04.05.2013 Views

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 2008

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 2008

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 6 2008

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JAARLIKSE NASIONALE

ASSESSERING

GRAAD 6

2008

AFRIKAANS TAAL 01

PROVINSIE

DISTRIK / STREEK

SKOOL

EMIS NO.

LEERDER SE VAN

LEERDER SE NAME

GEBOORTEDATUM

Jaar

Maand

Dag

Instruksies vir leerders

1. Jy het 60 minute om al die vrae te beantwoord.

2. In sommige vrae moet jy die letter van die

korrekte antwoord omkring. Hierdie vrae het net

een korrekte antwoord.

3. In sommige vrae moet jy die korrekte antwoord

neerskryf of invul.

4. Alle vrae moet beantwoord word in die spasies

wat in die boek voorsien is.

Sleutel tot prentjies

In hierdie assesseringstaak dui die aan wat jy moet lees, en

waar jy jou antwoord moet skryf.

1

Lees die volgende fabel en beantwoord die vrae wat volg.

1. Beantwoord die volgende vrae.

1.1 Waar het die siek leeu gelê?

Die leeu, die wolf en die jakkals

Aangepas uit: Fabels van Aesopes

ʼn Ou sieklike leeu lê in sy lêplek. Al die diere van die woud het

kom vra hoe dit met hom gaan, behalwe jakkals. Die wolf het

gedink dat dit ʼn goeie geleentheid is om jakkals vir sy gelag te

laat betaal. Die wolf besluit toe om die leeu se aandag daarop te

vestig dat jakkals nie daar is nie. Hy sê: “U sien, magtige

Koning, ons het almal kom kyk hoe dit met u gaan, behalwe

jakkals wat nie naby u wil kom nie, en ook nie omgee of u siek

of gesond is nie”. Net toe kom jakkals binne en hoor wolf se

laaste paar woorde.

Die leeu brul om sy misnoeë aan jakkals te wys. Die jakkals

pleit om sy afwesigheid aan leeu te verduidelik. Hy sê: “Nie een

van die ander diere gee soveel om soos ek nie, o magtige

Koning. Ek het baie dokters besoek om ʼn geneesmiddel te kry

om u te genees”. “En mag ek vra of jy een gevind het?” vra die

leeu. “Ek het, o magtige Koning,” sê die jakkals. “Die voorskrif

van die dokter is dat u ʼn wolf moet afslag en u toedraai in sy vel

terwyl die vel nog warm is.”

Die leeu het na die wolf gedraai en hom met een harde slag met

sy groot poot doodgeslaan, net soos jakkals dit aan hom

verduidelik het. Jakkals het stilletjies gelag en vir homself gesê:

“Dit is wat gebeur as jy onmin wil saai.”

1.2 Wie het nie besoek afgelê by die siek leeu nie?

2

2. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Al die diere het die leeu “magtige Koning” genoem, omdat hy … was.

a. sterk.

b. oud.

c. siek.

d. slim.

3. Vind woorde in die leesstuk wat dieselfde beteken as die volgende:

3.1 Om die vel te verwyder van ʼn dier wat jy so pas dood gemaak het.

3.2 Aanwysings wat ʼn dokter aan ʼn pasiënt gee.

4. Skryf die meervoud van die onderstreepte woorde.

4.1 Dit wolf het gedink dit was ʼn goeie idee om die leeu te besoek.

4.2 Die jakkals het gelag.

4.3 Hy slaan op die grond met sy groot poot.

3

5. Skryf die volgende uitdrukkings in jou eie woorde.

5.1 Vir die gelag te betaal.

5.2 Onmin saai.

6. Skryf die teenoorgestelde van die onderstreepte woorde.

6.1 U moet u toedraai in die vel terwyl dit nog koud is.

6.2 Die siek leeu lê in sy lêplek.

6.3 Hier kom die ou leeu.

4

7. Wat is die teenoorgestelde geslag van:

7.1 Leeuwyfie

7.2 Koning

8. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

“Elke nou en dan” beteken …

a. elke dag.

b. met kort tussen poses.

c. sonder om op te hou.

d. aanhoudend.

5

Lees die volgende gedig en beantwoord die vrae.

9. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Die persoon in die gedig het …

a. geloop.

b. gefluit.

c. gelag.

d. geskreeu.

10. Vind woorde in die gedig wat rym:

10.1 Om rym met

10.2 Hees rym met

As dit fluit-fluit gaan

Dit was ʼn bitter dag vir my

Die Sondag in die kerk:

Waar ons sit, in die middelry,

Word alles opgemerk.

