuiter het.

1 Konings 18: 36-38;

36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía

gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit

vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek

al hierdie dinge op u woord gedoen het.

37 Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat

U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.

38 Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en

die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die

sloot was, opgelek.

Prys die Here! Ek wil hê u moet nou iets baie moois en wonderliks hier

sien en wat vir u ‘n baie wonderlike illustrasie gaan wees. Ek dink u kan in

die gees voel, daar staan hierdie profeet van die Here alleen, die volk self

was afvallig, die koning is afvallig, sy vrou is eintlik ‘n heidense vrou met

haar heidense priesters. Hier staan hy man alleen en hy praat met die

Here en die vuur val uit die hemel uit en doen daardie groot wonderwerk.

Jy kan vir Elía daar sien in kalmte en in die rus en in die krag van God. Hy

was meester van daardie situasie.

Maar was dit nou Elía se sterk geloof, was dit nou maar amper sê inherent

in hom? Nee, Jakobus sê Elía was ‘n mens net soos ons, en die bewys

daarvan is in die volgende hoofstuk, 1 Konings 19, daar hardloop Elía weg

en hy gaan lê onder die besembos! Hy sê, Here laat ek maar liewerste

sterwe. Pap, sonder krag en is niks werd nie! Hoekom? U kan sê die

salwing was af, die gawe van geloof was weg.

As hy dan nou sommer maar daardie geloof as aanhoudende fontein

gehad het as ‘n gawe, soos baie mense die gawes wil uitlê, (ek het nou die

gawe en dit is nou myne). Ek kan dit onder my arm sit en vir die wêreld sê;

ek het die gawe van geloof. Ek kan daarmee rondloop en ek het die gawe

altyd. Dit is nie waar nie! Hier in 1 Konings 18, was dit op Elía en loof die

137

Here, hy het teen die hele Israel, teen al die Baälpriesters gestaan. Die

Here het geantwoord met vuur. In die volgende hoofstuk hardloop hy weg

vir Isébel en hy is bang vir haar en is moedeloos, klaar. Wat ‘n wonderlike

illustrasie. Dit is presies so met ons!.

Elía het natuurlik op daardie oomblik as jy dit mooi ondersoek, ‘n baie groot

fout gemaak wat vir ons ‘n goeie les is. Elía het toegelaat dat hy

ontmoedig geraak het. Heeltemal natuurlik, hier het die Here geantwoord

met vuur, die mense het almal uitgeroep, “die Here is God, die Here is

God”! Want die uitdaging was juis dit, die ene wat antwoord met vuur was

die ware God. Hier antwoord die Here met vuur! En tog, na dit alles verby

was het die volk hulle nog nie tot God bekeer nie! Genoeg om enige mens

te ontmoedig. Verskriklik ontmoedigend en Elía het dit toegelaat en in

daardie toestand geraak.

So ons moet ook onthou, ons moet onsself altyd versterk in die Here. Ons

moet onsself altyd bemoedig in die Here. Hier êrens in 1 Samuel 30 of

daar rond, ek weet nie of u kan onthou nie die een keer toe Dawid nog,

voordat hy koning gemaak was, toe gaan veg hulle teen die Ámalekiete, en

toe hulle die bende agterna sit, en in hulle afwesigheid het of die

Ámalekiete of die ander bende hulle kamp aangeval, alles verbrand en

hulle vroue en hulle kinders weggevoer. En dit sê, die manne was almal

verskriklik ontmoedig en hulle wou vir Dawid stenig op daardie oomblik.

Toe het Dawid homself in die Here versterk! Hulle het een raakgeloop wat

uit die bende agter gebly het, hy het toe vir hulle gesê waarheen hulle is en

Dawid het hulle agterna gesit en verslaan en het hulle vroue en kinders en

alles terug gekry. Maar op daardie oomblik het Dawid hom in die Here

versterk.

Een van die groot dinge wat die kind van God moet leer is om in hulle tyd

van hartseer, teleurstelling en van teëstand, wanneer daar niemand anders

is wat jou skynbaar kan help nie, moet jy jouself in die Here versterk. Dit is

hier, een van die wonderlike dinge van die spreek in vreemde tale is dat jy

jouself daarmee in die Here kan stig. Jy kan jouself in die Here versterk

deur die spreek in vreemde tale en dan God daarin aan te roep!.

Hier is ‘n goeie illustrasie van hoe, in die een geval was Elía sterk gewees

om almal uit te daag en net die volgende oomblik toe was hy heeltemal

swak. So werk die gawe van geloof.

Markus 11:22-24 en dan vers 21;

22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

138

23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê:

Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie,

maar glo dat wat hy sê, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy sê.

24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle

dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Hierdie het gevolg op waar die Here Jesus daardie vyeboom bestraf het.

21 En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom

wat U vervloek het, is verdroog.

Hulle was baie daaroor verbaas, want die Here Jesus het hom bestraf en

gesê daar sal niemand meer enige vrugte van jou eet tot in ewigheid nie.

Die volgende dag toe hulle daar kom is dit so, en toe was hulle baie

verbaas! En toe sê die Here Jesus in vers 22; “en die Here antwoord sê

vir hulle julle moet geloof in God hê.” Nou, daardie vertaling is nie

heeltemal ‘n korrekte vertaling in ons Afrikaanse Bybel nie. Wat die Here

Jesus gesê het is; “julle moet die geloof van God hê”. In die “Engelse

Revised Ver-sion” sê dit, die Here Jesus sê: “ye must have the faith of

God”. “In other words, you must have God's faith”. Met ander woorde, wat

die Here Jesus vir hulle gesê het om dit te kan doen moet jy God se geloof

hê. Jy moet die geloof hê wat van God af kom!

Hier is ‘n volgende belangrike punt omtrent hierdie gawe wat ek vir u wil

verduidelik. Onthou u toe ons begin het met die gawe van die woord van

kennis, toe het ons vir u gesê, God het alle kennis, God is alwetend.

Wanneer Hy nou vir jou, die gawe van die woord van kennis in jou laat

opereer dan gee Hy vir jou vir daardie moment, daardie fraksie, daardie

gedeeltetjie van Sy alkennis net vir daardie situasie. U verstaan dit goed.

Net so, toe ons met u behandel het die gawe van die woord van wysheid.

God het alle wysheid maar vir daardie oomblik om sê, ‘n sekere situasie te

red, (onthou hoe ons dit met u behandel het), gee God vir jou, vir daardie

oomblik, situasie en behoefte, gee Hy vir jou daardie stukkie van sy woord

van wysheid. So met die onderskeiding van geeste, God ken alle geeste.

God ken alle mense se geeste. God ken alle demoniese geeste. God

weet presies alles wat in die geestes wêreld aangaan. Maar vir jou

behoefte, vir daardie oomblik as jy miskien, ‘n demoon in iemand moet

uitken of ‘n sekere gees in ‘n sekere situasie moet onderskei.

Of soos ek ook vir u gesê het waar jou gees nodig het om ‘n ander persoon

se gees in te dring, om daardie persoon se gees van “binne” te sien, wat

wonderlik is! U sal verstaan hoe u daardie persoon dan sal kan help, om

daardie persoon te kan bevry, gee God vir jou daardie fraksie van die

onderskeiding van daardie persoon se gees. Netso met die gawe van

139

geloof. God, as ons dit so mag noem, het alle geloof! God het die oseaan

van geloof. Maar vir jou situasie, soos in die geval waar die Here Jesus

nou vir die vyeboom gesê het, het die Here Jesus genoeg geloof nodig

gehad om daardie vyeboom te laat verdroog. Hy het daardie gawe op

daardie oomblik van God ontvang. Toe hulle so verbaas was, sê Hy, julle

moet die gawe van God hê.

So kry jy dan vir daardie situasie, vir daardie oomblik, daardie gawe van

God se geloof wat genoeg sal wees om jou sekere situasie te hanteer. Op

‘n ander plek het die Here Jesus gesê; as jy die geloof het van ‘n mosterd

saad, sal jy vir hierdie berg sê word ontwortel en in die see geplant, as dit

nodig is. God se geloof kan alle berge versit! Maar as dit nodig is om net

daardie een berg te versit, sal God jou genoeg, sal ek sê, gewig van geloof

gee om daardie berg te versit.

Moenie dat hierdie dinge vir ons te wonderlik klink nie. Ons het nie iets

wonderliks nodig nie. Jy het nie nodig om jou hart in mekaar te laat trek of

enige iets te doen nie. Dit is net ‘n eenvoudige opkyk na God vir daardie

oomblik en daardie situasie. Ek sal vir u verdere voorbeelde nog gee. Kyk

hoe sê die Here Jesus, ons is nog by Markus 11; “En Jesus antwoord en

sê, julle moet God se geloof hê, (You must have the faith of God) want

voorwaar ek sê vir julle elkeen wat vir hierdie berg sê lig jou op en gooi jou

in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê sal gebeur, hy

sal verkry net wat hy sê”. Nou as hy die gawe van God se geloof op

daardie oomblik ontvang het, sal hy presies kry wat hy sê. Soos toe die

Here Jesus vir daardie boom gesê het word verdroog. In vers 24, -

“Daarom sê Ek vir julle alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit

ontvang en julle sal dit verkry”. Dan volg Hy met sy voorwaarde verse 25

en 26 wat ek nie nou wil op ingaan nie want dit sal ons ‘n bietjie van ons

onderwerp aflei vir die oomblik.

Ons kyk nou ook nog in hierdie selfde verband na:

Matthéüs 17:18-20;

18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan,

en die seun het gesond geword van daardie uur af.

19 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons

hom nie uitdryf nie?

20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê

vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie

berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en

niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

“En niks sal vir julle onmoontlik wees nie”

Nou weet ons hoedat die Here Jesus vir hulle gesê het, hulle moet vertoef

in Jerusalem totdat hulle aangedoen is met krag uit die hoogte, daardie

140

krag, daardie gawe, die koms van die Trooster, was van die uiterste

belang.

Ek het vir u in die begin gesê, die wat by was met die behandeling van die

Reeks oor die “Doping in die Heilige Gees”; wanneer jy gedoop word in die

Heilige Gees dan ontvang jy in sy kiem, in sy kern, ontvang jy elkeen van

hierdie nege gawes. Maar alleen kom dit dan uit in werking, wanneer jy

dan uit gaan op die bevel, want dit is wat die Here jou voor gestuur het. Vir

daardie oomblik en in daardie situasie met jou gewone geloof, dan in die

Here wat baie nodig is, sal die Here dan vir jou vir daardie oomblik soos

Weymouth dan gesê het, hierdie “special” geloof gee. Dit is die gawe van

geloof wat dan in werking tree. “En niks sal vir julle onmoontlik wees nie”.

Het u al ooit daaraan gedink, het u al in u eie siel, (ek hoop u verstaan die

woord wat ek bedoel) “slaags” geraak met Skrifte soos hierdie? Het u ‘n

Skrif al gegryp, gepak en met dit geworstel in u siel? --- “En niks sal vir julle

onmoontlik wees nie.”

Kyk ‘n mens, en u sal miskien weet waarvan ek praat; ‘n mens maak maklik

so met God se Woord, jy verwerp dit nie, maar jy bly net neutraal. Dit is of

jy bang is om dit te pak, want jy voel die konsekwensies daarvan. Miskien

begryp u wat ek bedoel. Dit is baie keer soos ‘n eksamen wat jy moet

skrywe, as u miskien nog onthou toe u vir ‘n eksamen moes leer. Ag, nou

ja wat, ek moet agt uur, dit is nou sewe uur en ek moet eintlik nou al begin

leer maar ek sal maar nou nog so bietjie rondloop buitekant. Miskien so

half agt sal ek dalk begin. Verstaan u? Ek hoop u verstaan.

So ook met die dinge van die Here. Daar is ‘n punt in jou lewe wanneer jy

hierdie dinge moet vat en sê: “Here dit is die waarheid, as U dan sê niks sal

vir my onmoontlik wees nie, Here dan wil ek nou hê, dat hierdie dinge in my

siel gebrandmerk moet word”.

Nou kyk jy; nou gaan jy; nou luister jy na die stem van God!

Jy begin nou om vir die Here te werk. Die Here sal vir jou wys op watter

manier en op daardie oomblik wanneer jy ‘n gawe nodig het sal God dit vir

jou gee. Ek sal wanneer ek by my eie ondervindings kom, sal ek vir u baie

beter kan illustreer want ‘n mens weet meer waarvan jy praat as jy oor jou

eie ondervinding praat. Soos ek vir u gesê het, weer soos in die ander

gawes, ‘n druppeltjie van God se oneindige, onuitputlike voorraad wat op

daardie oomblik in jou menslike hart uitgestort word. Dit is ‘n druppel van

daardie voorraad wat uit die hemel binne in jou hart val en jy voel hom, en

jy weet dit! Dit is te wonderlik! Loof die Here!

Uit my eie ondervinding; laat ek nou vir u ‘n paar illustrasies noem. Jy

verkondig die Here se woord, jy preek vir die mense. God maak vandag

141

nog gesond, God doen nog wonderwerke. Daar staan jy voor die gehoor.

Ek sal onmoontlik, ooit in myself, God se Woord maar net kan preek en

preek en dan nooit tot die punt kom en vir mense sê; nou gaan ons dit op

die proef stel. Wat help dit om die Here se Woord te verkondig as jy dit

dan nie gaan toepas nie. Daar is dan ‘n sieke, ‘n dowe of selfs ‘n blinde of

wat ook al.

Die Here sal ook vir jou wys, die salwing van die Here sal daar wees.

Gaan jy altyd net preek en nou nie iets waag nie, gaan jy nie nou die ding

na die man toe bring nie? Dit is die punt. Dit is nou hier waar jy jou nek

gaan uitsteek. Mense kyk, die mense is ongelowig, die wêreld is krities.

Ons gaan nou ‘n bietjie kyk wat met Gerald McCallum gebeur het.

Ek weet nie wie daardie oggend in die diens van ‘n paar jaar gelede was

nie, maar broer Ben, en Francois was ten minste daar. Die meeste van

julle ken teen hierdie tyd vir Gerald McCallum. Hy was een van ‘n

tweelingboeties, Gerald en Brian, nie ‘n identiese tweeling nie. Brian was

‘n wonderlike kind met ‘n lieflike geaardheid. Nie dat daar iets met Gerald

verkeerd was nie, maar hulle was heeltemal verskillend in geaardheid.

Hulle ouers het hulle na twee verskillende skole gestuur, want Brian het

baie vér bokant Gerald uitgeblink. Hulle wou nie vir Gerald laat

minderwaardig voel teenoor Brian nie. Gerald het na die Milton skool en

Brian het na die Drie Riviere skool toe gegaan.

Eendag het hulle ‘n funksie gehad by die Drie-Riviere laerskool. Hulle het

vlaggies gekry en Brian was verskriklik opgewonde en toe hy van die bus

af klim, het hy seker net eending in gedagte gehad, hy wil vir sy mammie

hierdie vlaggie gaan wys. Toe hy om die bus spring, kom ‘n motor

afgejaag in die pad en skep vir Brian en ry hom dood.

Dit het ‘n verskriklike uitwerking op Gerald gehad wat oor die jare

aangehou het. Gerald het alllerhande soorte van komplekse ontwikkel wat

ons baie voor gebid het en oor gepraat het nadat hulle selfs gedink het om

miskien ‘n sielkundige te gaan raadpleeg. Die laaste kompleks of soos

hulle gedink het wat ‘n kompleks was, het Gerald altyd gekla oor sy voete,

sy voete is so seer, hy kan nie meer loop nie. Hy het ook opgehou om met

ander kinders te speel. Die sielkundiges het gesê Gerald mis vir Brian, en

probeer nou aandag op hom trek. Hulle het naderhand plate laat neem en

het baie beslis vasgestel, Gerald is werklik siek aan sy voete. Die bene in

Gerald se voete is besig om bros te word en te verbrokkel en daar is niks

wat hulle daaraan kon doen nie en oor ‘n paar jaar sal Gerald glad nie

meer kan loop nie.

Een oggenddiens, die Here se Gees was wonderlik teenwoordig, het ons

almal op ons voete gestaan en die Here geprys. Dit was net asof die Here

vir my sê: “dit is nou Gerald se tyd”. Hulle het heeltemal daar agter gesit,

142

en ek sê: “Gerald kom vorentoe die Here gaan jou gesond maak”. Nou

goed, ek het ‘n versekering van die Here gekry maar die vyand het my

verskriklik aangeval, soos hy altyd doen. U het geen idee wat ‘n oomblik

dit in ‘n mense se lewe is nie. Dit is ‘n breuk van ‘n sekonde se besluit wat

jy moet maak op ‘n boodskap uit die hemel en dit in die aangesig van

geweldige teenstand in die geestes (onsienlike) wêreld.

Ek sê: “Gerald kom vorentoe (en almal staan op hulle voete) die Here gaan

jou gesond maak!” Nou, dit in die aangesig van wat die Satan toe in my

gemoed op daardie oomblik sê; “jy vat nou ‘n groot kans”. Regtig waar, dit

is wat hy aan jou doen, hy sê hierdie diens was nou so wonderlik,( net om

vir u te sê, tipies soos hoe Satan praat) jy gaan nou ‘n baie groot “flop”

maak en dit gaan die Here belaglik maak.

Jy sien hy wil altyd hê, dat jy nie tot ‘n punt moet kom nie. Nou wat help dit

as dinge dan nie tot ‘n punt kom nie. Nie net in die godsdiens nie maar in

enige ding is dit so. Baie mense maak nooit ‘n ding klaar nie, dit is jou

moeilikheid. Baie mense is baie slim maar hy kan nooit ‘n eksamen skryf,

of deurkom, of daardie soort van ding nie. Jy moet ‘n ding deursien en God

sal jou help. Hy sê, nou gaan jy die hele ding verongeluk, daar gaan niks

gebeur met Gerald nie.

Al hierdie dinge gaan vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde in jou gedagtes aan.

Ek sê hier binnekant: Wyk Satan, God is waaragtig en elke mens

leuenagtig, en jy ook. Ek sê vir Gerald: “Gerald kom sit hier voor”. Teen

daardie tyd is die salwing van die Here op my en ek sê: “Gerald steek uit

jou voete”, en hy steek sy voete uit en ek gryp hom aan sy voete, ek voel

die Here is daar. Ek vat hom aan sy voete en ek sê: “die Here maak nou

hierdie voete gesond”, en ek sit hulle af en ek sê: “Gerald loop!”

Daardie oomblik toe ek sy voete gryp toe ontspan ek onmiddellik. Dit was

nie meer nodig om te stry of te redeneer nie. Op daardie oomblik toe val

die druppel geloof uit die hemel binne in my hart. Ek weet toe ek vir Gerald

sê: “staan op en loop,” het ek geen fout gemaak nie, Gerald gaan loop!

Gerald het daar op en af geloop en dit is nou ‘n goeie drie jaar gelede.

Gerald was nog nooit weer siek nie. Gerald het gespeel. Daar was nog

nooit weer ‘n woord omtrent Gerald se voete nie, absoluut niks verkeerd

nie. (Ek kan net sê toe ek 15 jaar later uit Vereeniging weg is, was Gerald

nog al die tyd gesond: - F.W.C.N.)

Op daardie oomblik, kyk nou na my illustrasie, op daardie oomblik toe

Gerald nog aankom, toe die duiwel hierdie dinge sê, was dit nog gewone

geloof wat ek moes toepas. Ek moes toe staan, ek het myself nou in ‘n

situasie gestel, nie waar nie?. In ‘n moeilike situasie, menslik gesproke ‘n

situasie van verleentheid. Ek het my nek uitgesteek terwille van die Naam

en die saak van die Here, maar op daardie oomblik toe gooi die Here

daardie druppel van geloof binne in my hart.

143

Nou sal ek u van nog ‘n geval vertel. Dit is my eie ondervinding, en ek

dank die Here soos enige ander getuienis, mense kan maar sê daarvan

wat hulle wil. Hulle kan spot daarmee. Hulle kan sê jy jok maar hulle kan

dit nie van jou wegneem nie, want dit het met jou gebeur. Dit was weer in

‘n aanddiens, daar het ‘n broer en suster Jackson gekom, hulle was met

hulle twee kinders daar. Daar was twee mense die aand wat ek voor gebid

het. Vir die een persoon, het die Here my die gawe van die geloof gegee,

ek het die versekering gehad. Met die ander persoon het ek nie daardie

versekering gehad nie. Ek bid toe eerste vir die vrou, sy het verskriklike

maagpyn gehad, want sy het maag swere gehad en sy moes ‘n groot

operasie ondergaan. Sy was in verskriklike pyn en het ook daar bly sit in

die bank. Ek het na haar toe gegaan en vir haar gebid. Dit het dikwels al

gebeur, die van u wat nou al lank met my saam was sal dit onthou, baie

keer, in die middel van ‘n gebed, dan hou ek op, en dan sê ek: “die Here

het jou nou net gesond gemaak”.

