nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
04.05.2013 Views

Hy sê daar in Joh. 3:14 tot 17: “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” Laas het ek julle vertel dat sonde in ons almal se are loop. Kom ek sê dit so: Dit is asof ons almal deur hierdie slang, sonde, gepik is en sy gif is besig om ons almal dood te maak. Maar nou kom God en Hy sê vir ons wat besig is om dood te gaan van die gif van sonde: Ek wil nie hê julle moet sterf nie, want Ek het julle lief. Daarom het Ek ’n plan gemaak. Net soos destyds, gaan Ek weer iets teen ’n paal, die kruis, laat vaskap. Hierdie keer is dit My Seun, wat Ek na hierdie aarde toe gaan stuur om ’n mens, soos julle, te word. Hy gaan sonder sonde wees, maar Ek gaan julle sondes op Hom plaas en Hom in julle plek laat sterf en straf. Elkeen wat dit glo en opkyk na Hom vir redding, sal nie sterwe nie, maar lewe. Ware Bybelse geloof is om op te kyk na die Een wat aan die kruis hang en om te glo Hy het dit vir jou gedoen sodat jy kan lewe en nie sal sterwe nie. Bybelse geloof is om te glo Jesus het alles gedoen wat nodig is sodat jy kan lewe. Sodat jy deel kan word van God se nuwe familie op hierdie aarde. God belowe vir ons daar in Rom. 10:9 tot 11: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê tog: "Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie." As die evangelie dus aan mense verkondig word, weet ons nie wie weergebore word nie, want ons kan dit nie sien nie. Maar as die evangelie verkondig word en mense besluit om daardie boodskap te glo en hulle kies om in geloof op te kyk na Hom wat aan die kruis vasgespyker is sodat hulle kan lewe, hoor ons dit wanneer hierdie selfde mense met hulle monde bely: Here Jesus, ek is verlore. Ek is op pad hel toe. Die gif van sonde is in my are en ek is besig om dood te gaan. Maar dankie dat U my so liefgehad het om Jesus te stuur om in my plek te sterwe. Dankie, dat Hy aan die kruis gehang het vir my. Ek kies om nou op te kyk na Hom vir my redding. Dankie, dat U belowe het daar in Joh. 1:12: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Het jy al opgekyk na Jesus in geloof en glo jy dat Hy ook daar gehang het vir jou sodat jy kan lewe? Jy kan vandag kies om op te kyk na Hom toe. Hoe doen ’n mens dit? ’n Mens kan dit doen deur ’n gebed te bid. As jy wil, kan jy nou saam met my so ’n gebed bid as jy dit werklik bedoel en glo. “Here Jesus, ek is besig om dood te gaan. Sonde se gif loop in my are. Maar dankie dat U na hierdie aarde toe gekom het om ook vir my te hang aan die kruis. Dankie, dat U in my plek kom sterwe het en die straf vir my sonde kom dra het. Ek neem U nou aan as My Verlosser en kies om U lief te hê en gehoorsaam te volg vir die res van my lewe. Dankie, dat ek nou op grond van U Woord kan weet ek is deel van U familie op aarde. Ek is U kind. Amen. 3. Word gedoop met water Skrifgedeelte: Hand. 2:36-40 36 Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!" 37 By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: "Wat moet ons doen, broers?" 38 Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39 Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep." 40 Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: "Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit." Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. 42 Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. 43 Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. 44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte.

Het jy al opgekyk na Jesus in geloof en glo jy dat Hy ook daar gehang het vir jou sodat jy kan lewe?

Jy kan vandag kies om op te kyk na Hom toe.

Hoe doen ’n mens dit?

’n Mens kan dit doen deur ’n gebed te bid. As jy wil, kan jy nou saam met my so ’n gebed bid as jy dit

werklik bedoel en glo.

“Here Jesus, ek is besig om dood te gaan. Sonde se gif loop in my are. Maar dankie dat U na hierdie

aarde toe gekom het om ook vir my te hang aan die kruis. Dankie, dat U in my plek kom sterwe het

en die straf vir my sonde kom dra het. Ek neem U nou aan as My Verlosser en kies om U lief te hê en

gehoorsaam te volg vir die res van my lewe. Dankie, dat ek nou op grond van U Woord kan weet ek

is deel van U familie op aarde. Ek is U kind. Amen.

3. Word gedoop met water

Skrifgedeelte: Hand. 2:36-40

36 Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en

Christus gemaak!"

37 By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels

gevra: "Wat moet ons doen, broers?"

38 Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van

Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

39 Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die

Here ons God na Hom toe sal roep."

40 Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: "Laat julle red tussen hierdie

ontaarde mense uit."

Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by

die getal van die gelowiges gevoeg.

42 Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid,

die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

43 Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.

44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.

45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se

behoefte.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!