04.05.2013 Views

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ek wonder of daar van julle is wat kan onthou watter soort kos het God vir die volk vir daardie

veertig jaar in die woestyn gegee?

Ja, ’n snaakse soort wit bolletjie wat elke oggend vroeg daar in die woestyn verskyn het ,wat hulle

dan moes gaan bymekaarmaak , kon gaarmaak en kon eet. En dit was soeterig en het soos brood

gesmaak.

Ja en dan het die Here vir hulle kwartels gestuur, as vleis.

En dit alles in die woestyn.

Maar die volk was ondankbaar en het begin kla by Moses.

Hoor wat sê hulle: "Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe? Hier is

nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos."

Dan lees ons dat God kwaad geword het vir die volk en slange onder die volk ingestuur het. Die

slange het die mense begin pik en honderde het oral gelê en was besig om dood te gaan aan die gif

van die slange.

Daarom smeek die volk by Moses om tog te bid en die Here te vra om hulle genadig te wees.

Hoor hoe vertel die Bybel dit daar in Num. 21:7: "Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat

ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy die slange van ons af wegneem." Moses het toe vir die volk

gebid… en die Here het vir Moses gesê: "Maak ‘n beeld van ‘n giftige slang en sit dit op ‘n paal.

Elkeen wat gepik is en daarna opkyk, sal lewe."

En dan lees ons hoe Moses ’n slang van koper gemaak het en dit toe teen ’n paal vasgemaak het op

’n plek waar almal dit kon sien. En toe het hy vir die volk van God se plan vertel hoe hulle gered gaan

word en nie sal sterf van die gif van die slange nie.

Elkeen wat na die slang op die paal sal opkyk van waar hulle op die grond lê en besig is om dood te

gaan, sal lewe en nie sterwe nie.

As jy dus gepik is deur ’n slang en die gif van daardie slang is besig om deur jou lyf te tref en jou dood

te maak, kan jy net opkyk na die slang wat aan die paal hang en glo jy sal lewe.

In Joh. 3 vertel Jesus vir een van die geestelike leiers in sy tyd hoe ’n mens deel word van God, die

Koning, se familie op hierdie aarde.

En dan sê Hy ’n snaakse ding vir Nikodemus, hierdie geestelike leier. Hy sê vir hom dat as ’n mens nie

weer gebore word nie, kan jy nie deel word van God, die Koning, se nuwe familie op hierdie aarde

nie.

Maar wat beteken dit, wil Nikodemus dan weet. Hoe word ’n mens weer gebore?

Dit is dan wat Jesus Nikodemus herinner aan hierdie gebeure daar in Num. 21 waarvan ek julle nou

net vertel het.

En dan sê Jesus ’n baie wonderlike ding.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!