Dit is nie ‘n kans wat jy neem nie, dit is op daardie oomblik wanneer die

Here daardie druppel in jou hart in gooi dan weet jy. Ek het vir haar gebid,

in die middel van my gebed toe sê ek: “Suster, die Here het jou nou net

aangeraak, wees heeltemal eerlik, en sê as dit nie gebeur het nie! As dit

gebeur het, sê dit ook”. Sy het op gestaan en gesê die pyn het nou net

onmiddellik opgehou, op hierdie oomblik!

Hulle is toe die aand weg en hulle het nie terug gekom nie. Omtrent meer

as ‘n jaar daarna, loop ek broer Jackson weer raak, en ek sê broer, ek wil

jou ‘n vraag vra: “Het jou vrou daardie aand gesond geword”? Ek sê, “want

ek het jou dan nooit weer daarna gesien nie. Het julle miskien geskrik of

wat ook al dat julle nooit weer gekom het nie”. Hy sê: “Pastoor ek is eintlik

skuldig ons moes kom getuig het. Hy sê my vrou was nog nooit weer siek

van daardie aand af nie”. Onmiddellik genees, ek het nog nie een keer,

waarvan ek weet, ‘n fout gemaak wanneer ek dit gesê het nie, want jy weet

dit!

Ek dink ek moet vir u nog van hierdie geval vertel. Eendag kom daar ‘n

man en twee dames, sy vrou en skoonmoeder. Die skoonmoeder, ou

mevrou Smit, het my hier na VanderBijl toe laat kom. Haar dogter se

dogtertjie is dood aan bloedkanker, en toe die ander dogtertjie nou min of

meer dieselfde ouderdom bereik, toe begin die dogtertjie presies dieselfde

simptome toon en hulle was toe baie bang. Die ou mevrou Smit vra my toe

om vir die dogtertjie te kom bid. Ek onthou nog die dag, die dogtertjie was

baie skaam en bang. Sy het toe na my gekom en ek het mooi met haar

gepraat en toe vir haar die hande opgelê en gebid. Die Here het daardie

kind volmaak gesond gemaak.

Daar het ek nie ‘n druppel gevoel nie, jy het dit nie altyd nie, jy het nie dit

alleen nodig nie. Die Here eer sy Woord, die Here eer geloof. As jy die

144

hande op die siekes lê, partykeer is dit in koue blote geloof, terwyl jou eie

hart (soos die duiwel maar vir jou wil laat verstaan )vol van twyfel voel. Dat

jy nogtans op God se Woord staan en dit doen. Dit is baie keer, ‘n harde

stryd. Soos selfs wanneer jy vir die siekes ook bid. Jy moet God se Woord

eer en die Here sal jou eer.

Eendag toe kom ou mev Smit daar. Sy sê: “Pastoor ek het my skoonseun

gebring, Roy van den Bosch. Die man was in ‘n verskriklike toestand, hy

kon skaars loop. Hy het soos ‘n krap daar teen die trappies van die huis op

gekom. Hy sê vir my toe, hy het by die werk geloop en op ‘n stukkie pyp

getrap wat op die vloer gelê het en dit het onder sy voet uit gerol. Hy het

op sy stuitjie geval, een of twee van sy rug werwels gekraak en van daardie

tyd af het hy ‘n verskriklike tyd met sy rug, die dokter wil hom opereer.

Sy skoonmoeder stel toe voor hulle moet eers hierheen kom. Ek begin toe

by hulle getuig en ek maak die Here se Woord vir hulle oop. Terwyl ek die

Here se Woord oopmaak, dit is wat die Here so wonderlik doen, toe voel ek

hier is die Here, en Hy gee weer daardie heerlike versekering in my hart,

wat te wonderlik is, jy kan net nie twyfel nie.

Ek sê, “nou goed, ek het nou klaar die Here se Woord vir jou oopgemaak,

ek gaan nou bid, dan gaan ons bid”. Hy sê pastoor ek kan nie kniel nie, ek

sê, as jy nie kan kniel nie, gaan ons staan, kan jy mooi regop staan? Hy sê

ja. Dan kan jou vrou en jou skoonmoeder kniel, om die Here te eerbiedig,

ons twee sal staan.

Hy is ‘n hele entjie langer as ek en ek staan toe so langs hom en sit my

linkerhand op sy kop en ek sit my regter hand hier op sy rug en ek bid vir

hom. Teen daardie tyd toe weet ek al die Here het hom gesond gemaak.

Ek meen die versekering was so wonderlik. Toe ek klaar vir hom ‘n kort

gebed gedoen het, sê ek vir hom, doen nou iets wat jy nie van te vore kon

doen nie. Hy staan so en hy buk so ‘n entjie af en hy kom terug. Ek sê,

was dit seer? Hy sê niks nie. Ek sê, buig nou ‘n bietjie verder, hy buig ‘n

bietjie verder af en kom terug. Toe hang sy mond oop van verbasing. Ek

sê wat is dit? Hy sê daar is geen pyn nie. Ek sê buig nou af so ver as jy

kan, hy gaan heeltemal af, hy kon toe nou nie sy tone raak nie, maar sover

as wat hy kon. Toe hy opkom, toe bars daardie man in trane uit en huil

soos ‘n babatjie. Nie ‘n stukkie pyn nie. Ons stap na sy motor toe, hy

maak die deur oop, hy sê: “Pastoor as ‘n mens wil weet watter kontorsies,

watter verbuigings ‘n mens se rug deurmaak om agter ‘n motorkar se

stuurwiel in te klim, laat ‘n mens se rug net seer wees”. Hy maak die deur

oop en hy glip agter daardie stuurwiel sommer net so in. Ek vra hoe voel

dit? Nie ‘n stukkie pyn nie. Dit word dus in jou hart gegooi nog voordat

jy dit met jou oë sien gebeur. Dit is wat so wonderlik is, jy kan dit verklaar,

voordat jy dit nog gesien gebeur het. Voordat ek vir Gerald gesien loop

het, op daardie oomblik toe ek sy voete los en sê Gerald loop, toe het ek dit

145

al klaar geweet in my hart, en toe het my oë dit gesien gebeur. Dieselfde

met meneer van den Bosch en so aan.

Hier is die volgende belangrike maar wonderlike punt. Jy tree op daardie

oomblik onverskrokke op, sonder om onverantwoordelik te wees. Jy is nie

roekeloos nie, jy vat ook nie ‘n kans nie maar jy tree onverskrokke op. Dit

moet jy doen, jy moet nou reageer op dit wat God vir jou gegee het.

Anders gaan jy die Here onteer. Moet nou nie in u gedagtes dink, pastoor

Neser is nou ‘n besonderse persoon nie. Nee, dit is nie so nie, dit is vir

elkeen van u, maar u sal ten minste dit moet nakom, u sal nie moet skrik op

daardie oomblik nie.

Satan sal vir jou sy tande wys, hy sal enige ding doen om op daardie

oomblik vir jou uit daardie ding te kry. En as jy daar gaan omdraai, gaan jy

so teleurgesteld wees in jouself. Jy gaan, ek voel die Here se hart so

seermaak. Moenie skrik nie, die Here sal jou nie in die steek laat nie. Dit

is die wonderlikste oomblik in jou lewe, op daardie oomblik. Jy is

onverskrokke, sonder om onverantwoordelik te wees. Dit is avontuur, wat

in die diepte van jou wese bekoor.

Ek voel, as ons, ons jeug veral, weer kan bekeerd kry deur die genade van

God, en hulle vervuld kan kry met die Heilige Gees, en hulle kan begin

werk en die gawes van die Heilige Gees in hulle lewe laat werk, sodat hulle

nie na al hierdie ander dinge gaan soek net om ‘n “thrill” en ‘n “kick” te kry

nie. Daar is geen “thrill”, (ekskuus, maar ek noem dit want dit is die taal

wat gebruik word), en geen 'kick” wat met hierdie “kick” vergelyk kan word

nie. Loof die Here, dit is die waarheid, want dit is uit die hemel uit.

Ek kan dit uit my eie ondervinding sê. Luister weer mooi, dit is nie

natuurlike geloof nie, dit is bonatuurlike geloof. Elkeen van ons het geloof

nodig, jy het ook selfs moed nodig, die wêreld kan nie daarsonder bestaan

nie. Byvoorbeeld, mense wat ‘n besigheid oopmaak. Hy het geloof in sy

besigheid en ook moed. Hier maak hy ‘n winkel oop en hy lê duisende

rande aan kapitaal uit. Hy sal dit nie doen as hy nie geloof gehad het dat

hy ‘n sukses daarvan sal maak nie, of die moed gehad het nie, dit het jy,

maar dit is nie daardie soort van geloof of moed nie.

Kom ons kyk net na hierdie volgende paar Skrifte.

Romeine 12:3;

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat

onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n

mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om

besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen

toebedeel het.

146

So, die Here gee geloof aan elke mens. Jy kon nie gered geword het as jy

nie geloof gehad het nie. So het jy geloof vir baie dinge, maar dit is nie die

gawe van geloof nie.

Jakobus 2:26;

Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof

sonder die werke dood.

“Geloof sonder die werke is dood”.

Hy bedoel dit in die sin van, jy moenie net vir die Here sê: “Here, Here, en

dan ook nie doen wat Hy vir jou sê nie”. As jy sê jy glo die Here, dan moet

jy ook daarvolgens handel. So is dit dan ook die uitdaging vir ons. As ons

dan sê, dat ons glo dat die Here vandag nog dieselfde Here is, kom dat ons

daarvolgens handel. Laat ons dit dan waag om die Here op sy Woord te

neem.

2 Thessalonicense 1:3; (N.A.V.)

ONS moet God altyd vir julle dank, broeders. En dit is ook reg,

want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle

liefde vir mekaar altyd meer.

Dit is wonderlik, dit is nou die nuwer vertaling. My ou Bybel sê nog: “Ons

moet God altyd oor julle dank broeders soos dit ook billik is, omdat julle

geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle

almal groter word,”. So, die geloof wat grootliks toeneem, ons weet ons

geloof neem ook toe deur die lees van God se Woord.

Romeine 10:17;

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord

van God.

Geloof kom deur die gehoor van die Woord van God.

Hierdie geloof, hierdie gawe van geloof, hier moet u ook nou mooi kyk. Dit

is nie iets wat u nou opwerk nie, dit is nie ‘n toestand wat jy jouself inkry nie

deur jou verbeelding te gebruik of selfs miskien aan die skree te raak of

rond te spring of wat ook al nie. Dank die Here, om die Here te prys en jou

hande te klap, dit is ‘n ander aspek. ‘n Mens moenie dink daardeur wek jy

geloof op nie. Geloof kom deur God se Woord, kom deur die

teenwoordigheid van die Here, reg genoeg. Maar die gawe van geloof is

op daardie oomblik wat die Here uit die hemel in jou hart ingooi.

Die volgende aspek van hierdie gawe van geloof en dit is baie belangrik:-

Die gawe van geloof se resultaat is nie altyd onmiddellik sigbaar nie! Ons

sal daarby kom, wanneer ons kom by die werking van kragte. Soos die

147

Engelse sê: “the working of miracles”, wanneer jy ‘n wonderwerk doen, die

Here het vir ons daardie gawe ook gegee.

a) Die doen van ‘n wonderwerk is iets onmiddelliks en dit is iets wat

jy kan sien.

b) Die uitwerking, die resultaat van die gawe van geloof is nie altyd

onmiddellik sigbaar nie. Dit is belangrik!

Hier is ‘n illustrasie en ek sal ook vir u illustrasies gee uit die Woord.

‘n Sekere moeder het gebid vir die redding van haar kinders, vir die twee

seuns van haar wat baie roekeloos was. Sy het gebid en sy het deur

gebid. Baie van ons, ons bid nie deur nie. Jy bid ‘n rukkie en dan hou jy

op. Daar kom ‘n oomblik in jou gebed waar jy voel jy maak kontak met

God. Die moeder het deur gebid en die Here het vir haar die versekering

uit die hemel uit gegee dat Hy haar kinders gaan red.

Sy het daardie gawe ontvang op daardie oomblik. Toe sy deur gebid het

en die Heilige Gees op haar gekom het, het sy nie weer vir haar kinders

gebid nie. Sy het gerus en sy het die Here begin prys. Sy het dit geweet

alhoewel daardie kinders nie onmiddellik gered was nie. Omtrent ‘n jaar

daarna is sy toe oorlede, en sy het dit nie eers gesien nie. Na haar dood,

toe is daardie twee seuns albei wonderbaarlik gered. Die Here het haar

daardie gawe op daardie oomblik gegee en sy was tevrede, sy het

heeltemal gerus. Dit was klaar en gedaan en dit het gebeur en sy het dit

nie eers in haar lewe gesien nie!

Kom ons kyk hoe werk dit in die Bybel, dat dit daar ook so gebeur het. Dit

is ‘n wonderlike gedeelte.

Hebreërs 11:8-20;

8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam

weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het

weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van

belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en

Jakob die mede-erfgename van dieselfde belofte.

10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die

boumeester en oprigter is.

11 Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word;

en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou

geag het wat dit beloof het.

12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ‘n verstorwene,

kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan

die strand van die see, wat ontelbaar is.

148

13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te

verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet,

en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

14 Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.

15 En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek

het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.

16 Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom

skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie,

want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

17 Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak

geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene

geoffer

18 aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word - want hy

het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek;

19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.

20 Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op

die toekoms.

“met die oog op die toekoms” en vers dertien, “in die geloof het hulle almal

gesterwe sonder om die beloftes te verkry maar hulle het dit uit die verte

gesien en geglo en begroet en het bely dat hulle vreemdelinge en

bywoners op aarde was”. So ook, aangaande die toekoms.

Dit mag wees aangaande jou eie kinders, ‘n familielid, of omstandighede.

As jy daaroor deurbid dan sal daar ‘n oomblik kom, as die Here dit dan so

beskik, dat jy ‘n versekering daaroor kry, die Here sal dit in jou hart ingooi,

en jy sal dit net weet, en jy sal die versekering hê dat dit sekerlik so sal uit

kom.

Al sterwe jy voordat dit gebeur, kan jy werklik in jou rus in wees. Dit is wat

so wonderlik is, as daardie gawe in jou gekom het, dan rus jy. Jy rus en jy

is heeltemal ontspanne aangaande daardie saak. Dit is so ‘n heerlike

versekering dat jy net nie kan twyfel nie. Party mense definieer selfs geloof

so, sonder dat hulle dit besef, is dit eintlik die gawe van geloof. Dit is ‘n

versekering wat jy kry, wat so is, dat jy net nie meer kan twyfel nie. Die

Here het vir jou die gawe van geloof aangaande daardie spesifieke saak

gegee.

Die gawe van geloof glo vir ‘n wonderwerk!

Die gawe van kragte, of die gawe van wonderwerke, bewerk wonderwerke!

Nog voorbeelde:

1) Abraham is nou al reeds van gepraat. Ons ken natuurlik Abraham se

geskiedenis. Voordat die Here vir Abraham geroep het en hom belowe het

dat hy die vader sou wees van hierdie nageslag was sy naam Abram.

149

Nadat die Here vir hom die belofte gegee het, het sy naam Abraham

geword. Abraham beteken:- die vader van baie nasies; en dit is nie wat

Abram beteken nie. Net nadat die Here hom eers die belofte gegee het toe

verander die Here sy naam na Abraham: die vader van baie nasies. Van

toe af, noem Abraham homself ook so: Abraham, al het hulle ook hoe met

hom gespot.

2) Met die inname van Jérigo; het die Israeliete daardie geskree

aangehef, nog voordat die mure geval het, en die mure hét geval. Ons

natuurlike manier is, ons sal eers skree en juig wanneer die mure geval

het! Die Israeliete het gejuig en geskree voordat die mure geval het. Dit

het juis die mure laat val. Dit is hoe die gawe van geloof werk. Die Here

het vir hulle die stad gegee.

3) Petrus, in Handelinge 12; sal u sien Petrus was in die tronk gegooi, en

sou die volgende oggend dood gemaak gewees het. Daardie nag slaap hy

tussen die wagte en daar het die engel hom uit gelei. Toe die diensmeisie,

Roda die deur oopmaak toe skrik sy en sy dag dit is sy gees, terwyl hulle

besig was om binnekant te bid. Nou ‘n man wat ‘n dood vonnis oor hom

het, ek dink nie hy sal daardie nag slaap nie. Petrus, die Bybel sê, hy het

geslaap. Ek glo die Here het hom so ‘n versekering gegee dat hy daarin

gerus het. So ook in ons stryd van ons lewens.

Raak vervul met die gees van God. Kry die lewe van die Gees van die

Here in jou lewe, en bid! Die Here sal vir jou, omtrent jou probleme, sake

of moeilikheid, sal die Here vir jou ‘n druppel geloof, aangaande daardie

saak in jou hart ingooi. As die Here dan nie vir jou ‘n sekere ding wil gee

nie, sal die Here dit ook vir jou wys!

4) Soos Paulus in verband met die doring in sy vlees. Laat daardie

doring nou wees wat dit wil vir die oomblik. Want Paulus het vir die Here

drie keer gebid, en die Here het dit nie van hom weggeneem nie. Die Here

het gesê; dit gaan bly. My krag sal in jou swakheid volbring word. So het

Paulus dan ook daar die antwoord gekry.

As jy dan ‘n doring het, ‘n probleem of wat ook al het, bid deur omtrent die

saak en die Here sal vir jou wys of Hy dit vir jou gaan oplos. Dan sal Hy

die druppel van geloof in jou hart ingooi. As die Here dan vir een of ander

rede, soos Hy vir Paulus gesê het, dat hy nie vanweë die baie

openbaringe, dalk hoogmoedig sou word nie, die doring dan moes bly en

dat in sy swakheid, sou hy dan roem sodat die krag van Christus in hom

volbring word, sal die Here dit ook wys.

5) Jesus wat in die boot gelê en slaap het in Markus 4:35. Hoe het ons

dit nie nodig in hierdie dae nie. Ek het dit alreeds genoem en u ken die

150

verhaal. U moet maar daardie hele geval lees hoedat hulle in ‘n storm was

en die Here Jesus gelê en slaap het, terwyl die dissipels so worstel. So

kan ek sê, is die kind van God wat die gawe van geloof ontvang het, terwyl

die ander om hom worstel en angstig word en tekere gaan, rus hy. Hy rus

in die Here. Die Here het hom ‘n versekering gegee en hy sal dit weet.

Ek glo dit is die gawe ook van geloof, een van die gawes van die Heilige

Gees, en daarom kan jy ophou om te bid vir die saak! Dit is wonderlik om

uit te stap op die versekering in jou hart oor dit wat gaan gebeur.

2 Kronieke 16:9;

Dit is een van die wonderlikste tekse in die Bybel u kan dit regtigwaar uit u

kop uit leer, om dit te kan opsê miskien in baie tye van gevaar en

beproewing.

9 want die HERE - sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig

te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;---

U sal sien in die vorige versie, die laaste gedeelte: “omdat u op die HERE

gesteun het”, want die HERE se oë swewe rond oor die hele aarde om Hom

sterk te bewys by hulle wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.

Dit is wonderlik die klamte en die versekering waarmee jy jou weg kan

bewandel, wanneer die Here vir jou daardie gawe gee. O, mag mense leer

om op die Here te wag! “Ek sal jou groot en wonderlike dinge toon”.

Dit verskil ook hierin, van die gawes van kragte en van genesing, dat die

werking daarvan nie altyd onmiddellik of self algemeen waarneembaar is

nie.

Die gawe van geloof maak dit nie onmoontlik om ooit weer te twyfel nie, o,

nee, dit is ‘n gawe vir ‘n spesifieke oomblik en geleentheid. Dit is vir

hierdie kant van die hemel!

Die algemene geloof is vir hier en vir hierna.

Nou laat ek dit net vir u duidelik maak. U moet nou nie dink as die Here vir

u op ‘n spesifieke oomblik vir ‘n spesifiek saak die gawe van geloof gegee

het en dit het gewerk, of iemand anderste vertel vir jou van dit wat met hom

gewerk het, soos ek vir u van Gerald vertel het. Moenie dink dat daardie

man of u nooit weer gaan twyfel daarna nie.

Onthou dit is die punt:-

Die gawe van geloof is vir daardie oomblik en vir daardie geval!

Jy moenie dink jy het dit nou vir altyd nie. Die oomblik dat dit verby is, is jy

weer ‘n gewone mens. Dit is nie iets waarmee ‘n mens kan rondloop in sy

sak nie. Jy hoor dit baie onder Pinkster mense. Die een sê ek het hierdie

gawe, daardie een sê ek het daardie gawe.

