Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte
Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte
Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
14

Aktiwiteit 7: Ons lees gedigte

Opdrag

Beantwoord nou die volgende vrae

Die papwêreld

Hier strek ‘n breë kaal woestyn,

En daar ontstuimig bruis die see.

Die strand maak hier ‘n wye baai

en daar ‘n skiereiland of twee.

Hier stapel ek ‘n reuse-berg

waar wilde ongediertes woon,

met huise, plase aan die voet,

sy kruine spits met sneeu bekroon.

En nou verander die toneel:

Hier lê my plaas, so groot en fraai;

my kraal kom hier teen hierdie bult.

Daar, dink ek, sal ek koring saai.

Ag, dis ‘n plaas uit duisend die!

Daar’s volop water om te lei,

sodat die saailand ryk en klam

‘n boer se hart laat lekker kry.

Maar net as ek my damme maak

en vorder met my boerdery,

sien tant Kato my altyd raak,

en knorrend sê sy dan vir my:

“Frans, wil jy hê ek moet jou klap?

Jy sit alweer jou pap en krap!”

Elsa Niemeyer

1. ‘n Gedig het altyd ‘n naam. Ons noem dit die titel van die gedig. Wat is die titel

van hierdie gedig?

2. Die skrywer van ‘n gedig noem ons die digter. Skryf die digter se naam neer.

3. ‘n Gedig word baie keer in dele verdeel. Ons noem hierdie dele strofes. Hoeveel

strofes is daar in hierdie gedig?

4. Elke lyntjie van ‘n gedig noem ons ‘n versreël. Uit hoeveel versreëls bestaan die

eerste twee strofes?

5. In gedigte kry ‘n mens baie keer rymwoorde. Skryf die woorde wat aan die einde

van versreëls met mekaar rym in jou boek neer.

6. Skryf jou eie kort gediggie oor lekker pap of ontbyt.
Aktiwiteit 8: Ek ken my taal

Bokomo gesondheid

By Bokomo verwyder ons nie ‘n greintjie vesel uit

ons hawermout nie, sodat jy al die gesonde heilsame

voordele kan smaak.

Voordele wat jou sal help om die moderne lewe se eise te bowe te

kom, omdat Bokomo Hawermout so ietsie terugsit van alles

wat in ons gejaagde lewe verloor. Om die waarheid te sê, as jy nie kan

wag op die pad boontoe nie, is Bokomo Hawermout net die kitskos vir

jou!

Bokomo Hawermout is nie net heerlik en gesond nie, dit is ook maklik om te maak.

Dit neem ‘n paar minute met die konvensionele metode en nog minder in die

mikrogolfoond.

Groepopdrag

• Gebruik ‘n supermark se advertensieblad en rangskik vinnig al die produkte in

alfabetiese volgorde.

• Noem drie voorbeelde van rangskikking in die alledaagse lewe.

Voltooi die volgende opdragte skriftelik:

1. Rangskik die onderstreepte woorde in die leesstuk hierbo in alfabetiese volgorde.

2. Rangskik die volgende Bokomo-produkname in alfabetiese volgorde:

graanvlokkies semelvlokkies vrugtevlokkies

hawermout heuningvlokkies beskuit

3. Rangskik jou huisgesin se name alfabeties.

Begin die dag op ‘n hoë noot, met die veselryke

voedsaamheid van Bokomo Hawermout. Jy sal in die

wolke wees daaroor!

Wanneer eet ‘n mens Bokomo?

Wanneer jy weet wat goed is vir jou!

15
16

Aktiwiteit 9: Woordvorming: samestellings

1. Bestudeer die onderstaande woorde en sê hoe dit gevorm is.

vrugtevlokkie heuningvlokkie

semelvlokkie koringkiem

2. Kyk goed na die prentjies hier onder. Kyk na die voorbeeld en stel dan nuwe

woorde op dieselfde manier saam.

Het jy geweet?

Wanneer ons ‘n nuwe woord maak deur twee of meer woorde bymekaar te voeg,

noem ons dit ‘n samestelling. Samestellings kan met meer as twee woorde gemaak

word, byvoorbeeld mikrogolfoond wat bestaan uit mikro + golf + oond.

Voorbeeld:

3. Gebruik die volgende woorde om samestellings te vorm:

rekening kaas hoof broodjie

poeding oond mikrogolf liefde

rugby tjek pyn hond
4. Skryf die volgende samestellings in jou boek en gebruik ‘n kleurpotlood om dit

duidelik te deel in die woorde waaruit dit saamgestel is:

mielieplant stampmielie mieliemeel

Aktiwiteit 10: Ek skryf my taal

Kies een van die volgende opdragte en skryf dit dan in jou boek: Dink aan ‘n baie

lekker toebroodjie: (Jou skryfstuk moet min of meer uit ses tot agt sinne bestaan.)

