04.05.2013 Views

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Memoriseringsteks: Hand. 2:37 en 38a

Boodskap

Verlede keer het ek jou vertel hoe die Christene in die vroeg-Christelike gemeentes daar in die begin,

in die tyd waaroor die boek, Handelinge en die res van die Nuwe Testament ons vertel, nuwe

gelowiges wat tot bekering gekom het daardie selfde dag wat hulle tot bekering gekom het gedoop

het in water.

Iemand het eenkeer gesê dat wat met ’n nuwe bekeerling of nuwe gelowige daar in die begin van die

kerk gebeur het , alles op die eerste dag van sy/haar nuwe lewe, was soos ’n geboorte wat

plaasgevind het.

As ’n nuwe baba gebore word, is die eerste ding wat gebeur na die geboorte, dat die baba begin

skreeu. En as die baba skreeu, weet almal die baba is reg. Dan word die baba gewas met water en

daarna lekker gesmeer met olie en lekker ruikgoedjies.

Nou ja, as ’n nuwe bekeerling daar in die vroeg-Christelike kerk tot bekering gekom het, het die

mense geweet hier is ’n nuwe gelowige onder hulle gebore as hulle daardie mens se eerste skreeu

hoor. Natuurlik was dit nou nie ’n skreeu soos die van ’n baba nie, maar eerder as daardie mens met

’n gebed of met sy/haar stem sê of vertel dat hulle Jesus aangeneem het as Verlosser en Here.

So weet die mense daar rondom die persoon dan dat hier ’n geestelike geboorte gebeur het in

hierdie mens se lewe. Dit is ook interessant dat die Bybel so ’n pasbekeerde gelowige ook ‘’n

“geestelike baba” noem.

In 1 Pet. 2:2 lees ons bv. die volgende: “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag

na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.”

Ek het dan vir julle vertel hoe hulle dan daardie nuutgebore geestelike baba op daardie selfde dag

geneem het en gaan doop het. Met ander woorde, net soos wanneer ’n nuwe baba gebore is, word

daardie nuwe geestelike baba ook eers as’t ware gewas met water.

Die Bybel sê dan ook dat die doop ook die prentjie is van hoe die Here daardie mens se sondes en

sondige verlede afwas en wegneem.

Hoe staan daar in 1 Joh. 1:9: “Maar as ons ons sondes bely-Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe

ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”

Jes. 1:18 sê: “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi

van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”

Hiervan is die doop in water dan die prentjie.

Maar dan het die gelowiges daardie persoon wat pas gedoop is uit die water laat uitkom en daar

langs die water vir hom/haar gebid.

Hulle het hulle hande op daardie persoon se skouers of kop gesit en die volgende gebid:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!