151

Ek weet ander Pinkster leraars verskil met my hieroor, ek gee u wat ek kan

gee en u moet maar self oordeel. U moet maar self voel hoe u dit ontvang.

Daar is baie verskillende leringe. Maar sover ek die gawes kan sien, (baie

mense sê ek het die gawe van genesing, goddelike genesing); die Here het

jou miskien gehelp om ‘n groot geloof te hê, gewone groot geloof, wat jy

deur toewyding, deur die lees van die Here se Woord deur getrouheid

bekom het, en dat jy die Here dan glo.

Die Here maak nie net gesond deur die gawe van genesing nie. Die Here

maak ook gesond op gewone geloof. Die Here maak gesond deur die

oplegging van hande, wat nie noodwendig ‘n gawe van genesing is nie.

Die Here eer sy woord, die Here beantwoord sy beloftes!

Ek glo soos ek dit verstaan; die gawe is vir ‘n spesifieke geval en vir ‘n

spesifieke oomblik en dit is ‘n deeltjie van God se alles besittende oseane

van al hierdie dinge of dit kennis is of wysheid of geloof of genesing of wat

ook al! Dus, hierdie gawe van geloof is nie vir redding nie.

Jy sal party mense kry, en dit kan baie mense nie verstaan nie, dat ‘n

sekere persoon vir daardie oomblik daardie gawe het en die wonderlikste

dinge kan doen en die volgende oomblik iets doen wat jou kan skok. Jy sal

sê ek het dit nie van daardie man verwag nie. Daardie pastoor is nou so

wonderlik, of die broer of suster, daar het ‘n wonderwerk gebeur en nou

hoor ek dit.

Elía het seker ook ‘n mens geskok: in 1 Konings 18 daar kom vuur uit die

hemel en in 1 Konings 19 gaan lê hy onder die besembos. Onthou Elía

was net so ‘n mens soos ons. Ook met u en met my kan dit gebeur. So

moenie nou sê; nee wat, kyk hier is ‘n bluf, of daardie wonderwerk het

miskien nie gebeur nie want as ek nou na hierdie man se lewe kyk, dan

rym dit nie vir my nie.

In die geloofslewe, in die geestelike lewe, is daar baie dinge wat vir die

verstand nie rym nie. Laat ek dit vir u sê; jy verstaan hom nie met die kop

nie, u verstaan hom met die hart. Die gawe van geloof kom dus veral te

pas, in situasies van onvermydelike gevaar of nood. Selfs in gevalle van

hongersnood, waar u selfs miskien deur wilde diere of die elemente van die

natuur of gevare of in onmoontlike toestande verkeer.

6) Byvoorbeeld George Müller; Party het dalk al sy boek gelees. Hy het

duisende weeskinders grootgemaak op geloof. God het vir hom duisende

van tienduisende Ponde gegee, op geloof, om op die wonderbaarlikste

wyse daardie weeskinders groot te maak.

152

Een geval wat in sy boek beskrywe word, waar daar geen kos was nie, en

daardie nag het hy by die Here deurgebring. Die oggend toe dek hy die

tafels vir die kinders, sit alles reg, en die kinders kom sit aan tafel, daar is

geen pap, suiker of melk op die tafel nie. Hy vra die seën van die Here ,

toe hulle klaar die seën van die Here gevra het, toe gaan die deur oop en ‘n

man kom in met brood en melk.

Die Here het daardie nag vroeg, terwyl Müller geworstel het met God, het

die Here die bakker wakker gemaak nog lank voor sy opstaan tyd. Hy sê

vir sy vrou hy is onrustig. Hy sê ek moet brood bak. Sy vrou sê dit is nog

te vroeg. Hy sê, ek moet ekstra brood bak, en ek moet dit vir George

Müller se kinders neem. Hy het sy wa gelaai en die Here het dit, sal ons

maar sê; die tyd so bereken, dat toe Müller amen sê, toe stap hy in met die

brood. Nou dink net wat het dit aan die kinders gedoen.

So werk God! Die Here werk dan altyd as jy dit waag tot op die punt. Die

Here werk altyd ‘n dubbele ding, die Here doen vir ons vér bokant wat ons

dink of verwag. U weet ons het vervreemd geraak van die krag van God.

Die mens het afgesny geraak van die dinge van die Here. Al hierdie dinge

staan in die Bybel. Maar ons God, is nie vir ons die God van die Bybel nie,

dit is ons moeilikheid! As ons dit weer sal doen, dan sal hierdie dinge

gebeur!. As u ‘n goeie boek wil lees, kry George Müller van Bristol se

boek.

Dan net my laaste gedagte; Dit werk natuurlik in kombinasie met die ander

gawes ook. Dit moet u nie vergeet nie. Ten minste dit sal u my tog toegee,

dit is een van die nege gawes. Soos ek vir u in die begin verduidelik het,

net soos gewone lig, as jy nou die son se lig neem, dit is saamgestel uit die

kleure van die reënboog. As jy ‘n prisma daar sal sit wat daardie lig skei,

dan sal jy al die verskillende kleure sien. As jy nou ‘n reënboog neem, kyk

of jy ‘n fyn strepie van waar die een kleur ophou en vanwaar die ander

kleur begin, kan trek, jy kan dit nie doen nie. Die een vloei in die ander.

Nou so is die gawes van die Heilige Gees ook. Jy kan die gawes nie altyd

fyn afsny en sê hier is die gawe van geloof en daar is die gawe van die

werking van kragte en hier is die gawe van genesing nie! Neem nou weer

in Gerald se geval. Gerald se behoefte was genesing nie waar nie? Sy

voete moes gesond word. Maar sy voete sou daardie môre nie gesond

geword het as die Here nie op daardie oomblik ‘n gawe van geloof in my

hart gegooi het nie. As ek dit dan nie op daardie oomblik gevat het en

gesê het nie, “loop Gerald”! Die dinge gaan met mekaar saam.

Dieselfde doen Petrus en Johannes vir die man by die skone poort toe hy

gebedel het. En toe sê hy: “silwer en goud het ons nie maar dit wat ons het

in die Naam van die Here staan op en wandel”. Die man het gesond

153

geword, so daar was genesing. Maar daar was ook, ek voel seker daarvan

die gawe van geloof, dat hy hom kon gryp en oprig en terselfdertyd was dit

ook ‘n wonderwerk. Ek sou sê aldrie krag gawes het daar saam gewerk.

Die genesing, die gawe van die geloof en die gawe van die werking van

kragte of “the working of miracles” soos die Engelse Bybel sê.

Nou wil ek net eindig met:

1 Korinthiërs 14:1; (waar ons aan iets wonderliks herinner word.)

J AAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike

gawes, maar veral om te profeteer.

“Jaag die liefde na” en hy het nou net die liefde behandel in 1 Korinthiërs

13. Hy sê: “jaag die liefde na maar beywer julle met die oog op die

geestelike gawes.

Nou vir die afgelope geslagte is dit nie eers ‘n kwessie van beywer nie, ons

het net nie eers daarvan geweet nie. Daar is nooit eers van gepraat nie.

Nou, as ons die geestelike gawes en dus ook die gawe van geloof, weer wil

terug hê, sal ons onsself daarvoor moet beywer. Daarom leer ons dit vir u,

ek leer dit ook vir myself.

Daar is groot veld, ek glo ons gaan weer ‘n wonderbaarlike oplewing

daarvan sien.

154

[Kasset nr. L011]

Hoofstuk 8

Die Gawe van Genesing.

Inleiding.

1 Korinthiërs 12:8-9.

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

Aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees.

Opmerklik, as u dit raakgesien het, is dit die enigste van die nege gawes

waar dit praat van genadegawes van gesondmaking. Daar is ook

verskillende verklarings deur dierbare Geesvervulde leraars van die Heer in

verband daarmee. U moet self besluit presies wat dit beteken. Maar vir

my is dit baie eienaardig, interessant en baie opmerklik; in my ondervinding

die afgelope klompie jare wat ek in Pinkster was, van andere gehoor het en

in wat ek gelees het, dat dit lyk asof in persone in wie die genadegawe van

gesondmaking werk, asof die een persoon meer spesifiek gebruik word om

te bid, sê vir mense met kanker, ander weer met rug gevalle, ander weer

vir blinde oë, ander vir dowe ore en so aan. Dit klink net vir my eienaardig

oor die jare, of dit nou die verklaring is vir hoekom dit genadegawes is, sou

ek nou nie heeltemal sommer baie beslis kon sê dat dit so is nie, en of dit

op ‘n ander manier werk sal ons nog sien.

Dit lyk vir my of dit een van die belangrikste gawes van die Heilige Gees is.

Dit is seker die belangrikste gawe soos dit gewerk het in die bediening van

ons Here Jesus. Soos dit gewerk het in die bediening van die apostels in

die dae van die Bybel, en dit is ook merkwaardig dat in hierdie noem van

die gawes hier in 1 Korinthiërs 12 die gawe van gesondmaking op drie

plekke in hierdie 12de hoofstuk genoem word.

1 Korinthiërs 12:28, 30-31;

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek

apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte,

daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe,

allerhande tale.

Daar weer, genadegawes van gesondmaking saam met daardie ander

bedienings soos apostels, profete, leraars, kragte, helpers, regerings en

allerhande tale, ook genadegawes van gesondmaking.

155

30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale,

kan almal dit uitlê?

Daar word dit nou vir die derde keer genoem.

Dan sê hy;

31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes en ek wys julle

nog ‘n uitnemender weg.

Loof die Here! Laat ons die Here altyd vra in ons lewens dat ons altyd die

vonk en die aanraking van die Heilige Gees sal hê.

U weet een van die mooiste gedeeltes in die Bybel vir my is Psalm 51. Dit

is Dawid se boetelied, toe Dawid tot die besef gekom het van sy sonde met

Bátseba, nadat die profeet vir hom gesê het; “Jy is die man”. Dan vind ons

in Psalm 51 die uitstorting van Dawid se hart voor God in die besef van sy

sonde.

Weet u wat so mooi is, wat vra hy van God? Hy sê: “Neem tog U Heilige

Gees nie van my weg nie”. Hy soebat nie; “Here moet my tog nie te swaar

straf nie, of Here moet tog nie dit of dat doen nie; maar “Neem tog U

Heilige Gees nie van my weg nie”. U kan tog vir uself dink hoe daardie

krag van God was wat vir Dawid ‘n Goliat laat stormloop het en laat

verslaan het; wat die bokkie uit die leeu se bek geruk het, en daardie Gees

wat vir hom laat sê het; “Met my God spring ek oor ‘n muur en met my God

loop ek ‘n bende storm”.

Dit is soet, dit is heerlik en dit is wonderlik! Laat die kind van God tog sy

erfenis, en dit is die Heilige Gees in sy Iewe, laat hy dit tog nie verbeur nie.

So, wanneer ons God se Woord ondersoek en na hierdie dinge kyk, laat

ons tog altyd in gedagte hou ons is besig met die Gawes van die Heilige

Gees, en daarom is ons nié nou besig met ‘n baie slim ondersoek van die

Bybel nie.

Ons gaan baie tekse nagaan en baie dinge leer, ek glo dit en ek dank die

Here daarvoor. Ons hoof motief moet nie wees om te kyk hoe slim ek kan

word in die Bybel nie, maar my hoofmotief moet wees om te kyk hoeveel

van die krag van die Heilige Gees ek in my Iewe kan hê, Hy sal in elk geval

vir my die Woord oopmaak en laat verstaan.

Daarom wil ek u weer herinner, soos ek by elk van die ander studies u aan

herinner het, onthou, net soos enige van die ander gawes is die gawe van

gesondmaking ‘n bonatuurlike gawe. Ons sal nou-nou weer daarby kom as

ons dit deurlees, maar ek beklemtoon dit maar net.

156

Dit het niks met mediese of wetenskaplike kennis of met enige natuurlike

kennis te doen nie. Dit kom van BO, dit is bonatuurlik. U moet baie goed

onthou, soos enige van die ander gawes, selfs die gawe van geloof kan nie

in werking kom in ons lewens sonder geloof nie. Ons moet God glo. Ons

moet God se Woord glo.

Geloof is so eenvoudig dat hy so swaar is om te verstaan. Onthou, of dit

nou die genadegawe van gesondmaking is, of wat ook al, u gaan dit nie kry

met u eie krag nie; u gaan dit nie kry met u eie aanwending nie, al sal u

nou ook dag en nag aanmekaar bid.

Ek sê nie u moet dit nie doen nie. Dit is goed as die Here ‘n mens so lei.

U moet nie dink u gaan dit voor die Here lê en sê: “Here ek het nou dag en

nag aanmekaar gebid en ek wil nou die genadegawe van gesondmaking

hê nie”. Party leraars leer dit so, jy kan vir die Here vra wat jy wil hê.

Ek verstaan dit só: Die Heilige Gees gee soos Hy dit wil en dat ek nie

daarvoor moet vra nie, maar dat Hy my die genade en die gawe moet gee

om die gawe wat die Here vir my gegee het vir die oomblik wat ek dit voor

nodig het, dat ek dit sal raaksien en raakvat.

Ek het dit al ‘n hele paar keer duidelik gemaak dat wanneer jy in ‘n situasie

is waar jy byvoorbeeld die gawe van ’n woord van kennis nodig het, sal dit

nie vir jou help om nou te vra vir ‘n gawe, sê, van genesing nie. Jy het daar

‘n woord van kennis nodig en jy moet die Here vra om jou ingestem en

gelowig genoeg te maak om op daardie oomblik wanneer dit nodig is, dit te

kan raakvat.

Maar in elk geval, wanneer ons met hierdie Reeks klaar is, soos ek belowe

het in die begin, gaan ons die Here hierdie kans in ons lewens gee. Ons

gaan ‘n tydjie maak en ons gaan onsself waarlik voor die Here afsonder en

ons gaan vir die Here vra, ons gaan leer om dit te beoefen.

U sal met my saamstem, die tyd het gekom vir die kind van die Here om sy

land in besit te neem. Dit sal nie vir ons help nie, en die Here sal ons dit

kwalik neem, as ons nou hierdie wonderlike studies gedoen het en ons

gaan nie iets daaromtrent doen nie. Ek gaan sê: “Here, ek gaan U

aangesig soek en hierdie dinge gaan nou in werking kom.” Die Here sal vir

ons help om dit te doen.

Genadegawes van Gesondmaking.

(1 Korinthiërs l2, het ons reeds met mekaar gelees in ons Bybels)

Die gawe is een van die groep van nege, en een van die drie waardeur

God sy almag manifesteer. Let asseblief daarop dat dit die enigste van die

157

nege is wat deur die meervoud aangedui word. “Genadegawes” van

gesondmaking. Dit moet in gedagte gehou word dat daar net een

Goddelike Geneesheer is, net Een wat sonder enige mediese hulp of

middele op bonatuurlike en wonderbaarlike wyse, kwale en siektes kan

genees, en dit is die Groot Geneesheer, Jesus Christus.

Markus 16:20,17-18;.

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het

saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop

gevolg het. Amen.

(Die Here het saamgewerk deur die tekens wat daarop gevolg het).

17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit

hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en

hulle sal gesond word.

Die rede waarom die gawes in die meervoud gestel word kan blykbaar

daaraan toegeskryf word dat die Groot Geneesheer deur verskillende van

sy diensknegte verskillende kwale en soorte siektes genees, byvoorbeeld

waar die een persoon besonder suksesvol sal wees wanneer hy vir

persone bid wat aan kanker ly, die ander weer groter welslae behaal in die

geval van asma, of ander gevalle.

Weereens wil ons die klem duidelik en sterk daarop laat val dat die gawe ‘n

Goddelike en bonatuurlike openbaring van die Here se ALMAG is. Dit het

totaal niks met die natuurlike te make nie.

Ongelowige Thomasse, wat hierdie saak betref, gaan selfs sover om te

beweer dat die Apostel Paulus vir Lukas, wat ‘n geneesheer was, met hom

saamgeneem het om die siekes te behandel. Niks is verder van die

waarheid af nie. Paulus was juis die een wat deur handoplegging die

krankes genees het. Selfs van sy kledingstukke en doeke is op siekes gelê

en hulle het gesond geword.

Handelinge 19:11-12;

11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus

gedoen,

12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die

siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van

hulle uitgegaan het.

Die mense sê dat Lukas wat die geneesheer was het met die Apostel

Paulus saamgegaan om na die ander gevalle te kyk. Maar daar is baie

gevalle waar die Apostel Paulus genees het (soos ons nog verder ook sal

sien toe hy op die eiland Malta uitgespoel het) en Lukas niks van sy

158

mediese kennis daar toegepas het nie. Dit word gladnie eers vermeld dat

hy enige sieke daar behandel het nie. Lukas het saamgegaan, glo ek,

sodat hy ooggetuie van hierdie dinge kon wees en hierdie dinge vir ons kon

neerskrywe sodat ons dit kan lees, en ons laat sien wat God vir ons in ons

Here Jesus laat erf het.

Goddelike Genesing is ‘n deel van die versoeningswerk van Christus.

Toe Adam en Eva in die hof van Eden tot ‘n val gekom het, het drie dinge

vir die mensdom verlore gegaan:

1) Die inwendige mens het gesterf

2) Die uitwendige het begin sterf; sy liggaam.

3) Die aarde was met dorings en distels vervloek.

Die Here Jesus moes in aldrie gevalle met sy bloed die saak regstel.

1) Sielsgenesing.

Kolossense 2:13-15;

13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid

van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deur dat Hy

julle al die misdade vergeef het,

14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was,

uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die

openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Loof die Here!

Ons weet dat die Here Jesus het deur sy dood en sy opstanding hierdie

heerlike oorwinning behaal; ook die owerhede en magte uitgeklee en hulle

in die openbaar tentoongestel het, en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Die kerk en die kinders van die Here, weet nog glad te min van daardie

oorwinning oor die owerhede en die magte. Dit is wat aan die lig moet kom

in hierdie dae dat ons, ons erfenis en ons posisie sal sien en dat ons

daaroor in Christus alreeds getriomfeer het.

In ons gewone lering, soos ons vir geslagte groot geword het, weet ons

daar absoluut niks van nie. Ek sê dit in alle respek, maar ek glo dit en sê

dit ook met alle beslistheid. Ons sal nog baie meer daarvan sien in die

loop van ons studies.

2). Liggaamlike Genesing.

1 Petrus 2:24;

wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat

ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie

se wonde julle genees is.

159

Daar is geen twyfel daaromtrent nie soos ons verder sal sien waar ons by

Jesaja 53 kom en hoe dit deur die Here Jesus toegepas is en dat dit baie

definitief dui, nie soos baie mense sê op ons geestelike siektes van ons

sondes nie, maar dat dit baie definitief dui op ons liggaamlike siektes ook

en dat die Here Jesus ook daardeur vir ons versoening gedoen het.

3) Die Aarde van die vloek verlos.

Matthéüs 27:29;

en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in

sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom

en sê: Wees gegroet Koning van die Jode!

Hier sien ons dat ons Here Jesus selfs die vloek van die natuur gedra het.

Die dag sal kom dat selfs die natuur bevry sal word van die bande

waarmee dit gebind is soos ons sien in:

Romeine 8:19-23;

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die

openbaarmaking van die kinders van God.

20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe - nie gewillig

nie, maar terwille van Hom wat dit onderwerp het -

21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die

slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid

van die kinders van God.

22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in

barensnood is tot nou toe.

23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die

Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming

tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Dit is ‘n lieflike gedeelte wat ‘n mens maar moet lees tot aan die einde

daarvan. Maar hier sien ons hoedat, deur ons Here Jesus se versoening

daar nie net genesing gekom het nie, dat daar voorsiening gemaak is vir

die genesing van ons liggaam, selfs vir die genesing van die natuur. Dit is

die heerlike feit wat deur die Here Jesus vir ons verwerf is aan die kruis.

Die dag dat alle gelowiges die volle liggaamlike verlossing sal ondervind

deur die opstanding is blykbaar nie meer vêr nie.

Romeine 8:11;

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in

julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook

julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Hierdie feit van die Heilige Gees wat in ons woon, ons sal laat sien dat

alles wat die Here Jesus gedoen het, al sy wonderdade, al sy genesings,

160

het Hy gedoen in die krag van die Heilige Gees. Nie dat Hy dit nie in

Homself kon doen nie want in Homself is Hy ook God. Maar toe Hy op

aarde was het Hy vir die doel van die verlossingsplan van God, volkome

mens kom word. Alles wat Hy gedoen het, het Hy gedoen in die krag van

die Heilige Gees. Ek glo, dat as ons deurdrenk is met die Heilige Gees

soos ons behoort te wees, die Heilige Gees genesingskrag in ons liggame

het.

Nou wil ek ‘n voorbeeld gee, ek het dit al genoem in dienste of u het

daarvan gelees, maar miskien is daar party van u wat dit nog nie gehoor

het nie.