1. Beskryf ‘n uur in die lewe van ‘n toebroodjie. Laat die toebroodjie self sy verhaal

aan die bakker vertel.

2. Skryf die gesprek wat tussen twee vlieë plaasvind wat besig is om om ‘n smaaklike

toebroodjie rond te vlieg.

Aktiwiteit 11: Opskrifte en datums

Opskrifte en datums is baie belangrik in ons lewe. Dink nou goed na oor die volgende

datums en skryf dit neer.

1. Jou verjaarsdag

2. Kersfees

3. Die dag wanneer die volgende vakansie begin.

Is hierdie datums vir jou belangrik? Waarom?

Opdrag

ROOI ROSE

Sarie

Die week se TV-programme

Die wonderlike wêreld van prinses Madelief

Het jy geweet?

Ja, selfs in ons geskiedenis het gebeure op ‘n bepaalde datum plaasgevind.

• Die werk wat jy in jou verskillende vakke gaan doen, moet voorsien wees van

‘n datum en ‘n opskrif. Jy moet egter mooi dink, want die vakke se datums

word op verskillende maniere geskryf.

Doen nou die volgende opdragte deur die datums en opskrifte te skryf:

17
18

1. Jy doen in die vak Natuurwetenskap en Tegnologie, ‘n les oor voëls op 20 Maart.

2. Jy doen breuke in Wiskunde op 10 September.

3. Jy doen natuurbewaring in Menslike en Sosiale Wetenskappe op 11 Februarie.

4. Jy doen tussenwerpsels in Afrikaans op 3 November.

5.1 Jou verjaarsdag

5.2 Jou beste maat se verjaarsdag.

5.3 Jou Afrikaanse onderwyser se verjaarsdag.

5.4 Jou ouers se verjaarsdae.

5.5 Die skoolhoof se verjaarsdag.

6. Gebruik ‘n tydskrif om drie opskrifte en drie datums uit te knip en in te plak.

Aktiwiteit 12: Leestekens

Groepopdrag

leestekens in te vul.

Opdrag

1. Kyk weer na die advertensie “Bokomo Gesondheid”. Merk al die leestekens wat

jy daar kan raaksien.

2. Die lees- en skryftekens is by die onderstaande grappies weggelaat. Jy’s mos ‘n

slimkop, vul lees- en skryftekens in waar dit nodig is, deur dit korrek in jou skrif

oor te skryf.

Was dit nou nie die opwindendste

program wat ons nog ooit gesien

het nie

Mevrou

is mevrou

nog daar
Koos jy moet ‘n bietjie kyk - hierdie

haardroër is nie so lekker nie

1 KM

3 KM

Het jy geweet?

Hallo ek is die man heel agter in die tou.

Sal u opskud asseblief

• Net soos verkeerstekens die verkeer beter laat vloei, maak lees- en skryftekens dit makliker

om te skryf en veral om dinge wat geskryf is te lees.

• Net soos ‘n stopteken ons laat stilhou, sê die punt vir ons die sin stop / eindig daar.

• Die komma is soos ‘n spoedbordjie - hy sê jy moet stadiger lees en gou asem skep.

3. Sny ‘n advertensie uit ‘n tydskrif en plak dit in jou boek. Soek drie samestellings in

die advertensie en skryf dit neer.

4. Maak sinne waarin jy die volgende leestekens gebruik: ‘n punt; ‘n komma; ‘n

vraagteken; ‘n uitroepteken.

19
20

Aktiwiteit 13: Ons oefen ons spelling

Spelling:

Lees die leesstukkie aandagtig deur en doen dan elke dag die opdrag wat gevra

word.

Soggens vroeg, nog lank voor die son op kom, kraai die parmantige swart bantamhaantjie,

die bantamhennetjie klap haar vlerke opgewonde. Daarna laat die rooi

haan, die baas van die plaas, sy harde kraai hoor. Een, twee, drie! Almal is nou

wawydwakker. Orals op die werf woel en werskaf dit nou. Dit piep-piep, koggel,

kloek en kwaak. Elke dier maak sy eie geluid. Bekke, bekkies, snawels, snaweltjies,

snoete en snoetjies - alles smeek en vra kos! Pa Vark en Ma Vark snork, vroetel en

raas. Hul klein krulstertvarkies maak ô - ô en bedel kos. Van ver af hoor jy skape

en lammers blêr. Ja, op die plaas is dit nou ‘n groot geraas. By Ma Koei staan haar

en bekyk die lug op soek na ‘n wolkie wat reën sal bring. Die voëls vlieg in die lug

op soek na hul neste in die bome.