Die dominee hou skielik op;

Die ouderlings kyk om,

Rooi-skaam laat sak my ma haar kop,

Want almal lyk verstom.

Wel, tuis het ek ʼn pak gekry,

Ek huil my byna hees.

Maar dit was darem, glo vir my,

ʼn Lekker fluit gewees!

6

deur A.G. Visser

11.

Skryf ʼn woord uit die gedig wat dieselfde beteken as die onderstreepte

woord.

11.1 My moeder het my geroep.

11.2 Ek tjank my byna hees.

11.3 Almal lyk verbaas na my.

12.

Hoe het die kind die dag in die kerk gevoel? Skryf een woord wat sy gevoel

beskryf.

7

Lees die volgende program en beantwoord vrae 12 tot 15 hieronder.

05:00

05:15

05:45

06:00

06:10

07:00

07:10

08:00

08:10

09:00

Program vir SA FM Radiostasie

Donderdag

Skriflesing

Landbou

Weeklikse Nuusoorsig

Nuus

Weeklikse Nuuroorsig

Nuus

Gelukwensings

Nuus

Kom kook saam

Nuus

13. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Wanneer word die eerste Nuus gelees?

a. 06:00

b. 07:00

c. 08:00

d. 09:00

8

14. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Op watter dag word die program uitgesaai?

a. Maandag

b. Dinsdag

c. Woensdag

d. Donderdag

15. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Die radioprogram word in die … uitgesaai.

a. oggend

b. aand

c. middag

d. namiddag

16. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Hoe lank duur die eerste Weeklikse Nuusoorsig?

a. 40 minute.

b. 30 minute.

c. 20 minute.

d. 15 minute.

9

17. Skryf die korrekte woord tussen hakies neer:

17.1 Ben is (vies / vuis) vir Zandile.

17.2 Jy moet nie so (hard / hart) skreeu nie!

17.3 Dit is ʼn (fyt / feit) dat die wêreld rond is.

18.

Gebruik skryftekens (kappie, deelteken en koppelteken) om die volgende

sinne te voltooi.

18.1 Wat is die kleur van jou oe?

18.2 Sy loop sing sing skool toe.

18.3 Die hond le op die mat.

10

19. Vul die ontbrekende woorde in die volgende sinne.

19.1 Die fiets is die twee motors.

19.2

19.3

Glo jy spoke?

Hierdie boek behoort my, maar jy kan dit leen.

20. Gebruik die woord tussen hakies om die twee sinne te verbind.

20.1 Jan is ondeund. Hy is lief vir sy ma. (maar)

20.2 San het gisteraand sleg geslaap. Pappa het hard genies gedurende

die nag. (want)

20.3 Koos verdwyn tussen die bome. Hy sien die vrugte. (toe)

11

21. Kies die gepaste woord tussen die hakies en skryf dit neer.

21.1 Ek het nog nie die dorp (verlaat, gekom) vandat ek

hier aangekom het nie.

21.2 (Kom, gaan) hierna toe!

22. Skryf die korrekte woord tussen hakies neer.

22.1 Ek is (dank) dat jy my gehelp het.

22.2 Hy het (uitdrukking) gesit in die getuiebank.

22.3 Om jou arm te breek is ʼn (pyn) ondervinding.

12

23. Skryf die korrekte spelling van die onderstreepte woord.

23.1 Maak aseblief vir my ʼn koppie koffie.

23.2 Wat is die kleer van sy trui?

23.3 Hoe lat is dit?

24. Verduidelik wat die volgende uitdrukkings beteken.

24.1 Hy het twee rye spore huistoe geloop.

24.2 Hy was amper bokveld toe na die ongeluk.

13

25.

Voltooi die vergelyking en gebruik dit in ʼn sin om te wys dat jy weet wat dit

beteken.

25.1 So … soos sneeu.

Sin

25.2 So swart soos …

Sin

25.3 So sterk soos ʼn …

Sin

14

26. Verander die volgende sinne in ʼn vraag deur ‘Het’ te gebruik.

26.1 Jan loop in die straat.

26.2 Piet eet al die appels.

27. Skryf die korrekte woord tussen hakies.

27.1 Jan is (lank) as Piet.

27.2 Sy het die (mooi) blou rok.

27.3 Ons het (vroeg) ʼn hond gehad.

27.4 Wie is die (goed) in die klas met Wiskunde?

15

Gebruik die prentjies om ʼn storie te skryf oor wat met die seun gebeur het

oppad skool toe.

16

28. Titel

Begin

(Prent 1)

Middel

(Prent 2

en 3)

Slot

(Prent 4)

Die seun en die renoster

17

Einde van die taak!

Baie dankie

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!