Die stigter, en vader sou ek sê, van Pinkster in Suid Afrika, is ene John G.

Lake wat van Amerika gekom het, hier in die jaar ±1908. Uit sy bediening

het die ganse Pinkster Beweging in Suid Afrika begin. Die man was magtig

gebruik deur die Heilige Gees. Magtige wonders en tekens het in sy

bediening geskied sodat Pinkster waarlik met tekens en wonders en

magtige dade van God ook in Suid-Afrika sterk gefundeer en gevestig is.

So het John Lake in Suid Afrika gebly en soos ons kan onthou uit die

geskiedenis hier in die jaar 1918 met die groot Griepepidemie wat ook in

Suid Afrika uitgebreek het en duisende mense afgemaai het. So baie

mense het in Johannesburg gesterwe dat die lykbesorgers nie kon voorbly

om die lyke op die waentjies te laai om hulle te begrawe nie. Die mense

was ook bang om aan die lyke te raak, want u kan uself voorstel die paniek

en die vreesbevangendheid wat seker laag soos ‘n miswolk oor die land

gehang het oor die verskriklike griep en die simptome daarvan.

John Lake het ‘n uitdaging gerig aan die dokters van daardie tyd en vir

hulle gesê: “Die griep kan nie aan my liggaam vat nie, ek sal dit vir julle

bewys”. John Lake het die dokter met ‘n mikroskoop laat kom en ‘n

persoon wat besig was om te sterf aan die griep, se skuimbolle wat uit sy

mond uitgeloop het, het John Lake opgeskep met sy hand en dit dadelik

onder die mikroskoop gesit sodat die dokter daarna moes kyk. Die oomblik

wat dit op sy hand geval het, het die kieme gesterf. John Lake het niks

oorgekom in daardie griepepidemie nie.

Dit word verhaal dat hy en ‘n kleurling wat tot bekering gekom het en ook

hierdie waarhede aanvaar het, dat hy en die kleuring, in die huise ingegaan

het en die lyke uitgehaal het en vir die mense gehelp het om dit op die

waentjies te laai, want baie was bang om aan die lyke te vat.

John Lake het gesê dat die Gees van God is in my liggaam, en die Gees

van God is die Gees van lewe. Hierdie kieme is die draers van die dood.

Die dood en die lewe kan nie langs mekaar bestaan nie. Net soos die lig

en die duisternis nie langs mekaar kan bestaan nie. Daarom het hy geglo

161

dat die Gees van God wat in sy liggaam was, nie sou toelaat dat daardie

kieme in sy liggaam leef nie. So het John Lake dwarsdeur die

griepepidemie gegaan sonder dat iets met hom gebeur het.

Ek was natuurlik self nie daar nie, dit is wat ek gelees het, maar soos ek

God se woord verstaan wil ek my verstout om dit te glo en die moontlikheid

daarvan vir myself aan te neem. Vir my klink dit logies dat dit so moet

wees.

Genadegawes van gesondmaking in hierdie lewe is net ‘n voorsmaak van

die liggaamlike verlossing wat op die kind van die Here wag. In Jesaja

staan dit, dat dié dag wat die Here op die aarde sal regeer, dan sal hulle

nie meer sê ek is siek nie, want die Here het al hulle sondes vergewe.

Talle ongelowige Christene verkeer onder die indruk dat die mediese

wetenskap aan dié gawe toegeskryf moet word, maar hulle vergeet dat dit

‘n Heilige Gees gawe is, dat ‘n onbekeerde persoon nie die Heilige Gees

kan ontvang nie. Daar stem ons tog mee saam nie waar nie?

Johannes 14:14, 16-17;.

14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

16 En ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by

julle te bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie,

omdat dit Hom nie sien nie en Hom nie ken nie; maar julle ken

Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Hier praat Hy van die Heilige Gees, die Gees van die waarheid en die

wêreld kan tog nie die Gees van die waarheid ontvang nie. Hoe kan ‘n

dokter dan wat nie ‘n Christen is nie, ‘n Heilige Gees gawe besit?

Ons twyfel nie daaraan dat die helder gesonde verstand wat die

onbekeerde medikus besit van die Here afkomstig is nie. ‘n Gesonde

verstand waarmee ‘n persoon navorsing doen is seer sekerlik van die Here,

maar dit is beslis geen bonatuurlike eienskappe nie. Daar is wonderlike

dinge wat dokters doen met hulle natuurlike kennis en verstand en die

vaardigheid van hulle hand en die mes wat hy hanteer en so aan.

Ons sal die laaste wees om dit te ontken, maar moet tog nooit dat iemand

vir u sê dit is die werk van die Heilige Gees nie. Moet tog nooit vir u laat sê

dat dit is hoe die gawe van genesing vandag werk nie. Nee, dit is

dieselfde gawe wat gewerk het deur ‘n eenvoudige ou visserman. Die

Apostel Petrus, wat gesê het: “Silwer en goud het ons nie, maar dit wat

ons hét, gee ons vir jou. In die Naam van die Here Jesus staan op en

162

wandel.” En daar spring die man op wat oor die 40jaar oud was en nog

nooit geloop het nie en hy wandel. Dit was die krag van die Heilige Gees.

Daardie krag van die Heilige Gees wat vandag nog dieselfde is en wat

werk.

Dit het niks met natuurlike mediese kennis te doen nie. Niemand wil die

goeie werk wat die geneeshere verrig in diskrediet bring nie, maar

terselfdertyd moet dit duidelik gestel word dat dit nie die verrigtinge van die

Heilige Gees is wat deur sulke manne en vroue plaasvind nie. Ek dink dit

is duidelik genoeg.

Verskillende soorte genesings:

1) Deur aardse geneeshere:

Die wat deur middel van die toedoen van aardse geneeshere plaasvind.

Daar is sulke genesings. Partykeer gee die dokter vir jou medisyne, en dit

is goed vir jou en jy word gesond. Die wetenskap het die liggaam genoeg

bestudeer om baie dinge uit te vind omtrent die liggaam. Miskien ‘n

toestand van jou maag, teveel suur of te min suur wat vir jou pyn gee. Dan

gee hy vir jou medisyne wat dit neutraliseer of wat dit aanvul en die pyn

verdwyn, of hy opereer soos ons gesê het, ensovoorts en jy word gesond.

Dit is een soort genesing maar dit is ‘n natuurlike genesing.

2) Die wat deur die natuur geskied:

Hieronder plaas ons gevalle soos ‘n been wat breek en met tyd deur die

natuur genees word, of selfs waterbronne en middele van die aarde wat vir

dosyne al verligting en moontlik genesing gebring het. Daar is sulke

genesings en ek sal netnou ter aanvulling daarop wil terugkom en sal ek

ook ‘n paar lesse, wat ek glo waardevol kan wees, vir u leer.

Ek sal net noem wat ek netnou vir u gaan sê. Ons mense, deur onkunde,

en ek sou sê deur onbeheerstheid, lewe baiekeer ‘n baie ongesonde soort

lewe deur verkeerde soorte kos te eet en deur verkeerde lewens en

eetgewoontes. Daar is baie soorte van dinge en as jy by ‘n goeie

dieetkundige kom wat vir jou kan sê hoe jy moet eet en wat se soort kos jy

moet eet, kan dit ook baie kwale genees. Daar is geen twyfel daaromtrent

nie.

Ons moet tog nooit die fout maak soos baie van God se Pinkster kinders in

die verlede gemaak het en vandag nog maak nie, om alles wat van die

wetenskap kom, alles wat van die natuurlike kom, te verwerp as vanuit die

Bose, ons moet nie só dom wees nie. Het God dan nie ook die natuur

gemaak nie? Hy is tog die God van die natuur. God het vir ons sekere

kosse gemaak om te eet en sekere kosse om nie te eet nie en die natuur

163

kan dit vir ons leer, die mediese en wetenskaplike kennis kan dit vir ons

leer. Sekerlik, laat ons dit leer en baie van ons kwale sal verdwyn.

Laat ons weer leer om die regte soorte oefeninge te doen. Ons lei reeds

so ‘n verskriklike onnatuurlike lewe. Ek is seker daarvan dat die Here nie

bedoel het dat van ons mans hulle lewe moet deurbring, partykeer in ‘n ou

fabriek wat gedurig vol van gas is en daardie soort van ding nie. Die Here

het nooit bedoel dat ons van ‘n dag, ‘n nag moet maak en van ‘n nag ‘n dag

nie, skofte werk en al hierdie dinge. Die mens het van sy eie uitvindings ‘n

slaaf geword en van sy eie gulsigheid en geldgierigheid. Ons ly daaronder,

daar is geen twyfel daaromtrent nie.

3) Verskillende soorte van Geloofsgenesing:

Deur die geloof en selfs wilskrag word genoem geloofsgenesing. Ons

moet dit nie verwar met goddelike genesing nie. Daar is geen twyfel nie,

daar is sulke gevalle soos wat hulle noem “mind over matter”; daar is sulke

gevalle soos “positive thinking” daar is gevalle waar die mens homself

gesond kan dink. Ek sal daarop ook nog terugkom. As jy gedurig

swartgallig is en gedurig kla en murmureer en gedurig die lewe maar net

van die swart kant af sien, dan moet jy nie verbaas wees as jy dalk siek

word nie.

Net soos iemand vir jou daarop kan wys en jy neem sy raad aan om ook ‘n

bietjie aan die blink kant van die lewe te dink en daarvolgens lewe en begin

positief dink, sal dit ook van jou kwale wegneem. Die mens se verstand en

sy liggaam is baie nou aanmekaar verbonde. Dit het iets daarmee te doen,

byvoorbeeld, glo ek dat bewegings ontstaan het soos “School of Truth” /

“Die pad van Geluk”. U sal verbaas wees in hoeveel duisende huise in

S.A. daardie boekies van “The Plain Truth” of die “Pad van Geluk” gevind

word. Dit is ‘n baie groot misleiding van die Satan, daardie boekies.

Ek wil vir u sê waar u dit ookal teëkom, gebruik takt, die liefde van die

Here, maar probeer om daardie dinge uit mense se lewens te ontwortel. U

kan hom deurblaai, u kan na Nico Campbell luister wat dit uitgee, u kan by

enige van daardie mense hierdie “positive thinking”, hierdie “School of

Truth” besigheid soek na die bloed van Jesus Christus, u sal dit nie daar

kry nie.

Soek na die stelling en die leer dat die mens ‘n sondaar is en dat hy hom

tot God moet bekeer en jy sal hom nie daarin vind nie. Alles is liefde, alles

is positiewe denke, alles is geloof. Jy kry sekerlik soos die Engelse sê,

goeie “tips” daarin, maar duisende, ek sou sê tienduisende mense in ons

164

land lees daardie boekie in plek van hulle Bybel en hulle het nog nooit by

die kruis uitgekom nie.

Die Here se Woord wys ook vir jou dat as jy in God glo, as jy glo dat die

Here jou gesond gemaak het, moet jy nie weer nadat daar vir jou gebid is,

oor jou siektes en jou ellendes praat en daardie goed nie. Jy moet nou die

Here begin prys en die Here begin dank en jy moet jouself gesond sien.

Nie deur “positive thinking” nie, maar jy moet in God se Woord glo, jy moet

sê wat God sê omtrent jou en nie wat jou oë sê of wat die dokter sê nie.

Die duiwel kom baie naby daaraan.

Nou om hierdie mense te kry, daardie man wat nou weer loop, om vir hom

te sê die “School of Truth” is verkeerd, dit kos genade van God. So maak

die duiwel vir daardie vrou, Mev Ross, (sy woon daar naby waar ek

grootgeword het), baie vooraanstaande mense, sy het van kanker gesond

geword deur “School of Truth”. Gaan sê vir haar Nico Campbell was

verkeerd en dat Nico Campbell jou mislei het. Hy het jou miskien gehelp

met “positive thinking” en jou liggaam het gesond geword, maar jou siel is

op pad hel toe. Gaan sê dit vir haar en dit sal baie swaar gaan.

Kyk hoe lank is Nico Campbell al besig. Kyk in hoeveel huise het Nico

Campbell al gekom. Ons met die leer dat die Here gesond maak? In

hoeveel huise het ons met ons boodskap al gekom? Ek bedoel nie ons

groep nie, ek bedoel die Here se kinders. Die Here se Woord, die Bybel,

hoeveel mense het dit? Kyk hoe ver is ons agter by die werke van die

duiwel. Dit is tyd dat ons wakker word, dat ons waarlik die Here se Woord

aanneem en die werke van die duisternis vernietig. Ons sal daardie mense

van Nico Campbell kan oortuig.

Filippus het in Samaría vir Simon die Towenaar wat vir geruime tyd die

mense verbyster het met sy towerkunste, oortuig. Toe Filippus kom in die

krag van die Here, toe loop Simon die Towenaar soos ‘n hondjie agter

Filippus aan. Vir my is dit wonderlik, hierdie man wat so groot was, onder

die Here se krag moes hy terugsak, toe staan die Here se krag bokant

syne uit. So behoort ons daardie uitdaging te aanvaar.

4) Goddelike Genesing:

Wat deur die genadegawes van gesondmaking en die werkende krag van

die Heilige Gees bewerkstellig word. Dit is die soorte genesings wat deur

die Here bewerk word.

Ons kom nou by die doel van die gawe.

Om krankes te verlos en die werk van die Bose te verbreek.

165

Handelinge 10:38;

Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met

die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed

gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was,

omdat God met Hom was.

Prys die Here! Is dit nie lieflik nie?

Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die

Heilige Gees en met krag. Nou wil ek hier, voordat ons nog ‘n paar Skrifte

nagaan, vir u ‘n wonderlike verhaal vertel wat ‘n werklike feit is. Ek kan

amper sê die verhaal van hoe die waarheid van goddelike genesing in

hierdie geslag in hierdie tyd weer herontdek is.

Hier teen die einde van die vorige eeu het daar in Australië ‘n predikant

gewoon met die naam van Dr. John Alexander Dowie. Hy was ‘n predikant

in die Congregational Kerk, ek dink daar in Sydney. Daar het ook so ‘n

soort van griepepidemie uitgebreek en die mense het gesterwe, een na die

ander. Hy was ‘n ware dienskneg van die Here, hy het die kinders van die

Here liefgehad, en so aan. Hy het gegaan en getroos, begrawe, getroos

en begrawe.

Eendag word hy geroep na die huis van ‘n baie dierbare familie in die kerk,

een van sy steunpilare, baie liefdevolle mense en hulle het ‘n dogter gehad.

Die dogter lê op sterwe. Die kenmerkende skuimbolle staan by die mond

uit, en so aan. Die moeder neem hom na die kamer.

Hy gaan in die kamer in en sê “Here, ek kan nie langer vir hierdie mense

sê dit is God se wil nie, onderwerp jou aan die wil van God. Ek kan dit nie

meer sien nie, ek kan dit nie meer sê nie. U moet my help”! Daardie

oomblik, soos op ‘n doek in ‘n bioskoop, gooi die Here:

Handelinge 10:38 voor hom:

met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God hom gesalf het met

die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed

gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was,

omdat God met hom was.

Hy sê: “Here, hier loop ek al die tyd vir die mense en sê, wees tevrede, dit

is die wil van God. Nou sien ek dit is nie U werk nie, dit is die duiwel se

werk, hierdie griep en die sterftes”. Hy sê vir die moeder: “Kom ons bid” en

hulle gaan op hulle knieë en instede daarvan om weer vir die Here te sê:

“Laat u wil geskied, gee haar sterwensgenade”, en so aan, toe bestraf hy

hierdie ding en hy weerstaan hom en hy trek teen hom te velde in die naam

van die Here Jesus.

Onthou, nog nooit tevore het hy geweet van goddelike genesing nie. Vir

eeue was dit dood in die kerk. Wanneer laas het die kerk geweet van

goddelike genesing, tot ± die jaar 1890. Die skuimbolle het verdwyn, die

166

koors het gesak en die dogter het aan die slaap geval. Sy het vir 8 ure

aanmekaar geslaap. John Dowie het daar gebly en gewag tot sy wakker

geword het. Toe sy wakker word, het sy vir kos gevra. Dit is altyd die

geval, as iemand waarlik gesond geword het, raak hy aan die slaap en as

hy daar wakker word is hy honger.

Die Here Jesus het met Jaïrus se dogtertjie, toe hy haar opgewek het en sy

vir kos gevra het, vir die moeder gesê: “Gee vir haar kos” Sy het geëet en

daar opgestaan, volmaak gesond.

Van toe af het John Dowie van die een huis na die ander gegaan en die

duiwel bestraf, en een na die ander het die Here gesond gemaak. Vir die

res van die tyd, hy het nog vir ‘n jaar of twee daar gebly, al mense wat hy

begrawe het, was ou mense, wat dood is van ouderdom. Nooit het hy weer

iemand begrawe wat siek geword het nie.

Daarvandaan is hy Amerika toe. Die Here het hom magtig gebruik. Dit

was vreemd. Hulle het hom ‘n paar keer gearresteer en in die tronk gestop

maar hom weer laat uitkom. Die man het gegroei en het vir homself ‘n

magtige beweging opgebou. Ek onthou nie die presiese naam nie, maar

dit is iets soos “Faith of Zion” en uit hierdie “Faith of Zion” het John Lake

gekom wat na Suid Afrika gekom het en ander herlewings het plaasgevind.

So magtig het John A. Dowie geword dat hy vir hom ‘n stad gebou het in

Amerika en dit “The City of Zion” genoem het.

In hierdie stad het hy sy eie reëls neergelê. Geen tabak, geen drank of

verdowingsmiddels mag in daardie stad van hom verkoop word nie. Die

mense moes daar lewe volgens die wette en reëls van God.

Om ook vir u die ander kant van die prentjie te wys en vir u te leer wanneer

die Here vir u magtig gaan gebruik, julle moet glo dat God julle magtig gaan

gebruik. Julle moet glo dat die Here nog uit julle uit groot en heerlike dinge

gaan doen. Moenie die Heilige van Israel beperk nie.

Ook ons vriende wat na die kasset luister en die boek lees, moenie die

Heilige van Israel beperk nie. Die boodskap kom ook na julle toe. Maar

kyk nou ook na die les, dieselfde ding wat Satan mee geval het, trots en

hoogmoed, het ook na John A. Dowie gekom. Naderhand het die mense

hom so geëer dat hulle vir hom werklik die rooi tapyt uitgerol het en hy het

dit aanvaar. Naderhand het die duiwel vir hom gesê hy is Elía.

Kyk, die Bybel sê mos “Ek stuur vir julle die profeet Elía voor die groot en

deurlugtige dag van die Here kom”. Hy het geglo hy is Elía. Net soos

iemand wat later gekom het van wie ek julle vertel het, William Branham.

Hy het naderhand geglo dat hy Elía is, is nou ‘n paar jaar gelede tragies

dood in ‘n ongeluk. Sy volgelinge het vir dae en nagte by sy graf gesit.

Hulle het geglo dat hy gaan opstaan uit die graf uit, want hulle het geglo hy

is Elía wat weer moes kom.

167

Matthéüs 8:3, 7;

3 Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil;

word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.

7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

Die 1ste doel van hierdie Gawe:

Is om kanker te genees en die werke van die Bose te verbreek.

Soos ons alreeds gesien het in Handelinge 10:38. Ek wil hierby aanvul, dit

is God se wil om ons gesond te maak.

Psalm 103:3;

Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

So, dit is die doel om die krankes te verlos. Die Here wil hê dat die krankes

gesond moet word.

Jesaja 53:3-5;

3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en

bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat

verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte -

dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,

deur God geslaan en verdruk was.

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons

ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede

aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons

genesing gekom.

Prys die Here! “Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Nogtans

het Hy ons krankhede op Hom geneem en ons smarte, (daardie woord

“smarte” beteken in die oorspronklike, “ons pyn”) die het Hy gedra”.

Hy het dit vir ons gedra, waarom moet ons dit dan dra.

Maar kom ons gaan nou maar weer terug na:

Matthéüs 8:16-17;

16 En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van

duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe;

en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe

hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes

gedra.

“Ons siektes gedra”.

Daar het die Here Jesus genees sodat vervul sou word wat geskrywe is

deur Jesaja, die profeet. So, dit is die Here se doel en wil om ons gesond

te maak en die magte van die Bose te verbreek.

168

Ek het vir u vertel van Broer Bosworth se diens waar die vrou weer nuwe

oordromme gekry het. ‘n Paar maande gelede, dieselfde het gebeur met

klein Fanie Goosen wat die gat in sy oor gehad het. Die Here doen hierdie

dinge en ons prys sy Naam daarvoor.

Die 2de doel van hierdie Gawe:

Om Jesus se aanspraak dat Hy Seun van God is, te bevestig.

Johannes 10:36-38;

36 sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het:

U spreek godslasterlik - omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van

God?