Maandag

Kyk na die volgende prentjies en skryf die meervoud en verkleinwoorde van elkeen

in jou skrif neer.

Prentjies Verkleining Meervoud

1.

Voëltjie Voëls

2.

3.

4.

5.

Dinsdag

In die leesstuk het julle gelees van al die diere op die plaas. Verdeel nou die volgende

woorde in lettergrepe.

bantamhaantjie, bantamhennetjie, snaweltjies, krulstert, vroetel, lammers, skape

Woensdag

Soek in die leesstuk die twee woorde wat met kappies ( ^ ) geskryf word. Skryf hulle

neer.

Daar is nog ander woorde wat met kappies ( ^ ) geskryf word. Lees die onderstaande

sinne en plaas die kappie op die regte plek by al die onderstreepte woorde, deur die

woorde eers in jou skrif te skryf.

Al die diere is baie opgewonde. Vandag het dit gereën en die wereld is sopnat. Op

die plaaswerf le die druppels soos perels. Die diere wil nou net hul kos he, maar Boer

is nerens te sien nie. Dit is ‘n storie, want dit bler, me en o - o die hele plaaswerf vol.

Die varksoe drom saam by die troe, die blerende skape gaan le onder die brue. Boer

bere nou eers die sker voordat hy uitstap na buite om die nuwe dag te groet.

Donderdag

In die leesstuk is daar ook deelteken - woorde ( ¨ ) gebruik. Soek hulle en skryf dit

neer.

21
22

Vrydag

Lees die sinne en vul die gepaste ontbrekende klanke van die woorde in, deur die

nommer met die volledige woorde neer te skryf. (Onthou die klanke wat jy invul moet

deeltekens kry.)

1. Die v_____ls in die h_____ bome is lus vir die dr______ mieliepitte.

2. Vr____r jare het die m______ boere hulle pl______ deur osse laat trek.

3. Boere het die diere ge____nt teen siektes.

4. Die vl____ vlieg in die varkhokke rond na die goeie r_____n.

5. In die vr_____ oggend het al die diere lekker ge_____t.

Taalvasvat

Byvoorbeeld: Onder hierdie boom staan ‘n honger jakkals.

(eiename)

Byvoorbeeld: Oom Dirk is ‘n Suid-Afrikaner en woon in Johannesburg, Gauteng.

Byvoorbeeld: Die skool begin op Dinsdag, 12 Mei.

geskryf.

Byvoorbeeld: Slegs deur die genade van God, wat ons ontvang deur Jesus Christus

ons Verlosser, kan ons voortbestaan op aarde.

2. Leestekens

Die punt (.): Ons skryf ‘n punt aan die einde van ‘n sin en na ‘n afkorting soos mnr.

(meneer), mev. (mevrou), dr. (dokter), ensovoorts.

Byvoorbeeld: Mnr. Tjaart is ons onderwyser.

Die vraagteken ( ?): ‘n Vraagteken word na ‘n vraag geskryf.

Byvoorbeeld: Riaan vra: “Waarna kyk jy?”

Die uitroepteken (!): Ons skryf ‘n uitroepteken na ‘n uitroep of na woorde wat sê of
ons bly of hartseer is of seerkry. Dit dui gevoel aan.

Byvoorbeeld: “Pas op !” skree Gerrie. “Eina!” sê Ruan toe die tee hom brand.

Die komma (,): Ons skryf ‘n komma

• nadat ons iemand direk aanspreek of sy naam noem.

Byvoorbeeld: “Jan-Hendrik, wil jy nie saamkom nie?”

• wanneer ons ‘n lysie goed opnoem of tussen ‘n reeks naamwoorde, maar nie voor

en nie.

Byvoorbeeld: Al die gemsbokke, koedoes, leeus en olifante het vrede gemaak.

• voor maar en want en meeste voegwoorde.

Hilgert soebat, maar Leendert wil nie kom nie.

Marcel loop weg, want hy is moeg.

• na ja en nee aan die begin van ‘n sin.

Byvoorbeeld: Ja, maar Chris wil nog nie kom nie.

3. Samestellings

• Ons kan twee of meer basiswoorde aan mekaar las om ‘n samestelling te vorm.

• Samestellings word altyd vas geskryf.

• Soms is dit nodig dat daar ‘n klank tussen die woorde ingevoeg word, om die

samestelling makliker uit te spreek. Ons noem die klank ‘n verbindingsklank.

Voorbeelde van samestellings

hoed van ‘n man = manshoed

hok van ‘n hond = hondehok

kamer van ‘n kind = kinderkamer

spoor van ‘n bees = beesspoor

hard soos klip = kliphard

swart soos pik = pikswart

sing-sing

twee-uur

Suid-Afrika

23