04.05.2013 Views

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

nuwe wyn-new wine vir kinders-for kids

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Jy moet jou sonde raaksien soos God dit sien. Jy het eers so gelewe, so gepraat, so gedink.

Dan kies jy om dit dan teenoor die Here te erken en te bely: jy is verlore en verdien nie om

hemel toe te gaan nie. Jy is op pad hel toe.

Maar op ’n dag het jy ontdek daar is ’n God wat jou liefhet. Die Bybel praat die waarheid.

Goddank Jesus het gekom. Jesus Christus het werklik aan die kruis ook vir my gesterf; Hy het

my sondes op Hom geneem en my straf gedra. Omdat God my so liefhet en nie wil hê ek

moet verlore gaan nie.

Daarom kies jy nou om om te draai. Jy was op daarheen, maar omdat jy ontdek het wat jy

ontdek het, wil jy omdraai en voortaan anders lewe.

En net omdat jy gekies het om dit te glo wat die Bybel oor jou en Jesus sê.

Daarom kies jy om van nou af God lief te hê en te dien met jou hele lewe. Jy wil voortaan

lewe soos Hy wil hê jy moet lewe en net aan Hom gehoorsaam te wees. Jy kies om nie meer

jou eie kop te volg nie.

Dit is wat bekering beteken.

Om deel te word van die familie van Jesus op aarde, Sy Kerk, is so ’n bekering nodig.

Het jy al jou sonde en sondigheid raakgesien soos God jou sien en dit erken en teenoor die Here

bely? En gekies om om te draai en anders te lewe?

Jy het nou ’n kans om dit te doen in ’n gebed.

2. Glo in Jesus en wat Hy vir jou gedoen het

Skrifgedeelte: Joh. 3: 1-17

1 Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was

‘n lid van die Joodse Raad.

2 Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: "Rabbi, ons weet dat u ‘n leermeester is wat

van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by

hom is nie."

3 Daarop sê Jesus vir hom: "Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die

koninkryk van God nie sien nie."

4 Nikodemus vra Hom toe: "Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n

tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?"

5 Jesus het geantwoord: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan

hy nie in die koninkryk van God kom nie.

6 Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

7 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!