37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo

nie;

38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan

erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

As Jesus na sy werke verwys het en Hom op sy werke beroep het, hoeveel

te meer het ons dit nie vandag nodig nie. Ook voor ‘n ongelowige,

goddelose en spottende wêreld. As die Here hierdie dinge in ons dienste

of in ons eie persoonlike getuienis doen, sal ons nie ook vir die wêreld kan

sê: “Sien julle, Jesus is die Seun van God en dit is Hy in sy

opstandingskrag wat hierdie dinge deur ons doen nie”?

Die 3de doel van hierdie Gawe:

Om die evangelie wat deur die Here se diensknegte verkondig word te

bevestig.

Prys die Here!

Markus 16:20;

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het

saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop

gevolg het. Amen.

So dit dien as bevestiging van die verkondiging van die Here se Woord.

Handelinge 4:29-30;

29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte

om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,

30 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur

die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

Prys die Here!

Die apostels het daarvoor gebid dat die Here sy hand sal uitstrek tot

genesing en tekens, en wonders deur die Naam van onse Here Jesus

sodat die evangelie daardeur bevestig kon word.

169

Kyk ook na:

Verse 12, 33;

12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen

ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is,

waardeur ons gered moet word nie.

Hulle het natuurlik die geleentheid gehad want hierdie is nog alles ‘n

uitvloeisel uit daardie verlamde man wat gesond geword het. U sal sien as

u dit lees. Dit het vir Petrus ‘n geleentheid gegee om vir die mense te wys

op die Here Jesus, dat die saligheid alleen deur Hom te vinde is.

33 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die

opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle

almal.

Met grote krag het die apostels getuienis gegee. Die bedoeling daar was

dat daardie krag ook geopenbaar is in tekens en wonders en genesing,

natuurlik, en so kon hulle getuienis gee van die opstanding van die Here

Jesus.

Handelinge 8:6-7;

6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus

toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste

uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en

kreupel was, het gesond geword.

Die 6de vers sê: Die skare het eendragtig ag gegee op die Woord. Hoe sal

ons tog nie vandag wil hê dat die skares ook na ons moet luister en dat

hulle moet ag gee op die woorde wat ons praat. Laat hulle bietjie genesing

sien; laat hulle die krag van die Here gedemonstreer sien en hulle sal ag

gee op jou woord. Hulle sal uit jou hand uit eet. Jy sal die geleentheid hê

om hulle te wys op die redding van hulle siele.

Ek weet mos uit ondervinding van heerlike en groot genesingsveldtogte

waarin ons was, wat ‘n wonderlike geleentheid daar dan was om vir die

mense te wys dat hulle, hul tot God moet bekeer. Hoe bereid hulle dan

was om dit te doen want hulle het mos die demonstrasie van die krag van

God gesien. Ek het ook nog hier twee verse bygesit by die derde punt wat

ek graag wil hê u ook na moet kyk.

Handelinge 28:8-9;

8 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En

Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die

hande opgelê en hom gesond gemaak.

9 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na

hom gekom en is genees.

170

En dit het ook weer vir Paulus hulle die geleentheid gegee om die Here se

Woord daar te verkondig omdat hulle die outoriteit gehad het van tekens en

wonders wat ook genesing ingesluit het.

Die 4de doel van die Gawe:

Om te bewys dat Jesus opgestaan het.

Handelinge 3:15-16;

15 en die Leidsman tot die Iewe het julle gedood. God het Hom uit die

dode opgewek, waarvan ons getuies is.

16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle

sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom

volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

Daar is geen beter bewys vir die heiden van die opstanding van die Here

Jesus as genesing nie. Byvoorbeeld, as jy nou na Vereeniging moet gaan,

daar is seker van u wat al ou Saley ontmoet het, ou Saley is ‘n vurige

Moslem. Selfs as hy met jou praat, kry hy ‘n salwing oor hom. Sy oë begin

blink, trane loop oor sy wange. Dit is natuurlik nie ‘n salwing van God nie.

So vurig is hy oor sy Moslem geloof.

Dan praat jy met hom oor Jesus. O, ja, ek glo aan Jesus, maar Jesus was

maar net so ‘n profeet soos Mohammed. Hy was maar net so ‘n profeet

soos Moses of so ‘n groot man soos Abraham. Maar dat Jesus die Seun

van God is en dat Jesus opgestaan het uit die dode, dit wil hulle nie

aanvaar nie. Maar wys vir hulle die tekens en die wonders, laat hulle die

genesende krag van God sien en hy sal dit erken, soos hulle dit hier aan

die mense kon wys.

Nou wil ek vir julle vertel van Tommy Osborn. In 1954 toe gaan luister ek

na hom op Hoy Park in Durban. Hy was ‘n sendeling vir baie jare. ‘n Paar

jare tevore het hy teruggekom van Indië af, heeltemal ontmoedig,

heeltemal verslae. “Onder daardie Hindus en daardie heidene het ek

gepreek, ek het gearbei maar ek kon nie hulle tot bekering bring nie. Ek

kon nie vir hulle bewys dat die Here wat ek vir hulle bring die lewende God

is en dat Hy opgestaan het uit die dode nie. Ek het teruggegaan Amerika

toe, heeltemal ontmoedig”, het hy gesê.

“Ek gaan sit een aand in ‘n diens van Broeder Branham”. Hy sê: “I sat

there, right at the back of the Auditorium” Reg daar agter, daar op die

platform het ek gesien hoe Broeder Branham duiwels uitdryf in die Naam

van die Here Jesus en hoedat Broeder Branham magtige dinge doen en

groot genesings gedoen het in die Naam van die Here Jesus omdat die

Here Jesus lewe. Hy sê; “Ek het huistoe gegaan en myself afgesonder

171

voor God, en die Here het aan my verskyn en die Here het vir my gesê:

“Jy sal ook dieselfde werke doen”. Hy het begin adverteer en uitnodigings

uitgestuur.

Hy sê die mense het begin voetpaadjies trap na sy huis toe dat hy vir hulle

moes bid en hoe die Here hulle gesond gemaak het. So het hy ‘n groot

evangelis geword. Toe hy in 1954 hier was, toe was hy juis op pad na

Java en Sumatra. Sy skip het geland in Kaapstad en die skip sou weer

aandoen in Durban. Dit sou ‘n paar dae neem maar hulle het hom toe

oorland geneem per motor. Op daardie manier het hy toe twee dae gewen

en kon dus 2 dae spesiale dienste in Durban hou.

Hy het die platform in die middel van die veld gehad en hulle het die

pawiljoen in drie blokke gedeel, een deel vir die Bantoes, een vir die Indiërs

en een vir die blankes. Hy het die Here se Woord verkondig en gesê: “Nou

gaan ek terug lndië toe en nou sal ek vir hulle wys dat my Here Jesus

opgestaan het. ‘n Dooie Here Jesus kan nie die blindes laat sien nie; kan

nie die dowes laat hoor nie”.

Die man het so ‘n versekering gehad, ek sien hom nou nog daar staan en

met die grootste gemak sê: “And you Hindus”, dit is na die Indiërs waarna

hy verwys, “The miracles you are going to see this afternoon will prove to

you that Jesus is alive.” Hy het gepraat en sommer ‘n massagebed

gedoen. Voordat hy gebid het, het hy gesê: “Almal wat siek is moet hulle

sakdoeke of iets wat wit is waai” Toe hy klaar gebid het, sê hy, die wat

genesing ontvang het, moet weer hulle sakdoeke waai, en die plek was wit

soos die sakdoeke gewaai het.

Hy nooi hulle toe om te kom getuienis gee, en ek sien nog hoe stroom hulle

soos miere van die verskillende pawiljoene na die platform om hulle

getuienis te kom gee.

Ek sal u net van drie vertel. Die een was so ‘n jong Zulu seun, so van 14-

15jaar, wat heeltemal doofstom gebore was. Hy het daar gestaan en

Tommy Osborn het met hom gepraat en hy kon alles hoor, maar hy moes

natuurlik eers leer praat. Hy sê toe vir hom om agter hom aan te tel, en ek

onthou nou nog die jong wat sê: “Wwwhhaan, Tthooo” soos hy sy mond

draai, en alles wat Tommy Osborn vir hom gesê het, het hy agter hom aan

gesê.

Daar was twee mans, albei het daar naby my gesit, die een man het ‘n gat

in sy oordrom gehad, soos klein Fanie gehad het toe ons nou die aand vir

hom gebid het en die Here hom gesond gemaak het. So, ek het die

voorreg gehad om van hierdie dinge te sien toe ek nog self jonk was in my

geloof. Die man vertel toe: “Toe ek ‘n jongman was, het ‘n vriend en ek

eendag gaan swem in ‘n rivier en daar was baie biesies langs die rivier.

Ons twee het met mekaar gestoei, sommer vir die pret lekker sterk gestoei

172

soos mans maar doen. Ons het omgerol en met die omrol het ‘n biesie ‘n

gat in my oordrom gesteek en van daardie tyd af (dit was baie jare gelede

want hy was toe al in sy middeljarige leeftyd) was ek stokdoof in my oor.

Toe Tommy Osborn vir my bid toe hoor ek net hoe kom die gehoor weer

terug”, onmiddellik, volmaakte gehoor in daardie oor.

‘n Ander man se oordrom weer het heeltemal opgedroog as gevolg van

suikersiekte wat hy gehad het. Daardie oor het volmaakte gehoor

teruggekry.

Hy sê toe vir hulle: “Now, I have proved that my Jesus has risen from the

dead and my Jesus is alive”. Dit is ons roeping en plig om aan die wêreld

te bewys dat onse Here Jesus opgestaan het uit die dode. Waar sal jy dit

beter kan bewys as deur die gawe van goddelike genesing? Dit was my

ondervinding daar.

Die 5de doel van die Gawe:

Om mense te lok na die prediking van die Woord.

Ek kan u ook daar die versekering gee dat die groot genesingsveldtogte

wat ek gesien het, mense het by die hope en strome kom luister na die

evangelie. Dit is wonderlik, dit trek die mense en dan kan hulle onder die

geklank van God se Woord kom.

Johannes 6:2;

en ‘n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien

het wat Hy aan die siekes doen.

Hoekom sal ons dan nie vandag, ook groot menigtes na ons byeenkomste

wil trek nie? Nie om ons te verheerlik nie maar sodat ons aan hulle die

evangelie kan bring. Mens sukkel vandag so om die mense van die

viswaters af weg te kry en sportvelde en al die goed. Laat ons hulle bietjie

die tekens en wonders en krag van die Here wys, en dan sal hulle kom

luister. Dan kan ons aan hulle die evangelie verkondig. Dit sal ons ook

help om geloof te bou en siele te red, om die Here se Woord te bevestig.

Die 6de doel van die Gawe:

Om mense tot God te bekeer.

Handelinge 9:32-35;

32 En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die

heiliges wat in Lidda woon;

33 en hy het daar ‘n man gevind met die naam van Enéas wat al agt

jaar bedlêend en verlam was.

34 En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond;

staan op en maak jou bed op! en hy het dadelik opgestaan.

173

35 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot

die Here bekeer.

“Al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here

bekeer”.

Dink julle nie dit is ‘n magtige boodskap nie? Hulle het daardie man geken

en van hom geweet. Hier is hy nou gesond en hulle het hulle tot die Here

bekeer. Wat ‘n wonderlike geleentheid om die evangelie te verkondig!

Hoekom sal ons nie die Here vra om ons te gebruik, ook in daardie opsig

nie?

Waarom is dit dat baie wat die volle Evangelie vir die eerste keer hoor,

dikwels makliker genesing ontvang as diegene wat al lank op die pad is?

Ek het al baie in ons dienste gesien en in die dienste van groot

samekomste van Broers Branham, Tommy Osborn, Oral Roberts

ensovoorts. Dat baie wat vir die eerste keer in so ‘n diens kom, mense van

die straat af, word nét so gesond.

Dan kry jy baiekeer gelowiges, ou Pinkster gelowiges, ander ou gelowiges,

teer kinders van die Here, daar word vir hulle gebid en niks gebeur nie. Die

ongelowiges, of wat voorheen ongelowig was, netso, en hy word gesond.

Wat is die verklaring? Een verklaring is seker dat die Here dit gebruik as ‘n

teken om ook die ander te trek.

Maar ek het die Here se aangesig baie gesoek. Ek sal u sê, sommige van

u is vars en nuut in die geloof. Miskien het julle ookal met so iets te doen

gehad. Ek het byvoorbeeld kort nadat ek in dié dinge gekom het, in ‘n

vreeslike stryd geraak. Juis omdat ek hierdie dinge nie kon verstaan nie.

Ek het van sekere mense geweet wat die Here baie nodig gehad het vir

genesing. Ons het hulle na die veldtogte geneem. Ons het groot moeite

gehad om hulle daarheen te neem.

Hulle word oor gebid en hulle word nie gesond nie. Dan neem ons een,

soos daardie niggie van my vrou, wat ons op die draagbaar ingedra het,

wat eintlik in sonde geleef het, sy het net so gesond geword. Ek het in ‘n

groot stryd geraak. Hoe kan dit wees? Die Here het my ‘n antwoord

gegee. In die eerste plek het ek ‘n stryd gehad waar ek gereken het

daardie ou Christen moet gesond word, het ek die idee van werke

ingebring. Kan u sien? Ek het gereken hulle het dit verdien om gesond te

word omdat hulle die Here so getrou gedien het.

Ons word nie gesond op daardie basis nie. Net soos ons ook nie gered

word op ‘n basis van werke nie. Ons word gered deur die geloof uit

174

genade. Nou, hoekom het daardie mense dan nie gesond geword nie en

hierdie mense van die straat af het gesond geword?

Omdat God ook vra vir geloof.

Nou wat is geloof?

Geloof is om God op sy Woord te neem.

Nou wat is dit om God op sy Woord te neem?

Ek kan God nie op sy Woord neem as ek nog nooit sy Woord gehoor het

nie.

Nou kom ek as ‘n ou Christen. Ek het God se Woord nou miskien al

deurgelees vanaf Genesis tot Openbaring. Ek het in baie preke gesit; baie

genesingsdienste; baie lering omtrent genesing en geloof, maar daar is

sekere punte in my lewe wat die Here van weet, en party waarvan ek ook

weet; waar ek nie lewe in die volle lig van my kennis nie en waar ek nie

volg in die volle openbaring wat ek het nie. God weet dit, die Heilige Gees

weet dit en God vra van my geloof volgens my lig wat ek ontvang het. Nou

kom daardie persoon van die straat. Hy het sonder God geleef want hy

weet niks van die Bybel af nie. Nou kom hy en luister na daardie sprekers,

dit is al van God wat hy nog weet maar dit wat hy daar hoor, glo hy. Hy het

miskien al ‘n genesing gesien. Alles wat die prediker daar gepreek het, glo

hy, met ander woorde, hy glo tot die maksimum van die lig wat hy ontvang

het. Volgens God se standaard het hy 100% geloof in dit wat hy weet. Die

Here antwoord hom en hy word netso gesond.

Ek wat lank op die pad is het nie 100% geloof nie, volgens die standaard

wat ek gebruik het. Daarom, moet ek u ook waarsku soos ek myself

waarsku. Dit is ‘n groot voorreg om te sit in ‘n Bybelklas soos hierdie. ‘n

Groot voorreg om ‘n Bybel te hê, om te kan kerk toe gaan. ‘n Groot

voorreg om te kan hoor van hierdie wonderlike dinge maar ook ‘n groot

verantwoordelikheid. God eis nou van ons dat ons sal glo en dat ons sal

lewe volgens die lig wat ons ontvang het.

Volg u dit? Dit is baie belangrik vir ons want as ek dit nie doen nie beteken

dit, dat daar sekere dele van God se Woord is wat ek gehoor het, maar dit

of verwerp of wat ek minag, want ek reageer nie daarop nie. Die Heilige

Gees kan bedroef raak daardeur. Moenie dat dit u in ‘n stryd bring nie, laat

dit vir u tot aansporing wees.

Die 7de doel van die Gawe:

Om eer en lof aan God te bring.

Markus 2:11-12;

11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

175

12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van

almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets

het ons nog nooit gesien nie!

“Sodat almal verbaas was en God verheerlik”.

Prys die Here! Verblydend! Ons moet altyd God verheerlik en altyd die

mense daarop wys. Dit is nie ons nie, dit is die Here en dit is Hy wat die

eer moet ontvang.

Lukas 13:17;

En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die

hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur

het.

In vers 16 sien ons dat hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die

Satan, dink daaraan, al agtien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie

band op die sabbatdag verlos word nie?

Lukas 5:25-26;

25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy

op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.

26 En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en

is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge

gesien.

Ja, “verbasing het almal aangegryp en hulle het God verheerlik en is met

vrees oorval”.

Dit is ook nog ‘n wonderlike doel wat hierdie gawe dien.

Die 8ste doel van die Gawe:

Om God se volk met geloof en moed te inspireer.

As ons hierdie dinge sien, sal dit ons met moed en geloof inspireer. Ek wil

vir u sê, een bonatuurlike wonderwerk van genesing sal net soos in die dae

van die Bybel meer demone wakker maak en meer siele red as ‘n dosyn

preke sonder wonderwerke. Is dit nie waar nie?

Een wonderwerk sal meer verrig as ‘n dosyn preke; sal ook meer duiwels

wakker maak wat jou sal begin aanval. Maar dit is goed, as hulle dit doen

kan jy hulle sien, dan kan jy hulle ook uitwerp in die Naam van die Here.

Net iets hier wat ek wil noem voordat ons verder gaan: Onthou, dit is so

belangrik, óf ek nou die siekekamer ingaan om vir die sieke te bid, óf dit

nou in ‘n diens is, soek tog die vónk; die vónk van die Heilige Gees moet

daar wees. Ek sê nie daar moet altyd opgewondenheid wees, of so nie,

maar in jou stilligheid, moet jy weet Hy is hier.

Die Here het mos gesê:

“Ek is met julle, Ek sal saam met julle gaan”.

Laat ons Hom gewaarword, laat ons daarvoor soek. Prys die Here!

176

[Kasset nr. L019]

Hoofstuk 9

Die Gawe van Werking van Kragte.

Ons dank die Here vir die Gemeente wat die Here Jesus vir Hom gekoop

het deur sy kosbare bloed. Daarom wil ek weereens op myself en op u ‘n

beroep doen: “Moenie dat ons die Heilige van Israel beperk deur ongeloof

nie”. Wat God vir ons in sy Woord gegee het, is vir ons en ons moet dit in

besit neem. Ons moet nie kyk na ons eie kragte of verlede of

omstandighede of omgewing nie.

Ons moet die oë gevestig hou op die Here Jesus wat die Opperste

Leidsman en die Voleinder van onse geloof is. Soos die Engelse Bybel sê;

“The Author and the Finisher of our Faith”. Dit is Hy wat dit begin het; dit is

Hy wat dit sal klaarmaak.

Die gedeelte wat ons nou met mekaar gaan behandel is vir die menslike

verstand en die menslike begrip wonderlik, onmoontlik. Maar die Here

Jesus het deur sy dood en sy opstanding en met die doping van sy Heilige

Gees, van ons wonderlike wesens gemaak. Die heerskappy wat Hy aan

Adam gegee het, en wat Adam aan die Satan afgestaan het, het die Here

Jesus vir ons waaragtig herstel.

Ons moenie vir ons laat mislei om, as ons dan nog aan wonderwerke glo,

en aan die bonatuurlike glo, dit te projekteer in ‘n eeu wat kom nie. Ek

dank die Here vir wondere in die eeue wat kom. Die Here sê: “Ek maak

alles nuut”. Maar as ons na die bediening van ons Here Jesus kyk; ons kyk

na die bedieninge van die apostels; ons lees die handelinge van die

apostels, van die eenvoudigste manne en vroue, dan sien ons die

bonatuurlike dwarsdeur in hul lewens; in hul bediening en in die Ou

Testament.

Die Here het die aarde geskape met ‘n wonderwerk. Met ‘n woord wat Hy

gespreek het dwarsdeur die bediening van die Profete; van ‘n Elía; of ‘n

Elísa, en baie andere. Is dit nie ‘n wonderwerk as Elísa ‘n byl op water kon

laat dryf nie? Loof die Here! Laat die moderniste sê wat hulle wil. Laat

hulle dit vergeestelik. Laat hulle wat ookal sê, maar God se Woord sê

daardie byl het gedryf. Loof die Here, en so moet ons God se Woord glo.

Dit is God wat Homself, deur sy behae om Homself wonderbaarlik, nie net

aan ons te betoon nie, maar ook in ons, en dit is waaroor ons studies gaan.

