04.05.2013 Views

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NUWE WYN VIR KINDERS

A. Uiteensetting vir NUWE WYN – toerusting materiaal geskik vir kinders

Inleidend

Iemand het my gevra: Is my materiaal aanpasbaar vir kinders tussen 4 en 12 jaar oud?

En my antwoord was: Natuurlik, maar nie in die vorm wat dit tans is nie.

Soos jy seker gelees het, is ek en my vrou in Switserland opgelei deur CEF vir drie máánde om die

leiers te wees van die hele Kinderevangelisasie-bediening van ʼn land. Ons het ook vir jare dit in SA

gedoen terwyl ons in die NG Kerk was. Ek was dan ook van die eerste ouens wat totaal ander

materiaal voorgestel het wat ons kon gebruik in die NG Kerk vir ons bediening van klein kinders.

Ek het voorgestel dat ons die materiaal van CEF moet gebruik.

Vandag sou ek selfs nog verder wou gaan. CEF se materiaal is ʼn uitstekende basis en seker die beste

materiaal in die wêreld om kinders mee te bedien.

Maar daar is leringe wat ek graag sou wou bysit, soos

1. Hoe word deel van Jesus se kerk op aarde? (En dan sou ek met hulle die materiaal wou deel wat

ek oor geskryf het in my boek WAARHEEN MET DIE NUWE WYN in die hoofstuk oor ʼn NORMALE

CHRISTELIKE GEBOORTE. En dan vanuit die basis dat dit was hoe dit gelyk het as iemand tot bekering

gekom het in die vroeg-Christelike kerk en wat alles op daardie eerste dag in hulle lewens gebeur het

as nuwe volgelinge van Jesus.

2. Dan sou ek baie graag vir kinders oor ʼn paar weke wou leer hoe om na God se stem te luister – m

a w al die materiaal wat ek in my DVD-reeks doen HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM.

3. Dan sou ek vir hulle oor ʼn paar weke wou vertel van die werk en die gawes van die Heilige Gees –

soos wat ek dit in my DVD-reeks JESUS DIE DOPER MET DIE GEES gedoen het, maar net in ʼn baie

vereenvoudigde vorm, deur te fokus op die sentrale waarhede.

4. Die verhaal van die vroeg-Christelike gemeentes, soos ek dit vertel in DIE STORIE AGTER DIE

STORIE, sou ek naastenby vertel soos ek voorgestel het in my HANDLEIDING VIR LEIERS, maar met

die flitskaart en flennie-apparaat en materiaal van CEF wat handel oor hierdie gedeeltes.

Kom ek sit hierdie materiaal ’n bietjie meer in detail uiteen soos wat ek dit graag sou wou

gereedmaak om kinders hiermee toe te rus vir hulle bediening in Jesus se diens.

1. WAARHEEN MET DIE NUWE WYN – vir kinders

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!