177

Ek kan nie genoeg ‘n beroep op myself en op u doen nie, dat ons nie

beperk moet wees in ons visie nie. Die Here roep ons in hierdie laaste

dae. Daar is ‘n groot stryd aan die gang en die stryd gaan nog al groter

word, maar ons is aan die wenkant. Ons is meer as oorwinnaars deur

Jesus Christus onse Here wat ons krag gee. As Hy gesê het: “Ek gee vir

julle krag, en ek gee vir julle mag oor al die magte van die vyand”, dan het

Hy dit vir ons gegee!

Dan moet ons dit nie as net ‘n stukkie teorie of as net ‘n Bybelteks beskou

nie. Ons moet dit in werking bring. Daarom moet ons bid. In baie opsigte

is party van die dinge wat ek aan u verkondig vir my ook nog nuwe terrein.

Daar is nog hoër gronde om van besit te neem. Ek dank die Here vir dit

wat ek al kon sien en belewe. Maar daar is baie, baie meer land nog om in

besit te neem.

Die Here moet ons help om as ‘n klompie saam, daardie land in te stap; vir

mekaar te bid en mekaar te bemoedig as ons miskien kleinmoedig word,

dat ons mekaar aanspoor. Laat ons mekaar aanhelp en as dit nodig is,

mekaar selfs vermaan. Hoe lyk dit dan nou? Laat ons die land in besit

neem.

Ons het nou gekom by die gawe van die werking van kragte / of die gawe

van wonderwerke. Soos in Engels: “The gift of the working of miracles”.

Ons gaan nou-nou sien, as ons die tekste met mekaar lees, daar is selfs

wonderwerkers, “Workers of miracles”. Ons lees dan 1 Korinthiërs l2 van

die werkinge van kragte, of ·”miracles”·soos dit in Engels heet. Ons lees

net eers ‘n paar Skrifte, dan sal ek verder praat.

1 Korinthiërs 12:8-11;

8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid

gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde

Gees;

9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander

genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n

ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale,

aan ‘n ander uitleg van tale.

11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen

afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

U moet die heerlikheid van God laat uitbrei in hierdie dae, en loof die Here

die lig het in die duisternis geskyn en die duisternis het dit nie oorweldig

nie. Prys die Here!

178

1 Korinthiërs 12:28-29;

28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek

apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte,

daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe,

allerhande tale.

29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is

tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

Daarna kragte!

Dit word in sowel vers 28 en 29 genoem.

Hierdie woord “kragte” in die “Authorised Version”, dit is die “King James”,

die gewone Engelse Bybel is dit - “miracles”; en in Weymouth se vertaling -

“miraculous powers”, in die “Amplified NT” word dit vertaal as - “wonderworkers”.

Is dit nie magtig nie, is dit nie wonderlik nie, “miraculous

powers”!

Ons moet dit dan mos sien en dit ondervind! Loof die Here: en laat dit aan

die twyfelaars en ongelowiges waarlik die heerlikheid van die Here

openbaar. Ek wil dit weer beklemtoon soos in al die ander studies, ons

moet onthou, ook hierdie gawe is bonatuurlik, dit het niks met die natuurlike

te doen nie.

Ons hoor vandag baie keer die woord “wonderwerke” in die gewone lewe.

‘n Mens sal byvoorbeeld praat van die wonderwerk van Yskor. ‘n Mens sal

praat, aan die slegte kant, van die wonderwerk van die opkoms van die

Kommunisme. Binne omtrent 60jaar (dit was in 1975) het dit gegroei van ‘n

ledetal van so 17 tot ‘n ledetal van meer as ‘n derde van die wêreldbevolking.

Ons sien waar staan hy vandag. Dit is ‘n wonderwerk, ‘n sinistere

wonderwerk. Maar dit is nie die wonderwerke waarvan ons praat nie.

Ons praat van die wonderwerke van die Gees van God, want ons is besig

met die Geestelike gawes, en ons moet daarop die klem lê. Dit sal werk

deur die Heilige Gees en dit sal werk in ons private lewe as Geesvervulde

mense, en ons sal vir u ‘n hele paar voorbeelde noem; beide uit die Bybel

en ook uit wat ons gesien het.

Maar ek voel, weereens, en dit moet ek ook aan die begin vir u stel, dat dit,

soos die ander gawes essensieel gegee is vir die gemeente. Wanneer die

kinders van God bymekaar kom, en hulle kom in eendragtigheid in die

Gees van God bymekaar, (ek kyk nog uit na daardie dag), dit sal ‘n

gemeenskap wees waar nie sommer elkeen sal waag om by in te stap nie.

Die sondaar, die spotter; ek onthou nog baie goed hoe baie van die

oumense (in die begin van Pinkster), toe die mense nog gewillig was om

179

met eiers en tamaties gegooi te word, en uitgeskel te word vir wat dit wil;

my vertel het dat sondaars daar ingekom het om te spot en sodra hy sy

voet oor die drumpel sit; (party van hulle in hul “grand suits”) dan word hy in

die stof ingerol. Die Heilige Gees gryp hom en gooi hom net daar neer en

Hy draai hom deur die wasmasjien van die Heilige Gees. As hy anderkant

uitkom is hy skoon, hy is mak en hy is gelowig. Prys die Here!

Hoe moet ons harte nie smag en soek na die bonatuurlike nie! Soos so

baie mense sê: Julle vervul nou die woorde van die Here Jesus wanneer ‘n

bose en owerspelige geslag soek na ‘n teken.

As u daardie Skrif mooi ontleed sal u sien vir watter soort teken daardie

Jode gesoek het, ‘n soort van ‘n uitdaging aan God. Amper die tipe van

persoon wat baiekeer sê: Nou goed, as daar dan ‘n God in die hemel is,

laat daar dan ‘n weerligstraal uit die hemel uitval, en so aan.

Dit is nie die tekens waarvoor ons vra nie. Nee, as God se kinders reg is,

behoort dit die spontane, natuurlike ondervinding te wees van God se

kinders wat bymekaarkom in die bonatuurlike atmosfeer van die Heilige

Gees deurdrenkte lug, soos dit was in daardie geval van die Here Jesus,

toe daar gesê is “en die krag van God was teenwoordig om te genees”.

Die definisie van ‘n wonderwerk:

‘n Wonderwerk in die sin wat ons behandel is dit:- Die skielike en

onverklaarbare omkering van die gang van die natuur. Met ander woorde

‘n wonderwerk is ‘n bonatuurlike ingryping in die gewone gang van die

natuur. Hierdie woord “kragte” of “wonderwerke” kom weer van die

oorspronklike Griekse taal waarin dit geskryf is, van die woord “dunamis”,

wat eintlik “ontploffingskrag” beteken of,·”explosive power”, waarvandaan

ons Afrikaanse woord “dinamiet” en die Engelse woord “dynamite”·direk

vertaal is. Dit is die ontploffingskrag van die Gees van God wat hierdie

gawe ten grondslag lê en waarmee hy ook altyd gepaard sal gaan.

Net ‘n paar Skrifte om vir ons te wys dat ons heeltemal op die spoor is, en

wat ons moet verwag wanneer ons hieroor praat, en wanneer ons sê dit

moet terugkom in die kerk.

Johannes l4:12; ( wat die Here Jesus ons belowe het).

12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen, en hy sal groter werke doen as dit, omdat

Ek na my Vader gaan.

“Hy sal groter werke doen as dit omdat ek na my Vader gaan”.

Nou, het die Here Jesus nie baie wonderwerke gedoen nie? Uitstaande

wonderwerke! Loof die Here! Die storm met ‘n woord stil gespreek; die

brood en die visse vermenigvuldig; vir Lasarus uit die dode laat opstaan;

180

die geldstuk in die vis se bek geplaas; die opwekking van die seun van die

weduwee van Nain; die opening van die blindes se oë; ag, so baie meer.

Die Here Jesus se bediening was deurdrenk van wonderwerke. Wat vir my

‘n bewys was dat die Jode van daardie tyd nie tevrede was met daardie

tipe van wonderwerke nie. Hulle wou speel met die heerlikheid van God.

Die wonderwerke het voor hul oë plaasgevind. Tog het hulle nog gevra vir

wonderwerke, met ander woorde, hier is ook ‘n ander baie ernstige aspek,

en jy vind dit veral onder godsdienstige mense. Dit is Sondagaand in ons

diens gesê: “Wys vir ‘n heiden ‘n wonderwerk en hy glo. Maar wys vir

kerkmense ‘n wonderwerk en hy soek miskien vir ‘n ander ding en sê: “Is

daar nie miskien ‘n bedrogspul aan die gang nie, of dit, of dat, of

oëverblindery?” Dit is jou kerkmense wat so sê. Weet jy wat is die rede?

Dit is ‘n waarskuwing vir jou en vir my.

Wanneer God met jou praat, op watter manier ookal, en jy luister nie na die

stem van God nie, verhard jy jou hart op daardie plekkie waar God sy

vinger gedruk het. Volgende keer moet God op ‘n ander plek druk as Hy

jou wil aanraak. Verhard jy jou hart weer, kry jy daar ‘n harde kol, in jou

geestelike liggaam.

So is daar baie mense vandag in ons kerke, in hierdie bevoorregte geslag

met oop Bybels, oop kerkdeure, mense wat gepantserd is, wat sit met

skubbe van hulle kop tot hul tone waar God sy vinger op hul lewens gedruk

het en waar hulle hul verhard het. Dit is daarom dat hulle nie meer kan

luister na die stem van God nie. Dit is tragies, maar dit is waar!

“Voorwaar, voorwaar”· Nou ek wil dit ook net vir u verduidelik, die Bybel sê,

uit die mond van twee en drie getuie staan ‘n saak vas, en waar die Here

Jesus in ‘n hele paar plekke in sy bediening hierdie spreekwyse gebruik

van “Voorwaar, voorwaar”, is dit ‘n dubbele beklemtoning en beteken dit Hy

is dubbel ernstig oor die saak. “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle die

werke wat Ek doen sal julle ook doen, en groter werke as dit”.

Ons het dit gesien in die handelinge van die Apostels byvoorbeeld Petrus

se skaduwee het net nodig gehad om op die mense te val en hulle het

gesond geword. Iets meer nog en groter as wat ons van weet in die

bediening van die Here Jesus. Maar ek glo natuurlik dat menigvuldigheid

ook daarby ingeslote is. Waar Hy net nog die een liggaam was, het Hy

deur sy dood en sy opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees, vir

die Vader baie kinders gegee, en baie tot geboorte gebring. Oral waar

hulle is en waar daardie een sal staan, sal die krag van God werk en op

daardie manier die Here se heerlikheid uitbrei. Daar is baie beskouinge

daaromtrent, ek maak dit maar net duidelik.

181

Handelinge 1:8; (ons welbekende vers m.b.t. die Heilige Gees)

maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,

en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele

Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

“Julle sal krag ontvang” - julle sal “dunamis”, julle sal “dinamiet” ontvang.

As u gedoop is in die Heilige Gees het jy daardie krag as ‘n saad, as ‘n

kiem in jou hart. Ek glo dat die Woord van God nie genoeg gepredik word

nie, omdat ons dit nie genoeg glo nie en ons nie daarop reageer nie, wie

weet, miskien selfs minag. Maar dit wat die Here Jesus belowe het, dat as

die Heilige Gees werklik in jou kom, het jy ontploffingskrag binne-in jouself,

ter ere van God en tot die oorrompeling van die koninkryk van Satan en dít

is ons ERFENIS. Prys die Here! Maar alles werk deur die geloof! As jy dit

nie glo nie, as jy dit nie in werking bring deur die geloof nie, sal dit nooit tot

werking kom nie. Goed, julle sal krag ontvang.

Markus 16:16-20;

16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo

nie, sal veroordeel word.

17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal

hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit

hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en

hulle sal gesond word.

19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die

hemel, en het gaan sit aan die regterhand van God.

20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het

saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop

gevolg het. Amen.

“En die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat

daarop gevolg het”. Die tekens is ‘n bewys van samewerking van die Here.

Hier is, as u dit mooi ontleed, die belofte van wonderwerke. Iemand wat

duiwels uitdryf, in daardie opsig is dit ‘n wonderwerk; nuwe tale wat jy

spreek is ‘n wonderwerk, ek sê nie dit is die werking van kragte nie, dit lei

maar net daarheen; slange opneem en jy nie gebyt word nie, dit is ‘n

wonderwerk; iets dodeliks drink en dit jou geen kwaad doen nie, dit is ‘n

wonderwerk. Dit bewys die bediening, die lewe van die kind van God, die

belofte daarvan. Jou hele lewe is ‘n bonatuurlike lewe en is ‘n lewe van

wonderwerke.

Hebreërs 13:8; (ons laaste teks in verband hiermee )

8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Hierdie onveranderlike Here Jesus wat dit dan in sy dissipels gedoen het,

deur sy opstandingskrag en deur die krag van die Heilige Gees, en in die

182

handeling van die Apostels. Waarom sal Hy nie dieselfde doen vandag

nie? Dit is dieselfde Here Jesus. Prys die Here! Ek kan sê: “Come let us

bring back the King!” Kom laat ons die Koning terugbring soos hulle

gepraat het met Dawid, ook toe Dawid daardie keer weggegaan het. Kom

ons bring die Koning terug! Halleluja! Sy Heerlike Majesteit, en gee Hom

weer ‘n kans in sy gemeente. Laat ek net vir u ‘n illustrasie gee van wat ek

voel, is wonderwerke.

Van die diens waarin ek was, toe ek so pas in Pinkster ingekom het, so 24

jaar lede, in die diens van ou broer Bosworth, (hy is nou al by die Here) hy

het ‘n pragtige boek geskryf wat vandag weer beskikbaar is, naamlik;

“Christ the Healer”. As u net wil lering kry omtrent wat dit is om God

werklik te glo, dit is nou veral in verband met Goddelike genesing, dit is om

God heeltemal op sy Woord te neem en te dien en om God se beloftes te

laat werk in jou lewe, kry u dit in daardie boek. Waar hy vertel het van die

vrou wat deur ‘n operasie in Amerika albei haar oordromme laat verwyder

het. In ander woorde, sy was stokdoof, sy kon gladnie hoor nie. Hy het toe

vir haar hierdie boek “Christ the Healer” gegee om te lees en vir haar gesê:

“Wanneer jy die boek klaar gelees het, kom dan na een van my dienste toe

dat ek vir jou kan bid”. Sy het ook so gemaak en hy het vir haar die aand in

Chicago, soos hy vertel het, gebid en sy het onmiddellik haar gehoor

teruggekry in albei ore. Die volgende dag was dit voorbladnuus in die

Chicago se koerante. Die dokter, ‘n Joodse sjirurg, het dit gelees en gesê:

“Ek gaan hierdie “Faith healers”, ontmasker. Ek het self die operasie op

daardie vrou uitgevoer. Hulle is besig om die publiek te bedrieg en hierdie

dinge moet end kry, ensovoorts. Hy skakel toe die vrou en sy antwoord

hom self oor die telefoon, en hy sê: “Sal jy na my spreekkamer toe kom dat

ek jou kan ondersoek?” Sy sê met plesier. Sy het gegaan en hy het haar

ondersoek en gevind dat die Here vir haar twee splinternuwe oordromme

gegee het! Onmiddellik het daardie man so onder die oortuiging gekom dat

hy sy praktyk net daar verkoop het, tot bekering gekom en sendeling vir die

Here Jesus geword het.

Nou sal u vir my sê: “Ja, Pastoor, dit is wat Broer Bosworth vir julle vertel

het. Maar nou wil ek u vertel wat ek met my eie oë gesien het. Toe hy dit

nou vir ons klaar vertel het, en die stadsaal van Johannesburg was

volgepak, toe sê hy: Ek soek nou vanaand in hierdie vergadering na sulke

mense, wat so ‘n operasie gehad het in die een oor, sodat daardie persone

kon hoor met die ander oor wat ek sê. Want sy een prinsiep waarop hy

werk, en wat ek voel basies goed en gesond is, is dat hy sê, God werk deur

sy Woord.

Hy sê die Woord is die lewende saad van God. In die Woord is God se

belofte, in die Woord is God self, want Jesus is die Woord wat vlees

geword en onder ons kom woon het. Dus as jy die lewende Woord in jou

183

hart inneem en jy neem daardie Woord as God self, sal daardie Woord

Godself in jou wees, as jy dit kan begryp. In elk geval, hy sê toe hy wil

sulke persone hê en daar gaan toe twee persone na hom toe, ‘n man en ‘n

dame.

Hy het sy vinger in die man se oor gesit en driekeer vir hom gebid maar

daar het niks gebeur nie. Toe sê hy vir hom hy moet eenkant wag. Toe

kom die dame en hy sit sy vinger in die oor waarvan die oordrom verwyder

is deur die mastoldoperasie en toe hy klaar gebid het, sê sy, sy kan hoor,

volmaak hoor en hy toets haar. Sy moes omdraai en self met haar vinger

die gesonde oor so goed toestop as wat sy kon, en met haar rug na hom

toe staan, sodat niemand kan sê sy lees sy lippe of enigiets, nie. Hy het ‘n

hele ent agter haar op die platform gestaan en vir haar dinge voorgesê. Hy

het getel en ander woorde vir haar voorgesê wat sy alles haarfyn agterna

gesê het. Hy het naderhand agter haar gaan staan en sy sakhorlosie uit sy

sak gehaal en dit so agter haar kop gehou. Hy vra vir haar “Can you hear

my watch ticking?”en sy sê: “Yes, I can hear it perfectly”. Loof die Here!

Nou my eie beskeie getuienis, van klein Fanie Goosen wat in ons

Sondagskool was. Hulle het na ‘n vakansieoord toe gegaan gedurende die

Desember vakansie. In die swembad het ‘n seun hom op die oor geskop

en die oordrom het gebars. Hy het stokdoof in die oordrom geword en ‘n

Dokter het hom ondersoek en gesê daar is niks medies wat daaraan

gedoen kan word nie. Dit kan miskien later in sy lewe toegroei, dit is die

enigste hoop. Ek het die aand nie ‘n beroep gedoen vir siekes nie en daar

het ‘n hele paar mense uitgekom vir redding, veral een jongman Lourens

van der Spuy. Hy het self bely dat hy daardie aand na die diens gekom

het, meer om te spot as iets anders. Maar in die diens, terwyl die Here se

Woord uitgegaan het, toe sien ek die trane loop oor hierdie jongman se

wange. Toe ek die beroep doen was hy die eerste om sy hand op te steek

om homself aan die Here oor te gee.

Daardie aand het ek gesê ek sal self met die bekeerling werk in die

bidkamer, iets wat ek selde gedoen het, hulle moet daar wag tot aan die

einde van die diens. Gewoonlik as ek hulle vra om bidkamer toe te gaan,

vra ek van ons Broers om saam met die mans te bid, en van die Susters

om saam met die dames te bid.

Toe ek in die bidkamer inkom, toe hardloop klein Fanie in en sê: “Pastoor,

bid vir my vir hierdie oor, asseblief. Op daardie oomblik sê die ou duiwel vir

my, hy is mos altyd met ons besig. Sê vir Fanie hy moet net ‘n bietjie wag.

Deel nou eers met die siele, die siele kom tog eerste. Is sy logika nie baie

goed nie?

Maar ek het geweet wat in my hart sou aangaan, dan sou ek bang gewees

het (dit is wat die duiwel in my hart wou sit) om vir hierdie jong bekeerling

184

te bid wat ernstig onder oortuiging was, omdat, as daar dalk nou niks

gebeur met Fanie nie, sal dit hom nou teleurstel in die evangelie. ‘n Baie

goeie argument. Maar toe sê ek in my hart, wyk Satan.

Ek sal eerste vir Fanie bid. Ek sê toe vir Fanie, goed ek sal vir jou bid. Ek

sit toe my vinger in sy oor en ek bid vir hom. Toe ek klaar gebid het sê ek

vir hom, nou staan met jou rug na my toe, laat ons sien of jy kan hoor.

Druk jou gesonde oor toe en hy het onmiddellik volmaak, alles agter my

aangesê. Hy het Dokter toe gegaan en die Dokter het sy verbasing

uitgespreek en gesê daar is geen gat meer in sy oordrom nie! Volmaak

gesond! Ek dank die Here, ek glo dit is ‘n demonstrasie van ‘n

wonderwerk. Ek sal vir u nog meer voorbeelde daarvan gee.

Net kortliks wat dit NIE is nie:

Soos ek aangedui het in die begin. Dit is nie ‘n wonder van die wetenskap

nie, watter wonderlike wetenskaplike prestasies daar ookal mag wees. Toe

die mens op die Maan geland het, het baie mense gesê dit is ‘n

wonderwerk. Goed, dit is ‘n wonderwerk van wetenskaplike prestasie. Dit

is ‘n wonder van die menslike vernuf; maar dit is nie ‘n wonderwerk van die

Heilige Gees nie, dit is tog vir u duidelik. Dit is nie ‘n wonderwerk van

spiritisme nie; of van “Christian Science” nie, dit is ook nie sielkunde of

enigiets wat deur die mens in die natuurlike voortgebring kan word nie.

Wat dit is:

Die werke van kragte is die werking van tekens en van wonders. Dit is

altyd bonatuurlik en teenstrydig met die natuur. Dit moet ons onthou, dat

dit altyd teenstrydig sal wees met die natuur.

Byvoorbeeld:

Dit was ‘n wonderwerk toe Petrus op die water geloop het. Die natuurlike

is, as jy op water probeer loop, sink jy. Petrus het op die water geloop en

nie gesink nie, dit was ‘n wonderwerk. Die wonderwerk was nie dat Petrus

geloop het nie, maar dat hy nie gesink het nie. Dit word gebruik om God se

Woord te bevestig, soos deur sy dienskneg verkondig. Dank die Here, dit

is een van die groot dinge wat die Here gebruik om sy Woord te bevestig.

Dit is wat die Here Jesus self gebruik het. God gebruik wonderwerke om

geloof in sy Woord op te bou.

Johannes 5:36;. (in die bediening van ons Here Jesus self)

Maar Ek het ‘n groter getuienis as dié van Johannes want die

werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self

wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

“Die werke self wat Ek doen getuig van My dat die Vader My gestuur het”.

Op ‘n ander geleentheid het die Here Jesus gesê: “Soos die Vader My

gestuur het, so stuur Ek julle”.

Daarom moet ons ook vir die wêreld kan sê: “Die werke wat ek doen, en

die werke wat ons doen, getuig van ons dat die Here Jesus ons gestuur

185

het. Die tekens en die wonders is die getuigskrifte van die gesante van die

Here Jesus. Dit is die getuigskrifte van die kerk van Jesus Christus. Soos

ons gesien het in Markus 16, hulle het oral gegaan en gepreek en die Here

het met hulle saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat

daarop gevolg het. Hoekom sal die Here Jesus dit nie vandag doen nie?

Nog net een geval uit die bediening van ons Here Jesus.

Johannes 10:25;

Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die

werke wat Ek doen in die Naam van My Vader, dié getuig van My.

“Die werke wat ek doen in die Naam van My Vader die getuig van my”. Ons

moet vandag dieselfde kan sê. Ek gaan welbekende gevalle vir u noem.

Dit sal vir u bekend wees en u kan dit vir uself naslaan.

Moses: Toe die Here vir Moses gestuur het om vir Israel te gaan uitlei, het

hy die Here gevra vir tekens. Hy het gesê: “Here, die volk sal in my nie glo

nie”. En hy het vir die Here gevra vir tekens en die Here het vir hom tekens

gegee. Onthou u die teken waar hy sy hand in sy boesem sou steek? Dan

sou dit melaats word as hy dit uittrek, en as hy die melaatse hand weer in

sy boesem sou insteek en dit weer uittrek, dan is dit skoon. Dit was ‘n

teken.

Die Here het hom die teken van sy staf gegee wat hy op die grond moes

gooi en dit het in ‘n slang verander, en as hy hom by die stert optel is dit

weer ‘n stok. Ons weet self hoeveel tekens en wonders deur Moses vir

Farao later oorrompel het en vir Israel uitgelei het uit die slawehuis.

Gideon: Gideon het gevra: “Waar is die wonderwerke wat ons vaders ons

van vertel het”? Toe het die Here vir hom ‘n paar wonderwerke gewys, en

die Here het ook wonderwerke in die lewe van Gideon gedoen.

Elísa: Elísa se bediening is een van die pragtigste bedienings. U moet

onthou Elísa het gevra vir ‘n dubbele mate van die gees wat op Elía gerus

het. Doen ‘n studie, dit sal u hart bekoor en goed wees vir u siel. As u

soek na ‘n deeltjie om in die Bybel te lees, soek dit op en u sal sien dat

Elísa se wonders en tekens nog baie meer was as die van Elía. Prys die

Here! Toe Elísa daardie mantel optel toe sê Elísa op een geleentheid:

“Waar is die God van Elía?” - en slaan die waters en die waters kloof en hy

stap deur.

Josua: God het aan Josua gesê: “Soos Ek met Moses was, sal Ek met jou

wees”. En dit was ‘n Josua wat gesê het: “Son en maan staan stil!” En

hulle het stilgestaan. Die Here se Woord sê: Nog nooit het so iets gebeur

dat die son op die bevel van ‘n mens sou stilstaan nie.

186

Die ongelowige spot daarmee, maar dit is net ‘n beklemtoning van wat ek

aan die begin van hierdie Studie aan u gesê het. Dit is wat God vir ons

gedoen het deur Jesus Christus. Hy het waaragtig ons verlore heerskappy

aan ons herstel. Lees wat die Here aan Adam gesê het: “Ek gee vir jou

heerskappy oor my ganse skepping”. Die Here het Adam aangestel oor die

werke van sy hande.

Teen hierdie tyd is u almal bekend met hierdie mense wat die gegewens in

die rekenaar ingevoer het, en dat hulle van een dag nie kon rekenskap gee

nie. Toe het een van die mense wat op die rekenaar gewerk het, gesê: “Ek

het in die Sondagskool geleer van waar die son en maan stilgestaan het.

En toe hulle dit in die rekenaar invoer, toe werk dit nog nie. Toe sê hy: “O,

ja wag, ek onthou ook nog van die son wat ‘n paar grade teruggegaan het

op die sonwyser in die tyd van Hiskía, en toe hulle dit bysit, toe werk die

rekenaar volmaak. So het selfs die wetenskap bewys met al die mens se

berekenings, dat daardie twee gevalle die waarheid is.

Wonderwerke gee dus mag oor die natuur; dit gee mag oor die dood; dit

gee mag oor demone; dit gee aan ons, ons verlore heerskappy terug.

Wonderwerke lei tot die redding van siele.

U onthou in Handelinge 3, waar Petrus vir die verlamde man gesê het:

“Silwer en goud het ons nie, maar dit wat ons het gee ons vir jou. In die

Naam van Jesus staan op en loop”, en hy gryp daardie man aan die hand

en hy rig hom op. Ek glo dit was ‘n wonderwerk, want daardie man het nog

nooit geloop van sy geboorte af nie en hy was oor die 40jaar oud. Daar

spring hy op en huppel van blydskap. Dit het gelei tot die redding van

siele.

Kom ons kyk na ‘n ander geval wat nie so goed bekend is nie, in die

bediening van die Apostel Paulus.

Handelinge 13:6-12;

6 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en ‘n towenaar

gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus.

7 Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, ‘n verstandige man.

Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord

van God te hoor.

8 Maar Élimas die towenaar - want so word sy naam vertaal - het

hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te

maak van die geloof.

9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë

op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van

10 alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie

ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

187

11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees

en die son ‘n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar

donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en

gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae

oor die leer van die Here en het geglo.

Prys die Here! Is dit nie pragtig nie?

As jy ooit ‘n goeie illustrasie wil hê van die werking van kragte - hier is dit!

As hy vir daardie man kon sê: Jou kind van die duiwel en vir hom sê die

hand van die Here sal op jou wees en jy sal blind wees en die son ‘n tyd

lank nie sien nie. Onmiddellik het daar duisternis op hom geval en hy het

rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

Ek sou wat wou gee om hier teenwoordig te kon gewees het. Waarom sou

ons dit eintlik sê? Hoekom moet ons dit nie vandag in ons lewens sien

nie? Kom laat ons God glo dat ons hierdie dinge baie gaan sien en dat ons

ook die uitwerking daarvan gaan sien - naamlik vers 12, “toe die

goewerneur dan sien wat daar gebeur het was hy verslae oor die leer van

die Here en het geglo”.

Prys die Here!

Ek is daar seker van u sal met my saamstem ons sal baie meer mense kry

wat sal glo as ons weer hierdie gawe in werking het.

Die opwekking van Tabíta of Dorkas uit die dood.

Handelinge 9:36-42;

36 En in Joppe was daar ‘n sekere dissipelin met die naam van Tabíta

wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in

goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

37 En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar

gewas en in ‘n bovertrek neergelê.

38 En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat

Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom

moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.

39 En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy

daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees

kom by hom staan en ween en wys hom die onder en bo-klere wat

Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.

40 En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En

hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En

sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop

gesit.

41 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die

heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.

188

42 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here

geglo.

Een prediker het gesê en ek dink dit is mooi en ek voel daarmee saam.

Petrus het die ander mense uitgestuur. Dit is vir ons baiekeer nodig, om

mense uit te stuur. Hulle ongeloof bind jou só, en selfs hulle verset bind

jou so dat dit die werk van die Gees van die Here bemoeilik. Ek het al

baiekeer in dienste gevind dat jy waarlik voel jy kreun in jou siel. Jy voel

hier is soveel ongeloof, hier is soveel teëstand en weerstand dat jy voel dat

jy niks daar uitgerig sal kry nie.

My eie ondervinding in die grootste en wonderlikste dinge wat in my eie

lewe gebeur het, het geskied waar ek of alleen was met ‘n persoon of met

net ‘n paar mense. Petrus het hulle uitgestuur en hy het opgestaan en na

die liggaam gedraai en gesê: “Tabíta staan op, en sy het haar oë

oopgemaak en toe sy Petrus sien het sy regop gesit”. Dit is ‘n wonderwerk.

Prys die Naam van die Here! Dit is wat die Here gedoen het, en waarom

dan net in die geskiedenis van ‘n Petrus?

Paulus maak vir Eútichus lewendig.

Handelinge 20:7-12;

7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het

om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die

volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag

toe .

8 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.

9 En ‘n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster

gesit en weggesink in ‘n diepe slaap; en toe Paulus nog lank

gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde

verdieping afgeval en is dood opgetel.

10 Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om

hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.

11 en hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy

nog ‘n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was

uitermate getroos.

Prys die Here! Is dit nie wonderlik nie?

Ons loof die Here daarvoor. Onthou die Bybel is nie bedoel om as ‘n

geskiedenisboek alleen gelees te word nie. Dit is die lewende Woord van

die lewende God - en daardie dinge moet ook ons ondervinding wees.

Anders help dit vir ons niks. Moenie dat ons, ons laat mislei deur vroom

praatjies en sê dit is godslasterlik, dit is aanmatigend of vermetel van jou of

wat ookal om hierdie dinge vir jou toe te eien nie. Dit is die evangelie.

189

Dit is wat die Here aan ons gegee het en daarmee dank ons die Here en

daarmee moet ons nog die wêreld oorrompel vir onse Here Jesus.

Petrus se skaduwee.

Handelinge 5:14-15;

14 En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg,

menigtes van manne sowel as vroue,

15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en

draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was

dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.

Nog ‘n wonderlike voorbeeld is waar Jesus vir Lasarus uit die dood

opgewek het, die verwysing daar is Johannes 11.

Elía en Elísa - beide van hulle het dooies opgewek.

Is ons nie onder ‘n beter verbond nie? Is ons nie onder beter bloed as die

bloed van stiere en bokke nie? As hulle dit kon doen in die bedeling van

die bloed van stiere en bokke en ons is onder die bedeling van die bloed

van ons Here Jesus, behoort ons nie nog groter dinge te kan doen as dit

nie?

1 Konings 17:21-24;

21 Daarop het hy hom driemaal uitgestrek oor die kind en die HERE

aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind

tog in hom terugkeer.

22 En die HERE het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom

teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.

23 Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bokamer in die

huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe!

24 En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u ‘n man van God is en

dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

Elía het daardie seun lewendig gemaak, prys die Here!

Net in ‘n heeltemal ander saak. Waar die Jehova Getuies so erg is oor

hierdie kwessie van as jy dood is, is jy dood, en dat jyself ‘n gees is en dat

ons heeltemal verkeerd is waar ons nou sê; kyk jou siel is in jou en

wanneer jy sterf, sterf jou liggaam: en jou siel gaan uit jou uit. Hier sê dit

duidelik “die kind se siel het uit hom gegaan” en toe Elía vir hom bid dat hy

lewendig word, het sy siel weer in hom teruggekom. Dit is ‘n baie goeie

teks om vir die Jehova Getuies te gebruik. Dit is waar Elía die kind

lewendig gemaak het.

U sal dieselfde vind ook met Elísa, maar ek wil net vir u die verwysing gee,

in 2 Konings 4:32-37. Nog voorbeelde; die welbekende geval waar Jesus

190

die water in wyn verander het. U vind dit in Johannes 2. Onthou net weer

dat Jesus gesê het; die werke wat Ek doen sal julle ook doen en groter

werke as dit.

Party van u het seker gelees van die getuies van die herlewing in Indonesië

waar hulle nie wyn gehad het nie en waar die water verander het in wyn.

So prys die Here: daar het ons ‘n moderne voorbeeld van dit wat gebeur

het.

Die Here Jesus het 5,000 families met 5 brode en 2 vissies gevoed.

In Paulus se geval, en ek dink ons kan dit net lees want hy noem dit self

spesiale wonderwerke.

Handelinge 19:11-16;

11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus

gedoen,

12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die

siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van

hulle uitgegaan het.

13 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het

dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat

bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus

wat Paulus verkondig!

14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat

dit gedoen het.

15 Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van

Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?

16 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle, en

oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit

daardie huis gevlug het.

Nou, die Engelse Bybel sê “special miracles”, met ander woorde,

wonderwerke was taamlik gewoon, daar was selfs nog “special miracles”.

So, asof die dinge hulleself oortref het in die bediening van Paulus. En

ons? Ons weet nie eers van “miracles” nie, waar kom nog die “special

miracles” vandaan? Hoe vêr het ons dan nie agtergeraak nie! Ons moet

inhaal en weer op daardie plek kom. Prys die Here!

En God het buitengewone kragte, die Grieks daarso is “dinamus” weer

dieselfde dinamiet wat ontploffingskrag beteken.

Daar was tekens en wonders in die bediening van Stéfanus en Filippus. As

u Handeling 6 en 8 lees; dit is vir u welbekend, van hoe Stéfanus vol van

die Heilige Gees en krag was. Die Here het groot tekens en wonders deur

hom gedoen. So ook deur Filippus. Jesus het die storm stilgemaak; waar

191

die bere die kinders verslind het in die geval van Elísa; en waar Naäman se

melaatsheid op Gehásie gekom het.

Die Siriërs wat met blindheid geslaan was in die geval van Elísa in 2

Konings 6. Ag, en hoe baie kan ek nie noem in die Woestyn nie, die Here

het water laat vloei uit die rots en so aan.

Nou wil ek u nog hierdie punt omtrent die wonderwerke vertel. Onthou u, in

al die ander Studies wat ons so vêr gedoen het, soos in die gawe van die

woord van kennis, het ek vir u gesê, God het alle kennis en wanneer die

Here nou vir jou die gawe gee van ‘n woord van kennis, dan gee die Here

vir jou ‘n stukkie van daardie algehele kennis van Hom wat nodig is vir

daardie situasie. Dieselfde met die gawe van wysheid. God het alle

wysheid, maar vir die punt en die spesifieke doel waarvoor jy daardie

woord van wysheid nodig het, gee die Here dit vir jou. God het alle geloof,

maar vir daardie spesifieke doel waarvoor jy die geloof nodig het, gee die

Here vir jou daardie spesifieke druppel geloof in jou hart.

So het God alle wonderwerke; God self is bonatuurlik, Hy gee vir jou vir

daardie besonderse situasie, daardie druppel wonderwerk wat jy daarvoor

nodig het. Jy moet ingestem en geoefend wees. Die Here sê “beoefen

julle in die Godsaligheid” want jy sal weet op daardie oomblik, jy sal dit

hierso voel, hier kom dit, loof die Here! en jy sê vir ‘n Tabíta: “Staan op”! Jy

sê vir ‘n verlamde man: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het gee ek

vir jou”.

Jy sal die Here se Gees leer ken, jy sal weet wanneer die Here op jou kom.

Dit is daar wat jy die geloof en die krag sal hê. Dit is daar waar die “vonk”,

daardie heerlike vonk van God, wanneer hy in jou hart val, en nadat jy hom

gesmaak het sal jy hom vir niks ter wêreld verruil nie.

Dank die Here, God gebruik ook tekens en wonders baie keer vir die

beskerming van sy kinders. Dit was ‘n wonderwerk toe die vuurvlam die

drie Hebreeuse se jongmanne nie geskroei het nie! Dit was ‘n wonderwerk

toe die leeus Daniël nie aangeval het nie. Dit was ‘n wonderwerk ter

beskerming.

So glo ek het die Here baie wonderwerke gebruik om sy dissipels deur die

eeue heen te beskerm. En ek voel ook dat dit vir u en vir my is, as u dit

gaan waag om God op sy Woord te neem, en as u met my saamstem oor

wat ek vir u gesê het, dat as jy weergebore is, is jy nie meer ‘n natuurlike

mens nie. Jy is ‘n bonatuurlike wese. Jy is ‘n nuwe skepsel. Jy is gevul

met die Heilige Gees.

192

Nou moet jy ook onthou, nou is jy die skyf van Satan! Jy is die skyf van die

twyfelaars; die skindertonge; van alles wat jou sal probeer vernietig. Ek glo

in menige geval in jou lewe sal jy ‘n wonderwerk van God nodig hê om

jouself te beskerm. Daar is vir ons baie bewyse daarvan in die bediening

van die Here Jesus.

God het hierdie gawe gebruik om sy volk te beskerm. Hy het die waters

gekloof; die son laat stilstaan; die byl laat dryf; geld in die vis se bek

geplaas; die krag uit die vuur gehaal; Petrus op die water laat loop; Gideon

die oorwinning laat behaal; die kinders van Israel van siektes beskerm;

hulle klere vir 40 jaar nie laat slyt nie; Moses se oë helder gehou totdat hy

120 jaar oud was; hulle skoene het hulle nie deurgeloop nie.

Dit was ‘n wonderwerk, hulle het dit nodig gehad. Waar sou hulle nuwe

klere en skoene kry in die woestyn? Hulle het wonderwerke nodig gehad.

Ons gaan wonderwerke van God nodig kry, in baie opsigte as jy werklik vir

God gaan uitstaan. Ek het al baie sulke wonderlike getuienisse gehoor.

Ek het gehoor van iemand wat op die lughawe gestaan het, wat deur die

Here oorsee gestuur is, en wat nie ‘n sent in sy sakke gehad het om vir die

kaartjie te betaal nie. Dan daag iemand uit die bloute op en sit die regte

bedrag in sy hand. Daardie deel is nou vir ons duidelik ek hoef nie verder

daarop uit te wy nie.

Meeste van hierdie wonderwerke het God deur mense gedoen. Die Bybel

is ‘n boek vol van wonderwerke. God is die God van wonderwerke!

Sonder wonderwerke sou ons nie ‘n Bybel of vir God gehad het nie. Dit

alles doen Hy deur sy Gees, die Heilige Gees wat Hy ook aan ons gegee

het.

Ek het u alreeds vertel van klein Fanie Goosen en vir party van u, van ons

eie dogter, Anne. Toe ons so pas in hierdie geloof gekom het, en nadat

ons teruggekom het van die dienste van Broers Branham en Bosworth; ek

was so vol van blydskap.

In die middag wanneer ek van die werk af kom, dit was lank voordat ek in

die bediening gegaan het, dan groet ek my vrou en kinders, drink ‘n koppie

tee en dan is ek uit in die strate in om vir mense te gaan vertel van wat ek

gesien het. As hulle my in hul huise wil innooi, dan sê hulle: Wel, hier is

siek mense in die huis, wat hulle baie gedoen het, dan het ek vir hulle

gebid; vir hulle die hande opgelê.

Een môre, toe my vrou in die kombuis besig was om die twee kinders kos

te gee, (die jongste was toe nog nie gebore nie) was ek besig om aan te

trek, is dit asof ‘n stem duidelik vir my sê: “As jy skielik voor ‘n uitdaging te

staan kom, sal jy nóg vir God vertrou?”

193

Die oomblik wat jy jouself aan die Here oorgee dan kom dié uitdaging en

die stryd. Toe die stem klaar gepraat het, hoor ek Anne skree in die

kombuis. En ek staan, ek voel hier is iets aan die kom, en enkele

oomblikke daarna kom Suster Neser met Anne so in haar arms aan. Ek

sien nou nog hoe hang haar haartjies so oor die arm af.

Sy sê: “Frikkie, wat gaan met Anne aan”? en sy gooi haar letterlik so in my

arms; toe ek haar so vang, kom haar water uit. Op daardie oomblik was dit

of die magte van die hel op ons losgelaat was. Dit is of die vyand sê: “Toe

nou, saI jy nóg op die strate uitgaan om vir mense te vertel van hierdie

wonderlike God van jou? Hier is jou kind dood”.

Ons het haar op die bed neergesit en begin bid. Nie ‘n teken van lewe of ‘n

asemhalinkie of ‘n pols nie, niks! Ek kan nie vir u beskrywe wat in my siel

aangegaan het nie. Die hemel is soos koper, dit voel of my gebede nie

verder as die dak gaan nie. Al die twyfel; die aansporing, die aanhitsing

van die vyand om God te begin verwyt. Is dit wat ‘n mens kry vir dit wat jy

vir God doen?

Maar dank die Here ons het dit nie gedoen nie. Ek kan nie onthou hoe lank

ons gebid het nie, vir my het dit vreeslik lank gevoel, maar uiteindelik het

ons die beloftes van die Here begin pleit, want so was ons geleer in

daardie dienste wat ons bygewoon het. Jy moet God se beloftes pleit; jy

moet nie aan gevoel dink nie; jy moet op God se Woord bly staan; jy moet

die duiwel weerstaan; jy moet hom bestraf en vir jou God se Woord toeeien.

Ons het dit gedoen maar elke woord het gevoel asof dit netso van die dak

af teruggegooi word in ons hand, totdat ek een teks in die hande kry, ek

noem dit werklik “in die hande kry” want ek voel ek het kontak gemaak, en

dit is Psalm 50:15 wat sê: “Roep my aan in die dag van benoudheid en ek

sál jou uithelp en jy moet my eer”. Ek sê: “Dankie Here”: en ek kry hom

beet en ek sê hom oor en oor, en sê: Daar staan geskrywe: “Roep my aan

in die dag van benoudheid en ek sal jou uithelp” -- dit staan geskrywe -- dit

staan geskrywe -- en toe ons weer kyk toe sien ek duidelik hoe begin haar

een ooglid so effens te bewe; so stadigaan begin die pols terugkom en

stadigaan begin sy tekens van lewe toon.

Ons het net aangegaan om die Here te prys en die duiwel te weerstaan.

Naderhand het sy haar ogies oopgemaak en begin regop sit. Ek het nog

so ‘n ruk gebly en gesê: Prys die Here, ek sal nie dat dit my uit die werk

hou nie. Ek sal laat wees maar ek gaan werk toe. Later het ek huistoe

geskakel en Suster Neser sê vir my Anne sit daar onder die ou

Jakarandaboom en speel. Daar is niks met haar verkeerd nie. O, ek dank

die Here, ek prys die Here! Sulke ondervindings het ons gehad toe ons

jonk op hierdie weg was. Ek dank die Here dat ek dit kan vertel tot sy eer.

194

Ek wil u van nog ‘n wonderwerk vertel. Ek het nie die begin van die

wonderwerk gesien nie, maar ek het die uitwerking van die wonderwerk

gesien. Van die man, nou, ek weet dat wanneer ek dit vir julle sê, dié van

julle wat dit nog nie gehoor het nie sal sê; Ongelooflik! Maar ek sê vir u,

hierdie oë van my het dit gesien.

Ek het nou vergeet of sy naam Robert was. Hy was in Vereeniging en hy

het gesien uit ‘n oog wat uitgehaal was. Ek was een van die pastore wat

op die platform was.

Laat ek u vertel, dit is sy getuienis. Hy was ‘n jong seun in Amerika en het

‘n wonderlike gelowige moeder gehad maar ‘n verskriklike ongelowige

vader wat die moeder beveg het op elke gebied. Soos seuns baiekeer rof

speel, het hy met ‘n draad gespeel en die draad het in sy oog gekom en in

die oogappel gehaak sodat hulle dit nie kon uitkry nie. Teen die tyd dat

hulle by die dokter kom, het al die vloeistof al uit die oog uitgeloop.

Die dokter kon vir die oog niks doen nie en hulle het die oog uitgehaal. Die

moeder het maar aangehou om die Here te dien. Eenkeer kom daar ‘n

evangelis, Tommy Osborn, van wie julle miskien baie gehoor het. Tommy

Osborn se vrou het die veldtog gehou. Toe sy die beroep doen vir siekes

het Robert, hy was toe so ‘n jong seun, ‘n vreeslike verkoue en baie slegte

mangels gehad. Sy ma stuur hom toe vorentoe om vir die verkoue en

mangels te laat bid. Toe Suster Osborn vir hom bid, toe lê sy sommer haar

hande op sy oë ook, en sy sê: “Lord, heal this boy”. Toe hy wegloop, toe

sien hy die ligte uit hierdie “uit-oog”. Nou ja, hy sê soos die Amerikaners

sê: “I started hollering and I started shouting, and I started to perform!” Dit

het ‘n geweldige opskudding veroorsaak. Ons het destyds van die jong

seun gelees. Dit was hier in die vyftigerjare. Hy het die hele Amerika

deurgegaan om sy getuienis te lewer. Ek moet sê, soos die Engelsman sê:

“I took it with a pinch of salt” ‘n Klompie jare gelede toe kom Robert ook na

Suid-Afrika toe om sy getuienis te bring en dit te demonstreer.

So het hy ook na Vereeniging gekom, en ek was een van die pastore wat

hom ondersteun het. Hy het eers gevra dat as daar dokters in die gehoor

is, moet die dokters sy oog kom ondersoek. Daar was nie dokters nie maar

daar was mediese Susters, en die een Suster het gekom en hy het sy

glasoog uit sy oog gehaal en in sy sak gesteek. (Ek voel nou nog grillerig

as jy in so ‘n leë oogkas kyk) Hy het rolle rekverband en dik watte by hom

gehad en het vir die Suster gesê, bind jy nou my regte gesonde oog toe.

Sy bind die oog toe met die “Elastoplast”, om en om sy kop gedraai sodat

net die leë oogholte uitsteek. Hy vra toe vir die mense in die gehoor om

hom enige leesstof te bring.

Die mense het tougestaan, met stukke wat hulle uit koerante geskeur het,

en Bybeltjies met kleindruk. Ek het agter Robert gestaan en ek het oor sy

skouer gekyk soos hulle dit voor hom gehou het en gekyk wat hy lees. Hy

195

het woord vir woord met daardie oog wat nie ‘n oog is nie, gelees wat daar

gestaan het. Dit het my oë gesien, dit kan ek voor die Here verklaar, en ek

kan vir u baie getuies roep in Vereeniging, want dit is nie baie lank gelede

nie. (Francois, uit die groepie teenwoordig, bevestig dat hy ook daar was).

Prys die Here! Wonderwerke, laat die mense maar spot. Ons dien ‘n God

van wonderwerke. Hy het aan ons daardie gawe gegee. Prys die Here!:

Terwyl Evangelis van der Walt hier was, het hy mense genooi om voor te

kom staan en te sien hoe word mense se bene langer voor hulle oë. Ons

het daardie tyd ‘n man daar gehad wat sy been gebreek het en die been

wou nie weer aangroei nie. Na vele werkery aan die been, het die been

aangegroei maar 6 cm. korter as die ander been. Hy het ‘n spesiale

opgeboude skoen gedra. Daardie aand het daardie been net so lank soos

die ander been geword.

Hy het die skoene daar gehad met die opgeboude polvy, (wie van julle was

daar?) Jy, Francois en Jooste ook, in daardie selfde veldtog het hy met

gewone skoene aan gekom en getuienis gegee. Dit was vir my te pragtig

om daardie man met twee gewone skoene daar te sien staan; want ek het

daardie wonderwerk sien gebeur.

‘n Ruk daarna kom ‘n man eendag na my toe en vertel my van sy Pa wat

so verskriklik siek is en of ek nie saam met hom Parys toe sal gaan om vir

sy Pa te bid nie. Die oubaas was heeltemal verlam en in verskriklike pyn.

Toe ek in daardie kamer kom is sy Tannie ook daar en ons dra toe stoele in

die kamer in en ek maak die Woord van die Here vir hulle duidelik. Hulle

moet maar solank eers sit terwyl ek praat. Dan sal ek daarna bid. Toe sê

die een Tannie sy sal liewerste staan, sy het vreeslike rugmoeilikheid en

verskriklike pyn. Sy was al by die dokters.

Ek sê toe wanneer ek klaar vir die Oom gebid het, sal ek vir jou ook bid.

Ek bid vir die ouman, en die Here maak hom onmiddellik volmaak gesond

sodat daardie been wat hy smarte mee gelei het, dat hy hom so op en af

beweeg. ‘n Paar minute daarna toe stap hy saam met sy seun die kamer

uit.

Daarna sê ek toe vir die Tannie: “kom sit nou hier reg voor die oom op ‘n

stoel en kyk na hom”. Ek sê: “Steek uit jou bene”, toe is haar een been ‘n

hele polvy langer as die ander een. Hô, sê die satan toe vir my, jy vat nou

‘n kans. Regtigwaar, die ou oom het nou net gesond geword. As daar nou

niks met hierdie vrou gebeur nie, gaan dit nou sy geloof heeltemal afbreek.

Ek sê dit vir julle sodat julle hierdie dinge kan leer; dat julle nie op

gevoelens moet gaan nie en dat julle mooi moet hoor hoe slim en logies die

Satan redeneer. In my eie gedagte sê ek vir hom: Wyk Satan! Die Here is

hier!

Ek sê vir haar: Mevrou, kyk nou wat God vir jou gaan doen. Die Here het

die rug volmaak gesond gemaak, en vir haar man sê ek: Hou jy haar bene

196

hier onder vas, laat sy so sit. Toe ek begin bid, hier loop die been, en die

man van haar, hy sê: “Hier loop haar been op my hand! (sy trane val op

die mat), totdat die twee bene ewe lank is. Staan nou op, hoe voel jou rug?

Sy sê: Geen pyn nie, my rug is heeltemal gesond. Die laaste keer wat ek

van haar gehoor het, ‘n jaar gelede, is sy nog al die tyd gesond. Die ou

oom is ook nog steeds gesond. Hy is net baie oud en het intussen

longontsteking gehad, maar nog nooit weer iets verkeerd met die been nie.

Ons dank die Here!

Hierdie dinge is geen fanatisme, geen verwaandheid om dit vandag te

verwag nie. God het die towenaars van Egipte met groter wonderwerke

geantwoord. Ons moet die uitdaging vandag op dieselfde grondslag

aanvaar. Satan het sy towenaars vandag, sy dinge wat hy voor die wêreld

hou, as ons dit nie gaan beantwoord met die bonatuurlike krag van die

Heilige Gees, met die krag van tekens en wonders nie, sal ons God en

hierdie geslag miserabel faal. Dit glo ek met my hele hart.

Die Werke van Kragte.

Ons noem met opset die Engelse woord “miracles” omdat in die Engelse

taal verwarring geskep word aangesien die woord op meer as een manier

gebruik kan word.

As gevolg daarvan word die woord se natuurlike karakter mee weggedoen.

In Engels kan gesê word: “That man is a miracle of a Christian; or that man

is a miracle of patience”. Daarby word niks bonatuurliks bedoel nie. Die

woord word slegs op figuurlike wyse gebruik. Wat die “gawe” egter betref

wil ons beweer dat kragte net so bonatuurlik en openbarend van aard is as

enige van die ander Heilige Gees gawes.

Net die Heilige Gees kan hierdie gawe deur ‘n toegewyde mens

manifesteer. ‘n Krag manifestasie geskied afgesien van wat die natuurlike

menslike wette mag inhou. Die vyeboom wat die Here Jesus vervloek het,

het van sy wortels af verdor. Tog gaan die boom in die gang van die

natuur van sy top af dood en nie van sy wortels af nie.

Nog ‘n belangrike feit wat ons wil hê u nie moet miskyk nie is dat alhoewel

die spreek van tale of die uitleg daarvan, of enige van die ander gawes,

wonderwerke is, is dit nogtans nie hierdie gawe van kragte nie. Die

wonders van genesing val nie onder hierdie gawe nie.

Die doel van hierdie gawe is:

1) Deur hierdie gawe van kragte was die volk van God op bonatuurlike

wyse uit die hand van hul vyande verlos; Exodus 14:16. Hierdeur was

die Rooi See en later die Jordaan se waters gekloof. Die Here wat nog

nooit verander het nie, kan ook vandag deur die openbaring van hierdie

gawe op bonatuurlike wyse verlos.

197

2) Om in mense se behoeftes te voorsien. Dink maar net aan die rots in

die woestyn wat water verskaf het aan ‘n dorstige volk, of die kruik van

die weduwee wat die olie gelewer het. In die NT vind ons gevalle soos

die vis wat Petrus uit die see gaan trek het met ‘n geldstuk in sy bek; of

by ‘n ander geleentheid waar vyf brode en twee vissies indermate

vermenigvuldig het dat duisende daarvan kon versadig word.

3) Om straf en dissipline toe te pas. Hier dink ons oor die verskillende

plae wat die Here deur Moses oor die Egiptenaars gebring het. Ook in

die NT het die dood ingetree by Ananías en Saffíra, as gevolg van

hierdie gawes van ‘n woord van kennis en werking van kragte. In ons

moderne tyd dink ons aan iets wat in die Belgiese Kongo gebeur het

tydens die sendeling, William Burton se verblyf aldaar. Een van die

boorlinge was deur die dood gedreig deur ‘n towenaar.

Die towenaar het in die teenwoordigheid van baie inboorlinge voorspel

dat die Christen werker die volgende môre sou dood neerslaan. Die

bygelowige mense het toe vroeg die volgende oggend voor die Christen

werker se hut saamgedrom om te aanskou hoe hy sou sterf. Die

Evangelis het egter op gewone tyd ewe kalm uit sy hut uitgekom om die

klok te gaan lui vir die oggenddiens wat hy sou waarneem. Meteens het

hulle egter geluide van die teenoorgestelde kant van die stat gehoor en

toe hulle daar kom gemerk hoedat hierdie towenaar blykbaar in

geweldige pyn op die grond neerslaan en sterf.

4) Om die gepredikte Woord te bevestig. In Handelinge 13:11-12 (wat ons

gelees het van Élimas wat met blindheid geslaan was). Ons verwys hier

na die geval toe Élimas die towenaar die Goewerneur Sérgius Paulus

probeer verhinder het om die evangelie aan te hoor wat deur Paulus en

Bárnabas verkondig is. Die apostel het deur die openbaring van hierdie

kragte hierdie dissipel van Satan met blindheid geslaan met die gevolg,

dat die Goewerneur in die Woord van die Here geglo het.

5) Om te red uit situasies van groot gevaar. Matthéüs 8:23, die storm op

die see gestil; om dooies op te wek.

6) Om God se almag en grootheid ten toon te stel. Toe Johannes die

Doper in ‘n toestand van vertwyfeling geval het, het die Here Jesus

opdrag gegee aan sy dissipels om aan Johannes te gaan vertel wat

hulle sien en hoor. Dit is waar die Here Jesus gesê het: Blindes sien,

kreupeles wandel, ensovoorts.

Dit is al wat ek vir u het, om te bring oor hierdie wonderlike gawe van die

werking van kragte. Mag die Here dit waarlik ryklik aan julle harte seën!

Ons vra die Here om hierdie gawe en hierdie bediening in ons eie lewens

te bevestig.

198

Onthou, die Here se Woord sê:

Die geloof kom deur die gehoor en die gehoor deur die Woord van God.

Ons het nou vir u die Woord van die Here gebring.

Die Woord van die Here is lewendig en kragtig.

Die Woord van die Here keer nie leeg na Hom terug nie.

Maar u moet die Woord van die Here in u harte bewaar.

U moet dit oordink, U moet die Here daarvoor begin prys.

U moet dit in die geloof begin soek.

U moet u erfenis in besit neem.

U moet ook nie terugdeins wanneer die uitdaging tot u kom nie.

Die Here sal u nooit in die steek laat nie.

U sal in posisies van tydelike verleentheid kom, van benoudheid kom soos

ek u ook vertel het van die ander gawes, maar dit is net om vir God die

kans te gee om vir u op die plek te bring waar u besef en vir die Here kan

sê: “Hierdie ding, hierdie situasie waarin ek nou is, is bokant my”. Dit is

nou God se geleentheid om in te gryp. Solank die mens nog kans sien vir

‘n ding, dit is waar ons, ons probleem lê.

Ons het slim dokters, wonderlike vernuf en daarom is dit die moeilikheid

vandag selfs in die Kerk om hierdie dinge te sien, en te sien daar is ‘n krag

van God wat wag om Homself, aan ons en deur ons te openbaar. As u nie

in u gees hiervoor werk nie, gaan u dit nie kry nie. U moet uself hierop

toespits en u sal sien wat God vir u sal doen.

Amen!

199

Iets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen

vanaf sy kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf

Génesis tot Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes.

siektes en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en

aan hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van

hierdie rampe sou wees nie; en ook dat Israel as God se Demonstrasie

Volk op aarde is. Dit was egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die

Jood of die Kerk is of kan wees nie. Mettertyd het hy tot sy groot blydskap

ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en Germaanse nasies inderdaad

die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n

ware wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus

die Christus as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome

harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra

moet word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het

F.W.C. Neser die onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL

KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar by Ekklesia kantoor:

No Titel

1 Die Afrikaner -- ‘n Unieke Volk

2 Ander Evangelie

3 Segregasie -- Wat sê die Skrif?

4 Die Bedienings Gawes van Jesus Christus

5 Die Bybel is Waar

6 Christendom en Kommunisme

7 Die Boek van Daniël

8 Daniël se 70ste Week

9 Die Derde dag Opstanding van Christus

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

200

No Titel

13 Die Doop, in watter Naam (pamflet)

14 Die Duiwel

15 Engele

16 Die Fondament van die Christelike Lewe

17 Die Gawes van die Heilige Gees

18 God se Groot Week

19 Goddelike Genesing

20 Die Profeet Hoséa

21 In die Oppersaal

22 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Die Israelwaarheid - TV Onderhoud

25 Die Boek van Jesaja

26 Jesus van Nasaret

27 Die Boek van Joël

28 Die Kerk van Rome en die Mens van Sonde

29 Krag van die dwaling

30 Die Kruis

31 Moses en sy “Kusitiese” Vrou

32 Mure van Jerusalem

33 Na die Dood – Wat Dan?

34 Die Name van God

35 Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde

36 Die Boek van Openbaring

37 Die Openbaringe van die Apostel Paulus

38 Die Opraping

39 Die Brief aan die Romeine

40 Rusland in Profesie

41 Die Sabbat

42 Die Slang van Génesis 3

43 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

44 Tempel van God

45 Terwille van die Engele

201

No Titel

46 Troos, troos my Volk sê julle God

47 Die Twee Sade op Aarde.

48 Die Tyd van die Heiden

49 Verblinding van Sinne

50 Verdrukking Die Groot

51 Die Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1

52 Die Verlore Tien Stamme van Israel

53 Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie

54 Die Vrug van die Heilige Gees

55 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

56 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

57 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

58 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

59 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

60 Die Wederkoms van Christus

61 Wêreldgebeure

62 Die Wet van die Here

63 Wie is my Naaste?

64 Wie was Hulle?

Nuwe Byvoegings:

No Titel

65 Hoe sal ons ontvlug

66 Wat ek vrees kom oor my

67 Laat U wil geskied

68 Die Arsenale van God

69 Die kinders van God

70 Noag die Opregte

71 Ken U Vyand

72 Die Groot Opdrag

73 Die wonderlike wêreld van môre

74 Die volk en verootmoediging

75 Die Troon van Dawid

76 Die Huidige Wêreldstelsel

202

No Titel

77 Galásiërs 3

78 Uitlander en Vreemdeling/Griek of Jood

English books available

No Titel

1 After Death What Then?

2 Segregation – What saith the Scripture?

3 The Bible Predicts "Atomic War"

4 The Book of Joel

5 The Book of Revelation

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 The Great Tribulation

9 The Israel Truth T.V. Interview

10 The Lost Ten Tribes Of Israel Part 1

11 The Lost Ten Tribes of Israel

12 The New Heavens and the New Earth

13 The Origin, History and Destiny of the White Race

14 The Past the Present and the Future in the Light of Scripture

15 The Rapture

16 Russia in Prophecy

17 The Serpent of Genesis 3

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

New Additions:

No Titel

20 Sons of God

21 The Two Seeds Upon Earth

22 The Bible is True

23 Noah the Man without Blemish

24 Israel in the New Testament

25 Moses and his “Cushite” Wife

203

26 Unpublished Writings

27 The Wonderful World of Tomorrow

28 The Book of Isaiah

29 Who is Thy Neighbour

30 The Book of Romans

Naslaan Biblioteek: Boeke oor verskillende onderwerpe is beskikbaar

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

Webtuiste:

Besoek ook ons webtuiste: www.israelmusthear.co.za waar u bykans

1500 preke/leringe van Pastoor Neser en ± 100 Afr. en Eng. boeke wat

deur Pastoor Neser geskryf is, volledig kan aflaai. Hierdie diens is gratis.

E pos Adres: ekklesiekassetfonds.neser@gmail.com

Gebruik die adres om u bestelling van boeke/CD’s/of DVD’s te plaas of om

met ons in die kantoor kontak te maak.

204

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!